praag.co.za

Prof Christof Heyns verkies tot Verenigde Nasies se Menseregtekomitee

Written by

in

,

Prof Christof Heyns, voormalige Direkteur van die Sentrum vir Menseregte en Professor in Menseregte aan die Universiteit van Pretoria (UP), is in Maart 2016 deur die Suid-Afrikaanse Regering genomineer as sy kandidaat vir die hoog aangeskrewe 18-lid Mensregtekomitee van die VN. Hy is op 23 Junie 2016 in New York as lid van dié komitee verkies.

Prof Heyns het die afgelope ses jaar as die VN se Spesiale Rapporteur oor buitegeregtelike, summiere en arbitrêre teregstellings gedien. In dié hoedanigheid was hy direk betrokke by van die grootste uitdagings in die internasionale gemeenskap, insluitende die gevolge van die oorloë in Sri Lanka en die Oekraïene. Hy is ook een van drie internasionale kenners verantwoordelik vir die VN se Onafhanklike Ondersoek na Burundi en dien as voorsitter van die groep. Baie min menseregtekenners het so ‘n wye verskeidenheid topposte op die gebied van die internasionale menseregtestelsel beklee.

Prof Heyns gee onderrig in Menseregte aan UP, Oxford Universiteit, die American University in Washington DC en die Universiteit van Genève. Hy het artikels vir talle internasionale publikasies die lig laat sien, onder meer oor gewapende hommeltuie, die bestuur van betogings, die gebruik van geweld deur wetstoepassingsbeamptes, asook menseregte in Afrika.

Prof Heyns sal vanaf 27 Junie tot 8 Julie 2016 in Suid-Afrika wees, waartydens hy onderhoude oor sy werk sal toestaan. Hy sal drie maande per jaar in Genève woon waar die sittings van die VN se Menseregtekomitee plaasvind.

Sy vader, die teoloog dr. Johan Heyns, is in die vroeë negentigerjare deur ‘n sluipmoordenaar om die lewe gebring.

Comments

11 responses to “Prof Christof Heyns verkies tot Verenigde Nasies se Menseregtekomitee”

  1. leonlermmer Avatar
    leonlermmer

    Wat doen hy vir Afrikaners en Afrikaans?

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Niks!

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Daai niks wat almal hieronder noem spel mense bietjie anders. – so ‘n lekker ronde 3 letter woord. Eintlik ‘n aanduiding van minder as niks – menende hy sal die Afrikaners en Afrikaans uitverkoop.
      Dit bly vir my altyd interressant hoe baie “Afrikaners” by die VN se doenighede betrokke is/was eerder as om hul eie mense te help, beginnende by smuts

      1. Andy van Vuuren Avatar

        Rooikop,
        ‘n lugleegte.

    2. Andy van Vuuren Avatar

      Middag Leon,
      volgens wat ek kan aflei uit wat hier geskryf met al die kommentare het hy…………………………………………………………………………………………………….

  2. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Deur die ANC aangestel! Iets wat vanuit die slang Johan Heyns se genetiese materiaal voortgebring is, het seker nie ‘n kat se kans op integriteit nie. G’n wonder nie dat hy dan vir tempeldiens binne die toring van Babel aangewys is!

  3. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Prof Heyns is sekerlik ‘n voortreflike akademikus en die aanstelling op die menseregtekomitee van die VN is ‘n besondere prestasie.. Oor die vraag wat hy doen vir Afrikaners en Afrikaans hoef ‘n mens bloot uit die berig aan te haal: “uitdagings in die internasionale gemeenskap”, “een van drie internasionale kenners”, “internasionale menseregtestelsel”, “artikels in talle internasionale publikasies”. Lyk dus nie juis of daar veel tyd oor is vir Afrikaners en Afrikaans nie.

    1. eduard Avatar
      eduard

      Dalk moet hy eerder bekend staan as Prof Christo Heinzowitz.
      ‘n Interessante webwerf: http://www.omniphi.tv

  4. G Avatar
    G

    Hierdie stuk drek is aangestel om die Afrikaners se klagtes oor volksmoord en kulturele vernietiging soos by UP te verydel. Sy pa was ‘n menslike offer aan uitverkorenes, deur hulle uitgevoer. Hy weet wat wag as hy nie gehoorsaam is nie.

Leave a Reply