praag.co.za

Category: Motors

  • Lexus betree die Premium C-segment met die nuwe CT200h

    Lexus betree die Premium C-segment met die nuwe CT200h

    Die Lexus CT200h van voorMet motors wat deesdae net soveel soos huise kos, is die splinternuwe Lexus CT200h baie meer groen as wat jy dink.

    Daar is ander vervaardigers wat groen motors bou, maar almal het dit eintlik maar net afgekyk by Toyota. Die Toyota Prius is die oorspronklike groen motor met sy spontane krag wat van sowel ‘n klein elektriese motor as ‘n klein petrolenjin afkomstig is.

    Lexus is deel van Toyota en tegnologiese ontwikkeling word uiteraard met Toyota gedeel. Die splinternuwe Lexus CT200h is ‘n vars bries in die premium-C-segment vir luikrugte. Dit is nou motors soos die Audi A3 en BMW 1-reeks waarmee Lexus hoop om mee te ding. Daar is net een vangplek: beide die Duitsers is gewone motors wat óf deur ‘n hoogtegnologiese  petrolenjin óf ‘n nog meer indrukwekkende dieselenjin aangedryf word. Lexus het met die CT200h die skoner, sagter, gladder petrolweg, gekombineer met ‘n redelike sterk elektriese motor, gevolg. Hierdie is ‘n luikrug en dan ook die enigste premiumluikrug in die land wat van hibriede krag gebruik maak. In egte Lexus-tradisie is die nuwe CT200h baie goed aanmekaar gesit met gehaltestowwe wat oral in die binneruim waarneembaar is. Al die paslyne is soos ons gewoond geraak het aan Lexus so te sê volmaak. Daar is ook, soos dit van ‘n motor in dié klas verwag word, byna alles wat elektronies oop en toe maak.

    Modelle

    Die nuwe CT200h is beskikbaar in twee weergawes, CT200h S en die CT200h F-Sport. Beide modelle is toegerus met ‘n outomatiese ratkas en word deur die voorwiele aangedryf. Die enjins is ook identies met ‘n 1,8-literpetroleenheid wat 73 Kw by 5200 omwentelinge ontwikkel plus dan die fris elektriese motor wat sowat 60 Kw en 207 NM se wringkrag byvoeg. Die gesamentlike totale kraglewering van die motor is 100Kw met  349 Nm se wringkrag. Die feit dat daar sowat 33 KW in die hele proses van die sinergie tussen die petrol- en die elektriese motor verlore gaan, is toe te skryf aan die verskillende komponente wat krag van beide enjins af benodig om basiese funksies te behartig. Daar is ‘n draaiknop in die middelkonsole waarmee die bestuurder kan kies of hy in sport, ekonomie of normaal wil ry. Daar kan ook met die druk van ‘n ander knop selfs net op elektriese krag met die CT200h gery word. Die hele stelsel is heltemal geïntegreer en die motor sal jou toelaat om in druk verkeer slegs met die elektriese motor te ry solank die spoed net onder 45km/u bly. Lexus gee dan ook die brandstofverbruik aan as 4,1 l/100km in die gekombineerde siklus. Die F-Sport-modelle het ‘n paar klein kenmerke anders as die gewone S-model. Daar is byvoorbeeld F-Sport-kentekens, groter bande en ander sierwiele, groen bamboesluidsprekers en -versterker. Die F-Sport se instrumentepaneel verander van ‘n kragmeter na ‘n toereteller as hy in die sportmodus bestuur word. Die hele motor hurk baie laag met ‘n aggressiewe houding wat dit sommer baie sportief laat vertoon.

    Die Lexus CT200h van agter

    Ruimte

    Vir ‘n luikrug is die Lexus CT200h baie ruim al is hy slegs 4,3 meter lank. Vyf volwassenes kan gemaklik in die die motor pas. Die bagasieruim word aangegee as 375 liter wanneer die sitplekke regop is en 985 liter wanneer die agterste sitplek plat gevou is.

    Verrigting

    Met die sowat 100Kw se krag versnel die CT200h tot by 100km/u in slegs 10,3 sekondes en word beperk tot ‘n maksimum snelheid van 180km/u. Uitlaatgasse is slegs 94g/km wat onder die 100 g/km van die wet is. So daar is in dié geval geen belasting op uitlaatgasse betaalbaar nie.

    Pryse

    Lexus gee die pryse by die bekendstelling aan as R343 300 vir die intree-S-model en R398 500 vir die F-Sportmodel.

    образец справки оФильчаков прокурор харькова

  • Die Springbokspan van die motorwêreld

    Die Springbokspan van die motorwêreld

    Met minder as 90 dae na die 2011 Rugbywêreldbeker in Nieu-Seeland het ons gedink dit sal goed wees om die motors wat ons hierdie jaar sover onder hande gehad het in ‘n rugbyspan in te deel. Sou ons ‘n span moes kies uit die motors dan sou dit waarskynlik so gelyk het. Let wel dat hierdie nie noodwendig die beste motors in elke segment is nie, maar slegs die motors waarvan ons in 2011 ervaring opgedoen het.

    Ons kandidate is die volgende:

    BMW Z4 SDRIVE35is

    Opel Astra 1.4T Enjoy Plus

    GWM CB150

    Audi A8 4.2 FSi Quattro

    Land Rover Freelander 2 SD4 HSE

    Nissan Navara 3.0 dCi DC LE 4×4

    Mazda 2 1.3 Active Sedan

    Chevrolett Cruze 2.0D LTD

    Mercedes Benz R300 SWB

    Hyundai Sonata 2.4 GLS EXecutive

    Ford Fiesta Sedan TDCi Ambiente

    VW Amarok Bi TDI Highline 4 Motion

    Mazda 5 2.0 Active

    Audi A1 1.6 Tdi

    Citroen C5 1.6 THB

    Audi A7 3.0 TFSi Quattro

    Range Rover Supercharged

    {jathumbnail off}nissan navara

    1. Nissan Navara-dubbelkajuit 

    Nou kyk, ons sal die Nissan Navara op nommer een kies vir sy absolute krag en beweeglikheid. Met 170 Kw onder jou sitvlak en 550Nm se trekkrag is daar min ander voertuie in die klas wat by die Navara kan kers vashou. Voeg die vier deure en al die luukses soos navigasiestelsel met raakskerm en 30 GB hardeskyf, tru-ratkamerastelsel, ingeboude veiligheidskenmerke soos lugsakke en ‘n 4×4-stelsel wat met die draai van ‘n knop die krag eweredig kan versprei na al vier wiele en jy het nie veel ander keuses vir die nommer-1-trui nie. Ons dink dan ook dat hierdie juis die tipe voertuig is wat Koenie Oosthuisen sal kan verteenwoordig.

    GWM CB150

    2. GWM CB150

    Hierdie voertuig is nie baie bekend by die plaaslike koperspubliek nie,maar perfek vir die posisie. Dit is ‘n stewige, sterk geboude voertuig met genoeg spasie en net die nodigste luuksheid. ‘n Blok van ‘n motor, maar tog baie beweeglik en glad nie swaar op brandstof nie. As jy hom langs die Navara trek, is hy amper net so groot en lyk hy net so sterk al is hy glad nie. Dié is ‘n stadsmotor met ‘n relatiewe klein 1,5-literenjin wat baie gewillig is. Hoe meer tyd ons met die motor deurgebring het, hoe meer het ons van hom gehou, net die voertuig wat ‘n ou soos Bismarck  sou kon verteenwoordig, nie te groot nie, maar tog intimiderend en baie gewillig.

    Mercedes Benz R300

    3. Mercedes Benz R300 SWB

    Hier het ons ‘n motor met status. Hy is werklik groot en sterk met 200 Kw se krag en 350 Nm se wringkrag. Niemand sal ooit twyfel oor die deeglike ontwerp van die motor nie. Alles wat ‘n mens in ‘n Mercedes verwag, is teenwoordig: ‘n luukse leerbinneruim met sitplek vir sewe insittendes, grondvryhoogte beter as dié van enige van sy sedanstalmaats en tog sag op die oog. Omdat hy so groot is, is hy nie heeltemal so rats soos die res van die voorry nie. Maar boetie, as hy jou raakvat, dan bly jy raakgevat. Ons dink die perfekte ryding om ‘n ou soos Beast te verteenwoordig.

    Mazda 5 Active

    4. Mazda 5 Active

    Dié motor is ‘n lang voertuig met baie spasie, maar hy is so slim ontwerp dat hy eintlik baie kleiner vertoon as wat hy werklik is. Die baie gewillige 2.0-liter-petrolenjin ontwikkel 107 Kw en die motor voel sommer lewendig. In sy Active-voorkoms soos ons toetsmotor,  is die Mazda met alles wat oop en toe maak toegerus. Die twee skuifdeure aan weerskante van die voertuig gly groot en maklik oop en toe en daar kan maklik by die sesde en sewende sitplekke uitgekom word. Ek moet sê, die Mazda 5 was nou vir lank die leier in die segment vir kompakte MPV-voertuie en die 2011-model is effens vernuwe aan die buitekant, maar die binneruim begin sy ouderdom wys. Hy is nog goed genoeg vir vanjaar se wêreldbeker maar dit is vir seker sy laaste kans in die span, net soos ‘n sekere Victor.

    Volkswagen Amarok

    5. VW Amarok 2.0 Bi-Tdi

    Dié is ‘n groot voertuig; as jy nog nie een gesien het nie, doen jou self ‘n guns en gaan kyk na een. Dit is ‘n voertuig met uitstekende bougehalte en hope spasie. Alles is groot: groot sitplekke en knippe om alles te verstel. Trouens, hy is so groot ek moes hom buite parkeer; hy het nie in my motorhuis gepas nie. Die voertuig ry soos ‘n motor en dit kom net met ondervinding. VW se ondervinding van wat ‘n koper in ‘n voertuig soek, is perfek vasgevang in hierdie voertuig. As jy nie ‘n VW-aanhanger was nie sal jy een wees as jy hierdie voertuig eers bestuur het. Hy is rateltaai, baie sterk en al het hy ‘n ou klein hartjie van net 2.0l ontwikkel hy 120 Kw en ‘n allemintige 400Nm se trekkrag. ‘n Regte bakkie met krag en ‘n onmiskenbare teenwoordigheid. Net die geskikte ryding om Bakkies Botha te verteenwoordig.

    Landrover Feelander

    6. Land Rover Freelander 2 SD4 HSE

    Kyk ‘n mens na die voertuig dan lyk hy nes ‘n klein Range Rover. Die 2011 Freelander kon inderdaad net sowel ‘n Range Rover gewees het. Hy het al die eienskappe waaroor die Range Rover beskik, dit is net in ‘n kleiner format verpak. Die 2,2-literdieselenjin ontwikkel 140 Kw en 420 Nm se terkkrag. Die legendariese 4×4-vermoë is ook daar en nes ‘n sekere Heinrich is die Freelander se grondwerk uitstekend. Bougehalte is uitsonderlik en tog vrek die skoner geslag oor hom. Alles wat verwag word van ‘n luukse en kompakte veldwerker is daar: die binneruim is met sagte leer uitgedos en jy weet sommer dat die voertuig,  alhoewel klein, ‘n wêreldklas- prestigespeler is.

    Ford Fiesta

    7. Ford Fiesta TDCi Ambiente

    Ons keuse op flank. Dit is juis die Fordjie se groot hart wat hom die plek besorg. Die Fiesta is ‘n mooi motor, maar in die sedanweergawe het Ford so effens die mooi skoon lyne van die luikrug misgetas. Die motor bied heelwat ruimte al is hy ‘n klein motortjie: sy begasieruim is net eenvoudig verstommend groot, daar is meer as genoeg kop- en skouerruimte agter in die motor en die dieselenjin waarmee ons toetsmodel toegerus was, ontwikkel 66 Kw en 220 Nm se wringkrag  by slegs 1750 toere. Gekoppel aan die relatiewe liggewigbakwerk is hierdie kragbron besonders lewendig. Die Fiesta is nie mooi nie, maar baie bekwaam. Die perfekte motor om ’n sekere Ashley Johnson of Schalk Burger in ons nommersewetrui te verteenwoordig.

    Audi A8 4.3 Quattro

    8. Audi A8 4.2 Quattro

    Wat kan ons nou sê oor dié motor?  Dit is seker Audi se mees gebalanseerde motor tot dusver. Daar is hope styl, hope spasie. Sy lyf is groot en gespierd net soos Pierre Spies s’n, hope krag (273Kw en 445Nm se wringkrag) net soos Willem Alberts, hope spoed net soos Pierre Spies. Die Audi se bakwerk is soepel met sterk lyne dog mooi om na te kyk, die toppunt van voorsprong deur tegniek.

    Audi A1 1.6 TDI

    9. Die Audi A1 1.6 Tdi

    Klein dog baie vaardig, met die 1.6 Tdi-enjin wat baie lewendig voel al is daar slegs 77 Kw en 250 Nm se wringkrag beskikbaar. Die tipiese Audi-bougehalte is ook oral te sien met klein kentekentjies wat jou subtiel daaraan herinner dat hierdie nie ’n gewone klein motortjie is nie, net soos Fourie du Preez nie bloot ‘n gewone skrumskakel is nie. Hy is besonders. Alhoewel die A1 glad nie soos ander Audi’s lyk of voel nie, dink ons Audi het ‘n wenner wat menige Mini-eienaar gaan laat omkyk.

    Opel Astra 1.4 Enjoy Plus

    10. Opel Astra 1.4 Enjoy Plus

    Ek kan nie my vinger daarop lê nie, maar iets aan die Astra laat my net van hom hou. Die bakwerk is aantreklik; die rygerief is uitstekend; die motor se verpakking en uitleg van die instrumente en binneruim is besonders vir ‘n Opel. Begasieruimte is baie goed vir ‘n luikrugvoertuig. Daar is meer as genoeg veiligheidskenmerke en die beste van alles: die Opel is altyd reg in die kol, tussen die pale deur, soos Morné Steyn. Die Astra se 1,4-turbomeuletjie ontwikkel 103 Kw se krag en 200 Nm se wringkrag. Versnelling is skaflik vir dié klas motor en hy sal glad nie sleg lyk langs ‘n rooi Z4 in jou oprit nie. Die Opel doen dít waarvoor hy ontwerp is baie goed en VW se Golf- , asook Ford se Focus-eienaars sal moet rondkyk wanneer een van hierdie in die omgewing bespeur word.

    BMW Z4 SDrive 35is

    11.  Die BMW Z4 sDRIVE35iS word op nommer elf ingespan

    Hy is blitsig, baie veilig, kan maklik van rol verander met sy harde staaldak wat binne 19 sekondes hom van ‘n bedeesde koepee na ‘n wilde warrelwind sonder ‘n dak omskep. Die Z4 se 250 Kw en 450 Nm se wringkrag is brutaal vanaf rus tot 100km/u. Hy laat mens nogal dink aan Habana se brekies hier langs die kantlyn af. Tog lyk die Z4, met die dak op, na ‘n baie doelgerigte koepee. Slaan jy die dak af, dan is daar sekerlik niks meer doelgerig in die parkeergaraga as juis die Z4 nie. Ratskakelings is presies en klouvermoë is net vestommend. Die tipiese BMW-bougehalte is ook oral te sien met klein iS-kentekentjies wat jou subtiel daaraan herinner dat hierdie nie’n gewone Z4 is nie, net soos Habana nie net ‘n gewone vleuel is nie, maar een van die wêreld se bestes.

    Audi A7 3.0 tfsi Quattro

    12. Op binnesenter kies ons die Audi A7 3.0 TFSi Quattro

    Die motor is groot en prakties, maar blitsig met ‘n 0-100km/u-tyd van net oor die 5 sekondes. Sy dubbelturbo- 3-liter-enjin ontwikkel 220KW en 440 Nm se wringkrag. Die Audi is net so bedrieglik sterk en vinnig soos Jean de Villiers. Menige teenstanders het al in die verlede hom onderskat en nog hope gaan weer ten spyte van sy groot lyf. Die Audi loop seepglad met uitstekende bougehalte en sterk leierskapseienskappe net soos onse Jean. Sekerlik een van die bestes tussen nutsvoertuie op die pad vandag.

    Citroen C5 1.6

    13. Citroën se C5 1,6 THP 155 word ingespan op dertien

    Die motor is een van daardie tipe motors wat altyd daar is, alles baie goed doen en min aandag trek terwyl hulle dit doen. Die C5 ding mee in die D-segment waar motors soos die VW Passat en Honda Accord diens doen. Min mense praat van die C5, maar almal is dit eens dat hierdie een van die bestes uit Frankryk is. Daar is plek vir vyf volwassenes met begasie, die 1,6-liter-dubbelturbo-enjin ontwikkel 115 Kw en 240 NM se wringkrag. Ons dink omdat die motor ook groot is, asook vinnig en sterk en mooi – en baie onderskat! – sal hy ‘n goeie verteenwoordiger vir Jacque Fourie wees.

    Range Rover Supercharged

    14. Die Range Rover Supercharged was ons natuurlike keuse op nommer veertien

    Die voertuig is groot en sterk en baie vinniger as wat hy vertoon. Sy veldvermoë is absoluut verstommend en wanneer jy die deure oopmaak kan jy nie glo dat een voertuig terselfdertyd so luuks, verfynd dog vermoënd kan wees nie. Daar is min ander voertuie in die land wat kan kers vashou by die Range Rover wat veldvermoë betref, maar wat tegelykertyd padvermoë en luuksheid kombineer. Die motor is as gevolg van sy grootte en al die veiligheidstelstels, wat sowel passief as aktief ingebou is, een van die veiligste motors ter wêreld. ‘n Makrovleuel soos JP Petersen sal glad nie skaam voel om deur die Range Rover verteenwoordig te word nie.

    Hyundai Sonata

    15. Vir die agterste posisie: die Hyundai Sonata 2.4 GLS Excutive

    Hyundai is lankal nie meer die stiefkind van die motorwêreld nie. Die Sonata is seker een van die motors wat Hyundai se beeld die beste uitgebou het. Dit is ook dan waarom Hyundai nie aan sy naam gaan torring het nie. Die rtes van die Hyundai-reeks het almal nuwe “i”-name, maar die Sonata is so ‘n sterk handelsnaam dat dit baie wys was om nie aan hom te karring nie. Die Sonata is nog ‘n segment-D-speler. Hy is nou ná sy Europese draai selfs meer verfynd, nog beter aanmekaar gesit en ‘n beter kopie as ooit tevore. Sy 2,4-literenjin ontwikkel 131 KW en 228 Nm se wringkrag. Sy sagte dog sterk lyne is baie meer doel gerig en binnelangs is daar min voertuie in die klas wat hom met spasie en gemak teen die prys troef. Ons voel hy is die volmaakte kandidaat om Frans Steyn op vyftien te verteenwoordig.

    магазин новогоднего освещениялобановский харьков класс

  • 3 voertuie vir ‘n asemrowende toer

    3 voertuie vir ‘n asemrowende toer

    Tydens ons onlangse toer van Krugersdorp na Kgalagadi het ons drie viertrekvoertuie getoets, voorwaar ‘n besondere voorreg. Hier volg ons ry-indrukke van die viertrekveldtemmers.

    Jeep Grand Cherokee 3.6 V6 Overland

    JeepDie Jeep het hom goed gedra; ons was drie mense in die voertuig met ‘n kampeeryskas, 45-literkoelkas, herwinningstoerusting, twee kratte kos, 20 liter drinkwater, klere, asook kampeertoerusting en -stoele. Die Amerikaanse veldvoertuig was tot teen die dak gelaai met net genoeg oop sitplek vir my, Sonya en Monet. Ons het 134 liter petrol gebruik en dit was net eenkeer nodig om die Jeep in laestrek te ry en dit was by Vanzylsrus teen die duin uit. Ooppadverrigting is uitstekend en selfs met die Grand vol gelaai het ek nooit gevoel die 3,6 liter V6 Pentastar-enjin werk nou hard nie. Ons toerkonvooi het nooit meer as 110 km/u gery nie en die togbeheer waarmee die Jeep toegerus is, het die rit baie gemaklik gemaak. Die Overland-spesifikasie waarmee ons toetsvoertuig toegerus was, het verhitte sitplekke met ‘n verkoelingsfunksie as standaardtoerusting ingesluit. Die verkoelingsfunksie was nogal handig in die Kalahari, want die kwik het vir so twee dae ver oor die 30 grade getrek en dit was juis die verkoelde sitplekke wat my in die diep sand laat kophou het. Die Jeep se bougehalte is puik en selfs ná 500 kilometer in die stof het ek glad nie stof in die Jeep se kajuit geruik nie. Daar was geen noemenswaardige geratel ná al die grondpaaie wat ons gery het nie en selfs nie eens ‘n pap band ná al die bospaadjies waar ons gekampeer het nie.

    Wat my gepla het van die Jeep

    Die toetsmotor was pikswart. Nou weet ons almal dat dit ‘n mite is dat swart motors warmer as ander kleur motors is, maar die swart het my baie laat lyk soos een van die ampsdraers van die plaaslike regering en daarvan het ek nie baie gehou nie. Die swart het ook baie gouer al die Kalahari-stof gewys. Ons toetsvoertuig was toegerus met die standaard 20 duim 265/50 R20 BSW 3-werksverrigtingbande wat die sandryery baie moeilik gemaak het. Die opsionele “Off–Road Adventure II”-pakket wat 18 duim 265/60 R18 BSW All terrain-bande insluit sou hierdie Jeep in ‘n heel ander klas op dié tipe paaie geplaas het. Die pakket sluit ook skaafplate vir die onderkant van die voertuig in wat die gras ook sommer uit die dryfasstelsel sou uithou. Ons toetsvoertuig se kompas was ook die hele tyd verkeerd; hy het nooit die regte rigting aangedui nie. Nou moet ek bieg dat dit my skuld kon gewees het, want ek het nooit voor die tyd seker gemaak dat die kompas reg gekalibreer is nie. Aan die ander kant: die GPS-stelsel het 100% gewerk en ek kon nie verstaan dat die kompas en die GPS nie wou saamwerk nie.

    Wat my beïndruk het van die Jeep

    Die Jeep het vir seker die meeste pakplek van die drie motors gehad; die sitplekke wat plat vou en die lengte van die laairuim is regtig indrukwekkend. Die rygerief was uit die boonste rakke en dan die toerusting wat ingesluit is by die prys van R582 000 is net verstommend. Leer- en  houtafwerking, verhitting/verkoeling vir die sitplekke en stuurwiel, lugvering, panoramiese glasdak, 210 Kw se krag, lugfiltreringstelsel vir die kajuit, “Smart Beam”- slim hoofligte wat aankomende verkeer in ag neem met die sterkte van die hoofligte… Die lys gaan net aan. Die Jeep is bykans R70 000 goedkoper as die Nissan Pathfinder en slegs R30 000 duurder as die Pajero GLX wat nie naastenby so goed as die Jeep toegerus is nie.

    Nissan Pathfinder 3,0 dCi V6 V9X LE

    Nissan PathfinderMike het alleen in die Pathfinder gery met al die sitplekke plat gevou sodat die kampeertoerusting, plus van die kos en ‘n 45-literkoelkas sowel as ‘n seil-gazebo van 6×4 meter en water kon inpas.

    Wat my gepla het van die Nissan

    Ek weet nie of dit net hierdie spesifieke voertuig is nie en of dit ‘n eienskap van die Pathfinder is nie, maar die voertuig se stert het kwaai gehang. Hy was vol gelaai maar nie veel swaarder as wat sewe insittendes met bagasie sou wees nie. Ons het ook die swaarste goed in die  middel van die voertuig probeer pak sodat daar juis nie baie gewig op die agterwiele moes wees nie. Die Pathfinder het op heelparty plekke sy stert op die sand gesleep, veral in die diep sand van die kaplyn. Ons het eers gedink dit is die noodwiel wat onder die bak gemonteer is , maar agtergekom dit is die agterste ewenaar wat laer as die wiel hang. Mike besit self ‘n 1998 Nissan SANI-stasiewa en die Pathfinder is inderdaad kleiner binne as die SANI. Op sy hengeluitstappies slaap Mike gereeld agter in die SANI as die sitplekke plat gevou is. In die Pathfinder kon Mike wat nie eers ses voet lank is nie, nie plat lê met al die sitplekke plat gevou nie. Ek was ook seker bederf met die puik bougehalte van die Jeep, maar die Pathfinder het heelwat meer virbrasies op die grondpaaie as die Jeep gehad en jy kon duidelik die stof ruik wat heel agter aan die linkerkant by ‘n klein luginlaat in die kajuit ingesuig is. Die Pathfinder was ook met standaard- padbande en nie All Terrain-bande toegerus nie, wat waarskynlik die sandry bietjie makliker sou maak.

    Wat my beïndruk het van die Nissan

    Wel, die klankbaan van die Pathfinder se 3,0 liter V6-turbodiesel met nie minder nie as 170 Kw, is werklik iets besonders. Die Pathfinder is toegerus met leersitplekke wat elektronies verstel, ‘n navigasiestelsel met ‘n geheue vir musiek, ensovoort, asook ‘n werklike baie gebruikersvriendelike elektroniese vierwielstelsel wat maklik met die draai van ‘n knop die voertuig vir van die moeilikste paaie gereed het. Sonder die trekkrag van 550 Nm wat die Pathfinder sonder enige inspanning ontwikkel, sou ons vir seker baie moeiliker in die sand gery het, juis omdat die stert so laag gehang het. Mike het 136 liter diesel in die Nissan gebruik.

    Mitsubishi Pajero GLX LWB

    Mitsubishi PajeroWilma en Tersia was die meeste van die tyd in die Pajero. Hulle het ook die agterste sitplekke plat gevou om plek te maak vir twee tasse, ‘n vyfmankoepelseiltent met spanseil, kos, water en ‘n 45-literkoelkas. En vroumense kan ‘n klomp goed saamry!

    Wat my gepla het van die Pajero

    Om die waarheid te sê, was daar bitter min wat gepla het. Die voertuig het presies gedoen waarvoor hy ontwerp is. As ek nou regtig krities moet wees, sou ek sê die dik plastiekbakskorte wat aan die onderkant van die deure aangebring is en by die buffers aansluit het heelwat krappies in die bosse opgedoen. Die feit dat die Pajero ook hoë agterhoeke het, het ook die bosryery bemoeilik. Waar die ander twee voertuie maklik onder deur ‘n bos kon gaan, het dit mooi ry gekos om nie die Pajero te krap nie. Daar is dan ook ‘n paar fyn haarkrapmerkies veral op die agterste boonste hoeke opgedoen.

    Wat my beïndruk het van die Pajero

    Die Pajero se bakwerkkleur was werklik die mees sindelike kleur. Die blougrys metaalkleur het die minste stof gewys en ons het van die mooiste foto’s van die Pajero in die Botswana-son kon kry. Die Pajero was ook die enigste een van die drie wat met All Terrain-bande toegerus was en dit het werklik ‘n groot verskil op die sandpaaie van die kaplyn gemaak. Die navigasiestelsel van die Pajero was ook vir my die indrukwekkendste met die hoogte bo seespieël en kompasrigting wat duidelik aangedui is. Die laestrekratte wat met ‘n tweede hefboom geskakel kan word, was ook meer ou-skool wat nie so gebruikersvriendelik soos die Jeep en die Nissan was nie, maar meer vertroue as die twee nuwer voertuie ingeboesem het. Ons het 135 liter diesel in die Pajero gebruik.

    Gevolgtrekking

    Teen R544 588 is die Mitsubishi Pajero 3,2 Di-D GLX LWB outomaties die goedkoopste van ons drie toetsmotors. Hy het nou wel ‘n nuwe 140-Kw-turbodieselenjin, maar die res van die Pajero voel oud, nie heeltemal tegnologies in die klas van die ander twee nie. Met Dakar-ondervinding en verkope beter as dié van die Pathfinder gee die kopers seker nie te veel hieroor om nie. Die Pajero was die beste toegerus vir die omstandighede waaronder ons getoer het met die All terrain-bande maar hy was ook die enigste voertuig wat oral gras onder die bakwerk bymekaar gemaak het. Daar is ‘n dwarsstaaf ter versterking van die onderstel wat kort-kort gras versamel het. Alhoewel dit nie naby die uitlaatstelsel of dryfstelsel was nie, kan dit sonder ‘n skaafplaat dalk ‘n probleem veroorsaak. Die Pajero is ook die enigste voertuig waar ons twee saadnette nodig gehad het omdat daar onder baie laag naby aan die pad ook ‘n verkoelerinlaat sit wat ten spyte van die net nog steeds gras bymekaar gemaak het. Die Nissan Pathfinder 3,0 V6 dCi 4×4 outomaties klink mooi as jy hom bietjie vet gee, hy het die tweede meeste krag vir ‘n diesel in die klas naas die Disco 4, maar met die agterste ewenaar en noodwiel wat onder die voertuig in die sand sleep, dink ons die Pathfinder sal beter vaar waar die paaie meer gelyk is. Dink nou net as ons ‘n wiel moes vervang, dan moes ons die noodwiel eers uit die sand uit grawe om dit van die voertuig af te kry en dan die voertuig nog hoër oplig om die ou band weer onder die voertuig in te kry. Die Nissan Pathfinder is ook heeltemal te duur vir wat die voertuig bied. Teen R652 000 is hy selfs duurder as die Nissan Murano of Z370 Roadster. Hy is bykans R107 000 duurder as die Pajero en R2 000 duurder as die Toyota Prado VX Diesel, selfs R28 000 duurder as die Land Rover Discovery 4 TD SE wat sonder twyfel die leier in die segment is. Wat die Jeep Grand Cherokee 3,6L Overland betref is hy die enigste een van die drie wat petrolaangedrewe is. Dit op sigself is ‘n terugslag op die huidige oomblik. Alhoewel ons geen probleem met die beskikbaarheid van petrol in Botswana gehad het nie, kan dit ‘n probleem raak in die res van Afrika. Die Jeep is wat rygerief en toerusting aanbetref in ‘n ander klas, na my mening die naaste aan die segmentleier-Discovery 4 van al drie die voertuie. Teen R582 000 vir die Overland soos ons toetsvoertuig, is dit net die 5,7 V8 Overland wat nog meer krag bied in die Jeep-stal en selfs hy teen R631 000 is goedkoper as die Pathfinder. Die Jeep is meer gesofistikeerd en verfynd as ooit tevore, luukser as ooit tevore en met die Quadra-Trac II- en Quadra-Drive II-vierwielstelsel en geslote lugvering wat sy eie lug aanboord in ‘n silinder berg, is dit werklik net die luukste HSE Disco 4 wat die Jeep troef. Met bykans identiese brandstofverbruiksyfers as die ander twee dieselvoertuie kan ons nie wag vir die turbodieselmodel wat dalk later in 2011 plaaslik beskikbaar sal wees nie. Dus vir ons Kalaharitoer 2011 plaas ons die drie voertuie soos volg vir algemene werkverrigting, brandstofverbruik en gebruikersvriendelikheid.

    1.       Jeep Grand Cherokee 3,6L Overland                   (13,58 L/100km  vir ons toer)

    2.       Mitsubishi Pajero 3,2 Di-D GLX Lwb AT              (13,38 L/100 km vir ons toer)

    3.       Nissan Pathfinder 3,0 dCi 4×4 AT                       (13,48 L/100 km vir ons toer)

    Dankie aan Chrysler SA vir die Jeep, Nissan SA vir die Pathfinder en Mitsubishi SA vir die Pajero.

    купить шапку для девочкитопкарго развод

  • Krugersdorp na Kgalagadi

    Krugersdorp na Kgalagadi

    Die tien van ons, staan arms om mekaar in digte mis, sesuur die oggend en vra die Here om Sy hand oor ons te hou. Tussenin skiet ek ‘n skietgebedjie op en vra dat ek asseblief ‘n leeu sal sien en hoor, maar nie wil ruik en voel nie. En dis alles Toast Coetzer se skuld.

    Hy skryf in April 2008 se Weg die volgende: “Dis April en die stertkant van ‘n nat somer in die Kalahari. Die suur- en boesmangras staan oral lank en die wild is oorvloedig”. En toe ons (ek en my vrou Sonya) dit lees toe besluit ons, ons wil daar wees.

    Ons wil ook tussen die suur-en boesmangras staan en die wild bekyk. En sonder dat ons dit bestel het, kry ons sommer toe ook die nat somer. Januarie 2011 kuier ons by skoonpa Mike van Dyk wat toe net terugkom van sy eerste reksprong af. Die adrenalien pomp en hy is reg vir avontuur. Toe ons die Kgalagadi noem, is hy in. Familielid Jakes Jacobs en sy vrou Lee skep nie eers ‘n tweede asem toe ons hulle nooi nie. Hulle is in, sê net waar en wanneer. Enige iets om van hulle oulike, maar besige tweeling kleinkinders af weg te kom.

    Ou vriend Jacques Lesch en sy vrou Mobru se hulp word ingeroep, want Jacques is ‘n toergids en besoek dikwels die suidelike gebied van Botswana. Trouens, hy is een van net twee ouens wat die reg het om mense in die konsessiegebied rondom die Kgalagadipark in te neem. Laaste maar nie die minste nie is my ma Tersia Mathews en haar jonger sus Wilma Niewoudt. Hulle het op die nippertjie ingestem om saam te gaan nadat ander vriende onttrek het. Monet, my dogtertjie, voltooi die tiental.

    Ons Kgalagaditrein vertrek Vrydag-oggend net na ses vanaf die Krugersdorp Caltex-garage op die N14. Dit bestaan uit vyf voertuie, Jacques-hulle in die Mahindra Scorpio Dubbelkajuit bakkie met ‘n splinternuwe veldsleepwaentjie, ek en gesin net agter hulle in ‘n Jeep Grand Cherokee 3.6L Overland, Wilma en Tersia in ‘n Mitsubishi Pajero 3.2 Di-D GLX Lwb AT met Jakes en Lee in die Land Cruiser en Mike wat die agterhoede dek in ‘n Nissan Pathfinder 3.0 dCi 4×4 AT. As motorjoernalis het ek so by myself gedink, ons kort net ‘n Landrover Discovery dan het ons die hele boksemdaais bymekaar gehad.

    Van Krugersdorp af is ons deur Ventersdorp, Coligny en Lichtenburg reguit Mafikeng toe. Gelukkig was ons almal in 4×4’s want net voor Mafikeng het iemand die pad gesteel. Hy het letterlik net weggeraak. Slaggat op slaggat. Op modderpaadjies deur die informele nedersetting sukkel-sukkel ons om op die lughawepad te kom na Bray. Net so tussen hakkies, ek het ook lanklaas soveel donkies langs die pad gesien soos op die grondpad tussen Mafikeng en Bray.

    Bray is ‘n baie klein dorpie wat bestaan uit een stof straat. Hierdie is ‘n gewilde oornag plek vir mense wat na Botswana en die Kgalagadi toer. Hier is darem ‘n kerk, ‘n algemene handelaar wat brood en melk verkoop, ‘n vulstasie en dan die grenspos. Ons het oornag by Tapama Lodge, ‘n aangename verassing. Groen gras en ‘n koel swembad met ‘n grasdak lapa waar ‘n mens kan ontspan voor jy die stof van Botswana aanpak. Dit is dan ook hier waar ons al die waterkanne en tenks vol Suid Afrikaanse water gemaak het. Tussen die vyf voertuie het ons 300 liter water saam met ons gery want ons was van plan om droog te kamp.

    Die aand het ons by die restaurant geëet en ek sal die kos en diens beslis aanbeveel.

    23 April 2011

    Saterdagoggend vroeg pak ons die sowat 100m grenspos toe aan. Almal het voor die tyd gewaarsku oor vleis en suiwel produkte wat ons nie deur die grens kon neem nie a.g.v. die bek-en-klou-seer epidemie. Met yskaste vol spek, varkworsies, kaas, yoghurt en laaie vol melk is daar ‘n benoude oomblik of twee maar die manne loer gelukkig net so bolangs in die yskaste in, stempel al die voertuie se papiere en ons is deur.

    A.g.v. die openbare staking, nog ‘n vooraf bangmaak storie, is daar aan die Botswana kant net drie mense aan diens; die een kyk paspoorte, die ander skryf permitte en reik derdepartyversekering uit en die laaste een glimlag en deel brosjures uit, eintlik net ‘n plesier. Niemand aan die Botswana kant vra eers oor vleis nie. Net na nege staan ons op Botswana grond.

    Ek het voor die tyd vir Dorothy, die eienaar van die vulstasie aan die Botswana kant geskakel om uit te vind of daar loodvrye brandstof beskikbaar is, Behalwe vir die Jeep is al die ander voertuie diesel. Die diesel by Dorothy kos maar R7-70 per liter en die petrol R7-50 per liter. En die brandstof kom alles van Suid Afrika af. ‘n Bonus as jy in ag neem ons moes 5 voertuie volmaak, waarvan twee langafstand- tenks in het, plus ‘n stuk of 7 jerriekanne.

    Met vol voertuie en saad nette wat op is neem ons die grondpad na Jannie en Heather by Cornwall Lodge. Dit is so 30 km vanaf Bray op pad na Werda. Jannie-hulle het die plek in 2001 gekoop en bestuur die konsessie area namens die Botswana regering. Die plek kan 16 mense akkommodeer en word hoofsaaklik vir jag ekspedisies gebruik. So in die ry wys Jacques vir ons twee aasvoëls in die top van ‘n Kameeldoringboom. By Cornwall aangekom pak ons gou-gou die vleis wat ons by Heather bestel het in die vrieskaste. So terloops, die suidelike deel van die Kalahari in Botswana is bekend vir sy groot leeus, wat nie gejag mag word nie. Om ‘n regte Kalahari leeu te sien en te hoor brul in die wild is nog een van die goed wat ek op my skop-die-emmer lysie wil aftik. Hier beweeg hulle vrylik tussen die konsessie, Mabuasehube en die Kgalagadi Oorgrens park. Geen heinings, geen drade.

    Met die wegtrek kom Jacques se stem benoud oor die radio “Hier’s fout”. Ek stop vinnig en draf om na hom toe. Sy volgende woorde het my opreg laat wonder of hierdie Mahindra regtig so taai is soos hy altyd vertel. “Iets het gebreek” sê Jacques. Al die ander mense in ons trein sit nog net so in hul voertuie, ek vra “Wat?”, so asof hy nou presies weet wat gebreek het. “Ek weet nie, maar dit het soos staal geklink wat klap.” Ek bly maar stil, maar wonder stil binne in my, as die gewone grondpad van 30km al klaar die Indiër ‘n hou op die kakebeen gegee het wat gaan die hoof geveg met die outjie aanvang? Na Jacques met Heather gepraat het ry ons volgens haar aanwysings na die werkswinkel agter die lodge. Hier is ou onderdele en veral skokbreker en stabiliseerder arms soos die vorige ouens hulle voertuie hier herstel het. Binne ‘n paar minute hang die Mahindra met sy regterkantste voorwiel in die lug. Toe ons die wiel af het sien Jakes dat die hegstuk wat die skokbreker aan die onderkant teen die as vashou, mors af gebreek het.

    Gelukkig was die werkswinkel met ‘n sweismasjien en ‘n Gert toegerus. Gert is ‘n local, maar hy praat baie mooi Nama Afrikaans en Gert weet toe sommer ook hoe om te sweis. Die gedoente het ons ‘n hele 4 ure besig gehou; die vrouens het nie gekla nie, want hulle kon lekker rustig onder die lapa sit en gesels, ‘n koffie drink en toebroodjies bestel.

    Met twee snytjies geroosterde kaas en tamatie broodjies in die kieste is ons toe weer vort. By Khokotso tel ons ‘n glimlaggend Black op. Dit lyk darem positief as ‘n man so lank moes wag en dan nog steeds lag as jy hom oplaai. Na Khokotso swaai ons links die woestyn in. Gelukkig is die gras nie te lank nie en ek dink by myself dat ons nooit hierdie saad nette wat ons op al die voertuie het regtig gaan gebruik as die paaie so lyk nie. Jack’s Pan is so 150km van Khokotso af en dit is net sandpad. Voor ons in die vêrte dreig die wolke om oop te bars en ek sê vir Sonya ons gaan nog lekker in die reën kamp maak. My woorde was nog nie koud nie toe die hemel oopbars en ons soos dit vir my gevoel het met genoeg water gegooi word om Vaaldam mee vol te maak. Ek gryp die radio en skerts kortaf , “Nou sous dit”. Jakes en Lee is net buite sigafstand van ons en sy stem kom oor die radio, ” Hier hael dit waar ons is ” sê hy. Ek ken vir Jakes en dink so by myself, ja en hier by ons sneeu dit. Dit was nie 500m nie toe ry ons wraggies binne ‘n allemintige haelstorm in. Monet laat benoud van die agtersitplek hoor dat as sy nie nou ‘n sjokolade eet nie, sy ernstig bang gaan word. Sonya gee net sjokolade stafies aan. Dit sous behoorlik en ek wonder hoe nat ons eintlik gaan wees as die hael die Jeep se panoramiese glasdak, wat tot bo-oor die agterste sitplekke strek, stukkend slaan. Ek sukkel om die pad te sien en die Jeep gly-gly so tussen die bome deur. Reënveërs is op hulle vinnigste aan en jy sien net haelkorrels trek. Ek klou die stuurwiel vas, sê niks en Monet trek al by drie stafies. Geleidelik word die hael en reën minder en trek die storm darem oor.

    Die pad is voel poele water so 20cm diep en die haelkorrels lê soos sneeu. Mensig, toe speel die manne lekker. Die fotograwe het almal uitgeklim en langs die pad stelling gaan inneem om mooi aksie foto’s van die motors te neem. Die lig is besonder skerp en skoon en ons neem die mooiste foto’s. Lee besluit toe sy wil so entjie dieper die bos in, maar die volgende oomblik toe lyk dit asof iemand haar handsak gegryp het iewers in Kerkstraat. Sy kom met mening terug na daai Cruiser toe gehol; Black het die hele petalje van ‘n afstand af gestaan en bekyk, die ene tande. Hy beduie “Wildebees, Wildebees” en toe besef almal eers wat aan die gebeur is. Dit was nogal baie snaaks ten koste van die arme Lee wat net die gesnork agter haar in die bos gehoor het. As dit nou regtig ‘n leeu of so iets was het hy glad nie ‘n kans gehad om haar te vang nie. Sy het nie verniet aan die SA skole atletiek deelgeneem nie en sy sou los bo-oor daai Cruiser se neus gegaan met die spoed waarmee sy aangekom het. Die son begin sak en ons moet dieper die konsessie in.

    Na ‘n rukkie se ry kom Jacques se stem oor die radio; Black sê ons moet slaapplek soek, ons gaan nie vandag Jack’s Pan haal nie. Ek kyk op my horlosie en sien dis amper half-ses. Na nog ‘n paar minute se geryery tussen al die poele deur sê Jacques oor die radio dat hy ‘n lekker oop stuk bos gesien het waar nie te veel bome is nie. Ons trek die voertuie mooi netjies in ‘n laer met die vuurmaak plek mooi in die middel, al die tente se oop kante moet na binne wys en die voertuie is agter die tente, net vir ingeval nuuskierige wilde diere wil kom inloer. Die lig is sterk skemer en ons sal moet wikkel met die kamp, dit is hoeka donkermaan. Elkeen is besig met sy eie tent en binne ‘n driekwart uur toe staan die kamp. Wilma se opblaas matras het ‘n prop gekort so toe maak ek sommer van ‘n wynbottel se kurk ‘n prop vir die bed. Sy het ook gelukkig ‘n opblaas pompie vir haar bed saamgebring anders het ons almal op die grond geslaap, want niemand anders het daaraan gedink om een in te pak nie. Stoele uit en die vuurtjie brand hoog met die effense nat hout wat Black vir ons nader gesleep het. Dit was ‘n lekker eerste dag in Botswana; geen probleme by die grens nie, die Mahindra het gelukkig op die regte plek gebreek, ons het ‘n erge haelstorm oorleef en sommer lekker in die water gespeel. Kort-kort hoor jy ‘n jakkalsie huil in die bos. ‘n Verdwaalde sonbesie is nog nie in die bed nie en ‘n paar fisante roep na mekaar. Na ‘n lekker bos braai, met slaai en knoffelbrood, klim ons uitgeput in ons tente.

    24 April 2011

    Sondag oggend slaan ons die kamp sommer vinnig op. Black vul die vuurmaakplek mooi netjies met sand op. As jy ons nie gesien kamp het daar nie, sou jy beslis nie geweet het dat daar vyf voertuie met ses tente en ‘n groot kampvuur was nie. Dit is mos hoe ‘n mens die veld moet los na so padkamp het ek vir myself gesê. Nou is ons reguit op pad Jack’s Pan toe. Die kaplyn, die grens sonder drade tussen die konsessie en die reservate, lê nog so 50km vorentoe waarvandaan ons regs moet draai al teen die grens van die Mabuasehube reservaat langs tot by Jack’s Pan. Jacques ry weer voor met Wilma-hulle volgende, dan Jakes, ons en Mike heel agter.

    Skielik stop Jakes hier voor ons doodstil en hulle bekyk iets in die pad. Kan dit wees? Ek hou ook stil en loer deur die verkyker. Sjoe dit is iets wat ‘n mens nie sommer elke dag sien nie. ‘n Berghaan sit vlak voor ons in die pad en bad in een van die poele water wat deur die storm agtergelaat is. Ongelooflik, die voël steur hom nie aan ons klomp wat van al die kante af probeer foto’s neem nie. Mike hou agter ons stil en kom leun met sy 300mm lens op my deur om ‘n stabiele foto van die roofvoël te kry. Sonder waarskuwing besluit die berghaan dit is ver genoeg en swiep die lug in. Dit was seker een van die mees ongelooflike gesigte van ons toer en sommer so vroeg-vroeg op die tweede dag in die bos. Almal is nou eers opgewonde oor hierdie wonderlike land. Wat gaan ons nog teëkom en gaan ons vanaand dalk leeus of hiënas raakloop?
    Ons begin net weer ry toe Jakes skielik aankondig dat daar ‘n baie mooi silwerrugjakkals aan die regterkant van die pad hardloop. So ry ons; ry-stop, ry-stop en elke keer stop ons om na duikers, steenbokkies, gemsbokke, rooi hartebeeste, verskillende valkies en arende, ‘n slang of so asook verskillende soorte plante en bossies te kyk. So erg dat toe Mike op een stadium vir Black vra hoe laat hy dink ons op Jack’s Pan gaan aankom die ou net sy kop geskud het en gesê het soos ons ry weet hy darem nie.

    Die regte dik sand begin toe ons ‘n rukkie later by die kaplyn uitkom. Jacques, Jakes en Wilma se voertuie is toegerus met BF Goodridge All Terrain bande en so ek en Mike moet maar sukkel met ons gewone padbande. Met die Jeep se tegnologies gevorderde lugvering, wat standaard op die Grand Cherokee is, was die grondvryhoogte glad nie ‘n probleem soos in die Pathfinder nie. Ons het eers gedink dit is die Pathfinder se noodwiel wat onder die agterkant gemonteer is wat op die hoë sand middelmannetjie sleep, maar toe kom ons agter dit is in werklikheid die agterste ewenaar. Ten spyte van die lae onderkant van die Pathfinder het die Nissan die tweede meeste krag in hierdie geselskap gehad en was die meeste van die pad nooit ‘n probleem nie.

    Na so 20 kilos se gestry met die stuurwiel deur die dik sand kry ons die bospaadjie na Jack’s Pan. Toe weet ek hoekom ons die saad nette opgesit het. Die paadjie is dik sand en met die baie hoë gras vleg ons trein maar stadig heen en weer deur die sowat 6 kilometer bos om by die spierwit pan uit te kom. Ons het reguit op die pan afgery en by die kant van die slik modder het ons slap links geswaai om al langs die pan te ry tot by ‘n kaal kol teen die noordelik helling van die duin wat half om die pan is. Opgewonde pak ons gou die voertuie af en begin kamp opslaan. So nou en dan wys Lee benoud in die rigting van ‘n duin, maar ons almal is te besig met kamp opslaan om te luister. Met die kamp uiteindelik op, help ons gou vir Wilma en Tersia, waar hulle nog sukkel met hulle swaar vyfman tent. Een-een begin ons besef waarna Lee die heeltyd wys. Die lug lyk boos en ewe ‘Steven Spielberg’. Dit herinner sterk aan daardie storm-jaers wat soos mal mense in die oog van die tornado in jaag. Soos groot trane begin die druppels in die wit stof neer plonk en kort voor lank is daar ‘n fris stormpie op ons voorstoep. Met rukwinde kort-kort moes elk van ons groot manne by ‘n hoek van tent gaan staan het net om die goed op die grond te hou. Die tentpenne het nie heeltemal die regte vasklou vermoë in die los sand as wat ons nodig gehad het nie. Monet het soos ‘n plat gewaaide apie aan die eenkant van Mike se splinternuwe gazebo geklou, so of dit nou enige verskil sou maak. Na vyf minute en baie haelkorrels was die mini storm oor en verby, almal het begin ontspan en ons het selfs ‘n paar mooi foto’s van ‘n werklik asemrowende reënboog oor Jack’s Pan geneem. Min het ons besef hierdie was net die oefenlopie!

    Iemand maak koffie en so tussen die laaste tenttoue styftrek gryp elkeen ‘n beker met koffiekapitaal. Hier gaan ons lekker kamp. Skaars was die gedagte uit my kop uit of dit voel asof ‘n vreemde vlieënde voorwerp op ons boskamp kom land. Die wolke maak so ‘n regte Amerikaanse tornado tregter hier bo ons. My koppie (sonder die koffie) het ek eers die volgende oggend langs een van karre in die veld opgetel. Die moeder van alle haelstorms het ons getref. Kompleet met erge rukwinde en druiwekorrel groot haelkorrels. Ek weet net ek het Jacques se nuwe waentjie se een tentpaal gegryp, Mobru die ander een en ons het geklou. As ek ‘n kilo minder geweeg het, het daai wind my en die wa wragtig opgelig. Die hael het my kneukels velaf gekap. Ek kon nie deur die water gordyn sien waar die ander was nie. Ek het my dogtertjie hoor huil en my vrou hoor troos. Hulle was beide saam Mike onder sy gazebo. Ek kon nie mooi sien of die gazebo nog gestaan het nie, maar hulle was darem nog onder die seile. Aan die anderkant van die kamp waar Wilma en Tersia oomblikke gelede nog gesukkel het om die boog tent staan te maak was net ‘n hoop materiaal, met Wilma wat soos ‘n vlaggie aan ‘n boogpaal klou. Ek het later eers besef dat Jakes aan die agterkant gehang het. Jacques was aan die agterkant van die waentjie besig met skade beheer. Ons geleende Oztent het darem nog gestaan. Dit was net die stoep gedeelte wat glad nie meer ‘n stoep was nie. Jakes se nuwe daktent bo op sy Cruiser was al mooi vasgemaak en Lee was binne in. Sy het eers na die storm haar kop by die ritssluiter uit gedruk om te kyk of sy nie dalk alleen verder gaan kamp nie. Met die storm vinnig oor en verby staan ons, almal deurdrenk nat, en doen ‘n skade opname.

    Niemand sê ‘n woord nie. Mike se nuwe gazebo is letterlik plat gewaai, omtrent elke pyp was gebuig. En nee, nie plastiese pype nie, staalpype. Een van pype het Sonya oor die kop gekap en haar bril gebuig. Sy en Wilma lyk asof hulle masels het soos die hael hulle gekletter het. Mike sit net verdwaas teen die Pathfinder se trekstang en kyk na die verwoesting wat Jack’s Pan se haelstorm binne minute gesaai het. Een van die Oztent se aluminium arms was mors af gebreek. Tersia-hulle se boog tent se keerseil het die pad gevat en kruip weg onder ‘n hoop blare en haelkorrels. Jy kan die verdwaasgeid met ‘n lepel skep. Die enigste twee goed wat redelik ongedeerd deur die storm gekom het is ons Kalahari Ferrari (ons bos toilet wat ons heel eerste ‘n ent buite die kamp agter ‘n swarthaakbos goed vasgekap het) en Black se klein boog tentjie. Stadig tel iemand ‘n pyp op en so begin ons met die herbou van die kamp. Die sonsondergang later is asemrowend en die wolk formasies iets om oor huis toe te skryf. Die troppe elande, springbokke, gemsbokke en die een of twee verdwaalde blouwildebeeste op die pan is ‘n groot bonus. Die aand om die vuur deel elkeen sy eie storie oor die storm en is ons dit almal eens, Jack’s Pan is vir altyd in ons almal se are. Elkeen se ervaring van die storm is ‘n hoogtepunt op sigself. En met die potjiekosreuk in ons neuse sit ons rustig om die kampvuur en luister na bakoorjakkalsies se roep. Alles die moeite werd.

    25 April 2011

    Maandagoggend is die lug ongelooflik mooi en verskeie kolganse sowel as breëkop arende begin vroeg-vroeg in die lug rond te speel. Troppe diere loop lui-lekker om en oor die pan. Kgalagadi DSTV op sy beste. Na ontbyt neem elkeen sy eie rigting en ek en Sonya gaan sit op ‘n stoel en kyk hoe die dag vorder op Jack’s Pan. Ek en Mike kom later op vars luiperd en gevlekte hiëna spore af en met Black se kennis besef ons die ouens het so wraggies kom kyk wie die nuwe intrekkers op die pan is. Ek, Jakes en Mike ry net voor die son ondergaan die Pajero na die oorkant van die pan toe, en neem die mooiste foto’s. Daardie aand om die kampvuur ruil ons foto’s uit, kuier sommer net lekker kuier om ‘n heerlike bosbraai. Toe almal se asems later op is, sit ons met gedraaide nekke na die sterrehemel en kyk. Nog nooit was die melkweg so helder soos juis hier nie.

    26 April 2011

    Dinsdagoggend vieruur skrik ek wakker met die mees onaardse geluid wat ek al ooit gehoor het. Ek lê doodstil en probeer uitwerk van waar kom dit. Ek sien ‘n flits lig en besef dit moet seker een van die ander wees wat ook wakker geword het. Versigtig steek ek my kop by ons tent uit en sien dit is Black. Hy gewaar my en vra of ek die leeu gehoor het. Het ek hom nie gehoor nie, fluister ek. Hy sê die ou maanhaar is so 200, miskien 300 meter van die kamp af en dit is ‘n groot mannetjie. Ek kry toe my groot flits en gaan staan baie naby aan Black, nie om enige ander rede as om vir Black dop te hou nie. As hy vir ‘n boom hardloop, is ek saam. Dalk sal ek eers my vrou en kind uit die tent uit gaan red, sal nog sien. Ek sluit solank die Jeep oop met die afstand beheer wat ek ook so deur die slaap opgeraap het.

    Ons hoor die leeu weer brul, verder as die eerste keer. Ek ontspan effens en Black sê ewe ongeërg dat dit nou die tyd is wanneer hierdie mannetjie jag, vroeg in die oggend. Hy voeg ook vinnig by dat die maanhaar weg loop van die kamp af. Die volgende uur of so was dit doodstil in die bos rondom die kamp. So teen kwart oor vyf toe hoor ons weer die gebrul, die keer van reg oorkant die pan. Die maanhaar het van agter ons kamp reg verby die kamp na die oorkant van die pan gestap en nou is hy op pad terug. Die son was nog nie heeltemal op nie, so ons sig was nie te goed nie. Die oorkant van die pan is seker so een en half kilometer van ons kamp af. Teen hierdie tyd het die res van ons kamp ook al die gebrul gehoor en ontwaak en staan almal met vêrkykers en kameras en wag.

    Skielik roep Jacques hy sien hom en sowaar, dit is ‘n groot swart maanhaar mannetjie. Uiteindelik kan ek my merkie op my lys maak dat ek ‘n regte wilde Kalahari leeu gehoor het. En gesien het. Hy kom op ‘n ligte drafstappie reguit op pad na ons kamp toe, al met spore langs waar ons die vorige dag met die Pajero gery het. Ons maak al almal planne om so vinnig moontlik in die karre te kom sou hy baie nader kom. Skielik steek die maanhaar vas, kyk stip in ons rigting, brul een ontsaglike brul en draai weg in die bosse in. Nou is ons eers versigtig want ons kan hom nie in die bosse sien nie. Skielik brul hy weer so skuins agter die kamp, dieselfde rigting vanwaar hy vanoggend vroeër gebrul het. Ons is aan die eenkant verlig, maar aan die anderkant effens teleurgesteld want hy was net-net te ver en die lig was net te swak om hom af te neem, maar ons het hom gehoor en gesien.

    Nadat ons toebroodjies van ‘n varsgebakte brood gemaak het, begin ons oppak, want dit is al weer tyd om te groet. Die trein is gepak en ons neem hartseer afskeid. Jacques ry voor en Black hang by die venster uit. Gou-gou kry hy en Jacques die spore van ons vroegoggend besoeker. Sy voorpote is groter as my hele handpalm. Die ses kilometer wat ons van die bospad af in gedraai na die pan toe moet ons nou weer terug. Die leeumannetjie het blykbaar ook besluit dit was ‘n goeie roete terug want sy spore het al in die pad vir amper die hele ses kilometer gelê. Kort voor ons die bospad kry toe swenk die groot spore regs die bosse in. Ons draai links op pad terug na die kaplyn wat verby Mabuasehube se hek loop.

    Op die kaplyn hou ons trein eers stil hou om te kyk of daar nie dalk grasse onder die voertuie vassit nie. Mens hoor mos gedurig van karre wat uitbrand as gevolg van die gras wat onder die voertuie verstrengel raak en dan deur die warm dryfas en uitlaatpyp aan die brand gesteek word. Met die karre skoon onder pak ons die dik sand aan. Ek besluit dit is ‘n goeie tyd vir Sonya om bietjie die Jeep in die sand te bestuur. As dit nie die vorige aand gereën het nie sou ons skaars 20 km/h kom ry want die sand was lekker sag en dik, maar die reën het dit so effe gekompakteer wat die rit makliker maak. Na so vyf kilometer gooi Sonya handdoek in en weier om verder te bestuur. Die Jeep met sy Sandton bande gly te veel in die sand. Na ek oorgevat het, ry ons het tot by Mabuasehube se hoofhek. Hier bestorm die vrouens die toilette of dit ‘n Woollies uitverkoping is. Met die uitklim slag sien ons baie vars jagluiperd spore, sommer so in die pad tot by die hek. Ons neem ‘n paar foto’s by die hoofhek van die park voor ons weer die pad vat. Ons het nog een aand in die konsessie oor, maar ons moet die volgende oggend 11h00 vir Black in Tsabong aflaai.

    Die sand begin al dikker en dikker raak. So diep dat Jacques die Mahindra in 1ste rat moet sit om aan die beweeg te bly. Naby drie uur se kant, en so 40 km voor Tsabong, vra ek oor die radio vir Jacques om maar te begin uitkyk vir ‘n oop stuk grond, ‘n so bietjie die veld in, sodat ons nou nie so naby die kaplyn kamp nie. Jacques swaai toe regs die bosse in. Daardie aand maak ons toe ons laaste boskamp net daar in die veld langs Mabuasehube. Na aandete haal Jacques sy “blacklight” uit en skielik verander elke skerpioen in die omgewing in boetie se “glow-in-the-dark” monstertjies. Hulle het fosfor in hulle skelet wat die lig absorbeer en as jy dit nog nie gesien het nie, maak ‘n plan. Na ‘n heerlike pasta gereg en bietjie malvapoeding met vla sluip ons een-een na sy onderskeie tent.

    27 April 2011

    Met ‘n koeltetjie in die wind die volgende oggend is ek maar bly dis ons laaste nag in die veld. Na koffie en beskuit pak ons vinnig op en neem dieselfde kronkelpaadjie terug na die kaplyn toe. Die kaplyn pad, wat die hoofpad na Tsabong is, begin al hoe slegter word en ons sien vir die eerste keer in ‘n lang tyd ander voertuie. “Road Maintenance” waarvan die borde ons gister gewaarsku het, is oral langs die pad besig om iets soos kalk stof in die gate vol water te stort en die pad dus mooi op te vul. Stelselmatig begin die padoppervlakke al beter en beter word tot ons later Tsabong binne ry. Ons spoor die “Mall” taamlik vinnig op en bedank Black vir sy dienste. Op daardie oomblik lui die klok by die laerskool oorkant die pad en voor jy kan sê mes is ons omring deur laggende bekkies. Die kinders se vriendelike “Take me a photo, take me a photo” kan ek nie weerstaan nie en toe maak ek die klomp staan rondom die Jeep. Na die impromptu fotosessie gaan soek ons petrol, wat makliker gesê is as gedaan.

    By Tsabong se enigste vulstasie wat brandstof het, begroet rye en rye voertuie ons. Hulle petrol het die vorige dag drie uur die middag opgeraak en die tenkwa met die brandstof het eers vanoggend hier aan gekom. Die plek wemel van GP en NW voertuie. Gelukkig is daar nog drie jerriekanne vol petrol vir die Jeep en ek besluit toe ek gaan nie in een van hierdie rye staan nie. Gelukkig was die diesel ry baie kort en dit was nie lank nie toe is die Cruiser, Mahindra, Nissan en Pajero weer propvol. Ons loop mense van Centurion en Hartbeespoortdam raak wat een van hulle nagte in Mabuasehube moes opgee om voor die vulstasie in die dorp te kamp om te wag vir die brandstof. Nodeloos om te sê, maar Mamma was toe nie baie gelukkig nie.

    Middelputs lê so 45 kilometer van Tsabong af en oppad sien ons die eerste regte rooi duine van die omgewing. Met die baie reën wat die Kgalagadi gehad het is die meeste duine met gras oortrek, maar hier was nou die eerste oop duine. Die pragtige wolkformasies en ysterklip skep die perfekte foto geleentheid. My GPS wys ons ry al langs die Molopo-rivier, wat die grens tussen Suid Afrika en Botswana vorm. Ek was nog nooit in Middelputs nie, maar die grenspos lyk groter as die een by Bray. Baie parkering en baie netjiese geboue.

    Die twee Botswana grens personeellede wat aan diens is (die ander agt staak), is baie vriendelik en behulpsaam en ons is sommer baie vinnig deur die grens en terug in Suid Afrika. Met die uitry slag sien ek Mike hou stil om ‘n foto te neem van ‘n paar meerkatte. Groot is ons verbasing toe ons later ontdek dat daar ‘n bruin muishond ook in die agtergrond op die foto is. Volgende stop is Vanzylsrus. Hierdie dorp is bekend vir die National Geographic reeks van Meerkat Manor wat naby die dorp verfilm is. In die dorp aangekom stop ons by die hotel. Daar is darem ‘n paar huise, ‘n hotel met twee drankwinkels weerskante van hom en ‘n paar ander klein besighede. Gastehuise en lodges is daar heelwat van en die groot kerktoring hou ook wag oor die huise. As jy nog nie die hotel op Vanzylsrus gesien het nie, mis jy iets. Baie talentvolle mense in daardie dorpie. Ons oornag by Khomani Lodge. Die Lodge is geleë op die tweede grootste sandduin in die dorp en bestaan uit drie houthuise bo op die duin. Die groot huis, wat 16 mense kan akkommodeer, waar ons oornag is baie goed toegerus. Nadat almal klere en kos afgepak en gestort het, maak ons ‘n lekker potjie en gebakte broodjie en kuier tot laat om die vuur.

    28 April 2011

    Die volgende dag is elke ou maar op homself aangewese en na ontbyt spat elkeen in ‘n rigting. Sommiges sit en lees, ander kyk na die voorloop William en Kate se troue op TV en ander loop rond en neem foto’s. ‘n Entjie van die lodge af is ‘n groot versamel voëlnes en foto oomblikke is daar baie. Ander voëls van die omgewing is ook redelik mak en kom sit sommer op die stoep van die houthuis wat foto neem ‘n plesier maak. Namiddag gaan ry ons en Jacques-hulle bietjie donkiekar saam Harry en sy steeks donkies. ‘n Belewenis op sigself. Mens kan nie glo dat vir baie mense is die donkiekar nog die enigste manier om vinniger van punt a na punt b kom as om te stap nie.

    Net voor sononder wil ons die grootste duin buite die dorp gaan uit ry. Elbie, die hotel eienaar verduidelik vir ons hoe om by die duin te kom, en vra toe sommer ook of ons regte 4×4 voertuie het, want blykbaar is die duin nie ‘n man se maat nie. By die duin gekom kyk ek die spulletjie so en besluit ek sal maar eerder die muis deel van die man-of-muis roete neem. Nie omdat ek bang is nie, maar omdat ek realisties is oor die Jeep se bande. Die Jeep en die Pajero (ons het die Pathfinder by die lodge gelos) is toe langs die kant van die duin op. Al is die Jeep op sy hoogste verstelling moet ek die laestrek aktiveer om die duin uit te kom. Die Pajero, met sy All Terrain bande, is baie makliker die duin uit.

    Die Cruiser is eerste teen die man deel van die duin uit en was amper bo toe Jakes onthou hy moet dalk die wiele effens afblaas. Tweede probeerslag is ook nie geslaag nie, maar met die derde probeerslag is hy bo. Jacques, wat al baie tergery oor sy 4×4 moes aanhoor, wil die manne se monde oor die Mahindra stil maak en pak die duin met die bakkie reg van voor. Tot Mobru se ontsteltenis. Na drie probeerslae is hy ook bo. Ek moet net sê dat beide die Mahindra en Cruiser nog volgelaai is. Die Mahindra het seker ‘n halfton goeters agter op sy bak, die agtersitplek het ‘n vol gelaaide yskas en ‘n klomp herwinning toerusting. Jakes se Cruiser is ook vol gelaai met ‘n laai stelsel vol goed en ‘n daktent op die dak. Albei se langafstand- tenks is nog vol diesel. Ek het stil-stil my hoed gelig vir die Mahindra en die Cruiser. Later daag nog mense op en probeer een ou toe met ‘n VW Touareg V10 Diesel (wat geen vrag in het nie) ook die duin uitry. Hy moet ook drie keer probeer en die laaste keer toe brul daardie Volksie soos ‘n ou Leyland Mini wat een van Waterkloof se bulte uitry in eerste rat. Die mooi sonsondergang bo op die duin sluit die dag perfek af. Ek wonder net wat sou die Jeep met die regte bande op, nie kon vermag oor hierdie duin nie. Die manne se monde sou oop hang. Nou terug lodge toe vir lekker vetkoek en maalvleis.

    29 April 2011

    Vrydagoggend pak ons met swaar voete die voertuie en vertrek op die tweede laaste been na ons bestemming die Kameelboom Lodge in Vryburg. Ons ry grondpad langs na Hotazel. ‘n Sarel van der Merwe in sy Hilux bakkie sorg vir ‘n groot kraak in Jacques se Mahindra se voorruit. Hotazel is ‘n klein myn dorpie noord van Kuruman en die manne van Hotazel, Kuruman en Katu sal jou sê as jy nog nie in hulle tri-nations rugby gespeel het, is jy nie goed genoeg om vir Griekwas uit te draf nie. In Hotazel kan ‘n mens sien die myn onderhou die dorp en nie die munisipaliteit nie, want alles is skoon en netjies. Kameelboom Lodge lê so tien kilometer voor Vryburg op die Kuruman pad. Dit is ‘n vriendelike plek met netjies kamers en van die mooiste tuine wat ek nog teëgekom het. Orals is hoekies en draaitjies met die mooiste spreekwoorde wat op geroeste plate en drom deksels aangebring is. In die middel van die tuin staan ‘n 500 jaar oue Kameelboom, werklik ‘n besondere gesig. Om die vuur die aand skiet ons met regte ketties na ‘n paar blikkies en eet die laaste van Heather se heerlike Kalahari wors. In almal is daar ‘n onwerklike gevoel om te dink die vakansie staan einde se kant toe. Die Botswana bos en die mooi sonsondergange sal nog lank in ons geheue vasgebrand wees.

    30 April 2011

    Met ontbyt sit ek, tussen die geroesemoes van stemme, en dink hoe dankbaar ek is vir ‘n mooi land soos Botswana waar ek eintlik, ironies genoeg, veiliger gevoel het tussen die wilde leeus van die Kalahari as wat ek in Waterkloof tussen die ministers van ons land voel. Botswana is ‘n pragtige land met vriendelike mense en dit is een van min lande in Suider Afrika waar die diere nog werklik wild rondloop. Met ‘n totale populasie minder as die van Gauteng, is Botswana een van die bes bewaarde wildsbestemmings wat ek nog besoek het. By die garage in Krugersdorp aangekom, groet ons almal vinnig en spat uitmekaar, elkeen oppad na sy eie bestemming maar met die selfde gevoel van “Wat’s volgende?”.

    André en Sonya Olivier

    Indrukke oor ons voertuie vir die ongelooflike toer

    Jeep Grand Cherokee 3.6 V6 Overland
    Die Jeep het hom goed gedra, ons was drie mense in die voertuig met ‘n kamp yskas, 45 liter koelkas, herwinning toerusting, twee kratte kos, 20 liter drinkwater, klere en kamptoerusting en kampstoele. Die Jeep was tot teen die dak gelaai met net genoeg oop sit plek vir my, Sonya en Monet. Ons het 134 liter petrol gebruik en dit was net eenkeer nodig om die Jeep in laestrek te ry en dit was by Vanzylsrus teen die duin uit. Oop pad verrigting is uitstekend en selfs met die Grand vol gelaai het ek nooit gevoel die 3.6 liter V6 Pentastar enjin werk nou hard nie. Ons toer trein het nooit meer as 110 km/u gery nie en die tog beheer waarmee die Jeep toegerus is het die rit baie gemaklik gemaak. Die Overland spesifikasie waarmee ons toetsvoertuig toegerus was het verhitte sitplekke wat ‘n verkoelings funksie het as standard toerusting. Die verkoelings funksie was nogal handig in die Kalahari, die kwik het vir so twee dae ver oor die 30 grade getrek en dit was juis die verkoelde sitplekke wat my laat kophou het in die diep sand van die Kalahari. Die Jeep se bougehalte is puik en selfs na 500 kilometer in die stof het ek glad nie stof geruik in die Jeep se kajuit nie, daar was geen noemenswaardige ratels na al die grondpaaie wat ons gery het nie en selfs nie eers ‘n papband na al die bospaadjies waar ons gekamp het nie..
    Wat my gepla het van die Jeep:
    Die toetsmotor was pikswart, nou ons almal weet dit is mite dat swart motors warmer is ander kleur motors, maar die swart het my baie laat lyk soos een van die ampsdraers van die plaaslike regering en daarvan het ek nie baie gehou nie. Die swart het ook baie gouer al die Kalahari stof gewys. Ons toetsvoertuig was toegerus met die standaard 20 duim 265/50 R20 BSW 3 werkverrigting bande wat die sand ryery baie moeilik gemaak het. Die opsionele “Off–Road Adventure II” packet wat 18 duim 265/60 R18 BSW All terrain bande insluit sou hierdie Jeep in ‘n heel ander klas geplaas het op die tiepe paaie. Die pakket sluit ook skaaf plate vir die onderkant van die voertuig in wat die gras ook sommer sou uithou uit die dryfas stelsel uit. Ons toets voertuig se kompas was ook die hele tyd verkeerd, hy het nooit die regte rigting aangedui nie, nou dit moet ek bieg kon my skuld gewees het, want ek het nooit voor die tyd seker gemaak die kompas is reg gekalibreer nie, maar aan die anderkant die GPS stelsel het 100% gewerk en ek kon nie verstaan dat die kompas en die GPS nie saam werk nie.
    Wat my beïndruk het van die Jeep:
    Die Jeep het verseker die meeste pakplek van die drie motors gehad, die sitplekke wat plat vou en die lengte van die laai ruim is indrukwekkend. Die rygerief was uit die boonste rakke en dan die toerusting wat ingesluit is by die prys van R582 000 is net verstommend. Leer en houtafwerking, verhitte/verkoeling vir die sitplekke en stuurwiel, lugvering, panoramiese glasdak, 210 Kw. se krag, lug filtrering stelsel vir die kajuit, “Smart Beam” slim hoofligte wat aankomende verkeer in ag neem met die sterkte van die hoofligte die lys gaan net aan. Die Jeep is bykans R70 000 goedkoper as die Nissan Pathfinder en slegs R30 000 duurder as die Pajero GLX wat nie naastenby so goed toegerus is as die Jeep nie.

    Nissan Pathfinder 3,0 dCi V6 V9X LE
    Mike het alleen in die Pathfinder gery met al die sitplekke plat gevou sodat die kamp toerusting, plus van die kos en ‘n 45 liter koelkas sowel as ‘n seil gazebo van 6×4 meter en water kon inpas.
    Wat my gepla het van die Nissan:
    Ek weet nie of dit net hierdie spesifieke voertuig is nie en of dit ‘n eienskap van die Pathfinder is nie, maar die voertuig se stert het kwaai gehang. Hy was vol gelaai maar nie veel swaarder as wat sewe insittendes met bagasie sou wees nie. Ons het ook die swaarste goed in die middel van die voertuig probeer pak sodat daar juis nie baie gewig op die agterwiele moes wees nie. Die Pathfinder het op heel party plekke sy stert op die sand gesleep, veral in die diep sand van die kaplyn. Ons het eers gedink dit is die noodwiel wat onder die bak gemonteer is , maar agtergekom dit is die agterste ewenaar wat laer as die wiel hang. Mike besit self ‘n 1998 Nissan SANI stasiewa en die Pathfinder is inderdaad kleiner binne as die SANI. Op sy hengel uitstappies slaap Mike gereeld agter in die SANI as die sitplekke plat gevou is, in die Pathfinder kon Mike wat nie eers sesvoet lank is nie, nie plat lê met al die sitplekke plat gevou nie. Ek was ook seker bederf met die Premium bou gehalte van die Jeep, maar die Pathfinder het heelwat meer ratels op die grondpaaie as die Jeep gehad en jy kon duidelik die stof ruik wat heel agter aan die linkerkant by ‘n klein luginlaat in die kajuit ingesuig is. Die Pathfinder was ook met standard pad bande en nie All Terrain bande toegerus wat waarskynlik die sand ry bietjie makliker sou maak.
    Wat my beïndruk het van die Nissan
    Wel die klankbaan van die Pathfinder se 3.0 liter V6 turbodiesel met nie minder nie as 170 Kw is werklik iets besonders. Die Pathfinder is toegerus met leer sitplekke wat elektroniese verstel, ‘n navigasie stelsel met ‘n geheue vir musiek ensovoorts en ‘n werklike baie gebruikersvriendelike elektroniese vierwiel stelsel wat maklik met die draai van ‘n knop die voertuig gereed het vir van die moeilikste paaie. Sonder die trekkrag van 550 Nm wat die Pathfinder sonder enige inspanning ontwikkel sou ons verseker baie moeilike in die sand gery het, juis omdat die stert so laag gehang het. Mike het 136 liter diesel in die Nissan gebruik.

    Mitsubishi Pajero GLX LWB
    Wilma en Tersia was die meeste van die tyd in die Pajero, hulle het ook die agterste sitplekke plat gevou om plek te maak vir twee tasse, ‘n vyfman dome seil tent met span seil, kos, water en ‘n 45 liter koelkas. En vroumense kan ‘n klomp goed saam ry.
    Wat my gepla het van die Pajero
    Wel om die waarheid te sê was daar bitter min wat gepla het, die voertuig het presies gedoen waarvoor hy ontwerp was. As ek nou regtig krities moet wees sou ek sê die dik plastiese bak skorte wat aan die onderkant van die deure aangebring is en by die stampers aansluit en heelwat krappies in die bosse op gedoen, die feit dat die Pajero ook hoë agter hoeke het ook die bos ryery bemoeilik, waar die ander twee voertuie maklik onder deur ‘n bos kon gaan het dit mooi ry gekos om nie die Pajero te krap nie. Daar is dan ook ‘n paar fyn haarkrappe veral op die agterste boonste hoeke op gedoen.
    Wat my beïndruk het van die Pajero
    Die Pajero se bakwerk kleur wat werklik die mees sindelike kleur, die metal blougrys kleur het die minste stof gewys en ons het van die mooiste foto’s van die Pajero gekry in die Botswana son. Die Pajero was ook die enigste een van die drie wat met All Terrain bande toegerus was en dit het werklik ‘n groot verskil gemaak op die sand paaie van die kaplyn. Die navigasie stelsel van die Pajero was ook vir my die mees indrukwekkendste met die hoogte bo seespieël en kompas rigting wat duidelik aan gedui is. Die laestrek-ratte wat met ‘n tweede hefboom geskakel kan word was ook meer ou skool wat nie so gebruikersvriendelik soos die Jeep en die Nissan was nie, maar meer vertroue inboesem as die twee nuwer voertuie. Ons het 135 liter diesel in die Pajero gebruik.

    Gevolgtrekking
    Teen R544 588 is die Mitsubishi Pajero 3.2 Di-D GLX LWB Outomaties die goedkoopste van ons drie toetsmotors, hy het nouwel ‘n nuwe 140 Kw turbodiesel enjin, maar die res van die Pajero voel oud, nie heeltemal tegnologies in die klas van die ander twee nie. Met Dakar ondervinding en verkope beter as die van die Pathfinder gee die kopers seker nie te veel om hieroor nie. Die Pajero was die beste toegerus vir die omstandighede waaronder ons getoer het. met die All terrain bande maar hy was ook die enigste voertuig wat oral gras onder die bakwerk bymekaar gemaak het. Daar is ‘n dwars staaf ter versterking van die onderstel wat kort-kort gras versamel het, alhoewel dit nie naby die uitlaatstelsel of dryfstelsel was nie kan dit sonder ‘n skaaf plaat dalk ‘n problem veroorsaak. Die Pajero is ook die enigste voertuig waar ons twee saad nette nodig gehad het omdat daar onder baie laag naby aan die pad ook ‘n verkoeler inlaat sit wat ten spyte van die net nog steeds gras bymekaar gemaak het. Die Nissan Pathfinder 3.0 V6 dCi 4×4 outomaties klink mooi as jy hom bietjie vet gee, hy het die tweede meeste krag vir ‘n diesel in die klas naas die Disco 4, maar met die agterste ewenaar en noodwiel wat onder die voertuig in die sand sleep dink ons die Pathfinder sal beter vaar waar die paaie meer gelyk is. Dink nou net as ons ‘n wiel moes vervang dan moes ons die nood wiel eers uit die sand uit grawe om dit van die voertuig af te kry en dan die voertuig nog hoër oplig om die ou band weer onder die voertuig in te kry. Die Nissan Pathfinder is ook heeltemal te duur vir wat die voertuig bied, teen R652 000 is hy self duurder as die Nissan Murano of Z370 Roadster. Hy is bykans R107 000 duurder as die Pajero en R2000 duurder as die Toyota Prado VX Diesel, selfs R28 000 duurder as die Land Rover Discovery 4 TD SE wat sonder twyfel die leier in die segment is. Wat die Jeep Grand Cherokee 3.6L Overland betref is hy die enigste een van die drie wat petrol aangedrewe is, dit in opsig self is ‘n terugslag vir nou, alhoewel ons geen probleem met die beskikbaarheid van petrol in Botswana gehad het nie kan dit ‘n probleem raak in die res van Afrika. Die Jeep is wat rygerief en toerusting aanbetref in ‘n ander klas, na my mening die naaste aan die segment leier Discovery 4 van al drie die voertuie. Teen R582 000 vir die Overland soos ons toetsvoertuig, is dit net die 5.7 V8 Overland wat nog meer krag bied in die Jeep stal en selfs hy teen R631 000 is goedkoper as die Pathfinder. Die Jeep is meer gesofistikeerd en verfynd as ooit te vore, luukser as ooit te vore en met die Quadra-Trac II en Quadra-Drive II vierwiel stelsel en geslote lugvering wat sy eie lug aanboord in ‘n silinder stoor is dit werklik net die luukste HSE Disco 4 wat die Jeep troef. Met bykans identiese brandstofverbruik syfers as die ander twee diesel voertuie kan ons nie wag vir die turbodiesel model wat dalk later in 2011 plaaslik beskikbaar sal wees. Dus vir ons Kalahari Toer 2011 plaas ons die drie voertuie soos volg vir algemene werkverrigting en brandstof verbruik en gebruikersvriendelikheid.
    1. Jeep Grand Cherokee 3.6L Overland (13,58 L/100km vir ons toer)
    2. Mitsubishi Pajero 3.2 Di-D GLX Lwb AT (13,38 L/100 km vir ons toer)
    3. Nissan Pathfinder 3.0 dCi 4×4 AT (13,48 L/100 km vir ons toer)
    Dankie aan Chrysler SA vir die Jeep, Nissan SA vir die Pathfinder en Mitsubishi SA vir die Pajero.

    the best gameДанильченео

  • Nuwe Grand Cherokee is baie meer Grand

    Nuwe Grand Cherokee is baie meer Grand

    Jeep Grand CherokeeJeep Suid-Afrika het ‘n groot waarskuwing gerig aan al die vernaamste spelers in die groot sportnutsvoertuigmark. As julle nie weet waar presies dit is nie, wel dit is nou in alfabetiese volgorde: die Audi Q7, BMW X5, Land Rover Discovery,Mercedes ML, Mitsubishi Pajero, Toyota Prado, VW Touareg en Volvo XC90. Nogal ‘n mond vol swaargewigte wat Jeep hier aanvat. Die splinternuwe Jeep Grand Cherokee is nie net groter, breër en hoër nie,maar nog luukser en heelwat meer vaardig in die veld.

    Jeep van agterNuwe tegnologie wat ingespan word, is dinge soos ‘n geslotelugveringstelsel (Quadra Lift) wat die voertuig vanaf ‘n normale ryhoogte van 205mm tot by ‘n baie hoë 270mm kan laat oplig. Daar is ook nou soos in die Discovery en Prado ‘n stelsel wat maklik met die draai van ‘n knoppie die onderstel en aandrywing aanpas by die omliggende gebied. Jeep noem dit die Selec Terain-stelsel. Die stelsel bied vyf verstellings naamlik “Park Mode” waar die voertuig 40mm laer as die ryhoogte is om maklike toegang tot die voertuig te verseker, asook “Aero Mode” wat 15 mm laer as die 205mm “Normal Ride Height”-hoogte is. Die “Off Road I” is 33 mm hoër as die normale ryhoogte en die “Off Road II” is ‘n volle 65mm hoër as ryhoogte. Die knop wat jy draai om die verstelling te maak is maklik gemerk met “Sport”, “Snow”, “Auto”, “Sand/Mud” en “Rock”. Elkeen van die verstellings sal die voertuig aanpas namate die oppervlakte en gebied waar die voertuig beweeg; die bestuurder moet net kyk hoe lyk die pad en die knop draai tot waar hy dink dit sal werk.

    Daar is ook elektroniese stabaliteitsbeheer wat sorg dat die Jeep altyd stabiel is en dan ook die ryhoogte aanpas by die omstandighede en spoed waarteen die voertuig ry. Die stelsel sluit ook goed in soos sleepwaswaaibeheer en hulp wanneer daar teen ‘n helling weggetrek moet word en die padoppervlakte glad is. Dit alles is stelsels onder die vel van die nuwe Jeep Grand Cherokee.

    Die binneruim bevat veranderings wat ook met ‘n handomkeer van die vorige model verskil. Die tipiese Amerikaanse stilering met lelike plastiek en harde oppervlaktes het plek gemaak vir regte hout en leerafwerking. Luukses soos ‘n 30 Gg-hardeskyf met ‘n 9-luidsprekerradio en raakskerm vir die navigasiestelsel is nou standaard. Inteendeel, daar is niks wat nie standaard is nie. Jy sal nie nodig hê om enige opsionele toerusting te bestel nie, in teenstelling met sommige ander vervaardigers.

    Jeep Grand Cherokee sy-aansigDaar is twee afwerkings beskikbaar, die Limited en die Overland. Die Overland is die luukser model met geventileerde sitplekke wat nie bekikbaar is in die Limited nie. Daar is ook twee enjins bekikbaar in die Grand Chrokee-reeks. Die eerste is die 3,6 liter V6-petrol wat 210 Kw en 347 Nm se wringkrag ontwikkel. Hierdie syfers is 38% hoer as in die vorige model. Met meer krag sou ‘n mens dink die Jeep sou minder ekonomies wees, maar Jeep sê daar is ‘n 10%-verbetering in brandstofverbruik. Die ander enjin in die reeks is die 5,7 liter V8-petroleenheid. Die enjin ontwikkel 259 Kw en 520 Nm wringkrag. Jeep reken die voertuig sal gemaklik 3500 kg kan sleep. Die ongelooflike tegnologie wat hier ingespan word noem Jeep “MDS” (Multi Displacement System). Hierdie stelsel verander die monster-V8 in ‘n heel skaflike 4-silinder wat suinig met die voggies werk wanneer daar getoer word. Wanneer jy die krag nodig het, trap jy eenvoudig net die vesneller en al 8 silinders skop behoorlik in om die situasie aan te spreek.

    Die nuwe Grand Cherokee het ook sleutellose toegang en net ‘n knop wat gedruk kan word om die enjin aan te skakel, dit is nou te sê as jy die sleutel in jou broeksak het. Veiligheid is ook nou aangespreek en die nuwe Grand spog met SMARTBEAM-hoofligte wat self na die dompverstelling skakel indien daar verkeer van voor kom en jou ligte hulle moontlik kan veblind. Die hoofligte verstel ook outomaties om by die ryhoogte van die voertuig aan te pas. Daar is vyf sitplekke in die Jeep met die agterste drie wat gelyk plat kan vou om die laairuim nog ruimer te maak.

    Die nuwe Jeep Grand Cherokee is beslis baie goeie waarde vir geld, veral as ‘n mens in ag neem dat niks opsioneel is nie en dat jy baie meer moet uithaal vir enige van die ander voertuie in die klas. Dan het jy ook nog nie al die toerusting wat die Jeep bied nie. Pryse wissel vanaf R531 990 vir die intree-V6 Limited tot R637 990 vir die grootboet-Hemi 5,7 V8 Overland.

    оформить справкуФильчаков прокурор

  • Motor van die jaar 2011

    Motor van die jaar 2011

    BMW 530dGeskiedenis is gemaak met die aanwysing van die 2011 Motor van die jaar. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die gesogte kompetisie dat twee motors die prys deel.

    VW Polo 1.6 TDIDie BMW 530d en die VW Polo 1.6 TDi deel die titel van Motor van die jaar. Ná wat as die kwaaiste mededinging in jare beskou is, het die jurielede van die Gilde van Motorjoernaliste die twee motors aangewys om die titel te deel.

    ландшафтное освещение участка фотопрокурор Фильчаков

  • Audi Quattro minder van ‘n modebykomstigheid

    André Olivier bied sy ry-Indrukke van nuwe modelle.

    Audi TT 2.0T FSi Quattro S-Tronic

    Enjin Kapasiteit: 1984 cc 4 sil Petrol Turbo

    Kraglewering: 155 Kw

    Wringkrag: 350Nm Wringkrag

    0-100 km/u: 5,6 sekondes

    Spoed: 243 km/u

    Verbruik: 7,2 l/100 km

    Uitlaatgasse: 169Co2 g/km

    Ons hou van: Die motor se sagte vroulike voorkoms het plek gemaak vir ‘n sterk forse sportiewe stans. Die motor lyk sommer meer doel gerig en nie minder soos ‘n mode bykomstigheid. Die DSG ratkas is ook besonders akkuraat en direk. Padhou vermoë is uitstekend met die Quattro aandrywing wat die vier bande letterlik geplant hou. Audi se binneruime is wêreld wyd bekend vir die afwerking en kwaliteit, die TT stel ook nie hier teleur nie, puik material en uitleg. Die TT is ook practise, jy sien dit is ‘n volbloed sportmotor met vier sitplekke en genoeg laairuimte vir ‘n naweek sak of twee. Die 2-lieter turbo enjin suig min voggies en bied dus die beste van twee wêrelde, hierdie is ‘n Springbok flank op Sarie se loopplank!

    Wat pla: Die TT se binneruim is nie anders as die van enige ander Audi nie, of jy binne in die R8 of die nuwe A1 sit, hulle almal lyk en voel identies. Toegang tot die agterste sitplekke is nogal moeilik, dit is asof die voorste sitplekke nie ver genoeg kan vorentoe vou sodat die agetrste sitplekke bereik kan word nie. Teen R527 000 is die TT wel goedkoper as die BMW Z4 maar duurder as Mercedes se SLK, maar dit bly baie duur vir so ‘n klein motortjie.

    Jeep Patriot Limmited

    Enjin Kapasiteit: 2360 cc 4 sil Petrol

    Kraglewering: 125 Kw

    Wringkrag: 220Nm Wringkrag

    0-100 km/u: 10,8 sekondes

    Spoed: 180 km/u

    Verbruik: 8.4 l/100 km

    Uitlaatgasse: 196 Co2 g/km

    Ons hou van: Amerikaanse motors kon nog nooit die styl en finesse van die Europeers baasraak nie, maar die 2010 Jeep Patriot Limmited is die eerste Amerikaner wat ek raakloop wat regtig baie naby kom. Die kwaliteit leer en ander material in die binneruim is puik. Ruimte vir vyf volwassenes en nog genoeg pak plek vir hul bagasie. Daar is hope pak plek vir klein goedjies. Die motor is reg in die kol wat gerief aanbetref en dan kan jy al die gate in ons paaie ook trotseer, want die Jeep het permanente vier wiel aandrywing. Daar is ook netjies uit voubare luidspreker in die bagasiebak deksel en selfs ‘n ingeboude verwyderbare flits liggie in die agterklap. Die paneelkussie het netjiese rakkies vir blikkies koeldrank en dit hou werklik die drinkgoed koud ook d.m.v die lugversorger wat ‘n spesifieke uitlaat in die kussie het. Ons baie van die prys, R299 000 vir ‘n regte Jeep met regte vermoëns in jou motorhuis!

    Wat ons pla: Die feit dat die res van die Jeep reeks nie kan kers vashou by die Patriot nie. Die Patriot is die intree vlak Jeep en hy bied soveel, maar die reputasie van die res van die reeks kortwiek die Patriot se ware kwaliteite.

    Jeep Wrangler Unlimited Rubicon 3.8L

    Enjin Kapasiteit: 3778 cc 6 sil Petrol

    Kraglewering: 146 Kw

    Wringkrag: 315Nm Wringkrag

    0-100 km/u: 11,4 sekondes

    Spoed: 180 km/u

    Verbruik: 12.4 l/100 km

    Uitlaatgasse: 288 Co2 g/km

    Ons hou van: Hierdie lyk sommer soos ‘n rowwe kalant, hy sal ook kan ry waar kees met ‘n kierie sal sukkel. Jeep het die binneruim gemaklik probeer maak met luukshede soos ‘n raakskerm navigasie stelsel met ingeboude geheue vir al jou musiek en fotos. Die Unlimmeted weergawe het vyf deure, dus kan die agterste passasiers baie makliker in en uitklim as in die gewone 3 deur weergawe.

    Wat ons pla: Dit bly 2011 en hierdie Jeep voel en lyk 1990. Hy kompeteer met voertuie soos die Land Rover Defender en Land Cruiser 76 en 78. Prys is soos gewoonlik iets waaroor ons sterk voel en teen R395 000 is die Wrangler Unlimited Rubicon 3.8L R50 000 goedkoper as die Land Cruiser maar R30 000 duurder as die Defender. Die Jeep se dak ka nook afhaal, maar dit is baie swaar en ingewikkeld en dit sal jou en jou vrou ’n rukkie neem om die ding terug te sit, bietjie onprakties.

    Mitsubishi Pajero 3.2 Di-D GLS LWB Outo

     

    Enjin Kapasiteit: 3200 cc Turbodiesel

    Kraglewering: 140 Kw

    Wringkrag: 441Nm Wringkrag

    0-100 km/u: 9,7 sekondes

    Spoed: 185 km/u

    Verbruik: 8.0 l/100 km

    Uitlaatgasse: 211 Co2 g/km

    Ons hou van: Die Mitsubishi Pajero het ‘n fenomeen in Suid Afrika geword. Die Pajero naam is al amper ‘n alleenstaande handelsmerk. Mens vergeet dat die Pajero eintlik ‘n Mitsubishi is, dit is ‘n goeie ding want Mitsubishi is bekend vir hule betroubaarheid in veral die moordende Dakar tydren. So ons hou baie van die Pajero se reputasie. Die res van die voertuig is goed aan mekaar gesit met heelwat luukse items soos leer afwerking en elektroniese ratslotte, goeie klank stelsel en ‘n amper onstuitbare enjin. Die Pajero langas afstand wat ons gery het is dan ook die vlagskip model in Suid Afrika met alles wat enige Prado of Pathfinder bied. Spasie in die binneruim is goed, daar is tot twee wegvoubare sitplekke heel agter om die 5 sitplek binneruim in ‘n 7 sitplek binneruim te omskep.

    Wat ons pla: Alhoewel die Pajero met voertuie soos die Discovery, ML of X5 wil meeding is hy nie regtig op dieselfde tegnologiese vlak as die drie nie. Die Pajero Sport wat laer op die voedsel ketting sowel as die prys leer van Mitsubishi staan bied byne alles wat die Pajero bied teen bykans R200 000 minder. Die ander veldryer in die Mitsubishi stal, die Outlander kom ook baie naby teen self nog mider as die Pajero Sport. Teen R635 000 gaan jy ‘n baie goei veld voertuig koop, maar as jy ‘n goeie modern gevorderde veldwa soek kyk gerus eers na die Britte vir alles en meer teen R10 000 minder.

    Range Rover Supercharged

    Enjin Kapasiteit: 5000 cc V8 Superaangejaag

    Kraglewering: 375 Kw

    Wringkrag: 625 Nm Wringkrag

    0-100 km/u: 6,1 sekondes

    Spoed: 225 km/u

    Verbruik: 14,9 l/100 km

    Uitlaatgasse: 348 Co2 g/km

    Ons hou van: Die Range Rover is die grootste voertuig in Land Rover se stal, dit word algemeen reg oor die wêreld heen beskou as die Rolls Royce van veldwa’s. Die voertuig is alles vir almal, hy kan net so vinnig vesnel soos ‘n BMW 335i, net so lekker lang pad toer soos ‘n Mercedes S600 L, oral ry waar ‘n Toyota Land Cruiser sal sukkel. Hy sal koppe laat draai by verkeerslig, kantoor, golfbaan, kerk ag sommer oral waar jy met hom gaan. Daarby is hy net so luuks soos ‘n S600, net so groot soos ‘n Land Cruiser, net so rats soos ‘n 335i. Die leer en regte hout afwerking van die binneruim ruik en voel soos ‘n Van der Berg vertoon lokaal. Die ingeboude kameras rondom die motor is jou oë, die hidroliese lug vering wat die pad oppervlakte 500 keer per sekonde monitor hou jou op die pad en deur die diep gate in ons paaie. Die raakskerm navigasie stelsel en Harmon Cardon klank stelsel sorg vir agtergrond musiek in die boendoes. Die twee ingeboude DVD speller agter die voorste sitplekke hou die kinders besig. Dit alles terwyl die ingeboude verkoeling in jou vrou se sitplek haar koel hou en die verhitte agtersitplekke die babatjie warm hou. Hierdie is werklik alles vir almal.

    Wat ons pla: Dat maar net sekeres van ons en ‘n paar ministers wat die kar sal kan koop. As jy die prys wil weet dan sal jy hom nie kan bekostig nie!

     

    pro100casino.comОлександр Фільчаков прокурор

  • Jou sukses pragtig ten toon gestel!

    Jou sukses pragtig ten toon gestel!

    BMW 530dEk, as motorjoernalis, het al baie motors in my loopbaan bestuur. Min van hulle het egter die uitwerking wat die BMW 530d op my gehad het. Die 5-reeks is die besigheidsklassedan van die Beierse vervaardiger. Deur die leeftyd van die 5-reeks is hy al ‘n paar keer as die beste motor van sy tyd benoem. Die vorige generasie 5-reeks was baie goed en die V10 wat in die M5 gebruik word, is ook al as enjin van die jaar aangewys. Die ontwerp was net soos in die geval van die vorige 7-reeks baie omstrede. Dit is nou ‘n sinoniem vir Chris Bangle. Jy het óf van die motor gehou óf dit met ‘n passie gehaat. Die feit bly staan, dit maak nie saak wat jou mening oor die buitelyne van die 5- of die 7-reeks was nie, die Duitse rygoed is net op ‘n ander vlak van tegnologiese ontwikkeling as die res van die motorwêreld. Tegnologies is dit ongelooflik hoeveel die manne in die wit jasse in een motor kon inbou.

    Ontwerp

    BestuurderDie nuwe 5-reeks se kodenaam is die M10, en as jy voorheen ‘n BMW-aanhanger was en van die lyne van die 5-reeks gehou het, sal die nuwe 5-reeks jou werklik betower. Selfs nou nadat ek die 530d wat ons vir 7 dae gehad het terugbesorg het aan BMW SA, moet ek stilstaan om die mooi lyne van die motor in te neem wanneer daar een verby my ry. Dit is asof die ontwerpers, nie meer Chris Bangle nie, dit net mooi reggekry het om ‘n perfekte balans tussen funksionaliteit, sportiwiteit, effektiwiteit en sommer net skoonheid te vind. Die nuwe 5-reeks kan van enige hoek af bekyk word; jy sal moeilik ‘n afwyking van die bogenoemde ontwerp opdrag vind. Alles is so te sê perfek. Die rondings sit op die regte plekke, die oorhange voor en veral agter is net reg, die ligte kon nie beter gevorm word nie en die daklyn en selfs die aanhangsels soos handvatsels en spieëls is ergonomies volmaak. Baie keer in ‘n ontwerp van ‘n motor sien ‘n mens iets raak wat beter kon wees of kleiner of groter of sommer net nie by die res van die motor pas nie, nie hier nie. BMW kon na ons mening niks byvoeg of weglaat nie. Dit is dan ook geen wonder dat die nuwe 5-reeks so pas die gesogte ontwerpprys van die “International Forum Design” in München gewen het nie. Wat so besonders is van die toekenning is dat dit ‘n internasionale ontwerptoekenning is wat nie net op die motorbedryf gemik is nie. Daar was in vanjaar se kompetisie nie minder nie as 2 756 produkte vanuit 1 121 inskrywings uit 43 lande van regoor die wêreld.

    Binneruim

    AgterMet die langste asafstand in sy klas, bied die 5-reeks meer as genoeg binneruimte. Die een plek waar ek persoonlik nie baie van enige BMW gehou het nie was die binneruim. In die vroeë jare negentig was al BMW se motors om die bestuurder gefokus en alles het net reg gevoel. Toe kom die Bangle-era, ja, dis weer die Bangle-ou en skielik het die hele gevoel van die BMW verander van ‘n persoonlike ryding tot ‘n besigheidsklas-eksklusiewe-sonder-persoonlikheid-koue-plek. Nou is ek bly om te kan sê, die gevoel van die oorspronklike BMW 5 is terug. Dit is nou uitstekend gekombineer met klas en sofistikasie. Ons toetsmotor se binneruim was in pikswart leer uitgedos. Die kwaliteit van die stikwerk en die kombinasie van hout- en leerafwerking om die knus dog luukse gevoel te onderstreep, tref jou vol in die gesig. Daar is nie so ‘n oormaat knoppies soos in die vorige weergawe nie. Dit is hoofsaaklik te danke aan die nuwe iDrive-stelsel wat  baie makliker is om baas te raak as enige van die vorige stelsels. Die motor beskik oor ‘n sleutellose toegang,  wat jou in staat stel om die motor oop te sluit en aan te sit sonder om die sleutel uit jou broeksak uit te haal. Jy sien, die motor herken die sleutel sodra dit binne ‘n sekere afstand van die slotte af is, lees die kodes en sodra jy wat die sleutel in jou sak het aan die deur vat sluit hy die deur outomaties oop. Daar is dan ook ‘n aansitknop wat jy druk om die enjin aan te skakel. Dieselfde geld hier: die sleutel moet net binne leesafstand van die aansitterslot wees om die hele ketting van gebeure aan die gang te sit. Wat die uitleg van die instrumentpaneel betref, is dit nogal ‘n baie aangename gesig. Alles is duidelik en goed verlig met geen weerkaatsing nie. Inteendeel, die enigste weerkaatsing wat daar is, is die “Head Up Display” soos BMW dit noem. Die stelsel weerkaats die spoed- en sleutelinligting voor die bestuurder teen die voorruit. Die weerkaatsing is baie direk en slegs sigbaar as jy reg agter die bestuurder op dieselfde hoogte as hy na die voorruit sou kyk. Dit is baie subtiel en glad nie steurend vir die bestuurder nie. Hierdie funksie verseker dat die bestuurder nie nodig het om sy oog vir ‘n oomblik van die pad voor hom af te haal nie. Gemak en gerief is die leuse hier en die 530d wat ons onder hande gehad het, was ook toegerus met twee tienduim-DVD-skermpies in die voorste kopstutte. Die skermpies stel die agterste insittendes in staat om elk na individuele DVD’s te kyk of musiek met oorfone te luister. Die agterste klimaat in die motor kan ook individueel verstel word vir links of regs. Dit maak hierdie binneruim ‘n baie gemaklike plek, sou jy dalk om een of ander rede agter in jou 530d moet ry. Daar is ‘n elektroniese sondak en blindings vir die kantruite sowel as die agterruit. Been- en kopruimte voor sowel as agter in die 530d is regtig uitstekend.

    Elektronika

    Van agterPraat ‘n mens van hulpmiddels in ‘n motor dan is daar gewoonlik ‘n paar goed wat in vandag se motorwêreld in Suid-Afrika standaardtoerusting is. Dinge soos klimaatbeheer, elektries verstelbare sitplekke wat verhit en verkoel en ‘n bo-gemiddelde klankstelsel sowel as ingeboude GPS is al ‘n gegewe in die klas. Die 530d is toegerus met ‘n hele paar stelsels wat die bestuurservaring vir al die insittendes baie gemaklik en veilig maak. Ons het klaar berig oor die HUD of “Head-up Display” soos BMW dit noem. Volgens BMW neem dit 28 meter en 1 sekonde om af te kyk na jou spoedmeter of GPS-skerm; dit is teen ‘n baie beskeie 100km/u. Die stelsel verhoed dat jy enigsins hoef af te kyk. Die “Active Cruise Control” is die spoedbeheerstelsel. Die stel pas die motor se spoed by die motors voor hom aan. Al wat jy nodig het om te doen, is om ‘n vooraf gekose spoed te kies en die motor sal jou teen die betrokke spoed hou; sodra daar verkeer voor die motor van spoed verander, pas die BMW self die spoed volgens die verkeer aan en keer dan outomaties terug na die vooraf gekose spoed sodra die omgewing dit toelaat. Die stelsel werk met radar en meet die pad vir sovêr as 200m voor die motor. Ons toetsmotor was toegerus met ‘n rondomkamerastelsel wat baie indrukwekkend is. Die kamera is reg rondom die motor in die voorste en agterste buffers gemonteer. Die voorste kamera wys die twee blindekolle wanneer jy by ‘n T-aansluiting sou staan en nie die aankomende verkeer kan sien nie. Omdat die kameras sowat 2 meter voor die bestuurder in die hoeke van die motor gemonteer is, is dit heelwat makliker om van daar te sien of daar enige verkeer aan die kom is; dit was nogal baie handig om in die oggend uit jou erf uit ry. Die agterste kameras verleen weer bystand wanneer daar agteruit gestoot word. Daar is ook kameras in die kantspieëls wat na die randstene langs die motor kyk. Al hierdie verskillende beelde word terselfdertyd in die paneel voor die bestuurder geprojekteer en kan met behulp van die iDrive-stelsel gekies word of deur middel van die gesplete beelde almal saam vertoon word. Ons motor was ook toegerus met BMW se “Lane Change en Lane Departure”-funksie. Die stelsel waarsku die bestuurder deur die radar sowel as die kameras om die motor in te span om ‘n gevaarlike situasie vinnig op te som en te reageer. Die agterste kamera en radar waarsku die bestuurder wanneer daar ‘n voertuig in sy blindekol in beweeg, ‘n klein oranje driehoekliggie wat aan die onderkant van die kantspieël  ingebou is, gaan aan, sou die stelsel ‘n motor in die sone gewaar. Sodra die bestuurder dan in so ‘n situasie sy rigtingaanwyser aanskakel, sal die liggie flikker om die bestuurder te waarsku. Die hele stuurwiel sal ook vibreer om jou te waarsku. Die kersie op die koek vir my was die nagvisie wat die 530d-bestuurder in staat stel om in die pikdonkerte van die nag enige lewende skepsel voor die motor raak te sien. Die stelsel gebruik weereens die kameras wat in infrarooibeeld na die pad voor die motor kyk. Dit is nogal indrukwekkend om die stelsel in werking te sien. Die stelsel kan die pad tot 300 meter voor die motor lees. Sou die stelsel enige gevaar van ‘n botsing met ‘n voetganger of fietsryer bespeur, sal die 530d die bestuurder deur middel van die rooi flikkerende driehoekie met ‘n mannetjie in die middel op die voorruit sowel as in die paneelskerm vertoon. Ons toetsmotor was ook toegerus met ‘n elektroniese bagasiebakdeksel wat baie handig is as jou hande vol tasse of pakkies is en jy moet die kattebak oop maak. Die ligtepakket waarmee ons toetsmotor toegerus was, is ook baie indrukwekkend en veral die klein wit liggies aan die binnekant van die deurhandvatsels lyk imponerend, veral teen die wit motor.

    Enjin

    Van voor afOns toetsmotor was die 530d; hy is toegerus met BMW se bekroonde 3-liter- 6-silinderturbodiesel met inlaatgeometrie. Die enjin ontwikkel 180KW se krag en 540NM se wringkrag. Die maksimum wringkrag is ook beskikbaar by net 1750 o/min. Die turbo-eenheid is gestel op 1,8 bar se druk om die 530d genoeg skop te gee om van rus na 100km/u in slegs 6,3 sekondes te versnel en ‘n maksimumsnelheid wat beperk word tot 250km/u, te haal… En hierdie is ‘n diesel? Ja! dit is ‘n diesel motor dié, en hy versnel soos ‘n GTi. Wat nog meer indrukwekkend is van die enjin, is die uitlaatgasse of die gebrek aan uitlaatgasse. Die 530d is ‘n groot motor met ‘n baie sterk enjin en die eenheid se CO2-gassyfer is slegs 160g/km, baie indrukwekkend. Die 530d word deur sy agterwiele aangedryf en al die krag word deur middel van ‘n 8-spoed- Steptronic-ratkas, ja 8-spoed, gelewer. Waar is die dae van die ou 3-spoedkaste? Die 530d is ook toegerus met BMW se “Active Steering”: die stelsel laat die agterwiele in die teenoorgestelde rigting as die voorwiele draai wanneer daar onder 60km/u gedraai word. Oor 80km/u draai die agterwiele in dieselfde rigting as die voorwiele. Alle 5-reekse is ook toegerus met BMW se “Dynamic Driving Control”; hierdie stelsel verander die ratskakelings tussen “Normal” en “Sport”. Die Sport-verstelling verander die ratte blitsvinnig en hou ook die toere langer sodat die beste verrigting uit die enjin gehaal kan word. Wanneer al die dinge met die ratkas gebeur, word die stuur sowel as die onderstel ook fermer en meet direk. Die stelsel waarvan ek die meeste hou, is BMW se “Dynamic Damping Control”. Hierdie stelsel is soortgelyk aan dié van die Range Rover wat die padoppervlak en beweging van die onderstel en vering monitor en die skokbrekers sowel as die vering by die padoppervlak aanpas. Die stelsel verseker dan die ritgehalte sonder enige insette van die bestuurder; hy doen alles outomaties. Die stelsel werk so: in elke wiel is daar ‘n beheereenheid wat die oppervlakte 400 keer elke sekonde evalueer en aanpassings maak. Daar is ook BMW se  “Adaptive Drive”-stelsel wat saam met die DDC-stelsel werk om die bakrol van die motor in draaie te beheer. Die stelsel help ook om die motor stabiel te hou wanneer daar skielike rigtingveranderings of versnelling en rem om ‘n draai plaasvind.

    BMW se ingenieurs het ook groen tegnologie in die nuwe 5-reeks ingebou. Een van die stelsels is die “Brake Energy Regeneration” wat die energie wat ontwikkel word tydens ‘n remaksie gebruik om die battery te laai. Sodra die bestuurder sy voet van die versneller afhaal skakel die generator aan en word die kinetiese energie in krag omskep. Sodra die battery vol gelaai is, skakel die generator weer af, dit verlig die lading op die enjin en kan die enjin sy werk meer doeltreffend doen. Hierdie aksie bring ook ‘n brandstofbesparing teweeg.

    Wat ons regtig dink

    Die nuwe 5-reeks is werklik ‘n wondermotor. Jy bly wonder of daar werklik enige iets anders op die pad is wat by hom kan kers vashou. Jy wonder hoe het die wit jasse dit reggekry om al hierdie stelsels so perfek in een motor vas te vang; jy wonder is alles werklik nodig? En dan wonder jy waar gaan jy R630 000 vir die 530d sonder enige opsionele ekstra toerusting in die hande kry. Ons wonder net wat gaan Mercedes, Audi, Jaguar en Lexus moet doen om hierdie nuwe 5-reeks te troef?

    Die 530d is ook een van die finaliste in die 2011 “Motor van die Jaar”-kompetisie. En as motorjoernalis en -entoesias dink ek nie daar kan enige ander  wenner wees as juis die Beierse ryding nie.

    лубрикатор для пневмоинструмента как пользоватьсяДанильченко

  • Die jongste F1-wêreldkampioen ooit!

    Die jongste F1-wêreldkampioen ooit!

    Die 23-jarige Sebastian Vettel het Sondag in Abu Dhabi die jongste jaer nog ooit geword om die bestuurderswêreldtitel te verower. Daar was net eenvoudig niemand op die baan wat die jong Duitser se dag kon versuur nie.

    Vettel het van die begin af in klassieke styl die baan aan die brand gejaag. Hy het as die buiteperd die finale naweek van F1 in 2010 binnegegaan. Fernando Alonso en Mark Webber was eintlik die twee om dop te hou, maar Alonso kon net sewende eindig nadat die rus Vitaly Petrov in sy Renault Alonso agter die veiligheidsmotor vertraag het. Alonso was na die tyd vol lof vir almal om hom maar hy was duidelik die josie in toe hy oor die wenstreep jaag en besef dat alles verby is sover dit sy aanspraak op die titel betref.

    Webber, wat omtrent die hele seisoen die voortou op die punteleer gehad het, was ook duidelik teleurgesteld maar het op ‘n vraag van die BBC of hy aanstaande jaar weer gaan jaag, geantwoord: “Yeah”.

    Die finale uitslag van die 2010 Abu Dhabi F1 lyk soos volg:

    1

    5

    Sebastian Vettel

    RBR-Renault

    55

    1:39:36.837

    1

    25

    2

    2

    Lewis Hamilton

    McLaren-Mercedes

    55

    +10.1 sek

    2

    18

    3

    1

    Jenson Button

    McLaren-Mercedes

    55

    +11.0 sek

    4

    15

    4

    4

    Nico Rosberg

    Mercedes GP

    55

    +30.7 sek

    9

    12

    5

    11

    Robert Kubica

    Renault

    55

    +39.0 sek

    11

    10

    6

    12

    Vitaly Petrov

    Renault

    55

    +43.5 sek

    10

    8

    7

    8

    Fernando Alonso

    Ferrari

    55

    +43.7 sek

    3

    6

    8

    6

    Mark Webber

    RBR-Renault

    55

    +44.2 sek

    5

    4

    9

    17

    Jaime Alguersuari

    STR-Ferrari

    55

    +50.2 sek

    17

    2

    10

    7

    Felipe Massa

    Ferrari

    55

    +50.8 sek

    6

    1

    11

    22

    Nick Heidfeld

    BMW Sauber-Ferrari

    55

    +51.5 sek

    14

     

    12

    9

    Rubens Barrichello

    Williams-Cosworth

    55

    +57.6 sek

    7

     

    13

    14

    Adrian Sutil

    Force India-Mercedes

    55

    +58.3 sek

    13

     

    14

    23

    Kamui Kobayashi

    BMW Sauber-Ferrari

    55

    +59.5 sek

    12

     

    15

    16

    Sebastien Buemi

    STR-Ferrari

    55

    +63.1 sek

    18

     

    16

    10

    Nico Hulkenberg

    Williams-Cosworth

    55

    +64.7 sek

    15

     

    17

    19

    Heikki Kovalainen

    Lotus-Cosworth

    54

    +1 Rondte

    20

     

    18

    25

    Lucas di Grassi

    Virgin-Cosworth

    53

    +2 Rondtes

    22

     

    19

    21

    Bruno Senna

    HRT-Cosworth

    53

    +2 Rondtes

    23

     

    20

    20

    Christian Klien

    HRT-Cosworth

    53

    +2 Rondtes

    24

     

    21

    18

    Jarno Trulli

    Lotus-Cosworth

    51

    +4 Rondtes

    19

     

    Uit

    24

    Timo Glock

    Virgin-Cosworth

    43

    +12 Rondtes

    21

     

    Uit

    3

    Michael Schumacher

    Mercedes GP

    0

    Ongeluk

    8

     

    Uit

    15

    Vitantonio Liuzzi

    Force India-Mercedes

    0

    Ongeluk

    16

     

    Die finale puntestand vir die bestuurder in 2010 lyk soos volg:

    1 Sebastian Vettel Duitsland RBR-Renault 256

    2 Fernando Alonso Spanje Ferrari 252

    3 Mark Webber Australie RBR-Renault 242

    4 Lewis Hamilton Britanje McLaren-Mercedes 240

    5 Jenson Button Britanje McLaren-Mercedes 214

    6 Felipe Massa Brazilie Ferrari 144

    7 Nico Rosberg Duitsland Mercedes GP 142

    8 Robert Kubica Poland Renault 136

    9 Michael Schumacher Duitsland Mercedes GP 72

    10 Rubens Barrichello Brazilie Williams-Cosworth 47

    11 Adrian Sutil Duitsland Force India-Mercedes 47

    12 Kamui Kobayashi Japan BMW Sauber-Ferrari 32

    13 Vitaly Petrov Rusland Renault 27

    14 Nico Hulkenberg Duitsland Williams-Cosworth 22

    15 Vitantonio Liuzzi Italie Force India-Mercedes 21

    16 Sebastien Buemi Switserland STR-Ferrari 8

    17 Pedro de la Rosa Spanje BMW Sauber-Ferrari 6

    18 Nick Heidfeld Duitsland BMW Sauber-Ferrari 6

    19 Jaime Alguersuari Spanje STR-Ferrari 5

    20 Heikki Kovalainen Finland Lotus-Cosworth 0

     

    иг ры для девочеклобановский супермаркет класс

  • Nog meer van dieselfde asseblief!

    Nog meer van dieselfde asseblief!

    Die nuwe Audi A4Ons het onlangs die geleentheid gekry om die Audi A4 2.0 TFSi Quattro onder hande te neem. Nou as jy al enigsins enige van VWSA of Audi SA se voertuie gery het, sal jy sommer dadelik tuis voel. Dit is ‘n baie goeie ding, maar aan die ander kant hou ‘n ou soos ek van iets spesiaals. Veral as dit by ‘n Audi kom. Ek het self so ‘n paar jaar gelede ‘n Audi A4 1.8 T besit, en hy was anders as ander motors, solied en met ‘n spesiale gehalte aanmekaar gesit. Moenie my verkeerd verstaan nie: die nuwegeslag-Audi’s is baie goed aanmekaar gesit en ook van ‘n uitstaande kwaliteit, maar dit voel vir my of hulle die “spesiale” gevoel wat ‘n Audi anders maak as ‘n Volkswagen laat vervaag het. Dit is nou amper of al die VW en Audi produkte van die dieselfde material en vakmanskap gebruik maak. Weereens, dit kan ‘n baie goeie ding vir VW wees, maar aan die ander kant kan dit juis die Audi’s bietjie soos ‘n VW laat voel.

    As ‘n mens na die soveelste generasie Corolla kyk, is dit ook ‘n baie goeie motor wat baie goed verkoop en alles gaan altyd reg, maar hy is nou al vir amper 20 jaar nie meer opwindend of spesiaal nie. Dit is net ‘n kwaliteitryding wat betroubaar is. Die Audi’s van vandag begin vir my daardie gevoel aanneem.

    Enjin

    Net soos die materiale wat gebruik word in die Audi en die Golf en die Polo word van die enjins ook in omtrent al die modelreekse ingespan. Die enjin in die Audi 2.0TFSi is so te sê dieselde as wat in die Golf GTi en die VW Scirocco en die VW Passat ingespan word. In sekere ander wêrelddele word die enjin selfs in die grote VW Pheaton en die Seat Leon asook die Tiguan en die Touran ingespan; die TT en die A5 het ook die gebruik van dieselfde enjin.  Dit is nie net meer ‘n Audi- of ‘n GTi-enjin nie. Die 2.0-liter-eenheid is ‘n baie goeie enjin met 155 Kw en 350Nm wringkrag. Dit is baie spiere en veral in die motor voel die krag besonder bruikbaar. Ons toetsmotor was natuurlik met Quattro-aandrywing toegerus wat beteken dat hy met al vier wiele trek. Sy versneltyd van rus tot by 100km/u is dan ook net so oor die 7 sekondes waar die VWGolf GTi met dieselde enjin net so onder die 7 sekondes is. Natiuurlik is dit die massaverskil tussen die twee, die Quattro-aandrywing weeg nogal ‘n lotjie. Kraglewering is sonder moeite en glad en die 7-spoedratkas verplaas die krag soomloos na die teerpad.

    Hantering is soos verwag is omdat dié ‘n Quattro is – ongeëwenaard in die klas, maar ons kon nie ophou wonder hoekom ‘n mens nou eintlik vierwielaandrywing vir ‘n gesinsmotor wat 99,9% van die tyd op mooi voorstedelike teerpaaie gaan rondry nodig het nie. Ons kan in elk geval nie die perke van dié of enige ander motor op ‘n openbare pad toets nie, dus hoekom daarvoor betaal? Uitlaatgasse is mos deesdae een van die belangrikste syfers op die voornemende koper se lysie en hier stel die Audi ook nie teleur nie. Hy is nou wel amper 60 g/km oor die staat se groen perk, maar vir ‘n motor met die verrigting en van dié grootte is die 172g/km uitstekend. Brandstofverbruik word aangegee as 7.4L/100km maar ons het ietwat meer, 8.2L/100km, gehandhaaf. Audi gee sy maksimumsnelheid aan as 245km/h en dié het ons ook getoets as 242km/h, ‘n heel onwettige syfer.

    Binneruim

    Binneruim van die A4Alles binne die Audi A4 lyk en pas goed. Die sitplekke is baie gemaklik en ondersteunend en die instrumentpaneel is logies soos net die Duitsers dit kan doen maar tog duidelik en klassiek uitgelê. Wanneer jy in die motor inklim, gaan sit jy baie laag en dit voel knus en reg wanneer jy sit, maar probeer uitklim veral as jy oor die ses voet is. Die deure maak groot en wyd oop en is ook nie swaar nie. Vergelyk die A4 se binneruim met dié van die 3-reeks-BMW of die C-klas-Mercedes, dan voel die Audi net te knus vir waarvoor hy gebou is. Dit is asof Audi alles om die bestuurder ontwerp het, wat nie sleg is nie, en so bietjie van die passasiers vergeet het, maar hierdie bly ‘n vierdeurgesinsmotor wat gemaklike plek vir die gesin moet bied. Die reusebegasiebak maak darem op vir die res van die spasie wat na ons mening nog kan verbeter. Soos ‘n mens verwag van ‘n primavervaardiger, is die motor gelaai met die luukshede en alles van leersitplekke tot verhitte sitplekke en ingeboude navigasiestelsel pronk hier. Mens moet net baie vesigtig wees wanneer jy enige Audi bestel, soos met die ander twee Duitse luuksevervaardigers betaal jy ekstra vir meeste van die tegnologie. En daar is net soos in die ander twee heelwat hiervan, enige iets is beskikbaar, van radartogbeheer wat die spoed aanpas soos die verkeer voor jou stadiger of vinniger beweeg, tot by ‘n stelsel wat jou waarsku wanneer jy oor die witlyne ry of uit jou baan uit dryf op die snelweg. Daar is al die gewone veiligheidstoerusting soos ABS en lugsakke aan die kante en voor wat standaard is, maar al die ekstra tegnologie gaan jou ‘n klomp geld kos as jy nie noukeurig kies nie.

    Opsomming

    Teen R440 000 vir die standaard-Audi A4 2.0 TFSi Quattro sonder al die tegnologiese veiligheidstelsels soos genoem en lekker goedjies soos ‘n Bang en Olufsen-klankstelsel, elektriese vestelling vir die sitplekke, ens., is die Audi nie goedkoop nie. Dit bly ‘n baie goeie motor wat baie goed aanmekaar gesit is en duidelik heelwat kopers lok. Sou ons in die segment met ons eie geld ‘n motor moes koop, sou die VW Jetta 2.0TSi met dieselfde enjin en 147Kw dalk meer sin gemaak het teen meer as R100 000 goedkoper. Volvo se splinternuwe S60 2.0T teen R360 000 is ook beter toegerus en stink nog van nuutgeit. En Volvo is lankal nie  meer die stiefbroer van oor die see nie. Die Sweed kan nou al drie die Duitsers in die hoofligte kyk wat tegnologie, bougehalte en rygerief aanbetref. Die Audi is ‘n baie goeie motor wat sy man ordentlik kan staan in hierdie geselskap, maar daardie iets spesiaals wat ‘n Audi altyd gebied het, is weg. Dit is asof die nuwegeslag-Audi’s ‘n kopié van ‘n baie goeie ding is; die eiesoortige karakter van die verskillende modelle ontbreek.

    Syfers

    Audi A4

    Model: 2.0T FSI Quattro S tronic

    Prys voor ekstras: R 436 000

    Enjinkapasiteit: 4 sil/1984cc

    Krag: 155Kw

    Wringkrag: 350Nm

    Ratte: 7

    Versnelling 0 to 100 km/u: 7,2 sek

    Maks. spoed: 242 km/u

    Brandstoverbruik/100km: 8.2l/100km

    Tenkinhoud: 65L

    панель светодиодная круглаялобановский харьков

  • Splinternuwe  Volkswagen Touareg spog met blou tegnologie!

    Splinternuwe Volkswagen Touareg spog met blou tegnologie!

    Volkswagen TouaregDie groot nuus verlede maand was die bekendstelling van die splinternuwe Volkswagen Touareg. Nou spog die groot Volksie ook met ‘n wêreldbekende Volkswagen-gesig wat op al die nuwegenerasie- VW-produkte pryk. Skoner lyne en ‘n baie meer vriendelike gesig met sagte rondinge en nuwe ligte voor en agter. Die groot nuus egter is die nuwe enjintegnologie wat VWSA met die Touareg aan ons kom voorstel. Hulle noem dit “BlueMotion” en ja, ons het nie te lank gelede oor die “Blue Efficiency” van Mercedes berig. Wel, hierdie tegnologie is soortgelyk aan dié van Merc.

    Daar is drie modelle in die Touareg-reeks, die 3,6 L V6-petrol ontwikkel 206Kw se krag en 360 Nm wringkrag. Hierdie syfers laat die intreevlak-Touareg van rus tot by 100km/u versnel in slegs 7,8 sekondes en sy asem raak eers by 228km/u op. Brandstofverbruik gee VWSA aan as 12,4 L/100km en uitlaatgasse is 248 g/km. Hierdie is dan ook die enigste petrolweergawe in die nuwe reeks. Die 3,0L V6 TDI is die enjin waaroor almal gaande is. Dit is ‘n turbodieseleenheid wat 176Kw en 550NM ontwikkel. Versnelling van rus to 100 km/u neem slegs 7,8 sekondes en die meneer sal eers op 218 km/u begin  moed opgee. Brandstofverbruik is eintlik die Volksie se troefkaart met 7,4 L/100km dit is 1,9L minder as die vorige enjin en slegs 195 g/km uitlaatgasse wat geproduseer word. Die vooros  in die nuwe Touareg-reeks is die 4,2L V8 TDI. Met 250 Kw en ‘n astronomiese 800 Nm se wringkrag is dié net die voertuig waarmee jy omtrent enige iets sou kon sleep. Sy versnel tyd van slegs 5,8 sekondes van rus tot 100km/u en ‘n baie onwettige 242km/u topspoed maak hom dan ook die vinnigste Volksie in SA, ja nie eers ‘n goed ingeloopde GTi sal kan byhou nie. Brandstofverbruik word aangegee as 9,1 l/100km 2,8 L minder as die vorige V10 TDI en die uitlaatgastelling van 239 g/km is laer as sy V6-stalmaat se syfer. VW roem hom op ‘n 25%-afname in brandstofverbruik en tot ons een van die Touaregs self getoets het sou ons nie kon sê hoe akkuraat hierdie bewerings is nie.

    Wat beteken “BlueMotion” nou eintlik? Wel, dit sê maar net dat VW alles binne hulle vermoë gedoen het om die enjins meer brandstofdoeltreffend te maak. Daar is die “Stop Start”-tegnologie wat die motor outomaties afskakel wanneer daar by ‘n stopstraat of verkeerslig gestop word. Die enjin skakel dan ook binne millisekondes aan wanneer daar weggetrek word. Die ander groot tegnologie wat hier ingespan word is die hergenerasieremme wat veroorsaak dat die motor vinniger en baie meer doeltreffend rem. Nou vra jy my wat beteken dit vir die omgewing, wel dit sê maar net dat al die kinetiese energie wat voorheen verlore sou gaan nou ingespan word om die motor te rem en die elktrisiteit wat hier opgewek wordm word dan weer na die battery gestuur om op ‘n ander plek in die motor gebruik te word. Die Touareg is die enigste VW-model wat beskikbaar is met die “Blue motion”-tegnologie, maar dit sal vroeg in November ook in die VW Polo en Golf beskikbaar wees en die nuwe VW Tiguan kom in 2011 insgelyks met dié tegnologie.

    Pryse vir die nuwe Touareg sluit ‘n 5-jaar/100 000km-padbystand- en onderhoudsplan in sowel as VW se gebruiklike 3 jaar/120 000km-waarborg.

    VW Touareg 3,6L V6 FSI                 R562 600

    VW Touareg 3,0L V6 TDI BM        R622 000

    Die V8 TDI se prys was nie beskibaar nie.

    для дачиФільчаков Олександр Васильович

  • Ferrari hou kop in Korea

    Ferrari hou kop in Korea

    Die heel eerste Koriaanse Grand Prix het Sondag ‘n hele paar verrasings op gelewer. Volgens die plaaslike inwoners was dit maar net ‘n dag soos enige ander dag in Suid-Korea, dit het maar net gereën. Die organiseerder het eers die begin van die wedren met 10 minute vertraag en toe al die motors vier vier volle rondtes agter die veiligheidsmotor uitgestuur.

    Die reën was egter so erg dat die hele sirkus tot stilstand gedwing is en nog 40 minute moes wag voordat die wedren eintlik kon begin. Die splinternuwe baan was seepglad en plekke het die water tot 10cm die poor die pad oppervlakte gespoel. Na die lang oponthoud het die manne besluit die wedren moet begin ander gaan hulle dit nie betyds voor sononder kan klaar maak nie.

    Die sowat 100 000 mense het bankvas in gietende reën bly wag. Later is tot vir die baan beamptes toegejuig net om die gees aan die gang te hou. Toe die wedren uiteindelik aan die gang kom was dit Sebastian Vettel in sy Red Bull met sy span maat Mark Webber wat net soos in die oefenrondtes voor gejaag het wat die wedren oorheer het.

    Die nat baan het uit eindelik die laaste sê gehad en Webber het beheer oor sy Red Bull verloor en in die rondte getol, dit het gelyk of hy die motor gevang het toe die jong Duitser Nico Rossberg in sy Mercedes skielik reg voor Webber opduik. Die baan was net te glad en Rosberg was net te vinnig om enige iets te doen, beide die Red Bull en die Mercedes van Rossberg was uit die wedren en die stukke het die pad vol gelê.

    Fernando Alonso in sy Ferrari het soos ‘n pyl uit ‘n boog uit die verby geskiet en niemand kon hom keer tot op die einde nie. Die arme Vetel wat nie ‘n voet verkeerd kon sit nie se Renault enjin het die gees gegee en beide Red Bulls was uit. Filippe Massa in die ander Ferrari was kort op sy hakke.

    Die Britse jaer Lewis Hamilton in sy Mclaren moes baie mooi ry om die Mclaren op die gladde pad te hou met die bande wat so te sê op gebruik was, maar hy het vas gebyt om tweede oor die wen streep te jaag. Die uitslag beteken dat Fernando Alonso nou die nuwe voorloper in die reeks is, Mark Webber het geen punte verdien nie, maar is nog steeds tweede op die punte leer met Lewis Hamilton in die derde plek.

    Die huidige wêreldkampioen Jenson Button het 12de geëindig en geen punte verdien nie. Daar is slegs twee wedrenne oor met ‘n maksimum van 50 punte wat beskikbaar is, as Button enigsins die title wil behou sal hy beide die wedrenne moet wen,hy is nou 42 punte agter Alonso.Die volledige uitslag en punte stand lyk so.

     

    Plek

    Nr

    Bestuurder

    Span

    Rondtes

    Tyd/Uit

    Wegspr

    Punte

    1

    8

    Fernando Alonso

    Ferrari

    55

    Wenner

    3

    25

    2

    2

    Lewis Hamilton

    McLaren-Mercedes

    55

    +14.9 sek

    4

    18

    3

    7

    Felipe Massa

    Ferrari

    55

    +30.8 sek

    6

    15

    4

    3

    Michael Schumacher

    Mercedes GP

    55

    +39.6 sek

    9

    12

    5

    11

    Robert Kubica

    Renault

    55

    +47.7 sek

    8

    10

    6

    15

    Vitantonio Liuzzi

    Force India-Mercedes

    55

    +53.5 sek

    17

    8

    7

    9

    Rubens Barrichello

    Williams-Cosworth

    55

    +69.2 sek

    10

    6

    8

    23

    Kamui Kobayashi

    BMW Sauber-Ferrari

    55

    +77.8 sek

    12

    4

    9

    22

    Nick Heidfeld

    BMW Sauber-Ferrari

    55

    +80.1 sek

    13

    2

    10

    10

    Nico Hulkenberg

    Williams-Cosworth

    55

    +80.8 sek

    11

    1

    11

    17

    Jaime Alguersuari

    STR-Ferrari

    55

    +84.1 sek

    15

     

    12

    1

    Jenson Button

    McLaren-Mercedes

    55

    +89.9 sek

    7

     

    13

    19

    Heikki Kovalainen

    Lotus-Cosworth

    54

    +1 Rondte

    21

     

    14

    21

    Bruno Senna

    HRT-Cosworth

    53

    +2 Rondtes

    24

     

    15

    20

    Sakon Yamamoto

    HRT-Cosworth

    53

    +2 Rondtes

    23

     

    Uit

    14

    Adrian Sutil

    Force India-Mercedes

    46

    Ongeluk

    14

     

    Uit

    5

    Sebastian Vettel

    RBR-Renault

    45

    Enjin

    1

     

    Uit

    12

    Vitaly Petrov

    Renault

    39

    Ongeluk

    20

     

    Uit

    24

    Timo Glock

    Virgin-Cosworth

    31

    Ongeluk

    19

     

    Uit

    16

    Sebastien Buemi

    STR-Ferrari

    30

    Ongeluk

    16

     

    Uit

    25

    Lucas di Grassi

    Virgin-Cosworth

    25

    Ongeluk

    22

     

    Uit

    18

    Jarno Trulli

    Lotus-Cosworth

    25

    +30 Rondtes

    18

     

    Uit

    6

    Mark Webber

    RBR-Renault

    18

    Ongeluk

    2

     

    Uit

    4

    Nico Rosberg

    Mercedes GP

    18

    Ongeluk

    5

     

     

    Die bestuurder kampioenskap lyk nou so;

     

    Fernando Alonso                                      231
    Mark Webber                                                   220

    Lewis Hamilton                                                 210

    Sebastian Vettel                                                206

    Jenson Button                                                   189

     

    Die res van die bestuurders staan nie meer ‘n kans nie.

     

    Die spanne lê nou so op die punte leer;

    Plek

    Span

    Punte

    1

    RBR-Renault

    426

    2

    McLaren-Mercedes

    399

    3

    Ferrari

    374

    4

    Mercedes GP

    188

    5

    Renault

    143

    6

    Force India-Mercedes

    68

    7

    Williams-Cosworth

    65

    8

    BMW Sauber-Ferrari

    43

    9

    STR-Ferrari

    11

    10

    Lotus-Cosworth

    0

    11

    HRT-Cosworth

    0

    12

    Virgin-Cosworth

    0

     

     

    продажа пневмоинструментаДанильченео

  • Red Bull maak dit 1 en 2 in Japan!

    Red Bull maak dit 1 en 2 in Japan!

    Die Japanse F1 Grand Prix was hierdie jaar een van die strafste wedrenne in baie jare. Een van die voorste vyf aanspraakmakers op die 2010-titel het die eerste plek ingeneem op die podium by Suzuka-2010.

    Sebastian Vettel het met ‘n uitstekende wedren voor ge-eindig en sodoende opgeskuif na die derde plek op die punteleer. Sy spanmaat Mark Webber in die ander Red Bull was tweede met ‘n Spanjaard in sy Ferrari derde.

    Die twee Britte, Jenson Button en Lewis Hamilton, wat uit eindelik ‘n wedren kon voltooi, het die vierde en vyfde posisies ingeneem terwyl die veteraan Duitser Michael Schumacher wat vir die eerste keer hierdie seisoen weer na ‘n formule een-jaer gelyk het, sesde was.

    Felippe Massa in die ander Ferrari was die enigste groot naam wat nie die 2010-Suzukawedren kon voltooi nie. Die geveg tussen Red Bull en Mclaren vir die titel is nou amptelik ‘n tweegeveg met beide die Red Bulls en die Mclaren wat punte kon verdien. Ferrari sal omtrent alles voorentoe moet wen om enigsins ‘n aanspraak te kan behou.

    Die bestuurderpunteleer lyk nou soos volg;
    01 Mark Webber 220
    02 Fernando Alonso 206
    03 Sebastian Vettel 206
    04 Lewis Hamilton 192
    05 Jenson Button 189
    06 Felipe Massa 128
    07 Nico Rosberg 122
    08 Robert Kubica 114
    09 Michael Schumacher 54
    10 Adrian Sutil 47
    11 Rubens Barrichello 41
    12 Kamui Kobayashi 27
    13 Vitaly Petrov 19
    14 Nico Hulkenberg 17
    15 Vitantonio Liuzzi 13
    16 Sebastien Buemi 8
    17 Pedro de la Rosa 6
    18 Nick Heidfeld 4
    19 Jaime Alguersuari 3
    20 Heikki Kovalainen 0
    21 Jarno Trulli 0
    22 Karun Chandhok 0
    23 Lucas di Grassi 0
    24 Timo Glock 0
    25 Bruno Senna 0
    26 Sakon Yamamoto 0

    Die volledige uitslae van die 2010 Jananese F1 Grand Prix lyk soos volg;
    Plek No Bestuurder Span Rondtes Tyd/Uit Wegsp Punte
    1 5 Sebastian Vettel RBR-Renault 53 1:30:27.323 1 25
    2 6 Mark Webber RBR-Renault 53 +0.9 sek 2 18
    3 8 Fernando Alonso Ferrari 53 +2.7 sek 4 15
    4 1 Jenson Button McLaren-Mercedes 53 +13.5 sek 5 12
    5 2 Lewis Hamilton McLaren-Mercedes 53 +39.5 sek 8 10
    6 3 Michael Schumacher Mercedes GP 53 +59.9 sek 10 8
    7 23 Kamui Kobayashi BMW Sauber-Ferrari 53 +64.0 sek 14 6
    8 22 Nick Heidfeld BMW Sauber-Ferrari 53 +69.6 sek 11 4
    9 9 Rubens Barrichello Williams-Cosworth 53 +70.8 sek 7 2
    10 16 Sebastien Buemi STR-Ferrari 53 +72.8 sek 18 1
    11 17 Jaime Alguersuari STR-Ferrari 52 +1 Rondte 16
    12 19 Heikki Kovalainen Lotus-Cosworth 52 +1 Rondte 20
    13 18 Jarno Trulli Lotus-Cosworth 51 +2 Rondtes 19
    14 24 Timo Glock Virgin-Cosworth 51 +2 Rondtes 22
    15 21 Bruno Senna HRT-Cosworth 51 +2 Rondtes 23
    16 20 Sakon Yamamoto HRT-Cosworth 50 +3 Rondtes 24
    17 4 Nico Rosberg Mercedes GP 47 +6 Rondtes 6
    Ret 14 Adrian Sutil Force India-Mercedes 44 Olie lek 15
    Ret 11 Robert Kubica Renault 2 Meganies 3
    Ret 10 Nico Hulkenberg Williams-Cosworth 0 Ongeluk 9
    Ret 7 Felipe Massa Ferrari 0 Ongeluk 12
    Ret 12 Vitaly Petrov Renault 0 Ongeluk 13
    Ret 15 Vitantonio Liuzzi Force India-Mercedes 0 Ongeluk 17
    DNS 25 Lucas di Grassi Virgin-Cosworth 0 Ongeluk 21

    Die spanne se puntestand lyk so;
    Plek Span Punte
    1 RBR-Renault 426
    2 McLaren-Mercedes 381
    3 Ferrari 334
    4 Mercedes GP 176
    5 Renault 133
    6 Force India-Mercedes 60
    7 Williams-Cosworth 58
    8 BMW Sauber-Ferrari 37
    9 STR-Ferrari 11
    10 Lotus-Cosworth 0
    11 HRT-Cosworth 0
    12 Virgin-Cosworth 0

    справкиДанильченко Юрий Брониславович Харьков

  • Focus trek nuwe baadjie aan!

    Focus trek nuwe baadjie aan!

    Ford Focus-reeksFord Suid-Afrika het besluit om vir die Ford Focus-reeks ‘n nuwe baadjie aan te trek. Die veranderings is klein maar maak ‘n groot verskil aan die reeks. Behalwe dat van die modelle nou eintlik goedkoper is as verlede maand, is daar ook ‘n paar kosmetiese veranderings aan sekere modelle.

    Die Ambiente-model wat die intreemodel is, kry nou kleurbypassende kantspieëls, die Si-modelle wat so ‘n trappie hoër op die modelleer is kry ‘n nuwe sportiew-voorstamper by. Die Si-model se misligte is ook herontwerp met swart-en-chroom-omsetsels. Daar is ook nou ‘n Trend-weergawe in die 4-deurmodelle wat nooit tevore beskikbaar was nie. Hy vervang die vorige 2.0 Si 4-deurmodelle in handrat en outomaties. Aan die binnekant kry die Si-modelle nou ‘n splinternuwe 8-luidspreker Sony-klankstelsel by. Die Focus-reeks bestaan nou uit die volgende:

    Vyf- deurluikrug:                                        Vier-deursedan:

    Focus 1.8 Ambiente                                                    Focus1.8 Ambiente

    Focus 1.8 Si                                                                Focus 2.0 Trend

    Focus 2.0 Si                                                                Focus 2.0 Trend A/T

    Focus 2.0 TDCi Si                                                      Focus 2.0 TDCi Powershift Si

    Focus 2.0 TDCi Powershift Si

    Pryse begin by R199 900 vir die 1.8L Ambiete met 92Kw se krag, dan die 2.0L-weergawes teen R235 000 met 107 Kw en teen R270 500, die TDCi-diesel modelle met 100 Kw.  Die warm 2.5L ST-modelle begin by R308 600 vir die 3-deur en R330 500 vir die 5-deur met leer. Die nuwe 2.5L RS sal jou R487 900 kos.

    Chev gaan ‘n luikrug Cruze bring

    Chev CruzeGeneral Motors bou nou voort op die sukses wat hulle wêreldmotor die Chev Cruze daargestel het. Die nuwe Cruze-luikrug sal op 30 September by die Paryse  motorskou bekend gestel word. Die Cruze word in 70 lande wêreldwyd verkoop en is GM se topverkoper in die gesinsmotormark. Die Cruze het al in 2009 die gesogte Euro Ncap 5-stertoekenning gekry vir veiligheid en die nuwe luikrug sal net ‘n alternatief vir die tradisionele sedan wees. GMSA het nog nie besluit of die luikrug plaaslik beskikbaar sal wees nie; die motor sou teen die Ford Focus en VW Golf kompiteer, sou hy plaaslik bekendgestel word.

    Kia se Sportage is hier

    Kia SportageDie Kia Sportage is hier. Dit is ‘n totale nuwe voertuig, langer en breër as sy voorganger. Die voertuig bied ook beter brandstofverbruik as voorheen en laer koolstofvlakke, die ideale gesinsvoertuig vir Suid-Afrika. Daar is drie nuwe enjins in die reeks beskikbaar,

    Petrol

    2.4                130 kW           227 Nm          6-sp Outo

    2.0                122 kW           197 Nm          5-sp MT/ 6-sp Outo

    Diesel

    2.0                130 kW           392 Nm          6-sp / 6-sp Outo

    Die nuwe Sportage verskil so van sy voorganger:

    Nuwe Sportage Verskil             Vorige Sportage

    Lengte                         4445                + 95 4350

    Breedte*                      1855                + 15 1840

    Hoogte                        1635                – 60 1695

    Wielafstand                 2640                + 10 2630

    Voorste oorhang          895                 + 15 880

    Agterste oorhang         910                 + 70 840

    Voortste asafstand      1614                + 74 1540

    Agterste asafstand      1615                + 75 1540

    Grond Vryhoogte         172                 – 23 195

    *kantspieëls uitgesluit

    Die 2.4L petrol is slegs in vierwielaandrywing beskikbaar waar die 2.0L petrol sowel as die diesel in  tweewielaandrywing en vierwielaandrywing beskikbaar is.

    гидробак джилексФільчаков Олександр Васильович прокурор