praag.co.za

Joernaliste moet bedryfslisensies kry sê SAUK-hoof

Written by

in

,

Die SAUK se waarnemende bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, wil hê ‘n bedryfslisensie moet aan joernaliste uitgereik word voor hulle kan werk.

Dit sal soortgelyk wees aan die lisensies vir mediese dokters en regslui het die uitsaaier Donderdag berig.

Motsoeneng sê joernaliste wat onprofessioneel optree se lisensies sal opgeskort kan word. Hy het by die jaarlikse Joburg Radio Days van die Universiteit van die Witwatersrand as spreker opgetree.

“Jy weet as jy ’n joernalis is, is jy ’n professionele joernalis. As jy nie etiese waardes en beginsels het nie berig jy op ’n misleidende wyse. Met prokureurs … as jy ‘n fout maak, vat hulle jou lisensie weg. Ons moet dieselfde ding met joernaliste doen. Dit is wat ons moet doen as ons Suid-Afrika wil bou.”

In Februarie het die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, ’n verslag uitgereik waarin sy Motsoeneng se aanstelling in sy pos as onreëlmatig uitgewys het.

Sy salaris het binne een jaar van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen toegeneem.

Comments

6 responses to “Joernaliste moet bedryfslisensies kry sê SAUK-hoof”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Tipies kommunisties – wil alles sentraal reguleer.

  2. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Vir “Joernaliste wat onprofessioneel optree” lees: Joernaliste wat die ANC regime kritiseer. Dit sou bv onprofessionheel wees vir ‘n joernalis om uit te wys dat (watsedêng) Motsoeneng se salaris binne een jaar van R1,5 tot 2,4 vermeerder het.

  3. Gas Avatar
    Gas

    Die joernaliste word klaar baie goed gereguleer deur die monopolie pers. Hulle is almal links, pro-Amerikaans en pro-ANC. Niks sal verander nie.

  4. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Ek sien. Die belangrikste vraag in die aansoekvorm vir ‘n joernalisieke bedryfslisensie:
    Sê jy wat ons wil hoor? Ja / Nee

    naspes se spul sal geen probleem hê om hul bedryfslisensies te kry nie.

  5. Riempies Avatar
    Riempies

    Geen probleem nie – die eerstekeer wat die swart op wit moorde nie volledig oor berig word nie moet hulle sonder werk sit.

  6. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Goebbels die tweede!

Leave a Reply