Huisprysskok!

‘n Verslag deur ‘n topeiendomsekonoom Donderdag meen dat Suid-Afrikaanse huispryse met soveel as 25% oorgewaardeer word, en dat dit “baie jare” vir pryse kan neem om te val in lyn met die werklike waardes.

Die verslag kom ten spyte van eiendomsagente wat daarop aanspraak maak dat SA ‘n kopersmark is en dat dit nog nooit goedkoper was om te koop as nou nie.

In die jongste uitgawe van die Rode-verslag oor die Suid-Afrikaanse eiendomsmark, sê Erwin Rode, uitvoerende hoof van Rode & Associates, dat reële huispryse – inflasie uitgesluit – nog steeds 25% hoër is as aangetoon deur hulle tendenslyn van die afgelope 44 jaar.

Rode het gesê navorsing met behulp van Absa se huisprys-indeks – wat verantwoordelik is vir ‘n derde van die land se verbandfinansiering – en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se boukoste-indeks het getoon dat huispryse opgeblaas word.

“Die implikasie is dat ‘n hervatting in die afwaartse tendens in reële huispryse onvermydelik is – dit is net ‘n kwessie van tyd en spoed,” het Rode gesê.

“‘n Daling in reële huispryse sal nie noodwendig beteken dat nominale pryse sal daal nie. ‘n Meer waarskynlike uitkoms is dat nominale pryse kan groei, sê, met 2% per jaar vir ‘n paar jaar, terwyl inflasie op, sê, 6% is.”

Verlede jaar was ‘n taai een vir eiendom, en die mark sukkel nog steeds om te herstel na die afgelope drie jaar se afswaai.

Mense wat die residensiële eiendomsmark betree het ‘n moeilike keuse tussen koop en huur met die onsekere ekonomiese vooruitsigte vir ten minste nog ‘n jaar. Rode sê voornemende eerste kopers moet liewer huur in die volgende vyf jaar as koop omdat oorgewaardeerde huise nie kapitale groei sal wys nie.

“Dit sal dit baie jare neem vir die pryse van residensiële eiendomme om in lyn te kom met hul werklike waarde, en Suid-Afrikaners is beter af deur die verskil tussen hulle huurpaaiemente en wat hulle sou betaal het in ‘n verband elke maand, elders te belê,” het hy gesê.

Maar Jawitz Properties se Herschel Jawitz het gesê die jongste Absa-navorsing het getoon dat die pryse van residensiële eiendom reeds met 14% in reële terme gedaal het.

“Dit sal die totale afname vorentoe op ongeveer 40% bring. Ek sien dit eenvoudig nie gebeur nie, veral nie in die metrogebiede soos Johannesburg, Kaapstad en Durban nie,” het Jawitz gesê.

Hy het gesê in hierdie gebiede is daar steeds ‘n aanvraag vir eiendomme wat nie te duur is nie.

“Dit is baie anders aan die kus waar die vraag sag is op alle prysvlakke en reële pryse vir ‘n geruime tyd sal voortgaan om te daal.”

Lanice Steward, besturende direkteur van Anne Porter Knight Frank, het saamgestem dat die nasionale statistieke nie Kaapstad se pryse reflekteer nie.

Rode het gesê die vorige groei in huispryse kan deels toegeskryf word aan “irrasionele uitbundigheid”. Oor die afgelope 10-20 jaar het kopers pryse betaal bo vervangingswaarde met veroudering in ag geneem, het hy gesê.

Лобановский

DA-LP sê Zille is diktator

Masizole Mnqasela, DA-LP, verskyn volgende week op verskeie klagtes voor ‘n interne tugverhoor waar hy onskuldig op ses aanklagte van wangedrag sal pleit.

Die Sowetan berig dat Mnqasela sy pleidooi sal lewer voor die DA se federale regskommissie.

“Ek raadpleeg my regspan Dinsdag en ek sal op ‘n perskonferensie my saak stel,” het hy gesê.

In ‘n verklaring wat Maandag vrygestel is, het Mnqasela gesê die aanklagte is “skreeusnaaks en ‘n desperate poging [deur die DA] om uiteenlopende sienings te smoor”.

Tydens die veldtog vir die DA se parlementêre woordvoerder, Lindiwe Mazibuko verlede jaar, het Mnqasela na bewering gesê sy is nie swart genoeg om swart kiesers te lok na die party nie.

“As jy jou oë toemaak en luister na Lindiwe Mazibuko as sy praat, sou jy sê dis ‘n wit persoon wat met jou praat,” het hy glo gesê.

DA-leier Helen Zille het gesê Mnqasela se optrede en uitsprake was nie in lyn met die beleid van die party nie.

Mnqasela het gesê dat die klagtes is ‘n versinsel en smeerveldtog teen hom.

“Ek is sterk oortuig dat hierdie klagtes ‘n mandjie van ‘n wenslysie is wat bepaal is deur diegene wat demokratiese politieke aktiwiteit en ‘n goeie debat wil beëindig binne die Demokratiese Alliansie,” het hy gesê.

“Ek glo ook [die klagtes] is ontwerp om enige aanspraak vir posisies in die toekoms te keer, binne ‘n party wat gepas vernoem na hierdie grootse instelling van politieke stelsel,” het hy wrang opgemerk.

Hy het Donderdag ‘n ope brief aan Zille gestuur waarin hy weereens haar ondersteuning van Mazibuko kritiseer en haar as ‘n diktator beskryf.

“Die onderskrywing van ‘n kandidaat deur ‘n huidige of voormalige leier maak nie die speelveld gelyk nie en herinner ‘n mens aan baie leiers oor wie gesê word dat hulle diktatoriale neigings gehad het,” skryf Mnqasela.

Zille het Mnqasela verdedig nadat hy tereggestaan het op aanklagte van verkragting. Sy beweer hy is verkeerdelik vervolg.

Mnqasela sê Zille se mening van hom het nou verander omdat daar ‘n leierskapstryd in die DA is.

 

александр лобановский класс

Twitter verfyn sensuur

Twitter gaan sy tegnologie verfyn sodat boodskappe op ‘n basis van land tot land gesensureer kan word.

Die bykomende buigsaamheid het vrese laat ontstaan dat Twitter se verbintenis tot vryheid van spraak aan die taan is. Dié aankondiging is gemaak omdat die kortboodskapmaatskappy in nuwe lande wil uitbrei in ‘n poging om hulle gebruikers te laat vermeerder en winste te verhoog.

Maar Twitter sien die sensuurhulpmiddel as ‘n manier om die vloei van individuele boodskappe – of twiets – te verseker en aan soveel mense as moontlik beskikbaar te maak, terwyl dit deur ‘n doolhof van verskillende wette vanoor die hele wêreld moet beweeg.

Voorheen, as Twitter ‘n twiet verwyder het, het dit oor die hele wêreld heen verdwyn. Nou kan ​​twiets wat inhoud bevat wat ‘n wet breek in ‘n sekere land, uitgehaal word, maar nog steeds elders gesien word.

Twitter sal ‘n sensuurkennisgewing plaas wanneer’ n twiet verwyder word.

прокурор Фильчаков

‘Wouter Basson was ‘n verraaier’

Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Vrydag uitspraak lewer oor ‘n aansoek deur die kardioloog Wouter Basson om ontslag op ses aanklagte van onprofessionele gedrag.

Basson is van onprofessionele gedrag beskuldig terwyl hy hoof van Suid-Afrika se chemiese en biologiese oorlogvoeringsprogram was en verskyn voor die Raad vir Gesondheidsberoepe van SA se komitee vir professionele gedrag.

Hy was nie teenwoordig by Donderdag se verhoor nie, maar regsargumente in sy afwesigheid is voortgesit in die hooggeregshof in Pretoria.

Jaap Cilliers SC, wat vir Basson optree, het aangevoer dat daar geen saak gemaak is wat sy kliënt aan onetiese of onprofessionele gedrag skuldig maak nie.

Hy sê Basson het opgetree as ‘n soldaat in ‘n oorlog en dat sy betrokkenheid in die vorige regering se chemiese en biologiese oorlogvoeringsprogram gemik was op die ontwikkeling van ‘n defensiewe vermoë vir die SA Weermag.

Cilliers het aangevoer dat die twee mediese etiekdeskundiges wat getuig het vir die vervolging mekaar weerspreek het, en dat daar geen bewyse bestaan waarop Basson skuldig bevind kan word nie, tensy hy na die getuiebank geroep word en homself inkrimineer.

Aanklaer Salie Joubert het aangevoer dat Basson homself in beide sy pleitverduideliking en in sy getuienis tydens sy kriminele verhoor geïnkrimineer het. Hy is destyds vrygespreek op aanklagte wat wissel van moord tot bedrog.

Joubert het gesê daar was volumes getuienis teen Basson, wat duidelik getoon het dat hy al die kodes wat van toepassing is op die mediese etiek, oortree het.

“Hy het opgetree as ‘n verraaier van sy eie soldate toe hy hulle van sianied-kapsules voorsien het. Jy sit net nie een in jou mond en sterf nie. Dis ‘n verskriklike manier om dood te gaan,” het Joubert gesê.

Hy het aangevoer dat daar genoeg bewyse bestaan om Basson skuldig te bevind op vier van die aanklagte en dat dit onregverdig sou wees om hom op hierdie stadium vry te spreek.

Олександр Фільчаков прокурор

SA se geletterdheidsvlakke bedremmeld laag

Nuwe navorsing deur die SAIR het getoon dat Suid-Afrika se volwasse geletterdheidsvlak laer as dié van ander opkomende lande is. Dit is desondanks Suid-Afrika se enorme besteding aan onderwys.

Die opname wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge gedoen is, toon dat Suid-Afrika se besteding aan staatsonderrig, as deel van die totale regeringsbesteding, in die 2009/2010-boekjaar 18% was.

Altesaam 11% van volwassenes in Suid-Afrika is steeds ongeletterd.

Suid-Afrika se besteding is meer as Hongarye en Bulgarye, wat 10% van hul begroting aan volwasse geletterdheid bestee.

Dié lande se geletterdheidskoers is onderskeidelik 99% en 98%.

Die instituut sê die navorsing toon dat geld nie die probleem is nie, maar dat beleid behoorlik geïmplementeer moet word en leemtes in leierskapsposisies by skole gevul moet word.

Фільчаков Олександр Васильович

Slawerny in die VSA deur museumuitstalling ondersoek

Thomas Jefferson het geskryf dat: “alle mense gelyk geskape is” om die Amerikaanse onafhanklikheid van Brittanje te verklaar, maar hy was ‘n lewenslange slawe-eienaar, wat slegs nege van sy meer as 600 slawe vrygestel het tydens sy leeftyd.

Dié teenstrydigheid tussen ideale en die realiteit is die middelpunt van ‘n nuwe uitstalling wat Vrydag in die Smithsonian Institution open. Die instelling beplan intussen ook ‘n nasionale museum vir swart geskiedenis. Dit bied ‘n blik op Jefferson se Monticelloplantasie in Virginia deur die lewens van ses slawegesinne en artefakte wat opgegrawe is van waar hulle gewoon het.

Die uitstalling, “Slawerny by Jefferson se Monticello: Paradoks van Vryheid,” is tesame met Monticello ontwikkel en sal by die Nasionale Museum van Amerikaanse Geskiedenis tot middel-Oktober te siene wees. Dit sluit ‘n blik op die gesin van Sally Hemings, ‘n slavin, in. Die meeste geskiedkundiges glo sy het ‘n intieme verhouding met die derde president gehad, en dat hy die vader van haar kinders was.

Die museumdirekteur Lonnie Bunch het gesê sy personeel het hiermee idees getoets vir toekomstige uitstallings van die Nasionale Museum vir Afro-Amerikaanse geskiedenis en kultuur.

Dit is geskeduleer om in 2015 naby die Washingtonmonument te open.

Bunch het gesê museum-amptenare wil sien hoe die publiek reageer op onderwerpe soos slawerny, want hulle wil probeer om die geskiedenis aan te bied vir die wydste moontlike gehoor.

Slawerny, het hy gesê, is nog steeds die “laaste groot onnoembare” in die openbare diskoers, maar staan sentraal in die vorming van die Amerikaanse geskiedenis.

“Dit is ‘n storie wat ons weet moeilik gaan wees om te vertel en dit gaan ‘n uitdaging wees, maar hierdie nuwe museum het die storie om te vertel,” het hy aan Associated Press gesê. “Op baie maniere, is die Smithsonian die groot legitimiseerder, so as ons kan worstel met slawerny en Jefferson, kan ander mense ook.”

Kuratore wou nie onomwonde standpunt inneem oor die president en sy slavin se beweerde wit-swart verhouding nie, maar hulle toon dat dit waarskynlik ‘n intieme een was, wat gebaseer is op dokumentêre en genetiese bewyse.

Baie artefakte, waaronder gereedskap en kombuiskeramiek van slawegesinne op Jefferson se plantasie, sal vir die eerste keer aan die publiek vertoon word.

Terwyl sulke items gesien kan word deur 450 000 mense ‘n jaar by Monticello, is dit toeganklik vir miljoene besoekers by die Smithsonian, het kurators gesê.

In die uitstalling, word mondelinge geskiedenis van die afstammelinge van Jefferson se slawe openbaar deur verhale, saam met gedetailleerde rekords soos gehou deur Jefferson.

“Ons kan begin om slawerny te verstaan, nie as ‘n abstraksie nie, maar deur die stories van individue en gesinne wat oorleef het binne ‘n stelsel wat hulle menslikheid ontken het,” sê Leslie Green Bowman, president van die Thomas Jefferson-stigting.

Kuratore verken ook die belangrikheid van slawerny in die vroeë geskiedenis van die VSA en Jefferson se standpunte oor slawerny, wat hy ‘n “afskuwelike misdaad” genoem het.

Данильченко

Identiese vierling ‘n wonderwerk sê Duitsers

Dokters by ‘n kliniek in die ooste van Duitsland het die geboorte van die vier identiese meisies beskryf as ‘n wonderwerk. Laura, Sophie, Jasmin en Kim was 10 weke prematuur, maar dokters by die Universiteitskliniek van Leipzig sê hulle het ‘n goeie kans op oorlewing. Hulle is uit ‘n natuurlike swangerskap gebore mbv ‘n keisersnee.

Elkeen van die meisies het ongeveer 1000 gram by geboorte geweeg op 6 Januarie en sal by die vroeggebore baba-eenheid bly totdat hulle hul geskeduleerde datum van geboorte bereik. Verloskundige professor Holger Stephan sê die 31-jaar-ou moeder se toestand is uitstekend.

Identiese vierlinge is baie skaars. Stephan sê die kanse is een in 13 miljoen. “Dit is baie onwaarskynlik dat vierlinge natuurlik voorkom en dan nog voortgaan om te ontwikkel tot gesonde babas.” Identiese vierlinge word gevorm wanneer ‘n bevrugte eiersel verdeel in vier kort na bevrugting. Die embrio ontwikkel in aparte amniotiese sakke en deel dieselfde plasenta.

Doctor Walter Klockenbusch van die Universiteitskliniek in Munster in die noorde van Duitsland is dit eens dat identiese vierlinge uiters skaars is: “Die natuur maak gewoonlik nie voorsiening vir geboortes soos dié nie.” Klockenbusch het viertalgeboortes twee of drie keer tydens sy 20 jaar by die kliniek teëgekom, maar nie een van hulle identies nie.

Daar is geen rekords van identiese vierlinge by Duitsland se ABC-klub nie, ‘n organisasie vir gesinne met meervoudige geboortes, van drielinge en meer. Dit is moontlik dat dit die eerste van sy soort in Duitsland is,” sê Hartmut Hartleb, die klub se president.

“Dis ‘n wonderwerk dat die meervoudige-swangerskap tot die 28ste week sonder enige probleme gevorder het,” sê Stephan. Die laaste vierlinge wat by die kliniek in Leipzig gebore is, was in 1976. Die moeder van die identiese vierlinge het 10 kg gewig tydens haar swangerskap opgetel en was heeltemal gesond tot te veel vrugwater opgebou het en die grootte van haar maag ‘n bron van kommer begin raak het.

“Die ma woon naby die kliniek en sy het ‘n paar uur voor die kinders gebore is, ingeteken,” sê Stephan. Dokters by die kliniek het besluit om ‘n keisersnee uit te voer. Die eerste kind, Laura, is gebore op 09:45 en die laaste vyf minute later. Die ouers sê hulle identiese kinders is “sensasioneel” volgens Stephan. Die ma is ‘n haarkapper en die pa het onlangs’ n groot kar gekoop en die meisies se kamer klaar versier.

Die burgemeester van Leipzig, het besluit om die kinders te borg. “Ek is baie bly dat almal in goeie gesondheid verkeer, en ek wens die gesin alles van die beste,” sê Burkhard Jung, wat self pa van vier kinders is. Jung beplan om die familie te besoek om hulle met 500 euro te help en hulp van Leipzig se owerhede aan te bied. Die Universiteitskliniek van Leipzig het aangebied om te betaal vir die doeke vir die volgende paar jaar.

Die nuut-gebore meisies het ‘n vyf-jaar-oue broer. Hy kan skaars sy susters van mekaar onderskei, net soos hulle verloskundige. “Hulle is absoluut identies,” sê Stephan. Laura is die oudste en Kim die jongste, maar sy is die sterkste van die vier en het 1100 gram by geboorte geweeg. Die tweede om gebore te word, Sophie, was net onder 1000 gram. “Dit is ongelooflik hoe goed hulle die geboorte oorleef het,” sê Stephan.

Afgesien van die verwagte probleme wat die meeste premature babas het, verkeer die vier meisies in ‘n goeie toestand en byna almal van hulle organe werk normaalweg. “Hul longe het ‘n bietjie hulp nodig gehad.” Drie van die meisies kan al grotendeels asemhaal op hul eie, terwyl die vierde meisie ventilatorondersteuning nodig het.

Stephan was die moeder se verloskundige van die begin af en hy sê hy beplan om kontak met die familie te hou: “So iets gebeur net een keer in jou loopbaan.”

topcargo

VN-verslag verbind Boko Haram en Al-Kaida

Boko Haram, ‘n militante groepering van Nigerië het bande met Al-Kaida en ander soortgelyke groepe in Wes-Afrika, volgens ‘n VN-verslag wat Woensdag vrygestel is en wat die groeiende kommer van die streek se leiers beklemtoon.

Aanvalle, aanhoudings en onwettige plofstof en wapens – baie gesmokkel uit Libië – teister tans Tsjad, Mali, Mauritanië, Niger, Nigerië en hul buurlande, volgens ‘n VN-sending na die Sahel-streek om verslag te doen oor die veiligheidsnagevolge na die moord op afgesette staatshoof Moeammar Gadaffi.

Vrese vir terrorisme en swak sekuriteit het die ondersoek genoop. Die VN-verslag het gesê Niger het sy verdedigingsbegroting met 65 persent opgestoot en gesondheids- en onderwysuitgawes ly daaronder as gevolg van die bedreiging wat toegeneem het.

Regerings vermoed dat wapens uit Libië deur voormalige Libiese soldate en huursoldate uitgesmokkel word en die streek oorspoel.

Volgens die verslag het Niger onlangs ‘n konvooi onderskep van 645 kilogram Semtex-plofstof en 445 slagdoppies. Niger se owerhede “beweer dat die plofstof bedoel is vir Al-Kaida in die Islamitiese Magreb se kampe in die noorde van Mali.

“Die beslaglegging kan daarop dui dat terroristegroepe wapens en plofstof van Libiese militêre voorraadstore verkry.”

“Sommige van die wapens kan versteek word in die woestyn en kan verkoop word aan terroristegroepe soos Al-Kaida in die Islamitiese Magreb, Boko Haram, of ander kriminele organisasies,” sê die groep, wat deur die VN-verteenwoordiger vir die Wes-Afrika, Said Djinnit gelei word.

Die sending het gesê Boko Haram, word vir 185 sterftes in die Nigeriese stad Kano verlede naweek, ‘n selfmoordbomaanval teen die VN-hoofkwartier in Abuja in Augustus verlede jaar en talle ander aanvalle verantwoordelik gehou en word beskou as ‘n groeiende bedreiging buite Nigerië.

“Sy teenwoordigheid is ‘n bron van kommer in die meeste lande in die streek. In Niger is de radikalisering van die jeug veral ‘n probleem in die suide, waar gespreksgenote sê Boko Haram is aktief in die verspreiding van sy ideologie en propaganda, en in sommige gevalle, het hulle daarin geslaag om die sluiting van openbare skole af te dwing,” sê die verslag.

“Die verteenwoordigers is ook ingelig dat die Boko Haram bande met Al-Kaida het in die Islamitiese Magreb en dat sommige van sy lede van Nigerië en Tsjad opleiding ontvang het in kampe in Mali in die somer van 2011.”

Sewe Boko Haram lede is in hegtenis geneem waar hulle deur Niger na Mali gereis het met materiaal vir die maak van plofstowwe en met kontakbesonderhede van Al-Kaida in die Islamitiese Magreb, sê die VN-sending.

Ministers van Mali, Mauritanië, Niger en Algerië het in die Mauritaniese hoofstad, Nouakchott, hierdie week byeengekom in ‘n poging om samewerking te versterk.

Die plofbare toestand het reeds humanitêre pogings in die Sahellande swaar getref. Hulpagentskappe het immuniserings- en voedselprogramme opgeskort vir baie van die “kwesbare gemeenskappe,” het die VN-verslag gesê.

In sommige gebiede is die humanitêre vakuum gevul deur Al-Kaida in die Islamitiese Magreb en/of kriminele elemente wat, na wat berig word, dienste en humanitêre hulp in afgeleë gebiede bied waar die teenwoordigheid van die staat nie sigbaar is nie of nie bestaan ​​nie,” sê die verslag.

Dit help Al-Kaida in die Islamitiese Magreb om volgelinge te werf en netwerke te stig om inligting en wapens in te samel, sê die VN.

Александр Фильчаков

Die woord vir 2011: Vasvat

Verslaggewers Sonder Grense het die woord “vasvat” [crackdown] as die woord van 2011 gekies.

Joernaliste wat protes regoor die wêreld gevolg het, is getoets soos nog nooit tevore nie.

Die Paryse mediavryheidgroep het gesê dat die vlaag van opstande in die Midde-Ooste, die Occupy-beweging in die Weste asook voortgesette protes in China het joernaliste in ‘n ongeëwenaarde posisie geplaas in die bevordering van demokrasie. Maar hulle was ook dikwels geteiken deur regerings wat probeer het om verdeeldheid te onderdruk.

Die verhoogde onrus het gelei tot ‘n beduidende opskudding van die groep se jaarlikse persvryheidsindeks, wat Woensdag vrygestel is. Die Verenigde State van Amerika, byvoorbeeld, het 27 plekke geval as gevolg van die arrestasies van joernaliste tydens die Occupy Wall Street-protes.

Tunisië, intussen, ​​het met 30 plekke gestyg in die nasleep van die suksesvolle revolusie daar, al bly die land laag op die indeks.

Данильченко Юрий прокурор

Rassisme spook by sokker

Sokker se rassismespook loop weer. Die twee onlangse rassisme-insidente by die FA Cup se vierde ronde sal hierdie naweek weer sorg vir hoë spanning met die betrokke klubs wat voorberei om mekaar opnuut by te dam.

Manchester United sal Saterdag na Anfield reis vir die eerste keer sedert die verdediger Patrice Evra herhaaldelik deur die Liverpool-doelskieter Luis Suarez in ‘n ligawedstryd in Oktober met rassebeledigings gepeper is.

Chelsea-kaptein, John Terry, gaan vir die Queens Park Rangers uitdraf net ‘n paar dae voor sy verskyning in die hof oor sy rassistiese geskel op Anton Ferdinand in die laaste ontmoeting van Londen se westelike klubs in Oktober .

Chelsea en QPR het Woensdag probeer om enige spanning te ontlont in ‘n verklaring en die wedstryde beskryf as ‘n “unieke geleentheid om die wêreld te wys dat haat geen plek in ons spel het nie.”

Фильчаков прокурор отзывы