Obama stof ‘nigger’ af teen rassisme

Deel op

President Barack Obama het die woord “nigger” tydens ‘n onderhoud Maandag gebruik om blankes in Amerika aan te val wat nog nie “genees” is van rassisme nie.

“We’re not cured of it. And it’s not just a matter of it not being polite to say nigger in public. That’s not the measure of whether racism still exists or not.”

Obama het dié woorde in ‘n onderhoud vir die potgooi “WTF met Marc Maron” kwytgeraak. Maron, van Joodse afkoms, is ook gemoeid met die lede van die Daily Show – ‘n program wat nuusvervalsings onder die dekmantel van komedie versprei – nadat hy Jon Stewart vervang het op ‘n ander grapjasprogram.

“Dit is nie die maatstaf van of rassisme nog bestaan of nie. Dit is nie net ‘n kwessie van openlike diskriminasie nie. Samelewings verander nie oornag en vee alles heeltemal uit wat gebeur het 200 tot 300 jaar tevore nie,” het Obama gesê.

Die kommentaar kom te midde van die VSA se hernude pogings om wittes swart te smeer met ‘n breë aanklag teen wittes omdat een nege swartes in ‘n kerk in Charleston gaan skiet het.

Sy woorde weerspieël ook ‘n groeiende bereidwilligheid om blankes toenemend kollektief verantwoordelik te hou vir alle boosheid soos sy presidentskap die einde nader.

Swartes in samewerking met ander groepe in Charleston, Suid-Carolina, het intussen openlik wraak gesweer teen blankes.

Die foto van die Charleston-aanvaller, Dylann Roof, wat ‘n baadjie dra met die ou Suid-Afrikaanse en voormalige Rhodesiese vlae, is glo met rekenaarsagteware gemanipuleer.

Die egtheid van die foto sowel as die skieter se vreemde uitlatings en beweerde obsessies is onder verdenking. Die meeste nugter ontleders glo die gebeure is deel van ‘n valsvlag-operasie om blankes te diskrediteer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.