In die ou Sowjetunie kon jy weens slegs ‘n mening tot “vyand van die staat” verklaar word en gevangenisstraf ontvang. Die ANC en SA Kommunisteparty neig nou terug na hul vorige Sowjetmeesters toe want die nuwe wetsontwerp gaan inwoners van Suid-Afrika tronkstraf oplê vir polities onkorrekte taalgebruik of die verkeerde menings. Volgens die adjunkminister van justisie, John Jeffery, is die nuwe “Wetsontwerp op die voorkoming en bestryding van haatmisdade en haatspraak” reeds opgetrek en sal “binne weke” aan die kabinet vir goedkeuring voorgelê word.
Terwyl swartes vrylik haatmisdade in die vorm van plaasmoorde op Afrikanerboere pleeg, is die verwagting dat swartes van die nuwe wet kwytgeskeld sal wees en dat slegs blankes dit sal ontgeld. Die nuwe wet wil uitlatings soos dié deur Penny Sparrow oor swartes se geneigdheid om strande met rommel te bestrooi of die ekonoom Chris Hart s’n oor swart eiegeregtigheid met aanhouding in die gevangenis straf.
Opposisiepartye, waaronder die DA en die Vryheidsfront, het hulle insgelyks “teen rassisme” uitgespreek, maar tog gewonder of Suid-Afrika nie te vinnig teen die helling op die glybaan na totalitarisme voortsnel nie. Die leier van dié party het volgens die dagblad Beeld gesê:
“Natuurlik is ons gekant teen rassisme, maar die werklike probleem is mense se houding. Geen wet gaan mense se houding verander nie.
“Ek is bevrees dit is moeilik om die ANC se integriteit te vertrou. Dit is my gevoel dat hulle besig is om van rassisme ’n politieke kwessie te maak en dit is hoekom hulle dit voor die verkiesing na die parlement bring.”
Blykbaar is die wet ook daarop gemik om geskiedskrywers wat nie die ANC en veral SAKP se marxistiese sienings van ons verlede deel nie, aan bande te lê. Historici soos prof. Hermann Giliomee wat redelik onlangs bewys het dat Bantoe-onderwys nie bedoel was om swartes te benadeel nie, sal ook tronkstraf ontvang.
Oral ter wêreld, ook in die VSA, bestaan daar ‘n akademiese “prestasiegaping” tussen blanke en swart leerlinge of studente. Navorsers in Suid-Afrika wat dit sou wou ondersoek, kan ook van “rassisme” aangekla en in die tronk gesmyt word. Sielkundiges wat rasverskille in IK sou wou ondersoek, soos wat die Kanadees J. Philippe Rushton in sy boeke en artikels gedoen het, sal tronk toe gestuur word. Toe hy nog gelewe het, is Rushton deur linkses in die provinsie Ontario van rassisme aangekla wat geëis het dat hy deur die Universiteit van Wes-Ontario afgedank word. Ná vier jaar van hofsake het die hof egter bevind dat hy oor die akademiese vryheid beskik om sy navorsing oor rasverskille in IK voort te sit.
Weens die ANC se nuwe wetsontwerp sal die sluier oor swart en bruin misdaadgeneigdheid, die wiskundeprestasie in Soweto-skole en ander onderwerpe, vir altyd dig getrek word. Diegene wat in die verkeer op minibustaxibestuurders swets, mag ook afgeluister, aangekla en tronk toe gestuur word. Indien die Nobelpryswenner J.M. Coetzee nie reeds na Australië geëmigreer het nie, sou hy weens sy uitbeelding van ‘n bendeverkragting deur swartes op ‘n blanke vrou in Disgrace insgelyks gevangenissraf opgelê word.
Aangesien linkses in Suid-Afrika meen dat dit “rassisties” is om Die Stem te sing, mag Steve Hofmeyr ook dalk in die tronk beland as die wet eers op die boeke is. Of dalk gaan hy net op Brandfort in die Vrystaat moet bly. Toe Winnie Mandela weens haar moord en terreur deur die NP-regering op Brandfort ingeperk is, het sy dit as “haar Siberië” beskryf.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.