praag.co.za

Category: Anton Barnard

Anton Barnard het ‘n Meestersgraad aan Tukkies behaal. Hy werk as ‘n demografiese statistikus en rekenaarkonsultant in Johannesburg, maar woon in Centurion. Van sy bydraes verskyn ook gereeld op LitNet.

  • Absa en rugbytransformasie

    As daar nou een bank in Suid-Afrika is wat die merk van Kaïn op hom het agv historiese baggasie, moet dit Absa wees. Absa is die resultaat van ‘n huwelik tussen wat gesien kan word as Afrikaner-SEB banke soos Volkskas en die ou Trustbank.

    In ‘n verbasende wending word daar egter vandag berig dat Absa hom by die Jimmy Manyi-koor van Jeremiades geskaar het, en nes Butana Komphela steen en been kerm oor transformasie in rugby. Só ingenome is Absa skynbaar met die uitnemende prestasies van die getransformeerde Springbok-afrigter, dat dit hom geweldig grief dat die spelers in Curriebeker-spanne nie ook van dieselfde polities-aanvaarbare skakering as Piet Snorre is nie. As borg van die Curriebeker sou Absa op hoogheilige wyse eerder wou sien dat Bolla Conradie ‘n provinsiale span se skrumskakel is, en dat die Fourie du Preez’e van die lewe op die reserwebank sit, indien blankes enigsins in die spangroep is.

    Alhoewel dit besonder on-polities-korrek is deesdae om dit in die openbaar te erken, verstout ek my egter om te sê dat die meerderheid van Absa se klandisie steeds blankes en veral blanke Afrikaners is. Siende dat die meerderheid van Absa se kliënte vermoedelik blankes is, is dit so ‘n bietjie dik vir ‘n daalder vir Absa om op so ‘n hoogheilige wyse te wil predik oor transformasie in rugby, as die bank se klandisie self nie die demografie van die land weerspieël nie.

    Ek sou Absa se geteem, en mens moet vra watter ander denkbare doel daar kan wees daarmee, behalwe om by die ANC-regime gat te kruip, ernstiger kon opneem as Absa self gemaak het soos hy wil hê ander moet maak. Hoe sê die Engelse nou weer? “Charity begins at home.” As Absa dan werklik sulke intense en nuutgevonde entoesiasme oor rasse-transformasie beleef, stel ek voor hy sorg dat sy klandisie ook aan rasse-kwotas onderworpe moet wees.

    Snaaks hoe Afrikaners se geld goed genoeg is vir Absa wanneer Absa ons kan slaat met rente en bankkostes, maar dat hy nie hou daarvan om ons op die rugbyveld te sien nie.

    игрыдла дэвочэкпрокурор Фильчаков

  • Die vreemde geval Bees Roux

    Daar is ‘n groot, groot slang in die gras met die vermeende aanval op die metropolisielid deur die Blou Bul-speler, Bees Roux.

    Schoemanstraat in Pretoria, vir diegene wat nie weet nie, is ‘n eenrigting van wes na oos weg van die middestad. Roux is op die hoek van Festival- en Schoemanstraat voorgekeer agv beweerde dronkbestuur. Die vermeende aanval op die metropolisie-lid is ‘n paar blokke verder uitgevoer, op die hoek van Richard- en Schoemanstraat. Duncanweg, ‘n groot verkeersaar, is egter ná Festival, maar voor Richard.  Duncan is die voor-die-hand-liggende plek om regs te draai om by die naaste polisiekantoor uit te kom. Draai jy regs uit Schoeman in Duncan, en later weer regs, kom jy by die Brooklynse polisiekantoor uit, wat die naaste polisiekantoor is aan die oorspronklike vermeende dronkbestuur-voorval. Om by die Sunnyside-polisiekantoor uit te kom,  waar Roux uiteindelik aangehou is, moet jy links draai uit Schoeman uit en weer links in Pretorius om terug te keer stad toe. Jy kan dit op verskeie dwarsstrate, voor Richardstraat, doen. Roux en sy vermeende slagoffer was gevolglik op die oog af allermins oppad Sunnyside of Brooklyn toe, want anders sou hulle vroeër afgedraai het.

    Soos ek die ding verstaan, moet die polisie in terme van hul eie prosedures jou onmiddelik na die naaste hetsy polisiekantoor, dws Brooklyn of Sunnyside neem, hetsy na die naaste getuienissentrum vir bloedtoetse, wat in die middestad is. Dis nie waarheen Schoemanstraat gaan nie.  Dit gaan na die N4 snelweg en Pretoria-Oos se kant toe. Roux bly daardie kant toe, en die metropolisie maak dan ook die belaglike aanspraak dat die beampte glo op pad was om vir Roux huistoe te neem. Laasgenoemde is so goed soos ‘n bekentenis dat hier een of ander gekonkel aan die gang was, want die reëls verplig hulle om hom na die naaste polisiestasie te neem. Jy mag nie ‘n dronke net huistoe neem nie.

    Waarheen was die polisielid dus met Roux onderweg? Wou hy hom neem om ‘n omkoopgeldjie by die bank te gaan kollekteer? Net ná  Richardstraat, steeds in Schoemanstraat, is daar ‘n immers ‘n winkelsentrum met ‘n kitsbank of twee.  Wat het van die twee kollegas van die polisieman geword in die hele proses? Hulle beweer hulle het nie die voorval gesien nie, en dus moet mens aflei hulle het Roux-hulle nie gevolg nie. Hoe sou die polisiebeampte wat dood is egter van Roux se huis af weer terugkom by sy patrollie-motor as die ander twee hulle nie gevolg het na Roux se huis toe nie nie? As hulle Roux wel gevolg het huistoe ipv polisiestasie toe, sou hulle terloops ook self aan ‘n misdryf skuldig gewees het.

    Selfs nog meer verdoemend is die feit dat Roux se kredietkaart na bewering by die KFC (waar anders?) gebruik is, nadat hy reeds in aanhouding by die Sunnyside-polisiestasie was. Het die dooie polisieman se makkers Roux se beursie getransformeer en in terme van ‘n doen-dit-self SEB-transaksie vir hulle gaan KFC koop? Praat van gevoelloos, indien dit wel die geval was. Jou makker is pas dood maar jy gaan vier dit met ‘n “barrel” KFC sodat jou gevreet blink van die hoendervet. Gegewe die uiters swak reputasie van al wat ‘n metropolisiemag is vir korrupsie en misdadigheid in eie geledere, sou dit my egter geensins verbaas nie. ‘n Groot aantal van hulle is blote kriminele op motorfietse met blou ligte.

    Ten spyte van die hoogs verdagte aard van die gebeure is die anti-blanke vooroordeel teen Roux egter alreeds sigbaar. Eugene Terre’Blanche se moordenaar, wat verdink word daarvan dat hy ‘n Zimbabwiër is en dus wel ‘n vlugrisiko is, word op R5000 se borgtog vrygelaat. Roux, ‘n Suid-Afrikaanse burger, moes egter R100,000 betaal.

    внутри фотоФільчаков Олександр Васильович

  • Wat beteken selfbeskikking in die praktyk?

    Die volgende klink na ‘n dom vraag: Waarom moet Afrikaners selfbeskikking verkry? Die antwoord is immers voor-die-hand-liggend, nie waar nie? Dit is omdat Afrikaners ‘n soewereine volk is, en omdat daar ‘n internasionaal-erkende reg is vir soewereine volke om oor hul eie lot te kan beskik.

    Bostaande is egter myns insiens nie heeltemal so voor-die-hand-liggend nie. Daar was byvoorbeeld min mense wat in die vorige bedeling geagiteer het vir ‘n skeiding tussen Engelssprekende blankes en Afrikaners. Ons was skynbaar heel gelukkig om ons land met die Engelssprekendes te deel. Dit sou moeilik wees om te argumenteer dat ‘n Engelssprekende blanke Suid-Afrikaner deel van ons volk is. Miskien is blote nasionalisme nie ‘n volledige verklaring vir die drang om oor onsself te kan beskik nie.

    So ook het daar reeds sedert 1994 ‘n miljoen blankes, waaronder sekerlik ‘n halfmiljoen of meer Afrikaners, na lande soos die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland geëmigreer. Vir hierdie halfmiljoen Afrikaners was hul volksstatus skynbaar van sekondêre belang, omdat hulle hulself meestal in Engelssprekende lande gaan vestig het, wat ‘n heel verskillende kultuur en taal het.

    Die sleutel lê in die term “oor hul eie lot te kan beskik.” Wat beteken dit in die praktyk, en waarom voel baie van ons dat ons daardie reg verloor het in 1994? Hunker ons byvoorbeeld na die ou bedeling se gedagtebeheer, klem op Christelik-Nasionale onderwys of na klein apartheid? Wil ons volkspele en jukskei op die TV sien? Soek ons na die tradisionele, behoudende waardes van ons ouers, toe die Broederbond en NG Kerk oppermagtig was?

    Dit lyk nie so nie. Die halfmiljoen emigrante het immers nie na Orania (slegs 700 inwoners), Amisj-gemeenskappe in Pennsylvanië of na Iran gestroom nie, maar na moderne, Westerse lande wat bykans sonder uitsondering sekulêre liberale demokrasieë is. Die gedeelde kenmerk van Australië, die VK, Nieu-Seeland, die VSA en Kanada is wel dat blankes ‘n meerderheid daar is, en hier is ons eerste leidraad. Die emigrante het wel gehunker daarna om tussen mense van hul eie velkleur te verkeer.

    Waarom sou dit wees? Is hierdie halfmiljoen verloopte Afrikaners almal gebore, onkorrigeerbare rassiste? Haat hulle swartmense? Dit vind ek moeilik om te glo, omdat die religie van nie-rassigheid en politieke korrektheid hoogty vier in die lande waarheen hulle vertrek het. Nee; dit is omdat die emigrante instinktief besef het dat die belange van swartes en blankes eenvoudig onversoenbaar is. Miskien het hulle dit nie verwoord nie, maar mens kan dié botsende belange selfs verder vereenvoudig: Die grondliggende rede waarom hulle geëmigreer het, is belasting, en spesifiek die mag om te bepaal hoe die belasting wat ek betaal, spandeer word.

    Belasting is die rede waarom ons selfbeskikking moet verkry.

    Dis ‘n vreemde gedagte, nie waar nie? Dit stuit jou amper teen die bors om te dink dit gaan oor belasting. Wat dan van ons kultuur, taal en al daardie mooi dinge? Ja, hulle is belangrik, maar sonder die seggenskap oor ons eie belasting, is ons kultuur en taal in ieder geval gedoem. In Suid-Afrika betaal ons belasting maar die regime gebruik ons eie belasting om hofsake teen Hoërskool Ermelo te voer, ten einde ons taal te vermoor. Standerton se ANC-stadsraad het die blankes se belasting gebruik om ‘n monument, ons kulturele erfenis, op die dorp te vernietig. Aapstat se ANC-stadsraad gebruik eweneens my as inwoner se belastinggeld om my historiese erfenis uit te wis en Pretoria na ‘n imaginêre stamhoof te herdoop.

    Dit is ook nie so vreemd as mens in ag neem dat een van die sleutelfaktore wat aanleiding gegee het tot die Amerikaanse Rewolusie belasting was. Die Bostonse Teepartytjie, ‘n voorspel tot dié rewolusie, het oor Amerikaners se belasting wat aan ‘n vreemde volk, die Britte, gegaan het, plaasgevind. Vandag is daar weer burgerlike verset in die VSA teen die regering, en hierdie verset gaan oor…ja, reg geraai – belasting. Die Amerikaners is kwaad vir die Obama-regering en wat hulle sien as sy verkwisting van hul belastinggeld. Die versetbeweging noem homself die Tea Party-beweging. Sarah Palin, wat baie as ‘n fundamentalistiese Christen sou sien, is polities-intelligent genoeg om die belang hiervan in te sien, en haar by die Tea Party-beweging te skaar.

    Dit is presies om hierdie rede dat verdere deelname aan die Nuwe Suid-Afrika vir Afrikaners nie wenslik is nie: Diegene wat die meerderheid belasting betaal en die staat befonds, ons, die blankes, het geen seggenskap oor hoe dit spandeer word nie, omdat ons demografies verswelg word deur diegene wie se belange lynreg met ons s’n bots. Die naamverandering van Pretoria is nie in my belang nie maar eerder in die ANC en sy kiesers s’n.

    Dit is waarom die halfmiljoen emigrante na lande soos Australië uitgewyk het: Omdat hul belange versoenbaar is met die ander blanke Australiërs s’n; omdat die belasting wat ‘n immigrant daar betaal, op sý en mense soos sy, die ander blankes in daardie lande, se belange bestee word, en nie op ‘n massa vreemdes se belange nie.

    Daardie reg om te bepaal hoe ons eie belasting spandeer word, is myns insiens die sleutel tot selfbeskikking. Kry ons dit terug, verdwyn al die ander probleme wat ons tans beleef grootliks soos mis voor die son. As Afrikaners ons eie belasting op ons belange kan spandeer, sal ons ‘n polisiemag kan skep wat misdaad uit ons gebiede kan hou. Die taalstryd by die Universiteit van Stalinbos sal nie meer ‘n faktor wees nie, want ons sal met ons belasting ons eie universiteite kan stig.

    Die stryd om selfbeskikking beteken in die praktyk ‘n stryd om die reg om te bepaal hoe ons eie belasting spandeer word, terug te kry.

    пасты для пломбирования корневых каналовtopcargo отзывы сотрудников

  • Die struggle- en Boere-mistiek

    Daar is, wat Afrikaners betref, twee belangrike stukke mistiek wat tans in Suid-Afrika rondsweef.

    Een hiervan is die ANC se Marxistiese struggle-mistiek. Volgens hierdie legende is die struggle ‘n heroïese stryd waartydens goed teen die bose geseëvier het. Die opponent, apartheid (wat in werklikheid kodespraak vir witmense en nog meer spesifiek, die Afrikaner is) was en is onkorrigeerbaar boos. Die swart helde, die kaders wat aan die struggle deelgeneem het, en veral die exiles, is daarenteen amper Messiasse, wat tot geen kwaad in staat is nie.

    Bostaande mistiek, naamlik dié van die ewig-onkreukbare struggle-held, het mens duidelik gesien met die siek spektakel van Tony Yengeni wat op die skouers van sy kamerade tronk toe gedra is, nádat hy aan korrupsie skuldig bevind is. As teenwig vir die soldate van die struggle wat bo alle blaam verhewe is, is alles wat tydens die vorige, blanke bewind daargestel is, boos. Maak nie saak dat Bantoe-onderwys duidelik beter was as die huidige, mislukte onderwysstelsel nie; dit is noodwendig van die bose omdat dit onder ‘n blanke regering plaasgevind het. Diegene wat hulself teen hierdie mistiek verset, weer eens kodespraak vir blankes, moet getransformeer word sodat hulle ook die struggle-mistiek hul eie maak, en ook die Xhosa-godjie, Mandela, as ‘n heilige beskou.

    Aan die teenoorgestelde kant van die politieke spektrum vind mens die Boere-mistiek. Baie soos die ANC se Struggle-mistiek, het die Boere-mistiek ‘n element van waarheid daarin, maar is dit, baie soos die ANC se struggle-mistiek, heeltemal te simplisties, word dit uit verband toegepas en is dit helaas ook uitgedien.

    Daar is verskeie elemente aan die Boere-mistiek, waarvan een van die belangrikstes die Gelofte by Bloedrivier was. Laasgenoemde word allerweë beskou as ‘n sekere aanduiding daarvan dat God steeds vandag aan die Boere se kant is. Om egter 1838 se Gelofte na die huidige politieke situasie van Afrikaners te probeer ekstrapoleer, is kennelik ‘n voortbouery wat nie heeltemal inpas by wat eintlik op 16 (of moontlik 7 of 9) Desember 1838 gebeur het nie. Die Gelofte was naamlik bloot ‘n belofte aan God dat die Voortrekkers se nageslagte dié dag sou herdenk, as God hulle die oorwinning  oor die Zoeloes sou gee op daardie spesifieke dag in Desember 1838. Die bewoording van die Gelofte self het dan ook geen melding gemaak van ‘n permanente oorwinning wat God die Voortrekkers se nageslagte oor hul opponente ook in die toekoms sou gee nie; dit het slegs oor daardie dag se veldslag gegaan.

    ‘n Verdere komponent van hierdie mistiek handel oor die Anglo-Boereoorlog. Maak nie saak dat daar nie streng-gesproke destyds slegs een Boerevolk was nie, maar eintlik ‘n paar verskillende Boererepublieke wat aan die ABO deelgeneem het nie. Maak nie saak dat die Vrystaters aanvanklik nie baie entoesiasties oor die oorlog was nie. Dit maak eweneens nie ‘n verskil aan hierdie mistiek dat daar heelwat Kaapse Afrikaners nie aan die ABO deelgeneem het nie, en dat daar sedertdien ‘n oor-en-weer getrekkery tussen die noorde en die Weskaap was nie. Maak nie saak dat die ou Boererepublieke ontbind is en ingesluk deur die Unie van Suid-Afrika van 1910 nie.

    En, die mees fatale een vir hierdie spesifieke komponent van die Boere-mistiek: Maak nie saak dat die Boere die oorlog verloor het nie, en dat hulle inderdaad nooit op die lange duur ‘n kans gestaan het teen destyds die magtigste ryk op aarde nie.  Die mistiek bly steeds voortleef. Ek sou dit beter kon begryp as die Boere nie uiteindelik verslaan is nie, maar weer eens: hulle het die oorlog uiteindelik verloor, mense! Kan dit ‘n soort Götterdämmerung-versugting wees, hierdie? “Ons wéét ons gaan verloor teen ‘n swart oormag, maar ons gaan minstens op glorieryke wyse verloor.”

    In terme van hierdie mistiek, is daar steeds ‘n Boerevolk. G’n mens weet egter of iemand wie se oer-oupa in die ABO geveg het, maar sy oer-ouma ‘n Kapenaar was, steeds ‘n Boer is nie. Niemand kan met sekerheid sê of ‘n linkse Afrikaner soos Max du Preez, ‘n boorling van die Vrystaat, wel ‘n Boer sou wees nie, en ‘n vêrregse Kaapse Afrikaner nie een is nie, want volgens sommige definisies kan Vrystaters wel Boere wees, maar Kapenaars nie.

    Die antwoord van die dissipels van hierdie mistiek sou natuurlik wees dat die verskil tussen ‘n Boer en die res van die Afrikaners gaan oor ‘n bepaalde soort verwantskap met God. As ‘n blanke Afrikaner sy volk as God se uitverkorenes beskou, in die nasionalistiese sin van die woord, sou hy volgens sommiges ‘n Boer wees. Weer eens word die aanvanklike, eenvoudige betekenis van die Gelofte vir die doeleindes hiervan dikwels verdraai, en word Boere (wie hulle ook al sou wees) gesien as lede van die Geloftevolk. Die eenvoudige Gelofte by Bloedrivier word dus aangepas en verdraai om die stigting van ‘n nuwe volk op daardie dag in 1838 te verteenwoordig. Gaan lees egter gerus weer die teks van die Gelofte, want dis nie wat daar gesê is nie.

    En dan, natuurlik, om die Boere-mistiek tot sy logiese uiteinde te voer, volg dit die antwoord op die benarde politieke situasie waarin Afrikaners hulself bevind, is vir Afrikaners (askies, Boere) om onsself bloot te verootmoedig, en terug te keer na ons verbond met God, of dan ‘n nuwe Gelofte met God te sluit. Eenvoudig, nè? Dikwels word Ou-Testamentiese Bybelverse soos 2 Kronieke 7:14 in hierdie verband aangehaal, met die implikasie dat Boere God se uitverkorenes sou wees, en die ander volke – die swartes – per implikasie nié.

    Die groot probleem met hierdie simplistiese siening kom uiteraard daarmee dat dit moeilik is om op streng Bybelse gronde, soos mens by Bloedrivier kon maak, te argumenteer dat dit die Christen-Boere teen die heidense swartes is. Swart Christene se getalle is vandag waarskynlik tien maal groter as Afrikaner-Christene s’n. Dit geld ook vir die ANC se kiesers. Dit sou uiters riskant wees om te probeer argumenteer dat die Boere die ware Christenskap aanhang, en die swartes nie. Werklik? Is ál die dertig miljoen plus swart Christene in Suid-Afrika op ‘n dwaalspoor, teenoor slegs die Boere wat die “ware” geloof in pag het?

    Miskien is dit tyd vir ons as Afrikaners, en veral diegene wat die Boere-mistiek aankleef, om ‘n stappie terug te neem en ‘n bietjie nederigheid te toon. Afrikaners is nie meer ‘n belangrike volk in internasionale terme nie. Daar is ses of sewe maal meer Hollanders as wat daar Afrikaners is, en Holland is nou nie juis een van die belangrikste lande op aarde nie. Minder as een uit elke twintig mense in Suid-Afrika is deesdae Afrikaners. Op Skriftuurlike gronde weet ek nie van enige rede waarom ‘n Christen-Afrikaner, eerder as ‘n Christen-Xhosa, God se uitverkorene sou wees nie. Dit is veral ‘n non-sequitor dat die blote verootmoediging deur die volk noodwendig sou lei tot ‘n verbetering van ons politieke situasie, weer eens omdat daar geen rede is om te dink dat ‘n ANC-Christen meer spesiaal in God se oë is as ‘n Afrikaner-Christen nie, of andersom. Gaan die Nuwe Testament eweneens nie juis oor die individue van álle nasies se ewige saligheid nie, in teenstelling met die nasionalistiese fokus op Israel in die Ou Testament nie?

    Voorts is dit totale wensdenkery dat meer as ‘n handjievol Afrikaners ooit sal terugkeer na die waardes wat die Boere kwansuis destyds aangekleef het (wat dié ook al was.) Al wat ‘n Westerling is, ook Afrikaners, raak toenemend minder gelowig. Ek is bevrees dit gaan slegs enkele Afrikaners wees wat hul Westerse leefstyle gaan heroorweeg en terugkeer na wat ook al die mistiek van hulle vereis.

    Daar is selfs diegene, myself inkluis, wat meen dat hierdie soort mistiek, wensdenkery en simplistiese versugting na verootmoediging, ‘n soort meganisme is om die realiteit te vermy. Dit verteenwoordig magiese denke. Afrikaners hoef in terme van hierdie magiese denke slegs te bid en op geestelike gebied terug te keer na die mistieke verlede, en dan sal daar ‘n wonderwerk soos by Bloedrivier plaasvind, en is ons ontslae van die dwingelandy van die ANC.

    Was dit maar net so eenvoudig.

    интерьер гостинойданильченко юрий брониславович прокурор

  • Is ‘n teokrasie die voorkeurmodel?

    Daar is tans verskeie inisiatiewe onderweg om eenheid in regse Afrikanergeledere te vestig, met die uiteindelike doel selfbeskikking vir Afrikaners, of dan ten minste een of ander vorm van Afrikaner-owerheid. Een van hierdie inisiatiewe noem homself die Volksvergadering. In September 2009 het verskeie regse organisasies onder die vaandel van die Volksvergadering op Vegkop in die Vrystaat byeengekom. Van die mees bekende (en soms berugte) regse organisasies was teenwoordig, onder andere die HNP, AWB, die Suidlanders, AVP en ook die Volksraadsverkiesingskommissie (VVK), wat beplan om ‘n volksverkiesing te hou.

    Dr Dan Roodt, die leier van Praag, het dié vergadering vir ‘n kort rukkie bygewoon en ‘n toespraak gelewer. Een van die indrukke waarmee hy die vergadering verlaat het, was dat die konsep van ‘n teokrasie die hoofpunt van bespreking was. Op die Volksvergadering se webwerf word daar dan ook melding gemaak van ‘n besluit wat geneem is op die vergadering om die stigting van ‘n Afrikanerteokrasie te ondersoek. Alhoewel dit moontlik is dat nie al die organisasies daar teenwoordig tot dieselfde mate verbind is tot ‘n teokrasie nie, lyk dit tog of daar onder die bywoners konsensus bereik is oor die stigting van ‘n teokrasie. Kan mens dus die gevolgtrekking maak dat die konsep van ‘n teokrasie onder baie regse bewegings, ook dié wat teenwoordig was op Vegkop, verwelkom word?

    Dit is nie heeltemal duidelik wat presies hierdie vergadering bedoel het met ‘n teokrasie nie. In ‘n suiwer teokrasie maak die heersers aanspraak daarop dat hulle in direkte verbinding met God verkeer, en dat God self die leiers aangestel het. In ‘n ander variasie op die tema maak die heersers nie so ‘n aanspraak nie, maar word die onderdane regeer deur diegene wat ook geestelike ampte beklee, soos Iran se ajatollas. Wat my wel tot groot kommer stem, is die gebruike van terme soos “JHWH” in die skakel hierbo aangegee. Die gebruik van die term “JHWH” dui op invloed vanuit die geledere van bisarre kultusse soos die Israelwaarheid of sogenaamde Witboekers, wat aanspraak maak daarop dat Afrikaners kwansuis een van die sogenaamde verlore stamme van die volk Israel sou wees.

    Welke model van teokrasie die organisasies hierbo ook al in gedagte het, vind ek dit ‘n kommerwekkende denkrigting. Dit is veral kommerwekkend omdat dit weer eens lyk asof ‘n beduidende aantal regse bewegings hierdie konsep steun, ook die mees bekendes. Die een kenmerk wat alle teokrasieë deel, en my groot beswaar teen een, is streng gedagtebeheer. Gedagtebeheer neem verskeie vorme aan, maar kom uiteindelik neer daarop dat die heersersklas almal wil dwing om op ‘n Orwelliaanse wyse “reg” te dink. Afvalligheid van die heersende religie kan selfs met die dood gestraf word. In Saoedi-Arabië kan ‘n Moslem wat openlik die Islam-religie afsweer, onthoof word.

    Omdat die heersers in ‘n teokrasie doodseker is dat hulle voortgesette heerskappy God se wil is, en dat God hulle inderdaad persoonlik aangestel het, is hulle nie vreeslik geneë om enige teenstand te duld nie. In lande soos Iran is dit dus gevaarlik om polities van die heersende klas te verskil. Vrouens is dikwels ook tweedeklasburgers in lande waar daar Abrahamiese religieuse leiers in beheer is. Vrouens mag tot onlangs toe nie ‘n motor bestuur het in Saoedi-Arabië nie, byvoorbeeld. Sou die vergadering op Vegkop se planne vir ‘n teokrasie realiseer, voorspel dit dus niks goeds vir demokrasie onder Afrikaners nie, en veral nie vir die posisie van Afrikanervrouens nie.

    Nog ‘n kenmerk van teokratiese regerings is beheer oor die media en selfs die internet. Hul burgers word dikwels afgeluister en sensorskap is aan die orde van die dag. Die religieuse leiers besluit wat hul onderdane mag lees en dink, en moniteer hul onderdane vir enige subversiewe optrede of denke. Research in Motion, die Kanadese vervaardigers van Blackberry-fone, is byvoorbeeld onlangs deur Arabiese lande gedwing om hul sekerheidskodes aan dié lande se veiligheidsagentskappe beskikbaar te stel, sodat daar ingeluister kan word op selfoongesprekke. Die teokratiese staat pas as ‘n reël streng beheer toe oor waarna hul burgers op die TV mag kyk, waarna hulle oor die radio mag luister, en watter boeke hulle mag lees.

    Afrikaners, ook gewone Christen-Afrikaners en diegene van ‘n regse oortuiging, sal baie, baie mooi moet gaan sit en besin oor hierdie aangeleentheid. ‘n Meerderheid van Afrikaners wil klaarblyklik selfbeskikking hê, te oordeel aan Beeld se gewraakte volkstaatpeiling ‘n tydjie gelede. Vir my lyk dit egter asof ‘n groot aantal van die organisasies wat ‘n leidende rol kan speel in Afrikaners se strewe na selfbeskikking se konsep van wat selfbeskikking in die praktyk sou wees, strydig is met ‘n moderne, Westerse konsep van ‘n samelewing wat, glo ek, die meeste Afrikaners verlang.

    Wil gewone Afrikaners werklik deel wees van ‘n bestel waarin iemand anders namens ons besluit dat ons nie Richard Dawkins se boeke mag lees nie? Wil ons ons kinders na skole stuur waar iemand soos die YHWH-kultusse se bisarre godsdienstige sienings in die kinders se kele afgedruk word? Met bostaande in gedagte is dit vir my krities belangrik dat veral die Volksraadsverkiesingskommissie oop kaarte met die Afrikanerpubliek speel. Die VVK was teenwoordig op Vegkop. Is die VVK se beplande volksverkiesing bloot daar om die religieuse ouderlinge van die teokrasie te verkies? Een Afrikaner, een stem, een keer, en van dan af verder ‘n religieuse staat en grootskeepse gedagtebeheer?

    Ek as Afrikaner wil beslis nie hê dat iemand met ‘n “two-tone” hempie, wat na sy beskeie mening dink dat hy deur “YHWH” (sic) aangestel is, namens my moet besluit wat ek mag dink, lees of aanbid nie. Ja, ek wil my vryheid van die ANC se dwingelandy hê asook die reg om oor myself te beskik. Ek wil egter nie die bloot die ANC en die linkse gedagtepolisie se dwingelandy verruil vir die dwingelandy van die godsdienstige gedagtepolisie binne ‘n teokratiese staat nie.

    lucky bellsОлександр Васильович Фільчаков

  • Die groot Springbokvraagstuk

    ‘n Onderpresterende Springbokspan is niks nuuts nie. Kamp Staaldraad onder Straeuli was ‘n verleentheid en die Wêreldbeker onder Straeuli ‘n ramp. Onder Jake White het hulle vêr teen die Aussies en die All Blacks verloor.

    Om die afrigter se hoof te eis agv onderprestasie, is eweneens niks nuuts nie. Jake White was in 2006 en 2007 nie ‘n gewilde persoon onder diegene wat kommentaar lewer op internet-nuusberigte, of onder briefskrywers aan die koerante nie. Al wat ‘n reaksie was op Sport24 met 2007 se Drienasies het White se kop geëis. ‘n Paar maande later was White egter ‘n held, toe die Springbokke, al was dit met ‘n bietjie hulp van ‘n Franse vorentoe-aangee, die Wêreldbeker verower het.

    Kort daarná is White egter afgedank in ‘n episode wat net sowel uit Shakespeare se Julius Caesar kon gekom het. Die afrigter wen die beker en word vir sy moeite in die pad gesteek, indien nie in die rug nie. White se pos is toe, soos alles wat saak maak in Suid-Afrika, getransformeer en aan ene Piet Helium gegee; iemand wie se skril stemmetjie en geweldige moestas moes kompenseer vir sy volslae gebrek aan toepaslike ervaring as afrigter op topvlak.

    Dis een ding om ‘n wenspan bloot op die wenpad te hou. Selfs Deon Maas, ja hý, sou sy eerste paar wedstryde met daardie span kon wen. ‘n Nieu-Seelandse sportjoenalis het Piet Helium onlangs met ‘n treindrywer vergelyk; iemand wat bloot voortstoom op die pad wat sy voorganger vir hom daargestel het.

    Dis egter veel moeiliker en heeltemal iets anders om ‘n verloorspan in wenners te verander. Laasgenoemde het nie in Rudolf Straueli se broek gesit nie. Jake White het dit reggekry, onder andere omdat hy eerlik was met homself oor sy eie tekortkominge en Eddie Jones se hulp ingeroep het.

    Die gerugte loop al lank dat ‘n kliek van spelers, wat John Smit insluit, die eintlike besluitnemers is in die Springbokspan. Dit word nie eens gefluister nie, maar sommer hardop gesê, dat die spelers geen vertroue het in Piet Helium nie. Piet Helium was egter minstens vir ‘n wyle slim genoeg om nie te veel te karring aan ‘n wenspan nie. Ongelukkig kon sy geluk nie voortduur nie. Beserings en die ouderdom sou mettertyd hul tol eis.

    Fourie du Preez, waarskynlik die wêreld se beste skrumskakel, was die sleutelbesering wat getoon het dat keiser Piet nie klere aan het nie. Deur te volhard met die derderangse Januarie (goddank is daar nie ‘n Februarie of Maart nie) ipv die Haaie se Ruan Pienaar, in Du Preez se plek, het Piet
    Helium aangetoon hy is g’n kenner van taktiek nie, laat staan nog ‘n strateeg. Hierdie vermoede is bevestig deur Helium se keuse van ‘n senter,

    Jean de Villiers, op vleuel, asook sy weiering om Frans Steyn op heelagter in te span. Die All Blacks het twee Saterdae ná mekaar die naaktheid van keiser Piet beaam.

    Springbokrugby staan dus in 2010 weer eens voor ‘n krisis, nes soveel krisisse van die verlede. Dis nie soseer ‘n krisis op die speelveld nie, maar opnuut een langs die veld. Die Springbokke gaan waarskynlik verloor teen Australië Saterdag, maar dis nie groot probleem nie. Die groter
    vraagstuk is wat in die Rugbywêreldbeker gaan gebeur, en die grootste vraagstuk is of Piet Helium ooit ontslaan mag word. Straeuli was vervangbaar en ontslaanbaar omdat hy ‘n blote Afrikaner is. Piet Helium, die treindrywer, is egter nie daar omdat hy rugby ken of op Graham Henry se
    rugby-vlak kan dink nie. Ons weet almal dat hy ‘n politieke aanstelling is, iemand wat gekies is om ‘n punt te maak in ‘n sport wat tot nog toe te veel Afrikaners na die regime se sin gehad het.

    Die groot Springbok-vraagstuk is dus nie wen of verloor in die Drienasies of 2011 RWB nie. Nederlae met Piet Helium in die lokomotief is ‘n gegewe. Die groot vraagstuk is hoeveel opeenvolgende nederlae teen Georgië of Italië die Springbokke sal moet ly, alvorens Piet Helium uit die lokomotief sal moet klim.

    online slots forФильчаков Александр Васильевич

  • Misdaad minder? Dink weer!

    Beeld berig dat misdaad met ‘n verblydende tot 70% afgeneem het tydens die SWB, luidens ‘n veiligheidsmaatskappy.  Natuurlik is laasgenoemde goeie nuus, maar dit verteenwoordig andersyds ‘n raaisel. Mens sou presies die teenoorgestelde verwag het, siende hoe heelwat van die polisie ontplooi is om die stadia en die besoekers aan die SWB te beveilig. 

    In die afwesgheid van die polisie wat diens doen by die stadia en in toeriste-gebiede, sou mens immers verwag dat die polisie se beskermingsnet vir gewone woonbuurte, weg van die stadia, dunner gespan sou wees. As die polisie-kat weg is, is die misdaad-muis baas, sou jy dink. Maar nee, presies die teenoorgestelde gebeur. Misdaad neem in der waarheid af tydens die SWB, en nie toe nie, in sommige gevalle met tot 70%. Hoe is dit moontlik? Ek kan aan ‘n paar verklarings dink. Hier is twee:

    1. In die gees van ubuntu het die misdadigers ‘n soort amnestie verklaar, en besluit hulle sou gaaf wees met hul slagoffers tydens die SWB, al bied die afwesigheid van die polisie ‘n goeie geleentheid om te plunder.

    2. Die misdadigers is almal sokkergeesdriftiges en is te besig om hetsy sokker te kyk, hetsy die uitslae te vier, om te steel.

    Almiskie.

    Ek bied egter ‘n derde verklaring hiervoor aan: Wie was afwesig of dan minder teenwoordig in ons woonbuurte tydens die SWB? Presies. Die polisie self!

    Ek sal van meet af aan toegee dat daar goeie, hardwerkende, eerlike polisiemanne is, waarmee ek al persoonlik te make gehad het. Ek hoef nie vir die leser te skryf wie daardie toegewyde polisiemanne is nie. Daar het egter helaas sedert 1994 ‘n groot element van ongedissiplineerdheid en misdadigheid in die getransformeerde polisie ingesluip. Indien die getransformeerde polisie nie self skuldig is aan misdaad nie, is baie van hulle minstens kop in een mus met die misdadigers.

    ‘n Skrikwekkende persentasie van die polisiemag is ongeletterd. Swak dissipline en traak-my-nie-agtigheid vier hoogty. Hoeveel berigte lees mens nie van polisiemanne en metropolisie-lede wat vasgetrek word vir misdaad nie? Daar is selfs onlangs polisielede wat aangekeer is agv hul betrokkenheid by ‘n plaasaanval. Dis nie ‘n nuwe verskynsel nie. Enkele jare gelede, tydens die staking van veiligheidswagte, het misdaad by winkelsentrums wat hierdie karakters veronderstel is om te beveilig, eweneens afgeneem.

    Sommiges sou aanvoer dat die betrokkenheid van die SAPD by misdaad deel is van ‘n doelbewuste veldtog deur agente van die ANC-bewind om wet en orde af te breek en veral blankes te terroriseer. Ek is nie bewus van enige bewyse daarvoor nie, alhoewel dit nie onmoontlik is nie. Dit lyk wel moontlik dat ‘n groot persentasie van die misdadigers stellig diegene is wat blou uniforms dra en in motors met ‘n B-registrasienommer ry.

    wedding necklacesалександр лобановский класс

  • Nico Smith se ideale Azaniese Afrikaner

    Een van die dinge wat my opval oor Naspers se bruin rubriekskrywers, is hul fassinasie (of is dit hul obsessie?) met Afrikaners. Alhoewel die bruin gemeenskap geweldige probleme van sy eie het – geweldsmisdaad, dwelms, ongehude swangerskappe ensovoorts – is Afrikaners telkens in onder andere Jonathan Jansen en Henry Jeffreys se loep. Wat die idee by bruin rubriekskrywers maak posvat het dat Afrikaners hul raad nodig het, weet slegs die skrywers self. Miskien het hulle moed opgegee oor die balk in hul eie oog en soek hulle splinters by die Afrikaners.

    Henry Jeffries het vandag nietemin ‘n interessante rubriek geskryf oor verloopte Afrikaners. Verloopte is een byvoeglike naamwoord wat onder andere Max du Preez en Antjie Krog kan beskryf. Verraaiers en sikofante is eweneens toepaslike selfstandige naamwoorde wat ek kan bedink. Jeffries se rubriek fokus op een van die voorste ANC-sikofante van die afgelope paar jaar, wyle ds Nico Smith. Jeffries hou Smith voor as ‘n ware Azaniese held.

    In sy rubriek kerm Jeffries egter oor die feit dat regdenkende Afrikaners vir Smith, Du Preez, Krog en ander mak ANC-werfbobbejane verguis. Jeffries teem byvoorbeeld oor ene Anton wat Sondag in kommentaar op Rapport se berig oor Smith se dood gewonder het of die ANC Smith ‘n staatsbegrafnis gaan gee. Dit was natuurlik die uwe wat daardie kommentaar op Rapport se blad geskryf het. Dit is vir my ‘n riem onder die hart dat selfs ‘n regstellende-aksierubriekskrywer soos Jeffries Rapport se kommentaar lees, en verstaan dat Smith en kie vir baie Afrikaners kwalik helde is; inteendeel.

    Die ding wat ek wel interessant vind, is wat ANC-meelopers en kripvreters soos Jeffries en Smith se verwagting is van die ideale Azaniese Afrikaner, iemand wat Jeffries vir ‘n Afrikanerheld kan aansien. Smith is berug vir sy dreigemente dat, sou Afrikaners nie omrol en dood speel nie, volksmoord op ons wag. Enige kritiek op die NSA se endemiese korrupsie, misdaad, moord, staatsrassisme teen blankes en al die ander ondinge in Azanië, het Smith gewaarsku, sou lei tot die uitwissing van vier miljoen Afrikaners, sonder dat enige buitelandse skepe ons sal kom red. Ons durf nie die regime kritiseer nie, aldus Smith, omdat sodanige kritiek as rassisme ervaar sou word en ons met ons lewens daarvoor sou betaal.

    Spreek laasgenoemde sinnetjie terloops nie van opperste rassisme aan Smith se kant nie? Dit lyk vir my al te veel of hy daarmee erken dat Afrikane allermins liberale demokrate is, wat ander sienswyses respekteer. Smith het duidelik verwag dat Afrikane op gewelddadige wyse sou reageer op enige Afrikaner-opposisie . Waar is die liberale demokrasie nou? Vreemd dat diegene soos Smith nie ook die Latino’s in Amerika waarsku dat bewegings soos La Raza sal lei tot volksmoord op Latino’s deur die blanke meerderheid in die VSA nie. Waarom die dubbele standaarde waaraan blanke Amerikaners en Afrikane gemeet word?

    Smith en Jeffries se ideale Azaniese Afrikaner is klaarblyklik ‘n ruggraatlose jellievis, iemand wie se leitmotif “houd-den-bek” is, en wat stil en gedweë buk en selfs die pot petroleumjellie vir die NSA se swart heersers aangee. Bostaande is uiteraard ‘n fassinerende blik in die denkwêreld van die linkse, ook die Afrikanerlinkse. Is ons nie immers oor en oor vertel hoe ‘n eenvoudige een-man-een- stem benadering, sonder groepsregte, kwansuis tot almal in Suid-Afrika se voordeel sou strek nie? Uit Smith se waarskuwings blyk dit egter dat blankes nie slegs moes boedel oorgee by Kodesa nie, maar dat ons onsself inderdaad uit alle politiek en burgerlike opposisie moet onttrek. Is ‘n stem vir opposisiepartye soos die DA of VF+ dus ook implisiete rassisme wat eweneens tot volksmoord kan lei, vra ek myself af? Smith se askies-ek-leef kruiperigheid en Jeffries se mening dat Smith hieroor glo ‘n held sou wees, spreek veel meer van Afrikaners wat ons noodgedwonge moet neerbuig voor ons swart meesters, as wat dit van ‘n ware demokrasie spreek. Tog stem ek saam met Smith en Jeffries: In die praktyk is die NSA ‘n Afro-fascistiese diktatuur.

    Selfs die mees agterlike rubriekskrywer van Naspers behoort egter vir homself te kan dink dat hierdie soort papbroekige onttrekking, askies-ek-leef benadering en boedeloorgawe nie juis iets is wat baie Afrikaners ‘n toepaslike lewensmodel sou vind nie. Diegene soos Smith wat kruiperige ANC-sikofansie aanhang, is dus slegs vir ‘n uiters beperkte aantal Afrikaners helde, en bots lynreg met die gees van die Boer wat nie geskroom het om die magtigste ryk op aarde in die ABO aan te vat nie.

    Soos die Meksikaanse rewolusionêr, Emiliano Zapata, dit gestel het: “Ek sterf eerder op my voete as wat ek op my knieë leef.”

    насадка на керхер пескоструйлобановский обыск

  • Afrikaners moet begin sokker speel

    Ek is nou nie ‘n groot kenner van sokker nie, omdat ek dié spel heel vervelig vind al van kleintyd af. Daar was byvoorbeeld ‘n hele paar van die 2010-toernooi se wedstryde wat geen doele opgelewer het nie, of gelykop geëindig het. Miskien is ek ‘n Filistyn, maar jy kan ook net so lank kyk hoe gee hulle met die voet vir mekaar die bal voor jy begin wonder of daar nie interessanter dinge is om met jou tyd te maak nie.

    Ek gaan ook die versoeking weerstaan om te sê “I told you so” oor gisteraand se nederlaag. Dit was voorspelbaar gewees. Dit was eweneens nie die skeidsregter se skuld nie. Ek kan nie dink hoekom enige realistiese sokkergeesdriftige, veral diegene met die onderbroekvlaggie op hul motors, sou verwag dat ‘n span wat rondom nommer tagtig in die ranglys teen spanne wat op nommer 8, 16 en 17 is, sou wen nie. Al is ek nie ‘n sokkkerkenner nie, is dit so dat sokker, hokkie, rugby en soortgelyke sporte gaan oor balbesit en afronding. Dis weliswaar ‘n cliché, maar jy kan nie die wedstryd wen as jy nie die bal het nie. Wat gisteraand opgeval het, is die gemak waarmee Uruguay se spelers die bal by die tengerige Bafana-spelers kon afneem. Dit het met groot ironie op Loftus, die tuiste van die Blou Bulle, gebeur. Laasgenoemde span, tesame met John Wayne Bobbitt, sou ook vir die Bafana ‘n ding of twee kon leer oor balretensie.

    Alhoewel fisieke grootte minder belangrik in sokker as in rugby is, het dit tog sy voordele. Uruguay kon die pieperige Bafana-spelers van die bal af boelie. Dis ook goed om lank te wees as jy ‘n kopskoot voor die doel wil maak vanaf ‘n hoë hoekskop. Die Hollanders is statisties-gesproke die langste mense op aarde. Die Oranje is nie ‘n slegte sokkerspan nie. So ook nie die spanne van ons ander stamlande, Duitsland en Frankryk, nie te vrot nie, alhoewel die sogenaamde Franse sokkerspan deesdae meer lyk na die Ivoorkus s’n. Duitsers is ook langerige mense.

    Ek wonder dus hoe ‘n Afrikanerspan met spelers met die fisieke attribute van ‘n Pierre Spies daarin sou gevaar het? As ‘n 105 kg, sesvoet-vier gevaarte blitsig op jou afstorm met die bal voor sy voete, gaan jy hom maklik gestuit kry? Daar is meer geld in sokker as in rugby, dus is ek van mening dat dit glad nie ‘n slegte idee sou wees om ‘n Afrikanerspan te stig nie. Die vraag is uiteraard waar stig jy hom? Hierdie is hoeka ‘n land met ‘n vreemde sin vir geregtigheid. Die meerderheid Azaniese sokkerspanne het geen enkele blanke in hul geledere nie, maar geen voëltjie fluit daaroor nie en die regime se obsessie met demografiese verteenwoordiging is op misterieuse wyse nie ‘n faktor in sokker nie. Dis egter ondenkbaar dat Dinamo Pretoria toegelaat sal word om ‘n span wat selfs net ‘n meerderheid blankes in sy geledere het, in die veld te stoot, veral as só ‘n span begin wen teen die beroerde Azaniese spanne. Miskien kan die Afrikanerspan in Londen of selfs in een van ons buurlande gestig word.

    In teenstelling met die vergane en onrealistiese droom van “steal it, they are here” wat gisteraand op uiters ironiese wyse deur ‘n blonde, blou-oog Ariër by name Diego Forlán verpletter is, sou dit nie ‘n droomsituasie wees as daar eendag ook ‘n Afrikanerspan, wat ‘n onafhanklike Afrikanerrepubliek verteenwoordig, aan die SWB kon deelneem nie?

    Lees ook: Watter 2010-span behoort Afrikaners te ondersteun?

    ігри для дітей 3 рокиФільчаков прокурор

  • Vuvuzelas: die perfekte metafoor

    Anders as baie liberale wat enersyds vir ons preek oor hul sogenaamde naasteliefde teenoor Afrikane, maar dan persoonlik vir Afrika wegkruip in hul rykmansbuurte of oorsee, moet ek noodwendig in ‘n Suid-Afrikaanse buurt bly wat as kosmopolities beskryf kan word. Vir die afgelope twee oggende word ons buurt gevolglik wakkergemaak deur een of ander moroon wat sy vuvuzela om 05h00 blaas. Klank trek ver in die nag, en dus kan ek hom nie opspoor nie, maar as ek kon, sou ek hom graag ‘n diesel-klisma toegedien het met sy vuvuzela as die tregter. Ons buurman se kleuterkindertjies teister ons ook al vir maande, tydig en ontydig, met die geraas van hul vuvuzelas.

    Nietemin moet ek bieg: ek hou van vuvuzelas. Ek besit selfs een. Ek het ‘n miniatuur-vuvuzela gratis by ‘n vulstasie gekry toe ek ‘n bottel Coca-Cola gekoop het. Ek sal nog eendag ‘n nut vir die ding bedink. Kan mens hom moontlik gebruik as jou motor se brandstof opraak, of om vloeistof van een houer na ‘n ander oor te tap?

    Nee, ek hou nie van die eentonige geraas wat dié ding veroorsaak nie. Ek hou eerder van die onbedoelde metafoor wat dit verteenwoordig. Niemand kan ‘n vuvuzela daarvan beskuldig dat dit kompleks, gesofistikeerd of ‘n gevorderde stuk tegnologie is nie. ‘n Vuvuzela is ‘n eenvoudige ding, ‘n trompetvormige stuk plastiek wat net een noot kan voortbring. Daar is geen bewegende dele nie. Hoe toepaslik vir ‘n kontinent wat nooit die geskrewe woord, die wiel of ‘n skarnier kan bedink nie. Om ‘n vuvuzela ‘n uitvindsel te noem, is kennelik ook om die waarheid so ‘n effe te rek. Dit is in wese ‘n plastiekweergawe van ‘n bok se horing, iets wat kwalik gekategoriseer kan word as ‘n tegnologiese deurbraak.

    Op soortgelyke wyse is baie van dié kontinent se bewoners ook eenvoudige siele, veral diegene wat dink dis pret om ‘n vuvuzela te blaas. Daar is spanne wat in die Sokkerwêreldbeker speel wie se lande van herkoms Bach, Beethoven, Vivaldi en Puccini kon voortbring. Puccini se Nessum Dorma was byvoorbeeld ‘n vorige Wêreldbeker se temalied. Afrika se musikale bydrae tot sokker? Die vuvuzela met sy hele een noot. Weer eens: hoe toepaslik.

    So ook kan jy seker wees dat, as ‘n lid van die onwelriekende ANC-regime sy mond oopmaak om voete te verwissel, daar slegs een gedagte tussen al die geraas is: “Gee, gee, gee, want anders is julle rassiste.” Enige uitlating deur Juliaas kan net sowel vervang word deur die geskal van ‘n vuvuzela, want die gedagte-inhoud van ‘n vuvuzelanoot en ‘n ganse toespraak van Malema is presies dieselfde.

    Ek hoop dus hulle blaas daardie vuvuzelas kliphard telkens as hulle die eentonige tweeslag sogenaamde volkslied (in werklikheid ‘n afgesaagde kinderkransliedjie), Kosie Sukkel Vreeslik In Afrika speel. Die vuvuzela is die perfekte begeleiding vir Kosie Sukkel, om nie te praat van ‘n perfekte metafoor vir die Nuwe Suid-Afrika nie.

    free bonus slots no deposit mobileАлександр Фильчаков

  • Misdaad teen jou eie belange is moeilik om te verstaan

    Ek kan dit verstaan as jy honger is en ‘n brood by ‘n kafee steel. Ek kan ook verstaan, alhoewel ek dit nie verskoon nie, dat ‘n arme iemand anders se eiendom sal steel. Ek verskoon dit nie, want alles is relatief. Ek is relatief gesproke veel armer as Bill Gates as wat iemand wat ‘n maatskaplike toelaag ontvang relatief tot my is, en ek sou dus ook my relatiewe armoede kon aanvoer as verskoning om by Microsoft te steel.

    Waar dinge vir my baie meer troebel raak, is by misdaad wat ‘n direkte negatiewe impak op jouself en jou mede-lede van die samelewing het. Vanoggend word ‘n trein afgebrand in Randfontein. Die trein is laat agv kabeldiefstal. Die pendelaars is kwaad omdat hy laat is en hulle laat by die werk gaan kom. Met een of ander logika wat ek nie begryp nie, kom die gedagte toe by hulle op om die trein aan die brand te steek. Gevolglik gaan niemand dus by die werk kom nie. Die oorspronklike situasie is dus vererger deur misdaad, misdaad wat regstreeks tot die skuldiges se eie nadeel strek. Dis egter nie asof Randfontein ‘n eenmalige insident was nie. Pretoria se pendelaars steek ook treine aan die brand as die gebrek aan punktualiteit hulle nie aanstaan nie. Vir welke kitsgratifikasie ookal verkry kan word deur ‘n trein aan die brand te steek, word derduisende ander mense, maar ook die skuldiges self, ernstig verontrief.

    Praag se werf dra ‘n skokberig oor die toestand van Schubartpark, ‘n kompleks wat deur die vorige bedeling as behuising vir die armes gebou is. Menslike afval word in plastiese sakke per lugpos by die vensters uitgegooi omdat bykans alles binne in die gebou gesteel is, ook die riool- en waterpype. Hierdie is nie diefstal wat ander mense raak nie. Dit is diefstal van ‘n antisosiale aard wat regstreeks ‘n impak maak op die einste gemeenskap waaruit sommige van die misdadigers waarskynlik self kom en ook op die misdadigers self. Jy steel waterpype by jouself en by jou mede-inwoners, en gevolglik het die gebou nie meer water nie en moet jy self water met houers boontoe dra.

    Helen Zille kla dat vandalisme en vernielsug dienslewering vertraag. Vir elke R3 wat spandeer word om infrastruktuur op te rig, moet R2 spandeer word om skade te herstel. Die motief vir die vernietiging van toilette en ander infrastruktuur skyn blote vernielsug te wees, siende dat metaal deur plastiek vervang word en daar gevolglik nie juis iets is om te steel nie. Weer eens kom die vandale stellig uit die einste gemeenskappe wat bevoordeel word deur die oprigting van die genoemde infrastruktuur, en gaan dit die verstand te bowe dat hulle misdaad sou wou pleeg tot hul eie regstreekse nadeel. Is voortdurende gedwonge ontlasting in die veld die plesier van vandalisme werd? Weereens moet ek bieg dat ek as Westerling dit hoegenaamd nie verstaan nie.

    Dit vereis stellig nie vreeslike opvoeding of intelligensie om te besef dat die brandende trein, vernietigde toilette en geplunderde gebou eenvoudig nie die bevrediging van plundery of brandstigting werd is nie, maar tog lyk dit my daar is diegene wat dit nie so sien nie. Dit lyk tog vir my of daar lede van die Suid-Afrikaanse bevolking is wat absoluut geen frustrasietoleransie het nie, wat blykbaar argeloos in die onmiddelike oomblik leef. Daar is skynbaar ‘n afwesigheid aan alle soorte selfbeheersing en ook geen kapasiteit om selfs ‘n paar uur in die toekoms te dink nie (die treinpendelaars wat nou glad nie by die werk gaan kom nie.)

    Vreemd verby.

    для девочки игрыФильчаков прокуратура харьков

  • Versoening of grypsug?

    Te oordeel aan sy uitlatings, is Jimmy Manyi ‘n aartsrassis. Hy laat geen geleentheid verbygaan om blankes by te kom, of om te kla oor die stadige pas van rassistiese transformasie nie. Manyi is egter nie alleen nie. Baie lede van die regerende regime is weliswaar minder uitgesproke as Manyi, maar op die oog af is hulle ook anti-blanke rassiste, wat blankes en ons beskou as ‘n groot deel van die land se problematiek. Só waarsku Gugile Nkwinti byvoorbeeld dat swartes se vergewensgesindheid nie onbeperk sal wees nie, iets wat neerkom op ‘n kwalik bedekte “of anders..” dreigement.

    So ook is daar nie net in swart geledere nie, maar in die klein troppie blanke Quislings en mak werfbobbejane wat die ANC napraat, telkens donker waarskuwings oor die rassisme en weiering om te versoen waaraan blankes kwansuis skuldig sou wees. Een van die mak werfbobbejane wat getrou die ANC se evangelie verkondig, is oud-Broeder en ouddominee Nico Smith, wat wie se kategismus uitsluitlik deesdae handel oor hoe blankes dankbaar moet wees dat die swartes ons nie uitmoor nie. Nog ‘n voorbeeld is Antjie Krog, waarskynlik die alfawyfie onder die ANC se werfbobbejane.

    Gaan dit egter werklik vir die ANC oor sogenaamde blanke rassisme en blankes se halstarrige weiering om te versoen, of is dit ‘n blote rookskerm? Wat beteken versoening nou eintlik vir die ANC op voetsoolvlak, om nou soos ‘n Krog-kader te wil klink? Hoe gaan ons weet die slag ons regtig versoen is? Wat sal dit kos om die ANC en die linkses tevrede te stel dat blankes nou regtig versoen is met die res?

    Ek is van mening al die versoeningspraatjies en rassisme-aantygings is ‘n blote rookskerm. Ek sal wel toegee dat die mak blanke werfbobbejane hopeloos te naief is om raak te sien wat werklik aan die gang is, maar die res van ons is darem nie bobbejane nie. Daar is naamlik een tema wat soos ‘n goue draad deur Manyi, Gugile en andere se aanhoudede rassisme-geskree en geteem oor transformasie en versoening loop: blankes moet ons bates oorhandig, of anders… Dit word weliswaar versoening genoem, maar uiteindelik handel dit oor slegs een term: “Gee ons wat joune is, so nie is jy ‘n rassis.” Of, erger: “Versoen deur jou bates te oorhandig, want anders… (vul die gewelddadige scenario van jou eie keuse hiernaas in.)”

    Gugile se tirade was byvoorbeeld in die konteks van grondhervorming, en sy dreigement kom daarop neer dat swartes blankes slegs sal vergewe mits blankes omrol, dood speel en boere 40% van hul plase wat dikwels oor geslagte heen opgebou is, summier aan swartes oorhandig. In die naam van versoening, sien. Wat is die quid pro quo wat die boere in ruil vir hierdie geweldige gawe te wagte kan wees? Niks nie, behalwe ‘n skimp dat hulle dan sal toegelaat word om voort te leef. Vermoedelik het Gugile iets soos die Zimbabwiese benadering in gedagte, met boere wat 1 uur gegun word om hul plase te ontruim. Dit het dus bitter min met die gewaande rassisme of gebrek aan ewigdurende jammerte aan blankes se kant te make nie, en alles met die gedwonge onteiening en plundery van blankes se bates. Sogenaamde blanke skuld (jammer dat ons julle geleer lees en skryf het en bevry het van malaria) is ‘n gerieflike stok om druk op blankes uit te oefen om van ons eiendom afstand te doen.

    Die ANC se ganse bestaansrede kan eintlik in een woord opgesom word: plundery. Die ANC is niks anders as een reuse misdaadfamilie nie, wie se enigste en uitsluitlike doel is om die land se rykdom vir homself toe te eien, op enige denkbare manier. Die skuldgevoelens wat aanhoudend onder veral blanke werfbobbejane aangewakker word, is uit en uit ontwerp om mee te help in die proses van plundery.

    Dit is eweneens die geval met Manyi. Manyi skree telkens, soos die snuffelende trogvark wat hy is, oor die gebrek aan etniese reiniging van blankes uit hul poste bekend as reg-stelende-aksie of rassistiese transformasie, maar Manyi se masker het afgeval toe hy ‘n Noorweegse afvaardiging geskok het met sy hebsug. Ja, daardie einste, naïewe, liberale Skandinawiërs wat so pro-ANC was, het uiteindelik agtergekom met watter ondersese kaliber van indiwidue hulle in die ANC te make het. Manyi het nie in die minste belanggestel in aangeleenthede waaroor sy posbeskrywing handel nie, maar het probeer om kontrakte vir hom en sy mede-trogvarke by die Noorweegse afvaardiging te beding. Vergete was Manyi se praatjies oor die imaginêre blanke rassisme. Dit het alles gehandel oor hoe Manyi homself kan verryk. Was ek maar ‘n vlieg teen die muur om my te verkneukel aan hoe die liberales se seepbel geprik was deur Manyi se ware kleure!

    As die ANC of kranksinnige linkses soos Stalinbos se professor Sampie Terre’Blanche of ander ANC-werfbobbejane dus op jou gevoel wil speel, meneer en mevrou die blanke, en jou wil maak skuldig voel oor jou vermeende gebrek aan gewilligheid om te versoen, vra die voor-die-hand-liggende vraag. Indien dan nie aan die spreker nie, maar vir jouself: “Wat beteken versoening regtig in praktiese terme?” Ek is bevrees dat die ANC se begrip van versoening veel meer te make het met plundery as met enige houdings wat blankes glo nog sou koester.

    какой клей для плиткиФільчаков прокурор

  • Blankes slagoffers van tenderpreneurs

    Blankes slagoffers van tenderpreneurs

    Ek het ‘n ruk gelede ‘n persoon teëgekom wat voorheen as ‘n IT-deskundige by Cipro gewerk het. Cipro is die regeringsliggaam wat met maatskappye en intellektuele eiendom werk. Die persoon is as deel van ‘n orgie van etniese reiniging van blankes uit Cipro ontslaan, saam met ‘n hele aantal ander blanke kundiges.

    Wat was hierdie persoon en die persoon se kollegas se “oortredings” wat tot hul ontslag gelei het?

    Hulle het twee foute gemaak. Hulle het eerstens vrae gevra oor ‘n hoogs onreëlmatige tender vir miljoene rande wat toegestaan is aan ‘n twyfelagtige maatskappy wat slegs drie maande lank bestaan het toe die tender toegeken is. Miljoene rande se nuttelose sagteware is onder andere aangekoop met my en jou, die belastingmelkkoeie, se geld. Hul tweede fout was uiteraard om blanke velle te gehad het in ‘n Azaniese staatsdepartement. Laasgenoemde sal uiteraard slegs vir kort rukkies geduld kan word as daar regtig ‘n krisis is. Sodra hul kundigheid egter die krisis opgelos het, sal die normale proses van etniese reiniging weer hervat word.

    Die hoofinformasiebeampte van Cipro is ene Michael Twum-Darko. Sy van is terloops ‘n skitterende stuk nominatiewe determinisme. Daar is derduisende blanke kundiges in Suid-Afrika, maar hierdie knaap is vanaf iewers in donkerste Afrika ingevoer – Ghana as ek dit nie mis het nie. Bid jou aan: so ‘n obsessie het die Azaniese regime met rassistiese transformasie, dat hulle om die dood nie ‘n blanke sal aanstel nie, en eerder ‘n onbekwame vermeende skelm soos Twum-Darko sou invoer.

    Toe die blote blankes in Cipro die vermetelheid het om te begin vrae vra oor Twum-Darko en die hoofbeampte, Keith Sendwe, se manewales en die blatant-bekookte tender, is hulle in die pad gesteek, maar nie voordat hulle van rassisme beskuldig is deur beide Sendwe en Twum-Darko nie. Dit kan slegs in die Azaniese piesangrepubliek met sy haat vir blankes gebeur: ‘n Ghanees, Twum-Darko, word uitgevang, en sy eerste skuif is om die rassekaart te speel, die Suid-Afrikaners van rassisme te beskuldig, en daardie ongerieflike blankes wat sulke moeilike vrae vra, te ontslaan.

    Alhoewel daar tans ‘n storm rondom beide Sendwe en Twum-Darko se koppe woed, is ek onder geen illusie dat daar iets van gaan kom nie. Inteendeel; gegewe hoe verrot die kriminele kakistokrasie van die ANC-regime is, sal ek nie verbaas wees as bevorderings vir hierdie twee skuimsuiers wink nie.

    диагностика автоФильчаков прокурор

  • Kommerwekkende steun vir misdaad

    Kommerwekkende steun vir misdaad

    Vir die afgelope paar dae word daar berig dat daar heelwat steun buite die hof vir die twee verdagtes in die Eugene Terreblanche-moordverhoor is. Ek moet bieg dat ek as Westerling die konsep van steun vir misdadigers wat `n wrede aanval gepleeg het, totaal vreemd vind. Het die Griekse gemeenskap opgeruk na die hof toe Dimitri Tsafendas, wat `n ander politieke figuur vermoor het, verhoor is en hom ondersteun? Sou daar groot openbare steun vir Lee Harvey Oswald gewees het?

    Ek sal wel toegee dat dit moontlik is dat daar nuuskierigheid by die publiek kan bestaan oor `n makabere misdaad, maar volgens berigte is hierdie nie net nuuskierigheid nie, maar openlike steun vir die verdagtes. Dit dui daarop dat die mense wat buite die hof bymekaarkom nie bloot nuuskierig is nie, maar aktief twee vermeende geweldenaars se kant kies.

    Ek sou eweneens toegee dat Eugene Terre’Blanche `n omstrede en selfs gehate figuur was. My Westerse perspektief sê egter vir my dat ek dit steeds nie sou goedkeur as `n blanke vir Jimmy Manyi of Julius Malema met `n pyp doodslaan en dan nadoods hul broeke aftrek nie. My persoonlike minagting vir en afkeer aan Manyi en Malema beteken nie dat ek hul moord gevolglik as `n heldedaad sou beskou nie.

    Bostaande is egter slegs my perspektief as `n Westerling, en getuig blykbaar van my gebrek aan verstaan van die Afrikapsige. Die ondersteuners van die twee verdagtes in Ventersdorp is almal Afrikane. Dit lyk vir my asof swart rassesolidariteit álles troef. Dis skynbaar vir die ondersteuners buite die hof aanvaarbaar dat iemand op `n wreedaardige manier in sy huis aangeval word terwyl hy slaap, mits hy wit is en sy aanvallers swart. Bostaande is uiteraard ook net nog `n nekslag vir die illusie en mite van `n sogenaamde reënboognasie.

    Wat selfs groter kommer wek, is dat dit vir my voorkom asof ek as Westerling en die Afrikaan die konsep van reg en verkeerd en moraliteit totaal en al verskillend verstaan. Ek sal aan al die ondersteuners buite die hof die voordeel van die twyfel gee en sê dat hulle waarskynlik die doodgewone man op straat verteenwoordig, en nie self misdadigers is nie. Nietemin verskil my ingesteldheid teenoor misdaad en hulle s’n totaal. As jy iemand wat `n wrede moord gepleeg het ondersteun, is dit duidelik dat jy nie sy daad as verkeerd beskou nie.

    Hoe kan Suid-Afrika se misdaadprobleem ooit in der ewigheid opgelos word as `n beduidende deel van die 80% meerderheid in die land klaarblyklik dink dat misdaad aanvaarbaar is, solank die misdadiger swart en sy slagoffer wit?

    дома и банилобановский политик