praag.co.za

Category: Internasionale nuus

Nuus oor die wêreld buite Suider-Afrika

  • Britse koninklike gesin sterk hul verbintenis tot rasse-integrasie

    Britse koninklike gesin sterk hul verbintenis tot rasse-integrasie

    ‘n Kragtige simbool van die Britse monargie se verbintenis tot rasse-integrasie en multikulturalisme, is die aangekondigde verlowing van prins Harry en die gemengde-ras Amerikaanse aktrise Meghan Markle.

    Markle se ma, Doria Ragland, is ‘n Afro-Amerikaner, ‘n eerste vir ‘n Britse koninklike. Met Doria se straat-sjarme sal sy die werklikheid van ‘n egte klasloosheid ongetwyfeld goed uitdra, terwyl Harry, 33, tans steeds vyfde in lyn vir die Britse troon is.

    Die nuus is nie deur almal in die Verenigde Koninkryk verwelkom nie, aangesien vrygewige wit belastingbetalers die monargie befonds. The Sun het vroeër die hoofopskrif “Harry Girl’s on Pornhub” uitbasuin, nadat foto’s van Markle vroeër op ‘n pornowebwerf verskyn het. Sy is ‘n sepie-aktrise in die reeks Suits.

    In die Mail on Sunday, het skrywer Rachel Johnson gesê as die egpaar kinders het, sal die Windsors hul waterige, dun blou bloed en Spencer-bleek vel en rooihare verdik met ‘n “ryk en eksotiese” DNA. Johnson het ontken dat die kommentaar rassisties was, maar die meeste lesers het wel die voor-die-hand-liggende, sarkastiese rasse-konnotasie opgemerk.

    Die paartjie het “gebraaide hoender by die huis” voorberei volgens Markle, toe die koninklike die ja-woord gevra het. Daar is ongelukkig ‘n baie hardnekkige rasse-stereotipe oor swart mense wat hoender eet in die VSA.

    Claire Schmidt, professor aan die Universiteit van Missouri wat ras en geskiedenis bestudeer, het gesê hoenders was lank deel van die suidelike Amerikaanse diëet, want hulle het “spesiale nut vir slawe” as goedkoop, beskikbare kos gehad.

    Schmidt het gesê dat net soos waatlemoen, ook ‘n kenmerk in die “rassistiese” uitbeelding van swartes, is “hoender ‘n goeie manier om bedekte rassisme uit te spreek” as gevolg van “die manier waarop mense dit eet”.

    Sy het bygevoeg: “Dit is nog ‘n manier om ander rasse te verag sonder om in ernstige moeilikheid te kom.”

    Die Joodse skryfster en uitsaaier Afua Hirsch -self van gemengde-ras – skryf in die Guardian dat die koninklike aankondiging dat ‘n senior koninklike met ‘n swarte gaan opeindig, ‘n hele omwenteling gaan veroorsaak.

    Hirsch meen: “Die koninklike familie speel ‘n groot simboliese rol in ons samelewing, so dit is die simboliek van hierdie betrokkenheid wat my interesseer. Ek het gesukkel om groot te word met die gevoel dat die monargie fundamenteel was vir die Britte, maar dat die Britte wat hulle verteenwoordig het, ‘n groep was wat my uitgesluit het.

    “Hierdie uitsluiting het saak gemaak. Dit het veroorsaak dat mense wat werklik Britte is, en swart, ‘n onverenigbare identiteit gehad het. Dit verteenwoordig ‘n reuse-taboe. Elke regering wat ek kan onthou het ‘n poging aangewend, ten minste retories, om rasse-diversiteit te erken en te beskerm. Die gesin aan die voorpunt van ons samelewing het egter niks daaromtrent gedoen nie. ”

    Twee dekades gelede het baroness Kate Gavron voorgestel dat prins Charles, Harry se pa, met iemand swart moes getrou het.

    Gavron se kommentaar was egter nie goed ontvang nie. Sommige het ‘n poging vermoed om van die monargie ontslae te raak, het die Guardian berig. Deur bloedvermenging kon hulle hul erfenis uitwis, en ‘n einde maak aan die bewind van die Windsors.

    Die nuwe paartjie het voor hul verlowing in Botswana, naby Maun, in die Okovango-delta-streek, ryk aan wildlewe, vakansie gaan hou.

    Hul bestemming was Meno a Kwena, of “Tande van die krokodil” waar alle reisigers uit hul voertuie moet klim en deur ‘n ontsmettingsmiddel moet loop om die gebied van bek-en-klouseer te beskerm, wat die res van die Afrika-land teister. Dit kan ewe simbolies wees as die koninklike strewe na multikulti.

  • Baltimore: Byna geen studente wat wiskunde kan baasraak nie

    Baltimore: Byna geen studente wat wiskunde kan baasraak nie

    In baie skole in die swart Amerikaanse stad Baltimore is geen studente vaardig in wiskunde nie.

    Swart studente het kennelik probleme met wiskunde in Baltimore City Schools. Projek Baltimore het in 2017 toetsdata ontleed en gevind een derde van die hoërskole het nul studente wat wiskunde slaag.

    Hierdie herfs is ‘n hartseer waarheid weereens onthul: Van Baltimore City se 39 Hoërskole, is daar 13 wat geen studente het wat wiskunde kon baasraak nie.

    By nog ses hoërskole het net een persent geslaag. Dit beteken dat van 3804 studente in Baltimore City wat die staatseksamen afgelê het, is net 14 deur.

    Die stad se skoolowerhede lyk onbesorg. In ‘n verklaring uitgereik, trek hulle gewoon skouers op: “Hierdie resultate beklemtoon die dringendheid van die werk wat ons nou besig hou. Ons moet meer doen om aan al ons studente se behoeftes te voldoen.”

    Die staat van Maryland se uitslae van Engelse en wiskunde-assesserings wat in Augustus gepubliseer is, toon dat studente ewe min vordering gemaak het en minder as die helfte kon die toetse oor drie jaar slaag.

    In grade drie tot agt het 41 persent van die studente die Engelse toets geslaag, terwyl slegs een derde die wiskunde-assessering geslaag het. Die slaagsyfer vir Engels het effens gestyg, van 38,7 perdent tot 40,6 persent. Die toets staan ​​bekend as die PARCC.

    Die persentasie studente wat wiskunde dop, het effens gedaal, met minder as 1 persentasiepunt, vergeleke met ‘n jaar gelede, het die Baltimore Sun berig.

    Ongeveer die helfte van Maryland graad 10’s het die PARCC Engelse toets geslaag en 36,5 persent van die studente wat Algebra geneem het, het dit geslaag.

    “Daar bly steeds groot prestasiegapings,” het Andrew Smarick, die staatsbeampte vir skole, gesê. Wit en Asiatiese studente maak vinniger vordering met die toetse as swart studente, wat ‘n groeiende gaping in prestasie skep.

    Baltimore City- en Baltimore County-studente het ver onder die staatsgemiddeld behaal. In die stad het slegs 15 persent van die studente die Engelse toets geslaag en 11,9 persent het die wiskunde geslaag.

    “Daar is ‘n dringendheid in die werk wat ons doen,” het Jack Pannell, die stigter van die skool, aan Fox News gesê.

    “Nege uit tien swart seuns in Baltimore City lees nie op graadvlak nie,” het Pannell gesê. Dié het Pannell drie jaar gelede genoop om sy noord-Baltimore skool te open, waar daar geen meisies is nie.

    “Hulle [die seuns] is tans geneig om baie gefokus te bly op hul studies,” het hy gesê.

    Die skool het ook geen toegangseksamens nie, ‘n langer skooldag – met een uur verleng – ‘n onderwyspersoneel wat 60 persent manlik is en korter klasperiodes om die manier waarop die kinders leer, aan te spreek.

    “Ons het hierdie skool ontwerp om ‘n fundamentele verskil in die lewens van veral swart en bruin seuns in die stad te maak,” het Pannell gesê.

    Die plan het egter beskeie resultate opgelewer. In 2016 was nege persent van studente vaardig in wiskunde. Hierdie jaar is daar net 14,4 persent wat slaag.

    Stadskooladministrateurs sê hulle sal in September ‘n nuwe wiskundekurrikulum uitrol. Die kurrikulum is ontwerp om “beter” te wees en bedoel om studente se begrip van sleutelkonsepte soos breuke te verdiep, maar min hou hoop uit.

    Die stadshoof van skole, Sonja Santelises, het gesê dit is onmoontlik om oor ‘n kort tydperk van “11 persent tot 80 persent” te vorder.

    Die stad blyk te veel probleme te hê om dadelik op te los. Die aantal moorde in die stad in 2017 het tot 159 toegeneem – die hoogste aangeteken sedert 1990, hoewel die stad se bevolking toe baie groter was as wat dit nou is.

    Baltimore is op koers om meer as 400 moorde vanjaar te sien. Tog is daar geen teken van die staat Maryland of die federale regering gaan intree nie.

  • Europese LP eis dat SA plaasmoorde bo-aan die sakelys geplaas word

    Europese LP eis dat SA plaasmoorde bo-aan die sakelys geplaas word

    Janice Atkinson, ‘n onafhanklike Lid van die Europese Parlement vir die Suid-Oostelike streek van Engeland, asook ‘n vorige lid van die UK Independence Party (UKIP), het ‘n parlementêre stemming aangevra waarin plaasmoorde in Suid-Afrika veroordeel word.

    Haar mosie teen plaasmoorde is egter deur ‘n meerderheid verwerp. Sy het gesê die situasie in Suid-Afrika bly uiters ernstig. Sy het beskryf hoe sy by die betoging teen plaasmoorde op #SwartMaandag aangesluit het.

    Sy het ‘n debat oor die aangeleentheid voorgestel en het ‘n verklaring van die EU-kommissie sowel as die Europese Raad gevra. Atkinson het voorgestel dat plaasmoorde as die eerste item op die sakelys opgeneem word.

    “Om ‘n boer in Suid-Afrika te wees, is een van die gevaarlikste beroepe in die wêreld,” het Atkinson uitgewys. Sy het bygevoeg dat daar “groot kommer oor die funksionering van die polisie” was, wat “vreemd genoeg blyk nie ‘n probleem vir die internasionale gemeenskap te wees nie”.

    Die voormalige Konserwatiewe Party-lid, wat uit UKIP geskors is, het in 2015 by die nuutgevormde groep in die Europese Parlement, Europa van Nasies en Vryheid aangesluit. Sy het vandeesweek die mosie voorgestel.

    Europa van Nasies en Vryheid is ‘n politieke groep in die Europese Parlement met 37 lede, die kleinste in die Europese Parlement. Die grootste party van die groep volgens sy aantal lede is die Franse Nasionale Front (Front National) wat byna die helfte van ENV se lede in die EP verteenwoordig, met 17 lede uit 40.

    Die ENV is die parlementêre groep van die Beweging vir ‘n Europa van Nasies en Vryheid, alhoewel die PVV se lede van die Europese Unie lid is van die Europese Alliansie vir Vryheid en ander lede van die EP sonder enige Europese affiliasies verkeer.

    Marine Le Pen het aangekondig dat ‘n nuwe groep in die Europese Parlement van stapel gestuur sal word met verteenwoordiging uit sewe verskillende lidlande.

    Tydens die partykongres van die Alternatief vir Duitsland (AfD) op 30 April 2016 is aangekondig dat Marcus Pretzell, ‘n EP-lid, by die ENV-groep sou aansluit.

    Atkinson, wat ook ‘n assosiaat van die Amerikaanse Wetgewende Uitruilraad (ALEC) is, het parlementariërs gestriem omdat hulle nie standpunt inneem teen die grootskaalse menseregteskendings wat tans in Suid-Afrika plaasvind nie.

    Intussen het die Suid-Afrikaanse polisiewoordvoerder, mnr. Fikile Mbalula, gesê hy is nie bewus van enige versoeke dat plaasmoordstatistieke beskikbaar gestel sal word nie, ondanks verskeie versoeke van dié aard.

    “Ons moet nooit die indruk wek dat daar sekere dinge is waarvoor ons weghardloop nie,” het Mbalula oneerlik gesê. “As daar iets ooreengekom is, moet ons dit eerbiedig.”

    Mbalula het egter gesê dat sulke misdaadsyfers en debatte oor plaasmoorde sou beteken dat hulle “nuttelose dinge” verdedig.

    “Ek wil nie nuttelose gevegte aanpak nie,” het hy gesê nadat die Vryheidsfront Plus-party die polisie gekritiseer het omdat hulle nie spesifieke getalle plaasmoorde en aanvalle verskaf het nie, soos hulle belowe het om te doen.

    Die Transvaalse Landbou-unie SA (TLU SA) het gesê die misdaadstatistieke het sleg met die situasie in dieselfde tydperk verlede jaar vergelyk.

    Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA, het gewaarsku dat die situasie buite beheer was. “Die situasie op Suid-Afrikaanse plase en kleinhoewes is krities en dit is duidelik dat die SAPD se landelike veiligheidstrategie nie gunstige resultate lewer nie,” het Geldenhuys gesê.

    Die TLU sê dat blanke boere buite verhouding met sulke aanvalle geteiken word. Die geweld wat uitgeoefen word, is ook dikwels buitensporig wreed, met die slagoffers wat sadisties gemartel word.

  • Katalaanse separatiste hoop migrantestem sal hulle red

    Katalaanse separatiste hoop migrantestem sal hulle red

    Die Katalaanse separatiste hoop dat hul oopgrensbeleid genoeg stemme sal inbring teen die “fascistiese” Spaanse staat.

    Die magstryd tussen diegene wat Katalonië se onafhanklikheid ondersteun en diegene wat sy legitimiteit verwerp, het opgewarm, met Josep Lluís Trapero wat as hoof van Katalonië se streekspolisie ontslaan is.

    Die Mossos d’Esquadra is die polisieafdeling van Katalonië, maar nadat Spanje vir direkte regering gestem het, probeer hulle nou ontslae raak van diegene binne die onafhanklikheidsbeweging om weer oor die land beheer te kan neem.

    Spanning bly in Katalonië styg, aangesien separatiste begin het om Spaanse en EU-vlae van geboue af te haal na aanleiding van die onafhanklikheidstem.

    Die vlag van die Europese Unie is ook verwyder omdat die EU die onafhanklikheidseise van Katalonië nie erken het nie, alhoewel Katalaanse separatiste oop grense en onbeperkte immigrasie omhels het.

    Europa sien ‘n groeiende verdeling vanweë Brussel se aandrang dat lande gedwing moet word om kwotas van migrante in te neem.

    Die Katalaanse bevolking het dramaties verander gedurende die laaste 15 jaar, het AlJazeera berig. In 2000 was slegs ongeveer 2 persent van die inwoners van Katalonië van vreemde oorsprong. In 2010 het migrantengetalle ‘n hoogtepunt van 16 persent bereik.

    Een vyfde van die vreemdelinge wat in Katalonië woon, kom uit Marokko, en ‘n soortgelyke verhouding kom uit Suid-Amerika. Die res kom uit Roemenië, Pakistan en China.

    Nigel Farage beskryf die situasie as ‘n “nagmerrie” vir die EU-hoof Jean-Claude Juncker. Die voormalige Ukip-leier het aan The Express gesê: “Dit is mnr Juncker se ergste nagmerrie. Die Europese Unie ondersteun Spaanse wreedheid en het die Katalane teen die EU gedraai.

    “Dit laat Brexit soos ‘n piekniek op ‘n Sondagmiddag lyk.”

    Madrid was nog altyd meer bekommerd oor die bedreiging van Baskeland, maar nou is dit algemeen dat Katalaanse nasionaliste na die Spaanse regering verwys as “fasciste”, het die British Financial Times berig. Katalonië het een van die hoogste persentasies immigrante in Spanje.

    Die Spaanse regering staan ​​voor ‘n verdeelde Katalonië, met ongeveer 50 persent van die mense wat Katalaanse onafhanklikheid teenstaan.

    As premier Rajoy te veel geweld gebruik, sal dit die duidelike meerderheid teen onafhanklikheid skep wat tans nie bestaan ​​nie. Maar Spanje hoef nie Katalaanse “nasionalisme” vrees nie, want dit bestaan nie.

    Separatistiese veldtogte het immigrante aangemoedig om sonder stemreg te gaan stem. “Ek wil almal hier aanmoedig om by ons te staan ​​en ‘ja’ te stem,” het Zuhair Altayeb gesê. Altayeb het van Sirië in 2011 gevlug.

    “Al die migrante wat amptelik in Katalonië geregistreer is, sal vanaf die eerste dag van onafhanklikheid Katalaanse nasionaliteit hê,” het Uruguayan Ana Surra, ‘n linkse Spaanse parlementslid, gesê.

    Die Spaanse minister van binnelandse sake het ‘n pro-onafhanklikheidsgroep genaamd “Nous Catalans” (Nuwe Katalane) beskuldig dat die meer as ‘n halfmiljoen Moslems wat in Katalonië woon, slegs daar is in ruil vir hul ondersteuning.

    Spaanse media het ook gesê dat die bekendstelling van Islam- en Arabiese en Berber-studies in sekere Katalaanse openbare skole slegs deel is van die strategie om hierdie gemeenskappe om te koop.

    Op versoek van die staatsaanklaer van Spanje het die land se hooggeregshof beveel dat die separatistiese leiers tronk toe gestuur word. Een van die nege kan op borgtog vrygelaat word.

    Die aanklaer se kantoor het regter Carmen Lamela gevra om die amptenare wat aangekla is van opstand, sedisie en verduistering van openbare fondse, aan te hou terwyl die ondersoek voortduur, berig La Vanguardia.

    Een van die nege raadslede Santi Vila, wat uit die regering bedank het voordat Katalonië onafhanklikheid verklaar het, kan vrygelaat word as hy borgtog van €50 000 betaal volgens die aanklaer.

    Die aanklaer het ook die regter gevra om ‘n Europese aanhoudingsbevel uit te reik vir die voormalige leier Carles Puigdemont wat in Brussel wegkruip.

  • NYC terreur aanval dodetal styg tot agt, 15 beseer

    NYC terreur aanval dodetal styg tot agt, 15 beseer

    ‘n Terreuraanval in New York Dinsdag het gelei tot 8 sterftes en 15 beserings. Die Moslem-aanvaller het selfs in ‘n skoolbus vir gestremde kinders geteiken.

    Die verdagte is Woensdag aangekla van ondersteuning van ISIS en geweld en vernietiging van motorvoertuie.

    “Hy het dit gedoen in die naam van ISIS, en saam met die ander items wat op die toneel herwin is, was ‘n paar notas wat verder daarop dui,” het John Miller, adjunk-kommissaris van intelligensie en teenterrorisme van die NYPD, aan die media gesê.

    Die Oesbekistanse immigrant Sayfullo Saipov (29) het met ‘n huurvragmotor op ‘n rivierfietspad ingeploeg, ‘n daad van terrorisme, het die owerhede gesê.

    Hy het glo in Paterson, New Jersey, gewoon en die vragmotor vroeër van Home Depot gehuur. Ses slagoffers is op die toneel dood verklaar en nog twee by ‘n nabygeleë hospitaal, het die polisiekommissaris, James O’Neill, bevestig.

    Vyf van die slagoffers is Argentynse burgers, op besoek in New York, het die ministerie van buitelandse sake in Argentinië in ‘n verklaring gesê. Die Belgiese regering het ook die dood van een van sy burgers bevestig.

    President Trump het gister gesê hy sal onmiddellik Senator Chuck Schumer se Diversity Visa Lottery-skema beëindig omdat dit terreur na Amerika gebring het.

    Saipov is in 2010 in die VSA vanuit Oesbekistan toegelaat deur die “Diversity Visa Lottery”, wat “daarop gemik is om die immigrantebevolking in die Verenigde State te diversifiseer”.

    “Ek begin vandag met die proses om die diversiteitsloteryprogram te beeindig. Ek gaan die Kongres dadelik vra … om ontslae te raak van hierdie program,” het Trump gesê.

    “Diversiteitslotery – klink lekker, dis nie lekker nie. Dit is nie goed nie. Dit was nie goed nie,” het hy bygevoeg. “Ons wil ‘n meriete-gebaseerde stelsel hê.”

    Die program beliggaam die pogings van linkse politici om demokratiese kiesersrolle aan te vul deur immigrante uit te nooi om by die welsynsuitkerings aan te sluit. Trump het gesê die terroris het 23 mense saam met hom gebring, moontlik as gevolg van die voormalige Obama-administrasie se uitgebreide immigrasie-reëls.

    Die burgemeester van New York City is skerp gekritiseer vir sy swak leierskap deur nie sulke aanvalle te voorkom nie. In plaas van om jihadistiese ekstremisme in sy eie stad te bestry, het burgemeester Bill De Blasio in Junie na Hamburg, Duitsland, gejaag om in Junie solidariteit te toon met die linkse gewelddadige betogers tydens die G20-beraad.

    Saipov, wat die voorval vir ‘n jaar lank beplan het, het ook beplan om na die Brooklyn-brug by die West Side-snelweg te gaan en “wou soveel mense doodmaak as wat hy kon,” volgens hofstukke.

    Die dokumente het ook onthul dat Saipov versoek het om die ISIS-vlag in sy hospitaalkamer te laat drapeer.

  • ‘Die Franse taal lê op sterwe’

    ‘Die Franse taal lê op sterwe’

    Die amptelike voogde van die taal van Mollière, die Académie Française, het gewaarsku dat Frans op sterwe lê.

    Die lede van die illustere Académie, die amptelike liggaam wat die Franse taal beskerm teen ongewenste invloede, staan ​​bekend as die “onsterflikes” in Frankryk en hul seldsame uitsprake dra baie gewig.

    Donderdagaand het die Akademie ‘n “plegtige waarskuwing” aan die regering uitgereik, het AFP berig.

    Die onsterflikes is nie hierdie keer so woedend oor Engelse woorde wat in Frans gebruik word nie, maar eerder oor die opkoms van “inklusiewe skryfwyses” wat manlike en vroulike vorms van selfstandige naamwoorde in dieselfde teks meng.

    Die kontroversie is aangevuur deur die uitgewer Hatier wat gekies het om ‘n skoolhandboek te herskryf met behulp van ‘gender-gelyke’ grammatikale vorms, vreemd aan Frans.

    Die Akademie het dit as ‘n “aberrasie” beskryf wat “nou die Franse taal in ‘n doodsgevaar stel en ons aanspreeklik maak vir toekomstige geslagte.”

    Gewoonlik het Franse tekste slegs die manlike vorm van selfstandige naamwoorde ingesluit, byvoorbeeld citoyen (burgers) consommateurs (verbruikers), ens. As inklusiewe skryfwyses gebruik word, word die woorde soos volg geskryf om die vroulike en meervoudsvorme in te sluit: citoyen.ne.s, consommateur.rice.s, agriculteur.rice.s

    Ander voorbeelde sluit in: acteur.rice.s (akteur / aktrise) en directeur.rice.s (direkteure).

    Een inklusiewe skryfwyse wil die woord man vermy, waar moontlik, en stel voor dat “en vroue” in alle gevalle bygevoeg word.

    Maar die Akademie Francaise het die polities korrekte taalgebruik verwerp: “Die vermenigvuldiging van die ortografiese en sintaktiese punte wat dit veroorsaak, lei tot ‘n onaanvaarbare taal, onduidelikheid in sy uitdrukking en skep verwarring wat grens aan onleesbaarheid.

    “Dit is onduidelik wat die doel is en hoe dit die praktiese struikelblokke van skryf, lees – visueel of hardop en uitspraak kan oorkom.”

    Die nuwe geslagsgebruik sal studente van Frans selfs meer verwar, aangesien dit alreeds ‘n ingewikkelde taal is om te leer, het hulle gesê. Ander tale, veral die aartsvyand Engels, sal eerder hierby baat vind.

    “Dit is al moeilik genoeg om ‘n taal te verwerf,” het die voogde uitgewys, selfs sonder om al die nuwe vorms aan die einde van die woorde te voeg.

    Maar feministiese groepe het die gebruik van inklusiewe skryfwyses ondersteun.

    Die Akademie het in die verlede voortdurend gesukkel teen die inval van Engelse woorde in die Franse taal.

    “Meer as enige ander instelling, is die Académie Française sensitief vir ontwikkelings en innovasies in die taal … By hierdie geleentheid is dit minder as voog van die norm as wat dit borg van die toekoms wil wees, wat tot die wekroep gelei het,” luidens die verklaring deur die organisasie.

    Hoewel peilings suggereer dat 75 persent van Franstalige sprekers ten gunste van “inklusiewe skryfwyses” is, is slegs 12 persent eintlik bewus van wat dit beteken en hoe om dit te gebruik.

    Frankryk se minister van onderwys het ook besluit dat dit te kompleks is om in skoolhandboeke gebruik te word.

    Vroeër vanjaar het die onsterflikes gekla oor die slagspreuk vir die Olimpiese Spele in Parys 2024. Die gekose slagspreuk “Made for Sharing” was in Engels. Die Académie het gesê dit klink soos ‘n pizza-advertensie.

    Die Akademie is amptelik in 1635 deur kardinaal Richelieu, die hoofminister van koning Louis XIII, gestig. Onderdruk in 1793 tydens die Franse Revolusie, is dit in 1803 deur Napoleon Bonaparte as ‘n afdeling van die Institut de France herstel. Dit is die oudste van die vyf akademieë van die instituut.

  • Migrante verkoop en verhuur Duitse tydelike verblyf en gesondheidsorgkaarte

    Migrante verkoop en verhuur Duitse tydelike verblyf en gesondheidsorgkaarte

    Duitse ondersoekende joernaliste het geheime Facebook-groepe ontbloot waar immigrante hul verblyf- en gesondheidskaarte verkoop en verhuur, sodat hele gesinne onwettig in Europa kan kom woon.

    JoernalistenWatch ontbloot die geheimsinnige groepe waar Moslem-gebruikers bestellings vir sekere items plaas, en private verkopers kontak hulle met die goedere.

    Een gebruiker het ‘n versoek geplaas waarin verklaar word dat: “Ek benodig ‘n Duitse paspoort vir vlugtelinge, waar ek in 1998 gebore is, verkieslik van Soedan gestempel.” ‘n Gebruiker het geantwoord dat hy “‘n Duitse paspoort met geboortejaar 1997 insluitend hoofbedekking” het en dat hy gaan die koper daaroor vertel.

    Die verslaggewers het ontdek dat vroue aangemoedig word om Islamitiese kopdoeke te dra, want dit sal so makliker wees om hulself te laat lyk soos Moslems vir op die beskikbare dokumente gefotografeer is.

    Een gebruiker wou weet: “As ek ‘n pas [Duitse identiteitskaart] in Athene koop, hoe kom ek na Duitsland op die vinnigste manier? Direk met die vliegtuig? Of moet ek eers Italië binnekom en dan die grens oorsteek? Enige voorstel?”

    Volgens die joernalis: “Hele gesinne kom nou onwettig na Duitsland, omdat hulle regte dokumente kan gebruik en selfs direk na die dokter kan gaan. Aangesien hulle werklike kaarte het, word geen toegang of behandeling geweier nie.”

    Die dokumente blyk almal te wees van immigrante wat tans as asielsoekers in Duitsland geregistreer is. Sommige van die verkopers gaan terug na hul eie land en verkoop die dokumente, ander gaan op vakansie en bied hul verblyfpermit, insluitende gesondheidsversekering te huur aan.

    Dit is nie bekend hoeveel van hierdie dokumente tans in omloop is nie, maar die misdadigers op die Facebook-bladsy beweer dat dit maklik genoeg was om dokumente te “verloor” en sonder versuim weer deur die Duitse owerhede sulke kaarte uitgereik te kry. “Ek sê eenvoudig dat ek die kaart verloor het en kry dan dadelik ‘n nuwe een,” het een verduidelik.

    Die stygende koste van die verskaffing van “gratis” gesondheidsorg aan migrante in Duitsland, is duidelik gekoppel aan die misbruik van die stelsel wat belastingbetalers befonds.

    Werklose asielsoekers in Duitsland kos die land se statutêre gesondheidsversekeraars €20 miljoen per maand, volgens nuwe data wat deur die Federale Agentskap vir Indiensneming gepubliseer is. Dit is verpligtend vir almal om gesondheidsversekering te hê, hetsy deur statutêre gesondheidsversekeringsfondse of ‘n privaat gesondheidsorgplan.

    Statutêre gesondheidsversekering wat betaal word deur werknemers en hul werkgewers, ontvang ‘n subsidie ​​van die staat.

    Volgens die syfers, berig deur Bild, was daar 564 000 asielsoekers in Maart vanjaar wat in aanmerking gekom het vir werkloosheidsvoordele, in vergelyking met slegs 283 000 in dieselfde maand verlede jaar.

  • Walgwors Weinstein se lieflike Britse vroutjie. Of nie

    Walgwors Weinstein se lieflike Britse vroutjie. Of nie

    Soos dit ‘n regte Britse opportunis betaam het Georgina Chapman – nog steeds getroud met haar reeksverkragter van ‘n man, die magtige rolprentvervaardiger Harvey Weinstein – gou-gou ‘n egskeiding aangekondig om haar inhaligheid te verder te bevestig.

    Sy moes hom vir sy ridder-voorkoms gekies het. Of sy leepoog

    Terwyl almal op die oortreder fokus, het niemand nog tyd ingeruim om die bekende Britse psige van sy vrou te bepeins nie.

    Die mede-stigter van die modehuis Marchesa het Weinstein se vorige huwelik laat verbrokkel, want ‘n Empaaieronderdaan staan nooit terug vir ‘n geleentheid om hom- of haarself te verryk nie. Ook nie deur ‘n winsgewende egskeiding nie. Sy sal moet gou speel want die ander eise teen haar man hoop tans op, maar dit het Chapman blitsvinnig self besef. Skaars was die nuus rugbaar of madame het haar onvergenoegdheid aangekondig.

    Om die onaansienlike ou reeksverkragter met invloed te vang, was een ding, maar dit bly ‘n vreemde toeval dat sy haar handelsmerk in dieselfde jaar begin het as wat hy sy vrou verlaat het. Georgina, die ywerige gierigaard het gedoen wat sy moes doen: Harvey het alle rolprentmakers gedwing om haar mode-skeppings te dra.

    Terloops, was daar al ‘n beter voorbeeld van “afstootlik” nog voor die rolprentmagnaat sy masker laat val het?

    Politieke dinastieë begin by die ou Empaaierskooldassie wat sosiale mobiliteit gegrond op kundigheid, versmoor. Vergeet Etonse telge in die kabinet, want die alumni van Marlborough College in Wiltshire se invloed word gou duidelik by nadere ondersoek. Die dames het algar Manvang met onderskeiding geslaag. En hulle deins vir niks terug nie, veral nie vir onwelriekende reeksverkragters as geld betrokke is nie.

    Die bekendstes, natuurlik, is die Hertogin van Cambridge, vrou van die Moddereilandjie se toekomstige koning. Maar ook, Samantha Cameron, vrou van die vorige Eerste Minister. Frances Osborne, vrou van die finansiesminister. Sally Bercow, vrou van die Speaker, asook die vrou van die goewerneur van die Bank van Engeland.

    Walgwors Weinstein en sy inhalige eggenoot het sulke projekte ondersteun soos die Siriese “rebelle” deur Zaatari, ‘n vlugtelingkamp van meer as 120 000 Siriërs in Jordanië, te besoek, en saam met demokraties-verkose president Assad se vyande rondgesit.

    Die twee duifies, voëls van eenderse vere blyk dit nou, het die Cannes-première van een van Harvey se rolprente oorgeslaan om hul meegevoel met kinders, ens, te gaan uitdruk. Ag hoe sielig!

    “Ek het na Zaatari en Jordanië gekom om saam met die skrywer Neil Gaiman en my vrou, Georgina Chapman, te werk deur die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR) wat ons genooi het om ‘n verhaalprojek oor die lot van die Siriese vlugtelinge te skep.” Jaaa Harvey, ons is seker julle was vreeslik aangedaan. Of nie.

    Volgens die Jordaniese regeringsamptenare self het ISIS verskeie sulke nedersettings beheer. Brig. Genl. Sami Kafawin, hoof van Jordanië se grensmagte, het tydens die besoek aan The Associated Press van die bedreiging gepraat.

    Hulpamptenare het beweer dat “stamleiers” die voedselverspreiding help organiseer, ten spyte van kommer deur hulpagentskappe dat dit tot radikalisering sal lei, met afpersing en swartmarkte, het Business Insider berig.

    Gewapende militantes in die streek het reeds probeer om dit te beheer en selle in die [Rukban] kamp geskep,” het Kafawin, die grenskommandant, gesê. “Ons is seker hulle het ‘n hele wapensisteem.”

    “Ons verstaan ​​dat meer as 90 persent (van kampbewoners) asielsoekers is, maar die ander is ekstremiste of Daesh-mense,” het hy gesê, met verwysing na ISIS. Maar dit was ‘n effense onderskatting.

    Jordanië was die derde grootste bydraer van vegters na ISIS, ná Tunisië en Saoedi-Arabië, en verlede jaar was die Islamitiese staat steeds gewild daar. Harvey en sy dierbare Britse vroutjie het ‘n talent om die verkeerde vriende te maak, blyk dit. Dat ‘n mens so verblind kan word deur rykdom dat ‘n kopafsnyer komkommertoebroodjies mag eet! O ja, vra maar die slagoffers van die Vryheidsoorloë se konsentrasiekampe oor daardie soort blindheid…

    Die Britte se eie kinderslagoffers van Moslembendes kry geen vergoeding nie omdat hulle “ingestem” het tot molestering. Dis die soort gehalte mensmateriaal wat die Empaaier kweek, dus heelwat van Georgina se soort. Een slagoffer wat seksueel mishandel is as ‘n kind deur ‘n Moslem-groepsbende-leier, is deur ‘n Britse owerheid vertel dat sy “ingestem het” om aangerand te word.

    Sammy Woodhouse is vergoeding geweier deur die CICA, omdat CICA beweer Woodhouse is nie deur die bende gemanipuleer is nie.

    Maar Woodhouse se prokureur het aangevoer dat ‘n kind se toestemming “net nie wetlik moontlik is nie”. Hy het opgemerk: “Ek is heeltemal geskok oor die idee dat besluitnemers in ‘n regeringsorganisasie kan oorweeg dat 14 of 15-jarige meisies kan toestem tot seks met volwassenes.”

    Die BBC het berig dat ‘n vryheid van inligtingsversoek aan die lig gebring het dat sy een van sowat 700 slagoffers van seksuele mishandeling was deur Moslems, wat vergoeding geweier is. Lieflike mense, die Britte! Regtig navolgenswaardig! Of nie.

    Verskeie liefdadigheidsorganisasies het onlangs bevestig dat sedert die CICA-skema in November 2012 van stapel gestuur is, is byna al 700 slagoffers van seksuele mishandeling vergoeding geweier.

    Die Britse polisie is besig met ‘n nog ondersoek na beweerde seksuele mishandeling van tieners in Glasgow, ook deur hulle troetel-Moslems gepleeg.

    Meisies so jonk as 14 word ontvoer, het ‘n maatskaplike werker gesê in die area wat “oorweldig” is met dié soort kinderuitbuiting. Volgens ‘n familielid: “Dit is eintlik net ons ergste nagmerrie, dit is hierdie soort Rochdale en Rotherham-tipe, maar dit gebeur hier in Glasgow op ‘n groot manier. Niemand blyk iets te doen om dit te stop nie, al die meisies is gemaak om te glo dat hierdie mans hul kêrels is. Dit is wit meisies tussen die ouderdomme van 14 tot 19.”

    Soms is daar een met ‘n gewete op die Eilandjie van Verdriet. Sarah Champion, ‘n voormalige Arbeider-LP, het gesê die Britte hou hulle blind vir Moslem-seksuele bendes omdat hulle bang is om “rassisties” te wees.

    Sy is gedwing om te bedank nadat sy in ‘n artikel geskryf het: “Brittanje het ‘n probleem met Britse Pakistanse mans wat wit meisies verkrag en uitbuit.” Sy het dalk net haar landgenote se geestelike innerlike ontdek.

  • Die komende Tsjeggiese verkiesing kan hoofstroom se wêreldjie skud

    Die komende Tsjeggiese verkiesing kan hoofstroom se wêreldjie skud

    ANO, die Tsjeggiese party wat deur ‘n miljardêr gelei word, is die duidelike gunsteling in ‘n algemene verkiesing wat die naweek plaasvind waar tradisionele partye waarskynlik ‘n opdraande stryd sal ondervind.

    Die Tsjeggiese Republiek, deesdae Tsjeggië, wat in 2004 by die EU aangesluit het en ‘n bevolking van 10,6 miljoen het, stem op 20 en 21 Oktober.

    Andrej Babis se ANO-beweging lyk sterk. Die 63-jarige, Slowaaks-gebore magnaat en Agrofert-konglomeraat-baas, is deur Forbes as die tweede rykste burger van Tsjeggië aangewys.

    ANO beteken “ja” in Tsjeggies, maar dit is ook ‘n akroniem vir Aksie van Ontevrede Burgers, met ‘n effektiewe slagspreuk: “Dinge sal regkom”.

    “Tsjeggiese politieke partye word deur korrupsieskandale geteister,” het Josef Mlejnek, ‘n ontleder, gesê. Om Mlejnek se opmerking te illustreer, het ‘n onlangse peiling deur die Tsjeggiese Akademie vir Wetenskappe getoon dat ANO hoër in die huidige stempeilings staan as die twee tradisionele swaargewigte in die Tsjeggiese politiek – die Sosiaal-demokratiese CSSD en die sentrum ODS – gekombineer.

    “Hy bied die kiesers ‘n populistiese alternatief deur hom as iemand voor te hou wat die staat kan bestuur omdat hy sy konglomeraat reeds suksesvol bestuur het,” het Mlejnek verduidelik.

    Babis het voorgestel om die Tsjeggiese Senaat af te skaf en die laerhuis van die Parlement se ledetal te beperk, wat die uitvoerende gesag sal versterk. Hy is ook teen sanksies teen Rusland gekant en is hewig gekant teen die aanvaarding van Moslem-migrante.

    Babis se beweging, wat in 2012 gestig is, het sedert sy stigting verras deur kort daarna in die parlementêre verkiesing uit te blink. As gevolg van sy sterk steun, het Babis as minister van finansies in die koalisie-regering met die sentrum-links-sosiaal-demokratiese party en die Christen-Demokratiese Unie gedien.

    Tomio Okamura se Vryheid- en Direkte demokrasie party is ook gekant teen immigrasie en noem Islam ‘n ideologie eerder as ‘n godsdiens. Die party het met 6,9% in die vorige verkiesing geëindig en sal ook hierdie keer goed doen. Selfs binne pro-Europese partye soos die Sosiaal-Demokrate, deel plaaslike politici Okamura se voorgestelde beleid oor immigrasie.

    “Ek sê ons moet die Tsjeggiese Republiek beter maak,” het Okamura aan The New York Times gesê, met verwysing na Donald Trump se verkiesingslagspreuk wat Babis gebruik het, maar hy het bygevoeg: “Nie groots nie. Ek wou ‘n woord kies wat Trump nie gekies het nie. Maar natuurlik sal dit ook goed wees.”

    Babis is sedertdien ondersoek oor beweerde belastingmisdade. Sy parlementêre immuniteit is herroep en hy is as minister van finansies afgedank. Hierdie maand is hy aangekla van misbruik van subsidies van die Europese Unie – beskuldigings wat hy as polities gemotiveerd afgemaak het.

    “Die ander partye probeer Babis uit die politiek uitstoot, maar dit het nie gewerk nie,” het Pavel Fischer gesê. Fischer is die direkteur van Stem, ‘n verkiesingsnavorsingsgroep in Praag.

    President Milos Zeman het gesê dat as ANO wen, sal hy Babis as eerste minister benoem, selfs al is Babis in die tronk. Maar Babis besit of beheer die twee gewildste koerante, sowel as ‘n gewilde radiostasie en ‘n televisienetwerk.

    Tot dusver het sy gewildheid net weens die skandale toegeneem.

    Anti-establishment partye wat vir setels in die parlement van 200 lede meeding, sluit in die Kommuniste, wat 11,1% in die Akademie-peiling behaal het, asook die Pirate Party. Die Pirate-leier met sy “dreadlocks” is ‘n IT-kenner, Ivan Bartos, en het 6.4% gekry, hoër as die Christen-Demokrate met 6,2%.

    Die Tsjeggiese ekonomie het die afgelope jaar goed gevaar. Werkloosheid is slegs 3,8 persent en ekonomiese groei sal na verwagting vanjaar tot 3,1 persent styg ná 2,6 persent in 2016, volgens die ministerie van finansies.

    Drie maande na die algemene verkiesing, sal Tsjegge stem vir ‘n nuwe president in die tweede enigste direkte presidensiële verkiesing. Uitgesproke huidige president Milos Zeman het gesê dat Europeërs moet “die moed hê om in ons eie wapens te belê” as beskerming teen internasionale terrorisme.

    Die veteraan van die Praagse Lente sowel as die Fluweel Rewolusie het met die Parlementêre Vergadering van die Raad van Europa gepraat. “Die vlak van internasionale misdaad groei as gevolg van Islamitiese terrorisme,” het hy gesê.

    “Ek is oop en eerlik, en ek gebruik nie die frase ‘Islamitiese terrorisme’ liggies nie, maar in die oorgrote meerderheid van die gevalle het dit ‘n Islamitiese oorsprong. Dit is verbind met volksmoord in Armenië,” het President Zeman bygevoeg.

    “Wat kan ons doen teen internasionale misdadigheid? Belê in die polisie, belê in die weermag, en moed om in ons eie wapens te belê.

    “My vrou het ‘n pistool. Natuurlik het sy al die nodige toetse geslaag, maar nou word ek deur my vrou bewaak, en nie net deur lyfwagte nie,” het hy geskerts.

    Tsjeggiese burgers het van die mees liberale wapenregte in Europa, amper op dieselfde skaal as Switserland, en beide lande geniet ‘n baie laer moordsyfer as die Verenigde Koninkryk waar dit verbied word.

  • Oostenryk swaai na regs in gister se verkiesing

    Oostenryk swaai na regs in gister se verkiesing

    Die bloedjong politikus van die sentrumregse Oostenrykse Volksparty (OVP), Sebastian Kurz, 31, gaan op grond van sy vertoning in gister se algemene verkiesing binnekort Europa, asook die wêreld se jongste staatshoof word. Volgens beskikbare syfers gister het sy party 31,4 persent van die stemme ingepalm, die beste uitslag vir die party in byna twee dekades, volgens die staatsuitsaaier ORF. As koalisievennoot gaan die OVP waarskynlik die meer nasionalistiese Oostenrykse Vryheidsparty (OVP) betrek, wat die land tesame met Pole en Hongarye een van die mees regse regerings in Europa gaan besorg.

     

    Die Vryheidsparty het volgens die jongste beskikbare syfers in die tweede plek geëindig met 27,4 persent van die uitgebragte stemme. Die linkse Sosiaal-Demokrate, wat reeds sedert die tweede wêreld oorlog as lid van verskeie koalisies regeer, het sy swakste uitslag ooit behaal en het derde geëindig met 26,7 persent van die stemme. Die uitgaande kanselier, Christian Kern, is van die Sosiaal-Demokrate.

    Die vertoning deur die Oostenrykse Vryheidsparty was die sterkste sedert die 26,9 persent wat dit in 1999 onder die leierskap van die charismatiese mnr. Jörg Haider behaal het. Haider is twee weke nadat hy ‘n goeie vertoning  in die 2008-verkiesing gelewer het in ‘n motorongeluk dood.

    Sy motor het die pad byster geraak naby die suidelike stad Klagenfurt terwyl hy besig was om ‘n ander voertuig verby te steek, volgens polisiebeamptes. Vele het egter gemene spel vermoed.

     

     

    Die byna 27 persent stemme wat Haider in 1999 as leier van die Vryheidsparty ontvang het, het verseker dat hy lid van die regering geword het. Sy party se insluiting in die regering het tot maande van EU-sanksies teen Oostenryk gelei.

    Kanselier Christian Kern se Sosiaal-Demokrate staar ‘n verwoestende neerlaag in die gesig, noudat hulle na die derde plek teruggesak het.

    Die Europese opstand teen die establishment wat ten gunste van verdere derde-wêreld-immigrasie is, is dood verklaar ná die Franse verkiesings toe Marine Le Pen minder goed as wat verwag is, gevaar het. Maar ná Duitsland se verkiesing verlede maand, is dit weer opgekikker, om tans in Oostenryk te gedy. Die meeste hoofstroomkoerante in Europa, asook establishment-politici, het die uitslag met skok en afgryse begroet.

    Kurz, wie se bynaam “wunderwuzzi” of “wonderkind” is, sal na verwagting ‘n koalisieregering met die Vryheidsparty (OVP) van Heinz-Christian Strache saamstel. In Desember het die OVP te midde van die Europese migrantekrisis byna die simboliese presidentskap van die land verower toe dit naelskraap teen die Sosiaal-Demokratiese kandidaat verloor het.

    Dié keer sal die Europese Unie egter magteloos wees om sanksies teen Oostenryk in te stel, aangesien die “regse golf” nou al so sterk geword het dat hulle benewens Oostenryk ook strafmaatreëls teen Pole, Tsjeggië en Hongarye sal moet instel, wat die hele Europese bouwerk mag laat wankel. Behalwe om hul ongemak met die “regse” OVP uit te spraak, sal die EU-base niks kan doen nie.

    In Duitsland het die AfD, die Alternatief vir Duitsland, verlede maand die derdegrootste party in die Bundestag geword, terwyl Frankryk se Nasionale Front setels in die Nasionale Vergadering van dié land verower het.

    Hoewel Sebastian Kurz slegs 31 jaar oud is, het hy reeds op die ouderdom van 27 minister van buitelandse sake geword. Die OVP het hom met dié posisie beloon omdat hy reeds as student in tradisioneel linkse gebiede in Wene, die hoofstad, ingevaar het en met verbeeldingryke veldtogte die kiesers oorgehaal het om regs te begin stem.

  • Katalonië wil onafhanklikheid van Spanje verklaar

    Katalonië wil onafhanklikheid van Spanje verklaar

    Katalonië gaan “binne dae onafhanklikheid van Spanje veklaar”, het die leier van die outonome gebied aan die BBC gesê.

    Tydens sy eerste onderhoud sedert Sondag se referendum, het Carles Puigdemont verklaar dat sy regering “aan die einde van dié week of die begin van aanstaande week gaan optree”.

    Die streek het tot stilstand gekom nadat duisende betogers die strate in gevaar het tydens ‘n massastaking om beswaar te maak teen die Spaanse regering se gewelddadige onderdrukking van kiesers tydens die onafhanklikheidsreferendum, wat deur Madrid as onwettig beskou is.

    Honderde duisende mense het in Barcelona op straat gegaan om te betoog teen die Spaanse regering se besluit om die uitslag van die referendum te ignoreer terwyl die meeste Katalane ‘n dag van massastakings in die hele streek eerbiedig het. In Barcelone het 700 000 aan ‘n optog deelgeneem, volgens die stadspolisie wat deur die AFP-nuusagentskap aangehaal is.

    In die laatmiddag het betogers by die stad se Plaza de la Universidad bymekaar gekom (sien foto hier bo).

    Koning Felipe van Spanje het die Katalaanse owerheid daarvan beskuldig dat hulle die “eenheid van Spanje” wil verbreek en gewaarsku dat die onafhanklikheidsbeweging die land se maatskaplike en ekonomiese stabiliteit kon bedreig.

    In ‘n rare en ‘n sterk bewoorde televisietoespraak Dinsdagaand, het hy die Katalaanse regering daarvan beskuldig dat hulle “die harmonie en naasbestaan binne die Katalaanse maatskappy as sodanig wegkalwe en besig is om dit te verdeel”.

    Die koning se toespraak het gevolg op ‘n BBC-onderhoud met Puigdemont waarin hy hom daartoe verbind het om met pogings te volhard om van Spanje af weg te breek.

    Die Europese Kommissie het intussen gesê dat die gevalle van Spanje se provinsie Katalonië en Serwië se provinsie van Kosowo en Metohija “nie vergelykbaar is nie”.

    Op dieselfde dag het die EU “verklaar” dat die Katalaanse onafhanklikheidsreferendum wat die vorige dag gehou is, ongrondwetlik volgens die Spaanse reg sou wees.

    “As dit kom by die erkenning vir Kosowo, was daar ‘n baie spesifieke konteks. Die standpunt is deur verskeie VN-deklarasies en verskeie VN-resolusies, asook die internasionale gemeenskap, ingeneem. ‘n Baie spesifieke konteks, met spesifieke redes,” het die EU-woordvoerder Margaritis Schinas gesê.

    Maar hy kon geen rede of verklaring verskaf aangaande die VN-deklarasies en resolusies waarna hy verwys het nie — of wat die “spesifieke kwessies” was nie. Schinas is die huidige hoofwoordvoerder van die Europese  Kommissie, asook ‘n adjunkdirekteurgeneraal by die Kommissie se kommunikasiedepartement.

  • Isis aanvaar verantwoordelikheid vir Las Vegas maar FBI ontken verbintenis

    Isis aanvaar verantwoordelikheid vir Las Vegas maar FBI ontken verbintenis

    Volgens ‘n ISIS-webblad het die Las Vegas-skieter, wat 58 mense gedood en honderde meer beseer het, as hul verteenwoordiger opgetree, maar die FBI sê die aanvaller had geen verbintenisse met internasionale terreurgroepe nie.

    ‘n FBI-reddingspan het egter Antifa-literatuur in sy hotelkamer gevind, volgens ‘n bron wat bande met die span het. Die span het ook foto’s gevind wat in die Midde-Ooste geneem is van ‘n vrou wat met die verdagte, die 64-jarige Stephen Paddock, verbind word.

    “Die Las Vegas-aanval is deur ‘n soldaat van die Islamitiese Staat uitgevoer en is uitgevoer in reaksie op oproepe om state binne die koalisie te teiken,” het Amaq, die webblad met ISIS-bande volgens Reuter gesê.  “Die Las Vegas-aanvaller het hom enkele maande tevore tot Islam bekeer,” het Amaq verklaar.

    Die terroristegroep sê die skieter het “die operasie uitgevoer in reaksie op oproepe om die koalisielande te teiken” maar hulle het nie die aanvaller by naam genoem nie.

    VS-veiligheidsagentskappe het nie die ISIS-bewering gekontroleer nie, het Reuter berig, en amptenare aangehaal. Twee senior VS-amptenare wie se name nie genoem is nie, het aan Reuter gesê dat daar geen getuienis bestaan wat ‘n verbintenis tussen die skieter en enige internasionale militante groep suggereer nie.

    Die Las Vegas-aanvaller het nie selfmoord gepleeg soos die hoofstroommedia tans berig nie, maar is deur ‘n FBI-gyselaarreddingspan gedood. Die FBI-span het die verdagte gedood nadat hy op hulle begin vuur het, volgens die bron.

    Sheriff Joseph Lombardo het gesê die owerheid glo hy het op eie houtjie gehandel en die broer van die aanvaller, Eric Paddock van Orlando, het gesê dat Stephen hom nie met enige politieke of godsdienstige groep verbind het nie. “Geen politieke verbintenis nie,” het hy aan CBS News gesê. Maar hy kon geen verklaring bied oor waarom sy broer besluit het om op dié wyse op te tree nie.

    Eric Paddock het ook gesê dat sy broer geen geskiedenis van geestessiekte het nie.

    ‘n Polisiebeampte het aan die New York Times bevestig dat 19 gewere, waaronder twee met teleskope wat op driepootstaanders gemonteer was, asoook honderde rondtes ammunisie in Paddock se hotelkamer gevind is.

    Taakmagbeamptes is volgens berigte gewaarsku aangaande Paddock se posisie toe rook vanuit sy wapen die rookverklikkers in sy kamer laat afgaan het. Hy het ook blykbaar ‘n kamera opgestel om die polisie se naderkoms te monitor.

    Daar is berig dat Paddock voor die aanval betrokke was by tienduisende dollar se dobbeltransaksies by dieselfde Mandalay Bay-casino waar hy die status van ‘n BBP gehad het.

    Die Britse Daily Mail het berig dat ISIS verantwoordelikheid vir die massaskietery aanvaar het, en Associated Press het opgemerk dat ISIS nie gewoonlik verantwoordelikheid aanvaar tensy hulle op ‘n manier met die aanval verbind is nie. ISIS het ‘n amptelike communiqué oor die aanval uitgereik, waarin Paddock “Abu Abd Abdulbar al-Ameriki” genoem word.

    Aan die ander kant het ISIS geen verantwoordelikheid aanvaar vir die naweek se aanval in Kanada, waartydens ‘n vragmotor mense in Edmonton, Alberta, doodgery het nie.

    Abdulahi Hasan Sharif, 30, was reeds bekend aan die polisie vir sy ekstreme ideologiese opvattings en ‘n ISIS-vlag is in sy voertuig gevind. Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, het dit ‘n “terroriste-aanval” genoem en gesê dat hy “diep besorg en woedend” was oor “dié sinnelose daad van geweld”. Trudeau het ook ‘n beroep gedoen op ‘n einde aan “blanke heerssug” ná die aanval deur die Somalies-gebore vlugteling.

    Die Somaliese verdagte wat ‘n beampte met ‘n mes gesteek en voetgangers opsetlik raakgery het tydens ‘n hoëspoedagtervolging in ‘n gehuurde vragmotor, het om asiel aansoek gedoen was aan die veiligheidsmagte bekend ná ‘n klag in 2015.

    “Daar was onvoldoende getuienis om met ‘n klag van terrorisme voor te gaan,” het Marlin Degrand van die Koninklike Kanadese Berede Polisie gedurende ‘n perskonferensie gesê en bygevoeg: “Daar is nie bevind dat die verdagte ‘n bedreiging vir Kanada ingehou het nie.”

  • Regse betoging in Swede maak internasionaal opslae

    Regse betoging in Swede maak internasionaal opslae

    ‘n Optog deur die Nordiska motstandsrörelsen (NMR), oftewel die Nordiese Weerstandsbeweging, het Saterdag in Gotenburg, die land se tweede grootste stad na Stockholm, wye mediadekking van regoor die wêreld ontvang, waaronder die BBC, Associated Press en die Israelse koerant Haaretz wat dikwels berigte met die New York Times deel.

    Die NMR het al voorheen betogings voor die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm gehou om beswaar te maak teen die “blanke volksmoord” in Suid-Afrika.

    Volgens die NMR se eie webblad, was Saterdag se opmars “die grootste nasionale byeenkoms in Gotenburg in die moderne tyd”.

    Ongeveer 600 NMR-betogers het vir die geleentheid wat as “Opstand teen die verraaiers” bekendgestaan het, opgedaag terwyl die organiseerders eintlik ‘n duisend verwag het. Hulle was almal in swart geklee, voorsien van groen pyle wat boontoe wys. ‘n Twintigtal buitelandse NMR-ondersteuners, hoofsaaklik Dene en Duitsers, is volgens berigte by die grense voorgekeer en verhoed om aan die betoging deel te neem.

    Na ‘n polisieverklaring, is ten minste vyftig mense in hegtenis geneem, waaronder NMR-betogers en teenbetogers wat van oral in Europa gekom het om die optog teen te staan. Onder die inhegtenisnames was Simon Lindberg, die NMR-leier.

    Hoewel die Sweedse polisie perde en polisiewaens gebruik het om ‘n verdelingslyn tussen die twee groepe te handhaaf, het die twee groepe hier en daar handgemeen geraak. Die teenbetogers het klappers gegooi, asook die polisie beledig. Nadat NMR-lede in hegtenis geneem is, het die beweging oor en oor “volksverraaiers” teenoor die polisie geskree.

    As gevolg van besware deur Swede se Joodse gemeenskap, is die roete deur Gotenburg wat deur die NMR-optoggangers gebruik sou word, aanvanklik verander en daarna drasties verkort sodat hulle nie voor die Gotenburgse sinagoge sou verbyloop nie. Volgens Haaretz, “het die gewysigde roete… beteken dat die Nazi-betoging gevaarlik naby aan een van Gotenburg se sinagoges sou beweeg op die heiligste dag van die Joodse kalender, Jom Kippoer”.

    Omdat teenbetogers hul roete versper het, is die NMR-betogers uiteindelik ingehok en kon skaars beweeg. Een van hul lede, Paulina Forslund, wat gewoonlik ook aktief op Twitter oor Suid-Afrika en Afrikaners kommentaar lewer, het in ‘n twiet beswaar gemaak:

    Die polisie het blykbaar ‘n ekstra 350 “tronkbeddens” in hul garage gereed gehad indien hulle massa-arrestasies sou moes uitvoer.

    Die gemaskerde “swartblok”-teenbetogers het die inwoners van Gotenburg vies gemaak, omdat hulle klippe en bottels begin gooi het. Tydens ‘n regstreekse uitsending deur die Sweedse radio en televisie, kon ‘n welgeklede Sweedse dame gesien word wat gemaskerde teenbetogers aansê om weg te gaan. Die aktivis en alternatiewemedia-uitsaaier wat hom “Peter of Sweden” noem, het op Twitter berig dat Gotenburg-inwoners uiteindelik met die antifa-teenbetogers gebots het.

    Krete van “Allahu Akbar” (Alla is groot) is ook deur teenbetogers geskree, volgens Peter of Sweden.

    Vrydag het die land se linkse eerste minister, Stefan Löfven, van die Sosiaal-Demokratiese Party (dieselfde party wat destyds ANC-terreur teen Suid-Afrika befonds het) tydens ‘n EU-spitsberaad in die Estiese hoofstad Tallinn gesê: “As ‘n demokrasie moet ons meer doen om nazisme en ekstremisme te bestry.” Hy het later die Sweedse polisie lof toegeswaai vir die manier waarop hulle die NMR-betoging hanteer het.

    Ngugi wa Thiong’o

    Terwyl die betoging plaasvind, was die jaarlikse Gotenburgse boekeskou, die tweede grootste boekeskou in Europa naas dié van Frankfurt, steeds aan die gang nie ver van waar die NMR gemarsjeer het nie. Sekere linkse skrywers en uitgewers, waaronder die Keniaan, Ngugi wa Thiong’o, het die boekeskou geboikot om beswaar te maak teen die teenwoordigheid van publikasies met ‘n “regse strekking”, volgens hulle.

  • Franse studente help Afrika-migrante om in staatsgebou te plak

    Franse studente help Afrika-migrante om in staatsgebou te plak

    ‘n Gebou in die middestad van Bordeaux, Frankryk, is deur onwettige Afrika-immigrante met die hulp van blanke Franse studente beset.

    Dit verteenwoordig amper iets uit die distopiese roman deur Jean Raspail, Omsingel die laer van die heiliges waarin sekere Franse immigrante uit die derde wêreld verwelkom om hul land te kom oorneem.

    Die studente hoop dat hulle “model” van georganiseerde plakkery in amptelike geboue as “voorbeeld vir Frankryk” kan dien, om sodoende onwettige immigrante uit Afrika te herberg wat tans op straat slaap.

    ‘n Leë gebou van 240 vierkante meter in die middestad van Bordeaux wat aan die streeksraad (conseil régional) behoort, is deur nege Afrika-migrante beset. Eiendomspryse is, soos elders in die groot Franse stede, hemelhoog in Bordeaux met woonstelle wat teen €3000 (ongeveer R48000) per vierkante meter verhandel, wat beteken dat die kleinerige gebou ongeveer €720 000 (of R11,5 miljoen) werd moet wees. Onwettige water- en elektrisiteitsaansluitings is Soweto-styl in die gebou uitgevoer, waarskynlik vanaf naburige geboue.

    Die vyf blanke Franse studente wil die gebou in ‘n “ontvangsentrum vir migrante” omskep.

    “‘n Plakkersgebou is ‘n plek waar ‘n mens nie huur betaal nie, dis al. Dis die enigste verskil. Ons het die gebou taamlik opgeknap,” het een van die studentes aan die kanaal C-news gesê, ‘n Franse digitale nuuskanaal wat voorheen as iTélé bekendgestaan het.

    Volgens die twee joernaliste van C-news, Antoine Estève en Jérôme Rampnoux, wil die studente “hoop gee aan die Afrika-migrante, en bowenal ander jongmense oorreed om hulle na te boots”.

    Die migrante is blykbaar minderjarig, en wil “skool toe gaan”. Volgens liefdadigheidsorganisasies in die stad, “kom daar een duisend minderjarige migrante jaarliks in Bordeaux aan, met plakkersgeboue wat vermenigvuldig”.

    Een van die Franse studente het gesê: “Die minderjariges wat hier geherberg word, wil Franse identiteitskaarte bekom, maar ook binne die samelewing integreer.”

    Die streeksraad, die staatsinstelling wat die gebou besit, is in kennis gestel maar het besluit om nie ‘n uitsettingsbevel teen die migrante te bekom nie. “Uitsetting is geen oplossing nie. Elke geval sal bestudeer word, tesame met openbare instellings wat noodakkommodasie verskaf,” het ‘n woordvoerder aan C-news gesê.