praag.co.za

Tag: lanbou

  • Boere se kans kans om vermoor te word, 4 keer hoër

    Alhoewel die jongste syfers oor plaasmoorde en aanvalle vir die eerste ses maande van 2015 ‘n afname getoon het, is ‘n boer se kans om vermoor te word steeds vier keer hoër as enige ander Suid-Afrikaner s’n.

    TLU SA het Donderdag tesame met Afriforum hul syfers vir die eerste ses maande van vanjaar in Centurion vrygestel.

    Limpopo en KwaZulu-Natal, het met vyf moorde, die meeste geweld vanjaar getrotseer. Daar was vier moorde in die Vrystaat, vier in Gauteng, drie in die Oos-Kaap, twee in Mpumalanga, twee in Noordwes en een elk in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap.

    Volgens die verslag was daar in 2014 67 plaasmoorde en 277 plaasaanvalle. In die eerste ses maande van vanjaar was daar 27 plaasmoorde en 116 plaasaanvalle.

    Halfjaarstatistieke van vorige jare is egter nie bekend nie omdat dit die eerste keer is wat dié statistieke bekend gemaak word.

    Die statistieke dui dus op die oog af op ’n effense afname vergeleke met 2014.

    Genl. Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, het gesê aanvalle op hoewes sonder huidige landbouwaarde, word ook by plaasaanvalle ingereken.

    Hy het ook gesê dat boere, boere se gesinne, werkers en hul gesinne en besoekers aan die plaas almal as slagoffers gereken word.

    Van Zyl het aan Netwerk24 gesê geweld tydens die aanvalle en moorde het vererger.

    “Die graad van geweld in 2015 is uitermatig hoog, veral as dit met die verlede vergelyk word. Almal wat op die tonele kom, sê vir my die geweld is baie erger as voorheen.”

    Henk van de Graaf, adjunkhoofbestuurder van TLU SA, het gesê die kommandostelsel, wat in 2003 afgeskaf is, moet vervang word.

    Kobus Visser, woordvoerder van Agri SA se landelike beveiliging sê hulle hou nie statistiek by oor plaasmoorde of aanvalle nie.

  • Mulder praat oor koringprys, Afrikaans en landbouhervorming

    Enkele uittreksels uit dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en VF Plus-leier, se toespraak by die Malmesbury-Landbouvereniging, Dinsdagaand, 16 Maart 2010.

    Koringtarief

    “Regerings in ontwikkelde lande soos Amerika en in Europa betaal groot subsidies aan hulle koringboere. Dit maak vrye handel, soos die Wêreld Handelsorganisasie dit voorstaan, onmoontlik. Daarom ondersteun ek ‘n verhoging van die koringtarief ten einde Suid-Afrikaanse boere teen onbillike mededinging uit die buiteland te beskerm. Volgens my inligting is alle voorleggings aan ITAC by die Departement van Handel en Nywerheid voltooi en wag ons vir die betrokke minister om ‘n besluit oor die saak te neem. Dit is belangrik dat so ‘n besluit so gou as moontlik geneem word ten einde dit vir koringboere moontlik te maak om te besluit of hulle wil voortgaan om koring vir die nuwe seisoen te plant of nie.”

    Stellenbosch en Afrikaans

    Voedselsekerheid is tans ‘n prioriteit by internasionale organisasies soos die G20 asook by die regering in Suid-Afrika. Die uitdaging is om tot 50% meer voedsel op dieselfde grond te produseer teen 2030.

    Dit kan slegs gedoen word met meer navorsing en meer opleiding. As Suid-Afrika akademies op landbou-terrein agter raak, sal ons dit baie moeilik weer kan inhaal.

    In hierdie verband is landboudepartemente aan Suid-Afrikaanse Universiteite belangrik. Omdat die meerderheid van Suid-Afrikaanse kommersiële landbouers en die grootste hoeveelheid plaaswerkers in die Wes-Kaap Afrikaanssprekend is, is dit belangrik dat ‘n Universiteit soos Stellenbosch steeds in Afrikaans moet doseer. Hierdie is nie ‘n politieke argument nie, maar ‘n bemagtigings- en opvoedkundige argument.

    Suid-Afrika het tans 23 Universiteite met 36 kampusse. Dit is ‘n noodsaaklikheid vir die groot Afrikaanssprekende gemeenskap in Suid-Afrika dat ten minste twee of drie van hierdie kampusse steeds in Afrikaans sal doseer. Met die Wes-Kaapse bevolking 60% Afrikaanssprekend, behoort daar geen argument te wees waarom Stellenbosch Universiteit onder druk moet kom, omdat die Universiteit steeds in Afrikaans wil doseer nie.

    Landbougrond

    Volgens media-verslae is een van die opsies wat die ANC vir die groenskrif op grondhervorming oorweeg, ’n voorstel dat alle landbougrond voortaan aan die staat behoort en bestaande eienaars se eiendomsreg in ’n erfpagstelsel omskep word.

    Daar kan geen twyfel wees dat as alle produktiewe grond in Suid-Afrika op hierdie wyse in ’n nasionale bate omskep word, dit die nasionalisering van grond beteken nie.

    As so ’n voorstel regeringsbeleid sou word, sal dit teen die grondwet wees, sal dit alle beleggers in Suid-Afrika permanent afskrik en sal dit groot onsekerheid op die platteland veroorsaak wat weer voedselsekerheid sal vernietig.

    Wat sê die regering?

    Die ontwikkeling van die platteland is tans een van die prioriteite van die ANC.

    Onsekerheid is die belangrikste rede waarom kommersiële boere in die platteland nie tans hulle boerderye uitbrei of meer werksgeleenthede skep nie.  As ’n sogenaamde gronderfpagstelsel regeringsbeleid word, sal dit totale onsekerheid oor grond op die platteland skep. Enige regeringsamptenaar wat dink dat die ontwikkeling van die platteland moontlik is sonder die samewerking van die kommersiële boere, ontken die werklikhede van Suid-Afrika.

    In belang van Suid-Afrika en van landbou sal hierdie voorstel met alle moontlike middele en deur alle belanghebbendes beveg moet word.

    блузка школьный для девочкиФильчаков прокуратура харьков

  • Feite, asseblief!

    TLU SA kan nie anders nie as om die Minister van Behuising, Tokyo Sexwale se stelling dat met die invoer van die huurarbeiderswet, boere “miljoene” arbeiders weggejaag het wat nou in plakkerskampe sit, te verwerp nie.

    “Mnr. Sexwale maak hom skuldig aan dieselfde soort uitsprake soos wat ander ministers voorheen gemaak het, en wat net ‘n algemene stelling is sonder enige bewyse,” sê TLU SA se president, mnr. Ben Marais.  “Die regering moet ophou om sake te dryf waarvan die bewyse ontbreek en wat kan lei tot roekelose optrede.”

    “Dit sal mnr. Sexwale meer loon om eers sy feite reg te kry, voordat hy emosionele uitsprake maak wat reeds bedreigde boere, verder bedreig.  Die feite is dat werkers wat hulle werk op plase verloor het, slegs ‘n byna weglaatbare deel uitmaak van inwoners van plakkerskampe, en dan bowendien in die meeste gevalle hulle werk verloor het as gevolg van beleid wat die ANC-regering self geïmplementeer het.

    Die oorgrote meerderheid van die jongste intrekkers van plakkerskampe, is afkomstig uit Afrika noord van die Limpopo, omdat mnr. Sexwale se regeringskollegas nie grensbeheer wil toepas nie.  As hy nie sy beloftes van huise vir almal kan nakom nie, moet hy heel eerste gaan kyk na sy eie regering se aandeel daarin, in plaas daarvan om die boere as maklike teiken te blameer vir iets waaraan hulle geen aandeel het nie,” sê mnr. Marais.

    купить белье для девочкиФильчаков Александр Васильевич