Maseleka Langa, polisiewoordvoerder, het gesê inwoners het omstreeks 10:00 in Maokeng begin saamtrek. Hulle het die hoofstraat met klippe en ander voorwerpe afgesper.
Hy het gesê die groepe het deur Maokeng beweeg en inwoners aangehits om te protesteer.
Skoolkinders het ook by die betoging aangesluit toe skole vir die middag gesluit het.
‘n Woordvoerder van die Moqhaka-munisipaliteit het gesê daar is net plek-plek krag in die munisipaliteit omdat ‘n kabel gesteel en beskadig is.
Werkers van Eskom herstel die skade, maar dit kan tot Dinsdagmiddag neem om die taak te voltooi.
Volgens Langa het die polisie buitelandse winkeleienaars aangeraai om hul winkels vir die res van die dag te sluit.
Versterkings vir die polisie is uit omliggende streke aangevra.
Volgens Langa word ‘n groep van sowat 700 mense deur die polisie gemonitor.
Die munisipale woordvoerder het gesê die bestuur vergader oor die kwessies en sal binnekort aan die gemeenskap terugvoering gee.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.