praag.co.za

Brief: Die afwesigheid van die vaderfiguur in SA blanke politiek

Written by

in

,

Daar kan gereken word dat PW Botha die laaste volksleier met erkende politieke mag was. Die gatomswaai-brigade wat hom opgevolg het se agendas en verskonings is nou nie juis gedoop in volksliefde nie. Die volkseie leiers van daardie tyd tot en met vandag het nie een regtig daarin geslaag  om die steun van die groter blankedom in die land te trek nie.

Vir ongeveer die laaste drie dekades sit ons dus met ‘n leierskapskrisis. Die leiers wat daar was, was nie te vertrou nie en die goeie leiers is nie die kans gegun om te lei nie. Vandag sit ons in ‘n groter krisis as ooit tevore met betrekking tot volkseie leiers. Daar is baie manne soos dr. Roodt, Steve Hofmeyer en ander wat poog om leiding te gee, maar hulle sterk punte is in ander velde en hulle bevind hulle in ‘n situasie waar daar verwagtinge geskep word vir hulle om leiers te wees omdat daar niemand anders is nie. Met ander woorde, bloot omdat hulle leiers is op hulle gebied, moet hulle nou ook leiers wees in die kultuurpolitieke konteks van die volk.

Daar word baie verwys na die idee dat ons nie leiers het nie. Myns insiens is die probleem egter dieper as dit. Ons het leiers, maar ons het die vaardigheid of die kennis oor hoe om te lei, verloor. As ons kyk na ‘n familiebesigheid as voorbeeld sien ons dat die jonger geslag by die ouere oorneem. Eers leer hulle die operasionele kant deur onder die ou geslag te werk en daarna, soos hulle hulle bewys, word hulle “erken” en word die leierskap van daardie onderneming oorgegee. Net so behoort daar ‘n vloei in politieke leiding binne ‘n homogene groep te wees. Die jong manne moet eers leer by die ou manne en dan oorvat en verder lei.

Met die uitwissing van politieke mag het hierdie vloei van leierskap tot stilstand gekom. Daar was skielik nie meer ‘n familiebesigheid om te bestuur nie en die jonger geslag moes uitspring en gaan werk soek. Die gevolg is dat baie leiers hulle tans bevind in leiersposisies in die sakewêreld, terwyl daar ‘n vakuum in die kultuurpolitieke arena ontstaan het. Die afwesigheid van die vaderfiguur in die politiek het tot gevolg gehad dat die bestaan van die volk in twyfel getrek word. Sonder struktuur, is ons net ‘n klomp wit mense hier in die Suidpunt van Afrika. Daar is geen land ter wêreld wat nie ‘n leier het nie. Dink jouself in hoe ‘n land sal voortbestaan sonder ‘n tipe regering? Netso deurmekaar is ons tans sonder leiers en ‘n leierstruktuur.

Die geslag wat nou moes lei, het dus geen erfenis van hulle vaders ontvang nie en laat dus ook geen erfenis vir die kinders na nie. So al die geslagte wat nou ‘n voorbeeld van die vaderfiguur moes ontvang, sien niks behalwe Pokemons nie! Leiers op die internet wat jy oral soek net om te besef dit is alles ‘n virtuele klugspul, net soos Pokemon.

Die realiteit is dat die bestaan van ons volk in gedrang is. Sonder leierskap wag ons eenvoudig dat die laaste hoofstukke van ons geskiedenis oorgeskryf word deur die nuwe heersers, voor hulle ons taal en kultuur finaal uitwis en ons net ‘n klomp kultuurlose individue word. Maar wat is die antwoord? Hoe oorbrug ons leierlose generasies?

Die een opsie is om eenvoudig te wag en te hoop. Alhoewel dit vir sommiges klink na ‘n belaglike idee is daar bewyse dat ons volk geneig is om te wag totdat ons in die hoek is voor daar leiers opstaan. Die oomblik as die krisis groot genoeg is, as daar niks meer oor is om te verloor nie, dan staan die leiers op en trek die wa deur die drif. Baie van die generaals in die ABO wou geen deel hê aan ‘n oorlog nie, tog, toe die oorlog begin was hulle van die name wat in ons geskiedenis vereer word.

‘n Ander opsie is om bestaande leiers te begin kredietwaardigheid gee deur massa-ondersteuning. Bestaande partye, groepe en organisasies het almal leiers in plek. Ek is egter nie oortuig dat hierdie opsie lewensvatbaar is nie. Die argument is eenvoudig dat as hierdie leiers so goed was, sou die mense hulle reeds ondersteun het.

Daar is egter ‘n ander idee wat dalk kan help met die krisis, maar dit is ‘n waagstuk. Neem in ag dat meeste mense onder 40 nie militêre opleiding gehad het nie. Nie net sit ons met generasies sonder die vaardighede in iets soos gevegskuns nie, maar ons sit ook met generasies sonder die dissipline en loutering wat van ware leiers verwag word. Met ander woorde die laaste generasie leiers is nou tussen 40 en 65, die tipiese ouderdom waarop leiers die verhoog beset. As hierdie generasie leierloos verdwyn, sonder om ‘n nalatenskap agter te laat, kan ons die idee van ‘n volk vergeet.

Stel jou voor die leiers van ‘n groep soos 32 (die Buffels) kom bymekaar en stig ‘n burgerregte-organisasie. Soos almal weet was 32 veelrassig, meertalig en was die eenheid onder hulle gebou op wedersydse vertroue, respek en ‘n stel kernwaardes. Die oomblik as so ‘n groep gaan bymekaarkom met die doelwit om die regte van minderheidsgroepe te beskerm, gaan dit skokgolwe deur die politieke landskap stuur. Ons kan van die ou weermag sê en dink wat ons wil, maar hulle het leiers gekweek en dissipline afgedwing. Hierdie “ou” manne sal die ideale platform skep vir die nuwe generasie om die kern van leierskap te leer. Sit hierby die kennis en strategiese denke van iemand soos dr. Roodt en die charisma van die flambojante Steve en skielik het jy ‘n leierskorps wat die behoudende individu en die minderheidsgroepe kan verteenwoordig.

Neem in ag dat ons troep nie net baklei het vir die wit mense in Suid Afrika nie. Hulle het baklei vir hulle land. So die idee van ‘n organisasie wat vir Suid-Afrika baklei, is iets wat elke persoon wat diensplig gedoen het verstaan. Daar is dus onmiddellik ‘n netwerk of band tussen die oudsoldate.

Ons moet ook nie die rol van oorlogsveterane onderskat nie. Van Amerika tot in Zimbabwe is die veterane ‘n naturlike drukgroep om van kennis te neem, maar op die oomblik het ons nie toegang daartoe nie. Ons het egter nodig om ons stryd te sien in die internasionale konteks en daarom gaan dit nie help om ‘n groep te stig wat bloot die behoud van een volkie probeer najaag nie. Die hele wêreld stoei met hierdie liberale ideologie en die konserwatiewe waardestel is oral besig om weerstand te begin bied. Ons moet dus ‘n platform daarstel wat in dieselfde waardestel beweeg en terselfdertyd vir ons as ‘n unieke kultuurgroep beskerming bied.

Dit is heel moontlik ‘n verregaande idee dat die oudsoldate of ‘n legendariese groep binne die oudsoldate soos ‘n 32 Bataljon die nuwe gesig van volksoorlewing moet word. Die idee sal egter radikale groepe soos die EFF iets gee om oor te dink. In ‘n land waar daar tans geen teenpool is nie, sal iets soos die Nuwe Buffels die aandag van duisende trek en kan dit heel moontlik die antwoord wees vir ‘n volk wat tans soos weeskinders sonder ‘n leiersfiguur rondswerf.

Wie weet, as daar nou ‘n leier in sy Army Browns opstaan, was Oom Siener dalk nie te ver uit met sy “Man in Bruin”-visioen nie…

– Vannermerwe

Comments

31 responses to “Brief: Die afwesigheid van die vaderfiguur in SA blanke politiek”

  1. Gas Avatar
    Gas

    ‘n Baie gewaagde onderwerp!
    Sal u met my geduld hê as ek ‘n bietjie uitvoeriger as wat u in Praag-kommentare oor die saak handel?
    Hierdie is ‘n poging om die aangehaalde Skrifgedeeltes (uit Kronieke, dit volg) te gebruik om die Afrikanervolk se krisis, dit is in ‘n groot mate ‘n leiersopvolgkrisis (die uitdrukking “leierskrisis” word vermy, dis nie die hart van die probleem nie hoewel dit in baie opsigte problematies is), te belig.
    ‘n Voorbeeld van ‘n opvolg-Afrikanerleierskapkrisis uit die geskiedenis
    ‘n Oorlede vriend van my vertroud met die volk se geskiedenis het vertel dat met die bejaarde dr. D.F. Malan se uittrede uit die NP daar ‘n opvolgkrisis met die politieke leierskap van die Afrikanervolk was. Daar was intense ruggespraak onder die NP-leierskap en daar is besluit om adv. J.G. Strijdom die leier en volgende staatshoof te maak ondanks die feit dat hy reeds siek was aan kanker. Daar was geen ander uitweg nie. Niemand anders was geskik as fakkeldraer nie en daar is desnoods besluit om die berekende risiko te loop: om die tyd uit te koop tot iemand (dit was toe dr. HF verwoerd), gereed was om die leierskap te neem.
    Nog ‘n voorbeeld
    Die geskiedenis van die Trekkers se vestiging in Port Natal is bekend, die moord op Piet retief en sy geselskap, Uys wat in die Slag van Italeni gesneuwel het en Gerhard Maritz wat dodelik siek geword het aan die koors. Andries Hendrik Potgieter het die wyk na oorkant die Vaal geneem. Daar was instemming onder die Trekkers van Natal daar heers ‘n leiersopvolgkrisis met niemand sterk genoeg om die onontbeerlike amp van politieke leierskap op sy skouers te neem nie.
    Die Trekkers kan van vele dinge – onenigheid ook! – beskuldig word. Maar van die duidelike en ondubbelsinnige aanwysing van leierskap was hulle alte goed bewus, lees maar van die moeite wat hulle gedoen het met die aanwysing van “Rechters” en kommandante-generaals.
    Om die leiersopvolgkrisis te bowe te kom, is Andries Pretorius geïidentfiseer – én verkies en bevestig. Na hierdie stap sou daar geen onduidelikheid wees wie die Trekkers van Port Natal lei nie.
    FW de Klerk, Ferdi Hartzenberg, Constand Viljoen en Pieter Mulder
    Ek vermy die diskoerse en stel die volgende:
    De Klerk was die laaste verkose volksleier dmv verkiesing (1989) van Volksraadslede en dr. Hartzenberg is verkies tot “President” van ‘n “Volksraad” deur ‘n volksvergadering op 29 Januarie 1993, dr. Hartzenberg wat hierdie amp en leierskap laat verval het en ook deur die Afrikanervolk toegelaat is om die amp en leierskap te laat verval.
    Daar is ‘n alternatiewe lyn van leierskap daargestel deur middel van die Vryheidsfront en in besonder met behulp van wat genl. Constand Viljoen ‘n strategiese alternatief genoem het. Toe Viljoen as leier van die Vryheidsfront bedank het, het dr. Pieter Mulder die leierskap aanvaar, die oënskynlike strewe/s en doelwit/te wat deur onder meer Mulder se adjunk-ministerskap in ‘n ANC-kabinet maar veral die VF se uilatings en onvolkse mandate bekom in die pas-afgelope munispale verkiesings, wat heeltemal verval het.
    G’n opvolgprosedure vir nuwe leierskap nie, g’n leier
    Die Afrikanervolk het weens sy totale oorgawe aan die party-politieke maar veral verkiesingsproses tot in 1994 in ‘n doodloopstraat beland. Hy moet oënskynlik en teen wil en dank van die nuwe partypolitieke en verkiesingsproses gebruik maak om ook vir hom leiers saam met leiers van die NSA te verkies.
    Moet dit nog geskryf word? Dit werk nie. Hoe kan Moesie Maimane vir die Afrikanervolk, ‘n volk wie se bestaan nie eens deur die DA erken word nie, politiek intree, dis mos eenvoudig te gek vir woorde. Inteendeel. Enige volksbelang wat die Afrikaner soek sal onder die voorwendsel dis apartheid en rassisme deur die DA van die hand gewys word.

    Uit die doodloopstraat
    Ek glo die buitelyne van die aangehaalde dele uit die Skrif bied ‘n model vir die Afrikanervolk om uit die opvolgstryd-impasse te kom.
    Kortom: die tradisies en gebruike vir die Afrikanervolk om vir hom onafhanklike leiers aan te wys is onderbreek, die Afrikanervolk met weer gebruike en tradisies hervestig. Dit sal geen maklike taak wees nie, maar die Afrikanervolk kan nie daardie taak ontvlug nie.
    Ek plaas die Skrifgedeelte nou…

    1. Gas Avatar
      Gas

      2 Kronieke 22

      22:1 Toe maak die inwoners van Jerusalem Ahásia, sy jongste seun, koning in sy plek; want die bende wat met die Arabiere in die laer gekom het, het al die oueres gedood. En Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het koning geword.

      22:2 Twee en twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en een jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri.

      22:3 Hy het ook gewandel in die weë van die huis van Agab, want sy moeder was sy raadgeefster om goddeloos te handel.

      22:4 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE soos die huis van Agab, want húlle was sy raadgewers ná die dood van sy vader, hom tot ‘n verderf.

      22:5 Hy het ook volgens hulle raad gewandel en met Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, saamgetrek in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram, by Ramot in Gílead; maar die Arameërs het Joram gewond.

      22:6 En hy het teruggekom om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat hom toegebring is by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram; en Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.

      22:7 Maar die ondergang van Ahásia was van God, dat hy na Joram moes kom; en daar aangekom, het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi, wat die HERE gesalf het om die huis van Agab uit te roei.

      22:8 En toe Jehu die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van Juda en die seuns van die broers van Ahásia, die dienaars van Ahásia, aangetref en hulle gedood.

      22:9 Daarna het hy Ahásia gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samaría wegkruip en hom na Jehu gebring; en hulle het hom gedood en hom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van Jósafat, wat die HERE met sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van Ahásia wat in staat was om te regeer nie.

      22:10 Toe Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereedgemaak en die hele koninklike geslag van die huis van Juda omgebring.

      22:11 Maar Jósabat, die dogter van die koning, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring; en Jósabat, die dogter van koning Joram, die vrou van die priester Jójada–want sy was die suster van Ahásia–het hom vir Atália weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie.

      22:12 En hy was by hulle in die huis van God ses jaar lank verborge, terwyl Atália oor die land regeer.

      2 Kronieke 23

      23:1 Maar in die sewende jaar het Jójada moed geskep en saam met hom in ‘n verbond geneem die owerstes oor honderd: Asárja, die seun van Jeróham, en Ismael, die seun van Jóhanan, en Asárja, die seun van Obed, en Maäséja, die seun van Adája, en Elisáfat, die seun van Sigri.

      23:2 En hulle het in Juda rondgetrek en die Leviete vergader uit al die stede van Juda, en die familiehoofde van Israel; en hulle het na Jerusalem gekom.

      23:3 En die hele vergadering het in die huis van God met die koning ‘n verbond gesluit. Toe sê hy vir hulle: Kyk, die seun van die koning moet koning wees soos die HERE oor die seuns van Dawid gespreek het.

      23:4 Dit moet julle doen: ‘n derde deel van julle wat op die sabbat inkom–van die priesters en Leviete–moet drumpelwagters wees;

      23:5 en ‘n derde deel by die huis van die koning, en ‘n derde deel by die Fondamentpoort, en die hele volk in die voorhowe van die huis van die HERE.

      23:6 Maar niemand mag in die huis van die HERE ingaan nie, behalwe die priesters en diensdoende Leviete; húlle mag ingaan, want hulle is heilig; maar die hele volk moet die verordening van die HERE hou.

      23:7 En die Leviete moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en hy wat in die huis ingaan, moet gedood word, en julle moet by die koning wees as hy in– en as hy uitgaan.

      23:8 En die Leviete en die hele Juda het gedoen net soos die priester Jójada beveel het: elkeen het sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan; want die priester Jójada het die afdelings nie ontslaan nie.

      23:9 En die priester Jójada het aan die owerstes oor honderd die spiese en die klein skilde gegee en die skilde van koning Dawid wat in die huis van God was;

      23:10 en hy het al die manskappe opgestel–elkeen met sy wapen in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis, na die altaar en na die huis toe, by die koning rondom.

      23:11 Daarna het hulle die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak; en Jójada en sy seuns het hom gesalf en gesê: Mag die koning lewe!

      23:12 En toe Atália die stem van die mense hoor wat toestroom en die koning toejuig, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom;

      23:13 en toe sy die koning sien staan op sy verhoog by die ingang en die owerstes en die trompetblasers by die koning en dat die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, en die sangers met die musiekinstrumente, terwyl hulle die teken gee om lof te sing, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

      23:14 Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, uitgebring en aan hulle gesê: Neem haar weg tussen die rye deur; en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word; want die priester het gesê: Julle mag haar nie in die huis van die HERE doodmaak nie.

      23:15 En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het by die ingang van die Perdepoort in die huis van die koning gekom, en daar het hulle haar gedood.

      23:16 En Jójada het ‘n verbond gesluit tussen homself en die hele volk en die koning, dat hulle ‘n volk van die HERE sou wees.

      23:17 Daarna het die hele volk in die tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek en sy altare en sy beelde stukkend geslaan, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare gedood.

      23:18 Verder het Jójada wagte aangestel in die huis van die HERE onder leiding van die Levitiese priesters wat Dawid ingedeel het vir die huis van die HERE om die brandoffers van die HERE te bring, soos geskrywe is in die wet van Moses, met blydskap en gesang volgens die instelling van Dawid.

      23:19 En hy het die poortwagters aangestel by die poorte van die huis van die HERE, sodat niemand kon inkom wat in enige opsig onrein was nie.

      23:20 En hy het die owerstes oor honderd geneem en die vername manne en die wat oor die volk geheers het, en die hele volk van die land, en hy het die koning uit die huis van die HERE afgebring; en hulle het deur die Boonste Poort in die huis van die koning gekom en die koning op die koningstroon laat sit.

      23:21 En die hele volk van die land was bly, en die stad was rustig. Maar hulle het Atália met die swaard gedood.
      http://software77.com/onlinebibles/afrikaans/14_023.htm

      1. Gas Avatar
        Gas

        Roep maar halt as ek moet.

        1. Gas Avatar
          Gas

          Mnr. Jaap Marais oor Politieke Leierskap

          (Uit Die Afrikaner 29 Augustus- 4 September)

          Afrikaners moet voorberei word vir ‘n heel nuwe bedeling in die politiek en in hierdie nuwe bedeling sal daar volgens aanduidings ‘n poging wees om ‘n nuwe leier aan die volk op te dring met die versugting van eenheid onder Afrikaners terwille van weerstand teen die A.N.C.

          Hoe lyk ‘n Volksleier?

          ‘n Volksleier/s word nie soos ‘n haas uit ‘n hoed getrek nie. Diè wat langs kortpaaie en deur kitspolitiek in leiersposisies beland het, het gewoonlik aan die verkeerde kant van die volksgeskiedenis uitgekom. Diè les moet ongelukkig by herhaling geleer word soos onder andere by John Vorster en Constand Viljoen se leierskappe weer onbetaalbare duur lesse was.

          Dit is een aspek van diè saak. Wat daarmee saamhang is die versweë aspek dat dit bowe-al gaan om politieke leierskap. Nie millitêre, nie godsdienstige, nie kultuur, nie akademiese

          leierskap, en nog minder ekonomiese of sakeleierskap, maar politieke leierskap! Dit is tog die politieke terrein waarop die volk se stryd om sy lewensbelang besleg word.

          In die tydperk wat op die sluipmoord op Dr. Verwoerd gevolg het, het niemand vanuit die buite-politieke terrein opgestyg tot nasionale erkenning buite die grense van sy lewensterrein nie en was daar ook niemand uit daardie geledere wat hoedanighede van 1.Visie. 2. Volkstrou, 3. Strydvaardigheid en 4. Volharding getoon en gehandhaaf het nie.

          By die huidige versugting na ‘n Afrikanerleier is dit dus noodwendig dat na die leiers op politieke gebied gekyk word aan die hand van hoedanighede wat hulleself aanmeld by hierdie sake. Dit is onder andere die betrokkenes se: Noodsaaklike eienskappe vir politieke leierskap

          1.Vermoë tot welsprekendheid en ontroering.
          Hieronder word verstaan ‘n kombinasie van Cicero en Demosthenes. Wanneer Cicero gepraat het het die mense gesê: “Dit was ‘n goeie toespraak!” Wanneer Demosthenes gepraat het het hulle gesê: “Laat ons marsjeer!”

          2.Visie en oordeelsvermoë
          Onder visie word verstaan die helderheid waarmee die onmiddellike werklikheid opgesom en begryp word deur ‘n blik na voor maar ook na agter en onder oordeelsvermoë, die insien van die verband tussen dinge en die berekening van wat die gevolge van besluite en optrede sal wees.

          3.Selfstandigheid en betroubaarheid.
          Onder selfstandigheid word verstaan die innerlike sekerheid en vertroue wat ‘n leier het in sy kennis en insig en die gevolglike weerbaarheid wat hy het teen teenstanders en vyande. Onder betroubaarheid word bowe-al verstaan die morele wil om trou te wees aan beloftes en die integriteit om beginsels te handhaaf.

          Politieke prestasie en groeipotensiaal.
          Onder politieke prestasies word veral verstaan die duursame restant van leierskapdenke en dade nadat die korttermyn suksesse van maklike oorwinnings en resultate van blote uitoorlê-ery van oponente verdiskonteer is. Onder groeipotensiaal die moontlikheid van opgang tot groter hoedanighede en prestasie.

          Vir die toepassing van hierdie kriteria het Mnr. Marais op ‘n punteskaal van 100 wat eweredig verdeel is onder diè vier hoofde, drie “Afrikanerleiers” se prestasies onder die loep geneem en ge-evalueer.

          Welsprekendheid

          Eerstens dan F.W. de Klerk. Sy beste ondersteuners sal hom nie hoog aanslaan as ‘n orator nie. Hy het weinig aanvoeling vir die retoriese, wat deur die beroep op die geskiedenis en op eer en plig en trou, woorde laat tril en ‘n gehoor aangryp.

          Die retoriese metode bring aksie en bestaan saam in ‘n geheel wat groter is as wetenskaplike waarneming. Dit hou ‘n beeld van mense se beter self aan hulle voor en retorika is ‘n groot mag.

          De Klerk se metode is dialekties, soos gewoonlik by liberale soos Van Zyl Slabbert en Roelf Meyer Hulle redeneer vanuit omstandighede, nie beginsels nie. Ten beste is die resultaat ‘n koue of dorre verstaan, omdat hulle sku is vir die geskiedenis en heldedom.

          De Klerk se vermoë tot welsprekendheid kan 9.5 punte kry, maar sy vermoë tot ontroering net 3.5. Dit gee aan hom 13 uit 25 by diè afdeling.

          Constand Viljoen is swakker in albei vermoëns. 7 Punte vir welsprekendheid en 2.5 vir ontroering, dus 9.5 uit 25 by diè afdeling.

          Ferdie Hartzenberg vaar ietwat beter by welsprekendheid (8 punte). Hy is polities kundiger as Viljoen en kan argumente gladder artikuleer. Maar by die vermoë tot ontroering skort dit, veral omdat hy oneg oorkom. 4 Punte daar bring hom op 12 uit 25.

          Nie een van diè drie het ook die vermoë aan die dag gelê om skryfwerk van gehalte te lewer nie. Dit is ook ‘n faset van welsprekendheid en vermoë tot ontroering.

          By die stigting van die H.N.P. het die blad News/Check oor Mnr. Marais se sprekersvermoë geskryf: “There was one man who stood out dangerously from the others and had the crowd yelling on their feet…He was Jaap Marais. A passionate speaker, he quickly transformed mere enthusiasm into do or die militancy after he stepped up to the microphone

          John Patten van die Pretoria News het destyds geskryf: “In Mr. Jaap Marais they (the H.N.P.) have a leader with a complete intellectual argument for Afrikaner survival, a fanatic enthusiasm for the cause and a most inspiring rhetoric”, terwyl Tom Duff van The Star erken het dat: ” One cannot fail to be thrilled by his superb use of the Afrikaans language”.

          Oor sy vermoë om te skryf behoef geen betoog nie!

          VISIE

          In die afdeling visie en oordeelsvermoë het De Klerk op sy openbare rekord swak gevaar. Sy hele visie van wat die “nuwe” Suid Afrika moes wees, lê aan flarde. Die sluitsteen van diè visie, was magsdeling. Magsdeling is egter deur homself beëindig toe hy uit die Kabinet getree het in betuiging van frustrasie en verstriktheid. Sy visie van die Nasionale Party wat swart steun sou trek, het in die mis verdwyn en sy party is besig om te disintegreer. By al die slimmighede wat hy aangevang het om sy program van uitverkoping op dreef te hou en te blaak in die uitoorlê van kiesers deur valse versekerings, moet sy oordeelsvermoë getoets word aan die mate van sy misvatting oor die resultaat wat behaal is. De Klerk se vermoë om die verband tussen dinge in te sien en die gevolge van sy besluite en optrede te bereken, kom sigbaar kort.

          10 punte uit 25 daarvoor is ruim.

          Constand Viljoen het waarskynlik geen visie nie, of indien wel iets daarvan, dan uiters beperk. As beroepsoldaat is hy gedril om bevele te neem en nie te dink nie. Hy het gevorder tot Hoof van die Weermag deurdat hy die politieke bevele van die regering gedienstig uitgevoer het. Sy storie van ‘n Volkstaat op 14% of 16% van Suid Afrika se oppervlakte sou ‘n grap gewees het as dit nie oor ernstige sake gegaan het nie. Sy vermoë om die verband tussen dinge te sien en die gevolge van sy besluite en dade te bereken, is uiters bedenklik. 8.5 uit 25 is die uiterste perk hier.

          Ferdie Hartzenberg kompenseer vir sy gebrek aan visie deur plannetjies en praksasies.

          Selfs meer as De Klerk en Viljoen is hy bereid om standpunt oor beginselsake te verander na gelang van omstandighede en daardeur enige skyn van ‘n vaste visie uit te wis. Sy baanrekord getuig ook van ‘n gebrekkige vermoë om die verband tussen dinge raak te sien en die gevolge van sy besluite en optrede oor die kort- en mediumtermyn te bereken. Die verval van die KP van ‘n opkomende opposisie party tot ‘n sukkelende groep in die kort tydsbestek van van die vyf jaar vanaf 1992 tot 1997- of selfs die drie jaar van 1992 tot 1995, sê genoeg.

          Dit is nie veroorsaak deur faktore van buite nie, maar deur gebrekkige oordeel in die binnekring. 9 punte hier is ‘n redelike toewysing.

          By die stigting van die H.N.P. het News/Check gesê: “Marais maintained that the differences which have developed in the Afrikanerdom went deeper than merely the reception of a few Maoris in a rugby team and other similar points. These differences concern a whole attitude to life—-Lewensbeskouing, Witmanskap, Afrikanerskap—-

          In 1967 na John Vorster sy nuwe Sportbeleid geskets het, het Mnr. Marais wat die eerste spreker na hom was, betoog dat dit ‘n toegewing aan buitelandse druk was wat nie sal afneem nie omdat die buiteland nie swartes op die sportveld wou hê nie, maar in die parlement. Hier het hy ook die hoedanigheid van moed om sy oortuiging uit te spreek en die vermoë om die verband tussen ding raak te sien, openbaar.

          Selfstandigheid en Betroubaarheid

          Hier sal De Klerk gemiddeld kwalifiseer. Sy optrede getuig egter van ‘n aansienlike mate van be-invloedbaarheid. Sy “bekering” van regs na links is ‘n bewys van ‘n gebrek aan selfstandigheid. Sy uittrede uit die Regering van Nasionale Eenheid is die gevolg van swig voor druk. Dit het sy vroëre verdagte betroubaarheid verder onder verdenking gebring. Die 1989 verkiesingsversekering van eie skole, eie woongebiede en van weiering om met terroriste te onderhandel, en die daaropvolgende miskenning daarvan, was ‘n skokkende bewys van onbetroubaarheid! Hier kry De Klerk 7 vir selfstandigheid, maar 2 vir betroubaarheid: dus 9 uit 25.

          Viljoen het geen selfstandigheid in die politiek nie. Hy het te min kennis van die tersaaklike dinge en moet gevolglik steun op inligting en advies van ander. Sy betroubaarheid is vernietig deur sy geheime gekonkel met die A.N.C. deur bemiddeling van Idasa. Die feit dat hy hom binne maande na die stigting van die Afrikaner Volksfront in die geheim verbind het tot deelname aan die 1994 verkiesing, terwyl hy in die openbaar die teendeel bely het, het hom as totaal onbetroubaar gebrandmerk. Vir selfstandigheid 6, vir betroubaarheid 1.5: dus 7.5 uit 25.

          Hartzenberg het ‘n selfstandigheid wat waarskynlik in eie belang setel. ‘n plooibare gemoed wat hom in staat stel om, soos ‘n handelsreisiger, enige standpunt soos tandepasta te verkoop. Hy het geen vermoë om ‘n standpunt te handhaaf nie, daarvan getuig sy baanrekord oor haas elke aktuele strydvraag- die “volkstaat” idee, deelname aan onderhandelings, deelname aan verkiesings. 9 uit 25 is dus soveel as wat gegee kan word.

          Toe die Nasionale Party in September 1969 op sy kongres Vorster se nuwe beleid aanvaar, het Mnr. Marais oa. As volg verklaar: ” In 1966 het ek as Nasionale Partykandidaat die vertroue van mense gevra op grond van die erkende NP-Beleid, soos dit in 1965 gestel is, en ek ag my in eer daaraan gebonde teenoor diegene wat hulle ondersteuning van diè beleid betuig het……. As ek die N.P. beleid waaraan ek glo en altyd geglo het, moet verwerp of repudieer om my lidmaadskap van die Party te behou of om vir ‘n NP-kandidatuur te kwalifiseer, weier ek om dit te doen.”

          Prestasie

          By politieke prestasies kom De Klerk in aanmerking vir die wyse waarop hy met ‘n verskuilde agenda sy politieke verraad met sukses uitgevoer het. Dit moet egter verreken word teen die mislukking van sy hele beleid, wat regstreeks die ellende verwoesting en smart in Suid Afrika veroorsak het. Wat groeipotensiaal betref, het De Klerk ‘n volslae nulpunt bereik indien dit nie reeds minder is nie. Hy het geen reserwekrag nie en sy voedingsbron is leeg. Sy leierskap in die NP is van alkant ingeduik en verswak. Hy was in ‘n doodlooppad wat hyself gemaak het en wat nou tot sy gedwonge bedanking gelei het.– Die finale erkenning van mislukking. (Hierdie artikel was ‘n week voor die aankondiging van sy bedanking geskryf)

          By die twee kwalifikasies kan De Klerk uiters 7.5 uit 25 kry hoewel hy nie ontevrede met minder kan wees nie.

          Viljoen het ‘n spoor van vernietiging en aftakeling gelaat in sy kortstondige openbare figurering. Hy het die Afrikanervolksfront verdeel en vernietig. Hy het groter Afrikanerverdeeldheid veroorsaak deur sy geheime verbintenis teenoor die ANC/SAKP om aan die verkiesing van 1994 deel te neem en deur die politieke party wat daarvoor gestig is. Hy het die Boerekrisisaksie ‘n nekslag gegee en tot verdwyning gedoem deur die Bophuthatswana-eskapade en deur die valse rol wat hy gespeel het deur voor te gee dat hy die BKA tot opstand sou lei, terwyl hy deur middel van die Idasakomplot verbind was tot vredesonderhandelings met die ANC/SAKP. Sy politieke prestasie en groeipotensiaal verdien skaars 5. Hy het geen onderlegdheid of politieke aanleg om te groei nie. Sy raison d’etre vir toetrede tot die openbare lewe, was die “volkstaat” en diè is so dood dat Viljoen al gedreig het dat hy as LP sal bedank bedank as daar nie vordering mee is nie. In sy party is daar ook tweedrag en onmin oor sy leierskap.

          Hartzenberg se politieke prestasie rus op die rol wat hy gespeel het om die regse politiek te verwar en die NP daardeur te bevoordeel. Sy negatiewe rol by die pogings tot regse samewerking, sy sleutelrol by die stigting van die AVF om die opposisie teen De Klerk op ‘n dwaalspoor van ‘n “volkstaat” te plaas; en sy geheime betrokkenheid by die IDASA- komplot het sy politieke prestasie feitlik genegativeer.

          Sy groeipotensiaal is nie net beperk nie, dit is onmiskenbaar afwesig. Hy het reeds in die openbaar te kenne gegee dat hy die KP kan ontbind. Dit is die vroë erkenning van mislukking van leierskap. Weens sy langer openbare lewe, verdien hy 2.5 punte meer as Viljoen: 7.5 uit 25. Dit bring hom op dieselfde peil as De Klerk.

          1. Gas Avatar
            Gas

            ‘n Paar gedagtes uit die onlangse geskiedenis:
            Dit sou eintlik skreeusnaaks gewees het was dit nie so ernstig nie, dié naarstige gesoek na ‘n ANC-leier deur die verloopte Afrikaners in hul verloopte publikasies.
            Só erg word daar klippe omgekeer op soek na ANC-leiers in die naweek se Rapport dat die uitgawe maklik as die leierskap-uitgawe bekend kan staan.
            Dan kom die Naspes-pulpkartel se een-mens-dinktenk Tim du Plessis boonop en hy skryf ‘n artikel met die opskrif, “’n Volk, maar sonder ‘n leier”!
            Dit na aanleiding van ‘n boek van Hermann Giliomee met ook die swanger titel, “Die laaste Afrikanerleiers”!!
            Ongelukkig nie ‘n verkenning deur Giliomee wat veel om die lyf het as mnr. Jaap Marais nie in daardie boek onder die loep kom nie, dit sommer terloops. Of is dit ook maar goed so, vir wat so ‘n onkreukbare strydros in dieselfde asem as John Vorster, PW Botha en FW de Klerk noem!
            Twee sake is hier op die keper:
            # gebrekkige ANC-leierskap en
            # vermeende gebrekkige Afrikanerleierskap – en die woord “vemeende” moet beklemtoon word.

            Gebrekkige ANC-leierskap
            Puik leiers is oral behalwe in die kabinet, skryf Rapport (12-08-2012) in sy hoofartikel. Rapport se spotprent, die bont span van Trevor Manuel, Cyril Ramapahosa en Jonathan Jansen met Jacob Zuma en Kgalema Motlanthe afwesig op die wegspringstreep, beaam die verloopte Witman se penarie oor ‘n stelsel wat maar net ‘n swarte in een of ander skakekering as leier kan voortbring.
            Ten besluite en gewigtig kom die gevolgtrekking aan die einde van die hoofartikel: “’n Bisantynse kiesstelsel binne die ANC en die feit dat ons nie ‘n regstreeks verkose president (soos die Amerikaners) het nie, maak dit egter haas onmoontlik vir die beste van die bestes om dit tot tot heel bo te maak. Intussen is die jakkalse in beheer. ‘n Mens se bede is daarom dat ons regte leiers daarom dapper sal aanhou lei waar hulle ook kan, al is dit buite die Uniegebou. Ons het julle nodig.”
            Dit het jy nou van die “beste grondwet ter wêreld”.
            Regstreeks verkose president die redding? Asof Barack Obama van Amerika enigsins “as die beste van die bestes” kan deurgaan – regstreeks verkies of te not.
            Daar is ‘n ou en afgesaagde uitdrukking in die Suid-Afrikaanse politiek vir hierdie selfkastydende leedvermaak: Jy kan nie ter versagting van vonnis pleit jy is ‘n weeskind nadat jy jou ouers vermoor het nie.
            Kyk, in die aanloop tot die ANC se leierskapverkiesing einde vanjaar in Bloemfontein gaan die Naspespulpkartel sy lesers nog met vele soortgelyke lamentasies besig hou. En nie net wroeg nie. Die selfkastyding kan wreder vorme aanneem, hoop net nie ou Tim sny sy polse in die proses nie.
            Dis nodig om ‘n draai in die geskiedenis te maak om die verloopte Witman en Afrikaners se predikament wat Swart leierskap betref te verstaan.
            Daar was die ou dae, die sogenaamde voor-demokratiese era, toe elke Jood, Engelsman en kommunis hul donkies vir July afgerig het. Dink maar net aan ou Nelson en sy bewieroking, reeds voor hy aangetree is in die Rivonia-verhoor. Afgerig om ‘n ANC-beheerde land te regeer is eintlik ‘n onderbeklemtoning, hy was die land se énigste erfgenaam, kort en klaar. In Mandela se geval was sy hanteerders hoofsaaklik Johannesburgse Jode.
            Sy opvolger was Thabo Mbeki, seun van die kommunis Govan Mbeki. Mbeki se afrigters was die kommunistiese Jode van Europa maar veral die Britse establishment in Londen. As u nie oortuig is hiervan nie, lees wat Koos van der Merwe (IVP-hoofsweep in die Parlement) oor hierdie afgeronde Londenaar uit die Oos-Kaap, aan Vader O’Mally te sê gehad het, indrukke wat Van der Merwe gekry het toe hy, nog ‘n KP-Volksraadslid, in die geheim met die ANC gaan oeloe-oeloe het.
            Hierdie vrymoedigheid deur Wit meesters om toekomstige Swart leiers vir leierskap vir die sogenaamde post-koloniale Afrika groot te maak, is nie uniek aan Suid-Afrika nie. Robert Mugabe was glo al vroeg bestem om Rhodesië se Swart president te word toe hy deur Roomse Jesuïete priesters vir sy rol geïdentifiseer en grootgemaak is.
            So is ook die rooi tapyte vir latere Swart leiers in die Kongo (Laurent Kabilla en sy seuns) in Wes-Europa uitgerol, waar hulle deur voormalige koloniale moondhede as koninklike howelinge opgevoed en afgerond is.
            Soos die ondervinding in Afrika egter al geleer het: Die voormalige koloniale meesters en hul borge agter die skerms (Groot Kapitaal) verloor so min of meer na twee dekades beheer oor hul Swart poppe. Dit gebeur deurdat hul poppe weens die gang van die tyd (ouderdom) hul greep op die regeringsleisels verloor, of opkomende Swart sterre hulle van die politieke verhoog verdring. Dis wat met Nelson Mandela en Thabo Mbeki gebeur het.
            Daar is wel die uitsonderings. Soos Mugabe, wat al ver verby sy rakleeftyd as politieke leier is.
            Maar gewoonlik na so min of meer twintig jaar spat die vonke. ‘n Verskynsel soos “staatleegheid” (‘n verskynsel wat Suid-Afrika betref wat deur dr. Jan du Plessis ontleed is), kom na vore. (“Staatleegheid” beteken dat die post-koloniale Afrika-staat wel nog op die landkaart is; die regime kry dit reg om deur ‘n oppervlakkige magsontplooiing die skyn van een of ander vorm van administrasie voor te hou.)
            Dis in hierdie tyd dat karakters soos Jacob Zuma, politici gewoonlik gekoppel aan die getal- of militêr sterkste etniese stam, na vore tree.
            Mens weet nie eintlik of jy die Naspespulpkartel tot bedaring moet probeer bring wat hul gesanik oor die gebrek aan leierskap betref nie. Deur byvoorbeeld vir hulle te sê, troos julle daaraan dat Zuma eintlik nog maar ‘n mak weergawe van leierskap is die dag wanneer Afrika en Afrikane hul eie leierskap na vore stoot. Want haal Zuma nie die paal in die ANC se Mangaung-konferensie nie, wat van ‘n Julias Malema? Of ‘n Idi Amin? ‘n Jeremy Rawlins, daardie snuiter wat gister nog ‘n eenstreep-korporaal in die paleiswag was?

            Die Afrikanervolk sonder leiers?
            Dit wil so werklik waar lyk of die Naspespulpkartel besig is om ‘n kopskuif te beleef. Tim du Plessis is pens en pootjies terug by die volk nadat hy vir so hardnekkige 18 jaar of so nooit van ‘n volk soos die Afrikanervolk geweet het nie.
            Jammer dat hierdie waarnemer se gevolgtrekking dalk te sketsmatig is.
            Nee, hy het nog nooit oor die feit van die Afrikanervolk getwyfel nie.
            Dis deurdat Du Plessis, en klaarblyklik ook Giliomee, so stomp en met vae lyne eindig (Du Plessis in die artikel aangehaal):
            “In antwoord op die vraag of die Afrikaners sal oorleef en gedy, skryf Giliomee in die laaste paragraaf…: ‘Dit sal afhang van hul selfgeloof, hul inisiatief en boweal Afrikaners se vermoë om vrede te maak met hul geskiedenis’.
            “By implikasie sê hy dus die Afrikaners het nog nie ‘n behoorlike greep op hul verlede nie. Die goed én die sleg; die bitter en die soet daarvan.
            “Ek stem. Dalk kry die boek die proses aan die gang.”
            Aldus Du Plessis en Giliomee.
            Elders in die uitgawe van daardie koerant word berig oor tweespalt in die Naspespulpkartel se gunstelingparty, die Demokratiese Alliansie (DA), en hoe die messe geslyp word om van die Black Sash-lid en DA-leier Helen Zille ontslae te raak.
            Zille het blykbaar ‘n foxtrot te ver gegaan in haar dansies met die Swart nasie.
            Ja, ‘n meewarige kopgeskud, dis maar al reaksie wat hierop nagehou kan word.
            Beklae die Naspespulpkartel nie juis hul lot dat as jy ‘n paar mieliepitte rondom ‘n stroois in die grond druk en jy lei dit nat met ‘n oeserige rioolwatertjie dan kom daar ‘n Zuma of ‘n Zille op nie. Van pikkewynmis sal jy nooit ‘n volstruis kan uitbroei nie, boetie.
            Dan kla hulle van ‘n Bisantynse kiesstelsel in die ANC!
            Dis julle Bisantynse grondwetlike bedeling, wanneer gaan julle een en een eendag bymekaar getel kry?
            Sela.

  2. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Om ‘n leier te wees is een belangrike element nodig ….. Volk… leiers kom immers uit ‘n groepering van mense wat iets deel voort .
    Die nasie konsep van ‘n versameling van volke is verkeerd bewys met die NSA en dit is ‘n stelsel wat deur ex-militêre manne toegelaat is in 1992!!
    Die sleutel is identiteit , daarsonder sal ons mense nie saamstaan nie ….neem ook in ag dat ons ‘n erge wantroue in leiers ontwikkel het .

  3. Chroom Avatar
    Chroom

    Om n leier te wees het ek gevind in Suid Afrika, veral onder die Blanke Afrikaner is ‘n baie moeike storie. Niemand het die moed om na vore te tree en indien ‘n persoon so iets waag, stel hy hom/haar bloot aan intense kritiek. Daardie persoon kan NOOIT iets regdoen of sê nie. “n Simpel voorbeeld is die van die springbok Rugby afroigter. Baie min mense wi die afrigter word, want wen of verloor sy span is daar altyd vynige kritiek. daar is altyd iemand wat beter kan doen, maar nooit bereid is om die leisels op te tel nie. Dit is ons eie skuld dat ons sonder ‘n leier is, die Mulders/Groenewalds is nie noodwendig leiers nie.
    As daar gekyk word na Trump, hy gaan ‘n hele omwenteling in die Amerikaanse politiek en ekonomie teweeg bring, maar kyk na die kritiek en die gepaardgaande, wat tot al die Amerikaners se voordeel sal wees, maar as gevolg van globalisasie is hy amper ‘n uitgewekene..
    Ons moet nie ‘n nuwe politieke party kry nie, maar ‘n Beweging, “Movement”, maar daardie leiers moet onverskrokke hul man kan staan en vir sy Taal, Volk, Kultuur en Geloof kan stry.

  4. Dion Benny Avatar
    Dion Benny

    Ek sê heeltyd: vergeet nou eers van Suid-Afrika, trek af Kaap toe. ‘n Plek soos die Goeiehoop bied natuurlike weerstand. Die meerderheid van die Afrikaners en ander minderhede is in gevaar daarbo. Verder noord is hulle besig om af te beweeg: julle gaan verswelg word. Moenie bekommerd wees oor die party wat nou in die Kaap sit nie. Baie mense stem vir hulle omdat daar nie ‘n ander party is om voor te stem nie!

    Ja daar is probleme in die Kaap maar dit kan gehanteer word. (Is julle nou mense met ‘n plan of nie? Mense wie god dien of nie? Dinge sal hulself van daar af uitwerk.) Nie vir lank ook nie aangesien die Kaap as te europieërs beskou word en die spulle ingevoer word. (Kyk bv na Soros se Open Society bedrywighede in die Kaap of nou onlangs oor Hofmeyer wat nie hier mag kom praat nie.Vryheid van spraak se gat! ‘Liberale’ se deuntjie is “vryspraak solank dit my spraak is.”)
    Dit is altyd snaaks vir my as die Kaap te europieërs genoem word: dit ignoreer ‘n hele ander tipe groep mense. Maar dit maak nie saak nie of nodig om sin meer te maak uit kommie-spraak nie: dit is polities gedrewe. Hulle soek bevolkingsoorwinning met hul rasistiese wette. Dan het hulle nog die vermeteldheid om almal in die Kaap rassiste te noem. En So what as die Kaap ook nou europieërs is? Hoe meer van julle af kan kom,hoe beter en hoe meer kan dit hulle ‘n stroke gee.
    Die ANC&Kie is die grootste rassiste en etniesfobiese mense wat ek nou al teëgekom het: hulle kan duidelik nie saam leef in vrede met ander nie. Ek sê dit as ‘n kleurling. Ek het respek vir die Afrikaners: ek’t die beste onderrig en meer gekry in ‘n afrikaanse skool. En ek moet se, die ander wat so fokus op die verlede of oor hoe ander afrikaners voel oor hulle, en dus die afrikaner haat, doen dit uit afguns. Want hulle kan eenvoudig nie. Ek is van die eerstes wat my kop uitgesteek het vir DJT (asook iemand soos Geert Wilders) eenvoudig omdat ek weet nie bair ander sal dit doen nie en veral vir die volksmoord wat ek sien gebeur. Dit my bietjie verbrand nadat mense my begin het om te vervolg. Maar so is dit maar nou. Die ander rasse het my weer beskou as iemand wat gebreinspoel is of ‘wit’ wil wees. Asof daar nie regverdige redes is om jou stem te laat hoor nie. Ek kan eenvoudig net nie meer die valsheid van hierdie spul linkses verdra meer nie.

    Ek’t n bietjie nou van my punt afgewyk. Die tyd raak min. Merkel is besig om die hekke self n bietjie toe te maak vir die Noord-Afrikane. Waar dink jy gaan hulle na toekom? Sy gaan natuurlik meer islamiete in laat in Europa. Duisters stroom alreeds die Kaap in maar hulle kry nie permanente verblyf nie as gevolg van die huidige geregering. Het Siener ook nie so iets genoem nie? Ek weet daar is nie plek of huise nou vir almal in die Kaap nie maar dis n huidige probleem, nie n toekomstige een nie. Ek dink nie mens sal hul lewe wil gee net om vas te klou vir geld/goeie verblyf waar jy sal sterf nie (bv. Gauteng. Die goed is so te opgedroog). Dit kan verdwyn in n oomblik. Die Kaap het darem water, grond vir boer, skuiling ens goed wat mens nodig gaan hê vir die tyd waarin mensdom nou betree. Die res van SA sal gou verval (nie dat ek dit vir ANC&Kie toe wens nie, ek wil hê hulle moet hulself leer regeer net om te sien hoe die grootbekke dit self sal kan laat doen.) Die kernkrag stasie is daar maar oud. ‘n Paar jaar terug het iemand n lekker sonkrag ontdekking by Maties bekendgestel. Dit kan gebruik word. Asook nuwe antibiotika deur ‘n Mnr Malan ontdek deur die gebruik van fynbos. Sulke dinge is wat my die Afrikaner respekteer: julle het in die groot oerwoud aangekom en 100% aangepas. As iemand wat hou van wetenskap sien ek dinge so, nie as poor-me-i-want-redress agv kolonialisme. Ons voorvaders, die San/Khoi, was nie in staat om te veg teen n ander ras wat meer ontwikeld was. Dis hoekom hulle slawe geword het. Maar die moderne Afrikaner ontdekkings word afgedruk:kyk maar hoe word die universiteite nou gesentraliseer.
    Militêre hulp sal kom maar nie as julle wydverspreid. Vergeet van noord-kaap vir nou: dit is aan die russe en sjinese verkoop vir die uranium mynbedryf en daar is nie n mag hier om daarteen te beskerm nie. Dit is waar Trump in kom: hy is hoogs gekant deur die sjinese se totale besitting van die wêreld se hulpbronne. Ja, hulle bou infrastruktuur maar dit is net om die hulpbronne te verkry. Wie gaan dit onderhou? Ander Afrikane prys die sjinese regering daaroor maar hulle dink nie verder na die deel van onderhoud en instandhouding nie. Hulle breek nou juis alles af wat hulle verniet gekry het.
    Daar is 3 universiteite in die Kaap. Die ander moet maar nagelaat word soos die ander wat sou verkies om langer daarbo te bly. Daar sal definitief n bietjie armoede voorkom. Aan die goeie kant is dit goed vir die volksbou, vertroue en kinders wat julle soek. Ek dink veral hier aan diegene wat reeds daarbo in plakkerskampe lewe: hulle het altyd ‘n hele groep kleintjies by hulle as jy n foto van hulle sien.

    Ek se nie elke kleurling het dieselfde siening soos ek nie (anders sou hulle nie kleurlinge wees nie) maar die meerderheid hou glad nie van wat aan die gang is nie. Daar is ander gene in die Kaap wat selfs groot massas sal bang maak. Mens hoef ook nie juis bang te wees vir groot massas nie. Dit gee nie krag soos Malema dink nie. Verstand, godsgeloof ens dit is wat nodig is. Groot getalle val ook baie vinnig wanneer toestande nie meer die groep kan onderhou nie.

    1. Jan Malan Avatar

      Daar is seker nie veel kleurlinge wat so uitgesproke soos jy is nie, maar as dit waar is wat jy se dat die meeste soos jy voel dan moet die kleurlinge bietjie vir ons wys deur vir Front Nasionaal te stem. Kyk ek glo nie hulle sal maklik ‘n meerderheid kan form daar in die Kaap nie, te veel linkse karakters daar, DA sal seker maar die sterkste bly. Maar Front Nasionaal is ‘n Party wat hom beywer vir die minderheids groepe en dan veral vir Afrikaans.
      Die Kleurlinge kan ook vie VF Plus stem die is darm nognie heeltemal verlinks nie.
      Verder moet ek vir jou se ek sienn nie kans om tussen ‘n klomp linkse Blankes te bly nie, ek sien hulle as vraaiers en laer as kreef Poefies, en jy weet ‘n kreef bly op die seebodem en eet vis poffies om aan die lewe te bly. Ek glo ook dat daar baie van my Volksgenote is wat die selfde soos ek voel, ons wil nie ons kinders bloodstel aan die K.. wat die linkses verkondig nie.
      Sterkte, kan ek ‘n voorstel maak, moenie te Pro Blank tussen die kleurlinge optree nie, wees Pro Afrikaans, dit is tog jou taal ook, so kan jy dan ook jou kinders en klein kinders se toekoms verseker want jy sal altyd van die Blanke Afrikaner en Boer hulp kry as jy vir Afrikaans baklei.

      1. Dion Benny Avatar
        Dion Benny

        Nie pro-wit nie soos baie dink nie, dit gaan vir my hoe iemand dink en optree. My fokus is op dit want dis die groep wat direk en indirek geteiken word op verskeie maniere (psigologies tot moord) en jy sal nie ander groepe sien of hoor iets se nie. Hulle sal liewers saam sing met hul Shoot the boer/Fuck the whites bloedlustige trip. As dit die indiërs was bv sou ek dieselfde doen.

        Ek weet nie van VF+ af nie, linkses het hul reeds binnegetree. Soos iemand gesê het, dis beter as dit uit ‘n nie politiese sirkel kom. Ek kyk nog Front Nasionaal uit wat afgelei is van M Le Pen se party. Meerderheid van die politiese groeperinge is meer vir hul eie werke en groot skenkers. Geld praat mos. Maar dankie vir die kommentaar.
        Ek beplan nie vir kinders nie. Te veel mense op die planeet.

        1. Jan Malan Avatar

          Ja nee die vet is werklik in die vuur ne, maar soos ek se Baklei vir Afrikaans, dit is ‘n goeie saak en jy kan die kleurling se identiteit daarmee vereenselwig, ek stem saam met jou oor VF+ maar hulle is darm nognie heeltemal waar die DA is nie.

  5. skobbejak Avatar
    skobbejak

    Op die oomblik sal ons almal saam n leier moet wees, elke gesin met sy ma en pa of ouma en oupa, groot kinders en ander familielede. Ons besef nie watter Blitzkrieg ons einlik mee getref is nie, ons volk is byna vernietig en staan baie naby aan die reuse afgronde wat baie nasies en volke voor ons in afgeval het. Miskien sal dit n baie goeie ding wees as ons meer gekonsolideerd raak iewers – miskien die Kaap of Wes Kaap – n ietsie om aan te dink. My opinie is dat dit eers beter met ons sal gaan as ons wegtrek van plekke af waar ons meer verspreid en dun op die grond is.. Daar is veiligheid en vooruitgang in getalle – safety in numbers. Tyd vir n nuwe Groot Trek dalk ? Laat ons die vleispotte vir hulle agterlaat – leë vleispotte. Net soos die Jode weggetrek het uit onder die Egiptenare – so sal ons almal moet vort – Volkstaat toe !
    Ek weet dat daar implikasies gaan wees – maar het ons n werkende alternatief ?

    1. eduard Avatar
      eduard

      Dit was die Israeliete wat uit Egipte weggetrek het en nie “jode” nie. Eerste keer dat die woord “jood” of “jode” in die Ou Testament voorkom is in 2 Konings.

      1. skobbejak Avatar
        skobbejak

        Wow – vir my bly n jood n jood – net soos n brood n brood bly – en n eier bly n eier. My Koning is ook n Jood en soos jy se Israeliet ( selle ding ) – een van die dae kom Hy terug en dan sal ons almal dinge baie beter verstaan ou Eduard.

        1. eduard Avatar
          eduard

          Jesus Christus was nie ‘n jood nie. Ignorance is bliss, it is folly to be wise.

        2. Verkenner Avatar
          Verkenner

          Jy kry n jood en dan kry jy n Jodier, twee heeltemal verskillende rasse. Jood is afstammelinge van edomiete wat uit esau se geslag kom. Hul het dit so in vertaal in die bybel in oor die tyd en is maar net een van die leuns wat met tyd heimlik ingebring is. Die jood tree definitief nie soos n godelike geslag op nie, hul is van satan en voer sy planne uit.

  6. Owen Avatar
    Owen

    Helen Zille has tried to play the mommy figure to whites in SA, most whites in SA support the Devils Alliance.

  7. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    “Ons het leiers , maar ons het die vaardigheid of die kennis oor hoe om te lei verloor”. Hoegenaamd nie. Ons het die WIL om te lei verloor. En omdat daar geen wil is om te lei nie, is daar ook geen wil om te volg nie.

    1. Owen Avatar
      Owen

      The political landscape of today does not allow for white leadership anymore, De Klerk dismantled all this.
      There is plenty will, have a look at how many whites vote for the DA every 5 years.

      All they need is leaders who speak for them in such a divided society & they will follow, the DA does not do this for them.

  8. Elsa Avatar
    Elsa

    Flambojante Steve…. sêg u? Stem heelhartig saam. Met die ou woelgulp so tussen die Eva-geslag is ons oormore weer 10miljoen sterk. 🙂

  9. Anthony Avatar

    After PW Botha came a massive fall for RSA, he was a Don, he always said he was forced to resign or they would kill him.

    1. Elsa Avatar
      Elsa

      That’s a fact indeed Anthony. I agree that they would have killed him and hundreds perhaps thousands more would have died in bomb explotions.

      1. Anthony Avatar

        He had the ANC reduced to a fax machine in Lusaka at the time.

        1. Elsa Avatar
          Elsa

          He was a great guy with integrity…but yes…he had no choice whatsoever.

  10. Suidpunt Avatar
    Suidpunt

    Ek het ‘n boekie hier “Stem uit die Wilderness” wat die laaste blitsvergadering woord vir woord uitstippel. Pik Botha was so lafhartig, hy was nie eens aanwesig nie. ‘Beeld’ het saam met die ministers die man kranksinnig verklaar en onbevoeg om te regeer. Dit was vuil. PW Botha het in hierdie onderhoud sy moer vir die lot later gestrip en summier bedank; presies wat hulle wou gehad het.

    Maar terug na 2016:

    My eerstehandse ervaring is ook wedersyds teenoor die oueres. Daar is jongeres wat deur die huidige 40-50’ers ingeloop voel omdat hulle nie daartoe in staat is om te kan lei nie.

    Verskoon tog my effense arrogansie, maar miskien moet ons die werklikheid in die oë kyk:

    1. Ek ondervind die ouer geslagte is al te lief om met plesier die sambok uit te haal as jy ‘n fout gemaak het, (om jou snoet in die piepie te druk) om vir jou te wys jy het fouteer. Vernedering is glo die beste leermeester, hoewel ek voel die vermyding van foute spaar tyd en geld. Dit herinner my so baie aan ‘n ou hond wat na die jonger brakkies met smaak hap om vir oulaas nog te wys hy is baas op die werf. Al ruik hy vrot na kanker, nee – is slegs 4 uur ver om uitgesit te word deur die veearts. Maar op een of ander manier moet jy seker oor telepatie beskik om uit te vind presies waar jy fouteer het. Daardie antwoord vind jy nooit uit nie, al soebat jy vir ‘n antwoord om nooit weer dieselfde fout te maak nie. Veral nie as jy ‘n logiese rede soek presies hoekom iets moet gebeur nie. Dissipline is nie slaafse navolging nie, al was dit miskien ‘n voorvereiste in die weermag. Dit is een van die redes hoekom ek nooit in die militêr sal aard nie: ek vertrou absoluut niemand nie. Nie eens my ma nie, so nog minder die snotkopkorporaal (ek is tog net ‘n robot in sy oë). Die “samebindende eenheid” en “ondersteuning” d.m.v. ‘Ontgroening’, ‘katkisasie’ deur gesagsfigure het ek nooit ervaar nie. Nie soos my ouers van praat “hoe lekker” dit was in hulle hoërskooljare van die 1950’s en 1960’s nie. Elkeen is net vir homself. Die lot waarmee ek te doen gekry het in die 2000’s was net ‘n mislike, wispelturige, selfbehepte, hedonistiese, materialistiese en sadistiese spesie. En my eie “klasmaats” het mekaar se oë uitgekrap is een net 0,5% meer punte as die ander verdien. Veral die meisies was sulke bitches.

    As gesag nie sy onderdane beskerm soos dit sy plig is nie, gaan die onderdane hom ondermyn. Ek het ook trouens nooit van hul onbevoegde hulp gebruik gemaak nie. As jy jou respek vir gesagsfigure begin verloor, dan moet die mense nie kwaad wees as jy nie jou samewerking wil gee nie. Op sy beurt probeer die patetiese leier sy respek afdwing, wat verdere weerstand uitlok. Noodwendig ly net die besigheid en samelewing daaronder.

    Dissipline is gegrond op die rede en logika en eerlikheid.

    Of, jy weet nie waarom jy nie vorder nie, jy soek advies, eerlike advies, maar na drie jaar sal die grootbaas sê: “Jy weet, eintlik doen ons dit so…” Dit is moer en gone frustrerend. Daar is nie tyd vir rondspeel en swyg nie.

    Kortom: die gemors wat jy in die jeug sien, is nie alleen die jeug se skuld nie.

    2. Wat die predikante betref: Google het hulle almal vervang, want hulle het nutteloos geword. Daar is nie ‘n vraag wat ek nie by een of ander Bybelwerf, of selfs reguit aan die Vatikaan (!) kan rig nie. As die kerk regtig murg in sy pype het, sal hy ophou om die snotpsalms agter die kansels elke liewe verdomde Sondag aan te hef waarteen ek al ‘n dik laag weerstand opgebou het, en die volk leer Hebreeus en Oudgrieks en Aramees leer sodat ons selfstandig kan dink. Dan kry die kerk uiteindelik weer sy opvoedkundige rol en NUT in die samelewing terug. Hopelik sonder te veel ideologie. Die meeste preke is tans so buite konteks aangehaal, jy kan dit met ‘n enkele Bybelvers knikker. Dus: Sondae mors jy maklik 50 minute van jou lewe. As sang en gebed God nie meer mag gee of mag ontneem nie, sien ek geen punt meer om kerk toe te gaan nie: wat voel ek in elk geval vir die gemeentelede rondom my? Ek ken hulle nie, en wil ook nie in hul privaatlewens betrokke raak nie – dis mos ongemanierd.

    3. Wat die akademici betref. Hoe meer ek in die skoolleerplanne gaan rondkrap in die geskiedenis, hoe meer besef ek dit is soos goudstawe wat jy reeds in 1880 moes gekoop en in belê het. As jy, as ouer man of vrou, weet die jonges het nie ervaring wat jy het nie, en jy wéét hierdie mense gaan by jou oorneem… wil jy werklik beleef en toekyk hoe hulle jou werk, waaraan jy so hard aan gewerk het loop staan en verongeluk? Die ou ooms brêg tydens hul stoepstories tog te gou en selfingenome hoe moeilik hul leerplanne was, praat net sleg oor die jong afgestudeerdes, maar spel nie uit waar daar tekort kom nie. My liewe mens, jy hoef my niks te vertel nie – as jy universiteit toe wou gaan tot voor die 1950’s moes jy Latyn en Grieks ken. So, werklik, as jy in Anno 2016 reeds tussen 40 en 60 jaar oud is, kan geen abstrakte konsep so ingewikkeld wees dat jy dit nie aan ‘n jonger mens kan oordra nie.
    As die sakemanne begin kla in die nuutste verslag van die World Economic Forum die huidige Suid-Afrikaanse skool en universiteitsleerplan het absoluut geen betrekking op die werksplek nie, en het absoluut niks om die lyf nie – wie moet verdompwil dan iets aan die saak doen?

    4. Volgens die teoloog Jaap du Rand van UWK en Advokaat Pretorius, die skrywer van “Volkshoop”, het die afskaffing van Apartheid deels gevolg omdat die kerk en ouers in hul plig versuim het om vir die kindertjies uit te spel waarom die kerk, die unieke volksyn en volksdanse ens. belangriker is as die tannies op Dallas wat met koordlose telefone rondloop in hul kastele met driedubbele garages. Want eerlikwaar, so is gereken, waarom kan ons nie soos Amerikaners leef nie? Maar sien, op daardie stadium was die Christendom reeds tot ‘n burgerlike godsdiens verklaar, en die predikante en waghonde was heel houtgerus. So nou en dan sou ‘n moeder gekla het oor Rock-musiek wat ‘n instrument van die duiwel is, maar sou sy ooit haar kinders se universiteitsboeke deurgeblaai het? En, soos ek vir my ouers uitgespel het: Die predikante het julle indirek so vir die wolwe gegooi! Hulle het julle oningelig gelaat!

    1. Gas Avatar
      Gas

      Goeie betragting van sake. Bekyk Du Rand van Belhar-faam met groot omsigtigheid, maar met soveel agtergrondkennis weet jy seker.

    2. henkst Avatar
      henkst

      Paulus het by Plato geleer, en Plato op sy beurt weer by Sokrates, oor hoe die ideale staat moet funksioneer, en dat ʼn republiek op sy beste is wanneer jy al die burgers betrokke het… wanneer hulle saam funksioneer soos in ʼn liggaam. Elke ledemaat/lidmaat het ʼn rol en funksie – en by Plato sien Paulus toe die model vir kerkwees. Die model word tot vandag toe deur gemeentes gebruik.

  11. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Die bril, en die bles – al wat oorgebly het in die treinongeluk het toe ons president geword. (vir diegene wat die grappie onthou) Jammer maar hierdie laaste genenrasies van die NP was nie leiers nie. Hy het vir PIK in sy posisie behou, vir Barend as minister van finansies aangestel en ons reken hierdie mense was leiers? Rêrig?

Leave a Reply