Die nasionale kragvoorsiener Eskom het die lig gesien wat koperkabeldiefstal betref, en uiteindelik ‘n nuwe veldtog daarteen geloods.
Verbruikers moet jaarliks miljarde ekstra opdok weens dié voortslepende plaag.
Koperkabels wat gesteel word en later as skroot verkoop word, kos die kragvoorsiener jaarliks meer as vier miljard rand. Die verlies moet later van verbruikers verhaal word.
Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe sê beurtkrag sal volgende week afhang hoe die kragopwekkingseenhede werk.
Eskom sukkel om in die krag-aanvraag te voorsien maar geen beurtkrag word in dié stadium nog beplan nie.
Druk op die netwerk is besig om toe te neem weens verhoogde verbruik van die sakesektor na die vakansie.
Eskom het weereens ‘n beroep op verbruikers gedoen om krag te bespaar.