praag.co.za

Category: Buks van Rensburg

Buks van Rensburg is ‘n Vrystaater van geboorte en tans professor in Wiskunde aan York-universiteit in Kanada.

  • Energiekrisis kan ons beskawing vernietig

    Om die probleem te verstaan, help dit om die moderne wêreld van nader te beskou.  In 2007 is ons baie gewoond aan internasionale vlugte, aan plastiek en ander moderne stowwe, aan goedkoop kos wat plase en plantasies (selfs in die ontwikkelende wêreld) op ’n massiewe skaal produseer (deur kunsmis en gemeganiseerde implemente te gebruik).  Produkte wat ons koop (klere, rekenaars, motors, ensovoorts) is goedkoop en bevat groot hoeveelhede plastiek en kunsvesels.  Dit word ook êrens anders vervaardig vanuit komponente wat weereens vanaf elders kom.  Die wêreld het vandag ’n geïntegreerde ekonomie met meer as ses miljard mense waarvan ’n groot persentasie van aansteeklike siektes soos pokke bevry is.  Hierdie mense reis internasionaal op groot vliegtuie op reise wat eens maande of jare sou duur, maar wat nou net ’n paar uur neem.  In groot dele van die wêreld word huise in die winter verhit en in die somer verkoel, en inwoners reis kilometers ver in persoonlike voertuie tussen huis en werk. By die werk en by die huis is daar allerhande elektriese toestelle; rekenaars, mengers en stowe, warm water en sjampoe en grimering en wat ook al.

    Dus ’n komplekse en energieke wêreld wat op die verskaffing van hoëkwaliteitenergie in die vorm van elektrisiteit (eintlik net ’n draer van energie) beskikbaar is, asook oorweldigend: die kwaliteit energie wat in ru-olie beskikbaar is.

    Maar daar bestaan ’n skaduwee waaroor niemand in die pers eintlik skryf nie.  En die skaduwee kan oor ons val nog voor klimaatsverandering enigsins ’n noemenswaardige impak gehad het.  Dit het selfs ’n naam: “Peak Oil”, en die gevolge kan genoeg wees om ons nywerheidswêreld se ekonomie ernstig te ontwrig en selfs te vernietig.  En om die gevolge van “Peak Oil” te vermy sal groot wetenskaplike en finansiële uitvindings verg, in ’n klimaat waar baie mense nog ontken dat dit ’n probleem kan word, of steeds totaal in die duister hieroor is.

    Om “Peak Oil” te verstaan, help dit om na olie-produksie uit ’n tipiese ru-olieveld te kyk.  As ’n olieveld ontdek word, gee dit aanvanklik relatief maklik olie, en die produksie van die veld neem toe soos meer en meer gate geboor word om ru-olie te tap.  Op ’n stadium bereik die produksie ’n maksimum (dit gebeur miskien wanneer die helfte van die olie uitgepomp is) en dit begin moeliker word om die ru-olie te pomp.  Sommige boorgate droog op, en die produksie by ander neem af.  Om meer olie uit die veld te trek verg nou ander truuks.  ’n Algemene metode wat help is om seewater in die olieveld te pomp.  Dit verplaas die ru-olie (wat in rotse vasgevang en geabsorbeer mag wees) wat dan makliker uitgepomp kan word.  Die metodes verleng die lewe van die olieveld, maar word duurder en duurder, terwyl produksie aanhou afneem, totdat die olieveld nie meer winsgewend ontgin kan word nie.  Op dié stadium neem die totale produksie vinnig af. 

    Die produksie van ’n olieveld kan voorgestel word deur ’n grafiek met ’n produksiekurwe.  Die produksie vanuit ’n olieveld is normaalweg ’n klok-kurwe:  Produksie begin laag en goedkoop, maar neem toe tot op ’n maksimum wat normaalweg gebeur as omtrent die helfte van die olie uitgepomp is.  Daarna neem die produksie af en word dit duurder om verder olie uit te veld te ontgin.  Uiteindelik is die veld uitgeput wanneer dit ekonomies nie meer sin maak om olie te ontgin nie.
    Image
    Die algemene vorm van die produksiekurwe maak dit moontlik om te voorspel hoe lank en hoe winsgewend ’n spesifieke olievonds sal wees.  Nog belangriker, dit is moontlik om taamlik akkuraat te voorspel hoe lank ’n olieveld gaan produseer en hoeveel olie daar uitgepomp kan word.  Die feite is uitgewerk deur M King Hubbert, wat in 1956 voorspel het dat olie-produksie van Amerikaanse olievelde in die 48 state sonder Alaska en Hawaii teen 1969 ’n maksimum gaan bereik.  Hy was met net een jaar uit.  Produksie het in 1970 ’n maksimum bereik en daarna afgeneem soos dit moeiliker en duurder geword het om verdere olie uit die velde te ontgin.

    Hubbert se argumente is ook toepaslik op die wêreld se olieproduksie.  Die grafiek (sien hieronder) toon die wêreldproduksie in ru-olie aan (data tot en met 2007) en dan projeksies na die datum.  Die onstabiele produksie sedert 1973 is weens die olieboikot van Saoedi-Arabië.  Sulke onstabiliteite is normaal naby die maksimum van die Hubbert-kurwe; dit impliseer dat die produksie beïnvloed kan word deur net enkele produserende lande of velde.  Sedertdien is die olieprys taamlik kunsmatig beheer deur veral Saoedi-Arabië.  Om die olieprys te beheer, het Midde-Oosterse produsente sedert ongeveer 1980 ’n beleid gevolg van “krane oop” of “krane toe”.  As die prys te hoog word, is die Midde-Oosterse oliekraan oopgedraai, wat die mark met olie voorsien het, en wat dan die prys weer laat verlaag het.  Die gedrag is belangrik geag omdat olie so ’n belangrike eknomiese faktor in die Westerse ekonomieë is.  Die gedrag het aangehou tot en selfs na 2000 en het die prys van ru-olie taamlik oor die tydperk serdert 1973 bestendig.  Maar daar is nou aanduidinge dat olievelde in Saoedi-Arabië sodanig ontgin is dat hulle dalk hulle individuele Hubbert-maksima bereik het.  Dit gaan dus moeliker word om krane indien nodig oop te draai.  Die gevolg is ’n vraag na olie wat die prys opstoot, en die bruto prys van ru-olie het sedert ongeveer 2002 skerp in reële terme gestyg.
    Image 
    Daar is nou meer en meer beweringe dat wêreldolieproduksie se Hubbert-maksimum in 2005 bereik is, of dat dit teen 2010 bereik sal word.  Die beweringe is konsekwent met voorspellings wat reeds so lank terug as 1972 gemaak is toe die maatskappy ESSO voorspel het dat olie teen 2000 duur sou word.  Daar word ook taamlik algemeen aanvaar dat ongeveer die helfte van die wêreld se olievoorraad (tussen 2000 en 2500 triljoen vate) reeds ontgin is.  Die probleem is nie dat olievoorraad sodanig uitgeput is nie, maar dat dit duur gaan word om dit te ontgin.  Om dit in perspektief te stel:  dit vat energie om olie te ontgin, en in ’n nuwe olieveld kry mens miskien 50 eenhede energie uit vir elke eenheid energie wat op die ontginning bestee word.  Na die Hubbert-piek kan die verhouding krimp tot 2 eenhede energie uit die ontginde olie, vir elke eenheid energie wat bestee is.

    Die wêreld het dus waarskynlik die Hubbert-maksimum reeds bereik, en as daar nog skommelinge rondom die maksimum is, is die verwagte langtermynvooruitsig een van ’n afname in olieproduksie in ’n omgewing waar die vraag vinnig toeneem weens ekonomiese groei in die Verre Ooste en Indië.

    Die resultaat?  Ten eerste ’n drastiese toename in die prys, en daarna mededinging tussen moondhede vir olie.  Die uitwerking op die wêreldekonomie kan drasties wees, maar duurder energie beteken duurder voedsel, duurder verbruikersprodukte, en veral, omdat dit olie is, drastiese verhogings in petrolpryse en in die pryse van vliegtuigkaartjies op internasionale vlugte.

    Maar, sou u wil weet, kan dit nie alles verhoed word met ander energiebronne nie?  Die antwoord is nie eenvoudig nie, maar in ’n neutedop:  Die presiese rede waarom die wêreldekonomie so vinnig oor die laaste eeu gegroei het, is omdat olie so goedkoop ontgin kon word:  ’n hoëkwaliteitenergiebron wat maklik verwerkbaar en verbruikbaar was.

    Deesdae word waterstof as ’n alternatief voorgehou.  Dit maak sin, maar dit ontwyk ook die grondliggende probleem:  Waterstof is ’n draer van energie, en die energie moet steeds êrens opgewek word, en die opwekking impliseer verliese in energie.  Die opwekking van energie (deur wind, die getye, hidro-elektriese opwekking, die produksie van etanol vanuit landbouafval of graan, ensovoorts) het almal een of ander probleem:  wind, die getye en hidro-elektriese opwekking kan nie die gehalte van energie in ru-olie produseer nie.  Etanol verg energie om geproduseer te word – ’n vergelyking met ru-olie toon aan dat dit baie duurder is en dat dit nooit in die hoeveelhede geproduseer kan word om olie te vervang nie.  Laastens is daar kernenergie, wat as mens veiligheid verontagsaam, aangewend word om elektriese energie op te wek, maar wat ook afval produseer wat vir tienduisende jare gevaarlik gaan wees, asook steenkool, wat ’n vuil en besoedelende laekwaliteitenergiebron is vergeleke met ru-olie, en wat reeds duurder en moeiliker word om te ontgin.

    En vir sekere doeleindes is daar nie ’n ander energiebron nie.  Lugvaart is byvoorbeeld net moontlik met brandstof vir die stralerenjin, en as dit duurder word, word vliegkaartjies duurder.  Oor die algemeen is die probleem van alternatiewe energiebronne reeds ondersoek, die Hirsch-verslag (http://www.netl.doe.gov/publications/others/pdf/Oil_Peaking_NETL.pdf) noem byvoorbeeld dat dit baie dekades se investering en tegnologiese ontwikkeling sal verg om alternatiewe bronne ekonomies vatbaar te maak.

    Wat sou die gevolge van die Hubbert-maksimum in olie wees?  Dit wissel, afhangende van wie gevra word: van voorspellings van absolute anargie en oorloë aan die pessimistiese kant, tot minder pessimistiese ontledings wat verwys na aanpassings in ’n wêreld waar vervoer baie duur gaan word (95% van die energie in vervoerwese kom vanaf ru-olie), en waar voedsel nie meer so maklik bekombaar sal wees nie (in intensiewe landbou word tot 10 eenhede energie (in die vorm van brandstof) gebruik vir elke eenheid energie in die voedsel wat geproduseer word).  Verder is die moderne finansiële stelsel van olie afhanklik.  Finansiële instellings en banke het op aannames van volgehoue ekonomiese groei geld uitgeleen.  As ekonomiese groei drasties genoeg ingekort word deur energietekorte, kan dit die aannames ondergrawe, met die gevolg van ’n destabilisering van die ekonomie en ’n uiteindelike ressessie of depressie. 

    Daar word dikwels ook bespiegel dat groot moondhede in ’n wêreld met duur olie die bron vir hulleself sal toe-eien, met ander lande (meestal in die derde wêreld) wat op die kantlyn gerangeer gaan word, met gevolglike voedseltekorte en katastrofiese inkrimping van hulle ekonomieë.  Dus, burgerloorloë, hongersnood en ander manifestasies van ellende.

    Daar is vandag ’n beter waardering van die volgende vergelyking:

    Energie = geld

    Dit is nie met een opslag sinvol nie, maar die rykdom wat ons vandag op aarde het (of nie het nie), is een honderd persent die resultaat van ons vermoë om energiebronne te ontgin.  Hoe meer energie ontgin word, hoe meer rykdom het ons.  En die mees belangrike bronne?  Ru-olie en gas, wat waarskynlik in 2005 en in 2017 deur hulle Hubbert-maksima gaan, waarna die afname in produksie ’n merkwaardige invloed op ons samelewings en op ons ekonomieë gaan uitoefen.  Hier is dit opgesom in 2005 deur die London Times (http://www.timesonline.co.uk/tol/life_and_style/article575370.ece)

    • Oil is running out; the climate is changing at a potentially catastrophic rate; wars over scarce resources are brewing; finally, most shocking of all, we don’t seem to be having enough ideas about how to fix any of these things.
    • Almost daily, new evidence is emerging that progress can no longer be taken for granted, that a new Dark Age is lying in wait for ourselves and our children . . . growth may be coming to an end. Since our entire financial order — interest rates, pension funds, insurance, stock markets — is predicated on growth, the social and economic consequences may be cataclysmic.

    Olie is natuurlik nie die enigste energiebron vir ’n moderne beskawing nie, maar dit is by verre die maklikste bron, en ook een met die hoogste kwaliteit.  Dit vervoer maklik, was taamlik volop, en is redelik veilig en stoor baie energie in klein hoeveelhede.  Dit is ook die grondstof vir menige van die mees belangrike produkte in die moderne wêreld.  Ons voedsel is goedkoop en volop, omdat kunsmis en gemeganiseerde landbou, wat beide deur goedkoop olie moontlik gemaak word, dit maklik maak om groot hoeveeldhede daarvan te produseer.  Dit is maklik om te vergeet dat die wêreldbevolking van een miljard tot ses miljard toegeneem het sedert olie op die toneel verskyn het.  Die meeste deskundiges dink dat dit nie toevallig was nie.  Die olie-ekonomie het energie verskaf wat die merkwaardige bevolkingsgroei en gepaardgaande groei in die ekonomieë van die wêreld veroorsaak het.  Sou dit steeds moontlik wees as olie nie meer goedkoop is nie om ’n beraamde bevolking (teen 2050) van by die 9 miljard mense van kos te voorsien?  U kan self die somme maak.

    продажа светильниковФильчаков прокурор

  • Europa se demografiese ramp

    Met die verkiesing en uitslag merk politieke ontleders in die Weste op dat die Franse nou uiteindelik besef dat ’n nuwe rigting nodig is om die land uit sy stagnasie te red.  Frankryk, wat ’n kernmoondheid is en ’n vaste verteenwoordiger in die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, was na die Tweede Wêreldoorlog die sentrale moondheid in Wes-Europa. Terwyl die Verenigde Koninkryk se ekonomie deur stakings en sosialistiese beleide ontwrig is, en Italië la dolce vita verkies het, en Duitsland sy oorlogswonde gelek en selfvertroue ingeboet het, het Frankryk sy mag wêreldwyd geprojekteer, ’n kernmoontheid geword, en kultureel Frans uitgevoer via la Francophonie.

    Maar eindelik was die na-oorlogse wêreld net ’n voortsetting van die status quo.  Europese moonthede het kollektief en individueel die wêreld oorheers, en sedert 1652 is Afrikaners gewoond daaraan om in ’n Europees gesentreerde wêreld te leef.  Dié feit was selfs waar in die onmiddellike jare na beide wêreldoorloë wat Europa op ’n kontinentale vlak verniel het.  Die vyf groot Europese moondhede (Frankryk, Italië, Duitsland, Spanje en Engeland) het telkens weer herstel om hul posisies as internasionale ekonomiese en kulturele reuse in te neem. Saam met die eertydse Engelse kolonies (die VSA, Kanada en Australië) oorheers Europa die wêreld steeds aan die begin van die 21ste eeu, en bly dit moeilik om ’n wêreld voor te stel waar Europese magte nie die leiersrolle speel nie.

    Tog is dit presies wat nou mag gebeur. Verskeie politieke ontleders is vandag baie meer skepties oor die onmiddellike toekoms van sowel die Europese ekonomie as Europa se politieke toekoms.  Dié skeptiese houding word goed opgesom deur Mark Steyn in die voorwoord van sy boek America Alone, waar hy die volgende skryf:

    “Let me put this in a slightly bigger nutshell: much of what we loosely call the Western world will not survive the twenty-first century, and much of it will effectively disappear within our lifetimes, including many if not most European countries.  There’ll probably still be a geographical area on the map marked as Italy or the Netherlands – probably – just as in Istanbul there’s still a building known as Hagia Sophia, or St. Sophia’s Cathedral.  But it’s not a cathedral; it’s merely a designation for a piece of real estate.  Likewise, Italy and the Netherlands will merely be designations for real estate.”

    Afrikaners is baie vertroud met die idees wat Steyn hier verkondig. In die besonder bestaan die Suid-Afrika, en die Suidwes-Afrika, en die Rhodesië, en die Mosambiek, wat ons eens geken het, nie meer nie.  Ja, daar is steeds plekke op die kaart wat Victoria Falls heet, of Tsumeb, of Upington of Durban.  Maar die plekke het wesentlik verander.  Vandag is die stadsrade nie meer Afrikaans of Engels nie, word hulle regeer vanuit provinsies en vanuit sentrale regerings wat objektief vyandig staan teenoor die wit burgers wat die plekke gestig het, en is die kulturele Zeitgeist heeltemal vreemd teenoor kultuurgroepe wat so onlangs as 20 jaar gelede aan dié plekke as ’n tuiste gedink het. 

    Die konvensionele aanname oor Europese geskiedenis is dat Griekse, Romeinse en Midde-Oosterse beskawings die toestande geskep het wat Europa op ’n merkwerdige reis tot by wêreldoorheersing sou neem.  Die Christendom, Griekse filosofie en politieke sisteme, wetenskap, die Romeinse idee van kolonisering, het tydens die Renaissance gekombineer om Europese moondhede te skep met enorme politieke, sosiale en militêre mag.  In kompetisie met mekaar, het die moondhede oorlog teen mekaar gevoer, alliansies gevorm, en uitgebrei om die wêreld te “ontdek”, te oorheers, te koloniseer, en het hulle op ’n sending vertrek om die Christendom en hulle tale te versprei.

    Die vlak van wetenskaplike en tegniese oorheersing van Europese bevolkings sedert die Renaissance is steeds verbysterend, selfs vandag.  In die lys van die beste wiskundiges in die geskiedenis is byna almal Europees, met die uitsluiting van Chandrasekhar, wie se kort lewe sy bydraes kortgeknip het.  Euler, Gauss and Newton, waarskynlik die mees invloedryke wiskundiges sedert Archimedes, en omtrent al die ander merkwaardige wiskundige talent, is Europees, tot vandag toe.  Filosofie word steeds deur “dooie Europese mans” oorheers, ’n feit wat Westerse feministe erg ontstel. Kant, Nietzsche, of Hegel, en selfs Marx, onder andere, tel as dominante figure wat saam met die religieuse invloede van die Midde-Ooste, die Westerse kultuur geskep het.  In die beeldende kuns is die Europese erfenis sonder gelyke, ten spyte van wat mens soms hoor.  Die kunsskatte van Griekeland, Italië, Frankryk, Engeland, Duitsland en selfs Rusland vorm ’n gesamentlike erfenis sonder enige gelyke op aarde.

    Moderne ekonomiese stelsels is alles die resultaat van Europese wysgere en ekonome, van Marx tot by Adam Smith. Die vryemarkstelsel, sosialisme, kommunisme, en al die ander moderne sosiale, politieke en ekonomiese sisteme is Europees, wat in Europa deur dooie wit mans uitgedink en getoets is. Selfs die begrip “nasiestaat”, en die idee dat so ’n staat lojaliteit van sy burgers verwag, is ’n Europese uitvinding.  Europeërs het die idee van militêre verowering en kolonisering vervolmaak, en figure soos Alexander die Grote, Napoleon en Admiraal Nelson word steeds onthou as van die beste militêre leiers wat die mensdom opgelewer het.

    Oor die laaste 700 jaar het Europese magte uitgevaar om die wêreld te verower, om die Christendom te versprei, kolonies te vorm, en om die bevolkings van die ander kontinente te oorheers.  Die Britte het die grootste en mees komplekse Empaaier gebou wat die wêreld ooit gesien het.  Die Spanjaarde het anargie en uitsterwing na Suid- en Sentraal-Amerika geneem en domineer die kontinente vandag linguïsties en kultureel. Engelse en Franse setlaars in Noord-Amerika en Australië het hele bevolkings inboorlinge verdring en Europese kolonies gevorm wat die wêreld vandag steeds oorheers.

    As die bostaande paragrawe te “Eurosentries” klink, dan is dit omdat die wêreld so oorweldigend en vir so lank ’n Europees oorheersde plek was.  Westerlinge, en veral Europëers, het die wêreld vir bykans 500 jaar absoluut gedomineer, met bitter min teëstand uit ander dele van die wêreld.  Selfs in die 20ste eeu, deur twee wêreldoorloë, het Europa en haar oorsese kolonies die sentrum van die wêreld gevorm, met die res van die mensdom as toeskouers onder die beste omstandighede, en as slagoffers van Europese inmenging en oorloë andersins.

    Dié tydperk het nou blykbaar ten einde geloop. Etniese Europeërs, wat 30% van die wêreldbevolking aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog was, is demografies en kultureel uitgeput.  In die 50 jaar na die oorlog het die 30% tot 20% gekrimp, en vir die eerste keer het Europese weermagte begin om oorloë te verloor.  In die Koreaanse oorlog het die Westerse Alliansie grootliks misluk en die Verenigde State het haar oorlog in Viëtnam verloor. Tans lyk dit asof die oorlog in Irak ook verloor gaan word.  Israel, ’n staat wat deur ’n Westerse mandaat gevorm is en ondersteun word, is sedert 1970 in ’n skaakmatposisie met haar vyande.  Haar onvermoë om haar vyande te domineer en te verslaan raak nou ooglopend.

    Sentraal in die pessimistiese vooruitskouing vir Europa staan demografie. Die toekoms behoort aan diegene wat daar opdaag, en bitter min Europeërs gaan dit regkry.  Hier is ’n paar harde feite. Die vrugbaarheidsverhouding in ’n bevolking is die gemiddelde aantal kinders per vrou.  Om ’n stabiele bevolking te handhaaf, moet elke vrou ’n gemiddelde 2,1 kinders baar.  Dus, die vrugbaarheidsverhouding in a stabiele bevolking is 2,1 kinders per vrou. In demografies robuuste bevolkings baar vroue meer as 2,1 kinders:  in Niger is dit byvoorbeeld 7,46, in Mali 7,42, in Jemen 6,58.  In Rusland is dit 1,14, en as die verhoudings nie verander nie, gaan Jemen ’n groter bevolking as Rusland teen 2050 besit.  Die groot getalle Jemeniete gaan emigreer, en hulle kultuur en godsdiens uitvoer.  Waarheen? Na lande wat demografies swak presteer, meestal in Europa.

    Europese demografiese feite lees soos die handleiding vir ’n bevolkingselfmoord.  In Italië is die vrugbaarheidsverhouding 1,23.  Hoe laag is dit?  Hier is een verduideliking.  Teen 2050 word geprojekteer dat 60% van Italianers geen broers of susters gaan hê nie, en geen ooms of tannies of selfs neefs of niggies nie.  Met ander woorde, die groot spreekwoordelike Katolieke Italiaanse familie met ooms en tannies, neefs en broers en susters en niggies, is iets van die verlede, en hulle plekke gaan ingeneem word deur die Jemeniete, wat gaan migreer om die Italiaanse ekonomie as werkers en verbruikers te red.  Ander Europese lande lyk nie beter nie.  In Duitsland is die vrugbaarheidsverhouding 1,35, in Frankryk is dit 1,89.  Interessant genoeg, die Franse verhouding is bedrieglik.  Dink daaraan dat Frankryk ook die Europese land met die grootste Moslembevolking is.

    Daar is dus meer en meer tekens dat die Westerse oomblik besig is om te eindig.  Demografiese ondergang in Europa, en die afname van die Christendom as die sentrale Europese godsdiens, blyk simptome te wees van ’n beskawingsonsekerheid en is ’n indikasie dat Europa verdwaald is.  Moslem-immigrante in Europa is die snel groeiendste bevolkingsgroep en die eksponensiële wette onderliggend aan demografie veronderstel dat verskeie Europese lande oorwegend Moslembevolkings voor die einde van die 21ste eeu gaan verkry.

    ImageOnder dié lande tel Frankryk en Spanje, waar ’n heroorname deur Moslems die einde van ’n Christelike tydperk inlui.  Meer as 1300 jaar gelede het dit ook gelyk asof Europa se toekoms onverbiddelik Mohammedaans gaan wees.  Maar in die jaar 732 vind die belangrikste veldslag in die Europese geskiedenis plaas.  Die Slag van Tours, waar Karl Martel die Moslem Oemajaad se opmars gestuit het.  Die veldslag was die keerpunt in die Moslem-uitbreiding in Europa, en die More is uiteindelik in 739 uit Spanje verdryf.

    Die Christendom was dus die vername religie in Europa, gesetel in Rome, vir meer as ’n duisend jaar.  Maar die demografiese omwenteling in Frankryk en Europa, asook die verval van die Kerk, maak voorspellings dat die Christendom voor 2100 uit Europa gaan verdwyn baie waarskynlik – met dramatiese gevolge vir Europa se inwoners.  Dit alles word nou openlik deur Europese kommentators erken, inkluis Melanie Philips in “Londonistan”, Bat Ye’or in “Eurabia”, en nog baie ander.  Mark Steyn en Bruce Bauer skryf ook beide breedvoering oor die toekoms van die baie liberale sosiale omstandighede in Nederland en in Wes-Europa, binne ’n omgewing waar die getalle streng godsdienstige Moslems demografies vinnig toeneem.

    Dit is in dié opsig dat die huidige Franse verkiesing beoordeel moet word.  Kulturele en politieke realiteite maak dit onmoontlik vir die kandidate om die implikasies van Europa se demografiese projeksies eerlik te bespreek.  Nóg Sarkozy, nóg Royal, kan eerlik met Franse praat oor die volgende 50 jaar sonder om as doemprofete geteiken te word.  Daarom sal die Franse voortgaan en ’n leier kies wat die onmiddellike probleme in Frankryk sal probeer oplos. Miskien sal immigrante strenger gekeur word of sal met opheffingsprojekte in Frankryk se Moslem-voorstede gepoog word om die mense beter te integreer.  Maar oor die langer termyn beskou, is dit te min te laat.  Frankryk se demografiese werklikhede bewys dat Frankryk se Christelike bevolking se opvolgers reeds in posisie is.  Hulle is nie Christene nie, en kultureel verskil hulle hemelsbreed van dit wat ons verstaan as ons aan ’n Fransman dink met sy beret en ’n baguette onder sy arm.

    Die ondergang van Europa as die sentrum van die Christendom, asook die demografiese swakheid in die Weste, roep natuurlik ’n reeks interessante en kwellende vrae op.  Vir Europese tale en bevolkingsgroepe in die res van die wêreld gaan Europa se ondergang waarskynlik traumaties wees.  Normale aannames oor veiligheid, ekonomiese en kulturele sekerheid gaan baie anders lyk in ’n wêreld waar die magsentra en demografiese sentra in die Verre Ooste en Midde-Ooste gesetel is, met die VSA en Australië wesentlik geïsoleerd, onder druk en waarskynlik defensief ingestel.  Afrikaners in Suid Afrika moet waarskynlik nou al begin dink hoe om in dié veranderde wêreld te oorleef.  In ’n sekere sin is Afrikaners Eurpoeërs reeds vooruit – die oorname en veranderde omstandighede het reeds in die periode tussen 1960 en 2000 plaasgevind.

    Aanpassing en ’n defensiewe houding (dit is soms gepas om laer te trek) lyk in die toekoms onvermydelik.

    для автомобильногоОлександр Фільчаков прокурор

  • Die Weste se vernedering in Irak?

    Met die mag en invloed van die Persiese Ryk op ’n hoogtepunt in 480 v.C., neem die Keiser Xerxes sy magte en vloot op ’n ekspedisie om die Grieke te verower.  Die ekspedisie is uiteindelik rampspoedig en is die eerste teken dat ’n magtige Empaaier krake kan wys nog lank voor sy onvermydelike ondergang.  Die hubris van Xerxes en die Perse ken egter geen perke nie en Xerxes se opmars oor Klein Asië tot in Griekeland begin met ’n selfversekerde mag wat eers deur die Grieke gestuit en toe verslaan word. Eeue later komponeer Händel die Opera Xerxes oor die gebeure en dit word deur sommige kritici as ’n studie in hubris beskou.

    Met die onlangse vrystelling van die film “300” deur Hollywood (direkteur Zack Snyder, en gebaseer op die boek “300” deur Frank Miller) word aspekte van die Persiese Ryk weereens in die Westerse kuns ondersoek.  Die film vertel die verhaal van die Slag van Thermopylae, wat in die jaar 480 v.C. plaasvind.  Xerxes se magtige leër (met tienduisende soldate) kom teen net 300 Spartane te staan, wat vir drie dae hardnekkig teenstand bied.  Die Spartane se poging gee hulle bondgenote (Athene) tyd om hulle vloot voor te berei en Xerxes se vloot oortuigend in die Slag van Salamis af te ransel. Xerxes is hierna verplig om die aftog te blaas.   

    Spesiale effekte wat gebruik word om atletiese soldate in brutale weergawes van oorlogsgeweld uit te beeld is tipies van die moderne Hollywood-genre.  Nietemin word die historiese gebeure onderliggend aan die poging taamlik akkuraat weergegee.  Die Spartane, wat as ’n minderheid teen ’n oorweldigende meerderheid veg, herinner aan Gideon en sy vegters in die Bybel wat net soos die Spartane onsterflike roem verwerf deur met min vegters ’n meerderheid aan te val en te verslaan.  Die psigologiese verromantisering van Sparta se helde resoneer met ’n Westerse kultuur wat eeue reeds die enkele held (vanaf Achilles en Hektor tot by Superman en Batman) vereer en onthou.  Die Westerse held wat in hopelose omstandighede veg, soms sterf, maar uiteindelik seëvier, is grondliggend aan die Westerse psige, al is hy deesdae eerder ’n popster as ’n vegter in ons kammawêreld.  Om dié rede sal “300” waarkynlik ’n suksesvolle film wees.

    Die vrystelling van die film veroorsaak ook internasionale politieke golwe in die huidige klimaat weens die onderliggende politieke boodskap wat dit skynbaar oordra. “300” word sterk deur die Iranese President Mahmoud Ahmadinejad veroordeel.  Die Iraniërs, wat hulleself steeds as Perse beskou, sien die film as ’n bedekte dreigement vanuit die VSA wat steeds dreig met militêre aksie om Iran te verhoed om ’n kernwapen te bou. Terwyl mens Ahmadinejad se dreigemente en uitsprake as die hallusinasies van ’n malmens wil veroordeel, is selfs ’n malmens soms korrek.  Daar is inderdaad ’n sterk argument, wat onder andere in Israel uitgemaak word en wat insgelyks in Washington geopper word, dat Iran met alle mag verhoed moet word om ’n kernwapen te bou.  En die enigste manier om dit te voorkom, is in elk geval militêre optrede. Terwyl die Israeli’s sterk argumente opbou en selfs eensydig mag optree, is daar ook in die VSA ’n besef dat daar uiteindelik geen ander uitweg as ’n militêre inval mag wees nie.

    Daar is egter verskeie ironiese onderstrome in die heen-en-weer-argumente tussen Iran, Hollywood en die Westerse magte.  Daar is dalk selfs ’n analogie met gebeure in die antieke Persiese Ryk.  Die Slag van Thermopylae het op die rand van die Empaaier plaasgevind op presies die stadium dat die Perse die wêreld se enigste supermoontheid was.  Die vernietiging van Xerxes se vloot het ook die begin van die einde van die Persiese Ryk beteken.  Terwyl die Perse steeds vir honderde jare hulle omgewing sou oorheers, het hulle nooit oor die Grieke geheers nie.  Die lesse by Thermopylae en Salamis het bewys dat die Perse nie onoorwinlik is nie en die psigologiese terugslag sou later uiting kry in die verlies van vitaliteit en selfversekerdheid onder die Perse.  Die begin van die einde van ’n oorheersende empaaier sien mens ook dikwels in terugslae in die gebiede aan die rand van die empaaier; vir die Perse was dit in Griekeland, vir die Romeine was die eerste tekens die militêre rampe teen (ironies genoeg) Persiese groepe en later teen die Germane by Hadianopolis (in Klein Asië).

    Die Amerikaanse Empaaier (of eerder Angel-Saksiese of Westerse Empaaier) oorheers die wêreld reeds vir 200 jaar.  Die vermoëns van dié Empaaier moet nie onderskat word nie.  Dit strek oor twee kontinente (Australië en Noord-Amerika) met belangrike ander bates (Brittanje, Nieu-Seeland, Israel, en ander vasalstate) en met sy sentrum in Washington gesetel.  Die Empaaier het belangrike krisisse reeds oorleef, wat twee Wêreldoorloë insluit.  Dit oorheers die wêreld ekonomies en kultureel en gee die politieke toon internasionaal aan.  Met ander woorde, dit verteenwoordig die moderne analogie van die Persiese Ryk.

    En soos die Perse het die Amerikaanse Empaaier begin om oorloë op die randgebied van sy invloedsfeer te verloor.  Die eerste was die oorlog in Viëtnam, wat histories gesien verrassend was – dapper Viëtnamese vegters het die goed opgeleide en goed bewapende Amerikaanse soldaat nie fisies nie, maar psigologies met sy Spartaanse veglus verslaan.  Viëtnam het die VSA se selfvertroue tot in sy fondamente geskud en het plaasgevind op die stadium dat die VSA en sy bondgenote ekonomies en militêr miskien op ’n hoogtepunt was.

    Viëtnam illustreer ook aan die Weste se vyande dat die kolos verslaan kan word en binne twee dekades maak Osama bin Laden planne om ’n nuwe oorlog teen die Weste te begin. Sy berekening is eenvoudig: die Weste, reken Bin Laden, is kultureel uitgeput en kan nie ’n lang oorlog veg nie. En hierin blyk dit dat hy dalk korrek mag wees. Bin Laden se oorlog gaan in dekades of miskien selfs in eeue gemeet word en gaan langer as Bin Laden self duur. Dit gaan die Weste nog intens beproef.

    Osama bin Laden se historiese aanval op 11 September 2001 het die Amerikaners in ’n oorlog op die rand van hulle invloedsfeer in Irak gedompel. Amerikaners, wat steeds deur Vietnam onsenu is, is halfhartig in die oorlog en in Washington is geduld besig om op te raak.  Dit vertaal in die onttrekking van Amerikaanse magte binne die volgende jaar of twee en die de facto-oorwinning vir Islamitiese vegters in Irak. Dit gaan nog ’n illustrasie bied dat die getergte olifant uitgeput en ontsenu is, en dat bin Laden se ontleding in die kol is.

    Dit alles bring mens terug by Hollywood se fliek “300”, ook by Ahmadinejad en sy poging om ’n kernwapen te verkry en by die Westerse Empaaier wat skynbaar nog nie verstaan (en dalk nooit sal verstaan) dat voortbestaan op die langer duur nie vanselfsprekend is nie.  Baie elemente in die Weste glo steeds nie, ten spyte van die aanvalle in 2001 en later, en in weerwil van die oorlog in Irak, dat hulle wel vyande het nie. Daarom wonder mens of Ahmadinejad se aantygings dat “300” ’n bedekte dreigement is dalk nie so misplaas is nie.  Miskien is “300” eerder ’n boodskap aan die Weste, waar sommige elemente net soos Xerxes glo dat die Empaaier nooit sal ondergaan nie. 

    “Ons pyle gaan die son laat verduister” sê ’n Persiese soldaat aan ’n Spartaan in “300”, en die res is geskiedenis.  Wie moet luister?

    погружной длялобановский александр жена

  • Fidel

    Castro se gesondheidsprobleme en verwagte afsterwe het reeds ’n taamlike indruk in die Amerikaanse pers gemaak en op afwagtende Kubaanse uitgewekenes in Miami, asook komediante wat grappe oor sy kunsmatige anus maak. Treurende linksgesindes het reeds begin om die man se lewe te ontleed.

    Al die opwinding oor Castro is natuurlik buite verhouding met sy belangrikheid as ’n figuur in die twintigste eeu.  Castro het weliswaar ’n sekere mindere rol in die dekoloniseringsproses in Afrika en Suid-Amerika gespeel, maar hy is in der waarheid histories minder belangrik as Pinochet of Lenin, of Ghandi, of selfs Ho Chi Minh.

    Image

    Buks van Rensburg

    Waarom is daar dan ’n obsessie met Castro, wat mens nugter as ’n mislukte leier van ’n onbenullige land kan beskou?  Daar bestaan ’n paar redelike verduidelikings vir die obsessie wat mens in die ideologiese en sosiale stelsels van veral Suid-Amerikaanse lande kan vind.  Maar miskien vertel die obsessie ons meer oor die Weste as wat dit enigsins iets oor Castro of sy nalatenskap sê. 

    Kommuniste en sosialiste (selfs die demokratiese soort) in die Weste wat Pinochet en Franco en Mussolini en ander fasciste verafsku, het skynbaar ’n blinde kol vir Castro se fascistiese neigings. In ’n ander wêreld sou Castro baie maklik in die lysie hierbo pas.  Net soos hulle, is hy ’n geweldenaar, is hy lief vir militêre drag en het hy sy samelewing vermilitariseer en sy jong mense op militêre avonture gestuur wat nie direk in Kubaanse belang was nie.

    Verder is rassesegregasie vandag op Castro se eiland opvallend – Kubaanse leiers is altyd wit, en wit Kubane is beter opgevoed en opgelei terwyl swart Kubane materieel minder daaraan toe is. Castro het glo selfs probeer om van sy rasseprobleem ontslae te raak deur swart Kubane aan te moedig om in Angola te gaan veg. 

    Castro se neiging om politieke teenstand met militêre geweld te beantwoord en te onderdruk, asook sy genadelose optredes teen politieke andersdenkendes, is soortgelyk aan die metodes van fasciste soos Franco, Mussolini of Pinochet.  Politieke opponente van Castro het net twee opsies gehad – vlug Miami toe, of word aangehou en gemartel.  Met geluk sal jy die jare in die tronk oorleef.  In dié opsig is die twintigste eeu se twee ekstreme politieke filosofieë (kommunisme en fascisme) soortgelyk, indien nie in oortuiging nie, dan wel in metode.  Kommuniste soos Castro het net so effektief soos die fasciste (Franco en Pinochet) vermoor, onderdruk en gesensor.

    Fidel Castro is in 1926 gebore, die buite-egtelike kind van ’n arm immigrant in Kuba wat homself ryk gewerk het in suikerplantasies. Hy studeer in die regte aan die Universiteit van Havana in 1945, waar hy polities aktief word. Later sluit hy by die Partido Ortodoxo aan, ’n sosialistiese party wat die doel het om die ryk Kubaanse elite se houvas op Kuba te breek. Hy reis na Colombia in 1948 waar hy aan studente-onluste deelneem. 

    Terug in Kuba werk hy as ’n prokureur, maar ’n staatsgreep deur Batista noop hom om sy praktyk te sluit en om saam met Raúl Castro, sy broer, ’n beweging te stig met die doel om die Batista-regering omver te werp.  Hulle versamel wapens en probeer om die militêre Moncada Barracks aan te val.  Die aanval is ’n fiasko, en Castro en Raúl kom net-net met hul lewens daarvan af.   Hierna trek hulle terug na die Sierra Maestra, ’n bergagtige deel van Kuba oos van stad Santiago.  Later word hulle hier vasgetrek en merkwaardig vir daardie tyd, word hulle nie tereggestel vir hoogverraad nie.  Fidel word wel 15 jaar tronk toe gestuur vir sy aandeel in die aanval.  Gedurende sy verhoor gee Castro sy welbekende lesing “Die geskiedenis sal my vergewe” (in Engels vertaal as: “History Will Absolve Me”).

    In die tronk gaan hy voort met planne om die Batista-regering omver te werp en in 1955 word hy vrygelaat, ná hy minder as twee jaar van sy vonnis uitgedien het.  Hy vertrek Meksiko toe waar hy saam met ander Kubaanse uitgewekenes die sogenaamde Beweging van 26 Julie (26th of July Movement) stig met die doel om deur guerilla-oorlog die Batista-regering te ondermyn.  Hier ontmoet Castro vir Erneste “Ché” Guavara, wat later deur Westerse jongmense vereer sou word as dié “sjiek” radikaal.  Die waarheid oor Ché is egter anders: hy was ietwat oorgewig, asook baie wreed en lafhartig.  Ché sou later deur Fidel na Bolivië toe gestuur word met die doel om die regering daar omver te werp.  Hier is hy gevang en die Boliviaanse polisie het hom summier tereggestel, maar nie voor hulle hom verneder en vir sy lewe laat pleit het nie – Ché, wat sy slagoffers so maklik tereggestel het, was self glo baie bang vir die dood.

    Teen 1959 is Castro terug in Kuba. Dié keer is die revolusie suksesvol en hy word die Maksimum Leier van die nuwe Revolutionêre Staat.  Hy begin onmiddelik ’n Kommunistiese regeringstelsel in Kuba in te stel.  Onteiening van privaat eiendom en grond vind plaas en noue bande word met die Sowjetunie gesmee.  Die Sowjetunie stuur adviseurs in 1960 en die destydse Amerikaanse president (Eisenhower) stel sanksies teen die land in.  Meer as veertig jaar later duur die sanksies voort en bly Kuba ekonomies ’n agterlike en tegnologies gestremde land. 

    Intussen het verskeie planne deur die CIA om Castro te vermoor skipbreuk gelei.  Daar is bewerings van ontploffende sigare, pogings om hom te vergiftig en dergelike ander truuks, maar Castro is skynbaar onuitwisbaar.  ’n Plan om Kuba in te val (die Bay of Pigs-aanval tydens die Kennedy-administrasie), misluk ook.   ’n Belangrike gebeurtenis gedurende die Koue Oorlog is die sogenaamde  Kubaanse missielkrisis in 1966, toe Castro aan die Sowjetunie magtiging verleen het om kernmissiele op die eiland te ontplooi.  Die Amerikaanse reaksie was ’n seeblokkade rondom Kuba.  Die krisis veroorsaak byna ’n kernoorlog tussen die Sowjetunie en die VSA.

    Intussen vlug duisende van Kuba se (meestal wit) opgeleide bevolking van die eiland, dikwels op vlotte, en vestig hulle in Miami om die “Exile Cuban Community” te vorm.  Dit word later ’n effektiewe drukgroep in Florida, een van die VSA se belangrikste state.  Die groep het vandag steeds ’n beduidende invloed op Amerikaanse beleid jeens Kuba.  Ná meer as veertig jaar hoop baie steeds om na die eiland terug te keer en om hulle verlore besittings terug te kry.

    Kuba is vandag meer bekend in Suid-Afrika weens die Angolese oorlog, asook vir die swak opgeleide dokters wat die eiland uitvoer.  Castro se regering het ook dele van die eiland se beste strande opsy gesit vir die ontwikkeling van oorde vir vakansiegangers van Noord-Amerika (veral vanuit Kanada).  Gewone Kubane word die oorde verbied. Die eiland is egter steeds ’n verdrukkende kommunistiese staat, arm en agterlik. Duisende mense is tereggestel onder Castro se regering, dikwels ná onvoldoende verhore en baie meer is tronkstraf opgelê in die transformasie van die eiland tot ’n kommunistiese staat.  Castro se broer Raúl, wat as weermagshoof aangestel is, is bekend vir sy persoonlike wreedheid gedurende die guerilla-veldtog.  Een kommentator som dit soos volg op: “Along with Ché Guevara, Raúl’s notoriety in the Sierra Maestra would also grow for dispensing swift and severe revolutionary retribution via firing squads for those suspected of collaborating with Batista security forces or accused of treason.” http://www.haciendapub.com/castro22.html

    Een van die groot ironieë van die twintigste eeu is sekerlik die bewondering wat sommige Westerse leiers vir Castro openbaar het.  Pierre Trudeau, voorheen eerste minister van Kanada, was sy persoonlike vriend (Castro was ’n kisdraer op Trudeau se begrafnis).  Hooggeplaaste Europese leiersfigure, Hollywood-akteurs, en ander linksgesindes in die Weste het oor die laaste veertig jaar hulle ondersteuning en bewondering vir Castro uitgespreek.  Hy is, soos een keer opgemerk is, Hollywood se “gunstelingtiran”. 

    Castro se verpersoonliking in die Weste as ’n Latynse machismo oefen ’n sado-seksuele aantrekkingskrag in sekere Westerse kringe uit, veral op linksgesinde vroue. Die verleidelikheid van ’n geweldenaar in uniform wat verkrag en moor wakker ’n bewondering aan en ’n lus vir verbode avonture in ’n Westerse bevolking wat elke drang reeds bevredig het. Mens moet nooit die seksuele ondertone van die verbeeldingsvlugte van sandaaldraende linkse Westerse tannies onderskat nie – dit is uiters herkenbaar.  Soortgelyke verhoudings is nou skynbaar gewoon in die nuwe Suid-Afrika.  Voorheen konserwatiewe tantes wat met die revolusionêre ander kant ’n gemene deler vind.  Mans wat revolusie bring of wat moor en geweld pleeg, het skynbaar steeds ’n seksuele aantrekkingskrag vir vroue wat hulleself voorgee as verlig en anti-geweld en wat iewers links op die politieke kontinuum leef.

    Image

    Kevin Costner

    Die lys van Castro se bewonderaars in die Weste en in die VSA, is inderdaad lank.  Die lys bevat onder andere Jesse Jackson, Steven Spielberg (wat ’n ete met Castro as die agt belangrikste ure van sy lewe beskryf), Naomi Campbell (wat die seksuele revolusionêre sjiek van Castro skynbaar onweerstaanbaar vind), Oliver Stone (wat Castro een van die wêreld se mees wyse leiers noem) en verder Robert Redford, Spike Lee, Sidney Pollack, Woody Harrelson, Danny Glover, Ed Asner, Shirley MacLaine (nog ’n linkse Westerse tannie wat van vuil revolusionêre moordenaars hou), Alanis Morissette, Leonardo DiCaprio en Kevin Costner. Laasgenoemde is soos volg aangehaal na sy ontmoeting met Castro: “Dit was die ervaring van ’n leeftyd om net enkele voet van hom af verwyder te sit en te sien hoe hy ’n ervaring herleef wat hy as jong man beleef het.” (Hoe sê, Kevin? In die kammawêreld waarin jy leef het jy seker nog nooit iets egs as ’n jong man ervaar nie.)

    Hierdie lys, wat toegegee meestal bestaan uit akteurs en ander invloedryke leë koppe, is nietemin ook een wat bestaan uit selfverklaarde demokrate wat in dieselfde asem die doodstraf veroordeel, vryheid van spraak ondersteun en Castro voorhou as die bevryder van sy mense en ’n groot humanitêre figuur.  Daar bestaan ’n kognitiewe dissonansie by linkse ideoloë wat normaalweg byna onverstaanbaar is en wat nuwe inhoud aan Lenin se begrip van die “nuttige idioot” gee. 

    Nelson Mandela het met sy vrylating buite Pollsmoor-tronk na Fidel Castro as “’n groot vriend” verwys en sy ontmoetings met die Castro kan op Youtube aanskou word. 

    http://www.youtube.com/watch?v=-R7hw4rsUl8

    Wat sê dit oor Nelson Mandela of oor Oliver Stone of Steven Spielberg? Wat sê dit oor Pierre Trudeau, of oor Helgeer Langeland (die Noorweër wat Castro in 2001 vir ’n Nobelvredesprys genomineer het)? 

    Die bewondering vir Castro in sekere Westerse kringe sê nie veel oor Castro self nie. Castro se persoonlike geskiedenis is bekend, sy wreedheid is bekend; in baie gevalle is daar oor sy slagoffers geskryf. Hy is, om dit kort te stel, ’n boelie wat verdink word van die moorde op mede-studente aan die Universiteit in Havana 60 jaar gelede en wat vandag ’n staat regeer wat oor die laaste 45 jaar duisende tereggestel het (ongeveer 550 net in die eerste ses maande ná die revolusie). Baie meer is toegesluit en word steeds aangehou (Castro het die feit al in die openbaar erken).  Hy is verder verantwoordelik vir die verdrukkende klimaat in Kuba.  Dit is alles goed gedokumenteer.  Daar is inderdaad al aantygings gemaak dat genoeg in Kuba onder Castro gebeur het om ten minste ’n ondersoek na “misdade teen die mensdom” te gelas. http://en.wikipedia.org/wiki/Human_rights_in_Cuba

    Die rede vir Castro se bewonderenswaardige beeld by sekere Westerse figure kan dus nie by Castro gesoek word nie, maar kan net vasgestel word deur diegene wat hom admireer te ondersoek.

    Waarom het Castro ’n skadu oor die tweede helfte van die twingigste eeu gegooi?  Was dit sy militêre avonture in Afrika waar duisende van sy soldate gesneuwel het of was dit sy rol in the Kubaanse missielkrisis? Is dit die Amerikaanse beheptheid met hom en hulle pogings om van hom ontslae te raak?  Of was dit sy verpersoonliking as radikale leier?  Of was dit omdat soveel joernaliste en invloedryke figure in Hollywood hom bevoordeel en bevorder het?  Waarom word Castro se toesprake en bedrywighede met ywer in die Westerse pers opgedis?  En hoekom is daar vandag afwagting in die Westerse pers vir sy ondergang, asof hy die leier van ’n beduidende land is?

    Daar was blykbaar altyd ondersteuners van Castro onder Westerse joernaliste en hulle het dit as ’n persoonlike taak gesien om vir hom die woord te doen.  Die vrye beriggewing en kolomspasie in invloedryke Westerse koerante (The New York Times en ander) het hom beroemd gemaak en Castro, wat bekend is vir sy urelange vervelige en dreunende toesprake, het op sy beurt die Westers pers briljant vir sy eiesoortige propaganda gebruik.  Sy foute en wreedheid is ook deur die Westerse media oorgesien.  Dit is ironies dat Castro bevoordeel is presies deur dít wat hy in Kuba sou verafsku het – ’n vrye pers en vryheid van spraak.  

    Nelson Mandela se heldeverering vir Fidel Castro is baie bekend.  Mandela, wat hoog opgee oor vryheid (ten minste in al sy toesprake) praat van Castro as “sy goeie vriend”, as ’n “groot man” wat baie gedoen het vir bevryding en vir sy mense en as ’n revolusionêre figuur wat vryheid na Kuba gebring het.  Dié heldeverering sê natuurlik baie meer oor Mandela as wat dit iets oor Castro te kenne gee, net soos wat dit baie meer vertel oor Hollywood se “bruikbare idiote”.

    Castro se komende dood sal verandering in Kuba bring.  Miskien sal die eiland nog vir ’n klompie jare aanstrompel onder Raúl, maar een of ander tyd sal die regime ondergaan. Daarna, en dit is die grootste ironie in die hele verhaal, sal Kuba word wat Castro nie wou hê dit moes word nie – ’n speelplek vir ryk Amerikaners en die eiendom van die invloedryke en ryk Kubaanse uitgewekenes in Miami.

    печи для домаДанильченко Юрий Брониславович компромат

  • Die Weste en Afrika, en Singapoer en die Ivoorkus

    Maar normaalweg gesien is Westerse moonthede, selfs voormalige koloniale moonthede soos Brittanje en Frankryk, nie behep met Afrika nie. Afrika is die lastige kontinent, wat net aandag kry as daar ‘n krisis is. Dit is hoogstens ‘n bodemlose put waarin geld en ander bates skynbaar sonder effek in die vorm van ontwikkelingskapitaal gestort word, en is ‘n bron van nuus wat verskriklike wrede en onmenslike optrede openbaar maak. Met ander woorde, vanuit ‘n Westerse oogpunt is Afrika arm, wreed, onbenullig, behoeftig, en onbeskaafd. Die ontleding verskaf aan die Weste ook die geleentheid om “goed” te doen. Westerse regerings en indiwidue (bv. Stephen Lewis en Bob Geldoff) maak aanspraak op hulle eie morele meerderwaardigheid deur skenkings of aksies wat Afrika sou bevoordeel.

    Sommige moderne Westerse politici gee dus wel aan Afrika aandag, veral omdat die anti-rassistiese klimaat in die Weste dit moreel van hulle verg. Met ander woorde, om goed te lyk in die Weste, kan ‘n politikus op een of ander stadium wys dat hy vir Afrika omgee, en dat die swart lyding in die kontinent hom roer. Dit is natuurlik moeilik om die egtheid daarvan te peil, maar sommige kommentators in die Weste interpreteer dit dikwels wel baie sinies. 

    Dié anti-rassistiese sosiale klimaat in die Weste was dan ook verantwoordelik vir die Weste se skerp optrede teen wit Suid-Afrika in die 1980s. Dié sosiale klimaat (wat eintlik in die VSA ontstaan het as gevolg van Martin Luther King Junior se desegregasieveldtog) is ook ‘n Westerse ideologie, en Westerse idees tesame met kommunisme (ook ‘n Westerse ideologie) het die ideologiese klimaat onderliggend aan “bevrydingsbewegings” soos ZANU-PF en die ANC geskep. Dit is ongetwyfeld die geval dat beide die organisasies vandag regeer omdat hulle deur Westerse inmenging en ondersteuning verkose was om regerings in onderskeidelik Zimbabwe en Suid-Afrika te word.

    Daar was ‘n tweevoudige beleid jeens Suid-Afrika vanuit die Weste in die tydvak vanaf 1960 tot 1989. Enersyds het die Koue Oorlog die Weste beïnvloed om wit Suid-Afrika as ‘n bondgenoot teen kommunisme te sien, en andersyds was wit Suid-Afrika se apartheidsbeleid lynreg teen die ontwikkeling van Westerse insig omtrent ras en veral ten opsigte van die Westerse gelyksheidsideaal.

    Selfs in die post-apartheidtydvak beïnvloed Westese idees die ekonomiese en sosiale beleid in Suid-Afrika, asook die res van Afrika. Die ANC se swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie-beleidsrigtings is byvoorbeeld vanuit die Weste ingevoer. Daar is weergawes van SEB, RA, desegregasie, ensovoorts in die VSA, Kanada, Engeland en ander lande, maar weergawes hiervan wat nie naasteby so drakonies soos die ANC se beleid is nie. Dit is verder duidelik dat Suid-Afrika en post-koloniale Afrika veral na die Weste kyk vir beleidsontwikkeling, vir hulp, vir kundigheid en vir leiding.

    Die ideologie onderliggend aan desegregasie het teen die einde van die twintigste eeu ryp geword as “anti-rassisme” en die “gelyksheidsideaal”, wat onderliggend aan Westerse beleidsrigtings soos regstellende aksie en swart (of eerder minderheids-) ekonomiese bemagtiging. (Wit) Westerse idees oefen dus steeds belangrike invloed op Afrika uit, ten spyte van aansprake deur verskeie Afrika-leiers dat Afrika sy eie ideologie moet ontwikkel (daar word dikwels van Ubuntu gepraat as die grondslag vir ‘n Afrika-filosofie, waaruit ekonomiese en sosiale beleid gevorm kan word).

    Anti-rassisme en die gelykheidsideaal is vandag integraal deel van die Westerse wêreldsiening. Afrika word dus normaalweg vanuit hierdie perspektief bejeën. Indien daar natuurlik hoegenaamd aan Afrika gedink word, bygesê. Vanweë migrasie vanaf Asië na die Weste, handel asook olie en ander rustowwe, is die Ooste en Midde-Ooste ekonomies en kultureel baie belangrikriker as Afrika in die Weste. Westerse kultuur en politiek is besig om aan te pas by die opkomende Ooste, met die gevolglike verskraling in enige invloed wat Afrika mag uitstraal.

    Afrika was eens internasionaal van kardinale belang in Europa, en veral gedurende die koloniale tydvak. Westerse moonthede het soms oorlog verklaar oor sake in Afrika. Toegang tot grondstowwe en produkte soos goud, koffie en rubber, was van groot belang in Westerse ekonomië, en internasionale politiek is dikwels oorheers deur kompetisie vir en handel in dié kommoditeite.

    Ná die Tweede Wêreldoorlog het Afrika se ekonomiese belang in die Weste begin afneem. Die nuwe olie-ekonomie het die Midde-Ooste se strategiese belangrikheid verhoog, en Westerse state het belangstelling in hulle kolonies begin verloor. Tesame met die opkoms van die desegregasieveldtog in die VSA, is dit die hoofrede waarom koloniale moonthede onafhanklikheid aan hulle kolonies na 1945 begin toestaan het.

    Afrika se belangrikheid het dus ongetwyfeld reeds internasionaal getaan het. Die opkomende Ooste en natuurlik die olie-ryk Moslem Midde-Ooste het sedert die 1980’s sleutelrolle op internasionale vlak begin speel, met die gevolg dat Afrika nie meer in Westerse lande as belangrik beskou word nie. Daar is ook vandag ‘n historiese kompetisie wat dalk eeue kan duur tussen Islam en die Weste, en niemand weet wat die uiteindelike resultaat sal wees nie. Die kompetisie is van kardinale belang in die Weste, met die gevolg dat veral Afrika nie meer as nuuswaardig of interessant in die Weste beskou word nie. Verder verskuif ekonomiese mag na die Ooste, en verander die internasionale magsbalans. Europa se sentrale rol in die wêreld is besig om af te neem, en kan tesame met ‘n geïsoleerde Amerika in ‘n post-olie tydvak daartoe lei dat die Weste heeltemal uit Afrika onttrek.

    Dit is veral die kontrasterende ekonomiese verskille tussen die Ooste en Afrika wat die Weste se blik op Afrika tans beïnvloed. Waarom slaag die Ooste, maar Afrika is skynbaar besig om te vergaan? Westerse media (en winkels) is vol van nuus en produkte vanuit die Ooste. Motors uit Korea, elektroniese produkte uit Sjina, dienslewering uit Indië, vakansies in Thailand, Japanese toeriste en produkte, om maar ‘n paar verskynsels op te noem, is vandag volledig deel van ‘n Westerse lewenservaring.

    Uit Afrika is daar ongelukkig egter net gerugte van oorlog en hongersnood. Daar is ook gerugte van onverantwoordelike bevolkingsgroei, en Westerlinge wonder soms waarom Afrikane so baie kinders kry. Dié vraag word omtrent altyd misverstaan. Westerlinge bevraagteken nie waarom Afrikane kinders kry nie, maar waarom hulle kinders kry vir wie hulle skynbaar nie kan sorg nie. Dis is ongewoon in Westerse gesinne om kinders te kry vir wie daar nie gesorg kan word nie. Die gevolg is kleiner gesinne, en in Westerse kultuur rus die plig om ‘n kind op te voed vierkantig op die skouers van die kind se ouers. Die onderliggende motief aan die vraag is dus waarom Afrikane kinders baar vir wie hulle self (indiwidueel) nie kan sorg nie. Kontrasteer die vraag nou met Westerse ouers se aanvaarding dat ouers primêr vir kinders verantwoordelik is, en die motief onderliggend aan “Why do those people have so many children?” word duidelik. Die vraag is nie rassisties nie, maar getuig eerder van ‘n kultuurverskil tussen die Weste en Afrika.

    Maar om terug te keer tot oorspronklike vraag: Waarom slaag die Ooste, maar Afrika is skynbaar besig om te vergaan?

    Om die vraag ‘n bietjie verder te ontleed kan ons twee lande, een ‘n Asiese staat, en die ander ‘n Afrikastaat, in geskiedkundige kontras teenoor mekaar plaas. As Asiese staat kan ons na Singapoer kyk, wat as ‘n Britse kolonie ‘n taamlike parallelle geskiedenis met sommige kolonies in Afrika het. Dit is ‘n eiland met geen natuurlike hulpbronne nie, en met inwoners wat op ‘n stadium nie baie welkom in hulle omgewing was nie. As Afrikastaat ontleed ons die Ivoorkus. Tot onlangs was dit een van die min Afrikastate wat kon aanspraak maak op “sukses”, en ek plaas “sukses” in aanhalingstekens omdat dit eintlik relatiewe sukses is – sukses relatief tot ander Afrikastate.

    Singapoer is ‘n multikulturele staat in die ware sin van die woord, met etniese Chinese, Maleise en Indiese inwoners asook ‘n groot aantal Europeërs en mense uit ander wêrelddele. Die bevolking bestaan uit ongeveer 4.5 miljoen mense waarvan ongeveer 75% Chinees is. Terwyl Chinese lank reeds in die area doenig was, begin die moderne verhaal van Singapoer in 1819, toe die Britte ‘n handelspos op ‘n eiland in die Singapoer seestraat gestig het. Singapoer bestaan uit net een eiland wat geleë is ongeveer 85 myl vanaf die ewenaar. Dit was ‘n tropiese moeras, maar sy ligging langs ‘n besige handelsroete was van strategiese belang. Die ekonomie was ten eerste gebaseer op die uitvoer van palmolie en rubber vanaf Maleisië. In 1867 skei die Britte Singapoer formeel van sy ander Asiese kolonies, en word Singapoer ‘n Kroonkolonie, saam met lande soos Australië, Natal en die Kaapkolonie, en Kanada.

    In die Tweede Wêreldoorlog word Singapoer deur Japan aangeval – nie van die see af nie, maar oor land. Die Japanese soldate het met fietse deur Maleisië getrek en die Britte, wat ‘n see aanval verwag het, verras. Die Japanese okkupasie was brutaal, en tienduisende inwoners van Singapoer is dood terwyl die ekonomie tot stilstand gedwing is. Met bevryding in 1945 was dit reeds duidelik dat Singapoer nie baie langer as ‘n kolonie sal voortbestaan nie, en in 1955 kry die land vir die eerste keer selfregering.

    In 1963 sluit Singapoer by Maleisië aan in ‘n kortstondige unie, maar die Maleisiërs kon ‘n oorwegend Chinese stad in hulle midde nie verdra nie (die gevolg van blatante rassisme) en Singapoer is oplaas uit Maleisië geskop op 9 Augustus 1965. Net een eiland, sonder grondstowwe, en ekonomies afhanklik van handel met Maleisië; seker die kleinste tuisland ooit geskep vir ‘n ongewenste minderheid. Apartheid in Suid-Afrika het Xhosas en ander etniese groepe ten minste baie meer beskaafd behandel.. Hierna het Singapoer ‘n moeilike tydvak betree waarin ‘n nasionale identiteit vir haar burgers geskep moes word. Singapoer moes ook ‘n ekomiese rede vind om vooruit te gaan. In die opsig het hulle voordeel getrek uit die strategiese ligging van Singapoereiland.

    Die eerste minister van Singapoer, Lee Kuan Yew, het Singapoer vir die daaropvolgende 31 jaar met ‘n ysterhand regeer. Sy regerende party was so oorweldig verteenwoordig in die parlement dat Singapoer feitlik ‘n eenpartystaat was. Drakoniese reëls is ingestel met heftige boetes en soms lyfstraf vir rommelstrooi, die versuim om ‘n toilet te spoel, ensovoorts. Die doodstraf is ingestel vir dwelmsmokkelary en selfs Westerse oortreders, soos toeriste, het nie gespaar bly nie. Singapoer was dus nie ‘n demokrasie in die Westerse sin van die woord nie, maar eerder ‘n baie meer outoritêre weergawe van ‘n demokrasie. Ten spyte, of dalk as gevolg van, die outokratiese regering, het Singapoer se ekonomie vinnig begin groei ná 1970. Vandag is Singapoer een van die juwele van Asië – ‘n ryk stad met wolkekrabbers en ryk en besige inwoners. Dit is skynbaar die enigste stadstaat wat in die VN sit, en invloed uitoefen ver bokant sy landomtrek. Eers in 1990 kry Singapoer ‘n tweede eerste minister, Goh Chok Ton.

    Die area wat vandag die Ivoorkus beslaan daarenteen, was ‘n onafhanklike staat so lank terug as die elfde eeu. Die Portugeese het die gebied besoek om te verken en handel te dryf, maar het dit nooit gekoloniseer nie. Eers in 1843 land ‘n paar Franse koloniste en word die Ivoorkus ‘n Franse protektoraat. In 1893 word die Ivoorkus ‘n volwaardige Franse kolonie, en in 1904 ‘n deel van die Franse Wes-Afrika. In 1946 word die Ivoorkus ‘n Franse Oorsese Area (soortgelyk aan Algerië, en ander lande) en met die dissolusie van Franse Wes Afrika in 1958 verkry die Ivoorkus outonomie as die Republiek van die Ivoorkus. Die leier van die dominante party, Felix Houphouët-Boigny word eerste minister in 1958, en lei die Ivoorkus tot onafhanklikheid in 1960. Houphouët-Boigny bevorder homself tot president en verander die Ivoorkus in ‘n eenpartystaat. Onder Houphouët-Boigny groei die ekonomie relatief tot ander Afrikastate, en teen 1990 word daar dikwels na die land as ‘n Afrika suksesverhaal verwys.

    Met die dood van Houphouët-Boigny in 1993 word hy opgevolg deur Bédié wat die volgende multiparty verkiesing in 1995 wen. Die weermag voer ‘n staatgreep uit in 1999 en die Ivoorkus word ‘n militêre diktatuur onder genl. Robert Guei. In ‘n verkiesing in 2000 word Laurent Gbagbo verkies tot president, maar Alassane Ouattara, oftewel ADO, ‘n leidende opposisie figuur, word verbied om aan die verkiesing deel te neem. ‘n Regering van Nasionale Eenheid word deur Gbagbo in 2002 gevorm en Guei sterf in ‘n staatgreep wat deur rebelle van die Mouvement Patriotique de Côte d’Ivoire (MPCI) uitgevoer word. Die staatgreep is nie suksesvol nie, maar die rebelle slaag daarin om ‘n deel van die Ivoorkus oor te neem. Intussen ontstaan ander rebellegroepe, onder andere die Mouvement Populaure Ivoirien du Grand Oeust (MPIGO) en Mouvement pour la Justice et la Paix (MJP), en die rebellie ontaard in ‘n burgeroorlog. In 2003 word Franse en Afrika Vredesmagte ontplooi en ‘n regering van nasionale rekonsiliasie word gevorm.

    Die bevolking van die Ivoorkus is ongeveer 17.5 miljoen wat verskeie etniese groepe insluit. Die grootste etniese groep is die Akan (42% van die bevolking) gevolg deur die Gur (18%). Daar is ook ongeveer 130,000 Lebanese en daar was tot onlangs ongeveer 20,000 Franse koloniste in die land. Die aankoms van Franse troepe met Operasie Licorne in die land in 2003 was goed bedoel – ‘n Franse politieke ontleder, Justin Vaisse, stel dit soos volg “France cannot afford – and the international community cannot afford – to let Ivory Coast, which was one of the pillars of stability in West Africa, fall apart”. Frankryk wou ook ten alle koste verhoed dat die Ivoorkus ‘n mislukte staat word, en was besorg oor die 20,000 Franse burgers in die land. Maar daar was ook kommer in Parys dat Frankryk in ‘n moeras van geweld en teëspoed verstrengel kon raak.

    Intussen word veral wit Franse deur Afrikane in die Ivoorkus aangeval. Westerse koerante vermy die storie, of skaal dit af in hulle bladsye, waarskynlik om die rassekomponent in die moorde te ontken en om beskuldigings van rassisme te vermy. Oosterse koerante skryf meer openlik oor die gebeure. In November 2004 berig The Manilla Times in die Filipyne dat

    “For more than 100 years, French families have made their home in this tropical country [The Ivory Coast], rich in coffee and cocoa. Its main city [Abidjan], with its towering skyscrapers, crisp croissants and fine wines, became known as the Paris of West Africa.

    Now an unparalleled and deadly showdown between France and its former prize colony has the majority of them fleeing wild looting and burning. For many on both sides of the crisis, it was a turning point that threatens to reshape France’s cozy relationship with its former African empire.

    “It is the end of a the decolonization process,” said one French longtime resident, an autoparts dealer who asked not to be named.” (The Manilla Times, 30 November, 2004)

    Die Manilla Times berig verder dat: “Antiforeigner crowds rampaged across the government-held south, sending more than 8000 of the the country’s 14,000 French residents fleeing in one of the largest evacuations of Westerners in post-independent Africa… A number of European women were raped, according to France.”

    Die Ivoorkus was die enigste Wes-Afrikaanse staat met ‘n stabiele Europese bevolking. Franse onderwysers, adviseurs, tegnici en ingeneurs, het na die Ivoorkus gevloei en gehelp om die Ivoorkus die grootste uitvoerder van kakao in die wêreld te maak. Vandag ervaar die Ivoorkus ekonomiese verarming. Die CIA-webwerf stel dit soos volg “Political turmoil damaged the economy in 2005, with fear among Ivorians spreading, foreign investment shriveling, French businesses and expats fleeing, travel within the country falling, and criminal elements that traffic in weapons and diamonds gaining ground.” Die Ivoorkus is tans net nog ‘n mislukte Afrikastaat, dit ten spyte die groot markte vir haar produkte in Europa, en ‘n tradisie van handel met Frankryk.

    Vanuit die Westerse oogpunt is die verskil tussen Singapoer en die Ivoorkus onverklaarbaar. Twee lande, beide tropies, en een word ‘n wenland in die ware sin van die woord, terwyl die ander skynbaar glad nie werk nie. In Asië was Singapoer ‘n moerasagtige eiland gewees met ‘n Chinese weesbevolking wat in ‘n Britse kolonie omskep is. Dit was ‘n plek sonder grondstowwe of landboupotensiaal en het net gedien om tropiese produkte vanaf nabygeleë Maleisië na Europa uit te voer. Dit het in die 1960’s onafhanklik geword en het ‘n infrastruktuur ge-erf, is deur ‘n eenpartystaatperiode met ‘n outokratiese leier, en het ontwikkel in ‘n suksesvolle onafhanklike en ryk staat. In Afrika was die Ivoorkus as tropiese gebied vol landboupotensiaal (koffie en kakao) en grondstowwe wat in ‘n stabiele en welvarende kolonie met goeie infrastruktuur deur die Franse omskep is. In die 1960’s word dit onafhanklik en word dit, soos Singapoer, ‘n eenpartystaat met ‘n outokratiese leier. Maar ekonomies faal die Ivoorkus, en dit ontaard in ‘n burgeroorlog tussen rebellebewegings wat ook veral teen (wit) Franse inwoners optree.

    ‘n Verdere vergelyking tussen die Ivoorkus en Singapoer wys dat die twee state uiteenlopende ontwikkelingspaaie gevolg het. As twee lande is die Ivoorkus en Singapoer vandag wêrelde van mekaar verwyder. Die lewensverwagting in Singapoer is 82 jaar en kindersterftesyfer is 2.29 kinders per 1000 lewende geboortes. In die Ivoorkus is die lewensverwagting 49 jaar en die kindersterftesyfer is ‘n skokkende 89.11 kinders per 1000 lewende geboortes. 92.5% van Singapoerese oor die ouderdom van 15 kan lees en skryf, in die Ivoorkus is dit net 50.9%. Die bruto nasionale produk per kapita in Singapoer is $29,900 terwyl dit net $1,500 (twintig keer laer) is in die Ivoorkus.

    Vergelykings soos die bostaande het die Weste sinies oor Afrika gemaak. “Waarom slaag die Ooste, en waarom slaag Afrika nie?”, word dikwels gewonder, en veral waarom slaag Afrika nie ten spyte van die biljoene dollars in ontwikkelings- en ander hulp wat die Weste oor die laaste dekades verskaf het nie. Waarom het Zimbabwe ondergegaan nadat Brittanje ingegryp het om ‘n stabiele regering onder Mugabe in te stel? Waarom het lande soos Mosamiek en Angola vergaan? Hoekom is Kenia en Tanzanië vandag so brandarm – armer en meer onstabiel as wat dié lande gedurende die koloniale tydperk was? Kolonialisme op sig self, kan nie die rede wees nie. Chinese in Singapoer was net soveel “gekoloniaseerd” as wat die Akan in die Ivoorkus was. Handel het in beide Singapoer en die Ivoorkus op koloniale terme plaasgevind, en op die koop toe is Singapoer gedurende die Tweede Wêreldoolog erg deur die Japanese verniel.

    Daar was al verskeie pogings om dié tergende vrae te beantwoord. Boeke deur ekonomiese en politieke onleders in die Weste bespiegel dikwels oor Afrika se universele mislukkings. Onder andere is daar Peter Schwab se boek “Africa – a continent self-destructs”, en “Negreogie” deur Stephen Smith. Peter Schwab skryf op bladsy 2 van sy boek dat:

    “By the late 1970s and into the 1980s and 1990s, much of the continent [Africa] had devolved into chaos. Little was left of the optimism that had permeated African leaders, African specialists, and western academics who were writing about and studying the continent. Although many intellectuals including myself attempted to hold onto some enthusiam, it really did seem apparent that Africa south of the Sahara had matriculated into a period in which pandemonium, war, predatory governments, disease, poverty, famine, and western neglect were strikingly in ascendence. As the world entered the new millenium, sub-saharan Africa had all but collapsed into anarchy and viciousness.”

    “Anarchy and viciousness” om Schwab weer aan te haal. Die ander kenmerk wat Westerse kommentators erg oor Afrika onstel is die gerugte van ongeëwenaarde wreedhede wat tydens misdaadpleging en oorlog plaasvind, en die algemene wetteloosheid wat regoor die kontinent geld, tot in die hedendaagse Suid-Afrika, wat voorheen ‘n redelike geordende samelewing was. Die volksmoord in Rwanda in 1994 het die Weste diep geskok, veral omdat hulle beskuldig is van ‘n ongeërgde en siellose benadering tot die gebeure (waarskynlik omdat die slagoffers swart was). Verder merk Schwab op dat “The exuberance and innocence of the 1960s [are] gone. Violence and death have replaced the expectations of four decades ago…. Too many African countries exist in name only, and their appearance on maps is the only thing coherent about them.”

    Terwyl Afrika-leiers soos die President van Suid-Africa, Thabo Mbeki, dikwels kla oor die beeld wat die Westerse media oor Afrika versprei, let Schwab op dat “The Western media has overall presented a bleak yet ordinarily accurate view of the continent in the late twentieth and early twenty-first centuries.” Met ander woorde, Westerse kommentators is meestal eerlik as hulle oor Afrika skryf. Dit is duidelik in die Weste dat Afrika suid van die Sahara in ‘n destruktiewe siklus vasgevang is waarvan die einde nog steeds nie in sig is nie, ten spyte van Nepad, en die Afrika-unie se mooi gebare en ander tekens.

    Terwyl menseslagting, verarming, onrus en siektes Afrika verteer, is Afrika ook ekonomies onbenullig. Net een persent van die wêreld se Bruto Nasionale Produk kom uit Afrika, en net twee persent van wêreldhandel is met of in Afrika. Per kapita inkomste in Afrika is laer vandag as in 1960. Daaglikste roetine op die kontinent is oor die algemeen maar somber. Drinkwater is onveilig en skaars, meeste Afrikane leef sonder sanitasie, en VIGS is ‘n kontinentale katastrofe. Westerse ingryping in die vorm van hulp (op ‘n massiewe skaal) het skynbaar min verskil aan die situasie gemaak, en daar word in die Weste van “donor-fatigue” gepraat – ‘n sinisme dat daar geen salf aan Afrika te smeer is nie. Dit is duidelik dat omtrent geen Westerse kommentator meer optimisties oor Afrika skryf nie, ten spyte van die historiese las van “wit skuld”.

    Die relatiewe ondergang van Europa, die opkomende Islamitiese wêreld en Ooste gaan die posisie van Afrika in die wêreld beduidend verander. Voormalige Europese koloniale moonthede en die VSA het ‘n lang tradisie van beheptheid met Afrika. Die beheptheid is deels toe te skryf aan die koloniale geskiedenis en deels aan “wit skuld” gebaseer op “koloniale uitbuiting” (as daar so iets was) en “Civil Rights” op die Amerikaanse tema. Asiese lande deel nie die uitgangspunt nie, en nóg “wit skuld” nóg ‘n koloniale geskiedenis sal Asiese moonthede oortuig dat Afrika spesiale regte of aansprake het. Met ander woorde, die feit dat die Weste se aandag nou op die Moeslemwêreld gevestig is, en verder ook deur ekonomiese sukses in China en ander Oosterse moonthede getrek word, maak van Afrika ‘n toenemend onbenullige wêrelddeel. Westerse hulp, wat eens so mildelik oor Afrika uitgestort is kan dalk heeltemal opdroog as Westerse ekonomië weens olietekorte of weens kompetisie met Oosterse lande nie meer floreer nie. Opkomende Oosterse state mag na Afrika kyk as ‘n bron vir noodsaaklike grondstowwe, en sal waarskynlik stappe neem om hulle ekonomiese belange daar te beskerm, soos wat Europa en die VSA dit gedoen het, en vandag nog doen sover dit olie aangaan in die Midde-Ooste.

    casino slotsФільчаков Олександр Васильович

  • Israel en Libanon: Oorlog, oorlewing en ondergang

    Terwyl Amerikaanse soldate in Irak vasgekeer is, word daar in die buurland Iran kernwapens ontwikkel. Westerse inligting is dat die Iranese President Mammoed Ahmadinejad, wat ‘n fanatiese Moslem is, se regering reeds jare lank kernmateriaal en kennis werf en dat Noord-Korea waarskynlik aan die projek deelneem. Iran en Noord-Korea, wat saam met Irak deur die Amerikaanse President Bush as die "Axis of Evil" bestempel is, gaan egter onverstoord met die kernprojek voort. Veral Noord-Korea, wat medium- en langafstandmissiele begin toets, is besig om baie kommer in Washington te veroorsaak.

    Die Irakese oorlog demonstreer die fundamentele onvermoë van selfs die uitstekend toegeruste en opgeleide Amerikaanse leër om effektief met ‘n groep swak maar gedetermineerde insypelaars af te reken. As die Amerikaanse leer nie eers effektief orde in Irak kan handhaaf nie, wat dan van Iran en Noord-Korea? Die teenwoordigheid van die gedugte Amerikaanse leër in Irak het die Iranese President Mammoed Ahmadinejad glad nie ontsenu nie. Inteendeel, hy is uitdagend en die Amerikaanse regering weet skynbaar glad nie hoe om hom te hanteer nie. Voeg hierby ‘n onderduimse geknoeiry deur Sjina en Rusland, onrus en oorlog in Afghanistan waar Kanadese en Europese Unie-soldate veg, en die prentjie word sommer baie kompleks.

    Aan die plus-kant kan opgemerk word dat Sirië, wat normaalweg ‘n broeiplek vir radikalisme verteenwoordig, taamlik stil is, alhoewel hulle steeds baie steun en wapentuig aan radikale groepe soos Hesbolla en Hamas verskaf. Egipte, onder leiding van Hosni Moebarak, en Libië wat steeds deur Moehammed Kaddafi regeer word, is ook raaiselagtig stil.

    Dit is bykans onmoontlik om gebeure in die Midde-Ooste in isolasie te beskou, en terwyl ons nou op Libanon en Israel gaan konsentreer, moet mens in gedagte hou dat Iran, Sirië en ander rolspelers ‘n belangrike invloed op die toestande in Libanon uitoefen. Die onlangse gebeure in Libanon vind inderdaad nie in isolasie plaas nie, maar teen die agtergrond van die Irakees-Amerikaanse oorlog en die ontwikkeling van kernwapens in Iran.

    Libanon is ‘n baie klein Mediterreense land met heelwat heuwels. Dit is sentraal in die Midde-Ooste langs histories belangrike handelsroetes en met belangrike hawens geleë. Dit grens aan Sirië in die noorde en ooste, en aan Israel in die suide. Die land het ‘n baie heterogene Semitiese bevolking in die religieuse sin. Christene, Moslems, Maroniete en ander groepe deel die beperkte gebied al vir eeue lank, en het tot onlangs in vrede en taamlike vooruitgang saam geleef. Libanon was ook ‘n Franse kolonie wat in 1943, toe Duitsland Frankryk beset het, onafhanklik geword het. ‘n Nasionale ooreenkoms in 1943 tussen Christene en Moslems het vir stabiliteit in die nuut onafhanklike land onder ‘n Christen-president en ‘n Moslem-eerste minister gesorg.

    Terwyl die eerste dekades van Libanon se bestaan taamlik vooruitstrewend was, raak die land in verskeie oorloë betrokke. In 1948 val Libanon Palestina binne met die doel om ‘n Joodse oorname in die staat te verhoed. In die Palestynse burgeroorlog seëvier die Jode egter, en Israel word in 1948 ‘n nuwe, erkende staat. ‘n Direkte gevolg van die vorming van Israel was die uitsetting van 110 000 Palestynse vlugtelinge uit Israel na Libanon. Teen 1975 het die getal tot meer as 300 000 gestyg, en Jasser Arafat se Palestynse Bevrydingsorganisasie het beheer oor die vlugtelinge oorgeneem.

    Die las van die vlugtelinge op die Libanese ekonomie het veral Moslems in die land geradikaliseer, en teen 1976 breek onruste tussen Libanese (meestal Christene onder leiding van Bachir Gemayel, maar ook ander groepe soos Maroniete) en Palestyne uit. Libanese Moslems (wat hoofsaaklik Sunni- en Droese-Moslems is), skaar hulle aan die Palestynse kant en uiteindelik ontaard die onrus in ‘n burgeroorlog. Die oorlog bring ook ‘n einde aan die relatiewe welvaart wat die land sedert die Tweede Wêreldoorlog geniet het.

    Sirië tree toe tot die oorlog in 1976 om te verhoed dat Palestyne die Maroniete verslaan, en beset dele van Libanon tot in 2005. Ironies genoeg het hulle intussen kant verwissel om die Palestyne te ondersteun. Die grootste ondersteuners van die Maroniete vandag is Israel.

    Na herhaalde aanvalle op Israel vanuit Suid-Libanon, reageer Isreal in 1978 met ‘n militêre inval. Israeliese magte vertoef nie lank nie, en laat die Suid-Libanese Magte, wat meestal uit Christen-soldate bestaan, in beheer nadat hulle onttrek. Palestyne is egter steeds in vlugtelingkampe in Suid-Libanon, van waar hulle gereeld aanvalle op Israel loods. Uiteindelik veroorsaak dit ‘n tweede Israeli-inval in 1982. Die Israeliese doelwit is om die Palestynse Bevrydingsorganisasie uit die area te verdryf. Israel se planne lei egter skipbreuk met die sluipmoord op Bachir Gemayel.

    Die sluipmoord op Bachir Gemayel gee aanleiding tot massamoorde op Palestyne in die Sabra- en Shatila-vlugtelingkampe, wat die Israelis in beheer van die gebied ooglopend toelaat. Ariel Sharon word later persoonlik hiervoor verantwoordelik gehou deur die bevindinge van die Kahan-kommissie. Hisbolla, ‘n Moslem- politieke organisasie wat dekades later ‘n dominante invloed op die area sou uitoefen, word gestig en is aanvanklik ‘n swak en ongeorganiseerde beweging.

    Amerikaanse soldate arriveer ook in Lebanon in 1982 waar daar reeds Franse en Italiaanse vredesmagte ontplooi is. Die Amerikaners se doel was om Libanon se verwoestende burgeroorlog stop te sit. In 1983 ontplof ‘n bom voor die Amerikaanse Ambassade: 61 mense sterf in die aanval, waaronder 17 Amerikaners. Op 23 Oktober 1983 ontplof ‘n 12 000 pond-bom voor die Amerikaanse soldate se barrakke, en 241 Amerikaanse en 58 Franse soldate sterf. Die gebeure gee direk aanleiding tot die ontrekking van Amerikaanse soldate uit Libanon in 1984. Die vakuum wat hulle laat, word later deur Hisbolla gevul.

    Die Libanese burgeroorlog duur onverpoos voort tot in 1990, en Israeliese soldate bly aan in die suide van die land tot in 2000. Siriese soldate beset sekere dele van Libanon tot in 2005. In 2005 word die eerste minister, Rafik Hariri, vermoor in ‘n komplot wat sommige aan die Mossad toeskryf. Die Verenigde Nasies het later in die Mehlis-verslag aangedui dat die sluipmoord so goed beplan was dat net ‘n regeringsorganisasie daaragter kon wees. Vandag word dit algemeen aanvaar dat daar inderdaad ‘n komplot gesmee was om hom te vermoor. Libanese aanklaers reik ook lasbriewe uit vir die inhegtenisname van ses Australiërs, maar die Australiese polisie wat die saak ondersoek, voer aan dat daar geen bewyse is wat die mans met die sluipmoord verbind nie.

    Die jare vanaf 1990 word gekenmerk deur die groei van Hisbolla van ‘n onbeduidende beweging tot ‘n dominante speler teen 2005. Die sjarmante Sjeik Hassan Nasrallah, die leier van Hisbolla, het vandag ‘n kultus-status onder Moslems en Arabiere, en word wyd bewonder vir sy vermoë om Israel en die Weste uit te daag. Iranese steun, die lojale ondersteuning van Palestyne en Moslems in Suid-Libanon, asook brawe (maar onbeholpe) vegters wat nietemin goed ingegrawe is, maak van Hisbolla ‘n gedugte teenstander wat die Israeli’s sterk teenstand bied.

    Die huidige president van Libanon is President Emile Lahoed wat sterk deur Sirië ondersteun word. Nóg die president, nóg die land se parlement, waarin Hisbolla as ‘n groot party sit, is in staat om beheer oor Hisbolla uit te oefen. Die party se oogmerke is tweevoudig: die vernietiging van Israel en die stigting van ‘n fundamentele Moslemstaat in Libanon. Die party het sy eie televisiestasies, koerante en beheer selfs hospitale en lewer sosiale dienste waardeur dit wye ondersteuning onder veral Moslem-Libanese geniet. Hisbolla het ook ‘n sterk milisie opgelei, wat de facto-beheer en kontrole in groot areas in Suid-Libanon uitoefen. Die organisasie is so suksesvol en invloedryk dat toesprake en opmerkings deur Nasrallah noukeurig deur Westerse regerings gevolg word: As Nasrallah praat, dan luister Bush, Blair, Olmert, Rice en Chirac sorgvuldig.

    Hisbolla se vermoëns om met gesofistiskeerde wapentuig te veg (sedert die onlangse Israeliese inval het duisende vuurpyle reeds op Israel se stede gereën), die gebruik van gesotifiskeerde anti-pantservuurpyle, en ‘n verrassende sterk teenstand in vuurgevegte met Israeliese soldate, is ‘n histories merkwaardig prestasie en dit skok politieke en militêre waarnemers wêreldwyd. Selde, indien ooit, het ‘n guerillabeweging so vinnig gegroei om so hardkoppig weerstand teen ‘n goed georganiseerde weermag en staat soos Israel te bied.

    Dit is natuurlik moontlik dat Israel ‘n groot oorwinning oor Hisbolla kan behaal, en dit kan Nasrallah, wat sy vyande so openlik uitdaag, baie kos. Maar selfs dit sal Hisbolla waarskynlik nie vernietig nie en die organisasie, met historiese sukses gebaseer op die sterk demografie en diep geloofslewe van Moslems in Suid-Libanon, sal waarskynlik soos Medusa, net weer teruggroei tot ‘n sterker organisasie. Meer waarskynlik sal die Verenigde Nasies en die Internasionale Gemeenskap ‘n wapenstilstand bewerkstellig wat Nasrallah en sy organisasie ‘n blaaskans sal gee om op ‘n ander dag weer te veg.

    Moslems die wêreld oor beskou Israel as ‘n illegitieme Amerikaanse vassalstaat en projekteer hulle weerstand teen Israel ook op die Weste. Daar is, in die radikale Moslembrein, ‘n noue verbintenis tussen Israeliese aggressie in Libanon, die toestande wat Palestynse vlugtelinge steeds na 60 jaar in vlugtelingkampe ervaar, en 11 September 2001.

    Bomontploffings in Londen, Bali en Madrid, die onlangse arrestasies van Moslem-mans in Toronto en Londen, die oorlog in Irak en die Israeliese inval in Suid-Libanon in Julie 2006, maak deel uit van ‘n luitgerekte oorlog tussen die Weste en Islam. Die Amerikaanse politieke kommentator Charles Krauthammer het onlangs opgemerk dat die oorlog nie in ons leeftyd beslis sal word nie, en ek dink dat die opmerking juis is.

    Westerse sieninge teenoor Islam is ook besig om te verhard, en President Bush van die VSA het onlangs die term "Islamofaciste" in die openbaar gebruik. Kommentators, veral diegene met ‘n meer konserwatiewe aanslag, gebruik ook uitdrukkings soos "Moslem-fasciste" openlik in die pers – ‘n skrale drie of vier jaar terug sou dit ondenkbaar wees in die politieke korrekte klimaat wat steeds in die Weste geld.

    Die belangrikste opmerking wat mens oor die Libanese situasie kan maak is die volgende: Waarom is dit skynbaar onmoontlik vir goed georganiseerde magte soos dié van Israel en die VSA om Palestynse radikale en Hisbolla te vernietig? Waarom is die verset so aanhoudend en hardkoppig, en waarom het organisasies soos die Palestynse Bevrydingsorganisasie en Hisbolla blykbaar die vermoë om selfs na gevoelige militêre terugslae weer sterker terug te keer?

    Die antwoord op die vraag is nie eenvoudig nie. Maar êrens tussen ‘n sterk fundamentele Moslemse geloofslewe, vinnige bevolkingsaanwas, en ‘n geloof in die geregtigheid van hulle aansprake, is die grondliggende rede waarom Palestyne en Moslems in Hisbolla skynbaar steeds onoorwonne staan na bloedige dekades waarin hulle telkens deur Israel en ander Westerse magte verslaan is. Die sinergie tussen geloof, bevolkingsaanwas en ‘n sterk gevoel van ongeregtigheid is ‘n kragtige resep wat baie Westerse kommentators nie verstaan nie, en wat Westerse lande met groeinde Moslembevolkings in die toekoms onaangenaam gaan verras.

    En in die Midde-Ooste is tyd en demografie aan Hisbolla en die Palestyne se kant.

    casino gameФильчаков прокурор харькова

  • 11 September 2001: ‘n nabetragting

    American Airlines Vlug 11 vlieg om 8:46:30 teen die Noord-toring van die World Trade Centre vas. Vir ‘n paar minute word aangeneem dat dit ‘n verskriklike vliegongeluk was. Die aanname is van korte duur. United Airlines Vlug 175 vlieg om 9:02:59 teen die Suid-toring van die World Trade Centre vas. Dié gebeurtenis word lewendig opgeneem op die kameras van honderde joernaliste en word regstreeks op televisie rondom die wêreld uitgesaai.

    Die dag was nog nie uitgewoed nie. American Airlines vlug 77 vlieg in die Pentagon vas teen 9:37:46, en United Airlines vlug 93 val in ‘n geploegde land in Pennsylvanië ongeveer 250 kilometers vanaf Washington teen 10:03:11. Dit word algemeen aanvaar dat die teiken vir vlug 93 die Wit Huis (die Amerikaanse presidentswoning) was en dat die vliegtuig neergestort het nadat passasiers op die vlug probeer het om beheer oor die vliegtuig vanaf die kapers terug te neem.

    In New York is daar versengende brande in beide torings van die World Trade Centre. Hoogs ontvlambare brandstof in die vliegtuie veroorsaak brande met buitengewone hoë temperature wat die staalraamwerk van die geboue begin smelt. Werkers en besoekers op die laer vlakke is besig om te ontruim, maar baie is vasgevang in die nooduitgange. Brandweermanne daag in hulle honderde op om die brand te bestry en om die geboue te ontruim. Puin en ander brokstukke stort in die strate neer, en gesluite deure, vlamme en rook keer baie mense op die dak en in die hoër vloere van die torings vas. Soos die temperatuur op die boonste vloere styg, word baie slagoffers desperaat en uiteindelik spring meer as 200 mense vanaf die 110de vloer. Hulle liggame val in die strate, en op die dakke van die ingangsportale benede. Die berugte foto "The falling man" is ‘n onstellende getuienis van die verskriklike keuse wat hulle moes uitgeoefen.

    Uiteindelik ondermyn die hoë temperatuur van die brande die strukturele integriteit van die geboue en stort hulle in duie. Duisende wat vasgevang is in nooduitgange, en honderde brandweermanne en polisie offisiere, sterf in die ineenstortings. Nog vyf nabygeleë geboue word óf totaal in die ineenstortings vernietig, óf word sodanig beskadig dat hulle later gesloop moet word.

    Tweeduisend negehonderd drie en sewentig mense sterf op dié dag in die aanvalle en dié getal sluit tweehonderd ses en veertig passasiers op die vlugte en honderd vyf en twintig mense in die Pentagon in. Driehonderd drie en veertig brandweermanne sterf asook drie en twintig polisie- en sewe en dertig hawepolisie-offisiere. Daar is steeds vier en twintig mense wat vermis word.

    Êrens in die Midde-Ooste kyk ‘n groep mans op die dag na die nuusuitsending op CNN. Wat hulle gedink het, sal niemand weet nie. Ek stel my voor dat hulle tevrede was, en dalk selfs opgewonde. Die Groot Satan het ‘n bloedneus.

    Die groep mans is skynbaar nie besonder nie. Hulle is ‘n klein groepie gelowige Moeslems wat in nederige eenvoud leef, wat baie bid, wat karig eet, sonder toegang tot groot weermagte, maar met hulle fundamentalistiese geloof en met volgelinge wat in hulle glo, het hulle die magtigste Ryk in die geskiedenis van die mensdom uitgedaag en ‘n gevoelige slag toegedien oor ‘n afstand wat kontinente van mekaar skei. In dié opsig verteenwoordig die aanvalle in New York en in Washington ‘n merkwaardige en historiese prestasie.

    In die moderne geskiedenis kan die aanvalle op 11 September 2001 met die Japannese aanvalle op Pearl Harbor in 1941 vergelyk word. Pearl Harbor het geskiedkundige gevolge gehad. Dit het die VSA uit sy isolasie wakker geskud en die kolossus van die wêreld het tot die Tweede Wêreldoorlog toegetree. Terwyl Duitsland deur Rusland op sy Oosgrens verslaan is, is dit tog Amerikaanse ekonomiese, industriële en militêre mag wat die magsbalans in die Tweede Wêreldoorlog teen Duitsland en Japan geswaai het. Kernwapens, wat die VSA reeds in die 1940’s kon bou, was die direkte gevolg van die nywerheidsvermoëns van die VSA. Die gebruik van dié wapens in Japan, net vier jaar ná Pearl Harbor, het die Aksislande finaal en volledig geknak.

    Daar is tog belangrike verskille tussen Pearl Harbor en New York op 11 September 2001. Die Japannese aanvalle op Pearl Harbor is weliswaar deur Japan uitgevoer, wat op daardie stadium ‘n onafhanklike en sterk nywerheidsland met dapper soldate en uitstekende generaals was. In 1941 was die VSA egter ook ‘n selfversekerde en vooruitstrewende staat. Amerikaners het allermins aan onsekerhede gely, en die sterk demografiese groei en die sterk gemeenskaplike waardes van Amerikaners in die 1940’s na die Groot Depressie tesame met uitstekende skole, kolleges en universiteite het Amerikaners die vindingrykste, rykste en gesondste bevolking in die geskiedenis van die mensdom gemaak. In die ná-oorlogse jare was die VSA uiters goed voorbereid vir die Koue Oorlog en terwyl Rusland en Europa uit die as van die Oorlog opgestaan het, het die VSA die ekonomiese en kulturele gaping met die res van die wêreld net verder vergroot.

    Daar was egter ‘n donker wolk op die horison. Amerikaanse kultuur het ‘n drastiese verandering sedert die Tweede Wêreldoorlog ondergaan. Filosofiese en kulturele invloede van denkers soos Gramsci en Marx, die Franse filosowe (onder andere Sartre), asook Nietzsche, het die kunste, kultuur en ander sosiale bewegings (onder andere feministe, aborsiegesindes en geleerdes met ‘n linksgesinde lewensuitkyk) sterk beïnvloed. Amerikaanse en Westerse kulturele idees en aannames is uitgedaag en ondermyn. ‘n Kultuuroorlog, wat steeds fel woed, is ontketen en oor dekades heen het linksgesinde idees as politieke korrektheid en multikulturalisme beslag gekry. ‘n Direkte gevolg van die veranderde kulturele omgewing is dat Amerikaanse selfversekerdheid ondermyn is. Die robuuste demografie van die VSA in 1941 het grotendeels gekwyn en binne ‘n enkele geslag gekwyn. Gemene aannames rondom kultuur is ondermyn en ‘n kontrakultuur wat gedurende die oorlog in Viëtnam onstaan het, het Amerikaanse politieke en globale doelwitte ondergrawe.

    Daar was noue politieke en kulturele bande tussen die VSA en Europa in die ná-oorlogse jare. Die Tweede Wêreldoorlog het Europese moondhede uitgeput en onseker gelaat. Terwyl daar vinnige ekonomiese en selfs demografiese herstel in die eerste dekades na die oorlog plaasgevind het, het die kultuuroorlog ook na Europa versprei. ‘n Onsekere en verswakte Europa was baie vatbaar vir die nuwe kulturele idees en die ondermyning van Europese kulturele instellings het baie vinniger as in die VSA gevorder. Die gevolge hiervan is nou duidelik sigbaar. Demografiese afteruitgang van Europeërs wat skerp teenoor die sterk demografie van Moslems in Europa afsteek, asook Europese onsekerheid in die internasionale sfeer wat gekenmerk word deur die huiwerige diplamtieke houding van Europa, het alledaags geword. Demografiese verval in Europa is so ver gevorderd dat ‘n hele geslag Europese kinders grootword wat nie verstaan wat dit is om ‘n broer of suster te hê nie, wat die begrippe "oom" en "tannie" of "neef" en "niggie" nie meer ken nie. Daar is nou verskeie voorspellings van beduidende Moslemminderhede, indien nie -meerderhede nie, in verskeie Europese lande teen 2030.

    Die aanvalle van 11 September 2001 kan nie eerlik beoordeel word sonder om na die kulturele en demografiese kenmerke van die Weste en die VSA te kyk nie. Ná Pearl Harbor het die VSA binne net vier jaar met ‘n sterk en uitdagende Japan afgereken. Vyf jaar na die aanvalle op New York is Al-Kaida steeds sterk, en is die VSA en sy bondgenote in skynbaar vrugtelose militêre avonture in Afghanistan en Irak vasgevang. Terwyl die VSA geïsoleerd in Irak optree, het die oorlog in Afghanistan in ‘n konflik tussen wit Engelsprekende lande (die VSA, Kanada, Australië en Brittanje) en heilige Moslem- en Arabiese vegters ontaard. Westerse regerings probeer die morele hoë grond handhaaf deur na hulle opponente as "terroriste" te verwys en daardeur die ondersteuning van hulle bevolkings vir die oorloë te behou. In teenstelling hiermee verwys Moslems openlik na die Westerse soldate as "Jode en Kruisvaarders".

    Die leiers van die Westerse Alliansie, naamlik George Bush, Steven Harper, Tony Blair en John Howard, en hulle adviseurs, probeer om sterk op te tree soos die Geallieerde leiers dit in die Tweede Wêreldoorlog gedoen het. Maar as die leiers destyds verenig was in hulle doelwitte, is George Bush en sy bondgenote vandag geïsoleerde figure, selfs in die Westerse konteks en soms selfs in hulle eie lande. Leiers van die Engelse Alliansie het weer onlangs oproepe om meer soldate uit ander lande gemaak om die poging in Afghanistan, waar die Taliban steeds sterk staan, te steun. Maar moondhede soos Frankryk, Duitsland, en Italië gee net louwarm ondersteuning, terwyl daar soms tekens is dat lande soos Rusland aktief besig is om ondermynend op te tree. Westerse bevolkings, selfs in die Engelssprekende lande, begin meer skepties raak oor die gerugte uit Irak en Afghanistan soos wat die skokgolwe van die gebeure in New York en Washington in die verlede verdwyn.

    Wat hou die toekoms in? Dit is natuurlik moeilik om te voorspel. Maar dit word toenemend duidelik dat daar geen maklike uitweg vir die VSA en sy bondgenote uit Irak en Afghanistan gaan wees nie. Dit is skynbaar onmoontlik om die vrede in dié lande te herstel en hulle te demokratiseer, en voornemens om dit te doen blyk toenemend ‘n gejaag na wind te wees. Pakistan onder Generaal Moesharraf ondersteun die Weste skynbaar in Afghanistan, terwyl Moslemvegters onversteurd tussen Pakistan en Afghanistan beweeg. Daar is selfs berigte dat Osama bin Laden steeds êrens in Pakistan is.

    Intussen word gesneuwelde Amerikaanse soldate en soldate uit die Engelse Alliansie begrawe, en ‘n sterk anti-Irakoorlog beweging is besig om in die VSA pos te vat. In lande soos Kanada en in baie Europese lande glo ‘n reeds beduidende meerderheid dat Amerikaanse buitelandse beleid direk tot die aanvalle op New York en Washington aanleiding gegee het. Deels kan dit aan die veranderde demografie van dié lande toegeskryf word. Immigrasie vanuit die Derde Wêreld en die Midde-Ooste en die gepaardgaande demografiese omwenteling in Europa, maar ook in die Engelssprekende Alliansie, is besig om die politieke klimaat sodanig te beïnvloed dat die vorige aannames betreffende die kultuur en politiek van weleer nie meer vandag sin maak nie.

    En dit is wat baie Amerikaners en nog meer Europeërs aan beide kante van die kultuuroorlog skynbaar nog nie verstaan nie. Or die kultuuroorloë in die Weste, wat nie van die oorlog in Irak en Afghanistan geskei kan word nie, sal ek in my volgende bydrae kommentaar lewer.

    насосы дляДанильченко Юрий Брониславович компромат