Rugby, krieket en atletiek kry ‘n sokkerskop in die smoel

Die minister van Sport Fikile Mbalula het die voorregte van SA Rugby, Krieket Suid-Afrika en Atletiek Suid-Afrika opgeskort en die organisasies verbied om vir internasionale toernooie te bie.

Dié besluit is glo geneem as gevolg van ‘n gebrek aan transformasie by die drie.

Mbalula het sy tevredenheid met sokker uitgespreek en gesê SAFA is volledig getransformeer.

“Ek het besluit om die voorreg van Atletiek Suid-Afrika (ASA), Krieket Suid-Afrika (KSA), Netbal Suid-Afrika (NSA) en Suid-Afrikaanse Rugby (Saru) om mega internasionale toernooie aan te bied met onmiddellike effek te herroep in die Republiek van Suid-Afrika as ‘n gevolg daarvan dat die bogenoemde federasies nie aan hul eie stel transformasiedoelwitte voldoen nie,” het Mbalula gesê.

“Ek sal dié besluit hersien by die oorweging van die resultate van die 2016/2017 Transformasiebarometer.”

Mbalula het die aankondiging gedoen tydens die vrystelling van die Eminent Persons Group se bevindinge oor transformasie in sport in Pretoria.

Hy het gesê dit is “selfmoord” om nie gehoor te gee aan transformasie nie want 84% van die bevolking is swart en net 16% is wit, kleurling of Indiër.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.