praag.co.za

‘Verregse’ party in Oostenryk blink uit

Written by

in

,

Die anti-immigrasie Vryheidsparty, oftewel die Freiheitliche Partei Österreichs (FPÖ) het behoorlik stof in die oë van hul teenstanders geskop in die eerste ronde van die presidensiële verkiesing in Oostenryk.

Media-histerie heers nadat Norbert Hofer van die “verregse” FPÖ 36 persent van die stemme ingepalm het, gevolg deur die Groen Party se Alexander Van der Bellen met ‘n amper 20 persent, en onafhanklike kandidaat Irmgard Griss met net meer as 18 persent.

Rudolf Hundstorfer van die Sosiale Demokrate (SPÖ) en Andreas Khol van die Volksparty (ÖVP) het in die vierde en vyfde onderskeidelik geëindig met net sowat 10 persent van die stemme onderskeidelik.

Steun vir die regerende sentriste was reeds aan die krimp oor die afgelope jaar. Hul daling in gewildheid is aangevuur deur kieserverwerping en politieke onsekerheid wat voorlê.

Die Vryheidsparty in skrille kontras, het met vrees vir massa-immigrasie en die voortdurende vlugtelingkrisis, aansienlike politieke aansien verkry van die Oostenrykse publiek.

Vir die eerste keer sedert 1945, sal Oostenryk nie ‘n president uit die SPO of ÖVP hê nie, want die twee regerende partye het selfs nie eers die nodige stemme behaal vir volgende maand se stemronde nie, het waarnemers gesê.

“Dit is die begin van ‘n nuwe politieke era,” het die FPÖ-leier Heinz-Christian Strache gesê.

“Ek is daarvan oortuig dat as president, sal Norbert Hofer as beskermer van die Oostenrykse volk optree,” sê Strache, soos aangehaal deur AFP.

Die FPÖ se toetrede tot die regering in 2000 onder sy voormalige partyleier, Jörg Haider, het skokgolwe deur die hele Europa gestuur.

Haider is onder vreemde omstandighede dood in 2008 in ‘n motorongeluk.

Hy is daarvan beskuldig dat hy Nazi-simpatiseerder was omdat hy vol lof vir die Derde Ryk se “ordelike werkgeleentheidsbeleid” was en ook verklaar het dat “die Waffen-SS deel was van die Wehrmacht” en daarom alle eer en erkenning verdien.

Comments

10 responses to “‘Verregse’ party in Oostenryk blink uit”

  1. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    Nu neemt het ‘tolerante’ radicaal linkse gajes, met gesubsidieerde drank en drugs, het voortouw om daar weer de wetten en soevereiniteit op de Brennerpas aan te vallen met bruut geweld.

    In samenwerking met vooral de Italiaanse maffia, die bakken geld opstrijkt met het doorsluizen van Afrikanen, natuurlijk

    Zijn trouwe bondgenoten. Dat wist ook Mussolini al goed en die maakte daarmee korte mette.

    Vooruitlopend op hun Afrikaanse maffia lieverdjes laten ze hier weer zien de democratie en mensenrechten aan de laars te lappen.

    Ook in Macenonië duiken deze door linkse politiek gesteunde bendes telkens weer op om de boel op te hitsen en met geweld de invasie te versoepelen.

    Iedereen die met gezond verstand en nog enig gevoel voor gerechtigheid en menselijkheid tegen is, moet uit de weg geruimd, volgens deze door zichzelf boven de gewone mens gezette sociale moreel hoogverheven wereldverbeteraars.

    Linkse dictatuur zoals we die kennen in en die al zoveel onder het tapijt getrapte slachtoffers bracht in Nederland.

    http://www.noordhollandsdagblad.nl/algemeen/buitenland/article28037662.ece/Politie-op-Brennerpas-slaags

  2. Walter Avatar
    Walter

    Die linkses het ń lat vir hul eie bas gepluk met hulle blindelingse opoffering van hulle eie burgers om te probeer bewys hoe verdraagsaam hulle is.

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      u hebt de vis aan de haak, Walter 😉

      1. Walter Avatar
        Walter

        Danke Hans…

  3. G Avatar
    G

    Leephol Scholtz het vanmore met ‘n helse hoofpyn wakker geword en Naarpers se ideologiese nesbevuilers het loopmaag. Sjym.

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      haha

      Hier voor hem dan maar deze om ‘m wat op te vrolijken :
      https://www.youtube.com/watch?v=hAbGC-Yk878

      1. Hans Onrust Avatar
        Hans Onrust

        voordat ze zoals Falco (Jeanny) komen te zitten…..

      2. Riempies Avatar
        Riempies

        Dankie Hans – hoe groot is die heimweë na die skoonheid van
        ons lewe soos dit voorheen gewees het voor luiddrugtigheid en barbarisme ons
        verswelg het.

  4. ss Avatar
    ss

    Uiteindelik lewe in Europa, Bravo mnr. Hofer ,wys vir hulle hoe dit gedoen moet word. Jammer dat Joerg Haider dit nie kan herlef nie , maar hy is vermoor !

  5. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Media-histerie is niks anders as liberale vloermoer nie! Selfs die sogenaamd “nie-hoofstroom” Russia Today is al deur die kanker van liberalisme verteer. In tipiese News24-styl ‘n foto van ‘n blanke vrou kind in die arms gepaard met ‘n artikel oor 5 miljoen kinders in die VSA wat ouers in die tronk het, en dit terwyl almal presies weet hoe die meerderheid kinders lyk wat ouers daar in die tronk het. Die media moet maar gewoond raak aan die ervaring van histerie na gelang mense soos hierdie Oostenrykers vir hulle wys dat hulle nie meer liberale verdraaiing van waarheid vir soetkoek opeet nie.

Leave a Reply