praag.co.za

Category: Sport

  • Lang foefoezelas kry Fifa-teenspoed

    Foefoezelas, “de beruchte blaastoeter” is by Fifa se “voetbaltempels” verbied, lui ‘n berig in Trouw. Is die raserige stoornisse egter minder as ‘n meter lank, kan hulle ingeneem word. Trouw het gereageer op ‘n lys van verbode voorwerpe wat Fifa gepubliseer het.

    Die langer weergawe is saam met vuurwapens, diere, motorfietshelms, “koedoezelas” (blaashorings van dierehorings), en T-hemde met rassistiese bewoordings mag nie die stadions ingeneem word nie.

    костюм новогодний купитьФильчаков прокуратура харьков

  • Sokker-idille aan skerwe

    Die idilliese “suksesvolle-sokkerwêreldbeker-in-Afrika”-beeld wat die ANC-bewind, FIFA en die hoofstroommedia oor maande geskep het, is geprik met die nuus dat Portugese joernaliste by Hekpoort, wes van Johannesburg, gister in die vroeë oggendure onder ‘n gewapende roof deurgeloop het.

    Boonop wil dit voorkom asof die rowers oor binne-inligting van hetsy die personeel van die Nutbush Boma-natuuroord, hetsy die polisie beskik het, want die rowers het presies geweet in watter kamer die meeste kamera- en rekenaartoerusting teenwoordig was. ‘n Beangste Portugese kameraman, mnr. Antonio Simoes, het – nadat hy vieruur die oggend deur geluide in sy kamer wakker gemaak is – ‘n pistool teen die kop ontvang met die woorde: “Kruip onder die komberse weg tensy jy wil hê ons moet jou doodskiet”. Die arme man het eers anderhalfuur later dit gewaag om sy kop onder die komberse uit te steek, lank ná sy aanvallers reeds met hul honderdduisende rande se TV-kameras, lense en skootrekenaars weggekom het.

    “Dit lyk so rustig hier,” het een van die taamlik bedeesde Portugese gister aan my gesê, ná sy voorsmaak van inheemse, trots-Suid-Afrikaanse geweldsmisdaad en anargie.

    En hy is reg: as ‘n mens teen laatmiddag, met die son wat agter die Magaliesberge neerdaal oor die Pierneefagtige landskap kyk, dan lyk dit “rustig”. Dis net die tweebeenfauna wat nie so rustig is nie en die arme besoekers vir die gekke aansien wat hulle is.

    Terwyl die bestuur van Nutbush Boma trots is op hul “streng sekuriteit”, het ek en die Praag-kameraman geredelik tot in die eetsaal waar ‘n tiental Portugese mediamense werksaam was, gestap sonder dat ons een keer voorgekeer of om identiteit gevra is. Nutbush Boma is nie Zurich-lughawe waar jy omtrent moet uittrek en alles tot by jou naels ge-X-straal word voordat jy deurgelaat word nie. Ek het ‘n rugsakkie gedra wat ‘n hele paar handgranate, ‘n opvoubare masjiengeweer of enkele pistole met honderde rondtes kon bevat het. Nogtans het die drie gesette ousies in polisieuniforms by die deur vriendelik vir my geglimlag toe ons daar verbygeslenter het.

    Of moontlik was die uitgevrete handhawers van wet en orde maar net skielik vriendelik nadat hulle blykbaar vroeër die dag ‘n joernalis van The Times, Charl du Plessis, ‘n uur lank vir ondervraging aangehou en die name van polisie-offisiere wat hy in sy notaboek neergeskryf het, doodgekrap is.

    Volgens mnr. Reno Mauricio van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se kantoor in Lissabon, wat ‘n wakende ogie oor die Portugese mediaspan hou, het die polisie “binne tien of vyftien minute opgedaag” nadat Simoes van die skok herstel en alarm gemaak het, ‘n uiters snelle reaksie, gegewe die gewone gebrek aan dringendheid waarmee die SAPD gewoonlik noodoproepe van die publiek hanteer.

    “Was dit ‘n swart span, ‘n wit span of ‘n gemengde span?” het ek aan mnr. Mauricio gevra. “Nee, nee, ‘n gemengde span, swart en wit,” het hy geantwoord.

    Anders as by gewone burgers wat sulke insidente aanmeld, het die polisie selfs ‘n forensiese span uitgestuur wat vingerafdrukke kom neem het. ‘n Berader is tot vir mnr. Simoes beskikbaar gestel om hom oor sy eeste kennismaking met die plaaslike kultuur en goeie maniere te help.

    Nog twee kamers by die natuuroord is deur die rowers “gediens” met selfone en beursies wat vermis word, maar die slapende joernaliste het nie wakker geword nie. Volgens die verteenwoordiger van Reuters Portugal, mnr. Shrikesh Laxmidas, moes daar ‘n hele aantal rowers gewees het, want “dit was ‘n groot hoeveelheid toerusting wat hulle moes wegdra” en waarskynlik het iemand nog by hul voertuig ook gewag.

    “Hoe word Suid-Afrika in Portugal gesien, met betrekking tot geweldsmisdaad?” vra ek aan die rysige mnr. Mauricio.

    “Mense in Portugal dink Suid-Afrika is ‘n gevaarlike land. ‘n Gevaarlike land,” antwoord hy. Skielik bedink hy homself egter, want dit klink seker nie polities korrek te midde van die euforie oor “ons suksesvolle toernooi in Afrika” nie en voeg by: “Maar dit kan in enige land gebeur… dis misdaad, dit gebeur orals.”

    “Maar in Suid-Afrika het ons vyftig moorde per dag, dis veel hoër as in enige land ter wêreld,” sê ek.

    “Ja,” gee hy toe. “Dis baie hoog. Ek weet nie waarom dit so is nie.”

    Volgens hom gaan die publisiteit in Portugal oor die rooftog wel ‘n negatiewe invloed op toekomstige toerisme na Suid-Afrika hê.

    “Komende ná die moord op Terre’Blanche, is dit nie ‘n goeie ding nie,” sê hy.

    Ons vra hom wat hy dink van Malema se vryheidsliedjies en “Skiet die Boere”.

    “Dis baie sleg, want julle het nêrens om heen terug te keer nie. Die Nederlanders sal julle nie vat nie, die Britte ook nie. Portugal is ‘n land wat by Afrika betrokke is. Ons was die eerste Europeërs op die vasteland en die laastes om te vertrek…” antwoord hy.

    “Nee, ons is die laastes om te vertrek,” korrigeer ek hom. “Daar is reeds ‘n miljoen van ons mense landuit om weg te kom van ‘Skiet die Boer’ en insidente soos dié.”

    Hy stem saam met my: ons Afrikaners is die laastes om vanuit Afrika te vertrek, al het ons geen land om heen terug te keer nie.

    My kameraman vra vir mnr. Mauricio: “Weet u dat Nelson Mandela ook liedjies in 1992 gesing het waarin hy ‘n oproep doen dat alle blankes doodgemaak moet word? Die BBC het dit opgeneem en dis op YouTube te siene. Gaan net op YouTube en tik in die soekblokkie: ‘Mandela killing whites’.”

    Hy dink ‘n paar oomblikke na en sê dan huiwerig: “Ek sou sê: Ons maak almal foute.” Maar hy lyk ongemaklik. Dis darem Mandela waarvan hy nou praat.

    In die eetkamer van die Nutbush Boma gesels ons verder met die Reuters-man, mnr. Shrikesh Laxmidas.

    “Die rowers het reguit na die man met die meeste toerusting gegaan,” sê hy. “Ek dink dit was beplan; dis geen opportunistiese rooftog nie.”

    Daar was twee mans in Simoes se kamer toe hy wakkerskrik, dus moes daar ten minste drie of vier rowers gewees het, vanweë die hoeveelheid toerusting wat hulle moes wegdra.

    Hoe voel hy wat Laxmidas is ná so ‘n voorval? “Ek was geskok en verras. Ek het heel dag senuagtig gevoel. Ons wag nou om te hoor wat gaan gebeur. Dis nie seker of ons by hierdie plek gaan bly nie.”

    Toe vertel hy egter ‘n paar interessante dinge. Die vorige “hooflyfwag van Nelson Mandela” se veiligheidsmaatskappy is blykbaar deur Reuters gekontrakteer om al hul buitelandse joernaliste te beskerm.

    Van die joernaliste is voorsien van GPS- en satellietnavigasietoestelle wat geprogrammeer is om “gevaarlike buurte te vermy”. Daar is ook Blackberries met noodknoppies wat gedruk kan word, waarna hulp glo opdaag.

    Ná die voorval by Nutbush Boma gaan Reuters blykbaar hul veiligheidsmaatreëls “opskerp”, ook elders in die land.

    поршневые электрическиетопкарго

  • Stem in ons peiling: Moet Bafana wen of verloor?

    Ons vra die vraag aan ons lesers: “Moet Bafana wen of verloor?” Stem onder regs op die voorblad of enige ander bladsy van praag.co.za.

    play live casino onlineАлександр Фильчаков

  • FIFA lag stormloop af

    FIFA is glad nie bekommerd dat ‘n herhaling van gister se stormloop deur ‘n skare swartes tydens ‘n opwarmingswedstryd tussen Nigerië en Noord-Korea by die Makhulongstadion naby Johannesburg mag plaasvind nie. Vyftien mense is in die stormloop beseer.

    Die wedstryd is vir omtrent vyf minute vroeg in die tweede helfte onderbreek weens “die beserings en veiligheid van die toeskouers op die oorbevolkte hoofstadion” waar die heining verwyder is.

    Volgens FIFA het die organisasie niks met die kaartjieverkope vir die wedstryd te doen gehad nie.

    “FIFA wil beklemtoon dat hierdie vriendskaplike wedstryd geen verwantskap hoegenaamd het met die operasionele organisasie van die 2010-wêreldbeker, waaroor ons vol vertroue is, nie,” het die organisasie se verklaring gelui.

    ‘n Woordvoerder vir die polisie Eugene Opperman het gesê 14 mense het geringe beserings opgedoen en ‘n polisieman is ernstig beseer.

    Hy meen die stormloop het begin toe te veel toeskouers gepoog het om gratis kaartjies vir die wedstryd by die stadion se ingang te bekom.

    Honderde Nigeriese sokkergeesdriftiges het die hek bo-op die polisieman omgestoot in hul pogings om by die stadion, wat sitplekke vir 10 000 mense bevat. in te kom.

    Vervalste kaartjies

    “Die polisieman is deur die hekke vergruis soos wat mense gestorm het om in te kom,” het nog ‘n polisiebeampte op die toneel aan die Reuters-nuusagentskap gesê.

    Onder die beseerdes is twee kinders, volgens ‘n getuie.

    Ongeveer 500 toeskouers het in gebied rondom die stadion agtergebly vir geruime tyd nadat die stormloop “vreedsaam geëindig het”. Aan die binnekant van die stadion was daar steeds vele leë sitplekke aangesien nie alle kaartjies verkoop is nie.

    “Niemand kan hiervoor geblameer word nie. Ons het geen keuse van ‘n groter stadion gehad nie,” het ‘n lid van die Negeriese Sokkderfederasie, Taiwo Ogunjobi, gesê.

    “Ons is net dankbaar dat niemand dood is nie. Die kaartjies was gratis en te veel mense het probeer inkom.” Die stadion in ‘n swart woonbuurt sal nie enige wêreldbekerwedstryde aanbied nie.

    Tot dusver is daar geen nuus oor die toestand van die beseerde polisieman nie.

    бачок расширительныйданильченко юрій броніславович компромат

  • Bulle tem die Storm

    Met die flymskerp Juan de Jong vroeg beseer, was die hemelbesem-slot van die WP, Andries Bekker, ‘n paar keer die Stormers se beste agterspeler…

     

    Dit som miskien ten beste die eindstryd van die Super 14 op, wat as rugbyskouspel dalk nie geslaag het nie, maar waar die sterker span waarskynlik as die wenners van die veld gestap het.

    Dat die Bulle suksesvol kon skop en storm, moet nie die illusie laat dat dit in enige span se broek sit om dieselfde te doen nie. Vra maar die Cheetahs wat wedstryd na wedstryd ook so probeer maak en in die proses met mamparraskoppe besit aan die opponente present gegee het. Eers laat in die reeks het die Cheetahs hul eie rugby begin speel en weer begin wen.

    Die Bulle se skoppe was meestal op ‘n tiekie, met ‘n hele bondel naelende Bulle wat meeding wanneer die bal net buite die Stromer-kwartlyn afkom, met nog ‘n bondel om enige moontlike stroomop-aanvalle in die kiem te smoor.

    Die gevolg was dat die Stormers, in plaas van aanval met die balle wat hulle wel kon bemeester, benoud mamparraskoppe geloods het.

    Tog…met die skoppery het die Stormers twee drieë teen een gedruk. Trouens, so hitte-titte was daar nog ‘n drie of twee teen die Bulle op die telbord.

    Die Stormer-base sal seker hul hare uit hul kop trek dat hulle JC Kritzinger as impakspeler opgestuur het. Dié knaap het gevou en Morné Steyn kon die telbord na vallende skrums aan die gesels hou. Boonop het Bekker en Duanne Vermeulen losskrum-sotlikhede begaan wat nog ses punte gekos het.

    Maar in alle eerlikheid, as die Stormers die pyp gerook het, sou dit nie die verhaal vertel het nie.

    Die Bulle het van die begin tot die einde die Stormers se agterlyn bitter min beweegruimte gegee. Wanneer dit lyk of die Stormers besit vir ‘n agterlynaanval het, is die Bul-agterlyn versterk en het dit soms gelyk of daar ‘n stuk of 20 manne is wat agterlangs ‘n muur vorm.

    Die Stormers se taktiek om met voorspelers die bresse agterlangs te slaan, het net meer tyd aan die Bulle verskaf om die verdegingslinie op te stel. Die Stormer-voorspelers wat in die agterlyn geboer het, het op die uitsondering na van Bekker, min deurdringingsvermoë getoon, en die bloot die spoed waarmee die bal agterlangs versprei is, vertraag.

    Waar die opstuur van Kritzinger ‘n blaps was, was die laat opstuur van Deon Fourie as plaasvervanger-haker ewe-eens ‘n blaps. Tiaan Liebenberg was gebruiklikerwys ‘n yster, maar Fourie se impak was uitsonderlik.

    As in gedagte gehou word dat daar nog spelers van formaat in ander Suid-Afrikaanse spanne en oorsee is, is dit duidelik dat ‘n Springbokspan van gehalte met nog volop diepte gekies kan word. Dit is nie nodig om ander toetslande met eksperimentele en raap-en-skraapspanne aan te durf nie.

    воронеж стендыданильченко юрій броніславович

  • Krieket: As die stert die hond swaai

    “Die stert swaai nou al te lank die hond.”

     

    So stel ‘n sportskrywer die situasie waar die Proteas se senior spelers skynbaar so magtig geword het dat die afrigters deurentyd op dun ys en die keurkomitee die trekpas gekry het.

    Die boodskap is skynbaar: Vat aan Graeme Smith, Jaques Kalis en sy boesemvriend Mark Boucher, en jy is in die sop.

    Dié situasie skep veral in Pro-20-wedstryde probleme wanneer een of meer van die toporde-spelers nie die lopiekraan oopgedraai kry nie, en uiteindelik van Albie Morkel verwag word om die onmoontlike reg te kry.

    Al hoe meer vrae word oor Smith se kapteinskap gevra.

    Toegegee, Suid-Afrika se krieket- en rugby-ondersteuners is enkeldimensioneel. Solank hul spanne wen, is alles klop-disselboom. Verloor hul span egter, is die lang messe uit en word vir lykskouing ingespan.

    Wanneer ‘n patroon egter ontwikkel, kan leunstoelkritiek egter nie onder die mat ingevee word nie.

    Die probleem kan basies soos volg opgesom word: Te veel sektorale belange moet gedien word. Daar moet ten eerste nie aan die senior speler-Sanhedrin getorring word nie, kwotas moet in die oog gehou word, gekontrakteerde spelers moet speelkans kry en oplaas, in krieket is dit noodsaaklik dat jong vormspelers die aansporing van blootstelling kry. Vir laasgenoemde is daar, veral in wêreldbekertoernooie, nie nog plek ook nie, met die gevolg dat te veel spelers wat die kluts kwyt is, weens die ander belange die wa deur die drif moet trek.

    Vandat AB de Villiers die handskoene teen die Wes-Indiërs by Mark Boucher oorgeneem het, wen die Proteas weer. AB is ongetwyfeld ‘n beter paaltjiewagter as Boucher, en die keurders kan as AB agter die paaltjies stelling inneem, nog ‘n spesialiskolwer inspan, Boucher se geskiedenis met die kolf ten spyt.

    Spelers wat groter as die spel geword het, het die Bafana Bafana lank in die woestyn laat beland. Eers toe die prima donnas van die koring geskei is, kon aan die span se vertoningslys gewerk word. Krieket, so lyk dit, is nou by dieselfde kruispad.

    подсветка дляпрокурор Фильчаков

  • Bulle praat Afrikaans!

    Die Bulle praat Afrikaans! Francois Hougaard, die Bulle se man van die wedstryd, het in Afrikaans geantwoord op die Engelse vrae van Darren Scott na afloop van die Super 14-eindstryd.

    ‘n Laggende Hougaard het met ‘n sierlike duikslag vroeg in die wedstryd ‘n plek tussen die pale vir die ovaalbal uitgesoek, en die Bulle se wenpoging op koers geplaas.

    Die Bulls het voorts18 punte met strafskoppe aangeteken om uiteindelik die wedstryd met 25-17 netjies in die sak te steek.

    Die Bulle se aanvallende skoppe was deurslaggewend waar die Stormers by die losskrums strafskoppe afgestaan het.

    Kaptein Schalk Burger het erken dat die Stormers begin sukkel het slegs 25 minute ná hulle afgeskop het. Die Kapenaars was toe al reeds 0-16 agter. By die skrums het dit ook maar gekreun.

    Die lugdruk het daarna gesorg dat die besoekende span nie kon inhaal nie.

    светильники потолочныеалександр лобановский харьков

  • Bees in Soccer City geslag om WB te seën

    ‘n Bees is Dinsdag by die Soccer City-stadion geslag om die land se stadions vir die die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi te seën.

    Zakhele Sigcawu (70), ‘n Xhoza-krygsman van die Tshawe-stam het die bees geslag deur ‘n spies in die nek tussen die horings te gooi.

    “Hy is ‘n spesialis hiermee,” het Zolani Mkiva, hoof- uitvoerende beampte van die Xhosa-koninklike raad gesê. “Hy het al die pad van die Oos-Kaap gekom.”

    Die seremonie wat met die slagtingsprosedure afgeskop het, is deur 2000 mense van verskeie kulture, geklee in tradisionele drag, bygewoon.

    Mkhiva het gesê die stadion is deur sowat 300 sangomas geseën, insluitend ‘n wit sangoma en tradisionele geneeshere.

    Terwyl die tradisionele krui, impepho gebrand het, het tradisonele geneeshere ‘n beroep op die voorvaders van Afrika gedoen om ‘n suksesvolle Wêreldbeker te verseker.

    “Ons het die seremonie hier gedoen omdat die toernooi hier begin en eindig.”

    In die Afrika-kultuur word dié stadion, waar die slagting plaasvind, gesien as ‘n huis en verteenwoordig ‘n kraal.

    “Na dié prosedure loop die senior toordokters in die stadion in en seën die binnekant van die stadions met rituele,” het Mkhiva gesê.

    “Ons stadions is nou amptelik geseën volgens ons kultuur.”

    Die seremonie het die seëninge van alles wat met die toernooi te doen het, ingesluit.

    линейный светильникДанильченко Юрий отзывы

  • Gebroeders Steyn se monsterskoppe

    Kort na Frans Steyn vir sy oorsese klubspan ‘n skepskop van sestig meter deur die mikke gejaag het, klits Morné Steyn ‘n strafskop van amper net so ver vir die Bulls teen die Crusaders deur die pale.

    Hierdie Steyns is miskien nie familie van mekaar nie, maar beide is gebore en getoë Vrystaters.

    Loeriesfontein het miskien sy kwota ysterstutte opgelewer – manne soos James O’Kennedy en nou WP Nel wat vir die Cheetahs uitdraf, terwyl die Oos-Vrystaat skynbaar van dieselfde doepa in sy drinkwater het en stutte soos CJ van der Linde, Jannie du Plessis en Faan Rautenbach opgelewer het. Beide Loeriesfontein en die Oos-Vrystaat het legendariese skrumskakels soos Dawie de Villiers en Danie Craven opgelewer.

    Maar dit lyk asof die Vrystaat iets in die water moet hê wat sy rugbyspelers skop gee.

    Die lys van manne wat bekendheid met monsterskoppe (van dig by die sestig meter tot selfs verder) deur die pale jaag word net al hoe langer.

    Die bekendste is moontlik De Wet (Loodvoet) Ras, maar hy is lank nie die enigste nie. As skoolseun het Edrich Krantz in ‘n voorwedstryd vir ‘n toets die toeskouers vermaak deur teen Wes-Transvaal-skole die een torpedo na die ander deur die pale te jaag. Sy eerste probeerslag – na die gereelde skopper droog gemaak het – was ‘n bielie van 67 treë.

    Saam met Edrich, wat later self ‘n Springbok geword het, het Gysie Pienaar en De Wet Ras op die toneel verskyn. Gysie is minder dikwels met die skopwerk toevertrou as Ras, maar as dit by langste skop tussen die twee kom, lê hulle bymekaar. Die langste skop uit hierdie era, in ‘n klubwedstryd, behoort egter waarskynlik aan Chris Richter.

    Later het André (Joeba) Joubert self ‘n monsterskop of twee deur die pale gejaag. Eric Herbert wat meestal vir Noord-Vrystaat uitgedraf het maar ook ‘n seisoen vir die Vrystaat diens gedoen het, het self ‘n bielie of twee gelanseer.

    Dit was eers weer Generaal De Waal wat weer die verbeelding met kanonskoppe gaande gemaak het, maar De Waal is geen gebore Vrystater nie. Meyer Bosman, wat ook min moeite het om skoppe vanuit sy eie gebied oor te klits, is in Bethlehem gebore.

    Die Vrystaat het egter nie ‘n volkome monopolie oor langafstand-skerpskutters nie. Met die opkoms van De Wet Ras is hy aanvanklik as heelagter ingesluit, maar die Wit Tornado moes met verbystering sien hoe Noord-Transvaal se Chris Luther – wat self uit posisie op vleuel ingesluit is om sy skopstewel in die span te hê – dié dag die werklike grote deur die pale te jaag en die Blikore se destydse Curriebekerdrome verpletter.

    Die legendariese Don Clarke, heelagter van die All Blacks, het self op Springbokpark in Bloemfontein ‘n monster van ‘n skop deur die pale gejaag.

    Hoewel dit deesdae hoofsaaklik losskakels of heelagters is wat die skopwerk pale toe waarneem, was daar ‘n rits slotte wat soos John Eales van Australië heel handig was met hul skopvoete. Weens hul grootte het van hierdie slotte self ‘n paar monsterskoppe oorgeklits. Jan Tromp se skop van 58 meter vir Wes-Transvaal  teen die All Blacks het die oë laat rek, veral omdat die bal so hoog oor dwarslat geseil het. Frik du Preez het bekendheid verwerf vir sy “gedrop, geplace en gescore.”

    Ander bekende slotte wat ook die bal kon sool dat hy klein word soos dit afsit pale toe was die Springbokke Tiny Naudé en Hennie Bekker. Bekker het self ‘n draai deur die Vrystaat gemaak.

    для насосовФильчаков прокурор отзывы

  • Tiger onttrek

    Tiger Woods het uit die Players-kampioenskap onttrek nadat hy ‘n besering opgedoen het wat hy glo ‘n werwel in sy rug is wat uit plek is.

    Volgens Woods speel hy al sowat ‘n maand lank met ‘n seer nek.

    Hy het glo sy kop vir ‘n paar minute lank vorentoe gebuig terwyl hy voor sy sluitkas gesit het. Ander kere het hy sy oë toegehou voordat hy vrae van verslaggewers beantwoord het.

    Volgens Woods het hy die besering kort voor die Meesterskampioenskap begin voel.

    Hy beplan om volgende week ‘n skandering te kry.

    Woods sê hy kan ‘n prikkelende gevoel aan sy regter kant tot by sy vingers voel.

    комбинезоны осень для малышаОлександр Фільчаков прокурор

  • Caster moet hardloop sê haar regspan

    Caster Semenya se prokureurs het gesê dat die 800 meter-wêreldkampioen toegelaat moet word om Dinsdag aan ‘n byeenkoms deel te neem, het Atletiek Suid-Afrika se waarnemende hoof Ray Mali gesê.

    Mali het Maandag aan die Associated Press gesê dat hy vroeër in die dag ‘n telekonferensie met Semenya en haar prokureurs gehad het en dat haar prokureurs gesê het dat Semenya toegelaat moet word om weer kompeterend aan atletiek-byeenkomste deel te neem.

    “Terwyl ek nou praat is daar nog geen duidelikheid nie,” het Mali in ‘n telefoniese onderhoud gesê.

    “Ek is besig om die IAAF te betrek. Haar prokureurs sê sy moet hardloop.”

    Mali het bygevoeg dat hy nog wag vir ‘n antwoord van die IAAF of hulle Semenya sal toelaat om in Stellenbosch aan die Yellow Pages-reeks-V byeenkoms deel te neem.

    “As die IAAF nee sê en Caster hardloop in elk geval, sal dit vêrreikende gevolge vir atletiek hê,” het Mali gesê.

    “Ek probeer om die IAAF betrokke te kry en in kennis te stel.”

    Die Johannesburgse kantoor van Semenya se prokureur, Dewey en LeBoeuf, kon nie Maandag bereik word vir kommentaar nie.

    Nick Davies, woordvoerder vir die IAAF, het gesê dat hy “geen inligting” het oor enige verwikkelinge nie.

    Alhoewel daar geen skorsing is wat Semenya verhoed om deel te neem nie, word daar beweer dat die 19-jarige ooreengekom het om nie kompeterend deel te neem voordat die IAAF hul bevindinge oor haar geslagstoetse bekendgemaak het nie.

    гофра для отвода выхлопных газов генератораАлександр Фильчаков Васильевич

  • Ernie doen dit weer!

    Ernie Els het die Arnold Palmer Uitnodigingstoernooi gewen. Dit is die tweede agtereenvolgende wen vir Els op die PGA-toer.

    Els is onder groot druk geplaas deur Edoardo Molinari van Italië, en die Suid-Afrikaner moes twee lang sethoue in die laaste vier putjies voltooi.

    Spel is onderbreek deur onstuimige weer. ‘n Sigbare gespanne Els het egter kopgehou nadat dit die volgende dag hervat is.

    Molinari en Kevin Na het twee houe agter Els geeïndig.

    веник изАлександр Фильчаков

  • Ernie wil nie oor Tiger praat nie

    Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Ernie Els het weggeskram van sy beskrywing van Tiger Woods as “selfsugtig”, maar steeds die uitwerking wat die Woods-skandale op die sport én sy spelers het, beklemtoon.

    Els het op die vooraand van die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi gesê sy uitlatings verlede maand was meer gemik op Woods se tydsberekening van sy openbare verskoning, wat op ‘n Vrydag tydens ‘n toernooi plaasgevind het, as na die kampioen self.

    “Ek het net gevoel Vrydag was nie die regte dag nie,” het Els gesê. “Ons moes aan ‘n toernooi deelneem en miskien was dit ék wat selfsugtig was omdat ek eerder wou gholf speel in plaas van oor Tiger se privaat lewe gesels,” het hy gesê.

    “Dit is moeilik vir ons om oor Tiger te praat in so tipe situasie,” het Els gesê.

    “Ek wil graag vra dat joernaliste ophou om ons oor Tiger uit te vra. Dis sy lewe en ons het niks verder daaroor te sê nie, vra ons liewer uit oor voëltjies en baansyfers.”

    tops online comАлександр Фильчаков

  • Die geel Bulle

    Victor Nosi van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het namens die Bafana ’n trui wat deur al die sokkerspelers onderteken is, aan Victor Matfield, kaptein van die Blou Bulle oorhandig.

    Nosi het gesê hulle is baie in hul noppies oor die ondersteuning wat hulle van die Bulle kry.

    Jusuf Abramjee, voorsitter van die Nasionale Persklub, het by dieselfde geleentheid gesê “die Bulle is die eerste rugbyspan wat Bafana in die openbaar ondersteun. Ek hoop ander spanne gaan dieselfde doen”.

    Hy het gesê dit is elke Suid-Afrikaner se verantwoordelikheid om agter die Bafana en die WB 2010 te staan.

    Die Bulle het Dinsdagaand na Australië en Nieu-Seeland vir ‘n toer van vier weke vertrek.

    “Ons wil ons ondersteuning vir die Bafana wys. Ons staan bankvas agter Suid-Afrika. Laat ons saam agter Bafana staan en dié ’n uitsonderlike Wêreldbeker maak,” het Matfield, wat die getekende sokkertrui terstond oor sy kop getrek het, gesê.

    Barend van Graan, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), het gesê die hele land het die Springbokke in 1995 tydens die Wêreldbeker ondersteun. Hy het gesê “nou is dit Bafana se tyd”.

    “Ons gaan môre in ons Bafana-truie in Perth aankom om die wêreld te wys ons is trots op ons span,” aldus Van Graan.

    купить свитер для мальчика 14 летАлександр Фильчаков