praag.co.za

Category: Christo Landman

Christo Landman se rubrieke.

  • Selfbeskikking binne die konteks van die Menseregteakte van die Grondwet 1996

    In die daarstelling van selfbeskikking is daar twee kontekste wat verreken moet word: binne die grondwet of buite die grondwet.

    Die bewandeling van die weg na selfbeskikking buite die raamwerk van die grondwet lei na donker situasies wat vooraf nie voorsien kon word nie.

    Alhoewel die grondwet vol gebreke wat strydig is met die stereotipe dat die grondwet (1996) so fantasties sou wees, bied desondanks die gebreke daarvan tog skuiwergate wat gevolg kan word.

    Om dinge te bemoeilik word die grondwet dikwels uit verband geruk.

    Uitleg van die Grondwet:

    Elke bepaling van die menseregte-akte moet in verhouding tot alle ander bepalinge van die grondwet uitgelê word.
    ‘n Bepaling kan dus nie in isolasie of in abstraksie gelees word nie. Artikel 235 van die grondwet oor selfbeskikking moet dus teen die normatiewe/voorskriftelike agtergrond van die Menseregte-akte van die grondwet beoordeel word.

    Onverdeelbaarheid van SA:

    Reeds die Aanhef van die grondwet is deel van die grondwet en kan beskou word as ‘n grondliggende bepaling.

    Volgens die Grondliggende Bepalings, wat slegs met ‘n 75% stem in die Parlement gewysig kan word (a.1), is SA “een … demokratiese staat”. SA behoort in die Aanhef aan almal wat daarin woon.

    Gemeenskaplike burgerskap word in 3(1) beklemtoon.
    Niemand mag sy burgerskap i.t.v a.20 ontneem word nie.
    Die Grondwet in a.21 waarborg vryheid van beweging en verblyf.

    In 235 word die reg op selfbeskikking onderhewig gemaak aan die reg op selfbeskikking van die SA-bevolking in die geheel daarvan.

    Oppergesag van die Grondwet:

    Die Grondwet verteenwoordig die hoogste reg (a.2).

    Die Handves van Regte verskans die regte van alle burgers [a.7(1)], is van toepassing op die totale reg en is bindend op die staat en sy organe, op natuurlike persone en ook op regspersone [a.8(1)(2)].

    Dit beteken dat die res van die grondwet en elke wat van ‘n wetgewende liggaam binne die konteks van die Menseregte-akte gesien en beoordeel moet word.

    Volkeregtelike gewoontereg word in a.232 ondergeskik gemaak aan die Grondwet.

    Etlike bepalinge van die Grondwet word in ‘n bepaling beperk, soos in a.9(2) in sake die bevoorregting van agtergeblewe gemeenskappe.

    ‘n Bepaling van die Handves kan in a.36 deur ‘n regsreel of wetsvoorskrif beperk word.
    Dit beteken dat letterlik enige party – vanaf die HNP en VF tot die ANC en SAKP – ingevolge dieselfde grondwet kan regeer.

    Die Grondwet maak in 234 wel vir bykomstige aktes voorsiening, wat deur die burgerlike samelewing opgestel en deur die Parlement aanvaar moet word.

    Gelykheidsklousule:

    A.9 is ‘n verbod op diskriminasie maar bevoordeel agtergeblewe gemeenskappe in a.9(2) welke bepaling deur die ANC geïnterpreteer word as bedoelende swartes.
    Dit is ‘n ander vorm van werkreservering, met die verskil dat net die pigment se kleur verander het.
    A.9 balanseer nie individuele regte met gemeenskapsregte uit nie.

    Privatisering van regte:

    Vryheid van godsdiens in a.15 word geprivatiseer in bv. godsdiensinstellinge [a.31(1)(b)] en in a.29(3) in onafhanklike onderwysinstellinge, sonder ‘n juridiese plig op die staat op subsidie.

    In die mate waarin godsdiens by staats- en staatsondersteunde instellinge [a.15(2)] beoefen mag word, lê die staat die voorwaardes vir deelname neer.

    Die reg op taal en kultuur in a.30 en 31(1)(b) en op die vorming asook instandhouding van georganiseerde taal-, godsdiens- en kultuurinstellinge is ‘n private aangeleentheid.

    Selfbeskikking buite Hoofstuk 2:

    Bepalinge buite hoofstuk 2 – soos in 235 oor selfbeskikking – moet binne die grondwetlike bepalings en menseregte-akte verstaan word en is met die owerheid onderhandelbaar maar is nie afdwingbaar nie.

    Die reg op selfbeskikking van ‘n taal-, godsdiens- en kultuurgemeenskap is onderhewig aan die reg van die SA-bevolking op selfbeskikking en afhanklik van nasionale wetgewing (a.235).

    A.185 maak voorsiennig vir ‘n Statutêre (sg. onafhanklike) Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van

    Gemeenskapsregte.

    Hierdie gemeenskapsregte kan in Rade beliggaam word [a.185(1)(c)].

    Instellinge van die burgerlike samelewing word in a.185 aangemoedig om taal-, godsdiens- en kultuur- en ander rade in privaatregtelike rade volgens Wet 19 van 2002 te formaliseer.

    Artikel 185, as dit reg bedryf word – wat terloops nie die geval is nie – gee beslag aan privaatregtelike gemeenskapsregte.

    Gevolgtrekking:

    Die begrip gemeenskap in artikel 185 en Wet 19 van 2002 wat in rade manifesteer stipuleer wel kultuur, taal en godsdiens maar maak ook voorsiening vir ander rade welke ander rade nie gedefinieer word nie.

    Die ander Rade waarvoor voorsiening gemaak word bied ‘n skuiwergat wat op defilering wag.

    ‘n Gemeenskapsraad – anders as ‘n taal-, kultuur- en godsdiensraad – kan hom dus in terme van die grondwet self definieer, solank die definisie in direkte verband tot gemeenskapsregte (soos die reg op veiligheid, skoon lug, skoon water, ens.) staan.

    Hieruit volg dat ‘n de facto georganiseerde en geformaliseerde gemeenskap in Rade ‘n beter kans staan op de jure erkenning as en wanneer die selfbeskikkingsideaal reeds verwesenlik is.

    ‘n Raad wat nie erkenning by die 185 Kommissie het nie is kragteloos.

    Omdat die 185 Kommissie onder ANC (swart) beheer is en die personeel volgens werkreservering aangestel is en die kommissarisse gemarginaliseer is, is dit vir ons doeleindes verlore.

    Gevolglik sal die 185 Kommissie vir selfbeskikking van die ANC opgeeis moet word.

    Die Grondwet is klaarblyklik vir verskillende interpretasies vatbaar.

    Die interpretasie van die grondwet deur die ANC maak die politieke skikking nul en void, mbt:
    · Die ontmanning van die Volkstaatsraad
    · Die eensydige anneksasie van die 185 Kommissie
    · Die nie-gedefinieerdheid van gemeenskapsregte
    · Die vergete akkoord van 23 April 1994 met die VF
    · Die doodswye van 235

    My advies aan organe van die burgerlike samelewing is dus:
    · Skop die grondwetlike deure oop
    · Verklaar ‘n dispuut met die ANC
    · Verklaar die politieke skikking nul en void
    · Definieer gemeenskapsregte en formuleer ‘n akte vir gemeenskapsregte en voer dit in terme van a.234 in by die Parlement

    Ek vrees nie die chaosmagte van die ANC nie, maar ek verval in depressie oor die pasifisme en politieke onbeholpenheid van die Afrikaner. Omdat 235 oor selfbeskikking in die parlement onderhandel moet word, is dit gewoon dom om die rug op die binne-parlementêre prosesse te keer.

    Centurion
    3 September 2011

    topcargo

  • Waarom die Belharbelydenis onaanvaarbaar is!

    Die Belharbelydenis (BB) is in 1982 deur ‘n aantal kerklikes verbonde aan die (destydse) NG Sendingkerk opgestel. By die totstandkoming van die Verenigde Gereformeerde Kerk van Suidelike Afrika (VGKSA) is die BB as belydenisskrif aanvaar. Nou blyk dit dat twee Kaapse NGK Sinodes reeds die BB aanvaar het en dat daar verdere druk op die NGK in sy geheel is om BB as belydenisskrif te aanvaar.

    Merkwaardig genoeg is die Godsidee in die BB ‘n gedifferensieerde van Vader, Seun en Heilige Gees. Die drie-eenheid is ‘n dogmatiese konstruksie wat die grense van filosofiese besinning oorskry. God kan nooit die voorwerp van besinning word nie, omdat hy Der Ganz Andere is.

    Omdat die BB met die mens handel, is ‘n wysgerige antropologie ‘n noodwendigheid. Die antropologie in die BB is ‘n dualisme tussen siel en liggaam. Die heerskappy word aan siel toegeken. Hiervolgens is m = s + l. Die gelykmakende sielsbeskouing is gebaseer op die Platonisme en is vreemd aan die Christendom. In Christelike denke is m + sl en is die volle mens in sy gene vervat. Na die gene van die mens is die mens uniek en ongelyk aan ander en lê die gene potensiaal vas en lê dit ook grense op. Omdat die mens in gemeenskapsverband lewe is daar ook genetiese verskille tussen gemeenskappe.

    Daar is in die BB ‘n spanning/dualisme tussen eenheid en verskeidenheid wat nie bevredigend opgelos word nie. Die verskeidenheid los op in die eenheid. So word die eenheid ‘n monisme.

    Vir die BB konstitueer verskeidenheid ongelykheid, met die implisiete implikasie dat enige politieke sisteem wat nie ‘n liberaal-humanistiese demokrasie as ideaal het nie, verdag gemaak word.

    Eenheid is vir die BB die voorwaarde vir die sigbare demonstrasie van geloof. Eenheid konstitueer gelykheid. Die voorwaarde vir versoening is eenheid.

    Die BB skryf van “die kerk” so asof dit nie gedifferensieerd bestaan nie. Hierdie konstruksie is vreemd aan ons ervaring. Hoe verklaar die BB bv die differensiasie tussen:

    Die Grieks-Ortodokse en Russies Ortodokse kerke
    Die Rooms-Katolieke Kerk
    Die Anglikaanse Kerk
    Die onoorsienbare verskeidenheid van Lutherse en Calvinistiese Kerke.

    Is bg. kerke ‘n aanduiding van sondige kerklike verskeurdheid en wie is nou reg en wie waarom verkeerd?

    In wese is kerke histories gevormde instellinge met ‘n datum van ontstaan en ook van vergaan. Daar is ‘n noue verband tussen kerkwees en die behoeftes van ‘n kerkgemeenskap wat afgestem is op taal, kultuur en godsdiens-behoeftes.

    Die grondfout van die BB is dat kerk gelykgestel word aan koninkryk/basileia. Wanneer ons bid “Laat U koninkryk kom” dan bedoel Jesus allermins dat die lewe verkerklik moet word. Dit beteken wel dat elke aspek van die omvattende lewe van die mens volgens goddelike beginsels geformeer sal word. Die koninkryksidee korrespondeer breedweg met die vraag “hoe die menslike samelewing volgens godgegewe norme geformeer moet word”. Ook hier speel differensiasie ‘n belangrike rol in beskaafde gemeenskappe. Beskaafde gemeenskappe ontwikkel binne samelewings (wat ook afhang van die religieuse rigting en kulturele inslag daarvan) ‘n verskeidenheid van sosiale instellinge (opvoedkundig, polities, taalkundig, godsdiens, ens.). Elke instelling het ‘n eie unieke en nie na ‘n volgende onherleibare karakter. So is die staat ‘n regsverband en die kerk ‘n religieuse geloofsverband.

    ‘n Gereformeerde antwoord op die BB is soos volg, onder meer:

    ‘n kerk is ‘n aanbiddingstruktuur wat binne ruimte (lokaliteit) en tyd (jaar van ontstaan) na die aanbiddingsbehoeftes van gemeenskappe binne ‘n breër Christelike gemeenskap bestaan.
    ‘n Kerk het ‘n beperkte rol in ‘n Christelike samelewing wat afgestem is op: aanbidding, woordverkondiging, sakramentebediening en tug.
    Die BB is ‘n reaksionêre dokument wat betrekking het op ‘n politieke bedeling van etniese differensiasie en selfbeskikking wat verby is en wat deur ‘n nuwe klassesisteem vervang is.
    Daar is ‘n sigbare afwesigheid van kritiek op die grondslae van die huidige ANC-party-diktatuur/staatskollektivisme met sy tipiese rassistiese neo-werkreserverings-beleid (affirmative action).

    Ten slotte moet die vraag gevra word wat ‘n kerklike belydenis is? Is dit primêr ‘n belydenis in sake God, hoe God ten beste aanbid of gedien moet word?

    Met ander woorde: het dit ‘n transdedente karakter. Indien wel misluk die BB hierin. Is dit alternatiewelik ‘n belydenis wat horisontale verhoudings aanspreek en indien wel, hoe onderskei ‘n mens dit van politiek as die wetenskap oor hoe samelewings ten beste regeer moet word? Indien wel is die BB wesenlik polities geïnspireerd.

    ‘n Meer omvattende dokument oor die Belharbelydenis kan aangevra word van clandman@netactive.co.za (082 854 75 16).

    casino slotsданильченко юрій броніславович компромат

  • ANC, DA gaan middelklas uitroei

    Alles dui daarop dat die twee dominante politieke partye – die ANC en DA – wat om dieselfde liberaal-demokratiese pot lensiesop meeding, SA in ‘n dodelike sosiaal-maatskaplike krisis laat beland het.

    Die sleutelwoorde is uitkomsgebaseerde plaaslike regering. Uitkomsgebaseerde plaaslike regering beteken vir Wit Eurokaners en vir Swart Afrikane totaal verskillende dinge:

    • Wit Eurokane verstaan daaronder: goeie nie-korrupte regering, lae elektrisiteitsrekeninge en belasting, rybare paaie,  ens. Kortom: plaaslike owerheidsdienste.
    • Swart Afrikane verstaan in die taal van die “freedom charter” daaronder: gratis behuising, gratis onderwys, gratis water, gratis elektrisiteit, werk, ens. Dus die ideale van ‘n sosialistiese heilstaat.

    Die een wat die meeste finansiële voordele belowe en gee, sal op die lang termyn die meeste stemme kry.

    Die DA ry die diensteperd bloots. Om al die sosiaal-maatskaplike probleme onder Swart Afrikane te kan aanspreek, sal die DA die ANC moet kan uitpresteer deur miljarde rand in Swart Afrikane se woonbuurtes te investeer. Waar gaan hierdie geld vandaan kom?

    Eenvoudig: die salaristrekkende werkende middelklas sal meer en meer deur beide die ANC en DA belas en so verarm word ten einde polities te kan oorleef.

    Die implikasie van ‘n uitsuigpolitiek van die belasbare salaristrekkende bevolking is verarming. Dit beteken dat die etniese politiek van dr. H. F. Verwoerd nou verruil word vir ‘n klassesisteem. Aan die een kant ‘n groeiende hoeveelheid Swart en Wit meer en meer verarmde bevolking, teenoor ‘n klein materialistiese en kapitalistiese Wit en Swart minderheid. Daarmee is die grondslae geskep van die uiteindelike rewolusie van die arm proletariaat teenoor die eksklusiewe ryk bourgeoisie.

    Polokwane voorspel die uitkoms: die ANC-hordes wat met taxi’s daar aangekom het, het die oorhand verkry oor die ANC-elite wat met hulle Duitse limousines daar aangekom het.

    Is daar ‘n derde keuse? Ja, daar is! Al die partye wat bg. scenario verwerp, sal as saak van absolute dringendheid byeen moet kom om hande te vat in die realisering van ‘n  sterk gedesentraliseerde federale regstaat.  Alliansiepolitiek kan die ANC-DA troonbestyging ongedaan maak.

    роботы праймлобановский класс харьков

  • Twee mossies vir ‘n stuiwer

    By die eerste kennismaking van minister Pik Botha met Wynand du Toit, na sy vrylating, het die Minister aan Du Toit ‘n pennie/stuiwer gegee. Dit is na analogie van die Bybelse beeld van twee mossies vir ‘n stuiwer. Du Toit is toe vrygelaat – ja uitgeruil – vir die Nederlander, Klaas de Jonge. My vermoede is dat die twee Mossies Du Toit en De Jonge is.

    Du Toit was tot sy vrylating 835 dae in eensame aanhouding in Angola in gevangenis en De Jonge vasgekeer in die Nederlandse Ambassade, toe in die middestad van Pretoria.

    Du Toit was ‘n recce in Angola en De Jonge tot sy gevangneming deur die Suid-Afrikaanse veiligheidsdienste ‘n ANC-koerier.

    Daar is egter ‘n storie agter die storie van beide se vrylating. Dit was ‘n Vrydag in die Suid-Afrikaanse Ambassade in Den Haag/Nederland. Op my dagboek, so kwartvoor-twaalf het die naam van mev. Zoutendijk geskryf gestaan. Sy was ‘n gesiene en belangrike dame in die Liberale Party van Nederland. Haar man was die leier in die Eerste Kamer.

    Ek het haar ontvang en sit gemaak. Koffie is aangebied. Sy het ‘n versoek aan my, het sy gesê. Haar beste vriendin het ‘n dogter met die naam Helena Pastoors. Pastoors, het sy gesels, het beide ‘n Belgiese en Nederlandse paspoort. Sy reis van tyd tot tyd na Suid-Afrika. Sy, wat mev. Zoutendijk aanbetref, vermoed vuilspel. Pastoors is in by die Nederlandse anti-apartheidskliek. Haar versoek is dat ek ‘n visum aan haar weier. Sy wil enige konflik met die Suid-Afrikaanse veiligheidsdienste uitsluit.

    Ek het notas geneem. Selfs die paspoortnommers afgeskryf. In ‘n gees van “ek sal kyk wat ek kan doen” het ek haar by haar motor afgesien. Ek het terug gestap kantoor toe. Op my lessenaar het die papier met die gegewens gelê. Ek was honger en wou iewers in die stad gaan eet. Ek het die papier netjies gevat, opgefrommel en in die asblik gegooi.

    Zoutendijk se storie het soos wolhaarstorie geklink. Ek het geëet en van die storie vergeet.

    Terug in my kantoor het ek na die papier-afvalbak, wat gereeld gesnipper word, gekyk … om een of ander rede die vervrommelde papier uitgehaal en netjies oopgestryk.

    Ek het ‘n nota aan my hoofkantoor oor die gesprek geskryf en ‘n profiel oor Helena Pastoors aangevra. Insgelyks het ek aan die Suid-Afrikaanse konsulêre afdelings in Brussels, met ‘n afskrif aan ons eie gestuur, met die versoek: “As Helena Pastoors aansoek doen om ‘n visum, lig my dadelik met reistye in en reik die visum onverpoos uit.”

    ‘n Tyd en nog ‘n tyd het verby gegaan. Toe skielik kry ek ‘n foonoproep van die konsulêre afdeling. Helena Pastoors is daar. My reaksie was: reik die visum uit.

    Met die reisbesonderhede in my besit het ek my hoofkantoor dringend versoek om die veiligheidsdienste in te lig. Pastoors het vertrek. Op Jan Smuts Lughawe aangekom, is sy gevolg. Pastoors het die Veiligheidsdienste na Klaas de Jonge gelei. Een aand in daardie tyd is Pastoors en De Jonge gevolg na ‘n wapenopslagplek iewers in bosse waar die Rooi Baron, ‘n “diplomaat” (of was hy van die Nederlandse veiligheidsdienste?), met ‘n Peugeot 504 Sedan met diplomatieke nommerplate op hulle gewag het. Wapens is uit die agterste sitplek van die motor in ‘n grondgat oorgelaai en met grond toegegooi. Alles was op video vasgelê. Natuurlik deur die Suid-Afrikaanse owerhede! Kort hierna is volledige foto’s van die gebeure in ‘n Nederlandse dagblad gepubliseer.

    Pastoors en De Jonge is gevange geneem. Nog later het De Jonge die polisie na ‘n gebou in Pretoria geneem. Dit was die Nederlandse Ambassade. Ons veiligheidsmanne het nie die implikasie besef nie. Daar aangekom het De Jonge die voorportaal van die Ambassade ingespring. Die polisie het hom wederregtelik uit Nederlandse grondgebied verwyder. Na die wisseling van diplomatieke notas, oor en weer, moes Suid-Afrika De Jonge terugneem na die Nederlandse Ambassade.

    Op ‘n dag kry ek ‘n telefoonoproep van minister Botha. Op daardie stadium was ek die Saakgelastigde van Suid-Afrika in Nederland. Ek moes ‘n uitruiltransanksie tussen De Jonge en Du Toit help onderhandel. Ek moes persoonlik aan die Minister oor vordering rapporteer. Ek vermoed dat diplomatieke notas van Suid-Afrika ook deur die diplomatieke kanale in Pretoria na die Nederlanders gestuur sou gewees het.

    My kontak by die Nederlandse Ministerie van Buitelandse Sake was ‘n Ambassadeur in Spesiale Dienst. Hy sou die transaksie inisieer en het Angola toe gevlieg om die knoop deur te haak.

    Intussen het die nuwe Ambassadeur, die politieke aanstelling van die eerste bruin man, dr. Frank Quint, by ons ambassade diens aanvaar. Dit was sy prerogatief, hoe jammer dit ookal is, om die saak uit my hande te neem en verder te hanteer.

    Dit is die storie van Klaas de Jonge en van Wynand Du Toit. Twee mossies vir ‘n stuiwer … wat dit ook al mag beteken?

    ультразвуктопкарго развод

  • Is Beyers Naudé ‘n Paulus?

    By die lees van die geskiedenis van Paulus het dit by my opgekom dat Paulus ‘n tipe Beyers Naudé is. Daar is nogal parallelle tussen Paulus en Beyers.

    Dit blyk dat Paulus erg beswaard is en in sy terneergedruktheid troos in sy eie advies aan ander kry. Dan sit hy nog met die doring in sy vlees.

    In Filippense 4 gee hy aan die gemeente van Filippa goeie raad; raad wat eintlik op homself van toepassing gemaak kan word. “Wees oor niks besorg nie” vermaan hy (Fil. 4:5).

    Hy is nie as persoon indrukwekkend nie (2 Kor. 10:10) maar as denker styg hy uit en skryf in die filosofiese idioom van sy tyd.

    Toe Beyers Naudé eenmaal die pad van selfafskeiding begin loop het,
    het hy ‘n eensmane mens geword en hom van sy eie mense vervreem.

    Biografiese besonderhede
    Paulus kom uit ‘n familie van Fariseërs (Fil. 3:5). Hy is gebore in Tarsus en geniet ook Romeinse burgerskap. Hy het in die Joodse wet en kultuur grootgeword. By Damaskus ervaar hy die teenwoordigheid van Jesus (1 Kor. 15:8,9) wat deur die metgeselle saam op weg eintlik nie verstaan is nie en ook nie verklaar word nie.

    Beyers Naudé was ‘n gesiene predikant van die NGK en vooraanstaande
    lid van die Afrikaner Broederbond. Met sy verworpenheid het hy
    opgegaan in die struktuur en denke van die Christelike Instituut en
    die blad Pro Veritate.

    Konflik met hulle eie mense
    Na sy “bekering” preek Paulus in Damaskus en word deur sy eie mense uit die Sinagoges verdryf. Aanvanklik het hy goeie verhoudinge met Barnabas, maar verbreek dan verhoudinge oor die persoon van Markus.
    Hy kom in ‘n kop-aan-kop botsing met die Messiaanse Beweging van Jakobus (die broer van Jesus) en van Petrus in Jerusalem (Hand.15). In Efese, sy derde sendingreis, word hy gevang en vrygelaat. Hy vertrek na Jerusalem (Hand. 19-21) waar hy onder arres geplaas word, omdat hy ‘n Griek die tempel ingeneem het.
    In Jerusalem verskyn hy as aangeklaagde voor Felix en Festus. In die gevangenis in Siscerea beroep hy hom op die Keiser om in Rome bereg te word. In Rome verkeer hy onder huisarres.
    Die bewering word gemaak dat Beyers Naude binne die konteks van
    die Afrikaner Broederbond aspirasies gehad het om tot nasionale
    leier verkies te word. Om so te kon doen moes hy van kompeterende
    leiersfigure “ontslae” raak. Die bewering is gemaak dat Naude
    geheime van die AB aan Hennie Serfontein weekliks uitgeblaker het.
    Serfontein van die Sunday Times het ook bande met
    die Nasionale Intelligensiediens van (generaal) Hendrik van den
    Berg gehad. So, Hendrik van den Berg, self van die AB, het presies
    geweet wie die persoon was wat AB-dokumente uitgelek het.
    Op hierdie wyse het die top-echelon van die AB uitgevind wie die
    “verraaier” is en Naude gekonfronteer.

    Afwykings van die gangbare geloof
    Paulus verbreek kontak met die Jode en wend hom tot die heidene (Hand. 13). Paulus breek fundamenteel met die Judaïsme van sy tyd. Vir hom het die ou dinge verby gegaan en ‘n nuwe verbond het in Jesus aangebreek (2 Kor. 5:17). Sy verwerping van die besnydenis as niksseggend (Fil. 3:2) is eintlik ‘n verwerping van die “ewige verbond van God met Abraham en sy nageslag”. Die nuwe verbond tree met Jesus in werking (2 Kol. 5:17). Sy teologie is heilshistories gerig op Jesus.
    Hy breek ook met die idee dat Israel die uitverkore volk van God is. Die gemeente of Ekklesia is die liggaam van Christus (Rom. 12:4-8) en die uitverkore volk van God (Gal. 6:16 en 1 Kor. 10:18). Al die weldade wat gerig was op Israel in die eerste testament gaan oor op die Ekklesia in die nuwe testament.
    ‘n Dualisme in sy denke herinner baie aan die Gnostiek. Hy maak ‘n onderskeid tussen vlees en gees (Rom. 1:3), die immanente en die transendente en natuurlik tussen gees en wet. Die vleeslike mens is onder die wet (Gal. 4:4). Die gees verlos ons van die vlees (Rom. 8:9). Na die vlees is Jesus die seun van Dawid, maar na die gees die Seun van God (Rom. 1:3).
    Die geestelike/pneumatiese mens leef onder die invloed van die gees. Die vlees is tydelik en die gees is ewig. Derhalwe is Jesus die eersgeborene van God wat van ewigheid af bestaan. Die sonde is onder die mag van die vlees (Rom. 8:9). Hy beywer hom vir aflegging van die ou mens (Rom. 13:14).
    ‘n Verdere afwyking is sy teologie is die klem wat hy plaas op sola fide (geloof alleen) as gronde vir regvaardigheid. Hier verskil sy teologie ingrypend van die van Jakobus, die broer van Jesus en hoof van die Messiaanse Beweging in Jerusalem.

    Beyers Naudé, daar en teen, het betrokke begin raak by latere leiers van
    die Christelike Instituut en by die blad Pro Veritate; beide deur die
    Wêreldraad van Kerke geïnspireer. Toe hy een maal op hierdie pad
    begin wandel het, het hy ‘n kritikus nie net van die AB
    geword nie, maar ook van die beleid van afsonderlike en
    geskeie ontwikkeling.

    Kritiek op
    Paulus leef in konflik. Nie net met Barnabas en Jakobus en Petrus nie, maar tewens met die religieuse leiers van Israel.
    Die feit dat hy hom op Rome en op die Romeinse regsisteem beroep is natuurlik in direkte botsing met die Messiaanse Beweging wat soek na die omverwerping van die Romeinse politieke onderdrukkers en herinstelling van die Levitiese Priesterskap en oorname van die Dawidiese koningshuis.

    Toe Beyers Naude eenmaal sy rug op die Afrikaner establishment
    gedraai het, is hy uitgewerp en vervreem.

    Gevolgtrekking
    Paulus het hom grootliks geisoleer van sy eie mense en die geloofsinstellinge van die Judaïsme.
    Die feit dat hy hom beroep het op Romeinse regsinstellinge, teenoor sy eie mense, tipeer hom as ‘n verraaier van die diepste oortuiginge van die Messiaanse Beweging en van die Jode.

    Kritiese vrae oor Paulus
    1. Paulus het Jesus nooit geken nie, was nie een van die 12 nie en dit laat die vraag opkom watter bronne hy in sake die leer en lewe van die historiese Jesus oor beskik het?
    2. Op wie se gesag kon Paulus die (sg. eerste) ewige verbond van God met Abraham en sy nageslagte ophef en vervang met die nuwe verbond?
    3. Hoe regverdigbaar is die antropologie van Paulus, ten aansien van die Grieks-dualistiese teenstelling tussen vlees /gees, immanent/transendent en hemel/aarde daarvan?
    4. Op wie se gesag kan Paulus aanspraak maak op die titel die dertiende apostel?
    5. Is daar enige bewysvoering in die eerste testament dat die koms van die verwagte Messias die uitverkore volk van Israel sal laat oorgaan tot en oplos in die Griekse Ekklesia?
    6. Is dit ongeregverdig om te verklaar dat Paulus die Messiaanse Beweging van Jesus (en later van sy broers Jakobus en Simon deur erfopvolging) verander het in ‘n nuwe godsdiens, wat as die Christendom bekend geword het?

    купить футболки детские в интернет магазине недорогоАлександр Фильчаков Васильевич

  • World Communion of Reformed Churches dreig Hervormde Kerk af

    Die World Communion of Reformed Churches stel ‘n politieke toets in sake apartheid as voorwaarde vir die NHK vir lidmaatskap. Die WCRC laat na om te omskryf wat hulle onder apartheid verstaan. Nóg die WCRC nόg die NHK kan apartheid tot die bevrediging van alle partye omskryf.

    Beide die WCRC en besluit 54 laat na om te verduidelik welke politieke model Godwelgevalle is. Die apartheidsdebat is in ieder geval deur die nuwe grondwet (1996) agterhaal. ‘n Reaksionêre twis oor apartheid is nie in die belang van die koninkryk nie. Dit is belangriker om vas te stel of die NHK, in die lig van die reeds aanvaarde Godsdiensakte, kan saamleef met die bepalinge van die grondwet van SA, 1969.

    God is ‘n God van geregtigheid wat nooit van gelowiges vra om ‘n bepaalde politieke model as uitgangspunt te neem nie. Dit neem nie weg nie dat die geregtigheidsvraag die sinkern van staatspolitiek is. Geregtigheid setel nie in die struktuur van ‘n politieke model nie, maar in die wyse waarop die persoon/persone in die owerheidsampte met gesag omgaan.

    Besluit 54 laat na om aan te toon dat die huidige ANC-owerheid nie in die algemene belang regeer nie, maar in die parsiële belang van sy swart kiesers [vgl. die ANC se rassistiese interpretasie van artikel 9(2) van die grondwet in sake wetgewende en ander maatreëls vir die beskerming van agtergeblewendes].

    By ontleding van besluit 54 dit blyk dat die skrywers daarvan die liberalisme as ordeningsbeginsel en die liberaal-demokratiese staatsmodel normatief vir die NHK stel. Ook word die oop-vir-almal liberale kerkidee as uitgangspunt geneem.

    Die kerk/ecclesia is fundamenteel ‘n aanbiddingsorgaan van gelowiges met ‘n bepaalde visie op God en die Christelike geloof. Die liberale kerkidee roep ‘n kollektivistiese kerkgedrag in aansyn .

    Die SkepperGod het midde die eenheid ‘n radikale verskeidenheid in die skepping ingebou. Elke skeppingdaad van God verraai ‘n eiesoortigheid. In teenstelling hiermee oorbeklemtoon besluit 54 die eenheid ten koste van die verskeidenheid.

    Ook die onderliggende antropologie tot besluit 54 is ‘n gevaarlike sosiaal-ekonomiese determinisme, wat gebaseer is op die Grieks-dualistiese mensbeskouing (m=s+l). Daar en teen is die konkrete mens net mens in verhoudingsverbande. Die Bybelse antropologie beklemtoon die eenheidsmens (m=sl). Die eenheidsmens leef in gemeenskapsverband en verwerf saam met gemeenskapsgenote ‘n gemeenskaplike genepoel.

    Die NHK sal ‘n duur prys betaal deur verhoudinge met die WCRC hoër te stel as die groeiende uitsigloosheid/nihilisme van die meerderheid lede van die NHK. Die volledige teks in sake hierdie berig kan elektronies aangevra word van clandman@netactive.co.za

    опции иФильчаков прокурор харькова

  • Die Terug-na-God-beweging in die teologie

    Die tema “Terug-na-God” dui op ‘n beduidende “nuwe” teologiese rigting van aktiewe skrywers wat die Hellenisering van die Christendom teenwerk en terug dwing na die Judaïstiese grondslae daarvan. Om substansie aan hierdie teologie te gee, verlê die klem van Paulus na Jakobus.

    • Jakobus is die broer van Jesus en na die dood van Jesus die hoof van die Messiaanse Beweging. Jakobus word getipeer as ‘n Nasarener en leiersfiguur van die Esseners van Qumran.
    • Paulus, daar en teen, word verbind aan die Herodiane. Hierdie verbintenis verduidelik volgens Robert Eisenman Paulus se verdwynings en verskynings, sy merkwaardige ontsnappings, die magsposisie en aansien in Jerusalem, sy Romeinse burgerskap en sy aanvanklike verhoudinge met konings en goewerneurs (i.e. Institute for Jewish-Christian Origins, Californai State University at Long Island, JHC 3/1, Spring, 12966, 110-122).
    In kort: binne die Qumran-literatuur word Jakobus gesien as die regverdige en Paulus as die bedrieër.
    Hierdie nuwe teologiese ontwikkeling verteenwoordig ‘n breuk met die Roomse Ortodokse teologie en hersien die Christologie, as leer aangaande Jesus, ingrypend. Die breuk manifesteer ook in die Roomse Kerk.
    Die befaamde prof. Edward Schillebeeckx (1982:5) skryf in sy “Jezus – het verhaal van een levende” van ‘n breuk tussen (wetenskaplike) teologie en die geloof van gewone mense (H. Nelissen B.V.: Bloemendaal).
    Wat hy klaarblyklik bedoel is dat die teologie as wetenskap voortdurend alle reeds verworwe kennis verifieer aan die hand van nuwe insigte, dokumente en feite.
    Die ortodokse skool van denke bly natuurlik hardnekkig bestaan. Laasgenoemde skool van denke hou hom/haar met die teologie besig vanuit die voorwetenskaplike raamwerk van belydenisskrifte wat nog nooit hersien is nie en van sekere dogmatiese voorwetenskaplike veronderstellinge uitgaan.
    Die teologie is ook dinamies en lei tot nuwe interpretasies. Skrifvergelykende eksegese gaan dus dogmavorming vooraf. Anders gesê: vernuwende dogmahersiening volg op diepgaande skrifvergelykende eksegese. Eers wetenskap en dan dogma.
    Die religieuse, sosiale en politieke konteks van die tyd waarin die verhaal van Jesus afspeel is ewe eens belangrik. Dit sluit in:
    • Profesie as faktor
    • Die Romeinse onderdrukking van Jode en besetting van Palestina
    • Die rol van religieus-politieke groeperinge (soos die reaksionêre Silote, onder meer)
    Die profesieë is dikwels baie jare na die afsterwe van die profete op skrif gestel. ‘n Terugskouende benadering is dus vir die latere skrywers voor die handliggend. Die skrywers kyk oor hulle skouers na wat reeds gebeur het.
    Baigent, et. al (1991:15) skryf tereg dat die optredes van Johannes die Doper, van Jesus, Jakobus en van Paulus teen die agtergrond van breër gebeurtenisse, meer persoonlikhede, groepe, instellinge en bewegings beoordeel moet word.
    Die historiese teologiese skool, van mense soos John Dominic Crossan, in sy “The Historical Jesus”, vra na die werklike (historiese) Jesus binne die konteks van sy tyd. Die historiese skool staan teenoor die mitiese (pre-moderne) benadering. Die kerklike Jesus is die mitologiese Jesus. Wetenskap staan dikwels haaks op mitologie.
    ‘n Belangrike gebeurtenis op die kerklike kalender is die openbaarmaking van die Dooiesee-rolle, wat nuwe perspektiewe open. Michael Baigent (et al)(1991) skryf in “The Dead Sea Scrolls Deception” dat toegang tot die Rolle aanvanklik vir wetenskaplikes, anders as ‘n uitverkore groepie van die skrifgeleerdes, weerhou is, totdat ‘n hofbevel die dokumente meer geredelik vir ander toeganklik gemaak het (Cox & Wyman Ltd). Die Vatikaangroep het net dokumente vrygestel as en indien sodanige dokumente in lyn met die amptelike standpunt van die Roomse Kerk is. Hierdie onderdrukking van feite word deur Baigent as die grootste godsdiensskandaal van die eeu bestempel.
    Peter Lemesurier (1981) tipeer die optredes van Johannes die Doper, van Jesus en Jakobus as selfvervullende profesie. Hulle is geprogrammeer om volgens vaste strategieë en doelwitte op te tree, ten einde populistiese steun te kan verkry. Die vraag is: watter religieus-politieke magsgroep het die Messiaanse bevrydingsteologie bedryf?
    ‘n Aantal religieus-politieke groeperinge met verskillende benaderings het naasmekaar in Palestina in die tyd van Johannes, Jesus en Jakobus bestaan.
    • Die Fariseërs het die wet noulettend nageleef en ook ‘n gematigde houding teenoor die onderdrukkers openbaar.
    • Die Sadduseërs was die aristokratiese priesterkliek, wat ‘n groter openheid vir Grieks-Hellenistiese beïnvloeding gehad het.
    • Die Essenaars het in die jaar 150 vC, met die aanvang van die astrologiese tydperk van die Vis, tot stand gekom.
    Die Essenaars en die Jesusgroep het hulleself as “vissers van mense” beskou. Onderdompeling was ‘n reinigingseremonie. Die oorhoofse doelwitte van die Essenaars was die herinstelling van die
    • Levitiese priesterskap en
    • Dawidiese koningskap
    Die Nasarener, Johannes die Doper, uit die bloedlyn van Aaron, het in die rol van ‘n gesalfde hoëpriester gepas (Matt.11:13,14). Hy was die wegbereider in die woestyn vir die koms van Jesus, die gesalfde religieus-politieke nasaat van Dawid.
    Die beskeie geboorte van Jesus word deur Lemesurier gewyt aan die Esseense eenvoud in lewe. Beide Jesus en Johannes moes die profesieë naleef en waar maak. Jesus se oplossing van geskille (Matt. 18:15-17) was tipies van die Essenaars. Die bergpredikasie kom ooreen met geskrifte van Qumran. Die doopseremonie waaraan Jesus hom onderwerp het was ‘n reinigingsrite van die Essenaars.
    Volgens Lemesurier, en James Tabor (2006) in “The Jesus Dynasty” was die dood van Johannes, die kruisiging van Jesus en die steniging van Jakobus (die broer van Jesus) groot terugslae ter uitvoering vir en van die messiaanse verwagting.
    In die fase na die kruisdood van Jesus het Jakobus, die broer van Jesus, die hoof van die Messiaanse Jerusalemgroep geword. Hierdie groep was nie Griekse Christene nie, maar Joodse Judaïste. Na die steniging van Jakobus het sy nog jonger broer Simon, die leisels oorgeneem. Dit alles dui op koninklike erfopvolging. Vandaar Tabor se “Jesus Dynasty”.
    Die Romeinse beleg van Jerusalem (70 nC) en massa selfdoding op Massada (73vC) het tot gevolg gehad dat die Essenaars hulle kosbare dokumente in kleipotte begrawe het, voordat die messiaanse beweging na Irak gevlug het.
    Bg. omstandighede het die deur vir Paulus oopgemaak om as selfaangestelde sg. dertiende dissipel by die teologiese agterdeur in te glip. Daarmee is die apostoliese eis ook verbreek dat daar net twaalf dissipels kon wees en dat ‘n persoon om dissipel te kon wees, Jesus persoonlik moes geken het.
    Lemesurier asook Tabor en John Painter (1999), laasgenoemde in “Just James – the brother of Jesus in history and tradition” skets Paulus in ‘n besondere swak lig (T&T Clark: Edinburgh). Paulus sou die aardse koninkryksidee van die Essenaars ‘n transendente/hemelse karakter gee. Jesus was ‘n hemelse koning. Paulus se godsdiens het sinkretisties geword, omdat hy die reinigingsrites verontagsaam het en die Mosaïese wette gerelativeer het. Sy dualistiese mensbeskouing was Platonisties en het hy die bo-redelike siel teenoor verganklike liggaam gestel. Die gees of siel is belangrik en die liggaam onbelangrik.
    Charles Freeman (2009) in sy “A New History of Early Christianity” skryf dat in die jaar 325 nC het die Sinode van Nicea, onder die voorsitterskap van die heidense Romeinse Keiser Konstantyn vir Jesus tot tweede god van die Triniteitsleer verhef. In die stryd van Arius en Athanasius het eers die een en dan die ander ‘n godsdienstige magsposisie ingeneem, maar uiteindelik was dit die Romeinse Keiser wat tussen twee teoloë moes kies. Sy keuse was Athanasius.
    Binne die Nederlandse konteks het prof. H.M. Kuitert met ‘n opspraakwekkende boek met die titel “Jezus – nalatenschap van het CHRISTENDOM” gekom (Ten Have:Baar). Kuitert was vir 24 jaar hoogleraar in die teologie aan die Vrije Universiteit. Kuitert toon aan dat die Christologie en dogmatiek in die moderne tyd ‘n greepverlies ondergaan. Hy verklaar dat Jesus nie god en mens was nie (die tweenatureleer). Hy verbind Jesus aan ‘n drievoudige amp: van priester, profeet en koning. Hy veroordeel die mitologiese kerklike nalatenskap in sake Jesus. Kuitert kom tot die ongemaklike gevolgtrekking dat:
    • Die verering van Jesus terug geneem moet word na die verering van Jahweh.
    • Jesus nie God is nie en dat moeder Maria nie die moeder van God is nie.
    • Jesus ‘n bystelling tot God is, want God was in Jesus maar Jesus nie in God nie.
    • Jesus naas God staan en nie op die troon van God sit nie.
    • Tot God na die voorbeeld van Jesus gebid moet word en nie tot Jesus nie.

    Tabor twyfel of die sentrale belydenis dat net YHVH God is, met die dogma in sake die drie-eenheid te versoen is. Jesus het die koninkryk van God aangekondig en die profetiese visie van die Messiaanse verlossing van Israel probeer waar maak. In teenstelling hiermee het die latere Christelike kerk Jesus tot hemelse redder geproklameer. Jesus word God die Seun. Insgelyks word, volgens Tabor, die boodskap van die Torah gerelativeer.
    Vanuit ‘n profetiese persepsie was die messianisme van die Essenaars volgens Lemesurier ‘n groteske mislukking:
    • Die bevryding van Israel, eers deur Jesus en later deur Dawid ben Kopka (ook uit die nageslag van Dawid), het misluk (Jer. 30:8).
    • Die opstanding van Jesus uit die dood en daarna die besetting van die koninklike stoel in Jerusalem het nie plaasgevind nie (Daniel 9:24; en Eseg. 43:2,7).
    • Die wederkoms van YHVH is nie bewaarheid nie.
    Tabor (2010) skryf op voetspoor van die terug-na-God-beweging ‘n boek getitel “Restoring Abrahamic Faith”. Die Hebreeuse teks vermeld EEN GOD naas wie daar niemand anders is nie (Jer. 10:10). Ons word opgeroep om vas te hou aan die Shema. Dit is die Joodse konfessie. “Hoor O Israel! YHVH is ons God, YHVH is Een! Volgens Jes. 43:10-11 is YHVH ons redder,en niemand anders nie. Jesus self vermaan dat net God goed is (Luk. 18:18-19; Mark 10:17-18; Matt. 19:17). Paulus getuig voor die Keiser dat hy YHVH na die voorbeeld van Jesus aanbid.
    Dit wil dus voorkom asof die God-is-dood-teologie in wese beteken dat, binne die konteks van die dogmatiese triniteitsleer, Jesus in kerklike prediking die primaat verwerf het en dat die verering van Jesus direk gelei het tot die uitskakeling van God. Jesus word oordadig vereer. Wat doen ons met God in ons denke en aanbidding?

    Slotopmerkinge

    Die vraag is wat ek nou van die voorafgaande kan sê. Vir eers dat ek die Triniteitsleer nie verstaan nie.
    Hiervolgens is
    • Die Vader nie die Seun nie.
    • Die Vader is ook nie die Heilige Gees nie.
    • Die Heilige Gees is nie die Seun nie.
    • Die Seun is nie die Heilige Gees nie.
    • Die Seun is ook nie die Vader nie.
    Tog is:
    • Die Vader God.
    • Die Seun God.
    • Die Heilige Gees God.

    Wat hieruit logies volg is dat God ‘n vierde komponent is. Wie is God dan? En wat verstaan ons onder God?
    My voorstel is dat in prediking duidelik onderskei moet word tussen Vader, Seun en Heilige Gees. Dit is gevolglik nie korrek om Vader en Seun as uitruilbegrippe te gebruik nie. Wanneer die King-James-vertaling met die begrip Lord die Vader bedoel word LORD in hoofletters gedruk. Die Afrikaanse Nuwe 1983-Vertaling nie. Gevolglik blyk dit dat selfs die vertaling van die Bybel dogmaties geskied.

    Geraadpleegde Bronne

    Baigent, M &
    Richard Leigh 2001. The Dead Sea Scrols Deception. The explosive contents of the Dead Sea Scrolls and how the Church conspired to suppress them. Arrow Books. 380p.

    2003. The Holy Blood and the Holy Grail – The messianic legacy. Arrow Books.

    Crossan, JD 1992. The Historical Jesus – the life of a Mediterranean Jewish Peasant. HarperSanFrancisco. 503p.

    Freeman, C. 2009. A New History of Early Christianity. Yale University Press: New Haven. 377p.

    Kuitert, HM 1998. Jezus – nalatenschap van het Christendom. Ten Have. 320p.

    Lemesurier, P. 1984. Messiaanse profetieën – Grote zieners en de Dode-Zeerollen. Tirion. 318 p.

    Tabor, JD 2006. The Jesus Dynasty – The hidden history of Jesus, his royal family, and the birth of Christianity. Simon & Schuster. 363p.
    2010. Restoring Abrahamic Faith. Genesis 2000. 167p.

    Schillebeeckx, E. 1982. Jezus – het verhaal van een levende. H. Nelissen/Baarn. 640p.

    Landman Voordrag oor Terug-na-God-teologie
    Skriflesing

    Deut. 6:4 Hear O Israel: The LORD our God, the LORD is one (New International Bible en ook The New King James Version 1980)

    Luister Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here (Nuwe Vertaling 1979)

    Sh’ma, Yisra’el! ADONAI Eloheinu. ADONAI achad

    Let op die diskrepansie in vertaling van echad tussen
    One en Enigste. Echad kan vertaal word as (Tabor, J.
    Resoring Abrahamic Faith, p. 10).
    • YHVH ons God
    • YHVH is Een
    • YHVH is ons God
    • YHVH alleen
    • YHVH ons God is Een YHVH

    Jer. 10:10 The LORD is the true God (King James Vertaling 1980)

    Luk. 18:19 Jesus said to him: Why do you call me good?
    Mark.10:17-18 No one is good but One, that is God (King James Vertaling 1980)
    Matt.19:17

    Hand.24:14 Paulus voor Feliks: Ek dien die God van my voorvaders volgens die leer van Christus (Nuwe Vertaling 1979)

    Jak. 2:14 Wat help dit … as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie?
    2:24 Julle sien … dat ‘n mens vrygespreek word o.g.v. sy dade en nie net o.g.v. sy geloof nie.
    4:7,8 Onderwerp julle … aan God. Nader tot God en Hy sal tot julle na

    купить воронеж шприцы и масленкиФільчаков Олександр Васильович

  • Ek is regtig keelvol vir apartheid

    Ek is regtig keelvol vir apartheid

    Ek is regtig keelvol vir apartheid. Net waar ek kom loop ek my vas teen apartheid. Ek sien dit, ek ervaar dit, ek lees dit en ek kry dit orals. Waarom in godsnaam apartheid?

    Neem nou maar Genesis, waar alles begin het. Wat staan daar? God het elke ding op verskillende dae volgens die afsondelike reëls van apartheid geskep. Die skrywer van Genesis doen nogal moeite om te onderskei tussen dinge.

    Die aarde is woes en leeg. Duisternis is op die wêreldvloed. En toe verdring lig die duisternis. Apartheid word gemaak tussen waters en waters en die land het tussen die oseane na bowe gekom. Nou kan ek al klaar sien hoe daar gestry gaan word wie eerste daar was en aan die wie landskap as eerstereg behoort!

    Toe begin die neukery vir die boere: daar is gras, plante, bome – ja, alles en telkens volgens aparte soorte. Ek stap die vrugte- en groentewinkel binne en waarmee word ek gekonfronteer, met verdomde onnodige diversiteit. Wat moet ek nou koop: appels, pere, druiwe, ens. Waarom moet ek kies, want alles word tog in my mond fyngemaal en gaan met een sluk in.

    Toe kom die Son en die Maan aan die uitspansel en asof dit nie genoeg is nie, neuk die mense, ja sommige mense, met spesifieke genepoele, Maan en Mars toe, terwyl ander nog nie eers ‘n boom op aarde geplant het nie.

    Die waterdiere het begin wemel, weer elke ding volgens sy aparte soort. Selfs die bleddie visse byt nie aan dieselfde aas nie. En hoekom die radikale verskeidenheid? Verdomp, waarom kan ‘n walvis nie verlief raak op ‘n swart baber nie? Dis tog logies: hulle is visse. Die wilde diere het oor die wêreld versprei. Weer volgens aparte soorte en nou vreet die roofdiere die arme plantvreters op en jag die wildehonde in groepe uit pure banggeit om elkeen apart sy ding te doen.

    Fokus ek op die Kosmos word ek gesê daar is verskillende sonnestelsels: elkeen met sy eie mane, planete en bane. Waarom al die moeite doen met ingeboude grense om my kosmiese nuuskierigheid hok te slaan? Bestudeer ek die natuur, die fisika, die wiskunde en die meetkunde, onder meer, word ek gekonfronteer met aparte natuurwetmatighede. Waarom dit so verdomp moeilik maak?

    Aan die begin het die beskaafde mens aan die natuur aangepas en die natuur by sy lewenswyse aangepas en deur wetenskaplike innovasies, soos die wiel en die horlosie, objekte ontwikkel om die natuur te beheer. Maar, wat vind ons: daar is mense wat eenvoudig anders wil wees: hulle kap die bosse uit en verbrand die hout, hulle koop Westerse beskawingsmiddele in plastiese sakke en smyt dit neer, hulle doen hulle ding naby water en besoedel die water met estrogeen, hulle het geen beheer oor hulle drange nie en oorbevolk die landskap, en so kan ek aangaan.

    Ek wil graag met diere eksperimenteer. Ek hou van muile, omdat dit beter as ‘n donkie en sterker as ‘n perd is, maar ek kan nie, want op een of ander manier wil muile nie teel nie. Iewers het iemand ‘n grens tussen ‘n donkie en perd ingebou. Hoekom is dit nou nodig? Dan kom ek in die Wildtuin en verwonder en verkyk my aan die diere wat saam wei, maar afsonderlik teel. Waarom is dit nou regtig nodig om die grense tussen die spesies te behou, want die ideaal is tog om die diversiteit op te hef?

    Ek is veral vies vir bosluise wat die bloed van my stoetbeeste suig, vir hondeluise wat op die diere parasiteer, vir andersoortige parasiete wat my gesonde diere aanval, vir bek-en-klouseer en runderpes, bloutong en siekte oor die algemeen wat op ordelike, gesonde, beskaafde lewe teer. Ek het ook ‘n weersin in sommige gemeenskappe wat op ander parasiteer. Hoe gaan ek van hulle ontslae raak? Hulle teel en ons betaal uit emosionele oorweginge. So word die armoedeprobleem groter en groter.

    Ek is eintlik behoorlik gatvol vir imperialistiese indringerplante, wat van elders kom en ingebring is en ons natuurlike habitat oorneem. Let wel: nie naas mekaar mag uitbalanseer nie, maar inheems plante verdring. Wat maak die Jakaranda en die Bloekom en die Blouwattel hier? Deur hulle genetiese andersheid bedreig hulle alles wat in kompetisie daarvan staan. Hulle deel nie hulle gene nie, maar hou dit vir hulleself apart.

    Ek lag lekker in my mou oor die verskille tussen mans en vroue. Ek is ‘n man. Waarom is daar geneuk om vrouens te maak, want hulle is onvoorspelbare en onverstaanbare wesens. Hulle kan glo dinge doen wat mans nie kan doen nie. Hulle soek seks maar geniet dit nie, hulle wil kinders hê, maar die mans moet die lewensmiddele daarstel. Hulle praat ‘n gat in ‘n streepsak in sonder om veel te sê. As dit looptyd is en die mans staan alreeds by die motors en sommige sit reeds in die motor, begin hulle ‘n nuwe argument, of opper ‘n nuwe gedagte en idee. Waarom wil hulle apart wees en waarom is hulle nie soos mans nie, dan was alles minder kompleks, meer eenvoudig, rustiger en minder kompeterend.

    Om dinge nog moeiliker te maak, skep die mens ‘n duisternis sosiale instellinge om sin aan die samelewing te gee. Godsdiensinstellinge het afsonderlike identiteite van staatlike instellnige. Wat van sportliggame, ekonomiese instellinge, gesondheidsdienste, ens.

    As daar nou een ding is wat my besonder die moer inmaak, dan is dit die onnodigheid van verskillende rasse. Kom ons begin by die taalverwarring van Babel. Hoekom nou dit? Waarom het almal nie maar Afrikaans gepraat nie? Dit is tog ‘n beskaafde taal met ‘n wonderlike woorderykdom en literêre tradisie. Dit is ‘n hemelse taal. Nee, want hulle het ‘n rewolusie teen Afrikaans begin. Hulle wil anders wees. Hulle wil hulle eie tale praat, maar dan moet ons hulle tale vir hulle ontwikkel … of nog slegter, hulle wil Engelse taalimperialisme en taalkolonialisme op Afrikaanse praters forseer. Dit is ‘n vorm van apartheid.

    Hierdie apartheid het geen en ken geen grense nie. In plaas daarvan dat alle mense die een ware God, Jahwe, aanbid, voeter hulle met ‘n duisternis van afgode. Afgode wat soms met natuurverskynsels verband hou. Soos die watergod en voorvadergeeste. Dan is daar die tokkelossie. En wat van die “beskaafde” Romeine wat die “sol invictus” aanbid het en later die Sondag as aanbiddingsdag op ons forseer het. Was hulle dan mal en apartheidgedrewe? Ja, hulle was apartheidmal want apartheid deursuur die skepping!

    En, as daar nou een ding is wat my die berge opjaag, dan is dit die seksgedrewendheid van sommige volkere. Met hulle geslagsorgane oorwin hulle die wêreld en forseer hulle apartheid op ons af. Hulle sekslus maak hulle nogal apart. Dink daaraan: watter beskaafde mens slaan ‘n ou met ‘n byl dood en verkrag daarna sy vrou en dogters. Hoe op aarde kry ‘n mens ‘n ereksie midde van ‘n bloedbad? Ek weet nie! Hulle apartheid vervul my met afgryse. Ons moet hierdie soort apartheid met wortel en tak uitroei en hulle eenvoudig tot uniformiteit dwing. Hulle moet word soos ons: een-man-een-vrou, seks eenmaal per week, impotent op sewentig, ens.

    Apartheid het selfs nie sosiale gebruike onaangeraak gelaat nie. Wat is nou eintlik reg? Ek weet nie, want as ek en my vrou stap, dan stap ek saam, maar onder die Zoeloes stap die man voor en die vrou agter, om van voor alle gevare af te weer. Kom ek by my Moslimvriende dan eet hulle met gepunte vingers, in plaas van met mes-en-vurk. En wat van die Chinese met hulle lang stokkies.

    Wat ek buitensporig lastig vind is die kritiek van sosialistiese gemeenskappe wat in trosse saamboer en kritiek teen die Weste uitdeel maar dan sommer oornag hulle vrotsige plakkershuisies op my drumpel kom opslaan. Hulle apartheid is imperialisties. Hulle wil ons deel van hulle aparte lewenswyse maak.

    Ek woon ‘n vergadering by en wat vind ek: daar is ‘n ander spreker ook, naas myself. Hy is vurig teen kolonialisme aan’t uitvare, maar wil die hele samelewing Afrikaniseer, deur “affirmative action”, want ons moet saam met hulle apart wees van die Westerse samelewingsorde. Dieselfde meneer wat net bokkerôl tot Westerse tegnologiese innovasies ‘n bydrae gemaak het of ooit sal maak, sit met ‘n Duitse goueraambril op sy oë, dra Franse sydasse, loop met Italiaanse volstruisleerskoene en dan is daar die Spaanse attachétas. Om wie te beïndruk?

    Ek is gatvol vir apartheid. Ek is keelvol vir die diktatuur van andersheid, van apartheid, wat sedert 1993 op ons afgedwing word. Ek is geen Afrikaan nie. Ek is Eurokaan. Dit is al beskawingsvlak wat ek wil erken, want ek is nie ‘n ondersteuner van apartheid nie. Ek hou nie van treine wat nie werk nie, nie van boereplase wat oorgeneem word deur vreemdes en kakiebos nie, nie van erdvarkgate in teerpaaie nie, nie van taxibestuurders wat eerder met kruiwaens moes rondry nie, nie van diewe en moordenaars en verkragters nie. Daarom is my oproep aan alle afwykendes, andersoortiges, word soos ons en los die probleme van die wêreld op.

    Kortom: ek is gatvol vir apartheid.

    осушитель влагиtopcargo отзыв

  • Onderskeid tussen staat, regering, meerderheidsparty en kerk

    Dr. Pieter Mulder tref in ‘n brief in Beeld (10 Januarie 2011) ‘n sinvolle onderskeiding tussen die SA-staat en regerende party. Vir Mulder is dit ongewens dat die jeugleier Malema by staatskole bekers uitdeel, so asof hy ‘n staatlike funksie beklee.

    Mulder se onderskeid moet breër uitgewerk word. Daar moet onderskei word tussen staat, regering-van-die-dag, regerende party teenoor instellinge van die burgerlike samelewing (soos bv. ‘n godsdiensinstelling).

    Die SA-staat word deur staatswetenskaplikes getipeer as ‘n grondwetlike/konstitusionele staat. Hiervolgens is die Handves van Regte (Hoofstuk 2) voorskriftelik en bepalend vir die staat self, vir die regering-van-die-dag, vir die regerende party en ook vir instellinge van die burgerlike samelewing.

    Die aard en inhoud van die SA-staat word deur die inhoud van die Grondwet (1996) bepaal. Die dilemma is dat nie net die ANC (die meerderheidsparty) nie, maar ook die VF+, die DA of selfs die SA Kommunisteparty die land in terme van dieselfde grondwet kan regeer. Hoe so? Dit is omdat Hoofstuk 2 van die Grondwet ‘n “beperking van regte”-klousule bevat. Dit beteken dat ‘n reg in die Handves van Regte kragtens ‘n algemeen geldende regsvoorskrif beperk kan word, mits die beperking redelik en regverdigbaar is in ‘n oop en demokratiese samelewing. By naderende ondersoek blyk dit dat ‘n bepaling in die Handves deur ‘n wet van die Parlement beperk word. Dit is ook so dat ‘n instelling van die burgerlike samelewing die Handves binne ‘n eie dogmatiese raamwerk eiesoortig kan vertolk.

    Die regering-van-die-dag (in hierdie geval die ANC wat die president en kabinet aanstel) gebruik artikel 36 van die Grondwet om ieder en elke artikel van die grondwet te interpreteer en wel binne sy eie ideologiese raamwerk.

    ‘n Voorbeeld: artikel 11 van die Handves lees “elkeen het ‘n reg op lewe”. Die ANC interpreteer die artikel sodanig dat die doodstraf daarmee afgeskaf, maar aborsie by wyse van wetgewing gewettig word.

    Sou die VF+ aan bewind kom is dit goedskiks moontlik dat, in terme van die beperking-van-regte-bepaling, artikel 11 so geïnterpreteer sal word dat aborsie onwettig is (want lewe onstaan by konsepsie) en dat die doodstraf ingebring word (want, volgens die regstaat mag die staat die swaardmag gebruik om lewe te beskerm).

    Ook ‘n godsdiensinstelling sou kon redeneer dat die reg-op-lewe-artikel aborsie onwettig maak en dat die doodstraf binne die konteks van ‘n bepaalde Heilige Geskrif regverdigbaar is.

    Die regering-van-die-dag regeer ingevolge sy eie interpretasie van die grondwet, maar is nie gelyk aan die staat nie. Insgelyks sou ‘n godsdiensinstelling kon redeneer dat hy die grondwet, binne die konteks van sy Heilige Geskrif, anders lees en verstaan. Vandaar die behoefte van Godsdiensinstellinge om ‘n akte vir die bevordering en beskerming van die reg op godsdiens te formuleer – soos onlangs gebeur het.

    ‘n Ander voorbeeld is die Handves se omskrywing van die reg op gelykheid (artikel 9). Voorstanders van die liberale standpunt maak nogal veel van die nominale gelykheid tussen die geslagte. ‘n Godsdiensinstelling sou artikel 9 anders kon interpreteer. Gelyke beregtiging van man en vrou beteken nie dat man en vrou geskik en toeganklik vir alle ampte is nie. In so ‘n geval is daar sprake van gedifferensieerde gelykheid van die ampte binne verskillende kontekste. Nog belangriker: die grondwet [a. 9(2)] bepaal dat spesiale maatreëls getref mag word wat ontwerp is “vir die beskerming en ontwikkeling van persone of kategorieë van persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel is”. Vir die ANC het die “affirmative action”-klousule op die Swartes betrekking. Klaarblyklik vir tyd en ewigheid, omdat daar nie ‘n tydsbeperking daaraan gekoppel is nie. ‘n Godsdiensinstelling of party soos die VF+, wat ingestel is op barmhartigheidsdienste, sien artikel 9(2) waarskynlik as ‘n artikel wat die owerheid onder plig plaas om alle agtergeblewe gemeenskappe binne alle kontekste op te hef.

    Die regerende party is ook nie die owerheid/regering nie, omdat die owerheid ‘n eie struktuur en funksies het. Die regering-van-die-dag regeer in die algemene (publieke) belang en nie in die belang van die ANC nie. Alhoewel die ANC as politieke entiteit sekere ekstreme bepalinge in die Freedom Charter ingesluit het, het hulle as regering-van-die-dag (nog) nie elke letter en bepaling van die Freedom Charter deurgevoer nie. Eenvoudig omdat dit ‘n rewolusie sal ontketen.

    Die onderskeid tussen meerderheidsparty en die owerheid-van-die-dag moet dus gehandhaaf word. Derhalwe het ‘n funksionaris van die regerende party, soos Malema, nie sonder meer funksies binne die owerheidsektor en staat nie.

    Die ANC maak hierdie onderskeide moeilik, omdat die ANC fundamenteel ‘n magstaat nastreef, ingevolge waarvan die grense tussen staat, regering en party stelselmatig uitgewis word.

    Dr. Mulder is dus reg dat die vermenging van staat, party en etnisiteit, soos hy dit stel, “van die grootste probleme (is) wat demokrasie in Afrika laat misluk”. Wat ‘n godsdiensinstelling moet doen – soos in die godsdiensakte verwoord is – en wat ‘n party soos die VF+ behoort te doen is om sy interpretasie van die Grondwet kundig te maak en sinvol met die ANC-standpunt te kontrasteer.

    велосипед детскиелобановский александр игоревич класс

  • Van Heerden en McKaiser oor die afwesigheid van ‘n nasionale identiteit

    Van Heerden en McKaiser oor die afwesigheid van ‘n nasionale identiteit

    Liberale demokrasie pas nie in ‘n plurale staat in nie.

    Die debat tussen Riaan van Heerden en Eusebius McKaiser in die By van 9 Oktober 2010 is so lesenswaardig dat almal daarvan kennis moet neem. Ironies genoeg is my eie standpunt nader aan dié van McKaiser, die selfgeïdentifiseerde swartman, as aan Riaan die “liberale denker”. Opsom sien hulle standpunte soos volg daaruit:

    * Riaan is gatvol vir teorieë oor ‘n nasionale identiteit want “ons hou nie eintlik van mekaar nie”. Daar is by ons ‘n afkeur aan ander rassegroepe. Kinders wat saam-saam skool toe gaan, wil mekaar uiteindelik “bliksem”.
    * McKaiser gee Van Heerden ‘n nul vir oorspronklikheid. Hy stel voor “ons laat vaar projekte rondom die idee van ‘n nasionale identiteit en aanvaar diversiteit.” Diversiteit in taal, kultuur en klas moet aanvaar word. Daar is ‘n spanning tussen pluralisme en Suid-Afrikanerskap.

    Beide Van Heerden en McKaiser het dit mis. Beteken dit dat diversiteit per definisie een nasionale bewussyn uitsny. Wat van Switserland waar Italiaanssprekendes (oorwegend Rooms Katolieke) saam woon met Duitssprekende Switsers (oorwegend Protestante) en ander groepe en tog ‘n tipiese Switserse identiteit en gemeenskaplike vaderlandsliefde ontwikkel het?

    Van Heerden werk implisiet met ‘n dogmatiese sosiale determinisme wat in die praktyk ‘n mislukking blyk te wees. Dit is dat as die sosiaal-ekonomiese en politieke speelveld gelyk gemaak word, alle verskille tussen die rasse verdwyn. Van Heerden se eensydige mensbeskouing verreken nie die feit dat die genetiese erfenis van honderde jare ook kultureel manifesteer nie. Met ander woorde: rasseverskille manifesteer ook in die uitlewing van ‘n lewens- en wêreldbeskouing. Die begrip ras verwys eerder na die rol van ‘n gemeenskaplike genepoel (bv. van Duitsers) as na kleur. Ingebed in die wese van die Afrikaan is ‘n totaal andersoortige siening van die sosiale en politieke werklikheid. Wat ons dus in SA beleef is ‘n beskawingskrisis (Westerse liberalisme versus Afrika kommunalisme). Voor 1994 het die staat aan die samelewing kunsmatig ‘n Westers identiteit gegee. Met identiteit word bedoel ‘n Westerse sosiale ordening. Na 1994 is die Westerse liberale samelewingsorde vervang deur ‘n kommunalistiese Afrika orde wat tot die magstaat aanleiding gee. FW de Klerk en sy kronies het die onderliggende politieke beskawingsprobleem nie verstaan nie en gedink dat Afrikane deur die “liberale” grondwet van hulle beskawingserfenis ontneem kan word.

    McKaiser is nader aan die waarheid en beklemtoon die diversiteitsprobleem, maar verstaan nie dat in ‘n diep-verdeelde gemeenskap die konsosiatiewe demokrasie ‘n beter staatkundige model is om die diversiteit te verdiskonteer en dus om aan die hand van gedeelde mag, binne ‘n federatiewe staatsmodel, ‘n tipiese nasionale identiteit te ontwikkel.

    As Van Heerden en McKaiser se hipotese waar is dat die verskillende (mekaaruitsluitende) diverse gemeenskappe sedert 1994 nie nader aan mekaar beweeg het nie, die oorsaak gesoek moet word in die liberaal-humanistiese staatsmodel, soos verwoord in die Grondwet van SA (1996). Iewers moet iemand weer Arend Lijphart se konsosiatiewe staatsmodel vir plurale gemeenskappe opdiep en aan die kiesers aanbied.

    Dit is alleen as ons binne een breë geografiese ruimte vir partikuliere identiteite ruimte maak dat ‘n nasionale trots en bewussyn na vore sal tree. Daar is geen rede waarom ons mekaar moet bliksem nie! Vreedsame naasbestaan sluit konflik uit.

    Dr. Landman was die voormalige grondwetlike kommissaris in sake Gemeenskapsregte (artikel 185 van die Grondwet van SA)

    проверить на полиграфеданильченко юрій броніславович компромат

  • ‘n Alternatiewe politieke stelsel vir multi-samelewings

    Die doel van hierdie rubriek is om breë riglyne te ontwerp vir die bestuur van multi-samelewings.  Die artikel veronderstel dus dat die liberaal-demokratiese model vir multi-samelewings uitgedien is. Multi-samelewings verwys na samelewings wat gekenmerk word deur:

    *    ‘n ontwikkelingsprobleem (ryk, arm)
    *    ideologiese konflikte (Sosialisme versus kapitalisme, versus
    nie-kapitalistiese vryemark ekonomiese stelsel),
    *    ‘n onderliggende beskawingskonflik (Oosters, Westers, Afrika),
    *    Rasseverskille (Kaukasies, Negroïed, Mongoloïed)
    *    Religieuse differensiasie (Christendom, Islam, Judaïsme, Afrika)

    Die agenda is om te fokus op ‘n hipotese in sake die wenslikheid van ‘n nuwe orde, om te wys op die nadele verbonde aan die liberale veelpartystelsel, om die voordele van ‘n partylose direkte plurale demokrasie aan te stip en om die prosesse onderliggend aan laasgenoemde aan te dui.

    Van die hipotese word uitgegaan dat ‘n regverdige staat wat volgens geregtigheid regeer al die natuurlike differensiasies (ryk/arm, sosialisme/kapitalisme, Oosters/Westers/Afrika, Christen/Islam/Afrikareligie, Wit/Swart/Geel) in die samelewing verdiskonteer. Verdiskonteer beteken om daarmee rekening te hou en die onderlinge belange van elk met die res uit te balanseer. ‘n Verdere element van die hipotese is dat die liberale demokrasie uitgedien is en lei tot die magstaat.  Afrika se opeenvolgende mislukkings met die liberale demokrasie word treffend  deur Martin Meredith in sy “The History of Africa” (Jonathan Ball Publishers, 2005) uiteen gesit.

    Die feitelike stand van sake is dat die koloniale moondhede (die Verenigde Koninkryk in die geval van SA) territoriale grense getrek het, sonder inagneming van die  bg. grense.

    Die volgende gebreke in die liberale demokrasie word kortliks aangestip:

    *    Partye ideologiseer die samelewing met die invoering van ideologiee wat vreemd is aan die mense (sosialisme, kommunisme, materialisme, individualisme)
    *    ‘n Dominante party gryp alle mag vir homself en kontinueer sy mag met opeenvolgende korrupte verkiesings (Zimbabwe as voorbeeld).
    *    Liberalisme lei dikwels tot totalitarisme (soos die wegroep dat die ANC tot, met en na die Wederkoms sal regeer).
    *    Die geregtigheidsvraag in die algemene belang lei tot die diktatuur van getallemeerderhede.
    *    Organe van die burgerlike samelewing word onderspeel, vervaag en verdwyn en tradisionele leierskap gemarginaliseer (bv. die rol van die Zoeloekoning).
    *    Menseregte-aktes wat gemeenskapsregte en godsdiensregte moes insluit word tot liberale/individuele regte verskraal.
    *    Die stelsel van proporsionele verteenwoordiging word sodanig verkrag dat die groot partye deur die staat met massale fondse gesubsidieer word en kleiner partye bykans geen kans kry om in die wetegewende liggame op ‘n gelyke basis te debatteer nie (dikwels kry ‘n klein party soos die VF+ twee minute om ‘n komplekse saak te stel).
    *    Die sterker groeperinge word deur die staat aangehelp om sterker te word en die kleiner partye uitgewis (bv. deur die verlies van deposito’s in verkiesings).   

    Die voordele verbonde aan ‘n partylose plurale demokratiese regstaat is dat:

    *    Die natuurlike differensiasies verdiskonteer word.
    *    Gemeenskapsregte ingebou word.
    *    Die onderliggende beskawingsprobleem tot sy reg kom.
    *    Die rol van die staat geminimaliseer word tot die skep van juridiese ruimtes waarbinne die natuurlike differensiasies hulleself kan afspeel.
    *    Die rol van instellinge van die burgerlike samelewing (godsdiens-, kultuur-, ekonomiese instellinge, ens.) direkte inspraak in die besluitnemingsprosesse kry.

    Die struktuur van ‘n partylose plurale alternatiewe model word van onderaf na bo soos volg ingestel. Georganiseerde en gestruktureerde organe van die burgerlike samelewing word versoek om, al na gelang van behoefte, die volgende koukusse om die sentrale unieke bestaansrede van elk te vorm. Dit sluit in instellnige soos volg:

    *    Ekonomiese instellinge (soos besigheidsinstellinge).
    *    Juridiese instellinge (soos prokureursordes, regsfakulteite, ens.
    *    Landbou-instellinge (soos die georganiseerde unies).
    *    Finansiële instellinge (soos die Banke, met insluiting van die Reserwebank en fakulteite aan hoër onderwysinstellings).
    *    Vakbonde.
    *    Werkgewersorganisasies
    *    Opvoedkundige instellinge.
    *    Ens.

    Die staat voorsien aan elke koukus per gebiedsfeer ‘n administratiewe hulpdepartement. Elke koukus skryf ‘n strategie vir die maksimalisering van sy funksies en ter maksimale ontplooiing van sy vermoëns. ‘n Koukus oorweeg alle voorafgaande wetgewing wat hindernisse is op die weg na sukses.  Elke koukus formuleer konsepwetgewing ter strukturering van die bedryf daarvan. Elke koukus kies al na gelang van behoefte en bekwaamheid sy leierskap.  Die voorsitter van ‘n koukus word die Minister in die kabinet van ‘n uitvoerende president. Die ministers/voorsitters van die verskillende koukusse vorm ‘n kabinet. Die kabinet kies sy voorsitter wat as eerste minister of president dien.

    Die president en kabinet bring die volgende regeringsinstellinge tot stand:

    *    ‘n Wetgewende liggaam van juriste op die verskillende gebiede en sfere wat alle voorgestelde wetgewing deur koukusse bestudeer, in balans bring met alle ander sfere.
    *    ‘n Huis van tradisionele leiers wat saamgestel word uit ‘n veelvoud van statutêre godsdiens-, taal- en kultuurrade (analoog aan artikel 185 van die huidige grondwet) en hulle werksaamhede verrig aan die hand van ‘n grondwetlike akte vir godsdiens-, taal- en kultuurregte.
    *    ‘n President wat wetgewing teken en aan die hoof staan van internasionale verhoudinge (uitstuur en akkreditasie van ambassadeurs en gevolmagtiges.
    *    Die fiskus in en voorsien die fondse vir die bedryf van die staat.

    Die onderliggende administratiewe funksionering en staatsprosesse geskied, min of meer, soos volg:

    *    Die formasie van koukusse per terrein van die samelewing en verkiesing van leierskap aan die hand van vermoëns en vakkundige bekwaamheid.
    *    Die daarstelling van ‘n kabinet bestaande uit die voorsitters van die onderskeie koukusse.
    *    Die aanwysing van ‘n president of eerste minister.
    *    Die hersiening van wetgewing deur koukusse.
    *    Die daarstelling van alternatiewe wetgewing.
    *    Konsultasie tussen koukusse.
    *    Verwysing van wetgewing na die juridiese liggaam vir verfyning en finalisering.
    *    Beoordeling van wetgewing deur die huis van tradisionele (volks)leiers in die mate waarin wetgewing ‘n inpak het op die godsdiens- en kultuurlewe van die land.
    *    Verwysing na die kabinet vir bespreking en moontlike terugverwysing na ‘n koukus ter hersiening van ‘n maatreel wat nie in die algemene belang is nie.
    *    Promulgasie van wetgewing deur die president.
    *    Afdwinging van wetgewing deur die administratiewe komponent onderliggend aan elke koukus.

    Die voorgestelde staatkundige model ken net twee sfere:  plaaslike selfbesturende owerhede (wat volgend die bg. model in die kleine gestruktureer en bestuur word), en die nasionale sfeer, soos verduidelik. Geografiese ruimtes sal de jure erken word en wat de facto deur gemeenskappe self geskep is, as hartlande vir verskillende gemeenskappe.

    Die neutrale swaardmagte (polisie en weermag) is instellinge wat vanuit die kabinet geadministreer word.

    Kortom:  die voorgestelde regeringstelsel vervang ‘n klomp praatsieke ideologies gemotiveerde partypolitieke leiers in die huidige geldmorsende wetgewende liggame met bevoegde persone wat volgens meriete en vakkundige bekwaamheid deur die burgerlike samelewing daargestel is. Hierdie stelsel gee direkte inspraak aan georganiseerde en gestruktureerde belange-groeperinge. Die individu het direkte inspraak by ‘n gestruktureerde belange-groepering.

    Wie stel belang om so ‘n party tot stand te bring?

    тумба светильникАлександр Фильчаков Васильевич

  • Romanisering van die Christelike godsdiens in die periode 325 tot 380 nC

    In vorige artikels het lesers van Praag hulle uitgelaat oor kerk-staatverhoudinge en die wedersydse beïnvloeding van godsdiens en politiek op mekaar.

    Die Christelike godsdiens het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan in die periode 325 tot 380 nC en daarna. Met Romanisering word bedoel dat hoofsaaklik twee keisers ‘n uniforme dogma op die kerk afgedwing het en ‘n aantal biskoppe die dogmas van die kerk met die Griekse filosofie versoen het. Teen 380 nC het keiser Theodosius ‘n interdik afgekondig dat burgers van die hoofstad Konstantinopel voortaan in een godsidee bestaande uit die Vader, die Seun en die Heilige Gees sou glo.

    Dit is die oordeel van Charles Freeman in sy A New History of Early Christianity (2009) 377 paginas.

    Die teologie van die vroegste kerk nC het die subordinasie van Jesus aan God onderskryf (239p.) Jesus het homself hiervolgens oor sy verhouding tot die Vader uitgespreek. Die Vader is groter as die Seun. Voorstanders van hierdie standpunt was biskop Sirmium van die Balkan. Veel later, het ook die kleinseuns van Konstantyn – Konstantyn II, Konstantius en Konstans – aan die onderhorigheid van Jesus aan die Vader geglo.

    Transformasie van die godsdiens

    In die genoemde periode het Romeinse keisers inhoud aan kerklike dogma gegee. Biskoppe is deur keisers aangestel wat die keiserlike voorskrifte en dekrete in sake die godsdiens nougeset gevolg het (226p.). Die veelvormigheid van die kerk is tot uniformiteit verander. Die kerk is weggestuur van die Judaïstiese oorsprong daarvan.

    As teenprestasie is biskoppe met kerklike en selfs politieke magte beklee. Groot kerklike strukture is daargestel (236p.).

    Konstantyn die Grote

    Die eerste keiser wat ‘n belangrike eerste inset tot die Romanisering van die Christelike godsdiens gemaak het, was keiser Konstantyn. In 313 kondig hy in Milaan, en in samewerking met Licinius, namens die Oos- en Wesryke, ‘n Edik van Verdraagsaamheid af, wat die einde van die vervolging van Christene was. Op hierdie stadium was dit nie die bevoorregting van die Christelike godsdiens bo ander godsdienste nie. ‘n Belangrike politieke oogmerk was om die gode aan sy kant te kry (325 p.). Hy het verskillende visioene gehad, wat hy geïnterpreteer het as goddelike insette. Volgens Konstantyn het:

    * die songod Apollo aan Konstantyn belowe het dat hy vir dertig jaar ononderbroke sou regeer.
    * die teken van die Alfa en die Omega, verbind aan die woorde “deur hierdie teken sal jy oorwin”, het militêre oorwinnings meegebring.

    Konstantyn het die woorde Alfa en Omega op die skilde van sy krygers laat aanbring, wat gelei het tot etlike oorwinnings (326 p.).

    In sy Rede in sake die Heiliges bevorder hy die monoteïsme(228 p.). Politeïsme is dikwels die rede vir openbare geweld. Die idee van een God is ‘n meer effektiewe simbool van eenheid en van gesag.

    Daar is twyfel of Konstantyn ooit werklik ‘n Christen was. Die godsdiens van sy krygers was geloof in die songod, die sol invictus. Die kop van Apollo was nog steeds teen 320 nC op sy muntstukke gedruk. Konstantyn is eers op sy sterfbed, klaarblyklik toe reeds in ‘n koma, gedoop (326p.).

    In die soeke na uniformiteit is Konstantyn met twee mekaaruitsluitende standpunte gekonfronteer, wat die geestelikes in twee kampe gejaag het. Dit is onderskeidelik dié van Athanasius en Arius en wel oor die verhouding van Jesus tot die Vader. Aanvanklik het hy sy gewig by die standpunt van Athanasius ingegooi. Arius is gemarginaliseer. Later het Konstantyn gepoog om die eer en status van Arius te herstel. Athanasius wou hieroor nie kopgee nie.

    Derhalwe is Athanasius gevolglik ook verban (234 p.).

    Athanasius

    Athanasius was van oordeel dat die verhouding tussen die Seun en die Vader nie in woorde uitgedruk en ook nie verduidelik kon word nie. Hy het geredeneer dat die Seun van altyd af deel van die Godheid was. Jesus het dus ‘n voorgeboortelike voorafbestaan geken.

    Volgens Freeman was Athanasius nie juis veel van ‘n akademikus en intellektueel nie (242 p.). Sy strategie was eerder een van aanval as verdedig. Diegene wat nie met sy standpunt akkoord gegaan het nie is as napraters van Arius afgemaak. Sy teologie was ingebed in die idee van die radikale verdorwenheid van die mens. Daarom moes God ‘n afskynsel van Homself na die aarde in die persoon van die Seun stuur. Een van die weinige tekste waarop Athanasius kon steun was Johannes 10:30 waar Jesus die woorde uiter dat hy en die Vader Een is.

    Die standpunt van Athanasius is by die sinode van Nicaea onder invloed van keiser Konstantyn gehandhaaf. Onder die keiserskap van Konstantius, die kleinseun van Konstantyn, is Athanasius egter verban, omdat hy geweier het om hom by die standpunt van die onderhorigheid van Jesus aan die Vader neer te lê.

    Arius

    Arius, daarenteen, word as ‘n charismatiese leier getipeer (230 p.). Hy was populêr onder die kerkleiers.

    In navolging van Sibellius was Jesus volgens Arius ‘n latere maar belangrike skepping van God (230 p.). God se majesteit kan nie deur ‘n geskape persoon gedeel word nie. God is groter as Sy skepping. Arius wys daarop dat Jesus self verklaar het dat hy net die wil van die Vader doen.

    Arius is ondersteun deur Eusebius, die biskop van Nikomedia (230 p.). Omdat Arius nie die status van ‘n biskop gehad het nie, is die standpunt van Arius by die sinode van Nicaea deur Eusebius gestel.

    Nadat Arius deur Konstantyn verban is het Konstantyn wel later besluit om Arius se eer te herstel. Arius is op weg na die plegtigheid dood.

    Sinode van Nicaea

    Die mekaaruitsluitende standpunte tussen Athanasius en Arius is op die Sinode van Nicaea in 325 nC onder invloed van keiser Konstantyn besleg. Die keiser was die voorsitter. Gevolglik was hy in staat om die gang van die besluite te beïnvloed (232 p.).

    Tussen 200 en 250 biskoppe is deur Konstantyn byeen gebring. Daar was klaarblyklik weinig, indien enige afgevaardigdes, uit Wes-Europa teenwoordig.

    Die doelwit van Konstantyn was om teologiese konsensus by die Sinode te verkry (232 p.). Hoog op die agenda was die verhouding van die Seun tot die Vader. Vir hierdie doel is die nie-Bybelse konsep van homoousios as uitdrukking van die Vader/Seun-verhouding te tipeer. Vader en Seun was dus in wese Een. Jesus was nie ‘n skepping van God nie. Jesus was net ‘n ander substansie as God. Oor die verhouding van die Heilige Gees tot die Vader en die Seun is daar nie besluit nie.

    Die begrip dat Jesus gegeneer (“begotten”) is, is ewe kontroversieel. Die begrip generasie verwys ewe eens na ‘n onafhanklike skeppingsdaad (233 p.).

    Die implikasie van die kanonisering van homoousios was die afsnyding (ekskommunikasie) van Arius en twee ander Biskoppe (233 p.).

    Theodosius

    Keiser Theodosius was die Keiser van die Oosryk (379 nC). Op voetspoor van keiser Konstantyn het Theodosius ‘n beleid deurgevoer om doktrinêre uniformiteit op die kerk af te forseer (248 p.). Kerkleiers wat ‘n ander standpunt ingeneem het, is gewoon van hulle ampte onthef. Biskop Demophilus was genoodsaak om die leer in sake die onderhorigheid van die Seun aan die Vader af te sweer. Vader en Seun was van gelyke majesteit. Toe die Biskop weier is hy as biskop van Konstantinopel afgesit.

    Theodosius het net biskoppe aangestel wat die Orde van Nicaea gevolg het. Diegene wat afwykende standpunte gehuldig het is as “van lotjie getik”(insane) afgemaak. Theodosius het die afgestorwe voorsitter van die Raad van Konstantinopel met ‘n politieke senator (Nektarius) vervang (250 p.). Daarmee het Theodosius die onderskeid tussen staats- en godsdiensfunksies en -ampte opgehef.

    Raad van Konstantinopel

    Die byeenbring van die Raad van Konstantinopel (381 nC) was gewoon om die besluite van Nicaea te herbevestig (249 p.). Wie daarvan afgewyk het is gedissiplineer. Die dogma van Nicaea is opnuut uitgevaardig en staan bekend as die deklarasie van die Raad van Chalcedoon (451 p.).

    Na die kortstondige byeenkoms van die Raad van Konstantinopel het Theodosius ‘n nuwe stel reëls (epistulae) vir kerklike ampte uitgevaardig (251 p.). Hy het vir elke biskoppegebied net biskoppe aangestel wat die Geloofsbelydenis van Nicaea onderskryf het. Biskoppe het ook die mag verkry om sertifikate van meriete aan diegene uit te reik wat die ortodokse standpunte onderskryf het.

    Meningsvormende teoloë

    Die belangrikste meningsvormende teoloe wat in ongeveer 380 nC die Belydenis van Nicaea bevorder het, het ingesluit:

    * Die Kappadosiese Vaders wat navolgers van die Griekse Neoplatonisme was (246 p.).
    * Gregorius van Naziansus wat ‘n student van Philo en van Origen was.
    * Basil van Caesarea en sy broer Gregorius van Nyssa.

    Uit die pen van Basil is ‘n traktaat geskryf wat daarop aandring dat teoloë van daardie tyd eers die Griekse filosofie moes bemeester, alvorens hulle die heilige skrifte van die Christelike godsdiens aangepak het.

    Gebaseer op die Ideëleer van Plato, ingevolge waarvan konkrete dinge net afskynsels van ewige goddelike vorme is, is die leer aangaande die drie-eenheid geformuleer.

    Gevolgtrekking

    Konstantyn se rol om ‘n uniforme dogma op die Christelike godsdiens af te forseer, is tot vandag toe deurslaggewend (226 p.). Opposisie daarteen word as opstand teen God gesien.

    Die gevolgtrekking waartoe Freeman kom is dat die kerk nie in staat is om die geloofsbelydenis van Nicaea op skriftuurlike gronde te onderskryf nie. Nicaea word gesien as die manifestasie van die misterie van geloof wat nie net op verstandelike gronde berus nie.

    Die begrip homoousios het volgens Freeman nie die oplossing gebied op die vraag hoedat Vader en Seun een substansie , maar tog twee afsonderlike persoonlikhede kan wees nie.

    Freeman haal Richard Hanson aan dat die belydenis van Nicaea ‘n mynveld van onoplosbare verwarring is (“The Search for the Christian Doctrine of God”, 1988 (168 p.).

    Athanasius se afdwinging van die Geloofsleer van Nicaea is deur beide die politiek en die gangbare dogma van die tyd daargestel.

    Binne die kerklike sfeer het die Platonisme die wysgerige fundering van die Romaanse teologie geword (239 p.).

    такое справкаФильчаков прокуратура харьков

  • Izak du Plessis is ‘n teologies verdwaalde gees

    Ds Izak du Plessis het onlangs uit die NGK Valleisig as predikant bedank en wye publisiteit geniet. So gee Neels Jackson volbladpublisiteit aan Du Plessis se afskeidspreek in die Beeld van 8 Junie 2010.

    Du Plessis is nie drukbaar in ‘n blik nie. Toe Du Plessis hom as predikant laat oplei het en as sodanig gelegitimeer is, moes hy geweet het dat hy ‘n ampsdraer van ‘n kerk word met ‘n bepaalde belydenis en dogma. Du Plessis se preek adem ‘n rewolusionêre gees van ‘n selfvergoddelikende mens.

    Izak is ‘n biersuiper, vandaar sy behoefte om die plaaslike kroeg te besoek. Let daarop dat hy nie mense daar wil bekeer nie. Om ‘n kroegmeisie in nood te help is beter as om in die kerk te wees. Die kerk kan by die kroeg gaan leer om “om te gee”. As die kerk relevant wil wees moet hy soos ‘n kroeg word. Daarmee demonstreer Du Plessis sy onkunde, want die kerk is daardie plek waar ‘n gemeenskap van gelowiges in ‘n biddende houding voor God te staan kom. Dit is ‘n geloofsgemeenskap waar ‘n sekere styl gehandhaaf word en ‘n liturgie geld. Wie in God se teenwoordigheid is, is nie ‘n biersuiper en losprater nie, maar ‘n beskeie mens wat sy beperktheid en aardsheid ken.

    Du Plessis erken nou dat die klagtes oor leerdwalinge wat teen hom ingebring is, en waarvan hy oor 19 onskuldig bevind is, wel geldig was. Die vraag is of hy toe die klagtes in behandeling geneem is, die guts en die juridiese
    weg gevolg het om skuld te erken … of het dit vir hom toe oor oorlewing gegaan?
    Hy sien sy dwaling as sy eie persoonlike saak. Daarmee verraai Du Plessis sy liberale individualisme. In die sentrum van sy lewens- en wêreldbeskouing staan hyself. God, verklaar hy, het die gevangene geword van menslik uitgedinkte stelsels. In Du Plessis se alternatiewe godsdiens doen hy presies dít wat hy teen waarsku: God word in menslike terme deur hom ingekleur. Daarmee maak Du Plessis vir God los van Sy selfopenbaring aan honderde skrywers oor baie jare. God is nie so lief vir Sy kinders as wat hy, Du Plessis vir sy biologiese kinders is nie. Du Plessis moes iewers in die teologie geleer het dat die wetenskap van die liefde die etiek is.

    Etiek is ‘n intermenslike verhouding. Die mens staan nie in ‘n fundamenteel etiese verhouding tot God nie, maar ‘n religieuse grondverhouding. Du Plessis soek “compassion” by die mens. Dit is juis God wat in ‘n verhouding van “compassion” tot die mens staan.

    Du Plessis soek “compassion” vir en teenoor die swanger meisie en die seksuele gaymens, by wyse van spreke, en legitimeer in die proses menslike dade wat in die godsdiens as sonde te tipeer is. Sonde, bedoelende daarmee dat wanneer die sosiale norme van God vir ‘n geordende en ordelike lewe gebreek word, die geloofsverhouding tussen mens en God versteur word.

    Wat Du Plessis dus doen is om God te vermenslik en af te bring tot die vlak van intermenslike liefde. God, daar en teen, is Almagtig, is ‘n God van geregtigheid en wil reg laat geskied, by gebreke waarvan hy die sonde straf. God is ‘n God van die verbond wat kontrakte met die mens sluit. God is ook meelewend en genadevol. God word deur Du Plessis verskraal tot die misterieuse, terwyl God Homself duidelik kenbaar maak in die Skrifte.

    ‘n Ander dwaling is dat Du Plessis verklaar dat hy in God leef. Die teendeel is waar: die Gees van God lê beslag op die hart van die mens. Dit is in die hart van die mens waar die uitgange van die lewe is en wat in konkrete dade omgesit moet word.

    Du Plessis is ongemaklik met konsepte soos hemel en hel. Die implikasie is duidelik: omdat God nie buite die mens bestaan nie, daarom kan God nie op ‘n plek wees waar Sy troon is en waar Hy omring is van hemelwesens wat die lof van God besing nie.

    Die ergste van Du Plessis se onkunde is dat hy nie weet wat geloof is nie. Geloof is ‘n vermoë waaroor alles mense beskik om met die transendente God in kommunikasie te kan tree. Diep ingebed in die menswees van die mens is sy hunkering om met sy Skepper verenig te word. Godsdiens, daar en teen, is die konteks waarin die gesprek plaasvind. So verklaar Paulus voor die Romeinse Keiser dat hy God, na die voorbeeld van Jesus aanbid. Waarteen Du Plessis dit eintlik het, is nie oor en teen geloof nie, maar oor en teen die geykte godsdiens waarbinne hy as predikant gefunksioneer het.

    As predikant was hy in ‘n besondere verhouding om nuwe inhoud aan die godsdiens, as konteks vir die waarmaking van die geloof, te gee. Die feit dat Du Plessis bedank het, dui daarop dat hy ook op hierdie kardinale punt gedwaal het.

    no depositФильчаков прокурор отзывы

  • Die ware verhaal van Jakob en Esau

    ‘n Internasionale herrie is los oor die optrede van die Israel-veiligheidsmagte (die Mossad?) se deursoeking van ‘n sg. “onskuldige” boot vol mense en kos wat vir die Palestyne bedoel is. Dis natuurlik ‘n ou truuk om wapens te smokkel saam met burgers of om wapenopslagplekke by skole en plekke van godsdiensbelang te berg. Sadam Hussein het dit in Irak gedoen. 
    Want, Hamas is meesters in propaganda; ‘n wetenskap wat hulle by die ou Sowjetunie se KGB-beheerde veiligheidsdienste geleer het. As ‘n burgerlike seerkry, dan is daar internasionale beswaar en so word die fokus verskuif vanaf die smokkel van wapens na die bloedverlies van “onskuldige” vrouens en kinders wat as skilde gebruik word.

    Vergeet egter nie: die stryd is dié van die terreurorganisasie Hamas wat gerig is op die vernietiging van die Israeliese staatsorde; ‘n geveg wat reeds by Jakob en Esau begin het.

    In hierdie verband is die Suid-Afrikaanse regering in die voorste linies om simpatie teen Hamas te betuig en die regering van Israel te kasty. Vandag het president Zuma in geen onduidelike taal nie die Israelse regering in die openbaar gerepudieer. Dit is natuurlik te verwagte. Palestina is nie ‘n onafhanklike staat nie en dus onderhorig aan Israel. Desondanks word die Palestyne hier verteenwoordig deur ‘n volwaardige ambassadeur met volle diplomatieke status. Slegs soewerein-onafhanklike state word in terme van die internasionale reg en praktyk met ten volle geakkrediteerde Hoofde van Missies by ‘n volgende staat verteenwoordig. Die implikasie is dat die buitelandse beleid van hierdie regering uit-en-uit simpatiek is teenoor die Palestyne.

    So twee tot drie jaar gelede word ek deur die Universiteit van Pretoria genooi na ‘n debat tussen die Israeliese ambassadeur en die hoofverteenwoordiger van die Palestyne (wat terloops as ‘n “ambassadeur” aan die gehoor voorgestel is). Die saal was volgepak. Behalwe vir die baie Jode met kenmerkende dotjies op hulle koppe, was die meerderheid van die gaste swart. Die beredeneerde voordrag van die ambassadeur van Israel is kil en afstandelik ontvang.

    Die emosioneelbelaaide en propagandistiese snert wat die Palestyn kwytgeraak het, het baie herinner aan die taal en styl van die ANC in ballingskap. Soveel só dat een van die Jode neffens my onthuts aan my opgemerk het, dat hy nie besef het hoe diep die vooroordele teen Israel hier te lande is nie. Dit, ten spyte van die feit dat die Jode nogal simpatiek teen die ANC was en van die voorste kritici van die voorafgaande orde was.

    ‘n Tweede voorbeeld! Ek is by ‘n vergadering waar hoofrabbi Harris teenwoordig is. Ons skryf ‘n sekere wet en ‘n komitee werk aan een of ander formulering. Derhalwe sit die meeste van ons hande gevou. Ek lees uit die Genesis-kommentaar van prof. A. Van Selms. Die rabbi wil weet wat ek lees. Ek vertel. Hy vra: “Waar trek jy nou?” Ek antwoord daar waar Jakob by die Jabbok die geveg met die bo-aardse wese gehad het. “O,” sê die Rabbi, “dit is net jammer julle Christene verstaan die verhaal verkeerd.” “Hoe so!”, vra ek. Hy meen ons interpreteer dit so dat Jakob met God geworstel het. Nee, nie met God nie maar met ‘n bose gees wat Jakob wou dood. Jakob en Esau was tweelinge. Reeds in die buik van hulle moeder het hulle teen mekaar gestamp. Die rede was dat Jakob en Esau twee groot gemeenskappe, wat in vyandskap met mekaar bestaan, verteenwoordig.

    In die esoteriese filosofie van die Judaïsme is die hand die begin van ‘n era en die hakskeen die einde daarvan. Esau se hand kom by geboorte weliswaar eerste na buite, maar Jakob het Esau aan die hakskeen beet. Jakob en Esau kom as ‘n eenheid in die wêreld en geniet dus gelyke status – totdat God natuurlik Sy keuse maak. Jakob is die uitverkorene van God. Dit is Jakob wat die seën van sy vader verkry. Derhalwe is daar dwarsdeur die geskiedenis ‘n vete tussen Jakob en Esau. Jakob probeer verhoudinge normaliseer tussen hom en sy broer, maar slaag nie.

    “By die Jabbok”, verklaar die Rabbi “is Jakob in ‘n stryd gewikkel met ‘n wese wat homself nie aan Jakob wil identifiseer nie”. Hierdie wese wil Jakob vernietig en slaan hom op sy dy. Maar, Jakob is die sterker een. Toe die lig breek pleit die onbekende wese by Jakob om hom te laat gaan.

    Die Rabbi se verduideliking is eenvoudig. Jakob kan nie teen God of ‘n engel van God wen nie. Die wese waarteen Jakob die stryd gevoer het is ‘n engel van die nag: dus ‘n bose gees wat die beskermgees van Esau is.

    Ek toets die Rabbi toe by A. Van Selms (Genesis I, Nijkerk, 1967:140) se kommentaar (bladsye 139 tot 142). Van Selms argumenteer soos die Rabbi. Jakob wil die ezZerkarivier oorsteek. Hy stuur geskenke van vrede aan sy broer Esau. “Iemand” verhinder Jakob self om na die anderkant oor te gaan. Volgens Van Selms is die Hebreeuse “‘is” se beter vertaling “iemand”, in plaas van ‘ “‘n man”.

    ‘n Worsteling van lewe en dood ontstaan tussen Jakob en hierdie boaardse wese. In die geveg word Jakob se dybeen uit die potjie geruk. Die worsteling hou aan tot die dag breek. Hierop pleit die wese dat Jakob hom moet laat gaan, omdat die dag breek. Volgens Van Selms is daar voorbeelde in die Bybel waar demone net in die nag werksaam is. Jakob eis dat hierdie wese hom seën, alvorens hy hom sal laat gaan. Die rede is volgens Van Selms dat eenmaal geseën sal so ‘n duistere wese die geveg vir altyd opgee. Die Genesis-skrywer skep wel die indruk dat dit Elohim kan wees. Dit is die Godsnaam, maar, verklaar Van Selms, ook ander bo-natuurlike wesens word soms met die naam elohim aangedui. Die demoon weier om sy naam bekend te maak, want as die naam bekend is, het Jakob ‘n sekere houvas op die wese.

    Die Hoofrabbi fluister in my oor dat ons ander kollega, ‘n fundamentalistiese Moslemgeleerde, verniet dink dat hulle Israel kan vernietig. Die implikasie is duidelik: die geskiedenis eindig met Jakob en nie met Esau nie.

    “Er zijn naar zeer wijd verbreide opvattingen demone, die slegs in het duister hun werk kunnen doen (Ps. 91:5)”.

    no deposit 10 freeОлександр Васильович Фільчаков