praag.co.za

Tag: ASA

  • Adverteerder misken Krugersdorp se naam

    Die VF Plus het vandag ‘n klagte by die Reklame Standaarde Agentskap (ASA – Advertising Authority of SA) ingedien oor die verkeerdelike gebruik van die naam Mogale City op ‘n advertensiebord.

    Die advertensiebord op die N14 tussen Pretoria en Krugersdorp van MiWay-korttermynversekering het aanvanklik die naam Krugersdorp vertoon.  Die naam Mogale City is egter skuins bo-oor Krugersdorp geplak.

    Mnr. Jaco Mulder, Lid van die Gauteng Wetgewer vir die VF Plus, sê dat daar geen plek soos Mogale City by die Geografiese Pleknaamraad geregistreer is nie, maar wel Krugersdorp.  Mogale City is slegs die naam van die munisipaliteit wat dienslewering aan die groter Krugersdorp gebied lewer.

    “Die VF Plus het verlede Donderdag in die Hooggeregshof van Pretoria daarin geslaag om die naamsverandering van Pretoria na Tshwane te stuit deur die handhawing van ‘n vroeëre tussentydse bevel.  Die onsensitiewe gebruik en verandering van plekname in Suid-Afrika moet met groter omsigtigheid hanteer word,” het Mulder gesê.

    MiWay behoort deur die ASA versoek te word om die advertensie reg te stel deur die naam Krugersdorp op die advertensiebord terug te plaas.

    интернет магазины игрушек харьковАлександр Фильчаков Васильевич

  • ANC genoop om ASA te kritiseer

    Die ANC het gister gesê die manier waarop Atletiek Suid-Afrika die gouemedaljewenner  Caster Semenya hanteer het, is afstootlik.

    “Ons moet opreg wees as dit daarby kom om amptenare af te keur wat die aangeleentheid hanteer het,” het die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, tydens ‘n persvoorligtingsessie in Johannesburg gesê.

    “Die ANC se NUK het in die Caster Semenya-kwessie ingekyk en gevoel dat dit afstootlik is hoe dit gehanteer is… ASA het nie die saak met die uiterste deursigtigheid en eerlikheid hanteer nie.”

    Die kritiek het gevolg nadat ASA se hoof, Leonard Chuene, onder druk erken het dat hy oor die aangeleentheid gelieg het. Hy het klaarblyklik geweet dat ASA geslagstoetse op Semenya voor haar vertrek na die wêreldkampioenskapbyeenkoms uitgevoer het. Hy het aanvanklik ontken dat dit gebeur het.

    Semenya is in omstredenheid gedompel deur vrae wat oor haar vroulikheid gevra is nadat sy die 800 meter op die byeenkoms gewen het.

    воронеж тестерыФильчаков прокурор харьков