praag.co.za

Category: Gustav Venter

Gustav Venter se Rubrieke.

  • Hoekom ek weier om om verskoning te vra

    Boonop sien ek nie hoekom ‘n volk om verskoning moet vra omdat hy ‘n ander beskerm, opgehef, opgevoed en versorg het nie. Daar ís wel leiers wat hulle landgenote opregte berou skuld oor die ongevoelige en selfsugtige manier waarmee hulle oor hulle geheers het. ‘n Kort lysie sluit in: Nkrumah, Amin, Bokassa, Kaunda, Mugabe, Machel, Mobutu, Kabila en Arap Moi, almal van hulle pikswart. Kyk liewers of jy uit húlle ‘n belydenis kan wurg voordat jy verder van my verwag om om verskoning te vra vir die skole, universiteite, hospitale, howe en werksgeleenthede wat ons vir julle gegee het. En onthou om hulle skuld op die res van die bevolkings van hulle lande te projekteer. Ek bedoel, as jy verwag dat ek askies moet sê omdat Hendrik Potgieter klonkies gejag het, moet jy seker van die gemiddelde Oegandees verwag om berou te hê dat Big Dada Idi Amin ‘n beduidende hoeveelheid van sy politieke opponente geëet het. Of laat ‘n verorberde Oegandees jou koud?

    Natuurlik is meeste van hierdie velgenootleiers van jou nou al stokoud, verdryf of oorlede. Jy sal sukkel om enige toegewings of belydenisse uit hulle te pers. Miskien sal jy dááruit ook iets leer: dis volslae geklikheid daarvan om afstammelinge verantwoordelik te hou vir die sondes van hulle voorsate. Geen mens kan instaan vir enigiets waaroor hy geen beheer gehad het nie. Géén mens kan ‘n ander blameer vir iets wat gedoen of gesê is nog voordat hy gebore is nie. Dit is nie reg nie.

    Jy het ook nie die reg om ‘n oordeel oor enigiemand te vel as jy nie konsekwent in jou verontwaardiging is nie. Jou geloofwaardigheid as regter hang daarvan af. Jy wil hê dat die Afrikaner kollektief beboet moet word vir gebeure wat eeue gelede plaasgevind het. Ek sien nie dat jy by Italië aandring vir skadevergoeding vir die Jode wie se voorouers deur die Romeine in 70 n.C. aangeval en uitgedelg is nie. Ek kom ook nie agter dat jy die Arabiere aansê om te bely dat hulle Spanje vir honderde jare beset het nie. Jy is nie eers vir hulle kwaad omdat hulle meer as ‘n miljoen Europeërs ontvoer het om as galeislawe te gebruik nie. Dan praat ons nie eers daarvan dat jy nie lang rubrieke skryf om die Britte te berispe om die Afrikaner te vergoed vir die onregverdige en genadelose aanslag op die Boere in die oorlog van 1899-1902 nie.

    Gits, jy bied nie eers namens jou volk aan om Bennie Alexander se voete te was en om vergifnis te pleit omdat jou voorouers syne, die Hottentotte, verdelg het nie. En ek sien nie dat jy die Zoeloe-volk se las opneem om berou te wys vir die manier waarop Sjaka honderde duisende (swart) mense uitgemoor en miljoene verdryf het nie. Voordat jy nie bestendig is in jou woede oor ál hierdie vergrype nie, kan ek jou nie ernstig opneem nie.

    Dat jy jouself wel as beoordelaar ernstig opneem, is duidelik. Dit is net nie ewe duidelik wat jy dink is die morele podium waarvan jy geregverdig is om hierdie Afrikaner-berou te eis nie. Jy kan jou nie eens op die Bybel beroep nie. In die Skrif word baie meer klem gelê op vergifnis as op belydenis. Die Bybel het ook ‘n weersin daarin dat daar met gelaaide skale geweeg word. Wat reg is vir een moet reg wees vir die ander een en ons weet dat dít nie ‘n oorweging is wat enige indruk op jou maak nie.

    Wat jy wel sal moet oorweeg, is dat ek weier om verskoning te vra vir enigiets wat gebeur het voordat ek gebore is. Persoonlik het ek nog nooit enige swartmens doodgemaak, beledig, verkrag, verstoot of besteel nie. Ek het wel met groot ywer aan voedingsprojekte, opheffingskema’s, opvoedingsveldtogte en opleidingspogings deelgeneem, alles om arm swartmense te probeer help om ‘n beter lewe te hê. As dít ‘n sosiale sonde was, nou ja, dan is ek rêrig, êrig jammer daaroor.

    Ek weet dat híérdie jammerwees jou nie regtig bevredig nie maar kom ek en jy, ons manne, kom ons praat kaalkop die waarheid met mekaar: Ons al twee weet hoekom jy régtig wil hê ons moet so berouvol wees. Dit is omdat jy iets van ons wil hê, iets wat jy en jou rasgenote nie het nie; nie bloot welvaart nie maar die vermoë om welvaart te skep. Jy weet dat julle nie deur militêre druk of selfs deur politieke maneuvers ons kan verplig om aan te hou om vir julle te gee wat julle nie verdien nie. Al hefboom wat julle het om dit uit ons te wiggel, is om ons gewetes te manipuleer. Wel, my gewete is skoon. Dit kan nie verder gerangeer word nie.

    Jy sal nou wil weet hoe my gewete skoon kan wees as ek wél geleef het in die jare van apartheid en dat ek en my volksgenote wél in verkiesings en referendums van die tyd gestem het om apartheid in stand te hou. As jy moet weet, dit is omdat ek groot gemaak is met die gedagte, gevorm deur drie eeue se waarneming en belewenis, dat swartmense van Suid-Afrika nie die kulturele of administratiewe vermoëns het om ‘n moderne land te bestuur nie. Later het ons skuldig gevoel oor dié gedagte maar nou, na dertien jaar van swart wanbestuur in Suid-Afrika, moet ek erken: my voorouers was reg. Swart bestuur van ‘n multikulturele land kan tot net een uitslag lei en as jy nie weet wat dit is nie, kom ek gee vir jou ‘n paar leidrade: Somalië, Ghana, Sierra Leone, Rwanda, Oeganda, Zimbabwe, Angola, Kongo, S.A.R., Nigerië, Burundi, Tanzanië, Ivoorkus…

    Ek weet dat jy die onderdrukkers en verwoesters van hierdie lande nie verkwalik nie. Hulle berou het vir jou geen waarde nie want daar is vir jou geen materiële voordeel in nie. Ons Afrikaners se gebrek aan berou is vir jou en jou rasgenote ‘n katastrofe. Julle beskuldig ons van “blanke superioriteit.” Blanke meerderwaardigheid is nie die probleem nie; swart minderwaardigheid ís. Net soos wat ons julle nié kan verkwalik dat julle as rassegroep nie oor ‘n hoë gemiddelde IK, ‘n instink vir struktuur en ‘n besondere werksywer beskik nie, kan julle dit nie teen ons hou dat ons wel daarmee bedeel is nie. Teen hierdie tyd hyg jy oor “rassisme”, maar jou geveinsdheid oor rassisme beïndruk my geensins nie. As jy wil weet hoekom ek só sê, kom ek gee vir jou nog twee leidrade: swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie… Jy, besondere pot wat jy is, moet my nie ‘n swart ketel noem nie.

    Al sou jy my só noem, jý weet dat die Afrikaner deur sy geduld en harde werk en skranderheid homself uit die as van neerlaag opgehef het om ‘n welvarende land met ‘n gesofistikeerde ekonomie te bou tot voordeel van almal wat daar bly. Hoekom, al kan julle die Afrikaner dit nie nadoen nie, is julle vir ons kwaad daaroor?

    Dat julle ons wel daarvoor die skuld gee, het ‘n bepaalde implikasie. Julle verwerp ons en daarom sal ons gaan, nie na Europa of na die Antipode nie, maar na ‘n afgebakende deel van hierdie land waarop ons volgens die gemenereg en internasionale regspraak geregtig is. Saam met ons gaan die vrede, voorspoed en orde wat ons bygedra het tot die groter Suid-Afrika.

    Maar moenie ontsteld wees nie. Ons sal julle vergewe daarvoor. As julle mooi vra.

    уличный светильник наФільчаков Олександр Васильович

  • Wie wil ‘n Afrikaan wees?

    Maar as jy dink dis moeilik om een van Die Uitverkore Volk te wees, die troos – vir wat dit werd is – is dat dit oneindig moeiliker is om ‘n blanke sosiale liberalis in die Nuwe Suid-Afrika te wees. Hierdie selfhatende witnerwe, om ‘n uitdrukking van Scott Burnett vry te vertaal, sien deesdae in afgryse hoe hulle hele ideaalstelsel voor hulle oë verkrummel. Dit is net hulle verstommende vermoë om wegkruipertjie met die werklikheid te speel en hulle hardnekkige geneigdheid tot selfbluffery wat hulle enigsins soggens in die ruïnes van hul Nuwe Suid-Afrikaanse utopie laat opstaan.

    Na hulle die kranklike Nasionale Party in 1994 bygestaan het in dié se begeleide selfmoord, was die liberaliste so seker dat dit die begin van ‘n splinternuwe goue era in rasseverhoudings sou beteken. Ons almal – wit, swart en tussenin – sou soos duisende, soos miljoene, Von Trapp-kindertjies, aangetrek in hempies en broekies van gordynmateriaal, hand-aan-hand, die minlike Mandela heel vooraan, oor die groen heuwels, die wasige lig binne na die land van eindelose glimlagte huppel. Vir die liberaliste was alles so eenvoudig: Nadat die skeidings en beperkings van apartheid afgetakel is, sal ons almal uitvind dat ons eintlik – behalwe vir ‘n paar onbenullige kroeshaartjies en ‘n sonsensitiewe vel hier en daar – net dieselfde is. Noudat daar nie meer ‘n doringdraad tussen ons is nie, gaan ons almal uitvind ons hóú van mekaar en ons gaan so kuier, so opmaak vir verlore tyd, dat die lewe in die Nuwe Suid-Afrika net een, nimmereindigende karnaval sal wees.

    Die karnaval, tot die liberalis se frustrasie, het toe nie sonder meer en betyds afgeskop nie. Na die wittebrood, omtrent die tyd wat Mandela uitgeskuif is om sy jare uit te leef as lewenslange bevrydingsikoon emiritus en stuitige kwinkslaer, het die swart Von Trappies hulle handjies warm gevryf en met onbeteuelde gulsigheid ingedons om – amptelik of nie-amptelik – hulleself te help aan die rykdom van die land. En, omdat hulle instinktief en met rede geïntimideer is deur die skrander, taai, vindingryke Afrikaner, het hulle hom probeer afkamp met ‘n swetterjoel rassistiese wette en ‘n uitgebreide veldtog van leuens oor die Afrikaner en sy geskiedenis. Selfs hierdie kampanje, het die liberalis geredeneer, sou maar net ‘n hikslaggie gewees het in die N.S.A., as die Afrikaner maar net op sy rug wou rol soos ‘n klein hondjie wat homself natpiepie uit dankbaarheid dat die A.N.K. sy magie kielie terwyl hulle sy werk vat, sy plase onteien, sy land verniel, sy vrouens laat verkrag en sy kinders laat vermoor. Om Vadersnaam, d.w.s. in die naam van die Heilige Madiba, kan die Afrikaner nie maar net verdwyn nie!

    Toe hulle besef die kulture van Afrika en die Weste gaan nie soos twee lou strome water vanself saamvloei om een snoesige, eiesoortige kulturele identiteit te vorm nie, het die liberaliste besluit dis tyd om prakties te raak. As die ronde wit gat verseg dat die vierkantige swart pen daarin sal pas – en laat dit klink soos wat dit klink – dan is dit tyd om ‘n bliksemse groot hamer te vat en om dit daarin te foeter. ‘n Intensiewe mediaveldtog  was die werktuig van keuse vir die liberalis: Die mense moes net “meer leer van mekaar se kulture” en dan sal wit minder wit word en swart minder swart. Al wat sou oorbly sou ‘n glorieuse Nuwe-Suid-Afrika-grys wees, ‘n land met volmaakte rassesimmetrie, ‘n soort Blingola vol gebalanseerde gee en neem. (Die blanke gee en die swarte neem.) Die idee was om elemente van een kultuur oor te dra op die ander.

    So is die Engels-Afrikaanse leksikon uitgebrei met sulke Afrika-juwele soos “yebo”, “amabokoboko”, “Bafana bafana”, “tata ma chance”, “ubuntu”, “shozoloza”, “Mzanzi”, en “Sho’t left”. Ons is vergas op Mozart se Towerfluit waarvan die stel ‘n mynkampong vol koorlede in rubberstewels is en Bizet se Carmen het sommer Xhosa in die mond gekry in ‘n vollengte fliek, Carmen u Khayalitsha, wat die liberale resensente die soort hyggeluide laat maak het wat vir die klankbaan van ‘n pornofliek gebruik kan word. Maar hulle beste pogings ten spyt – Mozart het nie vir Mandoza van die Sowetan se vermaakblaaie verdryf nie en die halsstarrige Afrikaner luister Laurika, Theuns, Kurt, Matthys en het van Steve Hofmeyr die grootste liedjiesmous in Suid-Afrika gemaak. Yster en klei. Olie en water. Die kulture van die Weste en van Afrika méng nie.

    Selfs wetgewing om die Afrika-kultuur kunsmatig oor te plant, het nie gewerk nie. Al wat blanke kinders in gemengde skole van die Afrikaan se kultuur geleer het, is dat jy moet skerp kyk of jy word gelem. Dié skole het ghetto’s geword wat, behalwe vir die skooldrag, lyk soos die ergste buurtes in Harlem, New York. Die Afrikaner-jeug het heeltemal eiehandig verbete sosiale rassiste geword en die “k-woord” en sy ietwat ligter nefie, die “h-woord” herontdek.

    Baie sosiale liberaliste het teen hierdie tyd bes gegee. Maar daar is nog ‘n paar hardnekkiges wat nie rus vir hulle siele sal kry nie. Hulle het die aanslag verskuif van die wetgewende en die kunsterreine na die metafisiese. Deesdae vestig hulle hulle hoop op die filosofies-volkekundige blink idee dat ons almal Afrikane is. Van bo in die Noorde tot diep in die Suide van Afrika is ons – velkleur, watse velkleur? – almal net dieselfde! As ons dít net in onsself kan ontdek, is die kind se naam Witwillem – oftewel Witsipho. Ons almal – wat dieselfde is – is anders as die mense van Europa, Amerika of Asië. Hier het ons almal dieselfde kultuur – wat toevallig die kultuur van Afrika is of hier ooit ‘n witmens op die vasteland was of nie. Al wat ons moet doen is om hierdie Afrikaan-wees in onsself te ontdek.

    Ja… maar hoe? Kultuur is nie net ‘n opvoedingsproses van ‘n paar dekades nie, dit het ook ‘n eeuelange geskiedeniskomponent en ‘n genetiese bydrae van duisende jare. Die liberalis wil hê ons moet dít wegwens. Soos wat Nataniël die manlike bevolking ‘n dekade gelede in ‘n De Kat-advertensie aangemoedig het om in aanraking met hulle “vroulike kant” te kom (“koop net die blêrrie tydskrif!”), wil die liberaliste hê ons moet ons Afrikaan-wees ontdek. Die Bybel sê wel dat die luiperd nie van kolle en die Ethiopiër nie van vel kan verander nie, maar die liberalis, soos altyd, is doodseker hy weet van beter.

    In ‘n opstel in Rapport, in ‘n verkorte weergawe van ‘n Woordfees-toespraak, beduie ene Rudi Buys, ‘n jong kanon van die sogenaamde “Afrika-Afrikaan-inisiatief”, ‘n ween-in-jou-hande, sosiaal-liberale organisasie uit pienk Stellenbosch, ewe kordaat hoe maklik dit is om van ‘n Wes-Europese kultuur oor te slaan en ‘n Afrikaan te wees. Sy preutse lessie bestaan uit meer politieke korrektheid as gestruktureerde denke, meer sosiaal aanvaarbare vlerkslepery as logika en uiteindelik verteenwoordig dit ‘n resitasie van snoesige liberale formules waarvan die logiese uiteindes nie deurdink is nie. Die liberale sosialis het nog altyd ‘n ongeërgde verhouding met die waarheid gehad. Feite word gesien as onbeskof en eerlike geskiedenisvertelling druis teen hulle vertroetelde ideologieë in. Daarom is dit ironies dat een van die benaderings waarop Buys aandring, ‘n nougesette onderwerping aan die waarheid is.

    Hierdie aandrang verskyn ‘n paar paragrawe voor sy – eintlik irrelevante – vertelling van ‘n wit-en-swart vergadering waar planne bespreek is om die herdenking van 16 Junie te vier. Hy onderskryf die populistiese maar valse siening dat Soweto-dag herdenking werd is omdat bloeddorstige regeringsmagte ‘n hele groep spelerige jongmense voor die voet sou afgemaai het. Dié perpetuering van ‘n nasionale mite bring vir Buys wel persoonlik nader aan sy ideaal van kuluuroorlopery, maar hierdie soort onverantwoordelike Afro-sosialistiese propaganda gaan die kulture van Suid-Afrika net nog verder van mekaar verdryf. Soos wat Paul Gallico van jeug gesê het, sal die waarheid uiteindelik gedien word.

    Die res van sy selfvoldane voorstelle sluit in dat ons vir mekaar stories van Afrika moet vertel, aktivisties moet optree (alhoewel die agterdog bestaan dat die aktivisme van, sê nou maar, die Boeremag, nie Buys se Afrikaan-weestoets sal slaag nie.) Ons moet onsself vereenselwig met die Nasionale Party se verraderlike oorgawe of, soos hy dit stel, “die geskiedenis van bevryding in ons land”. Ons moet godsdienstig wees want daar is “’n groot plek in die hart van Afrika” vir godsdiens. En ons moet nuuskierig wees oor die Soedan en Senegal. Maklik, nè!

    Maklik op die oog af of nie, Buys se stelsel is verbluffend weens die onsinnigheid daarvan. As jy daarvan hou om op die ritme van tromme te beweeg, staaf hy, is jy ‘n Afrikaan. Vermoedelik maak dit van Japanners, Argentyne en Amerikaanse Inboorlinge ook Afrikane. Buys wil hê dat jy van Afrikakuns moet hou. Hou my dan buite rekening. Ek is dan een van daardie onsensitiewe Europeërs wat Rembrandt en Van Eyck bo stokfiguurtekeninge en naïewe blokke helder kleur verkies.

     Sy beklinkende vereiste bêre hy vir ‘n afsonderlike paragraaf waarin hy vertel hoe hy en van sy swart kollegas almal pap en vleis ingeskep het by ‘n restaurant en toe daaroor gelag het. Sien, sien!: Pap en vleis is die kos van Afrika en as jy van pap en vleis hou, is jy ‘n ware Afrikaan. Hierdie sillogisme raak gou buite sy beheer. Ek het al in verskeie koffiewinkels gesien hoe Zoeloe- en Basotho-mense vir hulleself koek en koffie bestel. Dit maak dan vermoedelik van hulle Europeërs want koek en koffie is kennelik Europese spyse.

    Tog is dit nie bloot die swaksinnige vereistes wat Buys aan Afrikaan-wees stel wat opval nie, maar die vereistes wat hy verswyg omdat hy óf nie daaraan gedink het nie óf wat hy, in beste sosiaal-liberale styl, probeer wegwens.

    Vir Rudi Buys om ‘n ware Afrikaan, ‘n ware inboorling van Afrika, te wees, sal hy moet begin deur van sy IK te ontlaai. Buys, neem ek aan, is ‘n gemiddelde blanke en volgens elke verantwoordelike wetenskaplike studie het die gemiddelde blanke in Suid-Afrika ‘n IK wat dertig punte hoër is as die gemiddelde swarte, die Afrikaan, s’n.

    Hierdie Afrikaan het ook ‘n gans ander godsdiens, deurtrek met bygelowe en vrees vir nors, ontslape voorvaders. Vir die Afrikaner om te ver-Afrikaan, sal hy van sy Christelike geloof of, deesdae, helaas, sy sekularisme afstand moet doen. En as hy, getrou aan die aard van die Afrikaner, dit met groot ywer en entoesiasme wil doen, sal hy die wonderlike wêreld van toordokters en selfs moetiemoorde moet ondersoek. Rudi Buys eerste, sê ek.

    Maar die Rudi met sy nuwe godsdiens sal, terwyl hy op sy bed ––  wat op bakstene staan om die tokkelos te fnuik – lê en hierdie dinge bepeins, ook moet besef dat hy sy verhouding met sekere lewenselemente sal moet aanpas om ware Afrikaan te word. Sy verhouding met diere, byvoorbeeld, sal oorgedoen moet word. Ware Afrikane het byvoorbeeld ‘n voorliefde om bulle te martel totdat hulle van wilde vrees bulk. Hierdie praktyk is onlangs met meewarigheid en groot drif verdedig deur ‘n vooraanstaande swart joernalis wat sy kop skud vir die wittes wat nie meedoen daaraan nie. Swart plaaswerkers in die Vrystaat en elders is berug daarvoor dat hulle gaande is oor babahondjies maar, sodra die arme dingetjie eers tande wissel, word die dier verwerp en verwaarloos.

    En wat van urinering en ontlasting? Hierdie liggaamlike funksie is ‘n heel natuurlike een vir die Afrikaan en hy sien geen rede dat dit in privaatheid moet geskied of agterna bedek moet word nie. Een van die ontnugterende oomblikke van my lewe was toe ek ‘n gegoede swart vrou by ‘n besienswaardigheid in die Clarens-omgewing sien hurk het by ‘n hekkie waar sy ‘n groot stomende bol agtergelaat het. Haar swart geselskap het blykbaar niks vreemd in haar daad opgemerk nie maar ons wat, in meer as een sin, aan die verkeerde kant van die heining was, moes kies of ons ons asems sou ophou en versigtig daaroor trap en of ons maar oor die draad sou klim. Net verlede week sien ek ‘n swart skoolseuntjie wat met ‘n aura van groot verligting by die laerskool se hek staan en urineer. Die skool was besig om uit te kom en die ander leerders het eenvoudig net vir hom so ‘n bietjie ruimte gegun en om hom geloop sonder om enige noemenswaardige afkeur in sy gepiepiery te wys. Pis en skyt voort, Rudi Buys, as jy eenvoudig net ‘n Afrikaan móét wees.

    En dit hou nie by die nat en die onwelriekende op nie, moet Rudi Buys weet. Die Afrikaan het ook ‘n geheel en ander instelling op geslagsgemeenskap. In die Afrikaner-kultuur, met sy taboe’s en sin vir privaatheid wat op Judeo-Christelike beginsels geskoei is, is veral die vrou se liggaam ‘n heiligheid wat gekoester moet word en waarmee gemeenskap net behoorlik binne die huwelik kan plaasvind. Ontrouheid is steeds ‘n afgryslike maatskaplike wandaad en omgang met minderjariges is een van die beperkinge wat selfs deur sosiaal-liberale dwalers soos Rudi Buys onderskryf word.

    Die Afrikaan dink heeltemal anders oor seks. In baie Afrika-gemeenskappe neem ouer mans die verantwoordelikheid op hulle om jong meisietjies, sommige so jonk as twaalf, seksueel touwys te maak. Vir hierdie meisietjies is daar prestige in hierdie geslagtelike opleiding. In sekere dele van Lesotho is daar ‘n speletjie waarin tien- en elfjariges volwasse gedrag naboots. Dit sluit seks in. Partykeer dring ouer seuns dié gespelery binne. Ten minste een waarnemer, Vettorino Otto, skryf die hoë voorkoms van VIGS onder jong kinders in die omgewing aan dié vermaaklikheid toe. Maar Rudi Buys kan nie, mág inderdaad nie, fout vind met dié speletjie nie. Dit is kultuur. Afrika-kultuur. Net soos wat vroulike besnydenis nie onbekend is aan die kultuur van Afrika nie.

    Dit is nie net vrouens wat in die kultuur van Afrika besny word nie. Miskien sal Rudi Buys in sy kulturele ywer daaraan dink om ‘n tipiese inisiasieskool, ryk in Afrika-tradisie en -kultuur, by te woon. En wanneer hy wydsbeen by die huis op sy bed-op-bakstene lê, kan hy dalk van die ander verskille tussen die Afrikaner- en die Afrika-kultuur oorweeg. Want die Afrikaner en die Bantoe kan mekaar nie vind in hulle opvattings oor sulke fundamentele sake soos geweld, oorheersing, regering, familie, verantwoordelikheid, regte en vooruitgang nie. Miskien sal hy eerlik genoeg wees om te erken dat die twee kulture langs mekaar kan leef maar nooit deurmekaar nie. En terwyl hy Westerse antibiotika inneem om die wreedheid van die geroeste lem se snit te verlig, sal hy miskien besef dat kultuur dieper as die vel lê.

    occasion headbandsпрокурор Фильчаков

  • Apartheid maak alles reg

    Tipies vryersklong, oordryf Nqakula gruwelik wanneer hy sy beminde se voortreflikhede besing. Nou onlangs weer, op ‘n gala-dinee van die sekretariaat van veiligheid en sekuriteit, beskryf hy Apartheid liefderyk as die “grootste misdaad van alles.” Die karnallie!

    Wanneer ‘n persoon so ‘n obsessie het, is dit natuurlik vir hom moeilik, selfs onmoontlik, om die meriete van sy beminde se teenstanders se aansprake te oorweeg. Charlie is so volslae verslaaf aan Apartheid dat dit moeilik is om presies te begryp wat hy met hierdie geesdriftige verklaring bedoel. Was Apartheid, byvoorbeeld, ‘n groter misdaad as die klugtige verhoor en onwettige kruising van Jesus Christus, ‘n daad wat sekerlik deur meeste regdenkende mense as die afgryslikste oortreding van alle tye beskou word?

    Of dink hy dalk aan die landswye, algemene, dekades-lange uitdelging van nie-blanke rasse waarvoor Apartheid so weliglik geloof word in die liberale pers en in die oorlamse fabels van vandag se geskiedenisboeke (daardie “lyke in die strate” waaroor Allan Boesak so snik?) Want indien wel, nou ja, dan lieg hy gewoonweg in diens van sy beminde. Eintlik het die ingetoë Apartheid ‘n onbenullige bydrae gelewer op die gebied van rassegeweld. In 46 jaar het Apartheid, volgens geskiedenisghoeroe Herman Giliomee, die dood van 19,000 politieke sterftes in haar boekie, waarvan by verre die meeste deur swartmense op swartmense gepleeg is. Dit is 0,07% van die bevolking en vertoon maar efferig met die 33% van Kambodja (2,4 miljoen mense verdelg deur Pol Pot se kranksinnige kommuniste), 10% van Rwanda (800,000 Toetsies opgekap in ‘n geweldsorgie deur hulle medeburgers, die Hoetoe’s) en die 5,3% van Guatemala (200,000 in ‘n ingewikkelde politieke bloedfees.) Om nie te vergeet van ‘n paar miljoen in die Kongo nie, 200,000 in Darfoer, duisende en duisende in Zimbabwe, honderde duisende in Oeganda, ‘n miljoen Bantoes hier, ‘n miljoen daar, uitgeroei deur hulle eie magsugtige rasgenote. Die 19,000 swartmense wat deur swartmense in Apartheid se gloriejare vermoor is, is heelwat minder as die aantal swartmense wat deur swartmense élke jaar onder die ANK vermoor word. En dit is ook aansienlik minder as die 26,000 vrouens en kinders wat deur die Britte tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 vermoor is.

    As Charlie dan so moet lieg oor Apartheid se sjarme, wat is dan die oorsprong van dié obsessie? Een van Apartheid se legendariese eienskappe is dat dit ‘n deel van die bevolking “verontmenslik” het. Dit is nou om voetjie-voetjie met die waarheid te speel. Apartheid, met al haar gebreke en voortrekkery, was ‘n moeder wat probeer het om vir al haar kinders ‘n beter lewe te gee. Nee, Nqakula en die falankse van sy kamerade wat so vryerig is met Apartheid, bewonder haar nie vir haar vermoë om iets van ‘n mens weg te vat nie, maar juis oor haar vermoë om iets by te voeg, altans vir haar nuwe vryers.

    Die hel, word daar in Engels gemeen, se vurige woede kan nie vergelyk word met dié van ‘n weggewerpte vrou nie. Apartheid was eens die jong, fris, spelerige vrou in die huis van die Nasionale Party wat miljarde rande op haar uitgegee het en haar vertroetel en verdedig het. Maar sy het haar glans verloor en in 1994 het die NP, in die trouelose F.W. de Klerk se woorde, die boek op haar toegemaak. Maar die verrimpelde ou tante is herontdek en opnuut ontplooi deur die ANK en nou is sý die een wat die gawes rondstrooi. Haar houvroubruidskat, kan ‘n mens sê, is die welvarendste land in Afrika.

    Apartheid is so kragtig dat die blote noem van haar naam die mag het om mense en organisasies in een oomblik te omskep. Is jy arm, lui, onproduktief, sonder ervaring – en swart? Sê net “apartheid” en, hei presto!, jy is nou ‘n bestuurder, ‘n direkteur of ‘n generaal met ‘n nuwe BMW, ‘n huis in Waterkloof, ‘n onuitputbare onthaaltoelaag en ‘n bodemlose selfoonrekening.

    Het jy geen tradisionele, kulturele of juridiese aanspraak op ‘n spogplaas nie en het jy ook geen landboukennis, vaardighede, werksywer, bestuursvernuf of tegniese aanleg nie? Skree “Apartheid!” en die plaas is joune.

    Is jy ‘n Matshikiza of ‘n Qwelane sonder ‘n aanvoeling vir struktuur, enige vars insig en met ‘n onuitwisbare ongemak met taalkunde, spreek net daardie mooiste naam van name – Apartheid! – en, kul-jou-hier, kul-jou-daar! ––  jy is nou ‘n rubriekskrywer wat deur algar verseker word van jou pittigheid en onweerstaanbare insig. Die intonering van Apartheid se naam het ‘n miljardêr en Suid-Afrikaanse teenvoeter vir Donald Trump gemaak van ‘n mislukte rebelleleier soos Tokyo Sexwale, ‘n gesondheidsminister van ‘n nasionale krankheid met die naam Manto Tshabalala-Msimang en generaals en admiraals van ‘n spulletjie militêre analfabete. Dit kon selfs ‘n afgod maak van R.N. Mandela, die onbeholpe leier van ‘n patetiese bevrydingsbeweging.

    En al sit die land sonder elektrisiteit, al is dit oortrek met die pitswere van geweldsmisdaad, al knak die ekonomie onder die gewig van oorbesoldigde, onproduktiewe – en swart – leiers, noem net Apartheid se naam en alles is reg. Dan besef almal dat die Nuwe Bantoe nie in staat is tot mislukking nie – want dit is alles Apartheid se skuld.

    So, jy kan Engels met ‘n gemartelde aksent praat, nie weet waar om jou sakrekenaar aan te sit nie, nie weet hoe om te tik, ‘n wiel om te ruil, ‘n inspuiting toe te dien nie, ‘n regsuitspraak te volg, ‘n rekenaar te konfigureer of ‘n kabel te las nie, dit maak nie saak nie: Antie Apartheid maak alles reg. Jy – solank jy net swart is – is nou ‘n ingenieur, ‘n omroeper, ‘n werkswinkelbestuurder, ‘n dokter, ‘n regter…

    Charlie Nqakula weet sekerlik dat Apartheid hom gemaak het wat hy is, net soos wat, sê nou maar, George Patton, deur die Tweede Wêreldoorlog gemaak is – met die verskil natuurlik dat as die oorlog nie uitgebreek het nie Patton nog steeds ‘n skrander militaris sou gewees het. Maar sonder Apartheid sou Nqakula net nog ‘n uitgevrete bakhandbedelaar gewees het.

    Sonder Apartheid sou niemand die name geken het van die Mandela’s, Tambo’s, Lekota’s, Ramaphosa’s, Maharaj’e, Slovo’s, Jordans, Sisulu’s of die Mbeki’s nie. Hulle is almal haar spruite maar sy word nou gedaan, die ou tante, en sy is moeg vir haar bloedskandige verhouding met haar kinders. Die dag is op hande dat mense meer in ‘n amptenaar en ‘n leier se vermoëns gaan belangstel as in sy verhouding met Apartheid; wat hulle meer waarde gaan toeskryf aan mense wat die verskil ken tussen ‘n oorwinning en ‘n vergunning. Maar dit gaan te laat wees. Die Afrikaner het bewys dat hy kan bestaan en homself kan laat geld sonder Apartheid. Die Bantoe-leiers van die ANK het ewe deeglik gedemonstreer dat hulle nie kans sien vir die lewe na Apartheid nie. As hulle nie meer die reg het om haar naam in smeekkrete uit te roep nie, het hulle niks nie.

    Volgens ‘n effe irriterende deodorantadvertensie van die tagtigs kan ‘n meisie sonder haar jeans, haar werk en selfs haar kêrel klaarkom, maar nie sonder haar Mum nie. Charles Nqakula kan sonder wysheid, skranderheid, insig klaarkom. Hy kan selfs bestaan sonder sy vrou – en met haar vertonings in gedagte, wie sou nie wou nie? – maar sonder Apartheid! Nou ja, sonder die voorregte wat Apartheid op hulle uitgiet sal die Nqakula’s van hierdie wêreld, slegs toegerus met hulle eie vaardighede en vasbeslotenheid, hulleself net nie kan handhaaf nie.

    As jy van Apartheid vergeet, vergeet jy van Charles Nqakula. Sonder Apartheid kan Charles Nqakula nie leef nie.

    играть в драгоценные камниАлександр Фильчаков

  • Lang lemme in die nag

    Meer vasnaelend as interpretasies van die Siener se voorspellings is die weldeurdagte menings van ontleders en veiligheidskenners soos die TLU se Gideon Meiring, AKSKA se Lukas Swart en dié van die skielik berugte Gustav Müller. Tussen die drie van hierdie onverbonde deskundiges het hulle verskeie dekades se ervaring in militêre intelligensie en elkeen van hulle is bedrewe in die versameling, ordening en verspreiding van inligting. Hierdie is nie stemme wat goedsmoeds geïgnoreer behoort te word nie en veral Swart en Müller is driftig dat daar ‘n landswye komplot is om blanke teenwoordigheid in Suid-Afrika tydens een massiewe bloedige spasma van geweld totaal te beëindig. Dit is heeltemal binne die ruim van moontlikheid. Ons leef na alles in Afrika waar net nog ‘n ongeërgde klein volksmoord minder of meer amper roetine is en nie juis die wêreld se bewussyn gaan prikkel nie. Maar Swart en Müller se alarms berus steeds op interpretasie en die onderskrywing van esoteriese berigte en menings. Dit is nie hulle wat my vrese wakkerpraat nie.

    Ek word bang vir onteenseglike, standhoudende, algemene waarhede, soos wanneer ek hoor dat Friedrich Nietzsche sê: “Vrees is die moeder van moraliteit;” woorde wat ‘n eggo het in die profeet Jeremia se verklaring: “Die mens se hart is boos bo alle dinge.” Al wat die mens weerhou van boosheid, so verstaan ek die filosoof en die profeet, is vrees. As jy wil weet hoe om ‘n mens se venietigende selfsug op hok te hou, stel net vas wat dit is waarvoor hy bang is. Wanneer hierdie vrees verval, verander die mens in ‘n verterende monster wat selfs dit wat eens vir hom kosbaar was, sal vernietig.

    Hierdie is ‘n refrein van moderne en selfs populêre kultuur. Die teruggrype na ‘n primitiewe self is ‘n tema wat ontstellend ondersoek word in William Golding se grillerige “Lord of the flies” waarin ‘n groepie koorseuns op ‘n eiland gestrand is en hulle self moet versorg en verdedig. Die gewone beperkings van die gemeenskap geld nie meer vir hulle nie en hulle wentel af tot die morele standaard van hondsdol aasdiere. ‘n Meer ligsinnige maar tog geldige demonstrasie is in realiteits-TV se “Survivor” te sien. Wanneer goedgemanierde, welopgevoede, beginselvaste persone sonder vrees vir gemeenskapsverwerping teen mekaar meeding vir ‘n miljoen dollar, is verraad, sluheid en aggressie die terugval lewenstyl van die mens.

    Ons het hierdie vlakliggende, oorlewingsgedrewe barbaarsheid van die mens op ‘n baie grootser skaal te siene gekry in die naloop van Orkaan Katrina se verwoesting van die stad New Orleans.  Hierdie was ‘n moderne, polsende stad, weliswaar met ‘n sluwe onderlaag, maar toe die orkaan en die oseaan klaar was met New Orleans het dit nie net die keerwalle uit die pad gespoel nie, dit het die stad ook sonder enige noemenswaardige administrasie gelaat. Die meeste gegoede mense het voor die aankoms van Katrina gereageer op die Afrikaner, Ivor van Heerden, se waarskuwings en na hoër grond onttrek. Die wat agtergebly en die storm oorleef het, meeste van hulle swart en arm, het die volgende oggend opgestaan, deur die water gestrompel en gou besef hulle is soos kinders wat alleen gelos is. Die meeste polisielede en die hele stadsraad het voor die orkaan gewyk. Die agtergeblewenes het skielik geen offisiële sanksie gehad om te vrees nie en alle morele halters het losgespring.

    Vir die volgende paar dae het hulle in siedende massa’s deur die stad gespoel, meer vernietigend as die orkaan self. Hulle het winkels geplunder en dit wat deur die water staande gelaat is, beskadig of geplunder. Duisende van hulle het in die sentrale sportstadion ingetrek en daar het die oerwoudreël van die oorwinning van die sterkste op die kruuste moontlike manier gegeld. Die paar oorblywende blankes in die stadion moes in klein groepies laer trek om hulle vrouens van verkragting en hulleself van uitwissing te red. Die swart massa’s kon hulleself ongestoor by hulle vernietigingswerk bepaal: Die polisie was te min en te ongetraak om hulle te keer. Moraliteit het skielik gekwyn want die moeder daarvan – vrees vir amptelike vergelding – het weggeval.

    Die drama van New Orleans is ‘n kontinentale verskynsel in Afrika. Die individuele Bantoe is vanweë antropologiese redes, hulle kultuur en tegnologiese gebrekkigheid nie emosioneel betrek by die wyer gemeenskap nie. Hulle belang lê hoofsaaklik by hulle gesinne en uitgebreide families. Tradisioneel is hulle in toom gehou deur stamgesag en meer onlangs deur die kolonis se objektiewe wetstoepassing. Die stamowerhede se invloed is regdeur die twintigste eeu verplaas deur westerse regspraak. Met die onttrekking van die koloniale administrasie is ‘n vakuum gelaat. Die Bantoe het geen strafreaksie op sy optrede oorgehad om te vrees nie. Massamoord, fanatiese vandalisme en algehele verontagsaming van enige morele ingewings het die gemeenskapsvesel van Afrika geword. Die temamusiek van hierdie vastelandwye drama was die eentonige resitering van name wat in oneer sal leef: Zaïre, Ghana, Ivoorkus, Somalië, Ethiopië, Biafra, Nigerië, Sentraal Afrika Republiek, Rwanda, Uganda, Sierra Leone, Liberië, Zambië, Zimbabwe, Mosambiek, Angola, Kongo…

    En Suid-Afrika staan gereed om in ingehuldig te word in dié saal van berugtheid.

    Ja, hier

    Die Afrikaner het die mag in 1994 oorgegee onder die oortuiging dat die ANK die vergrype van Afrika raakgesien en afgekeur het. “Nie híér nie!” was die stelreël van die dag. Suid-Afrika sou die uitsondering wees. Hier sou geen Afrika-styl verval en verdelging plaasvind nie. In hierdie atmosfeer van optimisme was die Afrikaner half verleë oor sy agterdogtigheid oor die ANK se motiewe en ook oor sy lae agting van die Bantoe se administratiewe vermoëns. Die ANK was, so wou dit vir die Afrikaner lyk, toe eintlik ––  in Pik Botha se uitdrukking –– “goeie ouens”; skrander, sensitief, mensliewend en toegewyd. En, het die blankes mekaar herinner, Suid-Afrika is die een land waar daar nie ‘n vakuum gelaat is deur die grootskaalse onttrekking van westerse instellings en vaardighede nie. Die Afrikaner was hier om te bly en dit sou verregaande onnoselheid en onredelikheid geverg het om hulle saam met hulle ervaring en ywer uit te skuif.

    Dit sou nie die laaste keer wees wat die Afrikaner die klassieke flater-in-Afrika begaan deur staat te maak op die redelikheid van onredelike mense nie.

    Dit is juis hierdie onverantwoordelike vertroue op die ANK se redelikheid wat die Afrikaner houtgerus gemaak het dat daar geen breëfront gewelddadige aanslag teen hom sou wees nie. Die wysheid van die dag was dat die voortekens van so ‘n aanslag te ooglopend sou wees. Daar sou sekere voorbereidings moes wees, afgetrek op ‘n ou bekende Afrika-patroon. Mees prominent sou die verskyning van ‘n gulsige nuwe elite wees wat hulleself sou verryk ten koste selfs van die heel armstes van die land. ‘n Kunsmatige florerende middelklas van ondersteuners sou moes opgerig word. Hulle sou die westerse invloed en beheer in die landsbestuur en die veiligheidsmagte moes aftakel en die administrasie blootlê vir massiewe korrupsie en algehele onbeholpenheid in middel- en hoë bestuursvlakke. Die ANK sou ‘n outokratiese, partygedrewe oorname van die openbare media moes bewimpel wat die veldtog sou moes lei om ‘n minderheidsgroep doelbewus en onverpoos te verkleineer en as onheilig voor te hou. ‘n Messiaanse kultus wat gekonstrueer is om ‘n openbare figuur sou ook help. Die formule vir volksuitwissing se eerste fase is om die regerende party as redders van die nasie voor te hou en ‘n minderheid as die vyande van die land. Daarna moet die regering ‘n paar nasionale krisisse skep wat aan die gehate minderheid toegeskryf word. 

    Die Afrikaners se oë het stadig oopgegaan maar een na die ander moes hulle die ANK se vertoning gaan meet teen die program van volksuitwissing. En dit pas! Die Afrikaner  se ontnugtering het verhewig tot afgryse met die ANK se ontplooiing van ‘n uitgebreide program van Swart Ekonomiese Bemagtiging, regstellende aksie, programme om die polisie en die nuwe weermag van blankes te suiwer, die veelbesproke snukifikase van die SABC, wegdoening met Afrikaanse dorpsname en die aanslag op sy skole, die verskynsel van onproduktiewe jong swart middelvlak bestuurders en die algehele vasbranding van die landsbestuur. Die een koortjie wat die openbare media knaend sing is dat dit alles die Afrikaner se skuld is; wat “dit” ook al mag wees. En, heel verstaanbaar, gloei die verontwaardiging in die swart gemoed teen die drie miljoen Jona’s in die land.

    Die brandstapel is gepak. Die hout is goed droog. Al wat dit kort is ‘n oop vlam. Die Bybel sê dat die tong ‘n klein vlammetjie is wat groot vure aansteek. En dít maak my bang want ek hoor die presiese woorde, die uitgesoekte mantra’s, die fynontwikkelde slagspreuke, die omvattende netwerk van beskuldigings wat die vereiste bestanddeel is vir ‘n volk om deur die onbeteuelde woede van ‘n ander verbrand te word. 

    Daardie soort van ding

    Ek kan Siener van Rensburg se vooruit verklarings ignoreer en Swart en Müller se rooi vlae miskyk maar ek voel deurgaans die warm wind van die woorde en dit is woorde wat vlamme maak van die vonke teenaan die droë hout van die brandstapel. Die een boodskap wat deur die regering, die media en die liberale volksmond volgehou en versterk word, is dat die Afrikaner boos, inhalig en gewelddadig is. Die blanke transformeer nie, word daar beskuldig. Hy is steeks en onwillig om vir die onregte van die verlede te vergoed. Soos wat swart frustrasie met hulle eie onbeholpenheid toeneem, word die debiete daarvan onregverdig op die Afrikaner se rekening aangebring. En selfs, teen die bors gestuit deur die duidelike teendeel van hierdie aanklagte, hou die aantygings nie op nie.

    Thabo Mbeki het op ‘n televisie onderhoud na sy staatsrede gedemonstreer hoe hierdie veldtog op stoom gehou kan word. Die blanke, het hy betoog, transformeer nie en toe kug en hakkel hy op die vraag hoe hy dit bedoel. Die rede vir sy skielike ongemak is duidelik: Die Afrikaner het, na alles, ‘n ongeëwenaarde nasionale persoonlikheidsomvorming ondergaan. Hy het die rykdom wat hy opgebou het aan die ANK oorgelaat, teruggestaan op leiersgebied, sy werk ter wille van knoeiende swart aanstellings ontruim en met passie deelgeneem aan die fiksie van die Nuwe Suid-Afrika. Die Afrikaner van die Nuwe Suid-Afrika staan toe oë, hand op die bors van die polohemp met die “Trots Suid-Afrikaans” borduurwerk daarop en hy sing “Nkosi Sikele i’Afrika.” Maar volgens die ANK se program kan nie dít of enige iets anders genoeg wees nie. Die Afrikaner se samewerking en omvorming mág nooit aanvaar word nie. “Uhmm, met transformasie,” het die president geproes, “bedoel ek meer gemengde skole, meer gemengde woongebiede… daardie soort van ding.”

    “Daardie soort van ding.” Laat daar nooit twyfel wees nie: Die Afrikaner, doen wat hy wil en kan, sal in die media-oog en in die swart bewussyn nooit voldoen aan die onvasstelbare “daardie soort ding nie.”

    En wat gemaak met so ‘n onboetvaardige, steekse en bose teenwoordigheid in die land? Geweld teen hierdie ondier is nie meer ‘n onreg is nie, nie eens meer net ‘n toegewing gemaak deur ‘n stilswyende regering nie, maar inderdaad ‘n morele plig op die gemiddelde swart man. Hoe maklik moet dit nie vir hulle wees om te glo dat hulle die regte, die goeie, ding doen om die aarde te bevry van die versurende teenwoordigheid van die Afrikaner nie. En in die nag verskyn die lang lemme.

    Ons nag van die lang lemme is nie ‘n verskynsel waarop ons langer wag nie. Dit het – onafgespreek en sonder aankondiging – reeds begin, tans nog gekamoefleer as ‘n misdaadvlaag wat dien as ‘n soort afgryslike eksperiment in volksuitwissing. Ja, sekerlik, dit sal nog in omvang toeneem totdat dit onverbloembaar nie meer net ‘n reeks bloedige moorde is nie maar ‘n volskaalse burgeroorlog; in intensiteit kan dit kwalik verhewig.

    Watter sieklike item van ekstreme geweld verskyn nog nie op die spyskaart van wat ons mense elke dag moet verduur nie? Verminking, verkragting, versmoring? Ja, ons het dit. Verbryselde babaskedels? Jip, daar is dit. Oumensvoete wat in kookwater gedompel is nadat die voetsole afgesny is? Het dit. ‘n Barmhartige, skadelose skrywer wat met bloudraad verwurg is? Probeer ons Pieter Pieterse. ‘n Man wat tereggestel is nadat hy gedwing is om toe te kyk hoe sy bruid herhaaldelik gebrutaliseer word? Hoeveel daarvan soek jy? ‘n Dogtertjie wat met groot presiesheid deur die voorkop geskiet is terwyl sy op haar ma se skoot gesit het? Natuurlik… En die maitre d’ waar hierdie ala carte vreetfees van walglike bloedvergieting voorgesit word, is ‘n kalm, bebokbaarde, pyprokende president wat die blanke skuldig hou daarvan dat hy in gebreke is om “daardie soort ding” uit te voer.

    Of dit deur weldeurdagte opset of volslae patetiese onbeholpenheid of ‘n kombinasie daarvan is, is oop vir bespiegeling maar die feit staan: Die regering het presies die regte stappe gevolg om die verdelger by te staan in sy bose kruistog. Nie net het die regime ‘n teiken op elke blanke vasgespeld nie, hy het hulle ook ontwapen en gestroop van beskerming en sekuriteit. Vir die lang lemme om bebloed te word in die nag, is dit noodsaaklik dat die kommando’s ontbind moes word, die veiligheidsmagte lamgelê en die gewone burger ontwapen moet word. Die ANK-regering werk mooi saam. Die wrede ironie is die westerse, blanke en selfs Afrikaanse media wat so uit volle bors saam sing aan die lied wat die ANK ingesit het.

    Vroeër jare was die struggle-fliek ‘n kortpad vir enige worstelende filmmaker na sukses en roem. Ter aanvulling het ‘n hele teaterindustrie ontstaan op die stryd as tema en het byvoorbeeld van Athol Fugard die suksesvolste dramaturg naas Shakespeare gemaak. In die negentigs het hierdie vermakers ‘n windstilte getref. Die stryd was verby. Wat was daar oor om te sê? Maar die ou struggle-istas het mettertyd besef daar is meer perverse glorie in die stryd as in die veeleisende bestuur van ‘n land. Op die golf van hulle verwronge nostalgie het die struggle-filmmakers ‘n tweede asem gekry. Die formule is eenvoudig: ‘n Skyn-geskiedkundige fliek van ‘n sensitiewe, mensliewende, humoristiese swartmens wat verneder, gemartel en verdruk word deur ‘n siniese, inhalige, vreesdeurdronge Afrikaner. Die fliekmeule pers hierdie films teen ‘n tempo uit: Drum, Country of My Skull, Stander, Forgiveness, Blood Diamond en die nuwe Tim Robinson projek, Catch a Fire, geskryf deur daardie streng objektiewe susters, Gillian en Shaun Slovo, die kinders van die Marxiste Joe Slovo en Ruth First. Selfs in Hotel Rwanda wat die geskiedenis vertel van (swart) Hoetoe’s wat amper ‘n miljoen (swart) Toetsie’s uitgedelg het, word die blaam gelê waar Hollywood so seker is dit behoort: Voor die deur van (blanke) België wat die land gekolonialiseer het en voor die deur van die (blanke) VN amptenare wat hulle magte onttrek het sonder om die slagting te keer.

    Hierdie onverskillige omvang met die werklikheid ten spyt, is Hotel Rwanda goeie kykstof vir Afrikaners wat die skouer optrek oor die gedagte van ‘n volksuitwissing. In die Rwanda van die vroeë ’90’s was al die elemente teenwoordig wat ons nou in die Nuwe Suid-Afrika herken: ‘n Verguisde maar intimiderende minderheid wat gevrees is deur die meerderheid, ekonomiese verval wat op die minderheid geblameer kon word en ‘n ononderbroke mediaveldtog wat die minderheid as “kakkerlakke” uitgekryt het.

    Natuurlik trap die fliek suutjies om die onderwerp van die geweld. As uitmoordenaars blank was, sou hulle wandade in liefderyke, Schindler’s List-styl detail vertoon gewees het. Maar swart geweld is polities ‘n radio-aktiewe onderwerp en die filmmakers wys net skalkse glimpsies daarvan. Tog ontstel dit genoeg, veral omdat die verloop daarvan afspeel, nie in die platteland nie, maar in die voorstede van die hoofstad Kigali. Dit is die kontras tussen die kil, redelose, masjienagtige geweld teenoor die knus, bekende omgewing van die woning wat ‘n mens aangryp. Want sou die sluise faal en die swart geweldsvloed in Suid-Afrika losbreek, is dit in Rynfield, Benoni; Bothasig, Kaapstad; Garsfontein, Pretoria en Queensburgh, Durban wees waar die slagting gaan plaasvind. Dit is nie die vlakte anderkant Megiddo of ‘n onheilspellende vallei of ‘n stowwerige bergpas nie. Daar is geen padteken wat dit eien as “Die Slagveld” nie. Dit is die huis.

    En wanneer hulle jou voordeur oopbreek en jou uitsleep sal jy die klein fraaiings van die lewe sien: Die strooi-advertensie wat skeef gevou langs die telefoon lê, die skoene wat jy nog wou vat om hersool te word, die krapmerke teen die gangmuur waar julle die klavier gestamp het toe julle dit ingedra het. En buite staan die kar waarmee jy elke dag werk toe ry en wat jy moet onthou om vir ‘n diens te vat. Daar is die braaier met verlede Saterdag se as nog daarin, die seuns se geskufde krieketbal onder ‘n struik, ‘n fiets skuins teen die muur, die tuinslang wat moet opgerol word… En vir ‘n oomblik sien jy die bure maar uitroep na hulle is futiel want die swart hande is op hulle en die werf is vol lenige figure in los, flappende hemde, flenterbroeke en uitgetrapte skoene. Jy kan nou in die straat afsien en in al die tuine is dit dieselfde: Die vloed van jillende, snouende manne. En die lang lemme glinster en swiep op, blits af… En die bloed! Die bloed is daar in al die buite-die-liggaam manifestasies daarvan: Vasgepak onder vingernaels, korrels daarvan in die gleufies van kneukels, dowwe spatsels oor klere, krummelrige koeke in natgeswete hare, strepe oor lemme en gloeiende rooi smeersels oor stompgekapte snykante.

    Die skielike ondier

    Die 1976 Soweto onluste het vir altyd die manier waarop blankes na swart geweld kyk, verander. Die grootste skokelement was hoe vinnig ‘n massa swartes kan opvorm. ‘n Groepie opgeruimde, tergende, spelerige individue kan in ‘n paar oomblikke verander in ‘n grommende, bloedlustige massa. Dit is asof hulle met die karigste aansporing en aanwysings van die alomteenwoordige agitators een dier word; wyd, vloeiend en met ‘n skynbaar onstuitbare momentum; ‘n monster wat van vorm verander en via die weë van minste weerstand indring, omkeer, afbreek, neerwerp, vertrap, verbrand, opkap… Dit is die onbeplande, ongeoefende skielikheid daarvan wat so vreesaanjaend is.

    As dit wel geoefen word, kan die onlangse voorval in Motherwell in die Oos-Kaap as ‘n oefening beskou word. ‘n Groep Somali’s het hulleself daar gevestig en besighede opgerig wat blykbaar te mededingend was vir die Xhosas. Na ‘n skietongeluk by ‘n Somali winkel het die swart Suid-Afrikaners hulle kans gesien. Een of meer agitators het verskyn, die winkel is afgebrand. Die monster is gevorm en het begin verteer. Meer as ‘n honderd Somali besighede is vernietig en geplunder terwyl die polisie ongeërg toegekyk het. Meer as vierhonderd Somali’s moes vir hulle lewens vlug.

    Hierdie Somalis was ‘n klein eilandjie in ‘n groot swart see. Elke blanke woongebied en plaas is eweneens omring deur swart nedersettings. Terwyl ons ongewapen, onvoorberei en onwaaksaam is, kan ons ewe gemaklik oorval word. Dít weet ons.

    Die regering – kolossale onnoselheid uitgesluit – moet dit ook weet en, soos die Motherwell polisie trek hulle die skouers op. Intussen gaan die eksperimente in geweld voort. Dit is soos die proefsteke wat ‘n aanvaller op sy vyand se verdedigingslinies loods om die swakhede daarin te vind. Elke keer wat ‘n blanke plaas of woonhuis in die voorstad suksesvol binnegedring word sonder heftige en besliste teenkanting, word die rampokker net meer kordaat, net meer vasbeslote en bedag op die moontlikheid om hierdie geweld, nou sporadies in klein groepies toegepas, op groot skaal te probeer.

    Die ANK se laaste mistasting

    Alles is in posisie vir ‘n volksuitwissing om op die Afrikaner losgelaat te word: Die volk word deurlopend en venynig verkleineer en voorgehou as boos en die blanke is gestroop van sy wapens en het karige hoop dat die uitgekalwe en onbeholpe veiligheidsmagte hom sal kan of wíl beskerm. Ek kan nie anders as om skepties te wees oor die ANK se benadering nie. Hulle kan die bom ontlont maar dit wil eerder voorkom asof hulle die vonkie aanblaas. Dit is vir my duidelik dat hulle die Madiba-is-dood SMS-gerug vir hulle eie planne aanwend. ‘n Eenvoudige, kort telefoonoproep van Mandela na enige TV-kanaal sou alle voortydige tydings oor sy dood opgeruim het. Dit is in die ANK se belang dat die blanke van balans af gehou sal word.

    Maar uiteindelik is dit die ANK wat gaan mistas. As dit ‘n eeuelange afwyking van die blanke is om die moontlikheid van wye, wrede geweld in Afrika te verontagsaam, is dit ‘n swart gebrek om die blanke se vermoë om te organiseer en homself te beskerm te onderskat. Wanneer sy opponent ‘n baba, ‘n vrou of ‘n ouman is, is vandag se moorddadige sluiper besonder suksesvol. Maar as hy, alleen of in ‘n bende van duisende, deur ‘n vasberade, ingegrawe Afrikaner vanaf agter ‘n slaggeweer gekonfronteer word, sal hy wegsmelt in die duister waarvandaan hy gekom het.

     As die Afrikaner die vooruitsig van lang lemme in die nag verontagsaam, sal duisende van ons volk grusaam met hulle lewens vir dié kortsigtigheid boet. Maar daarna sál ons konsolideer en sál ons onsself beskerm. Daar sal ‘n geweldige konflik wees en omdat oorlog op die onderskeie opponente se bestuursvermoë berus, kan daar net een militêre wenner wees en dit sal die Afrikaner wees. Na die stryd sal die swart mense nog steeds hier wees en die blankes ook. Maar die ANK sal geknak wees.

    Dit is elke redelike mens in hierdie land se gebed dat die Nag van die Lang Messe bloot ‘n vooruitkouende stoeplegende sal bly. Maar as dit sou losbreek, sal iets oneindig kosbaar uit die skerwe daarvan kom: ‘n Onafhanklike, vooruitstrewende, veilige Afrikaner Republiek wat in die gees van goeie buurmanskap met sy swart bure in Suid-Afrika sal saamwerk om die land op te hef.

    Die ANK hét nou nog die vermoë om die geweld in hierdie land te stuit en, sou hulle ‘n algemene helder oomblik beleef, is dit wat hulle moet doen. Paradoksaal is dit húlle oorlewing, eerder as dié van die Afrikaner wat daarvan afhang.

    casino sign upалександр лобановский супермаркет класс

  • Die volk teen die muur

    Die gedagte aan ‘n herdenkingsmuur vol name is natuurlik nie nuut nie. Daar is genoeg monumente in die buiteland en ook in Suid-Afrika waar gevalle soldate, helde en slagoffers van bepaalde gebeurtenisse gehuldig word. Die beroemdste sodanige muur is sekerlik die Viëtnam-veteranegedenkmuur in Washington in die VSA.

    Dit is deel van die besondere bewussyn van die Amerikaner en vorm die agtergrond van dosyne gung-ho-styl Amerikaanse heldeflieks. Dit is ‘n toeristelokker wat honderde duisende mense trek om die weerkaatsing van hulle eie gesigte te bekyk teen die lang lyste name van die gesneuweldes en vermistes.

    Dié wat daarna kyk, is nie almal van dieselfde mening oor die toepaslikheid van die monument of, veral, van die ontwerp daarvan nie. Die Viëtnam-oorlog was die langste, mees uitmergelende en sosiaal verdelende stryd waarin die Amerikaners nog ooit betrokke was (‘n onderskeiding wat nou deur Bush se avontuur in Irak oortref mag word.) Die hele gedagte aan die verering van soldate wat daaraan deelgeneem het, was vir baie liberale Amerikaners afstootlik. Die ontwerper van die gedenkmuur, ‘n bloedjong student, Maya Lin, het dit egter beskryf as ‘n huldiging,  nie soseer van die oorlog nie, maar van die soldate wat in gehoorsaamheid aan hulle regering se oproep gaan dien en gesterf het.

    ImageDie grootste strydpunt was egter die ontwerp van die muur self. Fondse is deur die Viëtnam-oorlogsveterane self ingesamel en hulle het vir voorstelle vir die ontwerp gevra. Die indiening waarvan hulleself by verre die meeste gehou het, was ‘n beeld van drie soldate deur die volksbeeldhouer, Frederick Hart. Dit was ‘n uitdrukking waarmee hulle hulleself kon vereenselwig, vol detail en simbole wat die oudgediende kon herken en waardeer. Drie soldate – twee wit en een swart – in bosuniforms verskyn as’t ware asof uit die oerwoud. Dit wil voorkom asof hulle nou net van patrollie af kom. Daar is ‘n gevoel van waaksaamheid oorgetrek met oorlogtamheid in hulle houdings. Die een dra ‘n M60 ligte masjiengeweer soos ‘n balk oor sy skouer en een van die ander het ‘n  M16 aanvalsgeweer by hom. Hoeveel die beeldgroep ook al aangeklink het by die veterane, was die deurslaggewende besluit nie hulle s’n nie. Hulle het in ‘n spasma van politieke korrektheid ‘n paneel van agt kunstenaars en argitekte aangestel om die wenvoorstel te keur. ‘n Beeldgroep van iets so herkenbaar en verteenwoordigend soos drie soldate sou nooit die toets van die kunsgemeenskap in die hooggety van abstrakte kuns en Bauhaus-stylargitektuur oorleef nie. Hulle keuse het geval op die indiening van Maya Lin. Dit was ‘n… muur. Wel, twee mure eintlik, wat haaks met mekaar staan, amper soos die vrymesselaars se winkelhaak. Dit is van gepoleerde graniet uit Bangalore, Indië, gemaak.

    Die muur was net té glad, té kaal en té kil vir baie veterane. Dit was meer “soos ‘n grafsteen as ‘n eerbewys aan gevalle kamerade” het een oudgediende dit uitgedruk. Hulle het die snedige kunskritici se beskuldigings van sentimentaliteit afgemaak en op Hart se Drie Soldate aangedring wat uiteindelik as kompromis ook op die perseel staangemaak is.

    Maar as die ontwerp en selfs die politieke korrektheid van die monument gedebatteer is, was daar nooit enige teenstrydigheid oor wie se name daarop moes verskyn nie. Vir sy naam om daarop te verskyn moes die persoon opgeneem gewees het in die Amerikaanse weermag, verskeep gewees het na Viëtnam waar hy in aksie, ‘n ongeluk of van siekte wat hy daar opgedoen het, gesterf het of hy moes vermis geraak het in aksie. Daar is ‘n presiese aantal name op die muur: 58,249, waarvan agt dié van vroue is.

    Dit is juis die identifisering van dié gestorwenes wat verering waardig is, wat die grootste strydpunt in die oprigting van die Suid-Afrikaanse gedenkmuur is. Voordat die beitel gelig en die hamer oorgehaal kan word, moet daar besluit word wat die doel van die muur en die vereistes vir verskyning daarop is.

    Volgens die Freedom Park-trust se webblad is die muur ter herdenking van “dié wat vir menslikheid en vryheid in Suid-Afrika gesterf het.” By eerste aanskoue kom dit as ‘n rein gedagte voor. Wie kan protesteer as die slagoffers van brutaliteit en terrorisme formeel onthou word? Dit is gepas, is dit nie, om die onskuldige, weerlose mense te onthou wat, sê nou maar deur die Kerkstraat-bom, Robert McBride se Magoo’s Bar-bom en Mandela se Stasiebom, vermoor is.

    Die name op die muur dien as’t ware as ‘n kwitansie vir die prys wat betaal is vir die “vryheid” van die Nuwe Suid-Afrika. Dit sal net ‘n baie lang muur moet wees. Elke mens wat nou nog met soveel uitgelatenheid in Suid-Afrika vermoor word, is deel van daardie onkoste. Dié misdaadvlaag word, na alles, stilswyend deur die regering goedgekeur en deur wetgewing ondersteun. Dit is deel van die voortgaande revolusie van die ANK. Mao het gepraat van “permanente rewolusie”. Die mees prominente hedendaagse praktisyn daarvan is Robert Mugabe maar dit net omdat Suid-Afrika nog deur ‘n paar kontorsies moet gaan voordat die rassistiese regime van Thabo Mbeki – en sy opvolger – geposisioneer is om ‘n eiesoortige Suid-Afrikaanse bydrae te maak tot die katalogus van Afro-marxistiese landsverpletteringe. ‘n Baie lang muur gaan inderdaad geverg word. Dit sal nie volledig wees sonder die name van, byvoorbeeld, Pieter Pieterse en David Rattray nie.

    Die Amerikaanse muur is 75 meter lank en 3 meter hoog. As die Freedom Park-argitekte dieselfde lettertipe sal gebruik en hulle muur ook sal konstrueer om drie meter hoog te wees, sal dié konstruksie amper ‘n halwe kilometer lank moet wees om die name van die sowat 360 000 slagoffers te bevat wat met hulle lewens betaal het vir die “vryheid” van die ANK. En wat is bekom deur die betaling van dié helse prys? Vryheid, ja, vryheid vir die ANK om met matelose arrogansie en volslae onbeholpenheid die land die grond in te bestuur; om die staatskas te roof in ‘n program wat gaan onder die eufemistiese naam “Swart Ekonomiese Bemagtiging.” Daar is met lewens betaal vir die BMW’s van die nuwe sosiale verskynsel – die jong, hier’s-ek-nou swartetjie wat ‘n onbehoorlike salaris ontvang vir ‘n werk wat hy nie kan doen nie. As ‘n outomotiewe wonderwerk sou plaasvind en hy 360 000 kilometers op die Bee-Em se klok sou sit sonder om dit om ‘n paal te buig voordat hy dit inruil op ‘n groter een, is daar vir elke kilometer met een lewe betaal.

    Maar hierdie kategorie – onskuldige, burgerlike slagoffers – is te eng om eksklusief gevier te word deur die ANK. In die gebruiklike spasma van sosialistiese ywer moet hulle gesneuwelde “helde” gehuldig word; deelnemers aan die “struggle”, hoofsaaklik lede van die Marxistiese ANK se gewapende vleuel, MK, en die PAC se eweknie, APLA. Dis moeilik om te sê hoeveel ruimte op die muur vir hulle name gelaat moet word. Wie van hierdie ontslapenes kwalifiseer vir opname op die gedenkteken? Kwalifiseer die honderde kamerade wat deur die ANK in hulle opleidingskampe doodgemartel is? Wat van dié ellendelinge wat so onbeholpe in die stryd was dat hulle hulleself opgeblaas het of wat in opleidingsongelukke omgekom het? As die definisie van ‘n ANK-held net dié insluit wat in ‘n aanval op regeringsmagte gesterf het, sal ‘n piepklein muur voldoende wees om hulle name in vetdrukhoofletters te bevat. Hulle kan die muur ‘n bietjie uitpof deur die 19 000 name by te voeg van dié wat die lewe in Kwa-Zoeloe gelaat het in die barbaarse gewapende stryd tussen die ANK en die IVP van 1990 tot 1994. En dan is daar die Kubane wat in Angola gehelp het om die bloeddorstige kommunistiese MPLA aan bewind te hou en wat in hulle duisende geswig het voor daardie doeltreffende krygsmasjien, die toendertydse Suid-Afrikaanse Weermag.

    Die ANK kan maar self besluit wie helde in hulle oë is. Die strydpunt wat nou ontstaan, is of gesneuwelde lede van die apartheidsregering se weermag daarop aangebring moet word. Dit is verbasend dat daar hoegenaamd nog ‘n verskil van mening hieroor kan wees. Daar is geen ooreenkoms tussen Umkhonto we Sizwe-terroriste en die soldate van die ou S.A.W. nie.

    Die S.A.W. was ‘n uiters professionele, gedissiplineerde en – veral – doeltreffende organisasie. Deesdae is daar ‘n liberalistiese veldtog deur oningeligtes – wat nooit daar was nie – om die ou weermag te besmeer met beskuldigings van wreedheid, onmenslikheid en onderdrukking. Inderwaarheid was die etos van die S.A.W. die welbekende Calvinistiese medemenslikheid van die Afrikaner. Die weermag se kontak met die plaaslike bevolking was altyd gerig deur die stelreël van “minimum geweld, maksimum vriendelikheid,” ‘n slagspreuk en ‘n benadering wat by elke operasionele lid ingedril is. Waar die weermag ook vir ‘n bepaalde tyd in ‘n nuwe gebied teenwoordig was, het hulle gratis mediese hulp, kos, behuising en selfs skole verskaf. Terwyl dorpe soos Ongiva en Xangongo in die Suide van Angola onder die weermag se beheer was, het dié inwoners daarvan ‘n lewenspeil ervaar wat nooit voorheen of daarna vir hulle beskore was nie. Toe was hulle veilig teen verdelging deur hulle eie volksgenote in die MPLA se weermag, FAPLA. (En anders as die skinderskrywers van die liberalistiese pers gebruik ek nie hoorsê stof nie. Ek was daar. Ek was een van die lede wat ‘n gewonde swart meisietjie in die veld net buite Cuvelai gevind het. Sy is in die kop getref deur die skrapnel van ‘n mortier wat roekeloos in die plaaslike bevolking se rigting gewerp is deur die onttrekkende FAPLA soldate. ‘n Deel van haar skedel was weg en die breinvlies was sigbaar. Drie weermagdokters en ‘n span mediese korps-lede het vir dae lank gespartel om haar lewe te red en toe die natuur ingetree het, het ek groot, taai manne gesien met trane in hulle oë, algeheel verpletter.)

    Ek het genoeg daar gesien om te weet dat oorlog ‘n afgryslike verskynsel is en dat wanneer ‘n groot, doelgerigte leër aan die beweeg is, onskuldige mense soms in die slag bly. Maar ek weet hoe ‘n hoë premie die S.A.W. gestel het op die lewens van die plaaslike bevolking wat die slegte geluk gehad het om omgespoel te word deur die wispelturige branders van ‘n oorlog waarvoor hulle nie gevra het nie. Die waarheid is dat vroue, kinders en ander onskuldiges nooit die teiken van die Suid-Afrikaanse Weermag was nie.

    Dít is, na alles, die groot verskil in definisie tussen ‘n legitieme weermag en ‘n terroriste-organisasie. MK en APLA is gestig met die oogmerk om weerlose mense om die lewe te bring om sodoende ‘n klimaat van vrees te skep waarin hulle eise oorweeg sou word. Hierdie organisasies was so lamlendig en amper komieklik onbeholpe op ‘n Keystone Kops-manier. En hulle was, natuurlik, te lafhartig om hulle wapens op die veiligheidsmagte of op die leiers van die apartheidsregering te rig. Daarom het Nelson Mandela Umkhonto we Sizwe gestig om jag te maak op mense wat hulleself nie kan verdedig nie. Dit is vir enige oud-lid ‘n ondenkbare, vernederende gruwel om te dink dat hulle gevalle kamerade se name in die teenwoordigheid van sulke moordenaars aangebring moet word.

    Maar al wás hierdie terroriste so dapper, edel en doeltreffend soos wat die ANK se mites voorhou, is hulle en die S.A.W. in verskillende versamelings sonder gemene delers. Die gesneuweldes van die S.A.W. het nie geveg vir die “vryheid” waarvan die Freedom Park-trust praat nie. Hulle het geveg om die oorname van die regering deur die swart meerderheid van die land te verhoed. Ek weet want ek het lank en diep gesels met Roetsie, Schrönen, Dawid Lotter, Piet Liebenberg, Smittie en Peter Dicks, almal boesemvriende van my en almal in aksie in die operasionele gebied dood. Hulle het geglo dat ‘n swart meerderheidsregering onafwendbaar sou lei tot die algehele afwenteling van die land in ‘n tradisionele Afrika-moeras van armoede, ellende, misdaad en ‘n nuwe vlak van intense rassehaat. En as ek na die ANK-regering en hulle rekord van die afgelope dertien jaar kyk, sien ek niks wat my laat dink dat my kamerade verkeerd was nie.

    As ons sou instem, as ons inderdaad sonder heftige proses sou aanvaar, dat ons gevalle helde se name op die ANK-Freedom Park se muur aangebring word, verraai ons hulle herinnering. Ons dien as ondersteuners van die ANK se permanente revolusie en maak ons van daardie muur ‘n rubberstempel van die ANK se onderduimse en vernietigende metodes. As lewe onder die ANK die swart gemeenskap se idee van vryheid is, is dit net nog ‘n glinsterende voorbeeld van die onaanpasbaarheid van die twee kulture. Dit onderstreep die noodsaak vir die Afrikaner om te onttrek na sy regmatige deel van die grondgebied van hierdie land waar hy homself kan regeer en sy eie weermag, ‘n eggo van die trotse Suid-Afrikaanse Weermag van ouds, kan opbou om homself te beskerm.

    Die volk staan inderwaarheid voor ‘n metaforiese muur en ons is met ons rûe teen hom. Ons het ‘n keuse: Ons kan skaapagtig staan terwyl ons hande agter ons vasgebind word en ‘n blinddoek oor ons oë getrek word net voordat die vuurpeloton aanlê. (Hoewel ons weet watter vrot skuts die nakomelinge van MK en APLA is, kan selfs hulle beswaarlik op hierdie afstand mis.) Of ons kan omdraai, die muur agter ons afbreek en uitstap na vryheid en die oorlewing van die Afrikanervolk. En ons begin deur te sê ons weier dat die name van dié wat vir orde en veiligheid geveg het, besoedel word deur te verskyn in die omgewing van lafaards en moordenaars op die Freedom Trust se muur.

    децкие игрыtopcargo

  • Die volk, die vlag, die vrees

    Hierdie ideaal resoneer in die Nuwe Suid-Afrika se landsleuse, vervat in daardie onuitspreeklike x’e en uitroeptekens onder die dansende, boepens-en-boesmanboudjies figuurtjies: Eenheid in diversiteit. Die slagspreuk is ‘n eggo van die vorige landleuse, “Eendrag maak mag.” Diversiteit is ook daarin geïmpliseer want waar daar nie ‘n verskeidenheid is nie, is ‘n oproep tot eenheid oorbodig.

    Verskeidenheid wat in ‘n huls van eenheid verskans is, is ‘n ideaal waarna selfs getas word met die ontwerp van die huidige nasionale vlag. Twee kulture word in kleurkode verteenwoordig. Afrika is te sien in die geel, groen en swart wat nie net die kenkleure is van die Afro-Nasionale Kongres nie maar veelseggend genoeg ook van die Rasta-beweging waarvan die hartland in Ethiopië is. Hierdie kleure druis van links na regs oor kleure wat onmiskykbaar en onbeskaamd Europees is: Die rooi, wit en blou soos uiteengesit in die Nederlandse vlag, die Franse tricolore en, les bes, ook in die Britse Union Flag en selfs Ol’ Glory, die Amerikaanse sterretjies-en-strepies vlag. Met die bekendstelling van dié vlag – toe dit nog die “oorgangsvlag” was – het Cyril Ramaphosa by die westekant daarvan, oorheers deur die groen, geel en swart, gestaan en Roelf Meyer by die rooi, wit en blou aan die ander kant. Roelfie, wat gewys het ‘n mens kan nog ‘n (flouerige) sin vir humor hê net voordat jy jou volk in die rug by die afgrond afskop, het geskerts: “Staan jy by jou kant van die vlag en ek by my kant.”

    Nie al die Afrikaners het gegrinnik nie maar die meeste was tog naïef beïndruk deur die atmosfeer van die landsimbole wat skynbaar die bewaring van identiteite binne die inklusiwiteit van die Nuwe Suid-Afrika beklemtoon het. Kyk, ons kan Xhosa wees of Zulu, Basotho, Tswana of inderdaad Indiër of Kleurling. Ons kan selfs Afrikaner wees want ons is soos die rooi, of die indigo of die groen in die reënboog, herkenbaar ‘n afsonderlike volk en selfs wanneer hierdie rooi of indigo of groen oor die kromming van die reënboog gespan word bly rooi rooi en indigo indigo en groen groen. Daar is hoop! Ons kan hierdie reënboogding doen. Dit is in hierdie gees, het hulle geglo, wat Desmond Tutu – op sy flikflooierige beste – die uitdrukking “Reënboognasie” geskep het en net sy verklanking daarvan (“ê, ê, ê reinnn—bou nê-sjôn”) het dit laat klink asof dit ge-kerspit moet word en in ‘n blommetjiesraam skuins onder ‘n Madiba-portret in die voorkamer moet hang.

    As dit die reënboog is, sê ek en sê miljoene ander Afrikaans, bring dit hier! Dit is ‘n herinterpretasie van die ou Verwoerdiaanse ideaal van afsonderlike ontwikkeling en die Afrikaner  voel gerieflik daarmee. Hy verkies om na homself om te sien en is tuis tussen sy eie mense en sku tussen ander. Maar, ê ê ê ê wag nou, wag nou net so ê ê ê ê bietjie… dit is glad nie wat die Aartsbiskop in gedagte gehad het nie. Dit omseil wat hy die “vryheidsdividend” noem, die swartmens se aanspraak op die Afrikaner se rykdomme. Dit laat die inboorling verantwoordelik vir sy eie gebreke en vergrype en dit sal nooit, nooit in die Nuwe Suid-Afrika deug nie. Nooit nie. Nie in Tutu se Reënboognasie nie.

    So sou die Afrikaner leer, ‘n reënboog, nes skoonheid in die Engelse uitdrukking, is in die oog van die kyker. Een man se reënboog is nie ‘n ander man s’n nie en dit is duidelik dat die A.N.K. óf nooit soos die Afrikaner oor reënboë gedink het nie óf dit bitter gou herbedink het. In die Nuwe Suid-Afrika het die reënboog net een kleur. Natuurlik is daar net een manier om ‘n enkele kleur te maak uit die verskeidenheid kleure van die optiese verskynsel wat ons ‘n reënboog noem: Keer die prismatiese effek om. Wanneer al die rooie en oranjes en gele en groene en bloue en indigo’s en violette as een lig gesien word, is daardie lig wit; weliswaar, gesien die gekleurde mens in Suid-Afrika se nimmereindigende obsessie om wit te wees, ‘n ironiese kolskoot, maar waaragtig nie die effek wat die Tutus in ‘n populistiese slagspreuk wil besing nie. Die Tutu-reënboog, het ‘n dosyn jaar se rassisme, dorpsherbenamings, grondeise, regstellende aksie, hoë-vlak politiek-korrekte rowery en swart-teen-blank geweld ons geleer, is donker; donker soos die eindelose middelveld van Afrika wat ‘n mens in daardie satelliet nagfoto’s sien; nie blinkswart soos antrasiet nie maar grys, dofgrys soos aangepakte lood of die vel van ‘n Sjangaan wat op die N3 voor Vosloorus doodgery is. Die Reënboognasie reënboog, na alles, is nie ‘n begrip wat in terme van ‘n kaatsing van lig uitgedruk kan word nie. Dit is ‘n idee wat ‘n beter analogie vind in verf of, nog trefferender, in drukkersink.

    In die vlakdrukproses word die illusie van volkleur geskep deur piepklein kolletjies wat in “rosette” van vier kleure – blou, rooi, geel en swart – gedruk word. Die intensiteit van elke kleur in verhouding met mekaar gee die indruk dat die beeld ingekleur is. Dit is nie ‘n besondere ingewikkelde proses nie, maar een wat groot noukeurigheid vereis om seker te maak die kleure is in registrasie. Omdat die kleure in volgorde met lang tussenposes gedruk word, smeer die onderskeie kleure ink nie. Maar as jy die blou en rooi en geel en swart ink in blertse langs mekaar sou aanbring en, terwyl dit nog nat is, deurmekaar sou smeer, sal daar ‘n nuwe kleur – onkleur? – op jou voorvingerpunt wees: Loodgrys. Dooie-Sjangaan-langs-die-N3 grys. Die soort  grys wat jy by ‘n Soweto-braai in die marog-bokvleis-en-stywepap bredie in die driebeenpot sal kry: Die grys van die Tutu-reënboog.

    Die Tutu-rëenboog, ‘n visie van die natuurverskynsel soos deur die gerookte glas van ‘n sweisbril gesien, duld geen ander kleur as grys nie. Hierdie grys kan swart wees met wit kleurelemente en ons sien die manifestasie daarvan elke dag, die bemagtigde swartman as westerling oorgetrek in sy snyerspak, sy pinkiering, sy handgestikte skoene, sy Rolex en sy Police donkerbril. Hy ry by ons verby in  sy glimmende hoëwerkverrigting, lugversorgde, klankverrykte statusmissiel, op pad na ‘n megarand-per-vierkante-meter kantoor, iewers hoog in die korporatiewe of administratiewe atmosfeer waar hy gaan inpronk om gesien te word in die besetting van ‘n pos waarvoor hy nie gestudeer het nie, geen opleiding voor ontvang het nie, nooit voor beplan het nie; hy moet net gesien word, want hierdie grys, hierdie swart met deurskynende wit selofaanoortreksel, hoef geen waarde by ‘n organisasie te voeg nie, geen administratiewe behendigheid, strategiese aanvoeling, bestuursvernuf nie, hy hoef net aan die organisasie te behoort want hy is swart, hy is bemagtig en sy teenwoordigheid, word hy vertel en glo hy, is waardevol genoeg.

    Maar hierdie grys kan ook uit wit bestaan met ‘n swart skimmellaag oor. In die Nuwe Suid-Afrika, grysboogland, moet die wit verdwyn, grys word, vervaag in die skadu’s in. En hy trek soos Denis Beckett sy Madiba-hemp aan, daardie los oortrekstuk met die etniese patrone op; daardie kledingstuk wat die verstommende vermoë het om ‘n swartman flambojant en sorgvry te laat lyk maar wat die middeljarige blanke draer se los keelvelle beklemtoon en hom hangskouerig en beboeppensd laat lyk. Maar die Getransformeerde! blanke is bedrewe daarin om die nuwe lewe se klein afjakke en verkleinerings met ‘n gestyfde grinnik op die gesig te aanvaar. Dis met daardie grinnik wat hy plek maak vir die getroue Selina om aan tafel met die gesin te eet en waarmee hy haar aanpor om haar belewenisse met hom en sy gesin te deel. Behalwe wanneer sy oor ernstige sake, soos haar kultuur en lewe in die township praat. Dan grinnik hy nie. Hy knik sy kop swaar en sy oë trek dán nou, dán wyd net sodat sy kan weet dat hy elke woord van haar met deernis ontvang en met ontsag in sy binneste bewaar. Grinnik. Kopknik. Kopknik. Grinnik, grinnik, grinnik. Met sy jongste se verjaarsdag sê hy vir haar om haar klein Precious te laat saamkom wanneer die kleuters dit by die Spur met papierhoede, ballonne, kinderporsies en ‘n kelnerserenade vier. En wanneer hy aandring dat Sipho, die kantoor se nuwe stelselbestuurder, saam met hom en ‘n paar kollegas by 41 in Groenkloof gaan eet, word daardie grinnik nóg breër, nóg stywer veral om Sipho se kwinkslae te bekragtig of sy faux pas toe te plak as hy sukkel om ‘n voorgereg reg uit te spreek. Hierdie Nuwe Gryse ken al die etniese gonswoorde waarvan “ubuntu” nie net die belangrikste is nie maar as’t ware die sosiale ideaal wat hy glo hy eendag sal behaal. Wanneer hulle Nkosi Sikelela sing, staan hy nie op aandag nie want aandag is ‘n wit postuur; hy staan regop met sy regterhand op sy linkerbors en hy sing saam want hy ken al die woorde in al vier van die elf landstale waarvan die volkslied gemaak is. Hy ken die name van die meeste kabinetslede, spreek “Xhosa” met ‘n tongklap uit, sing lofliedere oor Mboweni en Manuel wat hy as die beste finansiële span wat daar nog ooit in ‘n Suid-Afrikaanse regering was beskryf en hy praat van Rolliesjlasjla Mandela as “Madiba.” Hy is ‘n pasifis, het ‘n Nuwe S.A. vlag vir ‘n plakker in sy stasiewa se agterruit, verkondig die evangelie van anti-retrovirale middels en dra ‘n rooi strikkie in die eerste week van Desember. Hy stem DA maar is eintlik lief vir die A.N.K. Hy glo daar is ruimte vir almal, gun vir almal die beste in hierdie land waarop hy so openlik en verbete trots is. Maar om ‘n rewolusie te vier moet ‘n mens die teenslag afkeur. En so, omdat daar so iets is as geregverdigde woede, sien hierdie Nuwe Gryse, hierdie voorheen bevoorregte witte, rooi as ‘n bende reaksionêre idiote die ou landsvlag swaai wanneer die Springbokke in ‘n toets speel.

    Wat hulle intellektuele standaard ook mag wees, ‘n klompie mense hét die ou vlag, die Oranje-Blanje-Blou, op die paviljoene geswaai toe die Springbokke einde verlede jaar nógmaals voetbalskande gemaak het op ‘n toer na Europa. Hierdie verfoeilike gedrag moes onmiddellik en ten sterkste in die openbaar uitgekryt word. Toe laat kom hulle die kaptein.

    John Smit, soutierooi van haar, rooinekbleek van velkleur en gebou soos ‘n pond botter – en beweeglik soos een ook – frons, kug sy keel skoon en verklaar dat die Springbokke in die verleentheid gestel is deur dié vlagwaaiers. Enige iemand wat al sy goed-gerepeteerde post-wedstryd onderhoude (“… ek is trots op my ouens… hulle het baie karakter getoon… ons het onsself in die steek gelaat…”) gehoor het sal saamstem dat John nie die helderste sweetband op die veld is nie, dat dowwe instink eerder as volkleur verbeelding hom aandryf. Maar! Wanneer hy oor verleenthede praat – luister! want ons Springbok-kaptein is ervaringgewys ‘n wêreldkenner van verleentheid.

    As daar ‘n trofee was vir voetbalverleenthede, was dit die John Smit beker. (Die trofee vir die swakste rugbyspeler van die jaar is Iafrica se “Rudolf”, vernoem na Rudolf Straeuli, voormalige Springbokafrigter. Die huidige houer van die trofee is….. John Smit!)

    John laat na om die presiese vlak van verleentheid wat deur die vlagswaaiers veroorsaak is aan te dui. Is dit ‘n verloor-teen-Frankryk-in-Suid-Afrika verleentheid of is dit meer van ‘n verloor-met-16-52-teen-die-All-Blacks gevoel van skande of is dit die skaamte wat die kaptein ervaar wanneer die Springbokke op een toer met rekordtellings teen Wallis, Frankryk én Engeland verloor? Is dit in die graad van vernedering wat ‘n mens sou ervaar as jy, die kaptein, jou span lei (?!) in ‘n nederlaag van 49-0 teen ‘n pieperige span Wallabies of as jy ‘n beduidende bydrae gelewer het in die telling van 34 gemiste vasvatte in ‘n enkele wedstryd of wanner jou span bulvoorspelers as “poefters” afgeskryf is? Met die vertoninglys van die huidige korps Springbokke, waarskynlik die vrotste in geskiedenis, sou ‘n mens nie dink dat hulle ‘n paar lapsimbole op die paviljoene nodig sou hê om verleë te voel nie.

    Maar daar is John, sy soutierooi gesig nog rooier en sy dik lyf in ‘n knellende wit hemp en ‘n Springbok-kleurbaadjie geskink. Sy breë gesig is net so weemoedig soos wanneer die Springbokke nog ‘n slag afgeransel word. ‘n Mens kan maar sê dit is sy gebruiklike gesigsuitdrukking. Daar om toe te sien dat hy sy rympies mooi voordra – en vermoedelik dat sy naels skoon is, hy binne-in sy naeltjie gewas het en ‘n gestrykte sakdoek by hom het – is ene Zola Yeye, die huidige Springbok spanbestuurder – een van daardie standaarduitgawe politieke kommissar wat, so wil dit voorkom, in ‘n ondergrondse laboratorium in Uzbekistan  of iewers geproduseer word vir die uitsluitlike rede om witmense te irriteer. Die inhoud van Johnny se voordrag is dat die Springbokke skaam gevoel het toe hulle die ou vlag op die paviljoene gesien het.

    En ‘n mens dink, ja wraggies, ons kan verstaan dat hulle verleë voel. As jy ‘n span is wat so gereeld uitoorlê, papgeskrum, kisgehardloop, voosgeduik is, en jy dink aan die Springbokke wat op hulle tyd die Oranjé-Blanje-Blou gesalueer het – ysters soos Frik du Preez, Mannetjies Roux, Jan Ellis, Danie Craven, Hennie Muller, Hansie Brewis, Japie Krige – nou ja, dan is dit maklik om te bloos, skaam te voel en weg te kyk. Neeneeneenee! Nie dáárdie soort verleë gevoel nie. John Smit praat van iets heel anders.

    Johnny resiteer mooi maar effe eentonig. Die enigste vlae wat hom skaam maak is dié met ‘n Afrikaner-verbintenis: Die Oranjé-Blanje-Blou, die Transvaalse Vierkleur en die vlag van die Oranje Vrystaat. Die ander vlae word deur sy verstek om hulle te noem as onbesproke verklaar. Sy verklaring is so onoortuigend as wat verwag kan word van ‘n rugbyspeler vir wie ‘n eenvoudige wedstrydplan ( hou die bal, moet dit nie wegskop nie; hou die bal moet dit nie wegskop nie; hou die bal moet dit nie… JOHNNNY! Wat MAAK jy?!) ‘n intellektuele brug te ver is.

    Zola Yeye het duidelik nie ‘n hoë agting vir die kaptein se verstandelike spierkrag nie. Met die matelose arrogansie van ‘n nuutbemagtigde lid van die Grys Reënboog, bewe hy vir die geleentheid om sy rewolusionêre ywer te demonstreer. J.J. Harmse, Rapport se verslaggewer op die toer, skimp kliphard dat Yeye een van daardie selfbehepte administrateurs is wat geen moeite of sonde ontsien om in die kalklig te gloei nie. Niemand mag, byvoorbeeld, voor hom die spanbus verlaat nie en hy reserveer die perskonferensies met die meeste publisiteitswaarde vir homself. Wat hom, ‘n minderwaardige rugby-apparatsjiek met ‘n armsalige verlede as speler en onbeduidende loopbaan as administrateur, betref, is hierdie die Zola Yeye-toer met die Springbokke bloot as ondersteunende item. Hy hef een van daardie onsamehangende, siedende, verontwaardigde monoloë aan waarvoor swart retorici berug geword het.

    Volgens hom het mense vir John, die gedienstige kaptein, gevra om ‘n ou vlag te teken en toe hy geweier het, het hulle “hom in Afrikaans gevloek.” Dit is af te lei dat dit die Afrikaans eerder as die skelwoorde was wat die dwarsgraat in Yeye se keel is. Dit, reken hy,  is dit die gedrag van mense wat nie wil “aanvaar wat in die land gebeur het nie.” “Die ou vlag behoort aan gister,” mor hy en voeg onheilspellend, indien ietwat kripties, by: “’n Publieke onreg gun jou nie ‘n private reg nie.” Waarna hy aanbeveel dat ‘n publieke onreg gepleeg word: “Hulle [met die ou vlag] moet nie die geleentheid gegun word om dit te doen [die ou vlag op die paviljoen te waai] nie.” Hierdie vlagswaaiers beduie hy, “probeer oneer aan ons nasionale simbole bring. Ons vlag is ons hart en siel.” Wat beteken hy iets gesien wat die res van ons misgekyk het. Hoe ‘n goeie idee ek by myself mag dink dit is, ek het niemand in die paviljoene gesien urineer op die Nuwe Suid-Afrikaanse Jockey Junior Zolroker Vlag nie. Hy voer aan dat die Springbokke teen “elke land” wil speel – ‘n begeerte wat nie sondermeer ooglopend op die veld is nie – en “hulle gee nie om oor jou politiek of jou ideologie nie.”

    Reg. Hulle (die Springbokke) gee nie om oor jou (die Afrikaner) se politiek of ideologie nie. Mooi. So waaroor die bohaai dan?

    Want ‘n yslike bohaai was daar ‘n bohaai. Die vlagswaaiers is wyd uitgekryt; die woord “idioot” is algemeen gebruik, gewoonlik in die styl van John Robbie (“Kry daardie idioot van die veld af!”) Dit is lank reeds duidelik dat die bewakers van goeie Grys Suid-Afrikaanse politieke sedes die vertoon van die Oranje-Blanje-Blou as barbaars en aggressief beskou. Maar dit is nie net die ou vlag wat nie die nuwe populêre sensor se skêr ontglip nie, dit is ook die Stem, ander volksliedere, die gebruik van tradisionele Afrikaanse dorpsname en selfs Afrikaanse popmusiek.

    ‘n Rits van hierdie klagtes is in Oktober in Business Day aangehef deur Christi van der Westhuizen, ‘n liberale navorser van Natal oor wie se prosa die hale van haar uitgebrande buustelyfie lê. Nadat sy die Afrikaner – en veral in sy manlike gestalte – van bakboord na stuurboord sleggesê het, hyg sy gebelgd oor ‘n Afrikaanse musikant, ‘n “sanger du jour” soos sy hom noem (“daar is hordes van hulle”) wat opspraak verwek het deur die Stem op die verhoog te sing. (Dié maaifoedie is Pieter Smith wat ‘n ritueel daarvan maak dat sy gehoor aan die einde van ‘n vertoning op aandag staan terwyl hy voorgaan met Die Stem. Alles behalwe ‘n musikale wasempie gaan sy loopban van krag tot krag, dankie.) Sy sien in Steve Hofmeyr se albumverkope ‘n sieklike hunkering na apartheid en sy skel die groep Kobus! uit oor die titel van hulle nuutste CD: “100% skuldgevoelvry.” Dit is natuurlik hoe sy die Afrikaner verkies – struikelend, stamelend, deurtrek met skuldgevoelens, afgerem deur sy sondelas. Dat die vooruitgang van almal in hierdie land en die behoud van die strukture daarvan afhanklik is van ‘n sterk, selfversekerde, positiewe Afrikaner roer haar geensins.

    En dit is wat mens die meeste tref in hierdie hele protes oor die huldiging van die Afrikaner se simbole: Die algehele gebrek aan gesonde verstand daarin. Selfs ‘n takties gestremde haker behoort dit te kan insien maar, indien nie, laat ons nie versuim om hom in sy dinkprosesse te help nie.

    Laat ons dan stadig met hom praat, soos met iemand wie se verstand nog in ‘n losskrum is terwyl die spel al na die oorkant van die veld verskuif het:

     

    Nou kyk Johnny, jy weet daardie ding wat julle altyd sê oor skeidsregters, dat al wat vir julle as voetbollers tel is dat hy “konsekwent” moet wees; dat wat onkant is vir een span, onkant moet wees vir die ander een, en so aan? Net so met vlae, Johnny. Sien jy? Die reëls wat geld vir een vlag, moet geld vir ander vlae ook.

    Sal ons dan by die ou landsvlag begin en kyk hoe dit gaan? So, sê vir ons, Johnny, wat is dit van die ou vlag, die Oranje-Blanje-Blou, wat vir jou soveel aanstoot gee? Nee, Johnny, nee, jy’s verkeerd. Yeye is verkeerd. Christi van der Westhuizen is verkeerd. Die Oranje-Blanje-Blou is geensins die “apartheidsvlag” nie. Dit is al in 1928 amptelik gehys, ‘n goeie twintig jaar voor die uitvinders van apartheid, die Nasionale Party, hulle eerste algemene verkiesing gewen het. Niemand het dié vlag ontwerp om die ideale van apartheid te verteenwoordig nie. Dink jy iemand het gaan sit, ‘n kleurpotlood se agterpunt gekou en gemymer: “Hmmm… hoe sal ek nou weer apartheid op ‘n vlag voorstel? Ek weet! Ons begin met oranje, wit en blou bane en sit die Union Jack en die Boererepublieke se vlae in die wit baan!” ?.

    Wat ook al die politieke prestasies of sondes van die verlede, Johnny, dit maak nie saak nie. ‘n Vlag, sien jy, is nie veronderstel om ‘n politieke beweging se simbool te wees nie. Die funksie daarvan is om ‘n volk te identifiseer. Die Oranje-Blanje-Blou is die vlag van die Afrikaner – vóór, týdens en ná apartheid. Dit was veronderstel om elke Suid-Afrikaner se vlag te wees maar terwyl die Afrikaner dit omhels het, het die gekleurdes en die Engelse weggeskram daarvan. As jy dié vlag as ‘n verleentheid sien, trek jy jou neus vir die Afrikaner op. (Jy weet mos wie die Afrikaner is, Johnny? Dis nou sulke ouens soos Os du Randt, Bakkies Botha, Jacques Cronjé, Danie Rossouw, Schalk Burger, jy weet mos, die ouens wat jou moet uithelp elke keer as jy droogmaak op die veld en in wie se oë jy weier om te kyk as jy wéér ‘n keer die bal aangeslaan het.)

    Die Afrikaner het finaal sy rug op apartheid gedraai. Gaan vra maar vir daardie lede van die publiek wat die ou vlag by hulle het, Johnny, daardie ouens wie se vlag jy te nougat was om te teken, en hulle sal jou vertel, apartheid is nie ‘n stelsel wat hulle wil herbesoek nie. Hulle waai nie die vlag om te sê “Gee ons apartheid terug” nie. Hulle wys die vlag en sing Die Stem om te sê “Hier is ‘n Afrikaner, een van die afsonderlike kleure van die aartsbiskop se Reënboognasie!” As jy dit nie kan verdra om die Afrikaner trots op sy eie te midde van die verskeidenheid te sien staan nie, weet jy wat doen jy, jy voeg jou stem by dié wat reken die Afrikaner moet padgee – in sy eie grondgebied in waar daar geen politieke korrekte koliekeriges is wat deur hom ontstel kan word nie. En waar hy sy eie vlag sonder teenspraak kan hys al is dit die vlag wat julle verkeerdelik die “apartheidsvlag” noem.

    Ja, niemand stry nie, dit wás die vlag waaronder apartheid ontwikkel en toegepas is. Die apartheidsregering het nooit enige ander vlag gesalueer nie. En kom ons aanvaar dat apartheid die ongenaakbare onderdrukking was wat jy vertel is dit was – en… so…? Onthou net, dit was onder die Oranje-Blanje-Blou wat die Afrikaner – en niemand anders nie – die stelsel van apartheid afgetakel het. Die vlag behoort mos dan, soos julle daaroor dink, gerehabiliteer te wees.

    Maar daar was nie net ellende onder die ou vlag nie, was daar? Daardie vlag was die simbool van ‘n land waar daar vrede, veiligheid en vooruitgang was. Inwoners van lande wie se vlae jy met eerbied op Ellispark sal aanvaar, het hongersnood en uitdelging in hulle eie lande onder sadistiese despote probeer ontkom deur te vlug na die land van die Oranje-Blanje-Blou.

    Dink so daaroor, as dit nie vir apartheid was wat die regering as beleid in 1948 ingestel het nie, was daar nie vandag ‘n Loftus, ‘n Ellispark of ‘n Nuweland vir jou en jou dapper manne om julle toetse op te verloor nie. Suid-Afrika sou, met die uitsondering van die gebiede rondom die genasionaliseerde myne, uit stofstrate bestaan het waar verflenterde, verhongerde kaalvoetklonkies leë Rooikruis kosblikkies rondgeskop het voor buitemuurportrette van korrupte vetvark diktators in heroïese postuur. Onder die gewapper van die Oranje-Blanje-Blou is ‘n sterk, welvarende, veilige land gebou. ‘n Verpletterde volk het sterk en trots geword en was uiteindelik in die posisie om sy hand ondertoe te hou om ‘n primitiewe inboorlingras boontoe te trek na die beste lewenstandaard Suid van die Sahara.

    Ja, daar was vergrype deur die inwoners van die land onder die Oranje-Blanje-Blou maar hulle het self hierdie tekortkominge ontleed en weggedoen daarmee. Dit is, na alles, in die aard van die westerling. Hy het nog altyd die nasionale karakter gehad om sy eie onreg aan te spreek al was dit, sê nou maar, slawerny. (Hierdie is nie ‘n Afrika-eienskap nie. Slawerny sou nou nog in Suid-Afrika gedy het as die blankes nie die inboorlinge verplig het om dié praktyk te staak nie.)

    Nou kyk Johnny, wanneer jy sê dat die vlag van jou pa en jou oupa vir jou ‘n verleentheid is, vat jy hulle in die gesig, as jy volg wat ek sê. Ek weet dat vir iemand wat so hard moet werk om lynstaankodes te memoriseer dit moeilik is om nou nog oor die geskiedenis ook te gaan oplees. (Terloops, is dit waar dat jy jou vinger onder die lyntjie hou en jou lippe beweeg as jy lees?) Die waarheid, Johnny, is dat jou oupas nie sommer net op ‘n regeringstelsel besluit het omdat hulle nie van “kaffers gehou” het nie. Hulle opsies was beperk. Het hulle die regte een geneem? Wie is ons om te sê? Miskien, miskien nie. Maar sê jou wat, Johnny, die alternatief – om die land se regering aan swart mense oor te laat – lyk vir my, na twaalf jaar se knoeiwerk deur die A.N.K., al hoe onaanlokliker.

    En kom ons praat nou oor die ander vlag, Johnny, die Nuwe Suid-Afrika s’n. Meneer Yeye sê julle is baie trots daarop en ek sien jy stry nie met hom nie. Sien jy iets raak as jy na die vlag kyk: Die grootste deel daarvan is die presiese kleure van die Afro-Nasionale Kongres, die A.N.K? Ek kan onmiddellik aan twee ander politieke partye dink wat hulle eie simbole deel van hulle landsvlag gemaak het: Die Kommuniste van die U.S.S.R. en die Nazi’s van Adolf Hitler.

    En wat het Suid-Afrika onder die A.N.K. vlag bereik? Wel, eintlik het dit die vlag geword waaronder moord, diefstal en rassehaat aangemoedig word. Die regeerders onder dié vlag begaan die misdaad teen die mensdom om ewe vroom hulle stilswyende goedkeuring gee terwyl honderde duisende mense gemartel en vermoor word. Die leiers onder dié vlag tree, in die woorde van Anton Barnard, soos gulsige varke by die trog op. Hulle roof en plunder die eiendom van hulle eie mense terwyl die armes en siekes van suiwer ellende vergaan. Die ou, ou Afrika-storie, of hoe sê ek?

    Maar weet jy wat, Johnny, al sou ek die leiers onder hierdie vlag nooit kan respekteer nie, weet ek daar is mense – mislei sou ek dink – wat lief is vir hierdie vlag. En ek sal staan op hulle reg om daardie vlag te waai net waar hulle wil, net wanneer hulle wil. Ek sou dink julle sal dieselfde basiese hoflikheid aan die Afrikaner en sy vlag gun.

    Jy gun dit vir die vlae van ander lande, Johnny, lande met menseregte rekords wat apartheid skugter en filantropies laat lyk. Soos Pakistan. (A, ja, weer daardie verpeslike ding, geskiedenis, Johnny. Ek weet jy verpes dit en probeer dit vermy.) Pakistan is gebore uit die magsug van ‘n enkele Moslem, Mohammed Ali Jinnah, en die ontstaan daarvan is gekoop met die bloed van amper ‘n miljoen hulpelose Hindoes. En tog, ek sien nie dat jy piep of mompel wanneer Suid-Afrikaanse Moslems die vlag van Pakistan by ‘n krieketwedstryd op Supersport Park waai nie. En dink daaroor, is hierdie mense nie verraaiers nie? Suid-Afrika sit kos op hulle tafels maar hulle ondersteun vir Pakistan! Konsekwent, John, wees konsekwent. Kry vir Meneer Yeye om ‘n perskonferensie te reël waar jy kan vertel hoe hierdie renegaat vlagwaaiers die sportlui van Suid-Afrika in die verleentheid bring. Ek wag.

    Ek wag ook dat jy iets vir die Pakistanis se bure te sê het. As ‘n vlag regtig skakelwerk doen vir die misdade wat onder dit gepleeg word, hoekom word die Indiese vlag hoegenaamd nog geduld? Het jy al gehoor van die tienmiljoen babadogtertjies wat die afgelope paar jaar in Indië vermoor is, Johnny? Baie Indiërs wil mos eintlik net seunskinders hê. Daarom, as ‘n kind gebore word en dit is ‘n dogtertjie word haar boudjies gepiets en, wanneer sy skree, gooi hulle haar mond vol grond sodat sy verstik en sterf. Hoe vergelyk die plan om ‘n land in dele op te deel waar elke volk in vrede en sy eie weergawe van voorspoed kan leef met sulke grootskaalse kindermoord?

    John, John, John, dis nou vir eers genoeg. Jy het baie om oor te dink en ek weet jy het ‘n vol program. Jy moet daardie lynstaankodes gaan opswot. Maar belowe my, in die vervolg, as Meneer Yeye wil hê jy moet resitasies gaan opsê oor vlae en verleenthede, né, weet jy wat, al wat jy doen is, sê vir hom… “ek sal ’ie!”

     

    Tragies genoeg is dit nie net ‘n voetbalspeler wat gebelgd is oor die vertoon van die Oranje-Blanje-Blou en ander Afrikaner simbole nie. Skrywers, kommentators en akademici hyg en sis oor ‘n breë boeg by aanskoue van die vlag. ‘n Mens moet wonder wat die emosionele stoom is wat al dié venyn aandryf. Suiwer woede en preutse verontwaardiging verduidelik nie alles nie. Sulke emosies word gewoonlik getemper deur die geringste flentertjie logika. As daar enige redelikheid in die kabaal was, was die debat al verby. Westerse kleure en Die Stem is na alles in die landsvlag en volkslied opgeneem en kan dus nie só radioaktief wees nie. Nee, hier is iets anders aan die werk en, by oorweging, kan dit net een dryfveer wees, die mees voor die handliggende, die eenvoudigste, die een waarby ‘n mens met ‘n enkele haal van Occam se skeermes uitkom. Die Oranje-Blanje-Blou, Die Stem en ander Afrikaner afdrukke verwek nie eenvoudige weersin nie, nee, dit laat iets heel anders opwel in die gemoedere van die liberalis, iets magtig en ononderdrukbaar: Vrees.

    Dit is vir ons wat weet hoe gemoedelik, vrygewig en besorgd ons mense is, vreemd om in te sien dat enige iemand se hele gedragspatroon verwring kan word omdat hy bang is vir die Afrikaner. Maar dink ‘n mens daaroor, ja wraggies, dit móét intimiderend wees om saam met die Afrikaner in een land te bly.

    Die Afrikaner, wanneer hy nie uitgehol is met selftwyfel nie, is onstuitbaar. Hy het die dictum “’n volk red homself” ontwerp en hy onderskryf dit. Jy kan, deur verraad, hom onderkry maar jy kan hom nie onderhou nie. Hy kan nie afgepers of omgekoop word nie en as hy ‘n rigting ingeslaan het, wyk hy nie af daarvan nie. Hy het die geduld van Afrika en die energieke rusteloosheid van die Europeër. Watter intellektuele of professionele gebied hy ook al inneem – landbou, die spoorweë, administrasie, die regte, medisyne, ingenieurswese, die krygsbedryf – oorheers hy vroeër eerder as later. En enige volk met ‘n nasionale selfvertrouekrisis of met ‘n gebrekkige vertoningsrekord raak ongemaklik, verbouereerd en self bevrees as die Afrikaner naby is.

    Vrees? Maar is vrees nie ‘n blanke ingesteldheid nie, net soos wat slagofferskap en status as Grys Suid-Afrika voorspoedikoon die reserwe van die swartman is nie? Blanke vrees is ‘n opgeruimde tema van die liberale pers en smalende swart kommentators. Hulle sien dit as die dryfveer vir wat hulle waarneem as Afrikaner agterdog, traagheid om te transformeer en oorreaksie op misdaad. Nou ja, ek is ‘n Afrikaner en derhalwe blank en ek erken, ek is bang. Ek is bang om oorval te word, gemartel te word en wreedaardig vankant gemaak te word en elkeen van ons wat in Grys Suid-Afrika woon, staan ‘n werklike kans op sulke behandeling. Dit is vrees ja, maar nie onredelike vrees nie.

    Die liberalis en die swarte se gesamentlike vrees lyk anders. Dertien jaar van Afrikaner verdraagsaamheid het vir hulle die valse gerustheid gebring dat die blanke weerloos teenoor geweld is en gaan bly. Maar ‘n rusteloosheid knaag aan hulle want die Afrikaner se tradisionele taaiheid, vindingrykheid en energie is eienskappe wat ‘n indruk gelaat het op die kollektiewe geheue van die res van die inwoners. Elke keer wat hulle verbitterd sis oor die verdrukking wat hulle moes ervaar, besef die swartman, die Afrikaner het hulle onderdruk want hy kón.

    “Wat julle nie besef nie,” vertel ‘n inwoner van Fouriesburg my die ander dag, “is hoe vreeslik bang die swartes vir die Afrikaner is.” Hy behoort te weet want hy het ‘n wit pa wat, in sy eie woorde, “ontugtig” geraak het in Lesotho en ‘n gesin van gemengde ras verwek het. Hy ken beide kulture vorentoe, agtertoe uit.

    Die vrees waarvan hy praat is geensins die produk van blank-op-swart geweld nie. Vir meer as ‘n eeu was daar geen sprake van georganiseerde of selfs grootskaalse lukrake geweld deur Boere op swartmense in die Oos-Vrystaat nie. Maar hier, soos in die res van Suid-Afrika, het die Afrikaner gekom en die wêreld deur die mag van sy wil verander. George Bernard Shaw het roemryk gesê dat die redelike mens by die wêreld aanpas en dat die onredelike mens die wêreld by hom aanpas. Sy gevolgtrekking is dat alle vooruitgang op die onredelike mens berus. Die Afrikaner kan as bewys van dié stelling dien.

    Die Boer van die negentiende eeu was tevrede met die eenvoudige lewe. Hy was in pas en in beheer van die natuur. Hy was materieel arm maar het die weelde van geloof en ‘n hegte gesinslewe gehad. Dit was ‘n harde bestaan, maar ‘n bevredigende een. Dit alles het verander in die puin wat deur die Tweede Vryheidsoorlog gelaat is. Die Boer is verskuif na ‘n nuwe bestaansarena. Meeste het verstedelik en moes eers leer om aan te pas  by die ritmes en eise van lewe in die stad. Maar hy het gou genoeg daardie ritmes en eise herprogrameer om by sy ideale en doelwitte aan te pas. Hy het die een na die ander gebied wat deur sy Britse veroweraar verskans is, binnegedring en oorheers. Die boere wat op die plase gebly het, moes ook hulle benadering verander. Hulle moes eenvoudig kommersieel mededingend word eerder as om bloot op bestaansboerdery ingestel te wees. En so word hulle, die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing in ag geneem, die mees vindingryke, doeltreffende boere op die planeet. Die Afrikaner, om die minste te sê, is ‘n nasionale handvol en op sy beste was hy onaantasbaar.

    Derhalwe het dit as ‘n skok gekom, nie net vir homself nie maar ook vir die blanke liberalis en die algemene swart bevolking, toe die Afrikaner verslaan is in ‘n rewolusie, nie deur eksterne druk of binnelandse rewolusionêre magte nie, maar deur sy eie gemanipuleerde sin vir regverdigheid. Die liberalis en die swartman was die onverwagse begunstigdes van die verstommendste magsoorgawe in die geskiedenis. Aanvanklik was dit maklik genoeg om hulleself deur hulle eie lofsange te oortuig dat hulle die oorwinning self behaal het. Die moeilike deel van dit alles was die oorname self, het hulle tipies geglo. Om ‘n land te regeer, nou ja, is ons nie die nuwe Übermensch, die Novus Negro nie? Maar twaalf jaar se administratiewe onbeholpenheid en algemene hopeloosheid het dit al hoe moeiliker gemaak om die gedagte te onderdruk dat hulle nuwe status nie toe te skryf is aan hulle eie skranderheid nie maar dat dit ‘n toegewing was deur die Afrikaner. En in die nasionale geheue roer herinneringe van die forse, doelgerigte, kragdadige Boer. Dit is net ‘n kwessie van tyd, is dit nie, dat die Boer sal sê “Genoeg!” en sy posisie as die toonaangewende volk in die streek opeis.

    En die Nuwe Gryse, die swartman, maak nie saak hoe hard hy sy Brenda Fassie laserplaat oor die 24 luidsprekers van sy nuwe Lexus speel nie, hoeveel geld hy en sy departement by onthale op kos uitgee waarvan hulle nie hou nie of met hoeveel drif hulle nuwe planne, idees, strukture, herorganiserings en herstrukturerings by werkswinkels, konferensies, konvensies, imbizos of seminare bespreek asof hulle regte administrateurs is nie, in sy binneste, net bo die sooibrand van sy nuwe stres, is daar ‘n gedagte wat kronkel soos ‘n paling in ‘n modderpoel en wat so dan en wan met die stert sweepslaan sodat jy hom vir ‘n oomblik duidelik bo al die ontkennings en bravado kan raaksien: Die Boer… ek weet wie die Boer is… en hy is nêrens heen nie… hy’s nog hier en sy geduld gaan een van die dae opraak en as ‘n Afrikaner ongeduldig is met die swart volk… nou ja… ons almal weet wat dit beteken… Hierdie emosie is na driehonderd jaar deel van die swartmens se DNS. Net so min as wat hy homself kan kielie dat hy lag, kan hy dié gevoel kan ignoreer. Dit is… vrees… vrees dat hy met die Afrikaner op ‘n gelyke voet moet meeding. Vrees om homself te moet handhaaf waar die Afrikaner aktief is.

    Die blanke vrees geweld. Die swarte vrees vrede.

    En wanneer die mens vrees, het hy net ‘n paar meganismes om dit mee aan te spreek.

    Jy kan die voorwerp van vrees wegwens of probeer wegpraat. Die blanke doen dit deur sy ontkenning van die omvang van misdaad of dat dit deel van ‘n omvattender strategie is. En as dit nie heeltemal oortuigend is nie, is daar nog altyd die laaste toevlug van ontkenning: Dit gebeur met ander maar nie met my nie.

    Die konfederasie van die swartman en die blanke liberalis probeer mekaar onderskraag met die gedagte dat die Afrikaner pap en magteloos geword het. Hy het sy stoom verloor, soos wat ‘n ontleder – ‘n Venter nogal! – in die Citizen aangevoer het. En hy is bang: Daardie blanke vrese! Jou ma het mos al kleintyd vir jou vertel dat wanneer jy vir ‘n spinnekop gril, jy net in gedagte moet hou dat hy banger vir jou is as wat jy vir hom is. Maar hierdie ontkennings begin toenemend vibreer in ‘n desperate crescendo. Hoe harder en skriller die liberaliste aandring dat die Afrikaner sy laaste assegaai gewerp het, hoe opvallender word die nuwe Afrikanerbewustheid, hoe meer swel die volume van “De la Rey” op die hoëtroustelle uit, hoe meer CD’s verkoop Steve Hofmeyr, hoe hoër word die premie wat op Skouspel kaartjies geplaas word.

    So, jy kan hom nie wegpraat nie maar miskien kan jy, uit desperaatheid, hom aanval en vir jouself ‘n illusie van sy swakhede skep. As jy dié illusie glo, wat bly daar oor om te vrees? Dié dat dit so opvallend is dat die lesbiese Christi van der Westhuizen haar eie geslagtelike onsekerheid, wat so duidelik afgetrek staan teen die morele fermheid van die Afrikaner, probeer verlig deur die Afrikanerman se “manlikheidskrisis” aan te val. Dit het ontstaan, wensdink sy hardop, omdat hierdie man “moeilikheid ondervind om aan te pas” nadat hy van sy politieke mag “beroof” is. Maar… maar… daardie ellendige gesing van Die Stem…

    Uiteindelik, as al die ontkennings en beledigings nie die gevoel van naderende onheil in die inboorling se gemoed kan verlig nie, nou ja, dan kan hulle die blanke bliksems aanval, letterlik fisies aanval, en uitwis. En daar is ‘n landswye orgie van geweld – teen wit bejaardes en swakkes want die swart rampokker is net te bang vir die Boer om ‘n fikse, geharde Afrikaner aan te pak. Maar die dag is op ons wat die Afrikaner sy verdediging op homself gaan neem en bewaar die lafhartige hond wat hom en syne sal probeer aanval. En so sal die Grys Reënboogman weer gereduseer wees om bloot te wens die Afrikaner wil – kul jou hier! kul jou daar! – net verdwyn.

    En net daar lê die krisis van die Tutu-reënboog. Die swartman en die liberalis kan homself handhaaf as wetgewing en die projektering van nasionale sentiment ‘n doelvervaardigde reënboog kan skep, ‘n grys een, waarin die Afrikaner gedienstig sal wegraak. Dit is die primitiefste en kinderlikste beswering van ‘n vrees: As jy jou kop onder die karos intrek en jy kan nie die tokkelos sien nie, dan bestaan hy nie.  So ons kleur die Afrikaner grys. Gee vir hom ‘n nuwe vlag. Leer hom ‘n nuwe volkslied. Meng hom in die vaal stroop van ons sepiereekse in. Gee vir sy dorpe inboorligname. Maak sy skole Engels praat. Trek vir hom ‘n Madiba hemp aan.

    En… die verligting! Die Afrikaner het onsigbaar geword. Nou! is die Grys Reënboog perfek… Die Afrikaner is nog met ons en dit verlig ons grootste afgryse want die enigste moontlikheid wat meer vreesaanjaend as die teenwoordigheid van die Afrikaner is, is dat hy sal verdwyn en die kinders – die swartmense en die paplyf liberaliste – alleen sal los om hulleself in ‘n ongenaakbare omgewing te handhaaf. Buitendien, hoe nodig het ons hom nie in die enjinkamer van die ekonomie nie! So hy is daar maar, verstaan dit tog, dis die wonder van ons Reënboognasie – al is die Afrikaner nog met ons, ons kan hom nie sien nie. As jy om jou kyk is daar net… grys… hemelse, heerlike, salwende grys. En ons kan ons uitnemendheid vier want as hy onsigbaar is staan die Afrikaner se vertonings nie in kontras met ons s’n nie. Sy prestasies word ons s’n. Ons kan die motors ry, die kantore beset, die grootpraat praat, ons en jou en die ander vermaak met visies van ‘n toekoms wat aan Afrika behoort…

    O die onmeetbare volmaaktheid van die land van die Grys Reënboog. Maar dan sal iemand – ongetransformeerde idioot of idiote – ‘n vlag, ‘n oranjé-wit-en-blou banier waai – op ‘n pawiljoen! –  waar almal… dit kan sien.

    мой домик для барбиалександр лобановский супермаркет класс

  • Die rykdom van ellende

    Onkonkwo, as julle nie geweet het nie, is soos ‘n hond begrawe.

    Wel, ás julle dit nie geweet het nie, kan julle dit vir julleself lees op die blakerteks van die Nigeriese skrywer Chinua Achebe se oorprese boekie Things fall apart. Dit is selfs destyds tydens die sestigerjare  in Afrikaans vertaal onder die titel, ’n Pad loop dood.

    ‘n Blakerteks se woorde, moet ‘n mens onthou, word met groot sorg gekies. Jy het ‘n karige getal woorde om die lukrake boeksnuffelaar te oortuig om dié een te lees. Die goue reël, sou ek reken, is om in die blakerteks aan te dui wat dit in die boek is wat die moontlike koper sal wil lees. Daar is bepaal dat by verre die meeste lesers van Achebe se boek Afrika inboorlinge sou wees en ‘n Pad loop dood moes noodwendig ‘n weerklank van swartmense se emosies wees. Wat die potensiële lesers – mense van Afrika – van die inhoud van Achebe se boekie wil weet, het die uitgewers besef, is dat Onkonkwo soos ‘n hond begrawe is.

    “Onkonkwo,” skryf die blakerouteur, “was een van die magtigste manne van sy stat. Toe kom die Europeërs en verwoes alles. En hulle verwoes vir Onkonkwo. Hulle het hom soos ‘n hond begrawe.” En? En niks. Hierdie is nie maar ‘n uittreksel uit die blakerteks nie. Dit ís die blakerteks, die hele blakerteks. Die uitgewers en Achebe het saam raakgevat. Duidelik. Meer as 10 miljoen eksemplare van die oorspronklike Engelse uitgawe van Things fall apart is verkoop, hoofsaaklik aan swartmense wat hulle verlustig het aan die gedagte van ‘n rasgenoot wat vernederend aan sy einde gekom het, nie om hom te verguis nie maar juis omdat sy verkleinering hulle verkleinering is en sy ondergang hulle ondergang is.

    Hierdie aansporing om die boek te lees lê vreemd in die Westerse oog. In die Weste word heldhaftigheid en oorwinning gevier. Selfs as hy vergaan, moet die held se lewe deur sy oorwinning gedefinieer word. Die blakerteks op die rugkant van ‘n biografie oor Piet Retief, byvoorbeeld, sal nie vassteek by die verslag van hoe hy en sy troue kamerade verraai, vermoor en vir die aasvoëls gevoer is nie. Geen blanke leser sal gewen word deur die indruk dat Retief se algehele lewensbydrae in ‘n bloedige bondel verbryselde bene aan die voet van ‘n krans geëindig het nie. Die blakerteks sal noodwendig moet fokus op die vervulling van Retief se visie en die impetus wat dit gegee het vir die totstandkoming van die Afrikanervolk. Daar sal verduidelik word dat sonder Piet Retief se offer daar geen Bloedrivier sou gewees het nie. Oorwinning uit die roet van neerlaag is ‘n gewilde Westerse motief.

    In teenstelling daarmee verlustig die Bantoe hom in sy eie vernedering en nederlaag. Hy het gou besef hy kan nie met die Westerling meeding op militêre, ekonomiese of administratiewe gebied nie. Maar daar is wins te maak uit die een posisie wat die Europeër verseg om in te neem: Dié van slagoffer, en nie bloot slagoffer van die algemene wispelturigheid van klimaat, epidemie of noodlot nie maar as ‘n ellendige wat juis deur die Westerling omvergewerp, neergevel en verdruk is.

     Die blakerteks het duidelik daarin geslaag het om potensiële lesers te oortuig dat daar welig namens hulle gely word in ‘n Pad loop dood. Tienmiljoen kopers kan nie verkeerd wees nie. Nie net is dit van Lagos tot Luanda voorgeskryf vir die leerlinge van Afrika nie, dit is met amper histeriese lofgesange in die Weste self ontvang waar mense amper ewe veel gefassineer is deur verhale van swart smart. Dit is tot meesterstuk geslaan en daar word slaafs onthou om dit in te voeg op 100-besteslysies. (My enigste verklaring vir dié ophemeling is dat die Westerse kritici so geskok was dat ‘n Bantoe ‘n hele boek waarskynlik op sy eie in Engels kon skryf dat hulle dit ongereserveer tot klassieke status verhef het.) Om uit die ganse letterkundeskat van alle kulture slegs 100 boeke te keur as die beste romans ooit is natuurlik ‘n intense subjektiewe oefening.

    My subjektiewe mening is dat ek aan eenhonderd boeke net in Afrikaans kan dink wat beter is as ‘n Pad loop dood. Achebe se toegejuigde werkie het ‘n onsamehangende struktuur, die gebeure daarin en die karakters se reaksie daarop is onbestendig en die karakterisering is maar efferig en alles behalwe konsekwent. Die skryfstyl is eenvoudig, gestroop van fieterjasies ja, maar ook van atmosfeer. Die boekie is in 1958 geskryf en Achebe is net nog ‘n skrywer wat sy skryfstyl daardie jare in Ernest Hemingway se sleurstroom versuip het. Hemingway se styl is sterk en manlik. Hy het die oog van ‘n verslaggewer gehad en gebruik detail, dialoog en ‘n presiese beskrywing van dade om die leser te betrek. In die jare na die oorlog is sy styl wyd bewonder en deur troppe skrywers sonder noemenswaardige sukses nageboots.

    Achebe se prosa is eerder kinderboekstyl en is skraps verdoesel as ‘n propagandatraktaat. Resensente het gepraat van sy “misleidende eenvoudige styl.” Daar was geen misleiding nie. Sy styl is net eenvoudig, miskien effe pretensieus so, soos die pseudo-mistieke selfhelpboekies van vroeër, geskryf deur iemand soos Og Mandino. ‘n Mens kry die indruk van ‘n skrywer wat sy potlood se punt natlek voordat hy skryf en, wanneer hy skryf, sy oë op skrefies trek van konsentrasie om tussen die lyntjies op die papier te bly. Dit is die soort prosa wat staatmaak op die keisersklereformule: Omdat daar min voor die oog aangaan, aanvaar kritici al te maklik dat daar iets meer substansieels iewers in die teks versteek is, al kan hulle self dit nie sien nie.

    Inderwaarheid is daar weinig meer aan die boek as wat in die lyfteks te lees is. En die blakerteks is ‘n getroue eggo van die inhoud van die boek. Albei gebruik dieselfde klemsin: Hulle het hom soos ‘n hond begrawe. Dis asof Achebe ‘n baken, gevorm soos ‘n reuse uitroepteken, in die grond langs die lae, langwerpige duintjie in die harde Nigeriese grond gaan plant het. “Onkonkwo is soos ‘n hond begrawe!”

    Vergeet van sy status as ‘n kampioenstoeier en stamleier, vergeet van sy drie vroue, sewe kinders, sy plaas – die sentrale feit van Onkonkwo se lewe is sy einde of, meer presies, die post scriptum na sy einde, meer spesifiek dat hy soos ‘n hond begrawe is. Bliksemse witmense!

    Ek sou dink dat Onkonkwo, soos Achebe hom aan ons verduidelik, ruimskoots verdien het om soos ‘n hond begrawe te word. (As ons aanvaar dat die mens se beste vriend tradisioneel op ‘n afgeskeepte wyse ter aarde bestel word.) Hy is ‘n ongenaakbare karakter, vol neuroses en wantroue, afsydig teenoor sy vroue en afkeurig teenoor sy oudste seun, Nwoye. Daarby is hy deurtrek met bygeloof en pomp bloedlus styf deur sy Afrika-are. Wanneer ‘n “orakel” aanvoer dat die gode vereis dat Ikemefuna doodgemaak moet word, is Onkonkwo meer as bereid om daarby in te val, selfs al dui dieselfde siener aan dat Onkonkwo nie aan die moord mag deelneem nie. Dat iemand op die wispelturige woord van ‘n toordokter vermoor kan word, is gruwelik genoeg, maar Ikemefuna is nie sommer net ‘n toevallige kennis van Onkonkwo nie. Hy is ‘n jongman wat deur Onkonkwo as sy eie seun grootgemaak is. Dit keer nie vir Onkonkwo om opgewonde deel te neem aan die verraderlike lokval waarin die jongman vernietig word nie. En die een wat sy skedel uiteindelik met ‘n kapmes oopsplits is niemand anders as daardie pilaar van die samelewing, Onkonkwo self, nie. (Die stam reageer in afgryse op Onkonkwo se daad, nie omdat hy sy pleegkind wreed vermoor het nie, maar omdat die orakel gesê het hy moet dit vir die ander los.)

    Hierdie is, volgens Achebe se denke, ‘n algehele onbenulligheid. “In Afrika,” lyk dit of hy sê, “kap ons ons kinders met pangas dood, en wat daarvan? Kom ons fokus op die belangrike dinge. Die Europeërs het gekom. Onkonkwo is soos ‘n hond begrawe.”

    As ‘n mens met die blakerteks moet kibbel, is hierdie die aangewese punt. Dit is nie dat die waarheid nie gepraat word nie – die Engelse het Onkonkwo inderdaad begrawe en dit blykbaar soos ‘n hond – maar dit is nie die volle waarheid nie. Dit het Onkonkwo se stam vrygestaan om hom met alle teerheid en eerbetoon te begrawe maar hulle wou nie want… hy het selfmoord gepleeg en dit is teen hulle bygeloof om ‘n selfmoordenaar te begrawe.

    Die besluit om met homself weg te doen het gevolg nadat hy een van die Engelse se boodskappers met daardie selfde getroue panga doodgekap het. Uit pure moedeloosheid oor sy stam se papbroekigheid om sy voorbeeld te volg, hang hy homself op. Sy dood, lei ‘n mens by Achebe af, was algeheel sinneloos.

    Maar was dit regtig? Die waarheid is dat die fiktiewe Onkonkwo se dood meer as net winsgewend was, dit het die model van ‘n enorme industrie geword. Dit het gedemonstreer, as demonstrasie nog nodig was, dat daar ontsaglike profyt in die Afrikaan se selfbejammering is.

    Sommer so met die intrapslag het dit van Chinua Achebe ‘n multi-miljoenêr gemaak en dit terwyl duisende meer verdienstelike boeke, artistiek en sosiaal, deur uitgewer en leser afgeskeep is. Achebe se genialiteit, indien enige, lê daarin dat hy sy rasgenote se ondergang en vernedering met soveel klem gevier het in die boek. As hy ‘n boek geskryf het oor ‘n Afrika inboorling se triomf, sou die Bantoe sy neus daarvoor opgetrek het en sou dit nie soveel as ‘n bries in die laning van die Westerse bewussyn gewees het nie. Maar die toonlose vertelling van ‘n Bantoe se vernedering het weergalm in die gesamentlike gemoed van ‘n Weste wat toe reeds in die liberalistiese maar geensins libererende greep van selfverguising was.

    Die Westerling was, in ‘n vrugbare toeval vir Achebe, in 1958 besig om die formuliere en rituele van sy nuwe godsdiens, selfaanbidding, te ontwerp.

    Friedrich Nietzsche het reeds in die 19de eeu opspraakwekkend verklaar: “God is dood.” Tom Wolfe noem dit die “tweede belangrikste stelreël in moderne filosofie". Nietzsche, verduidelik Wolfe, het hierdie nie as ‘n uitdaging aan God beskou nie. Hoe kon hy? Hy was nog altyd ‘n onwrikbare ateïs. Hy het eerder daardeur aangedui dat die rol van godsdiens in die lewe van die moderne mens aan die kwyn was en in die twintigste eeu sou verdwyn en daarmee saam sy morele ankers. Die mens se instinktiewe soeke om lojaal te wees aan ‘n mag sterker as hy en een wat oorwegend goedgunstig teenoor hom is, sou hom lei om “nasionalistiese broederskappe” te stig om aan te behoort. Hierdie broederskappe sou vir hulle die morele reg toe-eien om op die eiendom van ander nasionale groepe beslag te lê. Die hoogste reg behoort aan die broederskap self. Die filosoof het reg geprofeteer en in die twintigste eeu was die Nazi’s en die Kommuniste die presiese vergestalting van Nietzsche se “nasionalistiese broederskappe".

    Maar hierdie broederskappe was nie die enigste ersatz godsdiens in die dorp nie. Die mens het reeds vir millennia ‘n ywer gehad om homself as god te verklaar en te aanbid. Die oersondaar, Adam, is na alles juis verlok deur die slang se belofte dat hy “soos God” sou wees. Hierdie entoesiasme was nog altyd enigsins gedemp deur die eenvoudige besef dat die mens nie homself of die res van die heelal geskape het nie – ‘n voorvereiste vir godstatus. Dié lastigheid is omseil deur Charles Darwin se gedagte dat indien die mens homself nie geskep het nie, het hy darem vanself ontstaan en dit is ‘n baie bevredigende naasbeste. Dit het vir die Westerling die filosofiese beweegruimte gegee om homself as god aan te stel. Die kwyning van die kerk se gesag, die stukrag van die Tyd van Rede en die tegnologiese uitbarsting van die twintigste eeu het die beslag gegee aan ‘n nuwe interpretasie van ‘n baie ou godsdiens.

    Die votum van hierdie geloof is in die wekroep van die Franse rewolusie verskans: Vryheid! Gelykheid! Broederskap! Daaruit het die sillogisme gevolg dat as alle mense gode is en alle mense is gelyk, dan moet alle gode dieselfde status hê. Daar is nie sprake van “mindere gode” nie, om die titel van ‘n snikfliek van die tagtigerjare te leen en te vertaal. Aanvanklik het ekonomiese wedywering en ekspansionistiese koors veroorsaak dat hierdie leerstellinge tuis deur avant garde ghoeroes ontwikkel is maar nie op vreemde vastelande toegepas is nie. Oorlewing en nasionale wedywering was nog altyd die grootste mededinging vir godsdienste.

    Maar na die helse ontwrigtinge van die vroeë twintigste eeu, het die Westerling in die vyftigers opsy gestaan van die inferno van sy militêre avonture en oorgegee aan die gedagte dat die mens skrander en wys genoeg is om sy eie tekortkominge aan te spreek en om die krisisse van die wêreld te besleg. Die Westerling het ‘n ywerige proseliet van sy eie godsdiens geword: Die mens is sy eie god en daar is geen onderskeid tussen gode nie. Ons is vry! Ons is gelyk! Ons is broers!

    Toe “Things fall apart” in 1958 verskyn het, was die Westerling te gelyke tyd profeet, hoëpriester en ketter van die selfaanbiddingkultus. Die afvalliges was hulle voorgeslagte wie se entoesiastiese gierigheid en hardkoppigheid almal binne ‘n ommesientjie in twee en ‘n halwe wêreldoorloë (as die Koreaanse misverstand bygetel word) gedompel het. Die voorgangers se sondes het arrogansie ingesluit en daarmee saam die gedagte dat die Westerling superieur is en die vreemdeling, vernaamlik die Afrika-inwoner, minderwaardig. Dit was ‘n gruwelike godslastering. Maar daar was ‘n heilsplan vir die verlore Westerling.

    Die idee was dat die blanke sy eie godepotensiaal vervul het en dat die bantoe dit eweneens sal doen as hy net die ruimte vir ‘n aanloop gegun word. Enige blanke geluide oor kultuurgebreke en etniese verskille was brandstapelsake. Die geloofsverraaier moes verdelg word! Die balanse in Elisium moes herstel word! Die verguisde gode moes opgehef word! Die hele godedom moes gemobiliseer word in dié edele onderneming en daarvoor was dit nodig om te beklemtoon presies hoe pateties, agterlik en verkleineer die godsgenote in Afrika gelaat is deur westerse gierigheid en ongevoeligheid. Daarom dan dat, in hierdie selfgeselende manie, Achebe se werkie oor Onkonkwo – hy wat soos ‘n hond begrawe is – met soveel prewelende eulogieë ontvang is.

    Die Afrikaan, buiten die bygelowige afgodeslaaf wat hy is, is ook ‘n pragmatiese oorlewer. Hy het gou geleer om  openbare selfbejammering na waarde te skat. Vandat hy vir die eerste keer die wonderwerke van Westerse tegnologie aanskou het – in “Things fall apart” is dit ‘n fiets – sou die Bantoe nooit weer rus hê in sy primitiewe paradys nie. Kinderlik betower deur krale en blinkware moes hy dit hê, dit alles, nie net die fiets nie maar ook, later, die motor, die vliegtuig, die ontwerpersjeans en die stereostel, ja, maar ook die masjiengeweer, die mortier, die vuurpyllanseerder en die pantserkar wat sy stamkonflikte tot ‘n hele nuwe, opwindende dimensie sou neem.

    Maar, sou hy uitvind, selfs in Elisium moet daar vir die dekor en die rekwisiete betaal word. Afrika het rykdomme, natuurlik, goud en olie en landbouprodukte, maar dit het skaars die gulsige bankrekeninge van ‘n indrukwekkende lys diktators versadig en die res van die swart vasteland so arm soos Onkonkwo se stat gelos. Om soos ‘n god, ‘n witman, te leef, sou die inboorling van Afrika iets anders moes kry om te verhandel. Hy was nie kultureel toegerus of vindingryk, skrander en geduldig genoeg om rykdom te versamel nie. Maar hy kon selfbejammering verbou en het ‘n groot, ryk en oneindig simpatieke mark daarvoor gevind. Dit het die patroon geword: Die Afrikaan sal tjank en verwyt en die witman sal sy hand in sy beursie steek. Hy doen dit al meer as ‘n eeu lank en dit werk elke keer.

    Booker T. Washington, ‘n intelligente Negerleier van die negentiende eeu, het van hierdie handel in volksmart as ‘n siekte gepraat: “Daar is ‘n ander klas van gekleurde mense,” het hy gesug, “wat daarvan ‘n besigheid maak om die probleme, die onregte en die swaarkry van die Neger ras voor die publiek te hou. Nadat hulle geleer het dat hulle in staat is om ‘n lewe te maak uit hulle moeilikhede, het hulle hulleself gevestig in die gewoonte om hulle onregte te adverteer – deels omdat hulle simpatie wil hê en deels omdat dit lonend is. Party van hierdie mense wil nie hê dat die Neger sy griewe sal verloor nie want hulle wil nie hulle werke verloor nie… Daar is ‘n sekere klas beslegters van rasseprobleme wat nie wil hê die pasiënt moet gesond word nie want so lank as wat die siekte uithou, het hulle nie net ‘n maklike manier om ‘n lewe te maak nie maar ook ‘n maklike medium waardeur hulle hulleself prominent voor die publiek kan maak.”

    Hierdie krankheid is vandag nog net so lonend. Bantoes verlustig hulleself nog ewe ywerig in hulle eie verliese en vernederings. So is Cassinga Dag, die hoogheiligste vakansiedag op die Namibiese kalender, insiggewend genoeg nie die viering van ‘n grootse militêre oorwinning nie maar van ‘n verpletterende neerlaag wat hulle aan hande van die Suid-Afrikaanse Weermag in die tagtigerjare gely het.

    Variasies van hierdie tema word opgeneem in Drum Magazine se uitgawe van 11 Januarie 2007. Daarin word afgeskop met ‘n reeks waarin hulle pronk met 100 hoogtepunte uit “swart mense se bydrae aan die wêreld.” Van hulle presteerders sluit in die Zoeloe hoofman, Bambatha, wie se rebellie nek omgedraai is deur die Engelse in Natal; diverse Nigeriërs wat hulle land amper in ‘n burgeroorlog verwoes het; Emmett Till, ‘n Neger wat in Mississippi vermoor is; arm Negers wat in die “skrikwekkende Tuskegee eksperiment” besmette bloed ingegee is sodat wetenskaplikes vir ‘n kuur vir sifilis kon soek; Rodney King wat deur Los Angeles se polisie-paaiboeilies opgefoeter is en die swart marsjeerders wat tydens Bloedige Sondag in Selma, Alabama geskiet is.

    (Twee militêre triomfe word wel genoem. Een daarvan is die verdrywing van die Italianers uit Ethiopië. Veelseggend genoeg verswyg die kopieskrywers dat dit inderwaarheid die Suid-Afrikaanse leër, hoofsaaklik deur Afrikaners beman, wat die bakleiwerk vir Selassi se oorwining gedoen het. Die skrywers voer ook aan dat die genoemde Bambatha rebellie wel verpletter is maar dat dit die saad gesaai het vir die toekomstige ANK gewapende stryd. Mislukking is gevolglik gebore uit nederlaag.)

    Die Bantoe se onvermoeide bondgenoot in hierdie smartryke dwepery is die moderne westerse pers.  DSTV het drie rolprente met moderne Afrika-temas bymekaar gehark vir wat hulle ‘n “filmfees” noem. ‘n Gewigtige stem intoneer in die lokprent: “In 1955 is 30,000 mense uit hulle huise in Sophiatown gesit. Die wêreld het weggekyk.” Dit om die rolprent “Drum” mee te adverteer. “Hotel Rwanda” trek in dieselfde juk en die verteller dreun: “In 1994 is 800,000 mense wreed in Rwanda vermoor. Die wêreld,” herhaal hy weemoedig, “het weggekyk.”

    Wat hom by “Country of my skull,” gebaseer op Antjie Krog se skuim-om-die-mond verslag van die WVK, bring. Dit moet die klimaks wees in die advertensie. Hierdie is ‘n apartheidsfliek en apartheid is mos die klimaktiese sonde van die mensdom. Maar hoe vergelyk jy die Nasionale Party se paternalisme met die Hoetoes se bloedige kranksinnigheid? Daar was reeds ‘n progressie van 30,000 ontseteldes tot 800,000 uitgewisdes. Maar hoe oortref jy amper ‘n miljoen mense wat aan stukke gekap is deur hulle bure? Vir ‘n DSTV kopieskrywer is daar geen sprong in logika te hoog of te ver nie. “In vyf-en-veertig jaar van apartheid,” jodel die verteller, “is 19 miljoen mense verontmenslik.” En, reg geraai, die wêreld het weggekyk.

    Daar het ons dit: Verwerping! Massamoord! Verdrukking! Dit is – alles! – goud, of ten minste dollars en ponde en euros, werd, en rande; baie, baie, baie rande. O rykdom van ellende! Selfs Afrika se grootste en heiligste held, Rolliesjlasjla Mandela self, se roem is ‘n vaandel wat nie uit die weefwerk van ‘n grootse oorwinning of ‘n briljante veldtog gesny is nie. Hy, die middelmatige leier van ‘n onbeholpe terroriste-organisasie, is as superheld verhef omdat hy gevang en vir die grootste deel van sy produktiewe lewe in die tronk gestop is. Elkeen van sy tienduisend dae in die gevangenis was uiteindelik honderde miljoene rande werd.

    Rande vir trane ten spyt, daar is niks onbenullig aan die swaarkry van die inboorling van Afrika nie. Maar ook op lyding het hy nie patentreg nie. Ek dink aan ‘n ander volk wat verpletter is deur ‘n veel groter een, ‘n gulsige en ongenaakbare nasie. Maar hierdie verbryselde volk het nie ‘n industrie van hulle smart gemaak nie. Hulle het eerder met waardigheid en onbuigbare vasbeslotenheid hulleself en hulle land opgehef uit hulle nasionale ellende. Ek weet, ek weet: Omdat die Afrikaner dit reggekry het, is dit geensins gewaarborg dat enige swart nasie hom dit kan nadoen nie. Maar dit gee vir ons die reg om te verwag dat die Bantoe van êrens die trots sal ontwikkel om op te hou om homself so te bejammer begin om sy gewig te trek. Hy moet besef dat sy verlustiging in sy eie smarte ‘n snoeiskêr is wat aan sy wortels lê en hom sal verhoed om ooit selfstandige vooruitgang te beleef.

    Afrika se smarte is juis ‘n bedryf wat sy glans verloor. Dit was lonend in ‘n tyd wat die Weste die mag en die vryheid gehad het om neerdalend vrygewig te wees. Maar daar kom ‘n nuwe era, ‘n Götterdämmerung van die Westerse kultuur in die gloed van die verrysing van die Ooste, en die blanke sal verbete moet veg vir sy eie oorlewing. En dan sal hy nie die geduld of die geneigdheid oorhê om vir die smartsug van ‘n vreemde ras te betaal nie. Die Afrikaan sal sy eie heil moet uitwerk, sy eie weg op ‘n mededingende planeet moet vind. Maar so lank as wat hy daardie skisofreniese skepsel is – half primitiewe tradisionalis, half moderne leë dop; half verflenterde kaalvoetklonkie, half novus negro, die nuwe knipogende, flinkvoetige, pittige, selfvoldane maar onbeholpe swartman – sal hy nie die aansporing hê om sy eie voortreflikhede te ontdek en, oneindig belangriker, om sy eie tekortkominge te konfronteer nie.

    Die gevaar is dat die Afrikaan uiteindelik verswelg sal word in sy verlustiging in sy eie smarte. Die logo van die Nuwe Suid-Afrikaner het ‘n swartman geword wat uit sy M-klas Benz klim, kruk in die een hand en bedelhoed in die ander. Een swartman, die Amerikaanse skrywer Keith Richburg, het darem die intellektuele eerlikheid gehad om na nadere kennismaking met Afrika te skryf: “Dank God hy [sy voorvader] het uitgekom [as slaaf uit Afrika na Amerika.]” As die swart Suid-Afrikaner ewe eerlik sal wees, moet hy prewel: “Dank God vir apartheid, vir verkleinering, vir verdrukking, vir diskriminasie. Dit het my veel ryker gemaak as wat ek gedroom of verdien het.”

    Die Afrikaner wat wag dat die Bantoe uiteindelik sal afsien van sy smartsug sal oud word sonder om dit te beleef. Uiteindelik sal hy besef dat daar nie genoeg geld in die heelal is om die swartman van sy selfbejammering te laat afsien nie. Die Afrikaner sal om hom kyk en sien hoe hierdie selfvernietigende aanspraak op lyding ‘n eens trotse en welvarende land afgetakel het tot net nog ‘n stowwerige Afrika-mislukking. En dan sal hy gaan. Hy sal ‘n deel van die land vir homself afbaken en die swart stamme los om by mekaar te neul oor hulle swaarkry.

    En oorblyfsels van Suid-Afrika sal weer word soos die Afrika van Onkonkwo waar ‘n grootman sy pleegkind met ‘n panga kan doodkap omdat hy glo die toordokter het so gesê. Die kind sal vergeefs in sy sterwensnood vir geregtigheid uitroep. Daar sal niemand wees om hom jammer te kry nie.

    сколько стоит циклевка паркетаЛобановский Харьков

  • Willemse – ‘n sensitiewe anti-Afrikaner

    Om darem te dink met watter lydsaamheid hy in so ’n nou verbintenis leef met die Afrikaner, Die Onderdrukker, soos Willemse hom beskryf. Kyk net hoe het hy die ander wang gedraai deur na die skool toe te gaan wat Die Onderdrukker gebou het en hoe hy daarna na die universiteit toe is wat Die Onderdrukker voorsien het. Kyk nou net die verdraagsaamheid waarmee hy vir die mediagroep werk wat die Onderdrukker op die been gebring het en met watter sensitiewe insig hy kommentaar lewer op ’n foto-essay uit die lyfblad van die lugdiens wat Die Onderdrukker opgerig het.

    Maar, sensitief en geduldig of nie, jy kan darem nie sê Hein Willemse is nie skerpsinnig nie. Hy weet wat of wie die vuilgoed in die verhaal is. Al daardie edele mense met integriteit in die swartwoongebiede is onderdruk deur… nee, nie Die Onderdrukker nie… maar die taal van die onderdrukker…

    Ek kan op hierdie trant voortgaan maar ek is bang meneer Willemse kom nie ten volle agter hoe snedig ek is nie. Sy siening in sy rubriek oor Afrikaans en die Soweto-opstande verdien niks anders nie. Hy praat van die “skandvlek van Afrikaans.” En wat presies is hierdie onuitspreeklike skande wat Afrikaans oor al die (blanke) sprekers daarvan gebring het? Dit is as ’n vak in skole in Soweto aangebied. Hieroor is meneer Willemse en die res van die anti-Afrikaanses baie verontwaardig. Maar verontwaardiging het net waarde in die bestendige toepassing daarvan. Hoekom is Engels, die taal van ’n globale onderdrukker, nie ook saam met Afrikaans in die skandeblok nie? Die rassistiese Mbeki-regime dwing dit na alles op ons almal af. Hoekom word Frans, die taal van twee droewige koloniale moondhede, nie met dieselfde nyd aangeval nie? Of Duits of Japannees of Russies nie? Want hierdie tale is onkwesbaar en die anti-Afrikaanses is venynig soos koringkrieke: As hulle ’n seerplek sien, sak hulle op die gewonde toe en Afrikaans is tans uiters kwesbaar.

    ’n Taal is moreel neutraal. Ja, die onderhouers van apartheid het hoofsaaklik Afrikaans gepraat maar om die taal ’n sondebok te maak is net so sinvol as om die organe wat die klanke daarvan produseer, te beskuldig. Kan ons verwag dat Mnr. Willemse binnekort ook – ter wille van konsekwentheid – ook gaan uitvaar teen tonge en stembande?

    для отопленияФільчаков Олександр Васильович прокурор

  • Van nou af ondersteun ek die Wallabies

    Sport was die eerste en duidelikste teiken op apartheid se rug. Die D’Oliveira-insident het meer gedoen om liberale westerse verontwaardiging te laat ontbrand as al die A.N.K. se skuim-om-die-mond.

    Eweneens kan die rassistiese Mbeki-regime probeer om die ware onheilige aard van hulle blankehaat te versiersuiker maar hulle onbeholpenheid en die verbetenheid waarmee hulle hulleself in die voet skiet, is daar vir almal om te sien waar ‘n Suid-Afrikaanse sportspan ook al die veld betree. Rugbykenners in Oseanië, Europa en Argentinië weet wie Gary Botha, Schalk Brits en Bismarck du Plessis is. Hulle weet hierdie bere is besonder begaafde hakers. En hulle weet dat onse Chilliboy maar net ‘n snuiter in rugbyterme is en dat hy net John Smit se vakleerling is omdat hy swart is. Hulle weet dat daar nie een "etniese swart" speler is wat dit op speelwaarde tot in die S.A. voorpak sou maak nie. Hulle weet ook dat geen Suid-Afrikaanse sportkyker nie entoesiasties is oor die insluiting van sulke swart sterre soos die Ndungane-broers nie.

    Wat die oorseese kyker die meeste opval is die onverdoeselbare agteruitgang van ons sport. Die tengerige Sri-Lankers rantsel ons kriekethelde af asof hulle kinders is. Daar is minder rugbyspelers in die hele Australië as wat daar in Stellenbosch is maar ons kan nie eens ‘n span saamstel om ‘n enkele punt teen hulle aan te teken nie. Ons sokker is die patetieste van alles. Nadat ons in ons eerste poging die Afrika Nasiebeker in 1996 gewen het – met ‘n wit afrigter en ‘n wit kaptein – het ons dit in die laaste twee uitstappies nie eens tot in die tweede rondte gemaak nie. Vorm, sê hulle is tydelik maar klas is deurlopend. Ons het nie klas of vorm nie en dit kan niemand vir die wêreld wegsteek nie. Met watter trompetgeskal multikulturele Suid-Afrika aan die wêreld verkoop word, een ding is baie duidelik: Die Nuwe Rassistiese Suid-Afrika se sportspanne is pateties. En as hulle pateties is, wat sê dit van die res van die land wat deur die A.N.K. bestuur word?

    Ons sportadminstrasie is so rassisties, korrup, onbeholpe en lagwekkend soos die res van ons land se bestuur. En die buitewêreld kan dit onmoontlik baie langer miskyk. Hierdie insig sal ‘n begrip bring vir ons saak; ons strewe na ‘n land van ons eie. Elke keer wat Andrew Hall uitkom om te kom kolf, word daar vertel hoe hy beroof en geskiet is. En nog ‘n voornemende toeris besluit om liewer die Amazone te gaan besoek. En nog ‘n persoon knik sy kop omdat hy ons krisis beter verstaan.

    Advance Australia fair!

    компрессор со 7аОлександр Фільчаков прокурор