praag.co.za

Dosent woedend dat geweldpleger hertoegelaat is

Written by

in

,

Die hoof van die Departement Geologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê hy sal bedank indien ‘n student, wat deelgeneem het aan die afgelope gewelddadige kampusoproer, toegelaat word om te registreer.

Frederick Roelofse het na bewering aan ‘n swart derdejaar geologie-student, Tebogo Ntshaling gesê hy sal nie toelaat dat hy registreer nie, en bygevoeg dat hy hom wil laat vervolg vir sy rol in die onlangse geweldpleging op die Bloemfontein-kampus.

OFM het ‘n opname van die beweerde uitruilings tussen die twee, waarin Ntshaling aan Roelofse vra waarom hy verlede week beveel het dat Ntshaling deur die kampussekuriteit verwyder word.

Die Universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, het gesê die voorval word dringend ondersoek.

Pogings Roelofse te kontak, het misluk.

Comments

8 responses to “Dosent woedend dat geweldpleger hertoegelaat is”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Een ding van geoloe hulle kan n klipkoppie uitken as hy hom sien!

    1. Jonas Van Die See Avatar
      Jonas Van Die See

      Soveel te meer ‘n rotsstorting…

      1. Andrea Avatar
        Andrea

        En wat maak ons dan met al die hout?

        1. Jonas Van Die See Avatar
          Jonas Van Die See

          Vra vir Juliass om ‘n Pinocchio te kerf…

  2. Rifrug Avatar
    Rifrug

    “voorval word dringende ondersoek.” – eerder ‘dringend ondersoek’

    1. Rifrug Avatar
      Rifrug

      Dankie Praag – ek sien dit is reggemaak!

    2. Andrea Avatar
      Andrea

      Niks is dringend met hierdie lot nie, behalwe miskien die stimulasie van hul ware brein heelwat verder suid as die kopbeen.

  3. Erasmus Avatar
    Erasmus

    As meeste van ons mense maar net hierdie tipe integriteit gehad het sou ons vinnig die vure kon blus wat ons wêreld nou so vinnig verorber.

Leave a Reply