praag.co.za

Category: JH du Toit

  • Volksmoord: dit gebeur!

    Nog tot verlede naweek het ek gedroom om terug te keer na Suid-Afrika. Hierdie week het sekere dinge egter vir my begin duidelik raak. Soveel as wat ek wil glo dat die ergste nie in SA gaan gebeur nie, begin dit al meer so lyk.

    Dis min dat ek so seker is van my interpretasie van gegewens. Wel, miskien is dit nie eens ‘n interpretasie nie maar bloot die besef dat gebeure besig is om vinniger te beweeg as wat selfs ek sou kon dink.

    Oor die afgelope paar weke het ek iets begin doen wat ek al lankal moes gedoen het. Ek het toenemend die Engelse koerante begin lees. Dis veral die skokkende eerlikheid van gematigde (en radikale) swart rubriekskrywers wat my laat steier het onder wat buite die Afrikaanse dampkring bespreek word. Dis nie net ons wat die onweerswolke sien nie. Ons land is in ‘n baie groter gemors as wat Naspers, selfs PRAAG en ook die hordes Bybelversbesaaide regse blogs dit uitbeeld. Om dit pront te stel: SA is in drieletterwoordstraat.

    Gaan lees maar Justice Malala se jongste rubriek in die Londense Guardian. Dis ‘n riller. Dis nou wel nie sy woorde nie, maar my eie opvatting daarvan:  Juju is Bloemfontein. Volgens Malala is Melema reeds Suid-Afrika se skadupresident of “president in waiting”.

    Op die koop toe kry ek Maandag ‘n baie onstellende brief van dr. Gregory Stanton van Genocide Watch. Wel, ek wil nie ‘n brief wat aan my persoonlik gerig is woord vir woord aanhaal nie, maar kortom: Die mense by Genocide Watch tywfel nie eintlik meer of daar ‘n volksmoord in SA gaan wees nie. Dit blyk dat dit vir hulle ‘n gegewe is.

    Vir my is dit klinkklaar dat ons primêre doelwit nie meer moet wees om oor volkstaatmodelle te redekawel nie. Die tyd is op! Ons hoofdoel moet wees om sterftes te voorkom. Ek is werklik daarvan oortuig dat daardie organisasies wat hulle met die Afrikaners se veiligheid bemoei, vinnig geraadpleeg moet word.

    Dis hoe erg dit is!

    Diegene wat mense voorberei het om in die uur van nood vinnig die voorstede te ontruim en diegene wat mense opgelei het om hulself te verdedig, sal vinnig met mekaar moet koördineer. Klaarblyklik gebeur dit reeds. Dank die Vader daarvoor!

    My advies aan Afrikaners wat nog in SA is, is soos volg. As jy nie kans sien om te leer hoe om ‘n wapen te hanteer nie of hoe om met kampeertoerusting te oorleef nie moet jy jou paspoort regkry en vinnig. Moenie wag tot die chaos uitbreek nie want jy sal nie by die lughawe uitkom nie.

    Stuur die kinders en die oues betyds landuit. Maak kontak met vriende en familie in die buiteland. Die weerloses gaan ‘n afklimplek benodig. Vergewis jou van die land waarheen jy beplan om te vlug se asielprosedure.

    Vir diegene wat nie kans sien om die land te verlaat nie, sorg dat jy inskakel by daardie groepe wat weet hoe om so ‘n krisis te hanteer. Kry jou opleiding en toerusting nou. Jy kan nie langer wag nie.

    прокурор Фильчаков

  • ANCYL en die tweestadiumrevolusie

    Onlangs skryf Anton Barnard dat ‘n revolusie nie vanuit swart geledere nie, maar wel vanuit wit middelklasgeledere verwag moet word. Ek het heelwat waardering vir Anton Barnard se goed bereneerde menings en geniet sy passievolle skrywes. Met respek wil ek dus met hom verskil oor die waarskynlikheid, aldan nie, van ‘n “swart revolusie”.

    Binne die ANC word nog steeds van die nasionale demokratiese revolusie (NDR) gepraat. Tog, met die 1994-verkiesing en die daaropvolgende dekade van grootskaalse “transformasie” is die nasionale demokratiese revolusie eintlik reeds voltrek.

    Die klem wat nou geplaas word op nasionalisering en die onteiening van bates pas veel eerder binne die raamwerk van die tweestadiumrevolusie wat die SAKP reeds sedert die 1950s propageer. Dit is vernaamlik die sosialistiese revolusie (die tweede stadium ) wat nou gedryf word.

    Opmerklik is dat die tweede stadium deur die ANCYL nagejaag word en klaarblyklik nie deur die SAKP nie. Dit wil amper voorkom asof die SAKP tevrede is dat die sosialistiese revolusie nie plaasvind nie.

    Die SAKP is van vroeg af oorheers deur blanke Engelssprekende Marxiste. Die vroeë SAKP het gestrewe na die omverwerping van die wit regering. Vanaf die 1960s ontvang die ANC en SAKP direkte hulp vanaf Moskou. Dit sluit militêre bystand, finansiering, opleiding, advies, kundigheid en verskeie ander elemente in.

    Met die ineenstorting van die Sowjetunie word die hulp gestaak en gevolglike aansporing tot revolusie verlaag. Kort daarna verkry die ANC/SAKP-alliansie beheer oor SA. Waar die SAKP eens ideologiese leiding aan die ANC gebied het, is dit vandag klaarblyklik bloot ‘n passasier op die ANC-soustrein. Die SAKP-leierskap geniet die materiële bevoorregting wat hulle in die huidige bestel belewe. Blade Nzimande het hom selfs al teen Julius Malema se nasionaliseringsplanne uitgespreek.

    Vandag leef die sosialisties revolusionêre gees voort binne die ANCYL en klaarblyklik nie die SAKP nie. Sowel die wêreldtydsgees van jeugopstandigheid as die enorme werkloosheid (70%) onder SA jeug, maak hierdie groepering uiters vatbaar vir oproepe tot ‘n sosialistiese revolusie.

    Dat daar binne die ANC en ANCYL steeds oor ‘n nasionale demokratiese revolusie (wat eintlik reeds afgehandel is) en nie oor ‘n sosialistiese revolusie gepraat word nie, hou waarskynlik deels verband met die slegte verhouding tussen die ANCYL en die SAKP, asook ‘n doelbewuste poging om nie die Afrika-nasionaliste binne die ANC te veel om te krap nie.

    Daar word dikwels na Malema as ‘n Afrika-nasionalis verwys. Malema is egter meer as dit. Julius Malema het Afrika- (swart) nasionalsime met die kommunistiese ideologie vermeng in ‘n mate wat laas in die PAC gesien is. Na homself verwys hy as ‘n “communist in training”.

    Anton Barnard se aanspraak dat ‘n swart revolusie onwaarskynlik is, grond hy daarop dat die hernieude revolusionêre gees in die ANCYL nie deur ‘n middelklas gevoer word nie. Vir my kom dit onjuis voor en wel om die volgende redes:

    1. Reeds vir die afgelope 17 jaar verkeer SA binne ‘n revolusie, die sg nasionale demokratiese revolusie. Revolusie is dus nie ‘n nuwe verwikkeling nie.
    2. Malema se idees is besig om vinnig veld te wen binne alle lae van die swart bevolking.
    3. Die intellektuele, ideologiese fondament en strategie vir ‘n sosialistiese revolusie is reeds deeglik in die 1950s deur die SAKP gelê.
    4. Die impak van Robert Mugabe se “morele” invloed en leiding op die ANCYL moet nie onderskat word nie.
    5. Gegewe die enorme en groeiende armoede onder SA swartes is die tyd ryp vir die sosialistiese alternatief.

    Wat die nasionale demokratiese revolusie egter bewys het, is dat revolusionêre verandering sonder geweld gevoer kan word. Weliswaar vervul plaasmoorde ‘n revolsionêre doel, naamlik die verdrywing van boere van hul grond. Tog, in welke mate is plaasmoorde eerder ‘n voorspel vir ‘n sosialistiese geweldsrevolusie?

    Op Genocide Watch se webwerf is SA so pas opgegradeer van volksmoord vlak 5 na vlak 6 met die volgende beskrywing:

    “South Africa (level) 6 : Potential Massacres

    Victims: Whites, women (high rape rate)

    Killers: ANC Youth, black Marxist racists”

    Behalwe die reeds hoë verskynsel van plaasmoorde en ander antiwit geweld is daar die konstante haatspraak deur Julius Malema. Vandeesweek het ons gesien hoe sy gewraakte moordlied spontaan deur betogers op die UV-kampus gesing is.

    Niks laat egter die waarskuwingsligte meer flikker as die opleiding van 8 000 “landelike werkers” deur die Weermag nie. Hierdie program wat nogal deur die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming van stapel gestuur is, verteenwoordig die ooglopende opbou van ‘n militêre mag wat in die landelike gebiede moet opereer. Waarvoor? Hierdie is ‘n besettingsmag wat vir die plase bedoel is.

    Net swart jeugdiges word gewerf. Wees verseker dat die ANCYL die hoofvoedingsbron vir rekrutering is. Boere kan maar kennis neem dat wanneer hulle sou weier om hul plase te ontruim hierdie mag ingestuur gaan word. Dit gaan gewelddadig wees.

    Stedelinge met tweede of derde huise moet ook nie glo hul beleggings is veilig nie. Die wetlike voorstelle wat ter spake is, tref geen onderskeid tussen soorte “grond” nie.

    As Afrikaners nou nog hoop dat die ergste nie gaan gebeur nie is hulle óf onnosel óf baie onverskillig.

    ‘n Sosialistiese revolusie sal waarskynlik deur regeringsbeleid van stapel gestuur word, soortgelyk as wat met “transformasie” (NDR) gedoen is. Die ANCYL sal met volgende jaar se ANC-leierskapsverkiesing sy mag binne die ANC konsolideer. Daarna sal die ANC ‘n ondubbelsinnige opdrag hê om nasionalisering en onteiening te begin toepas.

    Hoewel die grondwet gewysig mag word om grond sonder vergoeding te neem, is dit nie ‘n voorvereiste nie. Regoor Afrika tree regerings buite daardie state se grondwetlike bepalings op. Ook die ANC toon groeiende ongeduld met sowel die SA grondwet as die Grondwetlike Hof.

    In Zimbabwe word boere met die dood gedreig as hulle hulself tot die hof wend. Gevolglik ontruim hulle hul plase met die minimum weerstand. Blanke samewerking sal na die Zimbabwe-voorbeeld met geweld afgedwing word. Intussen kan verwag word dat sporadiese geweldsaanvalle en intimidasie teen wittes sal verskerp. Dit kan verwag word dat ‘n mag van “landelike werkers” ‘n sentrale rol hierin sal speel. Wanneer volsterkte (8 000) bereik word, sal die konflik na alle waarskynlikheid tot volskaalse besettings ge-eskaleer word. Weerstand sal met geweld begroet word.

    Die nuutste poging deur die ANC-leierskap om teen Malema en die ANCYL-leierskap op te tree is ‘n deursigtige poging om ANCYL voor aanstaande jaar se leierskapsverkiesing te elimineer. Zuma en kie. weet dat Malema te veel mag verwerf het. Met Malema nou teen Zuma se kandidatuur gekant, kan dit die einde van sy presidensie beteken.

    Of Zuma-hulle daarin sal slaag om Malema vir 5 jaar te skors is ‘n ope vraag. Indien dit wel gebeur, kan dit grootskaalse onstabiliteit vir SA meebring. As Malema, die populis, op die punt staan om alles te verloor bestaan die risiko van jeugopstande, soortgelyk aan dié in die Midde-Ooste.

    Hoe die volgende jaar ook al verloop, sonder die vermoë om geweld met mag te begroet, gaan Afrikaners ‘n ramp tegemoet.

    Bollywood StoryДанильченко Харьков

  • Ná die verligte kramp

    Vergun my die reg om ‘n paar onwelvoeglike woorde oor ons linkse volksgenote te sê.

    Sedert die jare tagtig het hulle die regse beweging met die skelwoord “verkramptes” beskryf. FW de Klerk se broer Wimpie was blykbaar die vader van dié benaming. Natuurlik was die negatiewe inhoud van die stamwoord “kramp” implisiet  ‘n slegte etikettering vir regses.

    Die Nasionale Party en sy eie “Prawda”, nl. Naspers, het hierdie gerieflike skelwoord oortyd gebesig. Hulle was die “verligtes”, die antitese van die sg. “verkramptes”. Die “verligtes” was wedergebore Afrikaners wat vanuit hul helder liberale heelal op die donker onderwêreld van “verkramping” neergesien het.

    Met “verkramp” aan die een uiterste van die kontinuum was “verligting” aan die ander. “Verkramp” was alles wat teen verandering was. Dit was agterlik, onbuigsaam en ‘n onvermoë en onwilligheid om ‘n kompromie oor enigiets aan te gaan. Die verkrampte was ‘n verstokte ou regse wat hom in sy enge hoekie van onvergenoegdheid sit en verknies het. Dít, terwyl die wêreld van die linkses met snelle vaart na glorieryke verligting beweeg het. Die “verligtes” se droom van liberale verheugde indiwidue het in skrille kontras met die “verkramptes” se oudmodiese en agterlike aandrang op groepsregte gestaan.

    Uiteindelik het die “verligtes” die SA gekry waarvoor hulle so hard gewerk het, maar o wee, dit lyk ietwat anders as waaroor daar gedroom is. Hulle droom verteenwoordig ‘n klaaglike mislukking. Die agteruitgang wat op elke vlak ingetree het, is welbekend aan elkeen wat hierdie skrywe lees.

    Die linkse ideologie misluk regoor die wêreld, maar veral in SA het dit tot ‘n ongekende graad van verrotting gelei. Dis vinnig besig om soos ‘n fekale massa sy weg na uiteindelike uitwerping te vind. Afrikaners verkeer reeds in ‘n toestand van skok oor die groteste stank van die NSA. Liberale meningvormers se verbale blertse word met mislike walging begroet.

    Die ganse linkse idelogie verkeer in die slopemmer van die geskiedenis. Elke nou en dan word Afrikanerdissidente nog as “verkramptes” uitgeskel, maar die woord het geen effek meer nie. Intussen klou die linkses nog verbete aan die naam “verligte” vas. Enige toespeling op die Europese Verligting is onvanpas, aangesien laasgenoemde juis ‘n opstand teen die godsdienstige dogma en onverdraagsaamheid van die Middeleeuse Katolieke Kerk was, asook ‘n opwelling van beskawing teen barbarisme en bygeloof. In Suid-Afrika ondersteun die “verligtes” egter ‘n terugkeer na barbarisme en ‘n nuwe Donker Tyd wat deur die dogma van politieke korrektheid verseker word.

    Die enigste kramp wat ooit bestaan het, was die linkses se haat vir hul eie volk. Die linkses het die hele land in die nagwa van Afrikaverskrikking gewerp. Hulle krampe het tot ons land se verslopping gelei. Laat ons hulle nou maar beskryf met die verottende stank wat hulle uitgeskei het. Laat die “versloptes” van nou af hul naam wees.

    online casino freeлобановский александр игоревич класс

  • Tunisië of Rwanda?

    Moeletsie Mbeki verwag dat SA sy “Tunisië-oomblik” binne die volgende 20 jaar gaan bereik. Dis wanneer China  se huidige fase van industrialisasie ten einde loop en daardie land dus nie meer so ‘n sterk vraag na SA se minerale sal toon nie. Dit sal lei tot ‘n gepaardgaande afplatting in ons ekonomie, ‘n ineenstorting van die welsynstaat en dus massa-opstande.

    Dit moet egter in gedagte gehou word dat die Tunisiese rewolusie ‘n populêre opstand teen ‘n korrupte despoot was. Dit mag heel waarskynlik sowat 20 jaar vir die swart publiek neem om werklike versadigingspunt met die ANC te bereik. Dit maak sin, want die meeste swartes steun tans nog die regime. Immers stem 62% vir die ANC en dra die regime dus hul goedkeuring weg. Waarom sal hulle dit nou deur geweld omverwerp as dit baie makliker by die stembus gedoen kan word?

    Die Malema-verskynsel kom boonop vanuit die ANC en is nie soseer teen die ANC gemik nie. Weliswaar lewer Malema heelwat kritiek op die huidige leierskap, maar wesenlik hou ook hy die ANC voor as die massas se voorbrandparty. Die primêre teiken van die Malema-verskynsel is die besittersklas en meer spesifiek die blanke minderheid. Konstante haat word teen die wit minderheid opgejaag.

    Uiteenlopende meningsvormers soos Max Du Preez, Dan Roodt in Dis die parfúúm van revolusie, Max, e.a. is dit eens dat daar wel ‘n rewolusie aan die broei is. Hulle praat egter van ‘n opstand binne die afsienbare toekoms en nie dié oor 20 jaar, waarna die jonger Mbeki verwys nie. Eintlik kan enige regdenkende persoon sien dat SA op ‘n interne konflik afstuur.

    Dat daar ‘n rewolusie van jeugdiges en werkloses aan die kook is, blyk duidelik te wees, maar anders as in Tunisië (et ander Arabiese state) het dit ‘n sterk rassistiese grondslag. Terselfdertyd is dit nie geheel onverbonde aan die tydsgees wat daardie lande by rewolusie ingesleep het nie, hoewel die broeiende konflik in SA ook ‘n eiesoortige historiese aanloop het.

    Lank voor die scenario wat Mbeki voorsien, stuur ons dus na alle waarskynlikheid wel op ‘n gewelddadige ontwrigting af. Oor twintig jaar mag SA dalk sy Tunisië-oomblik bereik, maar op ‘n baie korter tydskaal mik ons vir ‘n  Rwanda-oomblik. Hierdie afgryslike werklikheid kan selfs enkele maande weg wees.

    лечение зубов под наркозомЛобановский

  • Waarmee is Malema besig?

    Dat Julius Malema  as eregas by die sewende  SA Musiekkonferensie genooi is lyk op die oog heel onskuldig. Ongelukkig is niks waaraan Malema deelneem onskuldig nie.

    Malema kon nie by die konferensie in Durban, bygewoon deur 500 platejoggies (waarskynlik almal swart), teenwoordig wees nie. Hy het eerder ‘n opname gestuur waarin hy die aanwesiges oproep om musiek te speel wat “demokrasie” bevorder en om politici te “embrace”. Ons weet natuurlik wie hierdie politici is wat omhels moet word. In Rwanda het die platejoggie, Georges Ruggiu,  hom skuldig gemaak daaraan om die Hutu-meerderheid oor die luggolwe  tot volksmoord aan te hits. Dat Malema ‘n rewolusionêre interpretasie van “demokrasie” het, is geen geheim nie. Platejoggies wat hom sou “embrace” sou vir seker bereid wees om op sy instruksie op te tree.

    Dat Malema nie fisiek by die konferensie was nie moet glad nie die leser gerusstel nie.  Malema was ten tye van die konferensie ‘n gas van die SA ambassadeur in Italië. Weereens op die oog af lyk  dit onskuldig, behalwe natuurlik dat die besoek waarskynlik op die belastingbetaler se onkoste  plaasgevind het.

    Die finansiering van die besoek is egter die minste wat die skrywer kwel. Veel groter onheil moet vermoed word. Wat kan egter so erg omtrent ‘n besoek aan Italië wees? Dis immers ‘n Westerse  land met geen ooglopende kwaadwilligheid teenoor Afrikaners nie. Wel, die uwe wil beweer dat Malema se besoek  bittermin met Italië te make het en baie met Tunisië en sy bure te doene het.

    Kort na die “World Festival of Youth and Students” in Pretoria (13 tot 21 Desember 2010) waarin die ANCYL ‘n belangrike rol gespeel het, het die huidige vlaag van jeugrewolusies oor die Midde-Ooste en Noord-Afrika begin spoel. Natuurlik was die eerste van daardie  rewolusies en ook die mees suksesvolle in Tunisië (17 Desember 2010 tot 14 Januarie 2011).

    Tunisië is nie net geografies na aan Italië geleë nie, maar het ook sterk diplomatieke en handelsbande met Italië. Indien ‘n Tunisiese jeugafvaardiging vir Malema in SA sou kom besoek, of selfs erger,  indien Malema Tunisië toe sou gaan, sou dit al die waarskuwingsligte laat aangaan. Dit sou ruik na broeiende rewolusie.

    Italië bly ‘n goeie afklimplek vir ‘n Tunisiese afvaardiging. Italie is een van die twee Europese lande waarmee Tunisie die sterkste ekonomiese en diplomatieke bande het. Die ander is Frankryk, hoewel Italië nader aan Tunisië is. Italië het ook geruime tyd gedien as bestemming vir vlugtelinge vanuit Tunisië. Hoewel sommige van hierdie vlugtelinge sedert die rewolusie na Tunisië sou terrugkeer, het hulle ook ‘n ondersteuningsnetwerk in Italië opgebou.

    In sy nuutste boek, Advocates for Change, waarsku Moeketsie Mbeki dat SA op die vooraand van ‘n jeugrewolusie verkeer. Malema se doen en late moet fyn dopgehou word. Elke beweging deur die ANCYL en die ANC moet  op hierdie stadium met agterdog bejeën word. Hul verbloemde handelinge verklap dikwels meer as wat hulle te kenne wil gee.

    методы пломбирования корневых каналовлобановский александр харьков

  • ‘n Volkstaat van grafte

    Terwyl daar reeds meer as 3000 boere deur swart moordbendes vermoor is, ondersteun die ANC Julius Malema in die saak wat Afriforum en TLU SA teen die ANC-jeugleier in die Gelykheidshof voer. In weerwil van die hofsaak wat in sitting  is, sing beide Malema en Shivambu (ook lid van die jeugliga se bestuur) die gewraakte anti-Afrikanermoordliedere buite die hof. Die regering ondersteun hierdie liedere as hul kultuurbesit. Dus, die regering ondersteun liedere wat die massas tot volksmoord teen Afrikaners oproep.

    Natuurlik word dit alles as onskuldige kultuurbedrywigheid afgemaak en word Afriforum, en dus by implikasie die Afrikaner, as die skurke uitgemaak. Ons is die “onderdrukkers” wat “swart kultuurgoedere” wil ondermyn. Howel ANC-regeringslede klaarblyklik nie self die moordliedere sing nie ondersteun hulle Malema in sy opsweping van die massas. Blanke kommentators beweer dat dit juis Malema se gewildheid is wat maak dat die ANC hom nie teengaan nie, maar ek glo dit behels meer. Immers ondersteun hulle sy hofsaak. Laat ons nou maar aanvaar dat dieselfde volksmoordbegeerte onder die senior ANC-leierskap heers. 

    Jare gelede, kort na Suid-Afrika deur die ANC oorgeneem is, het ‘n familielid van ‘n welbekende ANC-lid aan my gese: “My brother-in-law says that the only volkstaat Afrikaners will ever get is a volkstaat of graves.” My swart kennis se swaer was op daardie stadium ‘n lid van die sg “National Council of Provinces” en sou daarna nog verder in die openbare diens vorder. Mens sou kon se dat dit maar een vooraanstaande senior ANC-lid se persoonlike begeerte vir blanke volksmoord is. Tog, gegewe die huidige gebeurde en die ANC se ondersteuning daarvan, is dit duidelik dat hierdie sinistere begeerte die oorhand in die organisasie het.

    Die vraag is: wat doen ons aan die situasie? Is blote hofsake genoeg? Selfs al wen Afriforum en TLU SA die saak, sal dit ons enigsins beveilig teen die ANC se moordlus? Dit lyk nie of Afrikaners ‘n sinvolle beweging ter wille van hul oorlewing op die been kan bring nie. Volgende maand is die VVK-verkiesing. Dis veronderstel om die beweging te wees wat hom sal beywer vir ons eie staat vry van die ANC-skrikbewind. Tog, hoeveel Afrikaners weet hiervan? Wie is die kandidate in hierdie verkiesing? Waarvoor staan hulle? Waar bevorder hulle hierdie saak? Intussen word ons mense in dorpe, stede en veral op die platteland uitgemoor. Die vrye volkstaat bly ‘n hersenskim, maar die burgery van die “volkstaat van grafte” neem vinnig toe.ударный гайковертФильчаков Александр Васильевич

  • Zuma-gesprekke dui op swakheid

    ‘n ope brief aan Dan Roodt

    Beste Dan,

    Soos jy weet, ondersteun ek jou nog altyd en deurgaans. Daar is wat my betref ook geen ander Afrikanerleier wat toegerus is om die ideologiese leierskap te verskaf soos deur jou bedien nie. Sonder ‘n ideologiese raamwerk het ons geen rasionele rigtingaanwyser nie. Selfs Afriforum, wat waardevolle werk doen, spreek meestal die simptome van die huidige bestel aan. In die ideologiese sfeer oortref PRAAG alle ander Afrikanerbewegings.

    Hoewel ek jou argumente rondom verlede week se gesprek met Zuma begryp, is ek soos baie Afrikaners tog besorgd oor hierdie gesprek. Behalwe dat die geheime aard daarvan vir Zuma die geleentheid sou gee om in die toekoms hom van enige verklarings te distansieer, is daar ‘n ander fundamentele probleem met verdere gesprekke in die geheel.

    Ek dink nie daar kan meer twyfel bestaan dat die regime en vernaam Zuma juis ‘n strategie het om waardelose gesprekke met almal en nog wie te voer nie. Indien dit nie valse beloftes aan die landbougemeenskap is nie, is dit leuens aan buitelandse beleggers, waardelose gesprekke met Afrikaners, beloftes aan die swart vakbonde en die lys is nog baie langer. Deur nie die uitnodiging te aanvaar om saam met Zuma te gaan eet nie, het Steve Hofmeyer ‘n baie sterk boodskap gestuur, wat grootliks verwater is deurdat die res wel die uitnodiging aanvaar het.

    Ek dink nie die analogie tussen die huidige gesprekke met die ANC en dié van voor 1994 is geldig nie en wel om die volgende redes:

    1. In daardie dae het ons die mag van die ganse staat gehad. Daar was dus ‘n daadwerklike rede waarom die ANC ten minste in die korttermyn hul beloftes gestand sou doen. Ek reken dat enige gesprekke nou net ‘n gespreksforum sonder angel is.
    2. Wat ons wel tot nou gesien het, is dat die regime geensins hulle woord hou oor enige saak nie. Ek dink daar bestaan ‘n wanbegrip by Afrikaners oor die aard en doel van samesprekinge in die Afrikakultuur. Terwyl ons as Nederduitse gemeenskap oor eeue heen ‘n regsbegrip rondom ooreenkomste en kontrakte gevorm het, het daardie gesofistikeerde ontwikkeling nooit in die Afrikakultuur plaasgevind nie. Hierdie wanbegrip het ook Piet Retief en sy geselskap se lewens gekos en het aanleiding tot Bloukrans en Bloedrivier gegee. In Afrika geld die ooreenkoms net so lank albei partye oor mag in die brutale vorm beskik. Toe die Retiefgeselskap hul wapens neergelê het, het die ooreenkoms geëindig. Die oomblik as enige van die partye mag verloor of afstaan, verval die ooreenkoms. Dit is die begrip wat Roelf Meyer glad nie verstaan het nie. Uit sy naïewe Westerse raamwerk het Meyer in goeder trou onderhandel. Sedertien betaal ons in bloed en aanduidings is dat ons op ‘n massale bloedbad, veel erger as Bloukrans, mag afstuur.
    3. Dit was juis weens die NP-onderhandelaars se liberale aanname, naamlik dat die Afrikaan dieselfde begrip rondom ooreenkomste as ons huldig, dat die ANC so suksesvol met diplomasie was. Die ANC se sukses was nie omdat hulle kwansuis goeie onderhandelaars was nie, maar eerder omdat ons leiers weens hul Westerse konsep van kontraktereg so naïef was. Om aan te neem dat ons dus, vandag, met gesprekvoering dieselfde sukses as die ANC vóór 1994, sal bereik, is om van voor af weer daardie fout te maak. Weereens huldig dit die mistasting dat die Afrikaan oor dieselfde begrip rondom ooreekomste as ons beskik. Ek betwyfel dus of enige gesprekke op hierdie stadium met die regime (insluitende Zuma) enigsins iets sal oplewer. Ons beskik doodeenvoudig nie oor die tipe mag wat vrees by die Afrikaan inboesem nie.
    4. Die voortgesette gesprekke met Zuma skep die indruk van ons desperaatheid en oënskynlike weerloosheid. Eintlik hoef Zuma ons niks toe te gee nie, want soos uit bostaande geargumenteer is, is daar nog geen werklike afskrikmiddel aan ons kant nie. Deur dus verdere gesprekke te voer, lyk ons eerder soos bedelaars wat kom bakhand staan en dit beklemtoon hulle (die ANC se) mag oor ons. Die gevolg is dat ons swak postureer en dus na ‘n maklik oorwinbare, selfs weerlose, vyand lyk. Hierdie benadering binne die Afrikaverband is juis baie waarskynlik om ‘n geweldsaanval op ons uit te lok. Indien ons Steve Hofmeyer se “hardegat”-houding inneem, begin ons in die Afrikaverband sterker postureer. Gesprekvoering op hierdie stadium doen oneindig meer kwaad as goed.

    Ons kan ons ook nie bekommer oor wat die Weste sal sê rakende ons agenda of benadering nie. Ons maak in elk geval ‘n fout as ons dink dat ons oortuigde vriende in die vorm buitelandse regerings het. In die uur van nood gaan nóg Amerika, nóg Europa ons tot hulp snel en sal ons ten volle op onsself aangewese wees. Ons het geen aanspreeklikheid teenoor die buiteland nie. Ons is alleen teenoor onsself en God aanpsreeklik.

    Myns insiens moet alle gesprekke wat met Zuma en die regime gevoer word, ook deur die landboufederasies, in die geheel gestaak word. Alle gesprekke dui op ‘n poging om in goeder trou te onderhandel, want dit is presies die onderliggende aard van onderhandelinge. In die afwesigheid van brutale mag, aan ons kant, laat enige poging in goeder trou ons swak vertoon. (Met “brutaal” bedoel ek nie geweld nie, maar wel die vermoë om dit te kan toepas ingeval van ‘n bedreiging.) Dis om hierdie rede dat, ten spyte daarvan dat die landboufedrasies die minister se drumpel deurtrap, plaasmoorde net toeneem. Die Afrikaan sien die een wat om genade of vergunning vra as ‘n swakkeling. Dit is juis die gesprekvoering wat verdere geweld uitlok.

    Die enigste nie-gewelddadige bedingingsproses wat ons durf volg met enige arm van die regime is deur die howe. Die adverseriële aard van die hofgeding is die enigste bedingingsvorm wat nie ons postuur afbreek nie.

    Verder moet meelopers soos Pieter Mulder geïsoleer word. Die klem moet eerder val op die opbou van ‘n Afrikanerowerheid soos telkemale deur Anton Barnard gepropageer is. Tesame met laasgenoemde, is die oprigting van ‘n paramillitêre beweging ‘n prioriteit. Eers wanneer ons weer mag begin projekteer, durf ons in gesprek met Zuma of enige regimefunksionaris tree.

    бурение артезианской скважиныФільчаков прокурор

  • Min dae vir die VF+

    Mens moet egter nie dat die Engelse liberales se administratiewe oorname van die Wes-Kaap mens mislei om te glo dat hulle wel relevant is nie. Immers is die Wes-Kaap maar bloot 'n admininistratiewe eenheid met geen noemenswaardige politieke magte nie. Mens moet onthou dat SA steeds 'n eenheidstaat verteenwoordig en dat die provinsies geen werklike federale eenhede is nie. Mens sou selfs kon argumenteer dat die provinsies in hul, huidige magtelose vorm, oorbodig is en onnodige kostes meebring. Verder moet ook in ag geneem word dat die DA se meerderheid in die Wes-Kaap 'n tydelike verskynsel is. Die spoedige swart kolonisering van daardie provinsie gaan binne enkele jare die DA se ondersteuningsbasis demografies oorheers. 

    Die DA se hoop om onder swart kiesers te groei, sal 'n blote onrealistiese droom bly. In die aanwesigheid van 'n aansienlike blanke minderheid sal swart kiesers altyd rassolidariteit by die stembus toon. Die DA het sy plafon bereik. Die DA kon alleen presteer solank die rasminderhede nog enige geloof in deelname het. Uiteindelik sal die DA dieselfde paadjie as die DTA in Namibië loop waar dit oor tyd van 23% tot 5% gesink het. Soos die DA het die DTA ook aan die illusie gelei dat n "veelrassige" liberale party 'n swart bevrydingsbeweging as regering kan ontset. Hoewel die DA dikwels sigself probeer prys as 'n party wat astronomiese groei toon, moet in ag geneem word dat die DA nie uit 'n vakuum ontstaan het nie. Die DA is die direkte versmelting van die ou DP- en NP/NNP-ondersteuningsbasisse.

    In die volgende syfers kan ons sien hoe die DA en sy voorgangers inderwaarheid oor die afgelope 15 jaar agteruitgegaan het:

    Verkiesing 1994: NP: 20,39% en DP:1.73% = 22,12%

    Verkiesing 1999: NNP: 6,87% en DP:9.56% = 16,43%

    Verkiesing: 2004: NNP: 1,65% en DA:12,37% =14,02%

    Verkiesing 2009: DA 16.66%

     

    Howel daar dus 'n verbetering in 2009 plaasvind, vertoon die totale persentasie vanaf 1994 'n afwaartse kurwe. Die 2009-verbetering het ook waarskynlik met die persona van Zille en die aanjaag van vrese by minderhede rondom Zuma te make. Nie een van laasgenoemde faktore sal ooit stemme vir die DA onder swartes kan wen nie, inteendeel… Ondanks die DA se charismatiese en hoogs emotiewe veldtog, kon die party nie herstel tot die 22,12% van 1994 nie. Ook kon die party bykans geen deurbraak by swart kiesers maak nie. Ek wil die voorspelling waag dat die DA in 2014 terug na 14% of selfs minder sal val. Dit sal gebeur selfs al sou die ANC se steun ook daal. Die blanke en Indiërkomponente van die DA se ondersteuningsbasisse word weggekalwe deur negatiewe demografiese groei a.g.v. lae geboortekoerse en hoë emigrasiesyfers. Die kleurlingkomponent neig om te swaai tussen die DA en ANC. Terselfdertyd is daar astronomiese bevolkingsgroei onder swartes weens 'n kombinasie van 'n hoë geboortegroeikoers en ongebreidelde immigrasie vanuit Afrika suid van die Sahara.

    ,Hoewel die DA se stempersentasie aansienlik groter as die VF+ s'n is, is dit maar steeds baie klein (16,66%), gesien in die groter geheel. Met geen manier om ooit die regering te word nie, geen ideologie wat dit van die ANC onderskei nie en geen spesifiseerbare belangegroep wat daarmee identifiseer nie, bly die DA 'n soort generiese party wat sonder blote getalle eintlik geensins lewensvatbaar is nie. Daarteenoor mag die VF+ 'n breukdeel van die landwye stempersentasie trek, maar dit verteenwoordig 'n baie spesifieke belangegroep. Die party se bestaansreg is dus nie op blote getalle gegrond nie.

    Die DA kan dus geensins daarop aanspraak maak dit dit namens enige belangegroep praat nie, immers verwerp die DA die blote idee van groepsbelange. Indien die meeste Afrikaners die proporsionele kiesstelsel beter verstaan het en dus sou begryp dat dit nie nodig is om bloot vir 'n party te stem wat blyk dat dit die meeste stemme teen die ANC gaan monster nie, sou Afrikanerkiesers meer geneë gewees het om te stem vir 'n party wat hul spesifieke belange sou bevorder. In so 'n geval sou ondersteuning vir die VF+ sekerlik baie sterker wees. Mens sou dus baie waarskynlik die DA se ondersteuning, onder Afrikaners, in 'n groot mate kon toeskryf aan Afrikaners se gebrekkige begrip rondom die proporsionele kiesstelsel.

    Die VF+ se toekoms is egter ook onseker en hang grotendeels af van wat tydens die VF se deelname aan die ANC-regering gebeur. Mulder het 'n baie kort vensterperiode waarin hy wesenlike wins vir Afrikaners d.m.v sy deelname aan die Zuma-regering sal moet toon. My gevoel is dat hy nie meer as twee of drie maande het nie. Indien hy nie 'n daadwerklike toegif aan Afrikaners in hierdie kort periode kan verkry nie, sal hy en die VF in die geheel as geko-öpteerdes afgeskryf word. Tydsverloop is belangrik. Dit is soos die patella-refleks in menslike fisiologie. As die hamertjie die knie slaan, moet die onderbeen onmiddellik spring. As die been eers teen more spring, dan is dit nie meer moontlik om die beensprong in verband met die slag van die hamertjie te bring nie.

    Sou hulle 'n wins vir die Afrikaner op die langer termyn beding, sal die uitwerking daarvan op hul gewildheid suiwer afhang van hoe groot hierdie wins is. Indien 'n geringe wins, is dit moontlik dat Afrikaners dit nie noodwendig in verband met Mulder sou bring nie. Indien Afrikaners dit wel as die bemiddelingswerk van Mulder beskou, sou 'n geringe toegif 'n gevoel van "die kool is nie die sous werd nie" laat ontstaan. 

    Hoe groter die toegif is en hoe meer omstrede, hoe waarskynliker dat mense so 'n beleidsverandering in verband met 'n faktor of party buite die ANC sal verbind, selfs al het meer tyd verloop. In so 'n geval sou dit baie makliker vir die VF+ wees om dit as hul sukses op te eis. Nogtans, as te veel tyd verloop sal die VF+ se ondersteuners begin kriewelrig raak en geleidelik hul ondersteuning van die party onttrek. Die enigste manier hoe die VF+ hierdie deelname in 'n partywins kan omskep, is indien hulle binne die volgende paar weke 'n aansienlike wins vir Afrikaners kan beding. In enige ander scenario is dit spekulatief tot watter mate kiesers 'n toegif met die VF+ se deelname sal verbind.

    Wat die party se toekoms betref, is die VF+ se deelname aan die Zuma-regering dus 'n groteske dobbelspel. Terwyl die DA na alle waarskynlikheid op 'n afwaartse kurwe verkeer, hang die VF+ se ganse oorlewing van hierdie ooreenkoms met die ANC af. Indien die party nie binnekort 'n radikale wins vir Afrikaners hierdeur kan beding nie is die VF teen die 2014-algemene verkiesing dood. Mulder maak 'n groot fout as hy dink dat dit 'n eksperiment is waarop hy bloot kan uitloop, sou dit nie werk nie. Die emosionele prys wat die paradigmaskuif van deelname aan 'n ANC regering, van VF+-lede en -ondersteuners vereis, mag nie onderskat word nie. Indien die VF+ se deelname misluk, sal hierdie prys sy tol eis. Kiesers sal nóg Mulder nóg die VF+ vergewe indien hierdie opoffering om dowe neute was. Indien die deelname-ooreenkoms nie 'n radikale wins vir Afrikaners meebring nie, kan die VF+ maar ontbind.

    вертолетики на пульте управлениятопкарго

  • ANC en VF Plus besit saam ‘n tweederdemeerderheid

    'n Samewerkingsooreenkoms tussen die VF+ en die ANC mag alleen gebeur as dit beteken dat die Afrikaner se belange streng en konsekwent daardeur gedien word. Dit is dus absoluut noodsaaklik dat die VF+ 'n party in eie reg bly. Die VF+ se identiteit as Afrikanerparty is die belangrikste bate wat dit het. Dit is die enigste party wat aanspraak daarop kan maak dat dit namens Afrikaners praat.

    Om die akkoordmodel beter te demonstreer, maak dit sin om na die huidige Nieu-Seelandse regering te kyk. Die Nasionale Party het einde verlede jaar die Arbeidersparty by die stembus verslaan. In Nieu-Seeland is dit die praktyk dat die twee groot rolspelers nl. die Arbeidersparty en die Nasionale Party, met die vorming van 'n regering, alliansies met kleiner partye aangaan. Dit maak 'n breë konsensusregering moontlik. Hoewel eerste minister John Key se Nasionale Party met hul oorwinning verlede jaar meer as voldoende stemme gewerf het om gemaklik op hul eie te regeer, het hierdie sentrumregse party 'n allianse met die minderheids-etnies-linkse Maori-party aangegaan. Behalwe dat hierdie reëling die NP se beeld versterk as 'n demokratiese instelling wat in belang van die totale bevolking regeer, skep dit ook vir hulle 'n veilige agterdeur. Laat ek verduidelik: In Nieu-Seeland is die termyn tot die volgende algemene verkiesing slegs drie jaar. Te midde van die huidige wêreldekonomiese krisis gaan dit baie moeilik wees vir John Key se regering om aan die verwagtinge van kiesers te voldoen. Sou nóg die NP nóg die AP in die volgende algemene verkiesing 'n volstrekte meerderheid verkry, het die NP goeie alliansievennote wat dit die nodige meerderheid kon gee om weer die regering te vorm.

    Die twee partye het dus nie saamgesmelt nie maar wel 'n samewerkingsooreenkoms onderteken waarna verwys word as 'n "confidence and supply agreement". In ruil het die Maori-party enkele kabinetsposte ontvang, bv Maori-sake. Terselfdertyd het die NP afstand gedoen van sy aanvanklike plan om die histories gewaarborgde Maori-setels van die parlementêre lys te verwyder.

    Behalwe dat 'n soortgelyke reëling tussen die VF+ en die ANC enorme voordele vir Afrikanerselfbeskikking kan inhou, kan dit ook strategiese voordele vir die ANC inhou. Laat ek hieronder lys:

    1) Die mees voor die hand liggende voordeel is dat so 'n samewerkingsooreenkoms die ANC die tweederdemeerderheid, wat daardie party so intens begeer, sal gee.

    2) In die huidige ekonomiese krisis gaan die falende staatsmasjienerie van die ANC net selfs meer sukkel om dienste te lewer. Soos Anton Barnard reeds genoem het, kan ANC-stadsrade se dienslewering, met die hulp van Afrikanerkundiges, gelig word tot dieselfde vlak as waarvoor die DA sigself tans op die skouer klop.

    3) Met Afrikaners aan Zuma se kant en die nodige toegang tot hulpbronne gaan die liberale Afrikaanse en Engelse establishment waaronder die DA, die pers ens. opdraende pad beleef, mits ons ons kundigheid reg aanwend.

    4) Afrikaner- tegniese deskundiges, sowel plaaslik as in die diaspora, kan gewerf word om ontwikkelingsprojekte en industrieë op te rig waaruit die ANC-staat direkte voordeel sal trek. Sulke projekte kan selfs staatsbesit wees en sodoende bevredig dit die ANC se linkse alliansievennote. Weens die rol wat Cosatu en die SAKP gespeel het in die verkiesing van Zuma as ANC-president, sal hy 'n manier moet vind om hulle tevrede te hou.

    5) Laastens sou mens kon argumenteer dat die ooreenkoms heelwat Afrikaner-DA lede van die parlement, provinsiale wetgewers en stadsrade voldoende kan beïndruk sodat hulle met die volgende verkiesing na die VF+ sou verpas. Hulle sou egter eers moet sien watter voordeel so 'n ooreenkoms vir die Afrikaner inhou. Tot die ANC se bevrediging sou dit die DA se greep op sekere streke kon beëindig.

    Die voordele wat 'n amptelike akkoord met die ANC vir die Afrikaner inhou, is sekerlik voor die hand liggend. Dit gaan ooglopend rondom Afrikanerregte en selfbeskikking. Die verkryging van 'n ministerie van Afrikanersake soortgelyk aan ander lande waar etniese minderhede (bv die Maori's in Nieu-Seeland, die Duitsers in België, e.a.) hul eie sake bedryf, sou die doelwit wees. So 'n regeringsdepartment kan die volgende mandaat geniet:

    1) Die verkryging van landwye en eksklusiewe beheer oor Afrikaneronderwys binne 'n eie sake-model;

    2) Die verkryging van landwye en eksklusiewe beheer oor alle Afrikaner-musea, -monumente en ander kultuurgoedere;

    3) Die implementering van Afrikanerpolitieke selfbeskikking binne 'n eie geografiese gebied met duidelike doelwitte en 'n tydsraam wat die heersende party vooraf onderteken;

    4) Die toekenning van 'n aansienlike begroting aan die ministerie van Afrikanersake vanuit die nasionale begroting waarmee ons bg. kan implementeer;

    So 'n Afrikanerprojek kan egter alleen slaag as alle Afrikanerorganisasies wat sigself vir Afrikanerselfbeskikking beywer daarby betrek word. Hoewel die VF+ die amptelike voertuig kan wees, sal dit nie werk as die VF+ 'n ekslusiewe benadering neem en net hul eie strategiese vennote daarby betrek nie. So 'n projek sou 'n kans gee vir die VF+ om veld onder die breë Afrikanerbevolking te wen, maar slegs as dit by wyse van insluiting en konsensus te werk gaan. Die VF+ sal 'n Afrikanerberaad van enersdenkende organisasies moet byeen roep. Terselfdertyd sal die VF+ sy voelers na die ANC moet uitsteek. As 'n breë front kan Afrikaners dan met Zuma se ANC in gesprek tree. Dit is egter van kardinale belang dat die VF+ sy oënskynlike verleentheid oor Afrikanerselfbeskikking afskud.

    отбеливание зубов zoomФильчаков

  • Afrikaners verwerp etniese politiek

    Die swak vertoning van die VF+ het nou finaal getoon dat die party geensins Afrikaners se verbeelding aangryp nie. Deels sou dit seker toegeskryf kan word aan die verbeeldinglose en vaal leierskap van die VF+. Hierdie party se ‘samewerkende’ opponerende styl tot die ANC skep waarskynlik weinig vertroue by Afrikaanse kiesers. Boonop onderspeel die party Afrikaner politieke selfbeskikking, een van hul amptelike beleidspunte, in der mate dat dit eerder voorkom asof die spesifieke beleidspunt 'n verleentheid vir die party skep. Die party se onvermoë om meer aktivisties om te gaan met Afrikaner-politiek, te midde van ons huidige krisis, versterk verder die gevoel van beroepspolitici wat nie die appelkar wil omgooi nie.
    Hoewel die VF+ 'n sentrale rol gespeel het in die herwinning van Suid Afrikaners in die buiteland se stemreg, het daardie einste kiesers die party grootskaals ten gunste van die DA verwerp. Dit moet sekerlik die grootste klap in die VF+ se gesig wees.

    Die feit dat Afrikaners grotendeels vir die liberale multikulturele DA en in mindere mate vir die swart oorheersde Cope stem, is nie net ‘n stem van afkeur vir die VF+ nie, maar ook vir Afrikanerselfbeskikking in die geheel. Afrikaners ondersteun by implikasie die huidige politieke orde en onderskryf in alle dwaasheid die idee dat deelname deur middel van die DA hul lot kan verbeter.

    Nie net is hierdie toedrag van sake ‘n groteske aanduiding van die mislukking van die VF+ nie, maar dui dit ook op die mislukking van die breë Afrikaner-selfbeskikkingsideaal en almal wat hulleself daarvoor beywer. Die leiers van die versplinterde regse beweging het ernstige rede tot nadenke. Duidelik het hul onderskeie pogings om afkeer van die linkse DA te toon geensins byval by die kiesers gevind nie. Moontlik was die gefragmenteerde boodskap doodgewoon so difuus dat dit nooit by die meerderheid Afrikaners uitgekom het nie. Klaarblyklik het die breë regse beweging ook klaaglik misluk in hul poging om die idee van die volkstaat te bemark. Indien die kiesers entoesiasties oor laasgenoemde idee was, sou mens immers ‘n beter uitkoms vir die VF+ as die enigste parlementêre verteenwoordiger vir die idee kon verwag … of altans so sou mens kon redeneer.

    Mens sou verder kon argumenteer dat Afrikaners regse politiek en die selfbeskikkingsideaal bykans geheel en al afgeskryf het en hul futiele lot by die ANC, DA en Cope se multi-kulti-swart meerderheidsoorheersde NSA ingewerp het. Dit is werklik ‘n hartseer stand van sake, maar moet sekerlik voor die deur van die gefragmenteerde en swak leierskap van die breë regse beweging gewerp word. Afrikaners het duidelik die keuse om in belang van hul etniese belange te stem, verwerp ten gunste van ‘n identiteitslose multi-rassige opposisieparty. Dat die voormalige Black Sash-lid, Helen Zille, Afrikaners meer inspireer as Afrikaner-leiers, is 'n belediging vir laasgenoemde.

    Die feit dat daar te veel ego's ter sprake is – en ook 'n sekere fundamentalisme wat meebring dat ‘n breë regse kompromie nie gevind kan word nie – mag nou die finale spyker in die Afrikaner se politieke doodskis wees. Mens kan alleen wonder of Afrikaners hulself werklik nog as ‘n etniese groepering beskou. My gevoel is egter dat daar nie asem opgehou moet word dat Afrikaner-leiers hul politieke huis in orde sal kry om die stand van sake om te keer nie.

    free slot spinsДанильченко Харьков

  • Wetend of onwetend open Zuma nuwe Afrikanerhoofstuk

    Dit dui op die moontlikheid van 'n aaneenlopende gesprek tussen die Zuma-ANC faksie en die konserwatiewe of sg. regse Afrikaner. Soos Dan Roodt impliseer kan mens aflei dat die Zuma-faksie nie soseer in die linkse Afrikaner-establishment geïnteresseerd is nie, selfs al was hulle ook by die geleentheid.

    Wat Zuma se motivering is vir gesprek met die Afrikaner bly vir my duister. Soos ander kommentators reeds aangedui het, het Zuma ons nie as kiesers nodig nie. Mens mag ook nie vergeet dat terwyl hierdie gesprek plaasgevind het, die ANC staat aktief besig was met die ondergrawing van Afrikanerkultuur, -onderwys, -plekname, -taal, -landbou, -werks en -besigheidsgeleenthede, ens. nie. Ons moet dus nie oorhaastig wees om die nuwe "Zoeloe-koning" se beloftes te vertrou nie. Is hy dalk net besig om 'n nuwe soort ANC "doublespeak" te beofen, terwyl die Afrikanistiese agenda dieselfde bly of selfs mag intensifiseer?

    Howel dit nie 'n wetenskaplike opname is nie toon verlede week se meningsopname, oor hierdie saak, deur Beeld die volgende syfers:

    "Is mnr. Zuma eerlik met Afrikaners? Ek dink so 224: 3%
    Nee, hy's 'n manteldraaier 6793: 97%
    Totale aantal stemme :7017
    Dit is meestal Afrikaners wie se menings hier weerspieël word. Ons leiers moet kennis neem hiervan.

    Nogtans moet ons oop wees daarvoor dat hier dalk wel 'n geleentheid vir konstruktiewe gesprek met die regime aan die ontwikkel is. Afrikanerleiers (veral aan die 'regterkant') moet nou oor ten minste drie sake 'n mate van ooreenkoms bereik:

    1. Hulle moet ernstig werk aan 'n konfederale beweging wat oor groter bedingingsmag beskik as wat in die huidige versplinterde situasie geld. Indien ons nie ons huis in orde kan kry nie gaan die nuwe ANC-regime baie gou respek vir ons verloor.
    2. Hulle moet hierdie as geleentheid aangryp om selfbeskikking te formuleer en op die gesprekstafel met die ANC te plaas. Die Volkstaatraad fiasko mag nie herhaal word nie. Kru gestel: Elke ou kan nie die volkstaat in sy eie agterplaas wil hê nie. Ons sal moet leer om op te offer.
    3. Afrikaners moet onthou dat Zuma 'n politikus is en dat hy slegs met die Afrikaner in gesprek is omdat daar iets daarin is wat vir hom voordeel inhou. Ons moet probeer verstaan wat dit is wat hy soek en ons moet begryp en formuleer wat ons aan hom kan bied. Sonder dit sal ons baie gou ons nuutgevonde aantreklikheid verloor. Byvoorbeeld: Sou ons Zuma uit die tronk kon help hou en indien so, watter voordeel hou dit vir ons in? Sou die NVG die saak teen Zuma laat vaar is dit waarskynlik dat die linkse blankes onder leiding van Zille saam met Cope die saak wel in die hof sal kry.

    Indien Zuma wel erns het my sy Afrikaner-gesprek moet ons dit ernstig oorweeg dat die ANC besig is om ons van 'n nuwe teks te voorsien. Die Zuma-faksie is besig om wetend of onwetend die deur op die Afrikaner-selfbeskikkingsteks oop te maak. Selfs al het Zuma geen erns om die gesprek tot enigiets te laat lei nie het sy openbare bekragtiging ons aanspraak as volk met onvervreembare regte opnuut bevestig. Die ANC kan hierdie deur nie summier toemaak nie.

    Dit is nou aan ons oorgelaat om aan 'n baie belangrike hoofstuk in ons geskiedenis te begin skryf.

    игры длям девочекАлександр Фильчаков

  • Oorklassifisering lei tot verdeeldheid

    Net soos Johann Wingard my verkeerdelik as voormalige Broederbonder, FAK- of Afriforumlid wil kategoriseer, doen hy sy eie volk onreg aan deur 'n te enge definisie. Hoewel ek met sommige aspekte van Wingard se historiese analise saamstem, het ek 'n probleem met sy behoefte om soos meeste "ou regses" die Afrikaner die Boer se mindere te maak. Of die Afrikaner met die ingryping van die NP tot stand gekom het, is werklik nie van belang nie (in elk geval is daardie argument 'n oorvereenvoudiging). Wat van belang is, is die ontstaan van daardie nasionalisme as 'n  historiese werklikheid. Dit het 'n histories bepalende rol vir ons hedendaagse werklikheid en selfdefinisie.

    Wingard, soos die meeste Boerevolkers, probeer ons volksevolusie omdraai deur ons terug te  definieer tot in die 19de eeu. Sy neerhalende en ekslusiewe verwysing na die "Cape Dutch" is simptomaties van hierdie retrospektiewe volksdefiniëring. Dit is dan ook hier waar die Afrikanervolk 'n meer inklusiewe term is wat, anders as die "Boerevolk", voksgenote buite die Transvaal insluit eerder as om hul te vervreem. M.E.R. het mos gesê: "Paul Kruger is dan ook in die Kaap gebore!"

    Net soos die Burghers van die twee republieke en die Kaapkolonie 'n gedeelde en afsonderlike verlede had, bestaan die werklikheid dat verskeie invloede (uniewording, nasionalisme, ens.) hul in die 20ste eeu in een volk saamsnoer.  Bloot omdat individue die "eksperiment" of metode wat dit tot stand gebring het afkeur, maak nie daardie ontwikkeling ongedaan nie. Die Burghers ("Boere") was 'n werklikheid, net soos die Afrikaner 'n werklikheid geword het. Dis wel so dat Afrikanervolksidentiteit weens die afgang van die Afrikanerstaat skade gelei het, maar die magte van Westerse modernisering het waarskynlik net soveel en dalk selfs meer daarmee te make. Die belangrikste feit is dat die volksevolusie voortgaan.

    Skoolkinders se vertoon van die Vierkleur, die Republiekvlag by sportbyeenkomste, nuutgevonde belangstelling in Afrikaner- en Boeregeskiedenis, Afrikaanse musiek, en so meer, is alles verblydende ontwikkelinge. Nogtans beteken dit nie die herrysing van die "Boerevolk" nie. Laasgenoemde is doodeenvoudig nie moontlik nie want die Boerevolk – net soos die Afrikanervolk van die Verwoerdera – is in tyd en ruimte beperk. Doodgewoon, daardie sosiaal-politieke verskynsels kan nie herleef nie. Ons etniese wese en die omstandighede is net te geheel anders. Ons etniese voorgangers is wel belangrike motiveerders vir die mobilisiering en herontwaking van ons volksnasionalisme. In die huidige konteks is die groeiende behoefte aan volksidentiteit waarskynlik 'n respons op die swart verdrukking van die Afrikanervolk. Dit maak dit geensins minder geldig nie.

    Wingard kan nie deur die terugroep van die skelwoord, "Cape Dutch", die skoolseun in Caledon, Orania of Bellville wat die Vierkleur, Rebellevlag of Prinsevlag op sy tas geverf het uit ons volksbestaan definieer nie. Die Boerevolkers kan nie die horlosie tot die jaar 1900 terugdraai nie. Die proses gaan voort en 'n volk kan nie in 'n histories beperkende kategorie geplaas word nie.

    Ongeag of Afrikaners die uitstekende "Ons vir jou" in hul duisende bywoon, is ons nie weer "Boere" (Burghers) nie. Ons hedendaagse politieke, kulturele en ekonomiese wêreld is net te ver verwyderd daarvan. Nogtans kan dit as waardevolle instrument dien om volksnasionalsme aan te wakker. Meeste volke oor die ganse wêreld lyk vandag radikaal anders as 'n eeu gelede. Die wese en aard van 'n volk is nóg staties nóg permanent.

    Hoe dit ook al sy, in Kaapstad, Pretoria, Bloemfontein of waar ook al: ons volksnasionalisme is besig om te herontwaak. Net soos die Boerevolkers ons nie in die verlede kan laat leef nie, kan die linkses ons nie in 'n vae en gedeëtnifiseerde omskrywing (Afrikaanses) druk nie. 'n Volk se wese en strekking is nie uitgelewer aan ideoloë nie. Hul manipulasie is gewoonlik beperk tot dít wat die volk as aanvaarbaar beskou.

    Of ons onsself Boere of Afrikaners noem, is minder relevant as die feit dat ons deur 'n grootse bestaanskrisis gekonfronteer word. Hierdie is ons krisis, in ons ruimte en tydsgewrig. Ons s'n verskil radikaal van ons voorouers se ervaring. Die hede bly iewers tussen die verlede en die toekoms. Ter wille van ons oorlewing as etniese en rasseminderheid mag ons nie onself intern kompartementaliseer nie. Ons moet die verlede respekteer, maar ons kan nie daarin leef nie.

    воронеж шестигранники,лобановский александр досье

  • Politieke herrangskikking: Afrikaner moet realisties wees

    Die idee dat jonger Afrikaners hul etnisiteit herontdek weens 'n hunkering na volksidentiteit is net so onakuraat as die mitiese "Boerevolk" waarna hy verwys. Die term "Boerevolk" is kontensieus en nie juis  goed gegrond as 'n historiese etnisiteit of gepaargaande naam nie. Die woord "Boer" was ook 'n skelwoord soos "kaffer" wat deur die Engelse aangewend is. Die sogenaamde "Boere" het meestal na hulself as burghers verwys terwyl die wisselvorm Afrikaanders af en toe gebruik is. Die idee dat die "Boere" 'n sterk volksidentiteit gehad het, is omtrent net so onakuraat as die idee dat daar welvarende, goed georganiseerde Boererepublieke met goeie regerings bestaan het. Die Boererepublieke was veral 'n primordiale, hoewel bepalende, eksperiment in staatsorganisering met 'n geleidelik en stadig ontwakende volksidentiteit. Hierdie state is gestrem deur swak administrasie, ekonomiese ellende en burgerlike afvalligheid. Die sukses van die kommando's was juis omdat hulle bestaan het uit mense wat met bitter min kon oorleef en wat nie van stryk gebring is daardeur of die staat nog staan of reeds geval het nie. Burgers van welvarende goedgevestigde state vir wie staatsorde 'n dominante waarde was, sou waarskynlik nie sulke goeie kommandolede uitgemaak het nie.

    Dit was die twee oorloë, maar veral die tweede wat die katalisator vir werklike volkswording was. Die republieke was die noodsaaklike grond, die oorlog die water en son, terwyl die burghers die saad was. Dit mag gevoeloos, selfs verskriklik, klink om na daardie bloedige episode as die son en water te verwys maar dit het die burghers ("Boere") van etniese groepering tot volk omvorm. Terwyl die Groot Trek die ervaring van trekkende pioniers was, is die Tweede Vryheidsoorlog dié van Burghers wat reeds hul meelewing rondom territorium en staat georganiseer het. Die basiese elemente vir 'n sterker gemeenskaplike identifisering het gestalte aangeneem. Veral in die nalatenskap van die oorlog sou die getraumatiseerde  burghers 'n volksbewussyn ontwikkel. Nou is hulle meer as net 'n etniese groep.

    Die grootste onreg wat teen die verskeie slagoffers van die TVO gepleeg is, is die wyse waarop generaals Louis Botha en Jan Smuts hul traumatiese ervaring, ter wille van versoening met die Engelssprekende, onder die mat probeer invee het. Die opgekropte woede en frustrasie wat nie uiting ontvang het nie is wat veral daartoe gelei het dat Afrikanernasionalisme in 1948 geseëvier het.  Hoewel Nasionaliste op die Sappe en VP se "versoening ten koste van die erkenning van die verlede" voortgebou het, was die Afrikaners se ergste eksitensiële krisis vir eers verby.

    Breër Afrikanerwelvaart begin sedert die 1950s 'n werklikheid word en (hoewel nie amptelik geborg nie) Afrikaners begin toenemend die "Boer" romanties en verbeeldingryk omhels. 'n Volk wat nou lééf – en nie slegs oorleef nie – kan met groter deernis en minder angs na die verlede kyk.

    Hoewel die feite oor die werklike lyding van die "Boer" (burgher) strak gedokumenteer bly, is dit nie deur die regering van die dag omhels nie. Dit is veral die opkoms van die Sowjetblok en die gepaardgaande bosoorlog, sowel as die gevaar van 'n binnelandse swart rewolusie, wat meebring dat die NP-regering toenemend na eenheid met die Engelssprekende blanke streef. In wat vir die Afrikaner 'n nuwe eksistensiële krisis raak, is eenheid met medeblankes (ongeag die relatiewe swak sukses daarvan) belangriker as om 'n vergete stryd te eer. Dit is ook beduidend en onstellend dat selfs musea en monumente wat vir die "Boer" opgerig is onbeduidend figureer in fisieke dimensie. Die begeerte om nie die Engelssprekende te affronteer nie grens aan die paranoiede. Vandag kan mens net met skaamte terugkyk hoe die Afrikaner 'n hele geslag se lyding nooit voldoende geëer het nie.

    Dit is egter diegene wat die regering se afskeping van die "Boer" se episode met frustrasie en woede bejeën wat net so onakkuraat met daardie werklikheid begin omgaan as diegene wat die "Boer" ontken. In die periode van die sestiger- tot die tagtigerjare word regse politiek in 'n groot mate deur die mitiese weergawe van die "Boer" gedefinieer. Hierdie verheerliking raak, soos vandag, toenemend geestelik, maar daarmee, ongelukkig,  raak die menslike kwaliteit somtyds vergete. Meer banale interpretasies vind ook plaas. Die absolutistiese karikatuur van Eugene Terre'blanche word in hierdie stadium geskep. Eiehandig trek laasgenoemde akteur-politikus die ketting op die "Boer" se goeie reputasie.

    Selfs daar te midde van die skatryk, suksesvolle en voortreflik geadminstreerde "derde republiek" (Dan Roodt se term), beskou die "Boerevolkers" die Afrikaner as 'n minderwaardige skaduwee van die Boer. Die Boer is die werklike volkeling en die twee Boererepublieke die hoogtepunt van sy staatsbestaan. Niks kan egter verder van die waarheid wees nie. Die ontsaglike belang van die Groot Trek, die Boererepublieke en veral die TVO is ongeëwenaar in ons volkswording. Maar dit is presies dít, naamlik die proses van volkswording. Die "Boerevolk" bly 'n mite, maar die burghers van daardie twee pioniersrepublieke en hul futiele, dog amper bo-menslike poging om te ontglip van Britse heerskappy, is die werklikheid. Tydens daardie gewelddadige spasma word selfgeadministreerde setlaars 'n gedetermineerde volk.

    Dit is egter die ekonomiese  sukses  van die derde republiek  wat weer die afrikaner se identiteit verander. Faktore soos middelklaswording, die internasionale verbruikers- en sportkultuur, ensovoorts, omvorm die Afrikaner tot wêreldburger. 'n Nuwe sorgelose materialistiese wese wat identifiseer met die Westerse wêreld ontstaan. Hierdie verlies aan identiteit bring mee dat die Afrikaner sy unieke Afrikawerklikheid ontken en homself met 'n eenvoudige "Ja-stem" in sy grootste bestaanskrisis dompel. Hoewel die Britse ryk 'n baie groter strategiese bedreiging as die ANC vir die Afrikaner se voortbestaan was, maak sy gebrekkige etnisiteit hom vandag soveel minder weerstandig vir kulturele en/of biologiese uitwissing.

    Die Afrikaner se herontdekking van die "Boer" in die nuwe millennium is betekenisvol, maar waarskynlik nie op die manier wat Wingard dit verstaan nie. Is dit werklik 'n soeke na identiteit? Ek dink nie so nie. Dit is meer waarskynlik 'n reaksionêre, hoewel geregverdige, en woedende respons op Thabo Mbeki se Afrikanistiese SA. Dit wil voorkom of die moderne Afrikaner nog steeds meer sy sin vir identiteit deur rugbysimbole uitleef as deur 'n betekenisvolle koestering van sy verlede of enige daadkragtige handeling teenoor sy eksistensiële krisisse.

    Dit is ook te betwyfel of die Afrikaner enigsens waarde gaan put uit Zuma se ANC. Wingard se "gesuiwerde ANC-en-VF-Plus-groepering" is sekerlik een van die mees onsinnige begrippe waarvan ek ooit gehoor het. Onsinnig tot op die punt van absurditeit… Hierdie "gesuiwerde ANC" is die sosialistise tweestadiumrevolusie-Aafrikabevrydingsbeweging wat weer sy rigting gevind het ná die verdwaalde kapitalistiese ompad waarop Thabo Mbeki dit geneem het. Die ANC is nou "gesuiwer"van diegene wat dit onderweg na die sosalistiese rewolusie gekaap het. Die ANC het sy bolsjewistiese self herontdek. Hoe op aarde strek dit die Afrikaner tot voordeel?

    Aan die hoof van die ANC is 'n opportuniese populis wat net so min vir die Marxistiese klassestrydteorie as vir die Afrikaner omgee. Die werklikheid is egter dat hy uiteindelik gehoor sal moet gee aan die kommuniste en vakbondleiers wat hom sy opperposisie besorg het en nie aan die Afrikaner nie.  Na alle waarskynlikheid gaan die sosialiste in die ANC ook nog ontnugter word soos wat die skeuring van die ANC 'n Xhosa-teen-Zoeloe-dimensie mag aanneem. As die Afrikaner egter dink dat hy hierdie verskuiwing in sy guns gaan aanwend, deur 'n alliansie met hierdie of daardie faksie, dan sal dit net daarop wys dat hy absoluut niks sedert Piet Retief geleer het nie. Dit sal redelik skokkend wees; net 14 jaar ná De Klerk. Geen swart leier gaan die swart kieser se verbeelding aangryp deur toegewings aan die blankes, allermins Afrikaners, te maak nie. Die teendeel sou eerder geld. Dis tyd dat Afrikaners met die werklikheid begin rekening hou en ophou droom.

    Ontleders wat glo dat Suid Afrika se politiek op die punt staan om 'n tipe eerstewêreldse tweepartybedeling (met die Zuma-kamp aan die een kant en 'n tipe Zille-Lekota-alliansie aan die ander) in te beweeg, moet maar hul Westerse brille afhaal. Die skrif is aan die muur vir die ANC, die swart staat en 'n stabiele Suid-Afrika. Die soeke na swart vennote is 'n oorbodige oefening wat niks goeds gaan oplewer nie. Dit is hoog tyd dat Afrikaners ophou om politieke akrobaattoertjies uit te oefen wat met die vereistes van die werklikheid bitter min te make het. Dit is tyd dat hy vrede maak daarmee dat sy oorlewing, as volk,  net van homself afhang en dat niemand anders daarmee vertrou kan word nie. Die episode wat nou nader wink, sal waarskynlik op die minste net so bepalend ten opsigte van die Afrikaner se voortbestaan en etniesie evolusie as die TVO wees. Miskien sal dit die Afrikaner verlos van sy  materialistiese obsessie  en  sinnelose sportsimboliek. Dalk raak die identiteitlose wêreldburger weer volkeling.

    internet casino onlineФільчаков Олександр Васильович

  • Beroepspolitici verantwoordelik vir ons ondergang

    Die beroepspolitikus gaan nooit met sy administratiewe plig op verbeeldingrykewyse om nie.  Dit is ‘n vreemde soort mens wat dikwels reeds van kindsbeen af gevorm en geskoei word om die politiek te betree. Daar is geen passie of instinktiewe oomblik van kreatiewe leieskap nie. Hy is nie die ware leier wat in ‘n krisisuur na vore kom nie. Die beroepspolitikus ontstaan dikwels as daardie vaal gladdeprater wat as skoolprefek reeds leierskapskursusse bywoon.

    Beroepspolitici kom oral in die wêreld voor, maar nêrens floreer hy soveel soos daar waar ‘n enkele politieke  party te lank aan bewind bly nie. As immorele wese is die eenpartybedeling die ideale teelaarde vir hierdie professionele parasiet. Die ou Nasionale Partybewind het hordes van hierdie egoïste opgelewer, mense met geen sin vir verantwoordbaarheid aan hul kiesers of bloot aan dit wat moreel en eties is nie. Soos die party se houvas op die land versterk het,  so het hul houvas oor elke aspek van party, staat en samelewing toegeneem.

    Hy is die gatkruiper wat woord vir woord uiter wat die politieke leierskap van hom verwag. Hy verkoop sy siel aan enige donateur of weldoener solank dit  sy opgang in die party versnel.  Hierdie is die laaste soort mens wat jy aan beheer van ‘n land se sake wil hê wanneer daardie land by ‘n kruispad is. Hy sal hom nooit teen die heersende idees uitspreek nie en skep behae daarin om die leierskap gelukkig te hou. Hierdie tipe  persoon ontvang ‘n kinderlike plesier by die aanhoor van “Jy het jou taak wel gedaan”.  Deur te konformeer, wen hy die guns van sy meerderes in die party.

    Hy beskik oor  ‘n diepgesetelde minagting vir sy volksgenote en handhaaf ‘n utilitêre misbruik van sy ondersteuners. Stel hom in beheer van enige onderhandelling en jy kan verseker wees dat hy die opponent se kant gaan kies bo diegene wat hy veronderstel is om te verteenwoordig.

    As iemand wat sy opgang gemaak het deur gatkruippery, mooipraatjies en beloftes stel hy nie homself  vrywillig bloot aan konflik nie. Langs die onderhandelingstafel is sy strewe altyd, vrede ten alle koste”; hy het nie die diepte van karakter om te staan of te val by dit waarin hy glo nie, want behalwe sy eie ego glo hy in niks. Of hy sy mense by die onderhandelingstafel verloën het en of hy homself deelgemaak het van die oorwinnaar se regime, is vir hom om’t ewe. Agterna sal hy as apologeet vir die oorwinaar optree en  gedurig vingerwysend neersien op sy eie mense  as die grootste gevaar vir die nuwe status quo wat hy histrionies omhels het.

    Hierdie volksverraaiers  kom in alle terreine van ‘n volk se bestaan voor; soms is hulle poltitici, soms joernaliste, soms kerklui, kultuurmanne, ensovoort. Deur ons volk se ganse geskiedenis tref mens hierdie tipes aan. In ons onlangse geskiedenis is daar baie van hulle. Onmiddellik kan ek aan sommer drie sulkes dink.  Roelf Meyer,  daardie verraderlike “onderhandelaar” wat nie kon wag om ons land vir die ANC te gee nie, Marthinus van Schalkwyk, die mees patetiese leier en grootste hanswors wat die NP ooit opgelewer het, asook verskeie Afrikaanse joernaliste wat, voorheen meer blatant en tans meer verskuil, by elke geleentheid as apologeet vir die huidige orde optree. FW De Klerk, daarenteen, is moontlik nie soseer deur sy ego aangespoor nie. De Klerk se motivering was baie meer koudbloedig. Immers het sowel PW Botha as Van Zyl Slabbert al geinsinueer dat De Klerk veraad vir kontant gepleeg het.

    In sy strewe daarna om as die “redelike man” voor te kom, verloor die beroepspolitikus  alle rede. Vir hom is die afgestompte en dowwe klank van politieke clichés die instrumente waarmee hy sy voorspelbare bedrog pleeg.

    Tans probeer hierdie politieke drek weereens ons mense in verraderlike gesprek met die ANC lei. Tydens die doodsnikke van die NP het die bende wat daardie party tydens sy sterwensroggelings gelei het, naamlik Marthinus van Schalkwyk en sy ewe laakbare adjudante François Beukman en André Gaum, onderduimse ooreenkomste met die ANC bekonkel om vir hulself parlementêre en regeringsposte te verseker.  Noudat die ANC aangedui het dat dit opnuut “gesprek met Afrikaner meningsvormers wil aanknoop”, gryp hierdie politieke hoere weer die geleentheid om hul eie belang te bevorder.

    Vir seker het die  ANC ‘n verskuilde agenda wat bedoel is om ons as volk verder te verneder en te ondergrawe.  Hierdie opportunistiese beroepspolitici, naamlik Van Schalkwyk, Beukman, Gaum en Johan Gelderblom,  doen hulself tans voor om die “Afrikanerleiers” te wees wat dan die Afrikaner in sulke gesprekke sal lei. Die blinde vermetelheid van hierdie volksverraaiers om te dink dat die Afrikaner die geringste respek  vir sulke skuim het, is die direkte gevolg van hul ambisie en begeerte om weereens eie belang ten koste van die volksbelang te  bevorder.

    Die ander samesweerders in hierdie jongste komplot sluit in Afrikanerkapitaliste soos dr. Steve Booysen (uitvoerende hoof van Absa), Van Zyl Slabbert, asook linkse Afrikanerakademici soos ANC-sikofante proff. Willie Esterhuyse, Sampie Terblanche en die oud-politikus dr. Esther Lategan.

    Dit is belangrik dat die Afrikaner rekening hou met hierdie bedrieërs se jongste inisiatief. Immers sal hulle eendag vir hul verraad moet teregstaan.

    play casino without depositФільчаков Олександр Васильович