Sanral moedig tans die motoris aan om eerder ‘n e-skyfie aan te koop, om te registreer as ‘n e-skyfiegebruiker, of dan as ‘n voertuiglisensienommerplaat- oftewel VLN-gebruiker.
In ruil daarvoor, sal slegs geregistreerde motoriste dan kan kwalifiseer en geregtig wees op ‘n korting, Indien nie, sal jy nie geregtig wees op enige afslag of laer tariewe nie.
Die normale en redelike, oningeligte motoris sal agv die kortings waarskynlik aanmeld vir registrasie.
Na bestudering van Sanral se Terme & Voorwaardes is dit egter duidelik dat die voordele van registrasie as e-tolgebruiker baie beperk is, met verskeie beswarende en eensydig bepalings en verpligtinge in die guns van Sanral.
Trouens, baie klousules sal as onwettig of as ‘n oortreding van die Wet op Verbruikersbeskerming beskou word deur die meeste instellings.
Nadele vir motoriste wat verkies om te regsitreer as e-tol- of VLN-gebruiker:
1. Die afslag belowe, en kategorisering as ‘n geregistreerde e-tolgebruiker sal nie van toepassing op alle tolpaaie wees nie.
2. Die onus is op die geregistreerde gebruiker hul eie kategorisering en/of die tol wat van toepassing is op ‘n spesifieke e-tolpad, om vas te stel. Die motoris moet die inligting bekom by SANRAL-webwerf.
3. ‘n Motoris wat registreer en daarna versuim om aan enige van Sanral se voorgeskrewe terme en voorwaardes te voldoen sal as oortreder gelys word en hul rekening kan verwys word na ‘n invorderingsagentskap by name “Violations Processing Centre” wat deel van Sanral self is. (Sien paragraaf 2 van Sanral terme en voorwaardes).
4. Motoriste wat registreer onderneem om te alle tye te verseker dat daar voldoende fondse in die e-tolrekening is wat die staat onnodige toegang tot die gebruiker se privaat besonderhede gee, veral in die lig van die klimaat van korrupsie wat heers.
5. Motoriste sal enige state en kwitansies op eie koste moet bekom.
6. Indien die geregistreerde motoris versuim om betalings te maak wanneer dit nodig is om dit te doen, het Sanral die reg om sonder kennisgewing aan die motoris, die motoris se rekening op te skort, op die rooilys te plaas en die rekening te oorhandig vir invordering aan die VPC.
7. Die geregistreerde motoris stem verder in dat die versuim om betalings te maak in terme van die terme en voorwaardes tot strafregtelike stappe kan lei.
Voordele vir die motoris wat kies om nie te registreer nie en duurder toltariewe te betaal:
1. Motoriste sal betaal sonder om outomaties aanspreeklik te wees vir gelde in die geval van verkeerde lesings ontvang van Sanral, diefstal, die kloning van nommerplate, of die kloning van ‘n motoris persoonlike inligting ens.
2. Die onus is op Sanral om te bewys dat dit die motoris se voertuig was wat die opgetekende afstande gereis het.
3. Betalings sal gemaak word en in werking gestel word deur die motoris in ‘n Sanral-bankrekening.
4. Sanral se invorderingsafdeling (VPC) sal geen jurisdiksie oor die nie-geregistreerde motoriste hê nie.
5. Motoriste sal geregtig wees op maandelikse state sonder enige koste.
6. Motoriste sal geregtig wees om te bepaal hoe betalings toegeken word ten opsigte van tolpadgebruik.
7. Motoriste wat nie registreer nie, sal nie outomaties vir bykomende gelde of prokureurskoste aanspreeklik wees nie.
8. Die onus bly op Sanral om te bewys dat die fooie wat gehef word en waarmee die motoris gedebiteer word korrek is.
9. Tot tyd en wyl ‘n kennisgewing van vrywaring gepubliseer is, sal motoriste geregtig wees op ‘n kwitansie wanneer vir e-tol betaal word.
10. In die geval van ‘n geskil met Sanral ten opsigte van uitstaande gelde, sal Sanral nie die reg hê om te voorkom dat die nie-geregistreerde motoris voortgesette gebruik van die e-tolpad het nie.
11. Verliese gely deur nie-geregistreerde motoris kan verhaal word by wyse van siviele aksie.
12. SANRAL sal nie die reg op toegang tot enige private inligting van ‘n nie-geregistreerde motoris hê nie.
13. SANRAL sal nie die reg hê om enige terme en voorwaardes te verander sonder dat die motoris instem met sodanige wysigings nie.
14. In die geval van litigasie, sal Sanral ‘n siviele dagvaarding uitreik of voortgaan teen die motoris in terme van die Strafproseswet en sal gedwing word om te litigeer teen die motoris in ‘n landdroshof wat jurisdiksie oor daardie motoris het. (Dit is onwettig om in te stem tot die jurisdiksie van ‘n spesifieke Landdroshof).
Die bogenoemde kommentaar moet gelees word tesame met die verskillende afdelings van die Wet op Nasionale Krediet en die Wet op Verbruikersbeskerming.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.