praag.co.za

Theuns Eloff nuwe voorsitter van FW de Klerkstigting

Written by

in

,

Die vorige rektor van die Noordwes-Universiteit, dr. Theuns Eloff, is verkies tot voorsitter van die FW de Klerkstigting.

De Klerk het reeds in 2014 te kenne gegee dat hy nie langer as voorsitter wil aanbly nie. Hy sal egter steeds ‘n “aktiewe rol” by die stigting speel om die oogmerke daarvan te bevorder.

Blykbaar is daar gister vir die eerste keer ‘n raadsvergadering onder Eloff se voorsitterskap gehou. De Klerk bly steeds as raadslid aan.

Die FW de Klerkstigting is in 1999 opgerig om die Suid-Afrikaanse grondwet te bevorder, asook om “positiewe verhoudinge tussen gemeenskappe” te bestendig. Die stigting ondersteun ook organisasies wat vir gestremde kinders sorg.

 

Comments

7 responses to “Theuns Eloff nuwe voorsitter van FW de Klerkstigting”

  1. Willem Avatar
    Willem

    Ek dink die hoof doel van die stigting is om Frikkie se gewete te probeer salf..

    1. G Avatar
      G

      Gaan Teuns dit met sy eie geloofwaardigheid betaal? Glo nie

  2. Riempies Avatar
    Riempies

    O genade Soliforum sal moet ligloop vir Theuns Eloff want hy lyk my is nou die “blue-eyed” boy van ou aartsverraaier – askies dat ek n fout gemaak het boy moes ook in die aanhalingstekens gewees het.

  3. Riempies Avatar
    Riempies

    Wat gaan nou weer met Praag aan dat ons so versondig word
    met hierdie klomp volkskandes.

    Hierdie Theuns Eloff het vele aanbiedings uit die buiteland
    gehad maar verkies om hier saam met FW en die ANC te werk teen die
    Afrikanervolk. Wat maak hom nuuswaardig?

  4. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Slap gewriggie akademikus nou die hoof van rugraat lose stigting. Ja boet, die Broeders sorg vir mekaar

  5. Riempies Avatar
    Riempies

    “Die stigting ondersteun ook organisasies wat vir gestremden kinders sorg.”

    Laat die FW de Klerkstigting buig voor hulle meerderes – Alkohol
    sindroom is n blixem.

Leave a Reply