As jy ‘n Bul-ondersteuner is, was die afgelope twee weke sekerlik van die aangenaamste weke van jou lewe. Plaaslik praat ons natuurlik van die Blou Bulle, maar in die res van die wêreld is dit die F1 Rooi Bulle wat die plek aan flarde jaag.Die Red Bull-span van Sebastian Vettel en Mark Webber het dié jaar sover eenvoudig oorheers. Nie net hulle hulle al talle male eerste en tweede op die wegspringblokke beland nie, maar aan die ander kant van die baan op die podium ook.
Sondag se Monaco Grand Prix was soos elke tweede jaar ‘n groot skouspel, dit is nou van die baan af. Op die befaamde straatbaan het die vonke behoorlik gespat. Die wedren is male sonder tal tot stilstand gebring vir een of ander ongeluk.
Die motors lyk my is heeltemal te kragtig en vinnig vir die kort, smal straatbaan in die suide van Frankryk. Schumacher is gepenaliseer omdat hy onwettig by Alonso verbygesteek het terwyl die veiligheidsmotor nog op die baan was. Dit was natuurlik nadat Alonso van heel agter af moes wegspring ná hy in Saterdag se laaste vry oefenrondte ‘n ongeluk gemaak het.
Volgens Schumacher was hy reg en Mercedes het ‘n appèl teen die penalisering van Schummie aanhangig gemaak. As mens daaraan dink dat albei die Red Bulls, sowel as Robert Kubica wat derde geëindig het, Renault-enjins in hulle motors het was dit werklik Renault se seisoen tot dusver. Alonso se spanmaat Massa in die ander Ferrari het vierde geëindig en Alonso self 7de nadat hy die baan aan die brand gery het in die eerste helfte van die wedren. Hamilton in sy Mclaren was 5de en sy Britse spanmaat en huidigw wêreldkampioen Button, moes handdoek ingooi nadat sy Mclaren oorverhit het tydens een van die veigheidsmotors se tydjie op die baan.
Die finale uitslag van die 2010 Monaco Grand Prix lyk soos volg en die punteleer vir die spanne sowel as die bestuurders lyk so:
|
Posisie |
Bestuurder |
Span |
Rondtes |
Tyd/Uit |
Wegspring |
Punte |
|
1 |
Mark Webber |
RBR-Renault |
78 |
Winner |
1 |
25 |
|
2 |
Sebastian Vettel |
RBR-Renault |
78 |
+0.4 sek |
3 |
18 |
|
3 |
Robert Kubica |
Renault |
78 |
+1.6 sek |
2 |
15 |
|
4 |
Felipe Massa |
Ferrari |
78 |
+2.6 sek |
4 |
12 |
|
5 |
Lewis Hamilton |
McLaren-Mercedes |
78 |
+4.3 sek |
5 |
10 |
|
6 |
Michael Schumacher |
Mercedes GP |
78 |
+5.7 sek |
7 |
8 |
|
7 |
Fernando Alonso |
Ferrari |
78 |
+6.3 sek |
24 |
6 |
|
8 |
Nico Rosberg |
Mercedes GP |
78 |
+6.6 sek |
6 |
4 |
|
9 |
Adrian Sutil |
Force India-Mercedes |
78 |
+6.9 sek |
12 |
2 |
|
10 |
Vitantonio Liuzzi |
Force India-Mercedes |
78 |
+7.3 sek |
10 |
1 |
|
11 |
Sebastien Buemi |
STR-Ferrari |
78 |
+8.1 sek |
13 |
|
|
12 |
Jaime Alguersuari |
STR-Ferrari |
78 |
+9.1 sek |
17 |
|
|
13 |
Vitaly Petrov |
Renault |
73 |
+5 Rondtes |
14 |
|
|
|
Karun Chandhok |
HRT-Cosworth |
70 |
Ongeluk |
23 |
|
|
|
Jarno Trulli |
Lotus-Cosworth |
70 |
Ongeluk |
19 |
|
|
|
Heikki Kovalainen |
Lotus-Cosworth |
58 |
Stuur |
18 |
|
|
14 |
Bruno Senna |
HRT-Cosworth |
58 |
+20 Rondtes |
22 |
|
|
|
Rubens Barrichello |
Williams-Cosworth |
30 |
Ongeluk |
9 |
|
|
|
Kamui Kobayashi |
BMW Sauber-Ferrari |
26 |
Ratkas |
16 |
|
|
|
Lucas di Grassi |
Virgin-Cosworth |
25 |
Wiel probleem |
21 |
|
|
|
Timo Glock |
Virgin-Cosworth |
22 |
Agter Veering |
20 |
|
|
|
Pedro de la Rosa |
BMW Sauber-Ferrari |
21 |
Hidrolies |
15 |
|
|
|
Jenson Button |
McLaren-Mercedes |
2 |
Enjin |
8 |
|
|
|
Nico Hulkenberg |
Williams-Cosworth |
0 |
Ongeluk |
11 |
|
|
Pos |
Span |
Punte |
|
1 |
156 |
|
|
2 |
136 |
|
|
3 |
129 |
|
|
4 |
78 |
|
|
5 |
65 |
|
|
6 |
30 |
|
|
7 |
8 |
|
|
8 |
4 |
|
|
9 |
0 |
|
|
10 |
0 |
|
|
11 |
0 |
|
|
12 |
0 |
|
Pos |
Bestuurder |
Afkoms |
Span |
Punte |
|
1 |
Australie |
78 |
||
|
2 |
Duits |
78 |
||
|
3 |
Spaans |
75 |
||
|
4 |
Brits |
70 |
||
|
5 |
Braziliaan |
61 |
||
|
6 |
Pools |
59 |
||
|
7 |
Brits |
59 |
||
|
8 |
Duits |
56 |
||
|
9 |
Duits |
22 |
||
|
10 |
Duits |
20 |
||
|
11 |
Italiaans |
10 |
||
|
12 |
Braziliaan |
7 |
||
|
13 |
Russies |
6 |
||
|
14 |
Spaans |
3 |
||
|
15 |
Switsers |
1 |
||
|
16 |
Duits |
1 |
||
|
17 |
Spaans |
0 |
||
|
18 |
Japanees |
0 |
||
|
19 |
Fin |
0 |
||
|
20 |
Indiaan |
0 |
||
|
21 |
Braziliaan |
0 |
||
|
22 |
Italiaans |
0 |
||
|
23 |
Braziliaan |
0 |
||
|
24 |
Duits |
0 |


Die span van Red Bull Racing het die afgelope naweek voort gestorm ná nog ’n oorwinning op die F1-kalender. Ná vry oefening Saterdag het die twee Red Bulls van Sebastian Vettel en Mark Webber vir die soveelste keer in die 1st en 2 de plek weggespring.