praag.co.za

Numsa voer veldtog van openbare geweld, intimidasie, saakbeskadiging

Written by

in

,

Seifsa se hoof uitvoerende beampte, Kaizer Nyatsumba, het gesê die federasie word oorval met verslae van geweld teen sy lede.

Die afgelope naweek in Gauteng is 26 stakers van die metaalwerkersvakbond Numsa op aanklagte van openbare geweld, intimidasie en saakbeskading in hegtenis geneem.

Kwaadwillige beskadiging van privaateiendom, die intimidasie van sake-eienaars, medewerkers en die publiek is oral aangemeld.

Doelbewuste dade van wetteloosheid, insluitend geweld en algemene chaos, word glo in Gauteng sowel as KwaZulu-Natal deur werkers wat deelneem aan die Numsa-staking, gepleeg.

“Ons is baie teleurgesteld met die gewelddadige optrede van sommige unie-lede wat ‘n moedswillige veldtog van vandalisme – voertuie ingesluit – teen talle van ons ledemaatskappye voer… Dit is wat ons wou vermy toe ons ‘n beroep op die vakbonde gedoen het om ‘n vredesooreenkoms aan die begin van die onderhandelinge aan te gaan,” sê Nyatsumba.

‘n Herwinningsmaatskappy het aan die Daily News gesê hy het ‘n lys van klagtes skriftelik aan Numsa se Durban-kantore gestuur, nadat ‘n werknemer Donderdag aangerand is, na bewering deur Numsa-lede.

Hy het gesê ‘n bestuurder is deur die stakende werkers by Isipingo Donderdagoggend so erg aangerand dat hy gehospitaliseer moes word.

Die bestuurder werk vir ‘n chemiese vervaardigingsmaatskappy op Isipingo, wat nie behoort tot die stakende metaal-industrie nie.

 

Comments

5 responses to “Numsa voer veldtog van openbare geweld, intimidasie, saakbeskadiging”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    Hierdie vakbonde moet begin verstaan :-

    STAKINGS = intimidasie, diefstal, geweld, vandalisme, ens.

  2. Riempies Avatar
    Riempies

    Mooi man breek die NSA af – hoe vinniger – hoe beter!

  3. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    Hau it looks like me but it is not me, die ou verskoning van die marmite ras.
    Hierdie klink amper vir my na n oorlogsverklaring……… die mure is besig om in te tuimel.

    1. JAVR Avatar

      Firmas was halsoorkop uit die werkplekke verwyder want daar was stories dat hulle geboue brand! Ons was ook van hulle.

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Daag NUMSA voor die hof vir die skade – dit is mos hulle lede wat onder hulle vaandel staak. Daag sommer die wat die skade pleeg ook. Vat die niks wat hulle het.

Leave a Reply