praag.co.za

Category: Geskiedenis

PRAAG se geskiedenisblad word gereeld bygewerk met kort, insiggewende artikels oor die Afrikanergeskiedenis. Hier vind u die geskiedenis van die Groot Trek, die twee Vryheidsoorloë of eerste en tweede Anglo-Boereoorlog en vele meer. Dit is ideaal vir skoolkinders met take of enigeen wat meer van die Afrikaner se geskiedenis wil leer. Prof. Jaap Steyn van Kovsies het die meeste van die artikels geskryf en die blad word weekliks met nog verhale uit ons interessante geskiedenis bygewerk!

  • Hoe ?n admiraal en ?n prins Afrikaans gered het

    Dit was meermale die geval met die Afrikaners en Afrikaans. So ’n beslissende tyd was omstreeks 1672 – twintig jaar nadat Jan van Riebeeck met die nedersetting aan die Kaap begin het.

    In 1664 het Nederland 'n verlies van wêreldhistoriese betekenis gely. Op 4 September het Pieter Stuyvesant, direkteur van die kolonie Nieu-Nederland in Noord-Amerika, 'n verdrag van oorgawe van die kolonie aan Brittanje onderteken. Die naam van die hoofstad, Nieu-Amsterdam, is dadelik verander na New York. Stil-stil het Nederlands begin verdwyn uit die land wat drie eeue daarna die magtigste moondheid op aarde sou wees.

    Kort ná die verlies van Noord-Amerika het die stryd tussen Engeland en Nederland verder gegaan. Die Nederlanders het in 1666 en 1667 onder Michiel de Ruyter groot seeslae teen die Engelse gewen, selfs in die Teems opgevaar en verskeie Britse oorlogskepe verwoes. Maar in 1672 is Nederland, en daarmee sy klein kolonie aan die Kaap, met ondergang bedreig. Lodewyk XIV van Frankryk het Nederland al meer as die vernaamste teenstander vir sy planne in Europa gesien en die republiek probeer isoleer en uitwis. In die geheim is allerlei ooreenkomste bekook.

    Terwyl die Nederlandse volk nog gemeen het dat hy veilig is, het Frankryk in 1672 skielik oorlog verklaar. Groot was die skok toe Brittanje en die Duitse biskoppe van Munster en Keulen dit ook doen. Sou Nederland dié oorlog verloor, sou dit as selfstandige nasie moes verdwyn.

    Die volk was moedeloos en radeloos. Twee leiers het deur hul kragtige optrede egter verhinder dat Nederland ondergaan: prins Willem III van Oranje en admiraal Michiel de Ruyter. Willem III het die dyke langs die Suidersee oopgesteek en 'n waterlinie tot aan die Ryn gevorm. Daaragter kon hy die leër weer opbou. De Ruyter het daarin geslaag om die Brits-Franse vloot verskeie kere af te weer sodat sy gehawende teenstanders op die ou end die aftog moes blaas. Sowat 900 mense op die Britse skip Royal James het verdrink toe dit ontplof het.

    Willem III van Oranje en De Ruyter het Nederland gered — en daarmee onregstreeks ook die Afrikaanse volk en taal. As die moederland tot 'n val gekom het, sou die Kaap gou die prooi van 'n Britse of Franse vloot geword het. Van Nederlands of 'n ontluikende Afrikaans sou niks oorgebly het indien Nederland die Kaap in 1672 moes afstaan nie. Dit was 'n sukkelende nedersetting, wat in die tien jaar ná 1662 byna nie uitgebrei het nie. So was daar in 1672 net 64 vryburgers en 53 blanke knegte aan die Kaap — darem 39 vroue ook.

    Daarby was dit jare van ontbering. Die vryburgers kon nog nie genoeg produseer vir die Kaap nie. Party gesinne was so arm dat die kinders snags op die grond op 'n bietjie strooi moes slaap. Die vee het langsaam meer geword, want wilde diere, veral leeus, het baie doodgebyt. Ten tyde van die oorlog is hard gewerk aan die Kasteel wat op 26 April 1679 amptelik voltooi is.

    Die skitterende wyse waarop Nederland hom verdedig het, het daartoe gelei dat Brittanje in 1674 vrede gesluit het. Op 26 Januarie 1678 het nog iets van groot betekenis gebeur. 'n Nederlands-Britse verbond is gesluit. Daarmee het 'n einde gekom aan die oorloë tussen die twee lande. Die vrede en samewerking sou 'n goeie eeu duur voordat dit weer versteur is. Omdat Brittanje die enigste moondheid was wat 'n bedreiging vir die Nederlandse kolonies kon vorm, het die bondgenootskap verseker dat die kolonies heeltemal veilig was. So kon die klein gemeenskap aan die Kaap ongestoord ontwikkel.

    игрушки лунтикаЛобановский Харьков

  • Breaker Morant: held of skurk?

    Vir die volgende vyftien jaar het Morant ’n raap-en-skraapbestaan in Queensland en New South Wales gevoer. Hy was gewild onder plattelandse inwoners danksy sy drinkgewoontes en toertjies wat hy met perde kon uitvoer. Gedurende hierdie periode het hy ook gedigte onder die skuilnaam The Breaker geskryf, waarvan sommige selfs gepubliseer is.
     
    Die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het die deure geopen vir ’n nuwe avontuur en het hom in staat gestel om Australië en almal vir wie hy geld geskuld het, te verlaat. Hy het by die South Australian Mounted Rifles aangesluit. Meer as 2 000 Suid-Australiërs het hulle by die Britse magte aangesluit. Morant en sy kontingent het op 26 Januarie 1900 na Suid-Afrika vertrek.

    In Suid-Afrika het Morant gou aandag getrek danksy sy ervaring met perde. Hy was in sy element, in hierdie land waar die landskappe en klimaat soveel met Australië ooreengestem het. Aanvanklik het hy as koerier opgetree vir die oorlogskorrespondent van die London Daily Telegraph. Nadat hy ’n klompie verpleegsters by die plaaslike hospitaal se harte gebreek het en ’n aantal onbetaalde rekeninge agtergelaat het, het hy teruggekeer na Engeland en daar aan die suster van een van sy vriende, kaptein Hunt, verloof geraak.

    Met sy terugkeer na Suid-Afrika in April 1901 het hy by die gevreesde Bushveldt Carbineers aangesluit, wat in die Noord-Transvaal teen die Boere geveg het. Die regiment het uit 320 man bestaan en was in Pietersburg gebaseer. Amper die helfte van hulle was Australiërs, maar daar was ook ’n veertigtal Boere wat vroeër aan die Engelse oorgegee het. Die twee groepe het nie goed oor die weg gekom nie. Die regiment was moeilik om te beheer en daar was vele gevalle van ongedissiplineerde optrede, soos om buit toe te eien en alkohol te misbruik.

    Op 5 Augustus 1901 het kaptein Hunt en 17 lede van die Carbineers ’n plaashuis bestorm en heelwat meer Boere daar aangetref as wat hulle verwag het. Onder die Britse manskappe het ’n aantal gewapende swartes getel. Volgens luitenant Witton se latere getuienis was dit praktyk vir die Engelse om swartes te gebruik en het hulle van ”die mees afgryslike dade“ tydens die oorlog gepleeg.

    Gedurende die aanval is beide kaptein Hunt en ene sersant Eland gedood. Hunt is wreed vermoor en al sy klere verwyder. Die verminking wat die liggaam ondergaan het (Hunt se hakskeensenings is byvoorbeeld afgesny) dui dalk op swart betrokkenheid. ’n Woedende Morant het egter wraak geneem deur Visser, ’n Boer wat met Hunt se klere rondgeloop het, ’n  paar dae later te skiet, asook nog agt Boeregevangenes en later weer ’n groepie van drie. Hy het verder ’n Duitse sendeling genaamd Hesse laat doodskiet, aangesien hy hom verdink het van simpatie met die Boeregevangenes.

    Sewe Carbineers, waaronder luitenant Morant, is in Januarie 1902 van ’n oorlogsmisdaad aangekla. Morant het absolute minagting vir die regter getoon, sy dade ruiterlik erken en dit geregverdig deur te sê dat Lord Kitchener self beveel het dat geen gevangenes geneem moet word nie. Uiteindelik is Morant, Witton en Handcock skuldig bevind op aanklag van moord op die Boeregevangenes, maar onskuldig van die moord op Hesse. Morant en Handcock is ter dood veroordeel, maar Witton se doodstraf is in lewenslange gevangenisstraf verander.

    Toe Morant kort voor sy teregstelling gevra is of hy ’n priester wou sien, was sy verontwaardigde antwoord: ”Nee, ek is ’n heiden!” Handcock wou toe weet: ”Wat is ’n heiden?“ Nadat dit aan hom verduidelik is, het hy trots verklaar: ”Ek is ook ’n heiden!”

    Op 27 Februarie 1902 is Handcock en Morant in Pretoria tereggestel. Morant se laaste woorde was: ”Shoot straight you bastards! Don’t make a mess of it.” Hulle het geweier om voor die vuurpeloton geblinddoek te word.

    Ná 28 maande in ’n Britse tronk is Witton vrygelaat. Lord Kitchener (wat self die doodsvonnisse geteken het) het later erken dat hy wel instruksies gegee het dat Boere wat in Britse uniforms betrap word, doodgeskiet moes word. Teen die einde van die oorlog was die Boere-soldate se klere meesal vodde en het hulle dikwels Britse klere gebuit – soms ook in ’n poging om Britse troepe te mislei.

    In 1907 het Witton se boek, Scapegoats of the Empire, verskyn. Later het dit onmoontlik geword om ’n eksemplaar van hierdie boek in die hande te kry. Verhale het die rondte gedoen dat die Australiese regering ongemaklik gevoel het omdat Lord Kitchener se reputasie in die boek skade gely het en beslag gelê het op al die eksemplare wat hulle in die hande kon kry.

    Tydens ’n besoek aan Australië in 1910 het Lord Kitchener geweier om ’n monument in Bathurst te onthul vir diegene wat tydens die ABO gesterf het, indien Handcock se naam nie verwyder word nie. Dit is toe gedoen, maar in 1964 is sy naam weer teruggevoeg op die monument. Die grafte van Morant en Handcock het ná die 1980-vrystelling van die film Breaker Morant gewild geword by besoekers.  In Australië het Morant legendariese status verkry en vele anekdotes word steeds oor hom vertel.

    Getuienis dui daarop dat Handcock, Witton en Morant deur hulle eie manskappe aangekla is, wat van hulle nie juis martelaars maak nie. Baie Australiërs wonder egter steeds hoekom die twee Britse offisiere, wat aanvanklik saam met die Australiese Carbineers aangekla is, bloot oneervol ontslaan is, terwyl daar baie strenger teen Morant, Handcock en Witton opgetree is.

    Die Morant-geval het die Australiese regering laat besluit om nooit weer Australiese soldate aan Britse justisie uit te lewer nie.

     

    Малыши до годаЛобановский