praag.co.za

Universitas is glo swakste opleidingshospitaal

Written by

in

,

Die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein is die swakste opleidingshospitaal in die land.

Dit volg nadat dié hospitaal, wat eens as die top-hospitaal bekroon is, nou die laaste plek op die ranglys beklee. Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi sê die ranglys is opgestel nadat inspeksies deur die Kantoor vir die Voldoening aan Gesondheidstandaarde (KVGS) gedoen is.

Motsoaledi sê hy weet nie wat alles skeefgeloop het nie, maar die hospitaal se voldoening aan standaarde het van 90% tot 60% geval.

Hy het onlangs tydens ‘n mediakonferensie in Bloemfontein gesê die redes vir die dramatiese verval van standaarde moet dringend ondersoek word, veral in ag genome dat dit die Universiteit van die Vrystaat se opleidingshospitaal is.

Universitas-hospitaal het die afgelope jaar media-opskrifte gehaal vir al die verkeerde redes, soos ‘n uittog van mediese spesialiste, ‘n agterstand in die onderhoud van mediese toerusting en instandhouding. ‘n Saal wat met multi-miljoenrandse skenkings ingerig is, het ook in ‘n wit olifant verander.

Die Vrystaatse departement van gesondheid het nog nie op OFM-nuus se navrae gereageer nie.

Bron: OFM

Comments

2 responses to “Universitas is glo swakste opleidingshospitaal”

  1. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Dis die soort universiteit wat irrelevant is.

  2. Andy van Vuuren Avatar

    Hande op, wie weet NIE wat die rede is vir hierdie dramatiese VERVAL nie.
    Ek verwag nie om enigsins hande te sien nie.
    Waarom moet daar nou ‘n ondersoek belê word om te bepaal wat die kamtige rede vir die verval is. Ek is ‘n leek op die gebied van mediesie, maar ek kan u verseker die rede is so voor die hand liggend dat enige man op straat dit sal weet.
    SWAK BESTUUR DEUR ONBEVOEGDE EN ONBETROKKE PERSONEEL.
    Ek en my vrou eet onlangs in die Du Toitskloof pas by ‘n plek, en op die toonbank staan daar ‘n bordjie met die volgende woorde. “There is no substitute for excellence.”

Leave a Reply