Swart ‘bloedbad’ teen Steve Hofmeyr-konsert op Ermelo met kulpamflet aangehits

Deel op

‘n Kulpamflet waarin vertel word dat Steve Hofmeyr konserte afstel as hy swart gesigte in die skare sien, is op Ermelo en ander plekke versprei om swart geweld teen sy konsert gisteraard op dié dorp aan te hits. Die “inligting” op die pamflet is afkomstig van ‘n Suid-Afrikaanse webblad wat bekendstaan as “satirenews”. In ‘n Engelse twiet het Steve Hofmeyr “satirenews” as ‘n “derde mag” mag beskryf wat daarop uit is om ‘n “bloedbad” te ontketen.

Blykbaar is die pamflet ‘n week voor Steve se konsert op Ermelo onder swartes versprei in die hoop dat die konsert deur betogings en geweld ontwrig sou word. Op sy amptelike Facebookblad het Hofmeyr vertel wat gisteraand gebeur het:

Wat het toe Saterdagaand in Ermelo gebeur na ‘n week se anti-Steve protes? BOGGEROL. Tussen die manne en dames van Interactive Security en verskeie vrywillige Ermelo sekuriteitsfirmas, die skou self en die SAPS was Ermelo Saterdagaand die veiligste dorp in Suid Afrika. Soveel trots en vreesloosheid in een dorp is ‘n moeilike kombinasie. Soveel vasbeslotenheid om Die Stem te sing en op te staan vir orde en erfenis, is ‘n riem onder die hart. Dankie Ermelo. Daai skou was uitgepak.

Hy het insgelyks op Facebook na “satirenews” as ‘n “derde mag” verwys wat geweld in die land aanstig.

Kyk dié pamflet onder. Swartes versprei dit nou deur SA. Die Ermelo protes gaan oor hierdie ‘fake’ artikel wat op Satirenews verskyn het. As daar bloedvergieting in die strate was Saterdagaand of daardie week, sou dit Satirenews se skuld wees. Hulle is ‘n derde mag, misbruikers van vryspraak en hulle soek SA burgers se bloed in die strate.

PRAAG het intussen vir “satirenews” om kommentaar genader oor waarom hulle die vals berig geplaas het, asook die rede vir die verspreiding van die pamflette.

In die aanloop tot gisteraand se konsert het die ANC op Ermelo die Landbou-komitee gedreig dat hulle die konsert sou ontwrig om “die rassis Steve Hofmeyr” na die dorp uitgenooi is. ‘n Memorandum vol spelfoute is deur die ANC aan die komitee oorhandig (sien hier onder).

ANC-memo_steve

Op die tweede bladsy van die memorandum word gedreig dat Steve Hofmeyr met geweld na Orania geneem sal word.

ANC-memo_steveb

Lees ook: Onderhoud met Steve Hofmeyr oor dreigemente teen hom op Ermelo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.