praag.co.za

Twee gholfers wat op baan oorval is, weer terug

Written by

in

,

Twee Bloemfonteinse vriende het Maandag weer ‘n potjie gholf gespeel en afgeslaan by die bof van die sewende putjie op die Bloemfontein-gholfklubbaan, waar hulle meer as ‘n week gelede beroof is.

Byron Wegger en Francois Faasen is op 8 Januarie deur ‘n man genader en met ‘n vuurwapen gedreig. Wegger sê die booswig het geld geëis en sy hemp opgelig en ‘n vuurwapen, vermoedelik ‘n 9mm, aan hom gewys. Faasen, wat reggestaan het om af te slaan het eers later besef wat aangaan.

Hulle het al hul geld aan die man gegee. Die swart booswig het ook Wegger se selfoon geëis maar dit later aan hom teruggegee, nadat Wegger hom oortuig het dit is nie baie werd nie. Die rower het Wegger se hand geskud en rustig weggestap na waar twee van sy makkers onder ‘n boom gewag het.

Beamptes van die Parkweg-polisiekantoor was vinnig op die toneel, maar die booswigte het weggekom. Wegger sê dit was vir hom ietwat van ‘n traumatiese ervaring. Hy is bly hy het ‘n kundige se raad gevolg om gou weer op dieselfde baan te speel.

“ ‘n Mens kan nie in ‘n boksie leef nie. Jy kan nie wegkruip vir sulke goed in die land nie, jy moet maar net aangaan.”

Faasen sê hy het ook besluit dit sal goed wees om die baan weer te besoek.

Albei slagoffers is ook vol lof vir die Bloemfontein-gholfklub se bestuur wat die voorval as ernstig beskou en veiligheidswagte gaan aanstel om die baan voortaan te patrolleer.

Daar is nie ‘n veiligheidsheining om die baan nie. Hoewel Wegger en Faasen ‘n klag van diefstal kon indien het hulle besluit om nie ‘n saak by die polisie aanhangig te maak nie.

Bron: OFM Nuus

Comments

10 responses to “Twee gholfers wat op baan oorval is, weer terug”

  1. Mens Avatar
    Mens

    Dis omdat ons “maar net aangaan” en f-ol doen dat HULLE ook MAAR NET AANGAAN!!! F k ons het slapgat geraak!

  2. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Handskud na die voorval, geen klagte by die polisie gelê nie. Dit lyk asof hulle die diefstal in ‘n goeie gesindheid opneem. Alles in die gees van die nuwe Suid-Afrika. Nou-ja hierdie gholfspelers kan dit seker bekostig om beroof te word en grootgeestig daaromtrent te wees, so kom on hoop dit gebeur weer – met hulle.

  3. Dave Avatar
    Dave

    Die lafaard skud toe die skelm se hand (in vrees?) en wens hom seker maar ook ‘n voorspoedige (roof?) toekoms toe.

  4. Suidpunt Avatar
    Suidpunt

    Daar is so baie vrae wat by my opkom: Was die geweer ooit eg (wie sal weet, hoe sal mens ooit weet)? Wie presies was hierdie kundige in die sin “Hy is bly hy het ‘n kundige se raad gevolg om gou weer op dieselfde baan te speel.” – want ek sou nie sommer teruggaan nie, in elk geval nie voor daar heinings opgerig is nie (tensy jy natuurlik ‘n jaar se ledegeld vooruit betaal het). Het hierdie mense dan nie enige versekering vir skadevergoeding of iets nie? Jy het tog ‘n saaknommer nodig, of is ek verkeerd? Ek het my suster een keer lelik uitgetrap omrede hulle “voetstappe” buite die huis gehoor het, gehoor het hoe hol mense weg, maar nie dadelik die polisie gekontak het nie; al wys jou nommer net op ‘n staat om te sê: ek het probeer. Dit gaan nie net om jouself nie – jy moet die hele buurt beskerm, my magtig!

  5. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Nie ‘n saak gemaak nie; en die rower se hand geskud? Hulle stem virseker DA.

  6. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Die voorval herhinder my aan ‘n klein hondtjie wat na ‘n paar skoppe , op sy rug val en pens wys met die geringste teken wat geweldadig kan wees , soos ‘n gebroke slaaf .
    Ek sal diesulkes nie agter my rug vertrou nie .
    En indien enige persoon dink ek is nog nie in so ‘n situasie was nie , dink oor …

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Dis nie net blankes wat in gevaar is nie, maar manlikheid ook.

      1. Ou Transvaal Avatar
        Ou Transvaal

        Is manlikheid se vernietiging nie die eerste teiken om te vernietig nie ,want sonder mans IS die blanke oorwin ?????

  7. Anton Schutte Avatar
    Anton Schutte

    Ek het NOOIT sonder my wapen by Randburg / Winsdor gespeel nie. Teveel kere gesien hoe vlappies oor die golfbaan hardloop.

  8. Betzie van Rensburg Avatar
    Betzie van Rensburg

    Gratis selfone en kontant by putjie nommer sewe……..

Leave a Reply