praag.co.za

Category: Feuilleton

  • Die pi?tisme brei uit

    Met die verskyning van Vos het die piëtisme aansienlik onder die boere begin uitbrei. Sonder teenkanting het dit nie gegaan nie. Sommige lidmate was nie gediend met die nuwerwetse sentimentele godsdienstigheid nie. Die belangstelling in die geestelike toestand van die Khoi-Khoin en slawe was vir party oordrewe. Vir baie was Vos egter die profeet van 'n nuwe tyd. Hy het hulle gewys wat 'n "waaragtige bekering" behels en hoe 'n bekeerde mens sy of haar lewe moes deurbring. Vos het meer helpers gekry. In 1799 is die Suid-Afrikaanse Sendinggenootskap gestig en in dieselfde jaar begin die eerste vier sendelinge van die Londense Sendinggenootskap (onder andere dr. J.T. van der Kemp) hulle werk in Suid-Afrika.

    Die uitwerking van die godsdienstige herlewing was volgens die reisiger M.H.K. Lichtenstein nie altyd heilsaam nie. Van die mense van Roodezand skryf hy aan die begin van die negentiende eeu dat hulle openhartig en diensvaardig was. "In hul huise heers netheid en aan hulle tafels weelde en oorvloed; hulle vroue en dogters gaan gekleed soos die inwoonsters van 'n stad en maak 'n nie heeltemal ongegronde aanspraak op verstand en beskaafdheid. Jammer is dit maar dat hier in die laaste jare, weens die verkeerde neigings van dweepsieke sendelinge, 'n soort van bigotterie ingedring het, wat die goedhartige en vrolike karakter van die mense misvorm en hulle in onaangename, nors fanatieke verander het. Dans, gesang en spel is uit die geselskappe verban, en hulle kan hul predikant [H.W. Ballot, opvolger van Vos], dit nouliks vergewe dat hy verdraagsamer dink en die jeug nou en dan tot vrolikheid aanmoedig. Deur die besighede van die landbou, die jag en reise behou die seuns nog hulle lewendigheid; maar die meisies sit gestadig in 'n vroom werkeloosheid. Met gebede sonder sin en veelvuldige Psalmgesang verstik hulle al die lewendige gevoel van die jeug." Dis seker oordrewe gesê, al was iets hiervan waar.

    In werklikheid het die piëtisme nie 'n heeltemal nuwe geestelike stempel op die Afrikaners afgedruk nie. Daar was ook 'n egte nie-fanatieke vroomheid. Lichtenstein het dit selfs opgemerk onder afgesonderde grensbewoners, wat nooit met die piëtisme in aanraking gekom het nie. Hy skryf dat mens nooit uit die mond van 'n kolonis 'n onwelvoeglike woord of vloek hoor nie. "Ek was meer as een keer getuie daarvan dat hulle hulle met 'n sekere kies gevoel en edele afkeer van ruheid van ons dragonders of ander Europeane uitgelaat het, wanneer sulke persone in driftige opgewondenheid gevloek of onbehoorlike taal gebruik het. Die hoofoorsaak van hierdie goeie hoedanigheid is seker die algemeen-heersende godsdienstigheid van die koloniste en hulle afsondering van die wêreld, wat hulle teen baie ondeugde vrywaar."

    липецк техноОлександр Фільчаков прокурор

  • Jaco en Jacomien

    Die eerste poging om nes te maak was op die geyser wat buite die huis is, maar dit het nie lekker gewerk nie want die takkies wat hulle met moeite aangevlieg het – een-een op 'n slag – het van die geyser afgegly omdat die oppervlak baie glad is en ook nie plat nie (die geyser is rond bo).

    Die deursettingsvermoë en al die stokkies wat op die grond beland het, het gemaak dat ek en Johan jammer vir hulle gevoel het. Johan het een van die kassies waarin  tamaties kom  bo-op die geyser aan die waterpyp vasgemaak. Die twee was blykbaar beïndruk en hulle het weer stokkies  begin aangedra – of is dit aangevlieg?- en Jacomien het al begin om die stokkies reg te skuif en het selfs agtergekom dat sy uit die kassie op 'n veranda – dit is nou op die geyser –  kan loop wat onderdak is .

    Die nessie was vir Jaco en Jacomien nie beskore nie want Indiese spreeus het hulle daar uitgedryf en dit het vir my gevoel of ek saam met Jacomien kan huil. Sy wil so graag broei en kinders hê. Ek dink Jaco het dit ook so ervaar en het maar net aanhou koer vir Jacomien – so asof hy haar wou troos en verseker dat hulle 'n ander nessie sal kry.

    Image

    Die nuwe huisie

    Ek en Johan het gedink dat ons die twee moet help en om te verhoed dat hulle weer uit hul huis verdryf word,  het Johan vir hulle 'n nuwe huis op ons huis se stoep gemaak. Hierdie keer is twee kassies op mekaar gesit en 'n deurtjie is uitgesny sodat die huis nou twee vensters en 'n deur het. Ons sou nou maar ons deel doen en die Indiese spreeus en ander plaaslike spreeus wegjaag.

    Die groot vraag: gaan Jaco en Jacomien  hul nuwe huis goedkeur?  Dit het 'n klompie dae geneem, maar tot ons groot vreugde het ons hulle eendag op 'n  balk van die stoep sien sit. Vandat hulle hul huisie gewaar het, was daar geen teken van ingaan nie en hulle het dit net wantrouig  dopgehou – die huisie met die dak. So het dit vir 'n paar dae aangehou – die huis is van alle kante beskou en op 'n dag het ons een van die twee op hul huisie se dak sien sit. Die twee het later ingevlieg en alles baie mooi geënspekteer en ondersoek totdat hulle tevrede was.

    Wat 'n blye dag toe ons sien dat Jacomien haar in die huis tuismaak en Jaco begin om stokkies aan te vlieg. Jacomien het in die huisie gebly en die stokkies mooi georganiseer en reggepak om net die beste nessie vir haar kinders te maak – nou nie die sagste bed vir babavoëltjies nie, maar as hulle so dink, dan is dit reg met ons. Dit was  'n gekoer van 'n ander wêreld en ons was saam met hulle bly – waaroor hulle ook al bly was. Met die tyd het hulle nie eers weggevlieg wanneer ons op die stoep gekom het nie en hulle het aan ons stemme gewoond geraak en het met skewekoppies na ons sit en luister. Gaia en Herculus se geblaf het hulle later ook nie meer gehinder nie,

    Jacomien het al hoe langer in die huis en op die nes gebly en ons het aangeneem dat sy broei – ons het gedink dat sy nie eet of water drink nie en haar opreg jammer gekry. Toe die eiertjies eers daar was, het ons gesien hoe die twee mekaar aflos. Die een spring die een kant van die huis in – deur die venster – en die ander een vlieg die anderkant – by die ander venster – uit. Die een wat aan diens gekom het, het dan die eiertjies bymekaar geskrop en weer op hulle gaan sit. Die eiers is nooit alleen gelaat nie.

    Image

    Twee wollerige vo?ltjies

    Maar net mens, het ons nuuskierigheid die oorhand gekry en Johan het vir hom stoele nadergesleep om foto's in die huisie te kan neem. Die eerste foto van die binnekant is geneem op 30 Januarie 2009. Die eiertjies was seker al so twee dae uitgebroei en daar het twee geel wollerige voëltjies gelê. Ek het die tweetjies name gegee – Julia en Julian – want hoe weet jy nou van watter geslag voëltjies is? Van toe af het Johan gereeld foto's  geneem – sodra dit lyk of Jaco en Jocomien skofte gaan ruil,  het hy met die kamera uitgehardlooop en gou 'n paar foto's geneem. Dit het nie gelyk of dit  Ma en Pa Duif pla nie en ons het met hulle begin praat en vertel hoe mooi hulle kinders is – asof duiwe ons kan verstaan!

    So het ons gewoond daaraan geraak om die kamera by die deur te hou vir foto's wanneer die geleentheid hom voordoen. Die duifies het al ouliker geword en op 'n dag is daar begin om hulle te voer, maar nog steeds was Pa of Ma altyd op die nes. Ná voertyd is Julia en Julian onder die krop geskuif en dan is daar heerlik geslaap. Wanneer dit aand geword het en die effense koue ook aangekom het, was daar altyd een aan diens en is die twee kleintjies weer onder die kropvere ingeskuif – die duvet is dan lekker oor die kleintjies gevou. In die aand het een van die ouers in die huisie op die nessie geslaap en die een op die balk – seker om die nessie te kan beskerm teen gevaar.

    ImageDie kleintjies het vinnig gegroei en Ma en Pa Duif het die huisie, die nessie en die twee kinders vir langer tye alleen gelaat.  Ek en Johan was bang dat die duifies gaan uitval wanneer hulle begin beweeg en Johan het 'n stoep aan die nessie vasgesit. Met verloop van tyd het die geel voëltjies al meer in die huisie beweeg en dit was 'n blye dag vir ons toe hulle al by die venster kon uitkyk en dit het gevoel soos 'n kind wat begin loop toe die twee vir die eerste keer op die stoepie sit. Die geel wolletjies het al meer plek gemaak vir grys vere en later het ons net stert en vlerkvere in die nessie gesien soos wat die tweetjies hul vere gestrek en gekam het.

    ImageOns het baie gelag vir die twee se manewales wanneer Jaco of Jacomien met kos opgedaag het – in die krop en die kleintjies het dit uit die krop geëet. Die twee kleintjies het in en uit die huisie gehardloop wanneer Ma of Pa na die kante van die balk beweeg het. Die ouers het altyd op die balk naaste aan die nessie gesit en het dan by die een venster ingevlieg, kos gegee en by die ander venster uitgevlieg.

    Image

    ‘Op die stoep’ van hul huisie

    Dit was vir ons 'n groot en blye dag toe die kleintjies vir die eerste keer heeltemal uit hul huis beweeg het (21 Februarie 2009. Hulle net agter Ma of Pa aangegaan omdat daar die vooruitsig van kos was. Eers die een kleintjie en toe die ander een het op hul huis se dak geklim/gevlieg  – ek dink hulle was so geskok oor hulle prestasie want vir 'n rukkie het hulle doodstil gesit. Die nag het hulle ook vir die eerste keer daar geslaap.

     

    Image

    Julia en Julian op die dak

    Julia en Julian vlieg al lekker tussen die balke op die stoep rond en per ongeluk het die een dit reggekry om op ons huis se dak te gaan sit – Ma en Pa moes hom of haar daar gaan haal en aanmoedig met 'n gekoer om terug te vlieg, maar die duiwekind het veilig by die huisie aangekom.

    Die tweetjies sal seker een van die dae saam met Ma en Pa begin vlieg. Op die oomblik lyk dit nie asof Julia en Julian planne het om die wêreld daar buite te gaan verken nie – ek dink hulle bly te lekker. Die twee sal seker later begin koer want op die oomblik maak hulle nog klein voëljiegeluidjies. Die maskertjie om die oë – die rooi en wit – ontbreek ook nog.

    Ek en Johan hoop dat hulle nog by ons gaan kom slaap. Ons gaan dit mis om die heel dag die nessie dop te hou, te gesels en foto's te neem. Dit was egter 'n belewenis om twee duifies te sien groei.

    фильтр на компрессор для покраскиЛобановский

  • ‘n Groot Kaapse prediker

    'n Paar vroeë predikante wat baie vir die Afrikaners beteken het, was W. van Gendt, J.P. Serrurier, H.C. Vos, Meent Borcherds en H.R. van Lier. Laasgenoemde was een van die mees besondere figure uit die Kaapkolonie van die agtiende eeu. Helperus Ritzema van Lier (1764-1793) is in Nederland gebore en het in 1783 doktor in die wysbegeerte geword. Daarna het hy hom verdiep in die natuurwetenskap en 'n paar geleerde verhandelinge geskryf. Onder die invloed van die natuurwetenskap, wysbegeerte en sekere romans het die negentienjarige al hoe afsydiger van die godsdiens geraak en teen 1783 aan die bestaan van God begin twyfel. Ná 'n donker tydperk van twyfel kom hy in 1785 tot bekering onder invloed van die piëtisme. Dit was 'n vorm van geloofsbelewing wat in die sewentiende eeu in Nederland, Duitsland en Engeland ontstaan het en teen die dorre, leerstellige prediking en slapheid van sedes in verset was. Tot Van Lier se bekering het beproewings bygedra soos die dood van 'n vriendin en die verdwyning van sy vader ná 'n finansiële skandaal. Die evangeliese rigting van die Engelse predikant John Newton het hom sterk beïnvloed.

        In September 1786 word Van Lier derde medeleraar van Kaapstad. Dit was 'n tyd van onverskilligheid op godsdienstige gebied en losse sedes, en as prediker het Van Lier dadelik indruk gemaak met sy aangrypende erns. Hy beklemtoon die noodsaaklikheid van wedergeboorte en sondevergiffenis. Ook as herder gaan hy nuut te werk. Hy doen meer gereeld huisbesoek en begin met kort godsdienstige samekomste vir die onderrig van kategete op weeksaande. Hy spits hom veral toe op die geestelike vorming van 'n groeiende aantal gelowiges. Onder sy bekeerlinge tel onder andere die godvrugtige Machtelt Scmidt, algemeen bekend as "Moeder Smith", en die weduwee Margaretha Anna Möller. Hulle was groot yweraars vir onderskeidelik die sending- en barmhartigheidswerk.

        Saam met sy twee medeleraars bepleit Van Lier 'n "Fransch en Latynsch school" in Kaapstad, waar jongmense hulle kon voorberei vir studie aan universiteite aan Nederland. Kort ná sy vroeë dood aan tuberkulose in September 1793 kom dit inderdaad tot stand. Hy het jong Afrikaners aangemoedig om in Nederland te gaan studeer, soos J.C. Berrangé (predikant), P.J. Truter (geneesheer), J.A. Truter, J.P. de Wet en M.A. Smuts (regsgeleerdes). Dit is veral as pionier van die sending dat Van Lier baanbreker was. Deur die ywer van hom en ds. M.C. Vos van Roodezand het daar teen die einde van die agtiende eeu 'n ontwaking op sendinggebied aan die Kaap ontstaan. Hy het 'n sterk sendingaksie onder die slawe en Khoi-Khoin begin. Veral as gevolg van sy vertoë het drie Morawiese sendelinge in 1792 die sendingwerk in Genadendal hervat.

        Van Lier was bekend as skrywer van talle publikasies, maar die grootste invloed het uitgegaan van sy geestelike werke, veral die verhaal van sy bekering. Hy het dit in 'n sestal briewe aan John Newton beskryf. Dit is uit Latyn in Engels vertaal as The power of grace (1793), en het in 1793 en 1838 in Nederland verskyn as De kracht der Goddelijke genade.

        Van Lier se suster, Catharina Allegonda van Lier, het ook na Suid-Afrika gekom, by hom en sy gesin gewoon en is die digter van 'n gesang wat in gewysigde vorm nog in ons gesangeboeke voorkom: "Moet ik steeds met onspoed strijden, / 'k Ben tevreden met mijn lot", tans ;ied 576 om die Liedboek van die Kerk: "Moet jy stry teen moeilikhede".

    slots noлобановский александр дети

  • Twee gedigte

    dis al
    (met apologie aan Jan F.E. Celliers)

    dis 'n gat in die grond
    dis 'n vallende traan
    dis 'n balling gegaan
    oor die oseaan –
    dis al

    en 'n voël voel vere
    draai jy maar self
    in jouself
    in eensame vlug

    dis al
     
    Gradeer op en geniet jou gate uit!

    Dikbek oor jou status geras is
    na derdeklas?

    Hoop is aan die horison!

    Jy is uitverkies

    vir 'n GOUE KAART!

    Die pas na die poort
    van jou blink lok-
    asie!

    Die sleutel tot asemrowende
    plesiere:
    o ontspannende lesse in die vermyding
    van messe tydens jou Swartsee-vakansie!
    o komplimentêre opruiming van jou
    beursie, selfoon en juwele
    in sorgvuldig geselekteerde restaurante!
    o weelderige verblyf in vyf-ster-kuuroorde
    ná die welwillende skenking van jou
    bevoorregte lewe!

    Toon wie jy is!

    Waarheen jy op pad is!

    (En onthou! Jy kwalifiseer vir gratis
    reisversekering van tot R750 000!)

    Alles net 'n klik weg!

    Gradeer vandag nog
    op!

    (Bepalings en voorwaardes geld)

    для дівчаток ігриАлександр Фильчаков Васильевич

  • Kerklike lewe aan die Kaap

    G.D. Scholtz skryf dat die Bybel seker selde so tot die hart en gemoed van mense gespreek het as tot die agtiende-eeuse Afrikaners. Die Bybel het die verhaal vertel van die volk Israel wat in byna soortgelyke omstandighede verkeer het: 'n volk met 'n roeping en opdrag om getrou aan God te bly te midde van vyandiggesinde nie-gelowiges. Israel moes hom van die heidene afsonder, en dikwels met die wapen teen hulle verweer; was die volk wederstrewig, is dit gestraf.

    Die beleid van die Kompanjie, onder wie se gesag die Kaapse kerk gestaan het, het van die begin af 'n bepaalde geestelike eenheid geskep. In die gebed waarmee Van Riebeeck sittings van die Politieke Raad moes open, is die begeerte verwoord dat die "ware gereformeerde Christelijke Lere" voortgeplant en verbrei mag word.

    Omdat nie alle Nederlanders Protestante was nie, was daar ook Rooms-Katolieke in die klein samelewing. Die politieke raad wou hulle by die Gereformeerde Kerk laat aansluit. Met die beëindiging van immigrasie na Suid-Afrika het daar geen Katolieke bygekom nie. Dié wat daar was, het óf die land verlaat óf Protestante geword. Die feit dat die Afrikaners almal tot 'n Calvinistiese kerk behoort het, het 'n soort eenheid geskep wat moontlik sou ontbreek het as 'n deel van die volk Protestants en 'n deel Katoliek was. Wat dié geestelike eenheid bevorder het, was ook dat daar min Lutherane was, en dat laasgenoemde in die omgewing van Kaapstad gekonsentreer was.

    Die eerste gemeente was dié aan die Kaap, gestig 1665. Stellenbosch het in 1686 bygekom, en die gemeente Drakenstein, tans bekend as die Paarl, tuiste van die Hugenote, in 1691. Die klein getalle weens die beëindiging van immigrasie word weerspieël in die stadige groei van die aantal gemeentes: Roodezand (tans Tulbagh) in 1743, Zwarteland (Malmesbury) in 1745, Graaff-Reinet 1792 en Swellendam 1798.

    Die kerk het wit en bruin lidmate gehad. Dit was die gebruik van die Europese volkere dat, wanneer Oosterlinge hulle tot die Christendom bekeer, hulle in alle opsigte as gelykes behandel sou word. Dit was aan die Kaap ook die geval. A. Moorrees, 'n kerkhistorikus, skryf: "Alle lidmate het sonder onderskeid van kleur of stand aan dieselfde Nagmaalstafel aangesit. Die vraag was nie wat 'n man se kleur was nie, maar of hy al of nie lidmaat van die Christelike kerk was." Omdat almal wat Christen geword het, in die kerk opgeneem is, het die vroeë NG Kerk nie aan iets soos 'n sendingkerk gedink nie. Die meeste Protestantse kerke het eers in die agtiende eeu in die sending begin belang stel.

    001-гс/улобановский александр дети

  • Die antwoorde op die dinge

    Sommige is van mening dat die essensie van die dinge onagterhaalbaar versteek is agter 'n ondeurdringbare geheimenis. Ons mors dus ons tyd om te probeer uitvind wat gaan vir wat. Dit is een voorbeeld van 'n antwoord op die vraag of daar antwoorde is. Maar die vrae duur voort. Is daar uitslag op die dinge wat ons pla, op daardie dinge wat antwoorde vra ten einde ons voortbestaan te verseker, vir sovêr ons beheer het daaroor? 'n Ou vraag, waarop die mens- en natuurwetenskappe sedert hulle ontstaan elkeen op hul eie manier probeer antwoord het, en steeds probeer antwoord. Een ding staan egter vas en word gedeel deur almal betrokke in hierdie debat: antwoorde is nie maklik nie, beslis nie as dit regtig van waarde wil wees nie. Maar "antwoorde" is die einde van die proses. Die begin is die stel van die regte vrae. Ek wil nie op daardie debat hier ingaan nie. Wat ek wel wil doen, is om 'n suggestie te laat rakende een manier waarop ons dalk kan probeer om dinge so effe te vergemaklik in hierdie proses van antwoorde soek.

    Ek het dit hier oor daardie aangeleenthede waaroor ons wonder, vrae vra, ons soms verkyk aan die skokkende antwoorde wat gegee word en wat dan as "die waarheid" geld. Dit gebeur baie dikwels wanneer die doel "konsensus" is; konsensus as die resultaat van kompromie-sluit. So is die resultate van die Suid-Afrikaanse "konsensus" van voor '93 en na '94 aan ons (oor)bekend. Kom ons probeer 'n slag een tree terugstaan van hierdie proses van antwoorde soek. Is daar dalk iets gemeenskapliks te vind aan al die moontlike antwoorde wat gegee word? Wat byvoorbeeld kan ons hieroor uitvind as ons antwoorde soek op die uitdagings wat ons tans in SA beleef, ook as Afrikaners? Uit my eie wonder oor die dinge en gedagte-eksperimente om sin te probeer maak uit 'n oorvloedige en dikwels oneerlike debat, wil ek 'n voorstel maak as dit kom by die soek na antwoorde en die maak van 'n ingeligte keuse uit die veelheid van standpunte wat meeding om ons ondersteuning. Gekonfronteer deur hierdie see van vrae en antwoorde, wil ek vra dat u vir 'n oomblik die volgende stelling oorweeg: Enige vraag kan waarskynlik vêr op die pad van 'n werklik eerlike antwoord vorder indien ons dit benader na aanleiding van die temas (in enige kombinasie) hieronder en evalueer as deel van ons debat en argumentasie, waardeur 'n verskilmakende antwoord op die vraag onder bespreking waarskynlik gevind sal word. Hierdie temas is:

    "    Mag – in alle vorme daarvan. Watter magsverhoudings is aanwesig in die debat, wat is die winste en verliese te behaal deur die debat te filter; kortom, hoe deurtrek is die aangeleentheid onder bespreking van "Mag"?

    "    Geskiedenis – waar kom die debat vandaan, hoe het dit ontwikkel, wie is en was die rolspelers en watter dinamika is hierin opgesluit of hieruit af te lei?

    "    Persepsies – Watter persepsies bestaan in die debat, hoe het dit tot stand gekom en watter gronde is daar hiervoor? Wat is die sielkunde van en in die debat?

    "    Ekonomie – watter mate (en vorm) van geld is betrokke en wat is die wins/verliesverhouding wat hier bepalend kan wees?

    "    Biologie en Antropologie – Verban uit die moderne debat beteken nie dat relevansie ingeboet word nie. Wie sal verskil dat "etnisiteit", "ras" (SA, VSA), "oriëntering" (homoseksualiteit) en selfs "spesie" (diereregte en die verhouding met mense) al meer prominente rolle speel in internasionale en nasionale debatte, selfs al word dit dikwels ontken? Daarbenewens maak die vloeibare aard waarop daar tans met hierdie aspekte in die huidige debat omgegaan word (dan relevant, dan nie, soos nodig blyk te wees) 'n oorweging hiervan noodsaaklik

    Belangrik is om te bepaal wat die onderlinge verhouding en prominensie is tussen hierdie faktore in die saak wat ons onder oë het, want vervlegheid is hier dikwels die reël eerder as die uitsondering. Hierdie aspekte is natuurlik plek-plek reeds teenwoordig in die huidige debat, en as sodanig lewer dit 'n bydrae tot die lig van die vlak van die debat waar dit ook al eerlik voorkom. Maar ek dink ons moet eksplisiet daarna gaan kyk, en die impak wat dit het op die aanvoer, die verloop en die afloop van die debat, lg dikwels met gevolgtrekkings wat reeds die grondslag lê vir die verdere debat. Ek kan dus nou voortgaan en aan die hand van hierdie voorstel verskeie voorbeelde uit die Suid-Afrika van die verlede en die hede gaan haal om die punt te probeer bewys. Dit sal waarskynlik hoogs subjektief wees, en daarom laat ek dit graag aan u, die leser, oor om die voorstel aan die hand van u eie belangstellings te toets. Maar meer spesifiek: probeer ook die eksperiment aan die hand van die huidige debat rondom Afrikaans, die Afrikaner, Afrikaanses, en die onvermoë om mekaar (weereens) hieroor te vind. Aan diegene wat betrokke is by die nasionale debatte en dan veral die Afrikaanse saak: kom ons probeer by ons volgende seminaar en/of konferensie vir 'n slag die argument benader vanuit die invloed wat hierdie temas op die realiteit van die Afrikaanse saak het. Kom ons gebruik dit bv as 'n toetslys om vas te stel of ons regtig oor alles gedink het. Ek wil my verstout om te sê dat ons, as ons eerlik wil wees in ons pogings, op antwoorde gaan afkom wat nie net die huidige debat se vlak gaan lig nie, maar wat ons dalk effens nader aan iets meer substantiefs as wat tans geld as vertrekpunte, gaan skuif. En as ons dan minder gewild is as voorheen omdat ons eerliker wil wees, is dit 'n klein prys om te betaal vir integriteit in 'n samelewing wat in elk geval funksioneer soos prominente denkers hieroor, soos Foucault, Orwell, om enkeles te noem, dit nie in hulle wildste (weliswaar aangepaste) drome kon voorsien nie. Moontlik kan ons so verseker dat die debat oor alles Afrikaans, om 'n analogie van Johan Steyn te gebruik en effens aan te pas, nie met 'n punt tot 'n einde kom nie, maar wel elke keer met 'n uitroepteken afsluit en met 'n aandagstreep voortgesit word.

    логические игрылобановский александр дочь

  • Churchill se ma het 200 minnaars gehad

    Churchill se ma het 200 minnaars gehad

    Earls, lords en counts, selfs die wulpse ou Prins van Wallis, die toekomstige Edward VII het haar begeer en sy was gewillig en toegewend. Toe Edward in 1902 gekroon is, het sy in 'n spesiale bank in Westminister Abdy gesit, wat as die 'los boks' bekend gestaan het weens sy promiskue bewoners.

    Jennie, Winston Churchill se Amerikaanse ma, het baie verskil van haar seun wat volkome toegewyd was aan een vrou : sy liefling Clementine. En dit is hierdie kontras wat hulle verhouding so fassinerend maak in 'Lady Randy', 'n nuwe Britse dokumentere televisieprogram op Kanaal 4.

    Jennie Jerome is in 1854 gebore en vernoem na die operaster, Jenny Lind. Sy kom uit 'n berugte, wellustige familie en is vernoem na 'n populere sangeres wat waarskynlik een van haar pa se minnaresse was. Sy was waarskynlik verwagtend met Winston toe sy met sy pa, Lord Randolph Henry Spencer Churchill getroud is.

    Na Lord Randolph se dood, vermoedelik aan sifilis, was haar volgende twee huwelike met mans wat meer as 20 jaar haar juniors was. Dit het haar 'n reputasie van ydelheid en ligsinnigheid besorg. Sy het ook skaamteloos geld verkwis en het in Londen se strate rondgesweef in duur tabberds uit Parys. Waar sy haar ookal bevind het, was sy  ' the talk of the town'.

    Van die begin af was die tonge los oor haar verhoudings met mans. Jennie het die pret van haar hofmakery gemis en baie min belang gestel in haar seun wat hoofsaaklik deur 'n kinderoppasser grootgemaak is. Toe sy ses jaar later geboorte gee aan haar tweede seun John, het baie gerugte die rondte gedoen of Randolph die pa is. Randolph is in 1895 op 44-jarige ouderdom dood en op Blenheim begrawe.

    Jennie was nou 41 en alleen in die wêreld met 'n baie beperkte inkomste – die familie het nie eers genoeg gehad om Winston Cambridge  toe te stuur nie. Haar beste roep was om haar by haar susters in Parys aan te sluit en daar het, soos gewoonlik, nuwe geleenthede opgeduik.

    Na talle flirtasies met die Britse burgery waaronder John Delacour, Lord Wolverton en Lord Astor, het Jennie verlief geraak op 'n mede-Amerikaner, Bourke Cockran, wat een van Winston se surrogaat pa's sou word. Cockran het opdrag gekry om die 22-jarige Winston aan New York voor te stel.

    Winston was daar so gewild dat Jennie haar seun se lofsange in Engeland uitgesing het. Omdat sy versuim het om Randolph se loopbaan 'n hupstoot te gee, was Jennie vasbeslote om dit met haar seun s'n te doen – tot sy groot voordeel.

    Met haar dood op 65, net nadat sy met Montagu Porch (21) getroud is, het Winston Churchill oor sy ma geskryf : " Ek het nie 'n gevoel van tragedie nie, net verlies. Haar lewe was vol en die wind was in haar are". Die arme Porch het van 'n oorsese reis terug gekeer na 'n leë huis – en 'n berg van sy vrou se skuld. Na al haar buitensporighede was dit miskien 'n gepaste nalatenskap.                

    Lady Randy : Churchill's Mother word Dinsdag 11 November op Brittanje se Kanaal 4 vertoon. 

    no red ikДанильченео

  • Die lewe in die Kolonie

    Die lewe in die Kolonie

    Die huisgesinne was groot. Daar was min ouers met minder as ses kinders, en gesinne van tot twaalf kinders was niks buitengewoons nie. Dit is aan hierdie groot gesinne te danke dat die bevolking gegroei het ondanks die beëindiging van immigrasie uit Nederland en ook die groot sterftesyfer weens die pokke van 1713, 1755 en 1767.

    Nader aan die Kaap was die lewe geriefliker en die welvaart groter as aan die oosgrens. Johanna Neethling, in 1777 getroud met die Fransman Francois Renier Duminy, gee in haar dagboekie  'n beskrywing van die lewe op hul plaas Bokkerivier aan die Rivier Sonder End. ('n Opsomming daarvan deur Anna Böeseken verskyn in Drie Eeue, deel 1, onder redaksie van Böeseken, D.W. Krüger en A. Kieser).

    Vroeg elke môre is koffie gedink. Ná ontbyt begin die werk: ploeg, saai, oes, kalk brand en jag. In die kombuis deel moeder Duminy die werk aan die slawe uit: water lei in die groentetuin, brood bak, room karring vir botter, wors maak. Daar was lekker maaltye: hoender, eend, gans en kalkoen is afgewissel met wildsvleis, skaapboud en varkvleis. Beesvleis, vars of ingelê, was daaglikse voedsel, en elke boervrou kon verskeie terte, eier- en melkgeregte maak.

    Ná die middagslapie is teen vieruur tee gemaak en gaste verwelkom, of anders self gaan kuier. Teen sononder het Johanna Duminy haar hoenders versorg, eiers uitgehaal of gaan wandel in die roostuin of by die koringlande. Saans het die volwassenes kaart gespeel, en nadat die kinders bed toe is, het die grootmense teen nege-uur 'n maaltyd met kerrie en rys of ander geregte geniet.

    Johanna Duminy beskryf ook 'n vendusie wat hulle bygewoon het op 'n plaas waar hulle 'n nag moes oorslaap. Terwyl die veiling aan die gang was, het party mans wyn soos water gedrink. Die aand nadat die kerse aangesteek is, het die viole uitgekom en gou was hulle flink aan die dans. Ná die aandete nege-uur het elkeen sy beddegoed binnetoe gedra. Sy het saam met 23 ander besoekers in een kamer geslaap. Die vrou van die man wat daardie dag die plaas gekoop het, het saam met ander mans en vroue in een groot kermisbed gelê.  "Wij hat de grootste pret van de weerelt om het so alles aan tesien", skryf sy.

    Oor die algemeen het die Kapenaars min gelees, miskien vanweë die gebrekkige onderwys. Boeke was skaars en die Kaap sonder 'n eie drukpers. Welgestelde ouers het kinders soms op agt- tot tienjarige en selfs sesjarige leeftyd oorsee gestuur om daar skool te gaan. Die meeste mense het hul kinders egter aan die Kaap gehou en gestuur na die skole van die "geprevilegeerde" skoolmeesters. Dié is deur die owerheid toegelaat om skool te hou. Veel vakansie het leerlinge nie gehad nie, darem wel met die koms van die vloot uit die Ooste, wanneer die volwassenes doenig was met die skepe in die baai.

    купити іграшкуtopcargo отзывы

  • 100 jaar sedert MT Steyn se pleidooi vir Afrikaans

    100 jaar sedert MT Steyn se pleidooi vir Afrikaans

    Die datum van hierdie konferensie maak dit opvallend. Dit is net mooi honderd jaar nadat die kragtigste en mees deurslaggewende pleidooi ooit vir Afrikaans gelewer is. Dit was op die Nasionale Konvensie, wat 'n Grondwet vir die nuwe Unie van Suid-Afrika moes opstel.

    Die pleidooi van honderd jaar gelede is so belangwekkend dat dit die moeite werd is om dit weer onder die aandag van Praag-lesers te bring.

    Eers iets oor die historiese konteks. Ná die Tweede Vryheidsoorlog het die Britse regering, Engelssprekende leiers en die Engelse pers Engels as die enigste amptelike taal van die land beskou, en was hulle ook van mening dat dit só moet bly.

    Toe 'n vergadering van Vrystaters die Britse regering in 1904 vra om hul taal saam met Engels as offisiële taal te erken, het die Britse regering geantwoord dat Engels die enigste offisiële taal moes wees hoewel kennis van Hollands onder amptenare op plaaslike vlak aangemoedig moet word. Dis interessant dat die 1904-kongres deur die "hendsoppers" (wapenneerleggers) van die oorlog gereël is; hulle het egter die "bittereinders" ook genooi, en die twee groepe het ewe sterk vir die herstel van hul taalregte gepleit.

    Die Engelse koerante het in dié tyd dikwels geskryf dat Engels die enigste amptelike taal moet wees: die nuwe magsverhoudinge noodsaak dit, is betoog. Bowendien was daar volgens party meningsvormers twyfel of Afrikaans sal kan voortbestaan — en indien 'n taal gaan uitsterf, behoort dit nie "kunsmatig" deur wette aan die lewe gehou te word nie.

    Engels is die taal van beskawing en geleerdheid, is gesê, die "superior" taal, en dié moet gekies word. Ten slotte is betoog dat ware eenheid amptelike eentaligheid noodsaak. Die Natal Mercury het op 20 Maart 1909 geskryf: "There can be no true union, the nation will never become one, which speaks with two voices".

    In 1908 het die politieke leiers van die vier Britse kolonies – die Kaapkolonie, Transvaal, die Oranjerivier-kolonie oftewel die Vrystaat, en Natal – begin met die opstel van 'n Grondwet.

    Die Vrystaatse leiers soos pres. M.T. Steyn en genl. J.B.M. Hertzog was net bereid om tot unifikasie van die Britse kolonies in te stem indien "Hollands" 'n offisiële taal sou word. So sterk het pres. Steyn oor die taal gevoel dat hy aanvanklik nie die eerste sitting van die Konvensie wou bywoon nie omdat hy bang was dat dié liggaam die taal sou misken. Hy was eers gewillig om te gaan ná 'n versekering van genl. Botha.

    By die begin van die sittings van die Nasionale Konvensie is petisies uit verskeie dele van die land voorgelees waarin gevra is dat Hollands en Engels gelyke regte sou geniet. Daar was onder meer petisies van die Afrikaanse vroueverenigings.

    Die eerste vergadering van die Nasionale Konvensie was op 12 Oktober 1908 in Durban. Die eerste belangrike vraag was of Suid Afrika 'n federasie of unie moes wees, en die konvensie het tot laasgenoemde besluit.

    Onmiddellik ná die debat oor die staatsvorm is op 19 Oktober die taalkwessie bespreek. Genl. Hertzog het die debat ingelei met 'n voorstel wat in oorleg met pres. Steyn opgestel is: "Engels en Hollands sal erken word as die nasionale en amptelike tale, en op 'n gelyke voet behandel word en gelyke vryheid, regte en voorregte geniet in al die verskeie kantore en dienste van watter soort of aard ook aI, en elke aanstelling sal gemaak word met in agneming van die gelykheid van die twee tale. Elke burger sal die reg hê om hom van enige taal te bedien en enige taal as medium van kommunikasie te gebruik. In aIle publikasies van die owerheid sal in Engels en Hollands gebruik word."

    President Steyn se toespraak

    Hertzog het sy standpunt met erns en gevoel bepleit. Dit was egter veral pres. Steyn se toespraak wat indruk op die afgevaardigdes gemaak het. Al sy toesprake in die konvensie het hy in Hollands gelewer, maar hy het besluit om sy toespraak oor die taalvraagstuk in Engels te hou sodat daar by geen lid enige misverstand kon wees oor wat hy oor taalgelykheid wou verklaar nie.

    Sy uitgeskrewe toespraak het behoue gebly, en sy biograaf, N.J. van der Merwe, het dit in Afrikaans vertaal. Die toespraak het op die afgevaardigdes 'n diepe indruk gemaak, en het verseker dat genl. Hertzog se voorstel aanvaar word. Die woord ras het destyds 'n ander betekenis gehad, en daar is dikwels van die Afrikaners en die Engelssprekendes as die twee blanke "rasse" gepraat.

    President Steyn se toespraak het gelui:

    "Ek is die Voorsienigheid dank verskuldig dat Hy my gespaar het om ook my weinige by te dra tot die groot werk om die Kolonies van Suid Afrika te verenig; om by te dra tot die verwerkliking van die geliefkoosde ideaal van meer as een deurlugtige voorganger.

    "Maar, menere, ons kan die werk maar net so sowel ongedaan laat soos dit is tensy ons ook tegelykertyd probeer om die twee blanke rasse van Suid Afrika te verenig of te herenig. Sonder dit kan daar geen egte vereniging tot stand kom nie.

    "Die taak is nie 'n onmoontlike nie. Kyk na die twee rasse. Hulle stam oorspronklik af van dieselfde voorgeslagte. In karakter is daar groot ooreenkoms. Daar is geen godsdienstige hindernisse in die weg nie, en tog het hulle vir 'n hele eeu saamgelewe en steeds geskei gebly. Daar moes iets verkeerd geloop het. Sonder om weer in die asse van die verlede te krap en sonder om iemand te beskuldig of te verontskuldig, wens ek slegs te sê dat met 'n blik op ons verlede is daar veel om oor jammer te wees, veel om te betreur. Ons sien hoe een fout op die ander begaan was, en een misverstand op die ander gevolg het.  Eindelik het die klimaks gekom. Die oorlog met al sy ellende het ons almal ondervind. As die vrug van al hierdie smarte waaragtige versoening en vereniging gaan wees, sal ek die eerste wees om te sê dit was die opoffenng werd.

    "Laat ons dan, meneer die Voorsitter,  'n les van die verlede leer. Laat ons hierdie kostelike geleentheid nie laat verbygaan sonder om die duiwel van rassehaat, wat vandag die vloek van ons maatskaplike en politieke lewe is, vir eenmaal en altyd uit die land te jaag nie.

    "Ons kan dit doen, meneer die Voorsitter, as ons uit 'n versiende staatsmansoogpunt die situasie bekyk. Ons moet besluit om in die Konstitusie die twee rasse op absolute gelyke voet te plaas. As ons dit nie gaan doen nie, dan kan ons net so wel die res van die werk laat staan. Daar kan geen vereniging van state wees sonder 'n vereniging van harte nie. Daar kan geen vereniging wees nie sonder gelykheid. So lank één ras voel dat hy 'n onderdanige plek naas die ander moet inneem, so lank is daar die gevoel van onreg en hierdie gevoel sal altyd 'n skeidsmuur tussen die twee rasse vorm

    "Ek het gesê die twee rasse kom in meeste dinge ooreen. Die taal vorm die grootste uitsondering. Hier moet daar absolute gelykstelling kom –  in die Parlement, in die geregshowe. skole en publieke diens — oral.  Met ander woorde, Hollands moet saam met Engels die offsiële taal van Suid Afrika wees.

    "Ons vra dit nie as 'n guns nie. maar as ons reg. Hollands het op een of ander tyd in die verlede die offisiële taal van al die Kolonies gewees. Dit is 'n Europese taal wat die oudste in Suid Afrika is. Dit word vandag gespreek deur verreweg die grootste gedeelte van die bevolking. Ons taal het sy offsiële karakter alleen deur geweld verloor. Voor geweld moes ons swig.

    "Die Konstitusie wat ons nou gaan opstel, sal ons eie daad wees, en niemand kan verwag dat ons vansself ons taal en ons ras in 'n ondergeskikte posisie sal gaan plaas nie. As ons dit sou doen, sal die volk nimmer sy goedkeuring daaraan heg, en in plaas van vereniging sal ons Suid Afrika nog meer verdeel.

    "Dit is die taal van die Voortrekkers. Waarlik hulle dade vir Suid Afrika en die beskawing verdien erkenning.

    "Ek eis dit nie alleen as 'n reg nie: ek pleit daarvoor as 'n versiende staatsbeleid. As u my wenk aanneem, sal u met een pennestreep al die gesukkel oor die taal in u parlement vermy. U plaas die taalkwessie bokant en buite die politiek. U vermy dat in die toekoms die partyverdeing op rasselyne sal geskied. Want as die rasse eenmaal verseker is dat wie ook al aan bewind van sake kom. daar geen gevaar of skade die een of ander ras as sodanig kan bedreig nie, sal partye op 'n meer verstandige en nuttige basis as dié van rasseverdelinge gevorm word.

    "As hierdie politiek van gelykstel1ing 'n eeu gelede gevolg was. dan het Suid Afrika vandag miskien net een taal gehad. Dit sou nie Hollands gewees het nie. Maar nou het die twee tale wortel geskied: ons kan nie een opsy sit nie. Altwee moet langs mekaar ontwikke1. Laat dit goed wees. of laat dit kwaad wees." (N.J, van der Merwe, Marthinus Theunis Steyn, 'n lewenskets, deel II (1921),  228-229).

    Taalgelykheid gewaarborg

    'n Kaapse politikus en oudredakteur van Ons Land, adv F.S.Malan, sê dat, terwyl pres. Steyn die toespraak gelewer het, die oë van meer as een afgevaardigde betraan was. Hy self moes die trane herhaaldelik afvee. Toe pres. Steyn gaan sit, was dit eers doodstil, en daarna is hy staande toegejuig.

    Een van die Engelssprekende politici, dr. L. S. Jameson van die berugte Jameson-inval van 1895, het gesê hy erken dat hy en ander die saak in die verlede nie reg begryp het nie. en besef dat dit nodig was om 'n nuwe bladsy om te slaan.

    Ná Jameson het nog 'n paar lede aan 'n kalme bespreking deelgeneem wat nie langer oor die beginsel van taalgelykheid gegaan het nie, maar slegs oor die bewoording van genl. Hertzog se voorstel. Ná enkele wysigings is dit op 20 Oktober 1908 aanvaar.

    Die besluit het Hertzog laat neerskryf: "Groote overwinning" en daarby: "10.27 dezen morgen — 20 Oct. 1908 — besluit algemeen aangenomen verklarende beide de Hollandsche en Engelsche taal als officieele talen der Unie te woden behandeld op gelijke voet en te genieten gelijke vrijheid, rechten en voorrechten, ens."

    Die taalbepaling is op 20 September 1909 vasgelê in die "South Africa Act/ An Act to constitute the Union of South Africa", 'n wet van die Britse Parlement. Artikel 137 lui dat "both the English and Dutch languages" offisiële tale is.

    Waarom "Hollands"?

    Om die benaming Dutch te vertaal was destyds nie so maklik as wat dit vandag lyk nie. Die woordkeuse sou van kardinale belang wees vir 'n taalstryd wat daar onder Afrikaners aan die gang was. Dit het gegaan oor die vraag wat die skryftaal, dus die kultuurtaal, van die Afrikaanstaliges moes wees: Afrikaans of Nederlands.

    Sewentien prominente Afrikaners het op 5 Januarie 1909 in Kaapstad byeengekom 'n paar dae voordat een van die sittings van die Nasionale Konvensie in Kaapstad gehou is. Onder hulle was voorstanders van Afrikaans soos W.A. Hofmeyr, dr. D.F. Malan en J.H.H. de Waal, asook vegters vir Nederlands, proff. A. Moorrees en W.J. Viljoen, adv. F.S. Malan en dr. G.G. Cillié.

    Die betekenis van die benaming Hollands is deeglik bespreek en die vergadering het ooreengekom dat Hollands die regte term vir artikel 137 is omdat dit sowel Afrikaans as Nederlands insluit. In die amptelike vertaling van die "Zuid-Afrika Wet" is Dutch dus met Hollands vertaal: "De engelse alsmede de hollandse talen zijn officiële talen van de Unie".

    Hollands was in elk geval die wetlike benaming van die taal wat in Transvaal as "officiële taal" en in die Vrystaat as "hoofdtaal" gegeld het.

    Hertzog het op die Kaapse vergadering voorgestel – en dis gesekondeer deur Viljoen — dat 'n liggaam vir die bevordering van die "Hollandse taal en letterkunde" gestig word.

    So 'n sentrale organisasie is op 2 Julie 1909 in Bloemfontein gestig. Dis De Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst. Die doel daarvan was die bevordering van die "Hollandse Taal en Letteren" en die Suid-Afrikaanse geskiedenis, oudheidkunde en kuns. In die statute is verklaar dat onder Hollands verstaan word "de beide taalvormen gebruikelik in Zuid-Afrika". Die Akademie het so gehelp om die twee taalpartye te versoen. Die taalkenners het die taalpolitieke vertaling van Dutch bevestig.

    Maar daardie "amptelike" betekenis van Hollands was 'n kompromis. Voor en ná die tyd het mense met Hollands soms verwys na Nederlands (of Hooghollands), soms na Afrikaans, soms na albei. Tot in die 1940's het sommige partyleiers en koerante van Hollandssprekende en Engelssprekende Afrikaners gepraat.

    Maar die meeste mense het Nederlands en Hollands as sinonieme beskou. Dit het twyfel laat ontstaan oor die status van Afrikaans. Om dié twyfel weg te neem, is 'n verklarende wetsontwerp in Mei 1925 aangeneem. Dit was Wet No. 8 van 1925, wat bepaal: "Het woord 'hollandse' in artikel honderd zeven en dertig van de Zuid-Afrika Wet, 1909, en elders in die Wet waar dat woord voorkomt, wordt hierbij verklaard het Afrikaans in te sluiten". Hierdie wet is beskou as van krag te gewees het van 31 Mei 1910.

    Gevolge van artikel 137

    Die taalartikel het binne enkele jare 'n belangrike gevolg vir skool- en universiteitseksamens gehad, en daardeur ook vir die voertaal van albei. Tot dan was Engels die enigste eksamentaal van die eerste eksamineringsliggaam vir skole en universitêre inrigtings. Dit was die University of the Cape of Good Hope (UCGH) wat eksamens waargeneem het vir die "university school higher" (later junior sertifikaat), matrikulasie, die "Intermediate B.A. Examination" ('n diploma gelykstaande aan 'n eerstejaar-Baccalaureusstudie) en gevorderde universiteitseksamens.

    Die besluit van die Nasionale Konvensie om Hollands te erken, het daartoe gelei dat die UCGH-raad besluit het om van 1911 af ook Hollands vir die juniorsertifikaateksamen toe te laat. Van 1912 af is die reël uitgebrei na die seniorsertifikaat- en matrikulasie-eksamen. Die UCGH het die universiteitskolleges in 1916 verlof gegee "to allow candidates to use Dutch as their medium in answering questions in the B.A. Pass and Honours Examinations in and after 1916 in all subjects except English".

    Hierdie aanpassings het die taalbeleid van universiteite en skole die hele twintigste eeu beïnvloed. Toe die Universiteit van Suid-Afrika in 1918 die UCGH opvolg, is Hollands, later Afrikaans, as eksamentaal erken. Die eindeksamen sou nie meer 'n rede vir skole bly om NET Engels as onderrigmedium te gebruik nie.

    Ook die voertaal op skool is in ooreenstemming met artikel 137 gebring – in Transvaal is in 1911 en die Vrystaat en Kaapland. Die sogenaamde moedertaalordonnansies het bepaal dat die huistaal van die leerling tot en met standerd 4 die verpligte voertaal sou wees, hoewel die ander ampstaal as voertaal ingevoer kon word waar die ouers dit verlang.

    Groot en belangrike toesprake is ná 1908 oor Afrikaans gehou – onder andere deur C.J. Langenhoven. Dis op sy inisiatief dat Kaapland, die Vrystaat en Transvaal in 1914 die moedertaalordonnansies so gewysig het dat Afrikaans in plaas van Nederlands as medium van onderwys gebruik mag word tot en met standerd 4.

    Maar dit alles was slegs moontlik omdat in 1908 besluit is om "Hollands" as amptelike taal te aanvaar. En vir hierdie besluit het pres. Steyn die deurslaggewende argumente aangevoer.

    Die wiel het heeltemal gedraai. 'n Eeu gelede het Afrikaans aan die begin van sy ontwikkeling tot staatstaal gestaan. Vandag beleef ons die einde daarvan in hierdie hoedanigheid, en moet sy sprekers veg om ruimte vir Afrikaans te skep of te behou op terreine soos die onderwys en die elektroniese media.

    bridal comb headpiecesФильчаков прокурор харьков

  • Die prys van lewe  in Sierra Leone

    Die prys van lewe in Sierra Leone

    Die krag was weereens af in een van Afrika se armste stede en in die sagte kerslig kon mens uitmaak dat 'n papiertjie met 'n naam en "RIP" aan op die liggaam se maag geplak is. Sy is sowat 15 minute terug oorlede, nadat daar komplikasies ingetree het tydens die geboorte van haar kind.

    In die donker gang, so 'n ent van waar die liggaam lê, hou haar susters en vriendinne mekaar vas en herhaal haar naam. "Fatmata, Fatmata…" Haar naam was Fatmata Jalloh, en haar eersgeborene, 'n stewige, gesonde seun, is 8 ure terug gebore. Haar man, Saidu Jalloh, was net so opgewonde soos sy oor die koms van hul eersteling.

    Hoewel sy nooit skoolgegaan het nie was sy baie gewild onder haar vriende; sy was altyd vriendelik, met 'n glimlag vir almal.

    Hulle het 'n jaar gelede getrou en het in 'n gehuurde kamer gaan woon. Haar pa is soos vele mans 'n Afrika 'n poligamis, met drie vrouens . Fatmata was die oudste kind van haar moeder en die vierde oudste van 16 kinders.

    Die amptelike rede vir haar dood is nageboortelike bloeding. Sy het gesterf in 'n land waar net die proses om geboorte te gee oor 'n een-uit-agtkans beskik dat die moeder kan sterf, gemeet teenoor 1 uit 4 800 in die VSA en 1 uit 48 000 in Ierland.

    In die weste van Afrika is die sterftesyfers terwyl vroue geboorte gee die hoogste ter wêreld. Dit is net een van die gevolge van 10 jaar se burgeroorlog wat in 2002 geëindig het met erge tekorte op omtrent elke vlak van die lewe. Voedsel, behuising, mediese dienste. Daar is niks wat nie steeds die nadelige invloed van die oorlog voel nie.

    Volgens Thoraya A. Obaid, uitvoerende direkteur van die VN se bevolkingsfonds, word daar nie veel aandag gegee aan sterftes van moeders tydens geboorte nie, aangesien "groter globale" gesondheidskrisisse, soos MIV/Vigs, malaria en tuberkulose meer in die mode is en by groot internasionale kongresse bespreek word.

    Die feit dat vroue sterf as gevolg van bloeding, obstruksies en ander swangerskapverwante probleme word maar net gesien as een van die gevolge van armoede. Die vroue maak baie keer nie die regte keuses nie, en eindig dan met tuisgeboortes op stowwerige vloere in plaas van gekwalifiseerde personeel wat hulle lewens kon red indien daar komplikasies sou ontstaan. Jaarliks sterf daar sowat 500 000 vroue wat geboorte gee, maar die groter deel van die syfer is in ontwikkelende lande, en die weste van Afrika val gewis onder dié groep.

    Rondom agtuur die Dinsdagaand het Fatmata begin kla oor rugpyn, en haar suster het haar aangeraai dat hulle na die kliniek toe gaan waar sy vir voorgeboorteklasse geregistreer was. Die Wellington-gesondheidsentrum was ongeveer 'n halfuur se loop weg, en vir iemand wat naby aan kraam is, is dit 'n lang pad om te loop. Taxi's is skaars daar en 'n buurvrou het aanbeveel dat hulle na 'n suster gaan wat nader woon. Die nag se donker is net verbreek deur flou ligte wat skyn in sinkhuisies met grondvloere, die standaard in die omgewing. Omtrent 10:30 het hulle Elizabeth Cole se huisie bereik.

    Dit was 'n enkelverdiepinggeboutjie en Fatmata is na die geboortekamer gelei, 'n klein, vuil vertrekkie met dik geel plastiek op 'n ou bed. Daar was nie tyd om enige hulp in te roep nie, en die baba is daar gebore, klaarblyklik sonder enige probleme, en Fatmata se man is laat roep. Hy het so 'n rukkie gebly en is weer huis toe. Teen vieruur die oggend het Fatmata gekla van erge maagpyn en het ernstig begin bloei. Haar man is laat roep, waarna hy naarstiglik gesoek het na iemand wat 'n motor het om sy vrou na die hospitaal te neem.

    Nadat hulle iemand gekry het om haar te neem het hulle die 20-minuterit na die Princess Christian-hospitaal aangepak, waartydens sy meer as een keer gesê het sy dink dat sy gaan sterf. Teen 06:06 het die verpleegsters haar met 'n waentjie die hospitaal ingestoot, en waar sy vroeër gepraat het, het sy nou net na haar asem gesnak. Haar pols was skaars waarneembaar, net soos haar bloeddruk. Teen dié tyd was sy reeds bewusteloos.

    Die kraamverpleegsters het vinnig agtergekom dat die jong vrou baie bloed verloor het en haar man afgestuur na die hospitaal se bloedbank, waar daar soos gewoonlik niks was nie. Dit het ook nie gehelp vir haar toestand dat sy gedurende die laaste drie weke gevas het in die maand van Ramadan nie, en van haar man het hulle vasgestel dat sy nie haar vitamienaanvullings geneem het nie. Die personeel van die bloedbank het vinnig 'n pint bloed gekoop van 'n swartmarkhandelaar, waarna dit getoets en aan haar man verkoop is.

    In die hospitaal is daar niks waarvoor die pasiënt se familie nie self betaal nie, het dokter S.K Sideque, die een ginekoloog, vertel. Voordat hulle 'n keisersnee kan doen, moet die familie eers na verskeie handelaars gaan om die nodige handskoene, kateters, bloed, en ander goedere te gaan koop.

    Die kraamkamer is 'n beige vertrek met geblomde gordyne tussen die ondersoekhokkies. Die beddens self is gehawend en reën en insekte kom by die oop vensters in. Die reuk van urine en dood kleef aan die hele hospitaal, iets waaraan mens nie kan ontsnap nie.

    Die verpleegster het die sak bloed opgehang en die naald in haar arm ingedruk, die bloed het begin drup in die pypie en daar gestop. Haar hart het gaan staan en sy is teen 07:14 dood verklaar. Die hoofverpleegster het opgemerk dat as sy vroeër by die hospitaal gekom het sy dalk nog sou leef, maar dit is die nalatenskap van oorlog op 'n klein landjie: onnodige sterftes.

    Haar liggaam is op 'n draagbaar gelaai en in die parkeerterrein ingedra, waar 'n verbygaande vragmotor gestop is en die draagbaar op die bed in die voertuig gelaai is. Fatmata se familie en vriendinne her almal saam in die klein ruimte geklim en die vragmotor het die verkeer met noodligte wat flikker aangedurf. Sowat 20 minute later het hulle by haar vader se woning gestop, waar 'n klompie vroue haar naam geroep het terwyl die mans die liggaam uit die vragmotor gelaai het en haar in die huis ingedra het.

    Haar ma was elders, sowat 8 ure se ry weg, waar sy besig was om haar eie siek ma te versorg.

    Die mans doen in die Moslemgemeenskap die voorbereiding en haar liggaam is in 'n klein badkamer gewas en in 'n wit kleed toegedraai.

    Net voor vieruur het die mans die huis binnegegaan en haar liggaam in 'n kis geplaas wat hulle van die plaaslike moskee geleen het. Die kis is op 'n afleweringswa geplaas en na die begraafplaas geneem, waar net mans toegelaat word, volgens die Moslemtradisie. Tien ure nadat sy oorlede is, het haar man die eerste graaf vol grond in die graf begin gooi.

    декоративная лепка на стенах фотоЛобановский