praag.co.za

Aartsbiskop van Kantelberg sê vrees vir immigrante nie ‘rassisties’

Written by

in

,

Die aartsbiskop van Kantelberg, die mees senior kerkkleier in Brittanje, het gesê dit is “absoluut verregaande dat die publiek as rassiste afgemaak word” omdat hulle oor die instroming van immigrante bekommerd is.

Aartsbiskop Justin Welby het gewaarsku dat daar ‘n ware vrees onder Britte heers oor die instroming.

Hy het bygevoeg: “Wat gebeur oor behuising? Wat gebeur oor werkgeleenthede? Wat gebeur oor toegang tot gesondheidsdienste? ”

Dié verrassende uitlatings kom na jare waarin die verlinkse kerk preek dat mense behoort te meng.

Welby se voorgangers het wit vrese in Suid-Afrika voor en na 1994 met groot smaad bejeen, terwyl hulle aktief meegewerk het om blankes aan swart mag te onderwerp.

Aartsbiskop Welby het ook onthul dat die kerk baie krities staan teenoor Europa oor die vlugtelingkrisis.

Massa-immigrasie is vinnig besig om elke openbare debat te oorheers, soos kommer styg oor die miljoene immigrante wat Europa oorstroom.

Aartsbiskop Welby het gesê: “Vrees is ‘n geldige emosie in ‘n tyd van so ‘n kolossale krisis. Dit is een van die grootste bewegings van mense in die mens se geskiedenis. Net enorm. En om angstig te wees daaroor, is baie redelik.

“Daar is ‘n neiging om te sê ‘sulke mense is rassisties’, wat net verregaande, absoluut verregaande is.”

“In brose gemeenskappe veral heers daar geldige vrese. Wat gebeur oor behuising? Wat gebeur oor werkgeleenthede? Wat gebeur oor toegang tot gesondheidsdienste?”

Die aartsbiskop het gesê dit is noodsaaklik dat mense voel daar word na hulle geluister na en dat hulpbronne in plek gestel word om hul bekommernisse aan te spreek.

Comments

7 responses to “Aartsbiskop van Kantelberg sê vrees vir immigrante nie ‘rassisties’”

  1. Rutger Avatar
    Rutger

    As mens dit vergelyk met hoe die drie Susterskerke die Afrikaners ondergeploeg het oor hulle vrese. Dit is verregaande!

  2. Nico Avatar
    Nico

    Ja die berg kantel van die een kant na die ander kant as die skoen aan die ander voet sit nè.

    1. G Avatar
      G

      Ja, dit was alles ok toe die Rooinekke ons vir die wolwe gegooi het.

  3. Bob Avatar
    Bob

    But in South Africa it’s a crime against humanity? – get real arch!

  4. Ignus Grobler Avatar
    Ignus Grobler

    Toe hulle ons land getuister het en toe hulle gehelp het om ons onder te druk was dit fine. Toe was daar geen probleem nie. Alles lekker vinnig onder die mat ingevee. Wel groot surprise. Ons ken hulle truiks en maniere al vir honderde jare. Dis nou biekie julle beurt. KRY VIR JULLE. Voel biekie hoevoel dit om in vrees te gaan slaap elke aand. Voel biekie hoe dit voel om nagte wakker te le en te wonder of jou dogter gaan huis toe kom vanaand. KRY VIR JULLE

  5. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Die u mense het gesê-dit is maklik om breë rieme van iemand anders se rugvelle te sny. So toe dit ander mense was toe kantel die pbiskop van Kantelberg links en nou dat dit aan hom vat kantel hy regs. Hy verdien al die turbulensie wat hy gaan kry.

    Ons weet ook dat die Ingelse kerk ‘n agentskap van die Ingelse regering is, so is dit dalk ‘n beleidsverklaring deur die Qween? Ek sal nie verbaas wees nie. Die rooinekke hits mos knaend by ander aan wat hulle nie by hulself wil hê nie.

Leave a Reply