Onderhoud met Steve Hofmeyr oor dreigemente teen hom op Ermelo

Wie dink jy sit regtig agter die veldtog teen jou op Ermelo?

Ek was verbaas om die http://www.satirenews.co.za-artikel as verspreide pamflet oral oor Ermelo te sien. Dis moontlik nie hulle nie, maar genoeg om halsoorkop-brandstigters aan te por tot enigiets. Ek word reeds nasionaal geboikot oordat ek kastig “rassisties” sou wees.

Het Naspers of Media24 iets daarmee te doen?

Ek het geen bewyse van wie die samesweerders sou wees nie, maar dis heel maklik om sirkels om my antagoniste te trek. Ek is ‘n dr*l in die drinkwater van die linkse narratief dat wit, Afrikaans en Westers taboe is en dat hulle alleen die juk moet dra van elke historiese nederlaag suid van die Sahara.

Is daar ‘n algemene anti-Afrikaanse veldtog in Suid-Afrika aan die gang, byvoorbeeld aan die universiteite, by die Woordfees (wat jy ook noem), ens.?

Deur die studente wat brand en breek met progressiewe handskoentjies te paai, skep ‘n heerlike platform vir anargie. Ermelo (asook Tukkies en Kovsies) het reeds gewys dat dit nie oral so maklik gaan wees om Afrikaans af te skaal, Afrikanererfenis te vandaliseer en “wit” leergewoontes en orde te ontwrig nie. Ek voorsien ook hofsake van hier af aan in dié verband.

Die stroom van die tydgees loop nie net teen ons in nie, maar inspireer ‘n skuim-om-die-mond-selfgeregtigheid onder swartes wat stadig besig om sy morele hoëgrond prys te gee.

Wie het aan jou ekstra veiligheid op Ermelo voorsien?

Ermelo was nie enige Boerepaartie nie. Verskeie sekuriteitsfirmas het vrywillig en gewapend opgedaag om ons te beskerm. Boere het van heinde en verre ingery, meesal ook gewapen. G’n wonder daar was geen rooi of geel trui in sig nie. Ek vermoed die Afrikaners sou mý skiet as ek nié Die Stem gesing het nie. Gelukkig was die ANCJL se ultimatum dat ek nie “die volkslied (De la Rey)” mag sing nie. Toe die skou hulle daarop wys dat dit eintlik ‘n Bok van Blerk-lied was, was die jeugliga se pertinente antwoord: “Do you think we are stupid?”

Lees ook: Swart ‘bloedbad’ teen Steve Hofmeyr-konsert op Ermelo met kulpamflet aangehits

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.