Karel Combrinck: Goldman Sachs, die seekatvampier

Om die Goldman Sachs-leviatan bevredigend te beskryf sou al die biblioteke ter aarde beslaan, want daar is geen aspek van menslike aktiwiteit wat nie deur Goldman Sachs bestryk en bestier word nie. Daarom sal daar seker lesers wees wat hierdie kort artikel as vereenvoudiging sal ervaar. Dis hulle goeie reg en miskien is dit so. Maar artikels van hierdie aard stel hulle in elk geval net ten doel om lesers te stimuleer om die waarheid in sy kompleksiteit self na te vors as hulle wil.

‘n Kommentator het Goldman Sachs iewers beskryf as ‘n seekatvampier wat die ganse mensdom in in sy tentakels omhels en wat sy slagtande meedoënloos inslaan oral waar daar geld uit te suig is.

Bruikbare idiote in die media en elders het die manier om, onderhewig aan gekondisioneerde reflekse, enige bespreking van die kragte en invloede wat inderdaad die wêreldorde beheer, as “samesweringsgteorieë” af te maak. ‘n Samesweringsteorie sou dus wees enige poging om die nuwe wêreldorde rasioneel te probeer verklaar, d.w.s. op ‘n manier wat nie steek hou met denkbeelde wat die belange van die groot internasionale finansiële instellings doelbewus, of uit onkunde vooropstel nie. Dit alles onder die dekmantel van welluidende formules en slagspreke soos “inklusiwiteit”, “gelykheid”, “wêreld sonder grense”, “internasionalisme” en “nie-rassigheid”.

In ‘n vorige stuk Luister na Bernie op Praag van 17 Februarie vanjaar (lees gerus) het ek dit onder meer só gestel:

“Die werklike beheer berus die wêreld oor by groot kapitaal en dus by die handjievol oligarge aan die kop van die monster, met die beheer, uiteindelik, in die hande van die banke. Ons weet almal dat ongeveer 1% van die wêreld se bevolking soveel rykdom besit as die ander 99% altesaam. En soveel rykdom beteken natuurlik net een ding: onbeperkte mag.”

Simon Johnson, voormalige ekonoom van die Internasionale Monetêre Fonds, stel dit in sy boek, 13 bankers (11/01/2011) dat Goldman Sachs en die ander groot banke se aktiwiteite so ineengestrengel geraak het met dié van regerings dat die VSA inderwaarheid ‘n oligargie geword het, waar politici deur groot finansiële ondernemings gekoop en betaal word. Hy sê voorts oor Europa:

“What you have in Europe is a shared world-view among the policy elite and the bankers, a shared set of goals and mutual reinforcement of illusions.”

Amerikaanse presidente, Republikeins en Demokraties, het veral ‘n besondere voorliefde daarvoor om voormalige amptenare van die bank Goldman Sachs in die Federale Reserwebank en ander senior posisies aan te stel van waar hulle die land se ekonomie kan manipuleer en hulle eie belange kan bevorder.

Hierdie voormalige amptenare van Goldman Sachs en ander groot banke was onder meer in 2008 en daarna intiem betrokke by die program van die Amerikaanse regering om hierdie einste banke ten bedrae van miljarde dollar uit die verknorsing te help, met die belastings van gewone Amerikaners natuurlik, ‘n verknorsing wat die banke self doelbewus geskep het om daaruit munt te slaan. Groot gedeeltes van hierdie “reddingspakkette” aan Goldman Sachs is in 2009 as bonusse aan senior amptenare en aandeelhouers van die bank betaal – bonusse as vergoeding daarvoor dat hulle die wêreldekonomie byna op sy knieë gehad het.

Daar is ‘n duidelike kruisbestuiwing tussen regerings en die bank Goldman Sachs ten spyte daarvan dat die bank sedert die ineenstorting van 1929 aan die wortel was van bykans elke ekonomiese krisis wat die Westerse wêreld getref het. Een van die bank se besondere prestasies was om voor die jaar 2000 te help om die toestand van Griekse staatsfinansies so te kamoefleer dat Griekeland tot die EU toegelaat is, iets wat andersins nooit moes gebeur het nie. En nog ‘n onlangse prestasie is die feit dat Goldman Sachs die sentrale rolspeler in die subprimaskandaal was wat tot die finansiële en ekonomiese krisis van 2008 gelei het.

Dit is dus so dat geen samesweringsteorie nodig is om te verklaar hoe die nuwe wêreldorde inmekaarsit nie. Selfs ‘n oorsigtelike blik op die wisselwerking tussen die groot finansies en staatsregerings sal duidelik maak wie en wat die werklike mag agter die troon is… Daar is letterlik honderde voorbeelde in die VSA en Europa, maar kom ons kyk na ‘n paar gevalle, in geen bepaalde volgorde nie:

José-Manuel Barroso, tot onlangs President van die Europese Kommissie, is pas deur Goldman Sachs aangestel om hulle “oor Europese sake te adviseer”. Selfs President Hollande het in sy onlangse nasionaledagtoespraak op 14 Julie die aanstelling van Barroso as “immoreel” bestempel.

In Mei 2006 het pres Bush Henry Paulson, wat van 1966 tot 1992 verbonde was aan Goldman Sachs en uiteindelik besturende direkteur van die bank was, aangestel as minister van finansies. Paulson het gedurende sy ampsgtermyn konsekwent die belange van Goldman Sachs gedien, selfs bo die belange van die Amerikaanse volk.

Robert Rubin, was van 1966 tot 1992 verbonde aan Goldman Sachs en was by sy uittrede hoofbestuurder van die bank. Ná ‘n loopbaan van 26 jaar by Goldman Sachs is hy deur pres Clinton aangestel as minister van finansies. Ook hy het ‘n sentrale rol gespeel in die subprimafiasko van 2008 wat uiteindelik die bank verryk het.

Voordat Robert Zoellick opeenvolgend Amerikaanse onderminister van buitelandse sake, hoofuitvoerendebeampte van die Federale Reserwebank van New York en van 2007 tot 2012 president van die Wêreldbank was, het hy ‘n senior posisie beklee by … Goldman Sachs.

Die Australiese eerste minister, Malcolm Turnbull, was van 1997 tot 2001 direkteur vir Australië van… Goldman Sachs.

Die President van die Europese Sentrale Bank, Mario Draghi, was van 2002 tot 2005 visepresident vir Europa van …. Goldman Sachs.

Die voormalige Italiaanse president, Romano Prodi, was in die negentigerjare senior adviseur van … Goldman Sachs

Mario Monti, wat van 2011 tot 2013 Italiaanse eerste minister was, was voorheen adviseur van … Goldman Sachs.

Verskeie Griekse ministers wat by die geknoeiery betrokke was om Griekse finansies bedrieglik te verdoesel ten einde EU-toelating te verkry, was voorheen werknemers van … Goldman Sachs.

Mark Carney, goewerneur van die Bank van Engeland, die Britse sentrale bank, was tevore vir dertien jaar senior amptenaar van … Goldman Sachs.

William C Dudley, voorsitter en hoofuitvoerendebeampte van die Federale Rewerwebank van New York is ‘n voormalige vennoot en hoofbestuurder van … Goldman Sachs

Peter Sutherland word beskou as die vader van die mondialisme of globalisme (wêreld sonder grense). Hy is onder meer spesiale verteenwoordiger van die sekretaris-generaal van die VN oor internasionale migrasie. Hy is ‘n sterk voorstander van onbeperkte massa-immigrasie na Europa en is ook oortuig dat multikulturisme nie net onvermydelik is nie, maar ook wenslik. Hy is hy ook voormalige lid van die Europese Kommissie en stigter en sekretaris-generaal van die Wêreldhandelsorganisasie (1993 – 1995). Van 2005 tot 2015 was hy voorsitter van … Goldman Sachs Internasionaal.

In 2010 is Antonio Borges deur die president van die Internasionale Monetêre Fonds, Dominique Strauss-Kahn, aangestel as direkteur van die Europese department van die Fonds. Dis nou voor Strauss-Kahn, wat waarskynlik president van Frankryk sou geword het sy naam alie gemaak het deur ‘n swart poetsvrou in ‘n hotelkamer in New York te molesteer. Nietemin, voor sy aanstelling in die IMF het Borges ‘n senior posisie beklee by … Goldman Sachs.

So kan ons aangaan en aangaan. En dit is die storie van net een bank. Daar is nog veel meer banke om maar te begin met Rothschild: nog ‘n seekat waar dieselfde gedragspatrone vaardig is en nog meer politici betrokke is. En natuurlik, wat ons hier genoem het, is persone wat inderdaad senior posisies by Goldman Sachs beklee het. Daar is nog vele ander wat, hoewel hulle nie direk vir GS gewerk het nie, tog na die bank se pype dans.

Nou kan ‘n mens wel vra waar kom die demokrasie in die prentjie, d.w.s regering deur die mense vir die mense, wanneer “verkose” verteenwoordigers konsekwent deur banke en ander groot finansiële instellings gekoop en betaal word? Die gewone mens dink hy stem vir iets of vir iemand terwyl hy weinig meer doen as om ‘n rubberstempel te plaas op ‘n kandidaat wat deur gekonkel agter die skerms aan hom opgedring word. Al wat die gewone kieser inderdaad kan beoordeel, is die kandidaat se haarstyl en die aantal kolletjies op sy das en in Suid-Afrika natuurlik … die kleur van sy vel.

Die Europese Unie is so te sê volledig ‘n maaksel van bankiers vir bankiers en die ekonomiese en finansiële strukture van die EU is ten volle toegespits op die verryking van die banke, danksy natuurlik die teenwoordigheid van bankiers in alle EU-organismes. Een van die reëls van die EU is dat lidlande nie ‘n groter begrotingstekort mag hê as 3 % van hulle BNP nie. Wanneer dit wel gebeur, is Europese lande verplig om die tekort aan te vul met lenings van banke teen buitensporige rentekoerse natuurlik. Voorheen kon die Sentrale Banke van soewereine Europese state hulle tekorte rentevry aanvul, maar dit mag nou nie meer nie want Goldman Sachs en die ander banke wil dit om vanselfsprekende redes nie so hê nie. En wat die banke wil hê, dít doen die burokrate in Brussel.

Tipies van die manier waarop die finansiële kragte agter die skerms in Europa die politieke toneel manipuleer en selfs bepaal wie eerste ministers en staatshoofde moet wees, is die geval Silvio Berlusconi. Mnr Berlusconi was altesaam vir nege jaar eerste minister van Italië. Op 16 November 2011 is hy, na ‘n politieke geknoei, as Eerste Minister afgesit sonder ‘n demokratiese verkiesing en sy opvolger deur die Italiaanse Staatspresident benoem weereens sonder ‘n verkiesing. Sy opvolger was Mnr Mario Monti ‘n voormalige konsultant van … Goldman Sachs.

‘n Voormalige Amerikaanse minister van finansies, mnr Tim Geithner beweer in ‘n onlangse boek Stress Test: Reflections on Financial Crises gepubliseer 5 Mei 2015 dat amptenare van die Europese Unie die Amerikaanse regering genader het met voorstelle van hoe om van Berlusconi, ‘n verkose politikus, ontslae te raak. “They wanted us to refuse to back IMF loans to Italy as long as he refused to go.”

Die weiering van die IMF om ‘n lening te verstrek aan Italië terwyl mnr Berlusconi eerste minister was, het gevolg op ‘n soortgelyke weiering van ‘n lening aan Italië deur die Europese Sentrale Bank. Die presidentskap van die Europese Sentrale Bank was (en let mooi op die datums) vanaf 1 Nov 2011 in die hande van Mario Draghi, voormalige visevoorsitter van … Goldman Sachs.

Wie het ‘n samesweringsteorie nodig?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    “… voorstander van onbeperte massa-immigrasie …”

    ” … finansiële kragte aggter die skerms …”

    • Hans Onrust

      zeg Rifrug alias Riffels, bedoelt u hier dat 2 puntjes de correcte weergave zou wezen 😉 …

      • Johan

        Skerp!

  • Rooikop

    Dankie Carel – net ‘n vraag, hoe pas hierdie rakkers in by ZA se situasie? Hoeveel invloed het hulle bv op ons reserwebank?

    • Guest

      Any position short of hardcore Communism is liable for shutdown soon, also in SA. The Gill Marcus appointees must be in place already.

    • Karel Combrinck

      Ek het gewonder wanneer hierdie vraag gaan kom. Dis ‘n baie moeilike vraag en ‘n gevaarlike een ook waarvoor heelwat navorsing asook ‘n uiters versigtige bewoording nodig sal wees. Want hoe nader ‘n mens kom aan die huis hoe groter word die kanse vir histeriese reaksies, lastergedinge ens. So vir die oomblik kan ek dus nie help nie. Maar miskien later in ‘n afsonderlike artikel. By daardie geleentheid sal Praag vir ons ‘n illustrasie moet bedink van ‘n draak met die kop van FW De K. Hulle kan solank daaraan begin werk!

      • Rooikop

        Dankie – ek verstaan.

  • Johan

    Het die geleentheid gehad om met dr. Stals ‘n gesprek te voer kort nadat hy as Goewerneur van die Reserwe Bank aangestel was.
    Dit was so ’88 of ’89 rond.
    Vir my was dit op daardie stadium duidelik dat die Nasionale Party baie vining op ‘n afdraande weens gebrek aan fondse. ‘n Herhaling van die Chase Manhattan-weiering om korttermyllenings vir drie maande uit te stel het dr. de Kock, genoop om by Switserlandse banke duur lenings aan te gaan en aangetoon dat slegs een aksie voldoende was om die ondergang van die regering te versnel.
    Vra hom toe, “waarom het die internasionale banke nie sanksies teen ons ingestel nie?”
    Sy antwoord was, “banke neem nie aan sanksies deel nie.”
    Met ander woorde, dit wat in die artikel geskryf verklaar dan ook die feit waarom banke nie onderworpe is aan die wette van nasionale regerings of die VN nie EN die geweldige mag wat hulle uitoefen soos uiteengesit.

    • Rooikop

      Maak sin. Die droogte van die laat 80’s vroeë 90s het ook nie gehelp nie. Die “grensoorlog” en tuislande was destyds ook gebruik om baie geld in snaakse mense se sakke te laat beland. Ek ken ‘n paar van diesulkes. Die NP was nie veel minder korrup as die huidige trogvarke nie, ek dink hulle kon dit net beter wegsteek.

  • Hans Onrust

    Nu moet er weer een totaal verrotte Italiaanse bank worden ‘gered’ in de EUSSR.

    Om er nog even een schep bovenop te gooien, waarbij de naam ‘Jacob Schiff’, èèn der Wallstreet VM sponsoren van Trotsky en Lenin, boven komt drijven :

    Kuhn, Loeb & Co. was a bulge bracket investment bank founded in 1867 by Abraham Kuhn[1] and Solomon Loeb. Under the leadership of Jacob H. Schiff, it grew to be one of the most influential investment banks in the late 19th and early 20th centuries, financing America’s expanding railways and growth companies, including Western Union and Westinghouse, and thereby becoming the principal rival of J.P. Morgan & Co.

    In the years following Schiff’s death in 1920, the firm was led by Otto Kahn and Felix Warburg, men who had already solidified their roles as Schiff’s able successors. However, the firm’s fortunes began to fade following World War II, when it failed to keep pace with a rapidly changing investment banking industry, where Kuhn, Loeb’s old-world, genteel ways, did not seem to fit; the days of the gentleman-banker had passed.

    Considered one of the last gentlemen investment banks, the firm lost its independence in 1977 when it merged with Lehman Brothers, creating Lehman Brothers, Kuhn, Loeb Inc. The combined firm was itself acquired in 1984 by American Express, forming Shearson Lehman/American Express and with that, the Kuhn, Loeb name was lost.

  • Guest

    Dear Mr Combrinck,

    This is the message you might receive for exposing these folks.

  • Anton Schutte

    all said and done, how does one kill this hydra?

  • besoeker

    Dankie Karel. Die Hydra monster het natuurlik ‘n meester? Hier is nog so bietjie ekstra inligting om die dier beter te kan herken. Goldman Sachs en die VCS en die Holy See

    http://www.veteranstoday.com/2016/02/29/scalia-the-illuminati-the-jesuits-and-the-vatican/
    http://www.dailykos.com/stories/2014/4/6/1290024/-Opus-Dei-Influence-Rises-to-the-Top-in-the-Vatican

    • henkst

      Vra Herakles om die monster te dood.
      Herakles se tweede taak was om die waterslang, Hydra van Lerna, dood te maak. Hierdie monsterdier het sewe koppe gehad, maar sodra een afgekap word, groei daar weer twee nuwes aan. Om sake te vererger, word hy onverwags deur ʼn reusagtige krap met staalknypers aan die hakskeen beetgepak, totdat Herakles met een swaai van sy knoets die knypers van die Krap afslaan en hom verbrysel. Herakles oorwin die slang met die hulp van sy neef, Joloas. Telkens as daar ʼn kop afgekap word, skroei hulle die wonde met brandende boomstamme toe. Herakles doop daarna sy pyle in die giftige bloed van Hydra, en alle pyle wat voortaan deur hom afgeskiet sou word, sou ongeneeslike wonde veroorsaak.