praag.co.za

Category: Johann Theron

Johann Theron is ‘n kommunikasiekundige.

  • Voorwaardes vir oorlewing

    Voorwaardes vir oorlewing

    survivalDeur Johann Theron

    Die Suid-Afrikaanse debat poog om die algemene gesprek te bevorder, om sodoende die land self te verbeter. Suid-Afrika is moontlik ‘n organisasie, waarvan afgelei word dat gewone organisatoriese verbeteringstegnieke aangewend kan word soos byvoorbeeld:

    1.       Leiding of leierskap met hernude energie en nuwe benaderinge

    2.       Prosesverbetering en optimisering

    3.       Kapasiteitsopbouiing met behulp van opleiding

    ‘n Alternatiewe benadering is egter moontlik vanuit ‘n oorlewingskonteks, waar eienskappe soos lewensverwagting van toepassing gemaak kan word op organisasies. Die gedagte dat nie net mense nie, maar ook organisasies tot sterwe kan kom is nie meer nuut nie en word beskryf in boeke oor “The decline of the Roman Empire”, “Why Nations Fail”, “How the Mighty Fail”, “Why Big Projects Fail” ensovoorts. Die motivering hoekom ‘n oorlewingsbenadering meer van toepassing vir hierdie debat is, is gegrond op die feit dat Suid-Afrika nog nooit ‘n organisasie is of was nie met die gevolg dat leierskap, prosesse en opleiding nog nooit ‘n sentrale rol vervul het nie. Iets wat nie bestaan nie, kan dus nie verbeter word nie. ‘n Alternatiewe “begin” word dus benodig en die eerste doelwit is om te oorleef (volgens Maslow).

    Die geskiedenis van Suid-Afrika wys hoofsaaklik dat die ANC vir oorlewing baklei het en dat hulle suksesvol oorleef het deur die gebruik van 2 handvatse

    1.       Die stryd tussen Engelse en Afrikaners

    2.       Twyfel in die Kerk

    Aangesien die Afrikanerregering die apartheidswette opgeskryf het, het die ANC onwillekeurig, maar ook willekeurige, voortdurende geteikende aksies teen die Afrikaner wat noual (amper) landuit is, (amper) sonder ‘n Kerk sit en met nog steeds die stryd teen die “plaaslike” Engelse. Geen wonder hulle (en die Engelse) dink die Afrikaner is “stupid” nie.

    Om ‘n oplossing te soek wat die Afrikaner (oral) sal laat oorleef, moet na ‘n universele benadering gesoek word – iets wat sal werk vir almal. In beginsel is ‘n “scenario” gebaseer op fundamentele onstuitbare aspekte oor tyd.

    Dit moet in ag neem dat die balans tussen kerk en staat vervaag en geleidelik vervang word met kommunikasie soos musiek en tegnologie, waarna finansies en globaliteit alles insluk totdat mense besef dat kultuur en natuur wesenlik is vir menslike voortbestaan. Die balans (spanning) word hier gehou deur kultuur/natuur teenoor geld en globaliteit. ‘n Toekomsaanduiding vir die Afrikaner soos afgelei hiervan is dat die Staat, asook die kerk, minder belangrik word en dat ‘n gemeente of buurt-fokus versterk moet word.

    Die gemeente of buurte stem ooreen met vandag se wydverspreide meenthuiskomplekse (verwys ook na die Franse “Bastides”) en word ook ondersteun deur die opkoms van “gemeentes” wat in tente vergader. Die verdonkering van die NG Kerk (Organizational Darkness – Howard F Stein) ondersteun die gedagte dat die kerk tot ‘n einde gaan kom en dat die Kerk-Staat balans dus iets van die verlede is. Populasiegroei is vandag minder ‘n probleem as wat geldgroei is en globaliteit se ondersteuning van arbeiders wat nie meer produktief (hoef te) wees nie dra by tot die afbreek van kultuur. Die verwagting is dat mense sal aktiveer om natuur en kultuur weer op te bou omdat die gewone familie nie daarsonder kan nie (tensy kinders in broeikaste grootword).

    Die voorwaardes vir oorlewing gaan dus in beginsel daaroor dat kommunikasie en prosesse in plek moet wees om gemeentes/buurtes te ondersteun en nie die Staat of die Kerk nie (dit geld vir almal).

    Die kommunikasie vereistes is as volg:

    Indien mens aanvaar dat die basiese bestuursmodel van die samelewing bestaan uit makro, mikro en mikro-mikro vlakke, waar byvoorbeeld regerings op makro-vlak is, maatskappye op mikro-vlak en gemeentes op mikro-mikro vlak,  kan mens aandui dat in die geval van minderhede moet kommunikasie die brug vorm tussen die gemeente/buurte en makro-vlak deelnemers oor die aardbol. Daarvoor is ‘n platform nodig, nie noodwendig soos ‘n rekenaarplatform nie, maar meer soos ‘n verhewe gesag wat seker maak alles word aangespreek op alle plekke wanneer dit nodig is.

    Die proses vereistes is as volg:

    1.       Strategie bepaling: dit behels die oorlewingsstrategie van die gemeente/buurt in die normale verwysingsraamwerk van visie, missie, reputasie, beleid, implementering, uitkomste. Hierdie klink moeilik maar as mens onthou dat daar reeds meenthuiskomplekse is met toepaslike wetgewing dan raak dit makliker. Die hoof addisionele eienskap ter oorweging is onafhanklikheid of onafhanklke denke en aksies. Hiervoor is ook voorbeelde met verwysing na “intentional communities” met opleidingsgeleenthede aan plaaslike universiteite ens. Verder is Strategiese Konsultante beskikbaar (veral vanaf Amerika) wat dmv simulasies en kompeterende intelligensie heelwat bydrae kan maak tot die oorlewing van gemeentes/buurtes.

    2.       Batebestuur: dit behels normaalweg menslike/finansiele/fisiese bates, maar hier word hoofsaaklik verwys na fisiese bates. Die gemeente/buurt moet sy “eie” fisiese bates effektief bestuur oor die lang termyn, of te wel lewensiklusbestuur toepas. Hierdie aanwendingsveld is gedefinieer en beskikbaar in SA vanuit finansiele, tegniese en operasionele perspektiewe. Huidiglik word dit verkeerd aangewend wat nou lei tot ‘n erge oorlewingsrisiko.

    3.       Kultuurmeting: Alhoewel daar heelwat navorsing oor kultuur en ekonomie is, was dit in die verlede moeilik om kultuur te bestuur omdat niemand dit kon meet nie. Dit kan vandag gedoen word en daarom is dit moontlik om die gemeentekultuur so te bestuur dat dit ekonomies voordelig bly.

    Die stappe soos bogenoem is op hoë-vlak beskryf maar dit is (nou) prakties uitvoerbaar (met bietjie hulp) deur enige gemeente/buurt, agv ‘n verskeidenheid voorbeelde plaaslik en oorseë.

  • Afrikanerraadsamestelling

    Die prooistatus is reeds in volle swang en loopbaandeskundiges doen steeds aanbevelings aan internasionale instansies om kreatiewe personeel in SA te werf. Die resultaat is reeds verby die magiese omkeerpunt soos gesien in emigrasie van ongeveer ’n miljoen geskoolde Afrikaners.

    Die behoefte aan die Afrikanerraad word dus eksponensieël erger by die dag agv die politieke situasie. Om mense te kry om op hierdie raad te sit sal egter nie moeilik wees nie omdat emigrasie nie beperkend hierteenoor is nie. Die probleem is dat die persoonlikheids- en ondervindingsvermoëns van hierdie individue deur ons algemene mense identifiseer en voorgestel moet word want na alles, sal die raad deur ons „verteenwoordigers“ hanteer word.

    Net om mense se gedagtes te terg, sou mens na ander voorbeelde kon kyk, soos byvoorbeeld:

    •    Die weermag: Hoogs taakgeorienteerde mense met spesialisopleiding in die gevegskuns is nodig. Bygevoeg hierby kan die Sweedse weermag as voorbeeld geneem word waar „leierskaps“-ontwikkeling en -toetsing ook baie sterk is. Verdere geskiedkundige ontwikkelling het ook gelei tot mense wat projekbestuur geformaliseer het. Vir kultuur het mens egter ’n meer filosofies-sosiale persoonlikheid nodig wat nie so taak ge-orienteerd is nie. Verder met minder projekbestuur omdat die doelwit nooit finaal sal wees nie en meer leierskap waar balans, passie en emosionele volwassenheid sterk verteenwoordig moet wees.
    •    Die Sjinese regering: Sjina word deur ’n Politburo beheer soos in die kommunistiese bestel. Hulle is uiters outokraties en sal riglyne beheer waar beroepe aan vaste vergoedingskale  onderworpe is. So is daar bv ‘n riglyn dat ingenieurs die minste betaal word soos vergelyk met joernaliste, onderwysers, dokters, politieke verteenwoordigers (meeste), politieke werkers en fabriekswerkers. Die snaakse is egter in die „moderne“ Sjinese tyd dat elkeen van die Politburo individue ingenieurs is. Dit verklaar die „droom“ van Sjina en die ontstellende groei van 10% per jaar vir 20 jaar. As jy ’n land wil bou, kry vir jou ’n ingenieur.

    Met bogenoemde in gedagte kyk mens dus na die doel wat bereik moet word met die Afrikanerraad. Dit is onteenseglik nie militaristies of opbouend van aard nie. Dus is militêre wysgere en ingenieurs (enige tegniese beroep insl dokters) uitgesluit. Filosowe is dalk te tegnies korrek en sakemense te kortsigtig. Dalk moet mens begn kyk na sosiologiese en eksterne betrekkinge mense wat goeie kommunikasie vaardighede het. Kyk bv hoe goed Obama met McCain gekompeteer het. Op hierdie stadium sou die sosiologiese – eksterne betrekkinge aspek dalk belangriker wees maar sodra ’n basis gevorm is sal kommunikasie meer belangrik word.

    Individue wat oor hierdie vermoëns besit, al bly hulle in die buiteland, kan gerus hulle voelers uitsteek en hulle gedagtes vir ons neerpen. Want ons het ’n goue geleendheid om op kulturele vlak met die Sjinese saam te werk.фото моторных яхтФильчаков прокурор отзывы

  • Die ideale w?reld

    Maar natuurlik moet hulle verstaan hoe dit alles werk, so hulle sal gedurende hulle wilde stadium (tussen 20 en 30), van allerlei „gebruike“ leer soos verkeersreëls, bestuurslisensies, regeringsvlakke, landsgrense, tradisies, genetiese veranderinge, sosiale siklusse en natuurlik, organisasies.

    Om die waarheid te sê, hulle sal voor die ouderdom van 5 leer wat is reg en verkeerd, en dis nou nie Aristoteles se weergawe nie. Hulle sal van die wêreld sal leer tot op 18 jaar. Daarna sal hulle wetenskaplike aanwendings leer gevolg deur stelsel- en optimiseringsleer, wat beteken dat hulle teen 30 jarige ouderdom deur hulle wilde stadium sal wees, verstaan hoe dit alles werk en weet om dit te optimiseer vir ons familiedoelwitte.

    Na 30 kom die moeilike gedeelte van bepaling en handhawing van die maat van gebeure – amper soos die maat van musiek, waarvoor geduld nodig is. Dit is nodig omdat kulture nie op en af gaan op bevel nie, maar dat ritme wel gebruik kan word om voordeel daaruit te trek soos wat dit aangepas word oor tyd. Vat nou maar die arme klompie Boere daar onder in Afrika – hulle kultuur was baie handig om die goudmyne vir ons te beveilig maar toe hulle „onafhanklik“ begin raak was hulle ook min genoeg om van ontslae te raak. Nou ja, hulle was op die langer duur so effens irriterend, toe moes ons maar van demografiese verskuiwings gebruik maak om hulle eens en vir altyd in ’n boksie toe te maak.

    In dieselfde asem is ons nou ook besig om die Amerikaners vas te vat op 'n eenderse manier. Hulle is so vasgevang deur hulle media dat hulle omtrent nie meer kan dink sonder die een of ander „poll“ nie. Die ondervinding wat ons opgedoen het met Mandela as ’n swart Christusfiguur, was werklik opspraakwekkend suksesvol en werk op die oomblik ook fantasties met Barack Obama, veral omdat hy ’n Moslemagtergrond het.

    Sodra Obama aan bewind kom sal die demokratiese „handvatsel“ op Amerika vir ewig verstewig word deur stemreg aan alle kriminele en immigrante te gee want daar is nou regtig nie tyd om te wag vir die geleidelike oorname soos wat die Arabiese Europeërs nog steeds probeer nie. Die aarde se bevolking begin nou uit sy nate bars en groei moet beheer word. Die Chinese het ’n gawe eksperiment uitgevoer met hulle enkelkindbeleid en daarmee hoë groeisyfers behaal. As die Europeërs nie alreeds so min kinders gehad het nie, sou ek ook iets daaromtrent moes doen. Maar ek is nou eers besig om Afrika en Indië in my ideale projek te behartig.

    Een van die foute wat my voorvaders gemaak het was om die „boomer“ generasie toe te laat. Wat ’n gemors het dit nie veroorsaak nie! Hulle het werklik gedink dat hulle self kon besluit oor hoe om sake te doen. Gelukkig het oupa die Kennedygespuis uitgesorteer en oor tyd kon ons deur middel van „produktiwiteit“ die Amerikaners se fokus terugbring na werk toe. Hulle moet aan die werk spring, nie drome droom en snaakse besluite neem nie. En hulle verdien nog steeds te veel en is nog te gemaklik. Janee, hulle moet soos daardie Israelies begin werk, dan sal ons tevrede wees. Daarom hou ek 'n swaard oor hulle koppe, dan presteer hulle – dit is mos my grond dan nie?

    Ons familie wil kompetisie graag uitskakel. Neem nou maar daardie Eerste Minister van Australië en Prinses Diana wat gedink het hulle kan self besluite neem, foeitog. Ons will ook nie regtig goeie skole onderhou nie maar dit is nogtans lekker om ’n „beheerde“ middelklas te hê wat goedjies vir ons kan maak – amper soos daar in Magdeburg (Pruise) waar my voorvaders gaan jag het, deur die jagters te vra om kleinbokkies te bring sodat lekker vars niertjies geslag kon word.

    Die klomp jongmense wat so niks het om te doen nie, skep nogal ’n lekker mark vir musiek en massaprodukte soos verdowingsmiddels, drank, voorbehoedpille, aborsies, ens. Dit verkort ook hulle lewens, veroorsaak minder voortplanting wat daartoe lei dat pensioenfondse minder hoef te sukkel. Dit is natuurlik ’n doring in my vlees, maar op die stadium werk die beursidee goed genoeg agv pensioendeelname waar geld (in my geval waarde) letterlik vir my gemaak word, in elk geval. Soros help my nogal baie daar, moet ek sê.

     Ek moet dit seker maar erken, maar ek hou nie van onafhanklike mense nie. Dis hoekom my Pa die handelsverdragkonsep begin het. Dan het ek nie nodig om ’n sogenaamde leier te vra of ek sy minerale kan kry nie, hy moet dit verskaf teen betaling wat internasionaal beheer word – klaar.

     My ideale wêreld is dus ’n aardbol waar die mensies hard werk, nie veel voortplant nie en waar ek en my familie in rus en vrede kan gaan waar ons wil sonder om iets te betaal of te wag of te doen, behalwe om die gang van dinge te beheer, soos nou.

    Dis net die son wat nou warmer en warmer begin raak. Ek wonder nog daaroor.

    рубашка для девочки купитьлобановский александр биография

  • Onderhandeling: die Afrikamanier

    Joe Slovo se vrou se dood was dus eintlik te danke aan sy eie gedrag en lewenstrategie. Maar wat hom interessant maak, is dat hy nie net blank was en 'n blanke vrou gehad het nie (net soos die oorbodige Jeremy Cronin), maar eintlik vanuit Oos-Europese tradisies en opvoeding afkomstig was, van waar hy sy strategiese benadering verkry het. Verder het hy gely aan die anti-Amerikanisme van die linkervleuel in Engeland.

    Voorwaar 'n deurmekaarspul.

    In 'n terugblik na die Kemptonpark situasie is dit eerstens duidelik dat die ANC heelwat meer passie aan die dag gelê het, asook 'n meer internasionaal gebaseerde wegspringpunt gehad het. Tweedens was hulle doelwit bo alles om te “wen” en daarom was hulle goed voorberei ná hul eerste gesprekke met Afrikaanse kerke en koerante.

    Aan die ander kant was die Afrikaner minder passievol en glad nie internasionaal nie maar eerder “maatskappy”-gebaseer. FW de Klerk het ook die “wen-wen”-benadering probeer najaag. Die indruk wat mens vandag kry, is van die onderhandelingsnaïwiteit van die Afrikaners.

    Toe kom die tweede deurmekaarspul.

    Vandag begin die Afrikaner effens uit sy blokke te kom deur meer besigheids- en beleggingsgeoriënteerd te raak, meer internasionaal te kyk en die vermoë te ontwikkel om as tussenganger op te tree tussen internasionale belange en die plaaslike demografies korrekte kwotas.

    Dit is amper asof daar 'n gees van “wen” uiteindelik weer na vore kom, al is dit nodig om psigoanalitiese hulp te verkry. Die bietjie sielkunde doen niemand skade nie.

    Want wat met die ANC gebeur, is die teenoorgestelde. Nie net is die ANC se alomteenwoordige hebsug en lae-intellegensiekwota verantwoordelik vir hul langtermynglybaan na versuiping nie, hulle “werklike” onderhandelingsvaardighede is besig om sigbaar te word 

    Hierdie werklikheid is nie net sigbaar in die Zimbabwe-fiasko nie, maar ook sigbaar in die hantering van arbeidsverwante dissiplinêre sake en veral sigbaar in die benadering van die CCMA, derdepartybeheer, regbanke, dronk regters en staats-inmenging in kriminele vervolgings.

    In die geval van Zimbabwe, was/is die Afrika-strategie om aspris te beweeg na die punt om onderhandelinge te laat vasval, sodat beide partye dan kan kyk wie eerste ingee en daarom die meeste het om te verloor. Die huidige situasie sluit in dat die derde partye elk 'n “staatsdepartement” kan kies – een op 'n keer – en so rondom die tafel beweeg tot all die “portefeuljes” “uitgedeel” is. Dit is natuurlik alles behalwe 'n onafhanklike regering.

    Nou kom die derde deurmekaarspul.

    Gaan die ou en nuwe ANC ook so onderhandel aangesien die Suid-Afrikaanse regering reeds verdeel is soos wat nou eers in Zimbabwe gebeur? Maar wat hulle ook al doen, dit kan net hulle orintasie en onderhandelingsposisie verswak terwyl die Afrikaner sterker en sterker gaan word.

    для девочек игриДанильченко Харьков

  • Verraad en die Rooivalk-helikopter

    In werksverband is lojaliteit aan die baas of selfs maatskappyvisie nogal belangrik, maar as dit 'n staatsinstelling is, moet mens dan eintlik ook lojaal wees teenoor die eienaar of staatsgesag.

    Aan die ander kant is 'n land verdeel in belangegroepe en lojaliteit aan enkele belangegroepe beteken nie noodwendig dislojaliteit aan die land nie.

    Die afleiding kan gemaak word dat mens aan die land lojaal kan wees sonder om aan belangegroepe of maatskappye lojaal te wees, en natuurlik andersom.

    Nadat lojaliteit ingeburger is, is dit is egter 'n sielkundige skok wanneer daar verandering in hierdie verwysingsraamwerk plaasvind. Soos byvoorbeeld hier in die goeie ou Suid Afrika… of is dit regtig nog? En vir wie?

    Neem nou maar minister Alec Erwin wat suksesvol sy werk gedoen het in twee staatsdepartemente naamlik handel en nyywerheid, asook openbare ondernemings. In sy jaarlikse begrotingsrede is die omonwonde afleiding en instruksie aan openbare ondernemings dat privatisering onderneem moet word sonder om die staat te na te kom, met ander woorde die goueaandeelgedagte.

    Die idee daaragter was duidelik deel van Mbeki se tweede ekonomie waar hy staatsarms wou gebruik om swart transformasie letterlik in te bestuur indien nie af te dwing nie. Die eerste poging in een onderneming, naamlik Denel, was om die uitvoerende amptenaar van sy keuse aan te stel, by name Victor Moche, 'n Xhosa met intelligensieopleiding vanagter die ystergordyn.

    Nadat Denel uitmekaar geskeur is, waar die bes-presterende afdeling forensiese ondersoekers was, het ons Arabiese vriende en vriendelike vakbonde soos UASA uiteindelik daarin geslaag om Alec Erwin se frustrasie en skaamte op/af te kikker waarna hy vir Victor Moche met Shaun Liebenberg vervang het.

    Met die oorname was die verhoog natuurlik reg vir die opkoms van die nuwe Denel-strategie van (sic) ontbondeling. Die probleem was/is egter dat die maatskappy nie finaniseel sterk genoeg was nie, met gevolglik lang beloftes van groot rykdom aan die belastingbetaler, in 'n tyd toe teenhandel van internasionale wapenaankope die politiek korrekte begrip was.

    Dit het toe gelei na die Alec Erwin-konsep van 'n ekonomies onafhanklike militêre bedryf wat sonder subsidies soos in die motorbedryf plaaslik die wonderwerk van tegnologie kon vervolmaak. Die weermag was natuurlik in ekstase daaroor omdat dit gevolg het op al die wonderlike oorsese besoeke en spesiale toelaes wat die langonderdrukte soeke na erkenning gestreel het.

    In hierdie omgewing word die Rooivalkprogram toe ook ywerig bemark onder toesig van niemand anders as die parlement in samewerking met buitelandse sake nie. Die doelwit om “ysters” verkoop was egter minder belangrik omdat die ware doelwit eerder was om die organisasie te integreer met Eurocopter of Agusta op een of ander manier. Maar die minister se instruksie is toe nooit uitgevoer nie want hy het nou die dekreet uitgereik dat Rooivalk nog slegs 5 jaar bedryf sal word. Die soeke na tegnologie ten spyt. Die totstandkoming van 'n staatsgesteunde elektriese motor onder beheer van oud-Rooivalkpersoneel as voorbeeld van een van die Rooivalk se nie-ekonomiese voordele, om nie eers van ander gevolglike maatskappye te praat nie, is nou vir ewig vir Suid Afrika verlore.

    Dieselfde minister reik dus uiteenlopende dekrete uit teen landsbelang en dood daarmee die nie-ekonomiese voordeelbeginsel wat aanvanklik in Amerika na vore gekom het, die SR-71A Blackbird tot gevolg gehad het en plaaslik vervat word in die King II-verslag.

    Die proses wat gebruik word deur die departement van openbare ondernemings om die steierende Denel (en daarmee saam die hele lugvaartbedryf) te bestuur, is om 'n kontrak of “compact” aan te gaan waar “strategiese” oogmerke vasgevat word wat lei tot sleutelprestasieareas.

    Hierdie “compact” vra natuurlik dat 'n lugvaartnywerheid met klein en mediumgrootte ondernemings gevestig moet word. Wie daarvoor geld moet uithaal, is nie duidelik nie, veral nie in die lig daarvan dat Rooivalk beëindig moet word wat 10% van die kontantvloei in Denel bestuur nie. Die gekners van tande deur die Sentrum vir Sekerheidstudies en die Verenigde Nasies omdat geen gewapende helikopter in Kongo beskikbaar is nie het blykbaar geen uitwerking nie.

    Wat die “compact” níé voor vra nie, is vir Rooivalk. Wie is nou lojaal aan wie? Die vraag is altyd wie hierdie “compacts” skryf en of hulle lojaal is aan die land, wat hoogs betwyfelbaar is en daarom lei tot die vraag aan wie mens werklik lojaal moet wees.

    Is daar dan werklik enige ander keuse as lojaliteit teenoor 'n eie moderne kultuur en familie, waar 'n mens jou ook al in die wêreld mag bevind?

    деревянная баня под ключОлександр Фільчаков прокурор

  • ANC se einde in sig

    Sy nederigheid was egter van korte duur en soos sy volgelinge gewaarsku het, het hy toe teruggebaklei op die enigste manier wat hy ken: onderduimse manipulering. Soos in Freek Robinson se TV-program is duidelik voorspel dat Mbeki nou eindelaas nederig aan alle vereistes sal voldoen voordat die SAUK die gesprek "kortgeknip" het.

    Maar sy aanhangers meen steeds hy sal oor sowat twee jaar herrys nadat Jacob Zuma oor die moeilike ekonomiese hekkie gestruikel het. Die implikasie is egter dat aangesien Mbeki in elk geval 'n "Insituut" die lig wou laat sien, sou hy nie 'n derde termyn "gegun" word nie, verwag kommentators nou dat Mbeki dalk oor vier jaar 'n politieke party kan begin.

    Mbeki staan mos bekend as die "hardkoppige" president en bogenoemde bevestig dié standpunt. Sy parasitiese fokus het egter verskuif van die blanke in Suid-Afrika na die ANC, wat in dié stadium die magsentrum in SA beheer. Onder toenemede druk uit sy eie kombuis het sy beskermende super-ego nou oorgeneem en hy byt nou die hand wat hom al die jare gevoer het.

    Myns insiens is die voorspelling in die TV-program Carte Blanche geldig dat die verdere vernedering van Mbeki tot 'n werklike skeuring in die ANC kan lei en dus 'n magsvakuum sal laat. Die ANC sal dit nie doen nie en die aanduiding is dat die ANC-NUK die werklike mag in die land is omdat Mbeki volgens regter Heath krimineel vervolg moet word op grond van die prima facie-getuienis teen hom. Dit sal egter moeilik wees om dit te bewys omdat die mense wat teen hom moet getuig, sy meelopers is en daar hoogs waarskynlik geen opnames, e-posse of enige dokumentasie is wat dié manipulerende gedrag as getuienis vasgelê het nie.

    As mens na Mandela luister, is sy mening dat 'n wandaad wel gepleeg is en as die ANC dit sou ignoreer, sal hulle die morele hoë grond verloor om die weg oop te laat vir die volgende presidensiële diktatuur met 'n rubberstempelparlement.

    Die dae van die ANC is getel – of dit op kort of lang termyn is, maak nie meer saak nie. Dis al in 1990 voorspel en dit het weliswaar langer geduur as verwag is. Die einde is ook nog nie in sig nie, maar oor die horison is die sangoma se dolosse deur die vuil skuim van die see weggespoel.

    107421 карданныйФільчаков Олександр Васильович прокурор

  • Eskom se idio(tiese)-sosiologie

    Dit word dus daagliks duideliker dat om in SA te bly, 'n sekere emosionele en mededingende balans gaan verg. Hierdie balans kan met die volgende voorbeeld verduidelik word:

    Sedert die elektrisiteitskrisis in SA, het die volgende langsamerhand na vore gekom:

    1. 80% van Eskom se winste kom van die residensiële mark wat minder as 20% van die elektrisiteit verbruik. 80% van hierdie winste gaan na die steenkoolverskaffers wat beteken dat die hoofsaaklik wit middelklas van SA sekere swart steenkoolmiddelmanne verskriklik ryk maak.

    2. Wanneer Eskom dus beurtkrag toepas, sny hy krag by sy winsgewende kliente af – ons gewone middelklas – omdat ons geen politieke bedreiging is nie. Wat egter gebeur is dat die residensiele elektriese verbruik met ongeveer 10% daal wat beteken dat Eskom se (totale) winste ook met 10% daal. Die steenkoolmiddelmanne kry dus minder geld en dít is 'n politieke probleem.

    Word Eskom verder ondersoek, word gevind dat die verwagte kosprys (wat hy van homself verlang), R00.18/kwu is, terwyl hy minder as dit verkry vanaf oorsese en nywerheidsentiteite. Wanneer die wins dus daal, kan minder en minder van hierdie subsidiëring plaasvind en kan die gevolgtrekking gemaak word dat die hele land en sy bure effektief op die rug van die wit blanke ry, vandaar die oproep na blankes om terug te kom na SA.

    Die blanke in SA moet dus nie net die uitheemse swarte in Mosambiek of Malawi van (sy) krag  voorsien nie, van (sy) kos en (sy) werk nie, maar moet na dit alles keer dat dieselfde monde wat hy gevoer het, hom vermoor. Dít verg 'n idio-emosionele balans.

    Een ding wat mense moontlik kan help om hierdie emosionele balans te hou, is om 'n redelik onbekende wet te gebruik naamlik PAJA – Promotion of Administration Justice Act (Wet 3 van 2000).

    Dit is nie van veel hulp vir die sakemanne nie. Maar die arme werknemers wat blootgestel word aan swak administratiewe bestuur, het hiermee 'n direkte heenkome tot 'n mosie in die hoër howe. Hierdie wet is direk afgelei vanaf die grondwet en val dus buite die arbeidswet. Personeel kan dus sonder die witboordjiestigma van vakbondhulp hulself wend na regsbevele. (Eskom se personeel byvoorbeeld.)

    'n Ander wet waarmee die administratiewe foutjies vasgevat kan word, is natuurlik die Public Finance Management Act 1999.

    Hierdie wet is amper drakonies in wese en amper onoorwinbaar indien toegepas. Al wat moet gebeur, is dat die gewone (Eskom-) man in die straat hierdie wette in hul volle omvang moet gebruik. Meestal is 'n mate van regshulp nodig en daar is vakbonde van nut. Maar die bereidwilligheid van kundiges moet nie onderskat word nie. Om emosionele balans te behou, moet mens soos die advertensie sê “sien die potensiaal (van die wette) en wag dan vir die (oortredings-) geleentheid om voor te kom”.

    для баниОлександр Васильович Фільчаков

  • Is Besigheid teen Misdaad nog relevant?

    Volgens die BAC se jaarverslae van 2005 en 2006 het Mandela se versoek dat besigheid die staat se pogings teen misdaad moet ondersteun, tot die volgende doelwitte gelei:

    1.Die vestiging van anti-misdaadvaardighede in regeringsgeledere
    2.Die aanvoer van aksies teen misdaad en teen die oorsake van sulke misdaad
    3.Die ontwikkeling van ondersteunende vennootskappe

    Die organisasie het oor die laaste tien jaar die volgende vermag:

    1.Die vestiging van vaardighede:
    Nasionale misdaadvoorkomingstrategie
    Kringtelevisie in die middestad van Johannesburg en Kaapstad
    Vestiging van “beste besigheidspraktyke“ in die polisie (die werk van kommissaris Meyer Kahn)
    Handelsmisdaadhowe in Port Elizabeth, Durban, Johannesburg en Kaapstad
    Bestuur van trustfondse
    Mentorskappe van swart regslui (danksy ’n USAID-donasie)
    Voorstel van die wet op tweedehandse goedere

    2. Die aanvoer van aksies teen misdaad en oorsake van sulke misdaad:
    Prioritisering van belangrike misdade wat die volgende insluit:

    Diefstal met verswarende faktore, sindikaatdiefstal, handelsmisdaad en korrupsie,
    Kapings,
    Voertuigmisdaadprojek (onwettige registrasies),
    Afvalmetaaldiefstal (koperdraad),
    Selfoondiefstal (swartlys)

    3. Die ontwikkeling van ondersteunende vennootskappe :
    "Justice security and prosperity partnership” (donasie van Global Alliance ter waarde van R500 000),
    Ondersteuning van slagoffers by polisiestasies,
    Bestuursprogram vir polisiestasies,
    Tiisa Thuto-onderwysprojek,
    Geïntegreerde justisieprogram,
    Samewerking van sakekamers, Kamer van Mynwese, die veiligheidsbedryf, die Suid-Afrikaanse poskantoor, die Johannesburgse aandelebeurs en die motorbedryf,
    Rehabilitasie van misdadigers,
    Anti-korrupsieforum,
    Bekamping van sindikate

    Wanneer mens bogenoemde aksies se doeltreffendheid beoordeel, word die volgende duidelik:

     

     

    Gevolgtrekking 1:
    Die belangrikste voordeel van hierdie organisasie is dat landsburgers wel stappe doen om die Suid-Afrikaanse polisiediens by te staan in die bekamping van misdaad. Maar Mbeki se pleidooi dat hy nie alles alleen kan doen nie en dat ons ook iets moet bydra, wys dat hy waarskynlik nie bewus is van die rol wat BAC speel nie en dat die organisasie dus in hulle belangrikste opdrag gefaal het – naamlik om die regering te help. (Hier moet genoem word dat die regering se bydrae tot die BAC drasties verminder het waaruit mens seker kan aflei dat hulle nie meer "betrokke" is nie en dat misdaad volgens die owerheid onder beheer is).

    Die vraag kan dan gevra word of die BAC nie eerder moet ontbind nie?

     
    Gevolgtrekking 2 :
    Die BAC is ‘n dinamiese organisasie met uitvoerende direkteure, werknemers, rekenaars en natuurlik heelwat konsultante wat betaal moet word, nes enige firma. Wanneer mens egter kyk na hulle misdaadprioritisering, stem dit nie ooreen met die misdaadstatistiek nie. Volgens die Suid-Afrikaanse polisiediensverslae groei misdaad met 30% in sekere van die kategorieë. Mens moet hier in ag neem dat misdaad vinniger moet groei as die bevolking, ten einde gesien te word as "stygend". Hierdie stygende misdaadkategorieë is soos volg:

    Verkragting
    Diefstal met verswarende faktore
    Onwelvoeglike aanrandings
    Ontvoerings
    Wanopvoeding van kinders
    Moorde
    Openbare geweld
    Gewapende diefstal by besighede
    Gewapende diefstal van kontant
    Bestuur onder die invloed van drank

    Net een van hierdie misdade, naamlik diefstal met verswarende faktore (wat deur die BAC ge-prioritiseer is), is van toepassing. Die BAC gee dus aandag aan kategorieë wat oor die algemeen nie ‘n groeiende probleem is nie.

    Die polisie, die regering en ook die BAC se verslae, skep die indruk dat misdaad onder beheer is, maar enige persoon wat tendense verstaan, sal beaam dat  ‘n  situasie waarop ‘n 30% negatiewe invloed inwerk, reeds buite beheer is.

    Die gevolgtrekking is dus dat die BAC nie die nodige "kundigheid" oordra aan ons regering sodat hulle hierdie tendense kan prioritiseer en verstaan nie.

    Gevolgtrekking 3 :
    Die BAC het ‘n groot poging aangewend om aandag te gee aan die Departement van Justisie asook aan ‘n geïntegreerde interdepartementele regspoging om die regstelsel te verbeter. Volgens polisieverslae word daar jaarliks tussen 200 000 en 300 000 sake aangemeld te midde van ‘n groeiende gewaarwording dat mense heelwat oortredings nie aanmeld nie.

    Oor die tienjaarperiode van BAC se bestaan kyk ons na ‘n totaal van ongeveer 2 500 000 misdade. Van hierdie misdade word minder as 10% suksesvol vervolg, wat ‘n aanduiding is van hoe onsuksesvol die regering werklik is in terme van die bekamping van misdaad. Verder is dit duidelik dat die BAC se pogings geen impak gemaak het op hierdie probleem nie. Die BAC het die probleem van "2.25 miljoen misdadigers op straat" byvoorbeeld nie eers geïdentifiseer as ‘n probleemkwessie nie.

    Wat wel gebeur het, is dat addisionele handelsmisdaadhowe geopen is, wat minder as 1000 sake per jaar hanteer. Ekstra howe vir moordenaars en gewapende rowers word egter nie eers genoem nie.
     
    Na aanleiding van voorgaande gevolgtrekkings kan die volgende opsomming gemaak word:

    a. Die organisasie is wel nuttig, maar dan moet aandag aan die BAC se gebreke gegee word en die regering moet ook deelneem.

    b. Landbou- en kulturele organisasies is nie betrokke by die BAC nie en hulle behoort by die bekamping van misdaad betrek te word.

    c. Mens kan die argument voorhou dat die belastingbetaler nie nog geld behoort by te dra nie, alhoewel die punt gemaak is dat hierdie ekstra betalings nie vir regstellende aksie gebruik word nie, maar wel vir herstellende aksie, omdat die regering so onbekwaam is. Donasies vanaf die Skandinawiese, Engelssprekende en ou Oosbloklande sal egter van meer nut wees as om geld uit plaaslike besighede te wurg.

    d. Die bogenoemde oorsig ondersteun ‘n swart filosofiese gedagte dat heelwat tyd en geld aan die Christelike en strafregtelike bewusmaking van benadeelde (2.25 miljoen volwasse) individue bestee moet word om misdaad uiteindelik te kan bekamp.

    для пескоструяДанильченко

  • Die Rooivalk se nalatenskap

    Deel van hierdie dryf was die Rooivalk wat ten doel gehad het om T72-tenks te vernietig. Maar net soos met die Amerikaanse Vlootsoldate se Osprey V-22 was daar nie ‘n ander bruikbare produk nie, ook nie ‘n organisasie wat so iets vinnig kon produseer nie. Dit het die Regering, die Departement van Verdediging en Krygkor dus genoop om iets van nuuts af te begin, ‘n poging om ‘n projek van die grond af op te bou sonder dat jy weet of jy suksesvol gaan wees. ‘n Trotse poging om Suid Afrikaanse soldate te help, Suid-Afrikaanse magte die voordeel te gee en Suid-Afrika te red van hierdie Russies geleide oorlog.

    Om die Rooivalk te begin, moes ‘n sekere tipe werknemer met ‘n spesifieke persoonlikheid verkry word, iemand wat kreatief is, wat nie omgee vir salaris nie, wat verniet oortyd werk en ‘n internasionale houding het. Hulle doel was duidelik: vestig ‘n Suid-Afrikaanse organisasie wat ‘n gevegshelikopter so gou as moontlik kan produseer. 

    Fasiliteite is oorgeneem van bestaande Franse helikopters in die SA Lugmag. Kennis is ingewin om helikopters te toets, spesiale materiale is ondersoek, aerodinamiese ondersoeke is gedoen, substelselargitekture is geëvalueer en kannone en vuurpyle is verkry.

    Nou ja, wat anders as ‘n vliegtuig wat kon vlieg, wat terselfdertyd die vlieënier veilig hou en baie wapens kon saamdra, het toe die lig gesien. Die probleem was dat daar toe reeds vrede verklaar is; Namibië en Suid-Afrika het, anders as hulle vyande, aggressiewe aksie gestaak. Die Rooivalk was gelukkig te laat.

    Die nuwe regering het heelwat geld in Rooivalk belê en Trevor Manual wou iets daarvan terug kry.  Maar anders as wat meeste mense gedink het, was die teiken nooit om Rooivalke te verkoop nie; dit was om die organisasie wat Rooivalk gevestig het te verkoop. Die probleem wat die regering gehad het, was dat niemand ‘n organsasie sal koop nie, veral nie as dit bankrot is nie.

    Die organisasie kry toe die opdrag om die Rooivalk in die mark te sit ten spyte daarvan dat dit op sigself miljoene sou kos. Intussen het die beleggings voortgeduur om Rooivalk-substelsels te verbeter en te finaliseer. ‘n Nuwe teen-tenkmissiel is selfs ontwikkel om die persepsie te skep dat hier ‘n werkbare produk is. Die buiteland het hiervoor geval want ten spyte daarvan dat niemand Rooivalke gekoop het nie, is die organisasie se beeld erken.

    Omdat geen ander Suid-Afrikaanse maatskappy die Rooivalk kon privatiseer nie, moes ‘n buitelandse firma gesoek word. 

    Hierdie firma is nou gevind en as ons gelukkig is, sal ‘n nuwe variant van Rooivalk met ‘n ander naam die lig sien en sal die ou manne en vrouens wat Rooivalk gevestig het, die klein plesier ondervind om vir hulle kleinkinders te wys dat hulle moeite oor meer as twee dekades uiteindelik vir die land tot voordeel was. Dit sal verkry word deurdat 30% van die wins op wêreldwye verkope van die nuwe vliegtuig miljarde kan laat inrol, tot almal se voordeel.

    Dit is die nalatenskap van Rooivalk. Almal wat dink dat geld vermors is, was dus verkeerd. Die oorspronklike doelwit is suksesvol behaal en nou sit privatisering net die kersie op die koek.

    светодиодные торшерыФильчаков прокурор