praag.co.za

Category: Geskiedenis

PRAAG se geskiedenisblad word gereeld bygewerk met kort, insiggewende artikels oor die Afrikanergeskiedenis. Hier vind u die geskiedenis van die Groot Trek, die twee Vryheidsoorloë of eerste en tweede Anglo-Boereoorlog en vele meer. Dit is ideaal vir skoolkinders met take of enigeen wat meer van die Afrikaner se geskiedenis wil leer. Prof. Jaap Steyn van Kovsies het die meeste van die artikels geskryf en die blad word weekliks met nog verhale uit ons interessante geskiedenis bygewerk!

  • Na ‘n eeu – waar is die volksdigters?

    ‘n Eeu gelede het ‘n belangrike wet op die wetboek beland wat die status van Afrikaans sou verskans. Artikel 137 van die Zuid-Afrikawet het vir gelyke beregtiging van Engels en Nederlands voorsiening maak.

    Hoewel Afrikaans eers, wat die wetboek betref, moes trustaan, was daar reeds in die aanloop van die Uniewording verskeie belangrike gebeure om Afrikaans momentum te gee.

    ‘n Groot deel hiervan was die rol van ‘n nuwe generasie digters. Jan. F.E. Cilliers, Totius en C. Louis Leipold was van die vernaamste figure wat die Afrikaner se bitter oorlogs- en na-oorlogslyding verwoord het. Hul gedigte was van ‘n veel hoër gehalte as die meestal rympies wat uit die eerste taalbeweging voortgespruit het.

    Die nuwe generasie digwerk het egter nie net om die taal as taal gehandel nie, maar dit sterk laat hande vat met die Afrikaner se vryheidsideaal.

    In sy werk, By die monument (1908), toon Totius ‘n profetiese geloof in die volk, wat net soos die taai besembos nie sal uitsterf nie: “Ek leef en sal lewe. My doodkry is min!” skryf hy.

    In sy volgende bundel, Verse van Potgieters Trek, (1909), is die grondtoon een van ‘n volk met ‘n sterk vryheidsdrang. Hy gebruik die Groot Trek as model. In dieselfde jaar is die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst in die lewe geroep. Afrikaans is ingesluit in die term “Nederlands” waarvoor die lede hulle beywer het.

    Het dit ‘n raakvlak met vandag, ‘n eeu later?

    In Desember 1938 publiseer Die Huisgenoot ‘n Afrikaanse weergawe van Piet Retief se manifes wat op 2 Februarie 1737 in die Graham’s Town Journal verskyn het.

    Lees ‘n mens dit, dan is dit ongelooflik hoe die toestande waarin die grensboere hulle destyds bevind het, met die huidige toestande van die Afrikaner ooreengestem het. (Hieronder weergegee).

    Hierdie beginsels het soos ‘n goue draad deur die Voortrekkers, en later Boere se geskiedenis geloop – deur die verkiesingsproses van Retief as Trekkerleier, die inhoud van die Gelofte, die latere aanvaarding van republikeinse grondwette soos dié van die Republiek van die Oranje-Vrystaat wat op die Amerikaanse geskoei was.

    Noudat omstandighede heers baie soortgelyk as dit wat Retief in sy manifes beskryf, waar plaasmoorde die omvang aanneem dat dit as volksmoord kwalifiseer, sou ‘n mens verwag dat die volksdigters die hand aan die pen sal slaan, soos Cilliers, Totius, Leipold en ander.

    Dink net aan die ruimte wat gebied word aan ‘n jong, opkomende Afrikaanse digter om sy noodsaaklikstes in sy ryding te laai en die land vol te reis en onderhoude te voer met die naasbestaandes van vermoorde slagoffers, of slagoffers wat self aan die dood ontkom is maar dalk erg gemartel is. Hy sal, as hy sy sout werd is, ‘n bundel soos min kan uitbring, mits hy natuurlik ‘n uitgewer sal vind wat bereid is om dit te publiseer.

    Die Afrikaanse digter se veld hoef ook nie tot plaasmoorde beperk te wees nie. Hy kan letterlik kies en keur aan temas, soos die impak van regstellende aksie. Die ellende wat dit in huishoudings bring. Of, as hy dan nie swartgallig ingestel wil wees nie, die pen te doop in verhale waar mense die terugslae van regstellende aksie oorkom het en weer op die been gekom het. “Doodkry is min” om Totius se woorde te leen.

    Hoekom kry die Afrikaanse digter skynbaar net erkenning as hy ‘n verloopte Afrikaner is?

    Breyten Breytenbach het na die val van apartheid dikwels sy mond erg oor die nuwe bedeling uitgespoel. Kom dit by die digkuns, skryf hy egter eerder ‘n lang gedig om sy ashoopstatus (in plaas van erkenning) te bewoord, maar gryp op die oog af nie met soveel ywer na die huidige ongeregtighede nie.

    Veral op die internet duik daar wel gedigte op. Die uwe is geen letterkundige om die kwaliteit te beoordeel nie, maar hier en daar is daar pogings wat moeilik is om ‘n ander rede te vermoed as dat uitgewers nie gereed is om die sprong te maak nie.

    Hoekom is dit relevant?

    Skrywers en digters het gereeld die vaandel van ‘n stryd help dra, en deur dit ook letterkundig te giet word ‘n tipe status, ‘n fatsoenlikheid, daaraan geheg. Dit word dan nie meer net die stryd van die willewragtigs en die kakie-eendsterte nie. Dit kom in aanmerking vir die Hertzogprys, wat juis sy ontstaan het in ‘n geldinsamelingspoging om genl JBM Hertzog in ‘n hofstryd by te staan om te keer dat Engels meer gelyk as Nederlands (Afrikaans) manifesteer.

    Juis nou gebeur dieselfde met Afrikaans. In die grondwet het dit gelyke status, maar sodra praktiese en selfs wetlike meganismes ingespan word om dit te bestendig, hang die regering se onderrok erg uit oor hoe dit die toekoms van die taal beskou.

    Digters word as die gewete van die volk beskou, met ‘n missie om die saak van die “underdog” te dryf. Indien hy homself hiervan stroop, is hy as digter met ‘n missie nie meer inhoudelik as die rympiesmakers van die eerste taalbeweging nie. Trouens, waarskynlik minder, want daardie “rympiesmakers” het hulle vir ‘n saak beywer. Hulle was die voorlopers van die volksdigters. 

    1. PIET RETIEF SE MANIFES
    (Die Huisgenoot, Desember 1838)

    Grahamstad, 22 Januarie 1837.
    AANGESIEN daar talryke rapporte deur die hele Kolonie versprei is, blykbaar met die doel om vooroordeel op te wek in die gedagtes van ons medeburgers teen diegene wat besluit het om vaarwel te sê aan die Kolonie waarin hulle soveel jare ‘n hele reeks ergerlike en ernstige verliese gely het; en aangesien dit ons begeerte is om hoog te bly staan in die agting van ons broeders en ons begerig is dat hulle en die wêreld ons nie in staat moet ag om die heilige band te verbreek wat die Christen aan sy geboorteland verbind sonder daartoe voldoende redes te hê nie, is ons verplig om die volgende kort uiteensetting te boekstaaf van die oorsake wat ons beweeg om so ‘n stap te doen, en van ons voornemens aangaande ons optrede ten aansien van die naturellestamme waarmee ons in aanraking mag kom anderkant die grens:-

    1. Ons wanhoop daaraan om die Kolonie te red van die euwels wat dit bedreig deur die oproerige en oneerlikie gedrag van vaebonde, wat toegelaat word om die land in alle dele te verontrus; en ons sien geen vooruitsig op vrede en geluk vir ons kinders in ‘n land wat op dié manier gekwel word deur inwendige beroeringe nie.

    2. Ons kla oor die ernstige verliese wat ons genoodsaak is om te ly deur die vryverklaring van ons slawe en die ergerlike wette wat daar gemaak is met betrekking tot hulle.

    3. Ons kla oor die aanhoudende plundering wat ons hier moet verduur van Kaffers en ander kleurlinge, en veral deur die laaste inval in die Kolonie, wat die grensdistrikte verwoes en die meeste inwoners geruïneer het.

    4. Ons kla oor die ongeregverdigde blaam wat daar op ons gelê is deur belanghebbende en oneerlike persone onder die dekmantel van godsdiens, persone wie se getuienis in Engeland geglo is tot uitsluiting van alle bewysmiddele in ons voordeel; en ons uoorsien as gevolg van hierdie vooroordeel niks anders nie as die totale ondergang van die land.

    5. Ons is uasbeslote om, waar ons ookal mag gaan, die regverdige beginsels van vryheid hoog te hou; maar terwyl ons sal sorgdra dat niemand in ‘n toestand van slawerny gehou word nie, is ons ook vas beslote om sodanige wette daar te stel wat misdaad sal onderdruk en ‘n behoorlike verhouding tnssen heer en diensbode sal bewaar.

    6. Ons verklaar plegtig dat ons hierdie Kolonie verlaat met die begeerte om ‘n rustiger lewe te lei as wat ons tot hiertoe gedoen het. Ons sal geen volk molesteer nie en aan niemand die geringste eiendom ontneem nie; maar as ons aangeval mord, sal ons ons ten uolle geregverdig beskou om ons persoon en eiendom tot die uiterste te verdedig teen enige vyand.

    7. Ons maak bekend dat, wanneer ons vir ons toekomstige leiding behoorlike wette neergelê sal hê, afskrifte daarvan na die Kolonie gestuur sal word vir algemene informasie; maar ons neem hierdie geleentheid tewens te baat om te verklaar dat dit ons vaste besluit is om voorsiening te maak vir summiere bestraffing van alle verraaiers wat daar onder ons mag wees.

    8. Ons stel ons voor om in die loop van ons trek, en wanneer ons aangekom het in die land waar ons gaan woon, ons bedoelings en ons begeerte bekend te maak aan die inboorlingstamme, asook ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef.

    9. Ons verlaat die Kolonie onder die uolledige versekering dat die Engelse Regering niks meer van ons te vorder het nie en ons sonder verdere bemoeiing sal toelaat om ons in die toekoms self te bestuur.

    10. Ons vertrek nou uit ons vrugbare geboorteland, waar ons enorme skade gely het en voortdurend blootgestaan het aan ergernis, om ons te gaan vestig in ‘n woeste en gevaarlike gebied; maar ons gaan met ‘n vaste vertroue op ‘n alsiende, regverdige en genadige God, wat ons altoos sal vrees en in alle nederigheid sal probeer gehoorsaam.

    P. RETIEF.

    video casino slotstopcargo

  • Oorsake van die Groot Trek

    Oorsake van die Groot Trek

    Daar is drie keuses vir die grensboer: “Ons moet óf weghardloop, óf stilsit en ons kele laat afsny, óf ons moet verdedig wat ons het.” Dit was in 1825 die woorde van Andries Stockenstrom in die drosdy van Graaff-Reinet teenoor aan twee sendelinge van die Londense Sendinggenootskap (John Philip en William Wright) en ‘n liberale Britse setlaat Thomas Pringle).

    Stockenstrom (1792-1864) was landdros en sou in 1828 in Grahamstad as kommissaris-generaal van die oostelike provinsie word. Hermann Giliomee beskou hom as die grootste Afrikaner van die negentiende eeu. Anders as die ander goed opgevoede amptenare het hy homself “Afrikaner” en “Boer” genoem. Hy was volgens Giliomee in Die Afrikaners ‘n eerlike man met ‘n vurige, onafhanklike gees en kon geen skynheiligheid verdra nie.

    Vir hom was weghardloop onaanvaarbaar, en hy het tien jaar later die Groot Trek veroordeel. Hy het egter die opvatting verwerp dat die burgers nie die reg het om hulleself te verdedig nie. Vir hom was daar twee kernwaardes, naamlik waarheid en strenge en gelyke geregtigheid.

    Sy gespreksgenote het Stockenstrom probeer stilmaak deir te sê dat die koloniste geen reg het om in die grensgebied te wees nie. Stockenstrom het geantwoord dat die Britte hierdie beginsel meer as elke ander nasie verontagsaam het.

    Tog was die Groot Trek nie ‘n geval van weghardloop nie, sê Giliomee.Dit was ‘n goed beplande massa-opstand teen ‘n ondraaglike gebrek aan sekuriteit. Die trek het verskeie oorsake gehad, maar hulle kan opgesom word as ‘n gebrek aan grond, arbeid en veiligheid.

    Die grensboere het al hoe minder geweet hoe om op te tree teen rondlopers en veediewe. Baie het swaar verliese weens veediefstal gely en het toenemend vir hul lewens gevrees. In sekere dele was daar feitlik geen regeringsgesag nie. Die sesde grensoorlog (1834-1835) was vir die burgers ‘n geweldige skok. Hulle kon nie glo dat ‘n Xhosa-inval op so ‘n groot skaal moontlik was nie. Die hele grensgebied was in ‘n toestand van onrus.

    Die dryfveer vir die trek word opgesom in ‘n opskrif van A.J. Böeseken en D.W. Krüger in Drie eeue: “Daar was geen geloof in ‘n beter toekoms in die Kolonie nie.” Die skrywer F.A. Venter laat in sy roman Geknelde land (1960) sy hoofkarakter, Rudolf Dreyer wat eers kwaai teen die trek was, sê: “Hier sal ons altyd slawe bly. Hier sal ons altyd vir die swarte werk. Ons sal ons lewens hier nooit seker wees nie.” (Hy gebruik ‘n ander woord vir swarte.)

    Grensboere het kommissies aangestel wat die moontlikhede vir ‘n rustiger lewe elders moes ondersoek. ‘n Verkenningstrek onder Hendrik Scholtz het die Soutpansbergstreek verken, ‘n tweede onder Jan Andries Pretorius het ongunstig gerapporteer oor Damaraland, en die derde onder Pieter Lafras Uys het einde 1834 teruggekom met ‘n besonder gunstige verslag uit Natal.

    Binne twee jaar daarna het die uittog van die Voortrekkers begin. Destyds is hulle Emigrante-Boere genoem. Die naam Voortrekkers is van later en is in 1840 die eerste keer gebruik. Die naam Afrikaner was darem ingeburger; Louis Tregardt skryf in sy dagboek Africaander en Affrikaanders. Andries Pretorius noem ds. G.W.A. van der Lingen van die Paarl in 1838 in ‘n brief een waare Afrikaan, terwyl ‘n leidende Afrikaner, C.J. Brand, aan Pretorius skryf dat hy Afrikaander is.

    недорогие люстры потолочныеДанильченео

  • Taaltoestand aan die Oosgrens voor die trek

    Was die regering se taalmaatreëls ‘n oorweging vir die trek? Blykbaar nie. C.F.J.Muller beskryf in Die oorsprong van die Groot Trek die taaltoestand in die grensdistrikte en -dorpe vóór die trek. Op die platteland het al hoe meer Setlaars Afrikaans begin leer (behalwe in die Setlaarsdistrik Albanie) en is in die Afrikaanse gemeenskap opgeneem.

    By gebrek aan ander kerkgeriewe het hulle noodgedwonge lid geword van die NG Kerk, waar die Skotse predikante hulle gou laat tuis voel het. In Port Elizabeth en Grahamstad is Afrikaners, soos in die Kaapse Skiereiland, in die Engelse gemeenskappe opgeneem. Kinders van Afrikaners is daar meer dikwels na Engelse skole gestuur, waar hulle vlotter en beter Engels leer praat het, en waardeur dit vir hulle makliker geword het om met Engelse te trou.

    Op die grensdorpe het Afrikaners en Engelse mekaar ontmoet en beter leer ken. Hulle het mekaar se taal aangeleer en gemeenskaplike probleme bespreek. Afrikaans was die algemene omgangstaal en Nederlands die skryftaal, hoewel Engels in die staatskantore veld gewen het. Briewe van hoër beamptes van Grahamstad en Kaapstad was in Engels; amptelike kennisgewings was in Nederlands en Engels.

    Die korrespondensie uit die platteland was in ‘n taalvorm tussen Afrikaans en Nederlands. Die briewe en rapporte kon moeilik vertaal word en het soms die amptenare grys hare gegee. Partykeer moes ‘n oorwerkte amptenaar uit sy karige salaris ‘n vertaler huur. Behalwe in Kaapstad, Grahamstad en Albanie was Hollands vóór die Trek toonaangewend ondanks Somerset se proklamasie. Sonder Hollands kon die owerheid nie die dorpe en distrikte administreer nie. Die veldkommandante en veldkornette se Hollandstaligheid moes noodgedwonge aanvaar word, skryf Muller, “want anders sou die ganse raamwerk van die plaaslike bestuur in duie stort”.

    Selfs ou dorpsbewoners soos Piet Retief en Gerrit Maritz het Engels blykbaar nooit heeltemal bemeester nie. Engels kon hulle verstaan en lees, en waarskynlik kon hulle dit redelik skryf, maar om ‘n ietwat ingewikkelde betoog daarin af te steek sou nie maklik gaan nie.

    Dieselfde geld vir Piet Uys, hoewel hy as renperdeienaar en burgeroffisier die vriend van baie Britse offisiere was. Op die meeste Oosgrensdorpe, selfs die kleinstes in die Karoo, het Engelstaliges gewoon. Baie beroepslui was Engels, maar kon Afrikaans met kliënte praat.

    Die Anglisasiebeleid was nog geen grief nie, en Voortrekkers het dit byna nooit genoem nie. Hulle was ontevrede omdat skole net Engels was, maar die meeste het hul kinders nie lank laat skoolgaan nie, of private onderwysers gebruik. In die kerk het so min lidmate Engels geken dat die Skotse predikante nie gehoor gegee het aan regeringsinstruksies om hulle Engels te help leer nie.

    Maar voor die Trek was daar tekens dat Engels begin veld wen het ten koste van Afrikaans en Nederlands, veral in die staatskantore, ekonomiese en beroepslewe. Nadat duisende Afrikaners na die noorde getrek het, het Engels in die Oos-Kaap gevorder. Afrikaanse bruin mense het hul taal behou; daar was min sosiale omgang met Engelse blankes.

    online freeлобановский александр дочь

  • Die emansipasie van die bruin mense

    Die emansipasie van die bruin mense

    Meesters en slaweJohn Philip, superintendent van die Londense Sendinggenootskap (LSG), het in 1819 aan die Kaap gekom. Die LSG het in 1818 ‘n doktorstitel vir hom van ‘n Amerikaanse universiteit gekoop; die gedagte was dat dié graad die Afrikaners sou imponeer. Hy is die skrywer van Researches in South Africa (1828), ‘n boek vol weersprekings, valse verklarings oor die Boere en aanhalings uit ander werke wat deur weglatings ‘n ander betekenis gekry het. Hy was ‘n yweraar vir die regte van bruin en swart mense.

    In die emansipasieproses van dié mense was 17 Julie 1828 ‘n belangrike dag. Op dié dag is Ordonnansie 50 uitgevaardig. Dit het alle beperkings op die persoonlike vryheid van die Koikoi opgehef. Hulle kon ook vaste eiendom besit. Die wit en bruin mense is vir die eerste keer wetlik op gelyke voet geplaas.

    Teen die maatreël as sodanig kan daar geen beswaar bestaan nie, maar dit het ‘n gevolg gehad wat die wit Afrikaans- en Engelssprekendes baie ontevrede gemaak het. Koikoi sonder vaste verblyfplek of werkkring het hulle oor die hele Kolonie as “rondlopers” las gegee.

    Die posisie van bruin mense is veral verbeter deur die vrystelling van die slawe. Dit is heel gepas dat Engeland, die land wat soveel baat by slawerny gevind het, in die negentiende eeu aan die voorpunt was om slawerny af te skaf.

    In die lig van die strewe na die vrystelling van die slawe is dit ironies dat daar tydens die eerste Britse besetting van die Kaap meer slawe in dié gebied ingevoer as in enige ander tydperk van dieselfde duur. In die Bataafse tyd het Janssens en De Mist gesorg dat daar so min slawe as moontlik kom. In 1821 was daar byna 20 000 slawe in Kaapstad en Stellenbosch, tussen 2000 en 3000 in Graaff-Reinet en Swellendam en 1135 in Uitenhage en Albanie.

    Op 1 Desember 1834 is slawerny in alle Britse gebiede, dus ook die Kaap, afgeskaf. Oor die afskaffing as sodanig was daar geen ontevredenheid nie, en in byna alle kerke is die klokke gelui en dankdienste gehou.

    Maar daar was ‘n ongelukkige nadraai. Die Britse regering het ‘n veel kleiner vergoeding betaal as wat aanvanklik verklaar is en die geld sou net in Londen betaal word in Britse staatspapiere.

    Die historikus G.M. Theal skryf dat die konfiskering van vermoëns van £2 miljoen in ‘n arm en klein gemeenskap algemene ellende sou meebring. Baie eienaars het minder as ‘n vyfde van die waarde van hul slawe teruggekry. Vermoënde families is verarm en party het ‘n knak gekry wat hulle nie weer te bowe kon kom nie. Een boer het bereken dat hy vir ‘n slaaf wat £600 werd was, net £69 kon eis — ‘n bedrag wat, nadat die koste afgetrek was, tot £48 sou krimp. Wat miskien die meeste bitterheid verwek het, was die hovaardige, onsimpatieke toon van die filantrope.

    Nie baie van die mense in die oosgrensgebied het slawe besit nie, en hulle is nie so swaar as die slawe-eienaars van die westelike deel van die Kolonie getref nie. Vir die grensboere was hul onveiligheid ‘n bron van ontevredenheid. Maar ook hulle het gevoel dat die regering hulle opnuut veronreg het. Dit het hulle laat hunker na ‘n eie land met ‘n eie regering. Die uittog uit die Kolonie, wat later as die Groot Trek bekend sou staan, het omstreeks dié tyd begin, en elke nuwe grief het mense aangespoor om bande met die ou land te verbreek.

    насосное оборудование поставщикиОлександр Васильович Фільчаков

  • Afrikaners kry tydskrifte en koerante

    Afrikaners kry tydskrifte en koerante

    Thomas PringleAfrikaners was tot in die 1820erjare polities apaties. Hulle het nog geen persorgaan gehad om hul volks- en taalbelange te stel nie. Daaraan sou nou verandering kom.

    Die Kaapsche Stads Courant/ Cape Town Gazette and African Advertiser, van 7 Julie 1826 af The Cape of Good Hope Government Gazette, het ‘n regeringsorgaan met sulke swaarwigtige proklamasies, ordonnansies en offisiële berigte geword dat die mense interessanter blaaie wou hê. Daarom het die Britse Setlaars George Greig, Thomas Pringle en John Fairbairn in 1824 The South African Commercial Advertiser opgerig. Die blad het later advertensies en hoofartikels in Nederlands geplaas.

    Die ontevredenheid van die plattelanders met die rigting van die Gazette, wat boonop al hoe meer Engels geraak het, was ‘n aansporing vir ‘n Portugees-Hollandse Jood, J. Suasso da Lima, om in 1826 te begin met ‘n weekblad wat baie op die ou gewaardeerde Kaapsche Courant gelyk het.

    Da Lima is skrywer van Geschiedenis van de Kaap de Goede Hoop (1823), die eerste geskiedenisboek wat in Suid-Afrika verskyn het. Hy het Nederlands hartstogtelik liefgehad en was digter van die bundel Gedichten (1821) en Nieuwe Gedichten (1840): “O Heil’ge dierbre moedertaal, / Zoo rijk als wel verheven, / Geen vreemde of geleerde praal, / Behoeft u kracht te geven.” In 1844 het hy ook vir Afrikaans in die bresse getree in ‘n brosjure De taal der Kapenaren verdedigd.

    Van 1 Januarie 1827 af het Da Lima sy koerant die Kaapsche Courant, Afrikaansche Berigter of De Verzamelaar genoem. Hy was egter ‘n swak sakeman en op 6 Maart 1830 was hy bankrot. Een van sy skuldeisers, P. van Breda, het op sy drukpers beslag gelê. Op dié pers het ‘n nuwe koerant op 9 April 1830 begin verskyn: De Zuid-Afrikaan. Intekenaars op De Verzamelaar (wat in 1834 en van 1839 tot 1848 herleef het), het De Zuid-Afrikaan ontvang tensy hulle die blad bedank.

    Die stigters van die tweetalige weekblad De Zuid-Afrikaan was adv. C.J. Brand, ‘n leier van die Kaapse Afrikaners, en ds. Abraham Faure. Dit was nie Faure se eerste blad nie. In 1824 het hy saam met Pringle en Fairbairn twee tydskrifte opgerig: die South African Journal (Januarie en Februarie 1824) en Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift (1824-1843). Op die platteland het dié blad heelparty lesers gehad.

    Dit het veral godsdienstige en historiese artikels bevat, soos dele van Van Riebeeck se dagverhaal. Petronella Camijn (gebore Faure, niggie van ds. Faure) het ‘n besoek aan die Kangogrotte of Druipkelder in 1808 beskryf. Sy wou amper eers vlug, maar toe een van die mans erken hy is net so bang, het sy vasgebyt. Ná twee uur moes die besoekers terugkeer omdat die kerse byna op was en hulle sonder lig nie die pad boontoe sou vind nie. Later was sy bekend vir haar 129 gediggies oor Stellenbossers en haar plakskilderye uit plantmateriaal van Stellenbosse geboue.

    De Zuid-Afrikaan is onder meer gestig omdat die Afrikaners ‘n mondstuk nodig gehad het in die ideologiese stryd in die Kaap. De Zuid-Afrikaan en die Commercial Advertiser het gebots oor die Jean Jacques Rousseau-filosofie van die edele barbaar aan die een kant, en die idee dat daar onderskeid getref moet word tussen Christen en heiden aan die ander. Sentraal in dié stryd was die omstrede “dr.” John Philip met sy gekoopte doktorsgraad.

    купить тамбов опциидляподъемниковФильчаков Харьков

  • Families verengels … en verafrikaans

    Families verengels … en verafrikaans

    Die universiteit van KaapstadToe Engels in 1832 in die Kaapkolonie die enigste taal van die geregshowe word, het baie regsgeleerdes wat net onderrig en ervaring in Nederlands gehad het, daardeur hul verdienste verloor. Baie het feitlik bedelaars geword. Party nuwe maatreëls het die burgers groot moeite gegee. Op 25 Januarie 1825 is bepaal dat alle dokumente aan die regering in Engels opgestel moes wees of ‘n Engelse vertaling moes by hê, anders sou hulle teruggestuur word aan die afsender. Aangesien die burgers nie self die dokumente kon vertaal nie en daar ook nie vertalers op die platteland was nie, moes hulle maar leer om sonder die regering klaar te kom.

    Teen die strewe om van hulle Engelse te maak, het die Afrikaners aanvanklik net een “wapen” gehad — hul gebrek aan kennis van Engels. Hulle kon byvoorbeeld nie ‘n Engelse preek volg of ‘n Engelse brief aan ‘n amptenaar skryf nie. Die isolasie wat van die Afrikaners in die agtiende eeu ‘n volk help maak het, het hulle in die negentiende eeu teen hul uitwissing as volk met ‘n eie taal help bewaar.

    Desondanks het die verengelsing van die onderwys en die politieke lewe mettertyd sy tol begin eis. Die duidelikste was dit te bespeur in Kaapstad wat lank voor 1850 al hoe meer ‘n Engelse stad en al hoe minder ‘n Hollands-Afrikaanse stad geword het. Baie Afrikaners het die Anglikaanse kerk besoek en was in Engelse skole.

    Tekenend van die rigting was die verengelsing van skole wat Afrikaners gestig het. Die huidige eentalig-Engelse Universiteit van Kaapstad het eintlik in die konsistorie van ’n NG gemeente sy ontstaan gehad! Op inisiatief van veral dr. A. Faure het ‘n aantal Kapenaars, hoofsaaklik NG Kerklidmate, in 1829 in die konsistorie van die Groote Kerk die Zuid-Afrikaansche Athenaeum gestig vir meer gevorderde onderrig. Die Athenaeum was die voorloper van die South African College, later Universiteit van Kaapstad.

    Ruim twee-derdes van die aandeelhouers was Afrikaans, maar vandat die kollege op 1 Oktober 1829 geopen is, was Engels die hooftaal. Vir taalonderrig sou twee tale gebruik word: Engels en Nederlands. Faure het Grieks en Latyn in Hollands gedoseer, maar vir die ander vakke was die doseertaal Engels. Teen 1840 was Engels die enigste medium.

    Uit protes teen die verengelsingsbeleid het dr. A.N.E. Changuion, sedert 1831 dosent in klassieke tale, in 1842 bedank en ‘n eie skool, Het Witte Huis, opgerig. Ook dié was gou tweetalig. Onder sy leerlinge was latere presidente soos J.H. Brand en T.F. Burgers en die argivaris H.C.V. Leibbrandt.

    Changuion is die skrywer van De Nederduitsche taal in Zuid-Afrika hersteld (1844); in die tweede druk, 1848, erken hy dat Nederlands geen kans het om volkstaal van die Afrikaner te word nie. ’n Deel van die boek was “Proeve van Kaapsche taaleigen”, 21 bladsye met Afrikaanse woorde en wendings — die eerste uitvoerige dokument oor Afrikaans. Hy noem vier skakerings van Kaapse Nederlands teen 1840: suiwer Nederlands; die Hoog-Hollands van Kaapse burgerkringe, die Platkaaps van ander wit mense en die Platkaaps van die Koikoi en ander bruin mense.

     Terwyl sommige Afrikaanse families verengels het, het die nasate van dié Britte wat in oorwegend Afrikaanse gebiede gaan woon en met Afrikaanse vroue getrou het, verafrikaans. Vroeg in die negentiende eeu was daar al Afrikaners met vanne soos Annandale, Carney, Dednam, Dyason, Hart, Haywood, Miller, Wilcocks en Watson.

    пазл купитьФильчаков прокурор отзывы

  • Engels word amptelike taal en skooltaal

    Engels word amptelike taal en skooltaal

    somersetReeds in Cradock se tyd was daar tekens van ‘n beleid wat Afrikaanssprekendes in die volgende eeu sou benadeel, naamlik die invoer van Engels as enigste offisiële taal. John Barrow, wat so onsimpatiek teenoor die Afrikaners was, het voorgestel dat alle offisiële dokumente, transportaktes en dergelike in Engels moes wees sodat die volgende geslag Engels kon word. Lt.-kol. Richard Collins, wat Barrow se bewerings oor die grensboere verwerp het, het in 1809 gesê: “Voer Engelse onderwysers in, en die volgende geslag sal Engelse wees.” Vriend en vyand was dit dus eens oor die wenslikheid dat die Afrikaners Engels moes word.

    In 1813 het die goewerneur bepaal dat hy by toekomstige staatsdiensposte die kennis van Engels as ‘n onontbeerlike vereiste beskou. Hierdie voorwaarde is streng nagekom. Die staatsdiens het dus betreklik maklik verengels.

    Cradock se opvolger, Somerset, sou ‘n meer doelgerigte beleid sou volg. Heelparty hoë Britte het die gedagte gesteun dat die Afrikaanse jeug deur middel van die onderwys geangliseer moes word. Onderwysers is in Engeland gewerf. In al die nuwe skole, waarin die onderwys gratis sou wees, was Engels die voertaal, en Engels en Latyn die enigste taalvakke. Selfs die godsdiensonderrig op Saterdae was in Engels.

    In die volgende paar jaar het die vry Engelse staatskole toegeneem. In 1826 was daar 26 van die skole met 1737 leerlinge in die binneland, teenoor 20 Nederlandse laerskole met 635 leerlinge. In Stellenbosch het die Hollandse skool in 1825 33 leerlinge gehad, ‘n gemengde skool 44 en die Engelse skool 70. Die sukses met die onderwysbeleid was ‘n hele paar dekades maar klein, omdat ouers hul kinders na private skole gestuur het waarin Nederlands wel onderrig is.

    Wat die belangstelling vir Engels laat groei het, is ‘n proklamasie wat Somerset op 5 Julie 1822 uitgevaardig het. Hy maak melding van die geslaagde immigrasie van talle gebore Britte, lojale predikante en onderwysers. Net Engels sou van 1 Januarie 1823 af gebruik word in alle briewe en ander dokumente van die kantoor van die minister van kolonies en van 1 Januarie 1825 af in ander departemente.

    Van 1 Januarie 1827 sou Engels die enigste taal van die geregshowe word. Aangesien die meeste heemrade op die platteland geen Engels geken het nie, is die toepassing van dié deel van die proklamasie ‘n jaar lank uitgestel. Op 1 Januarie 1828 het magistraatshowe die ou drosdye vervang. Die magistrate is nie soos die landdroste deur heemrade bygestaan nie. Op 19 Desember 1827 is bepaal dat die magistraatshowe Engels sou gebruik.

    Op 4 Mei 1832 is voorgeskryf dat die verrigtinge in die hooggeregshof en rondgaande howe ook net in Engels sal plaasvind. Jurielede was verplig om Engels te ken, en in 1829 is ‘n Afrikaner as jurielid geweer omdat hy dit nie geken het nie. In 1831 is wel bepaal dat gebrek aan kennis van Engels nie ‘n beletsel sal wees om as jurielid te dien nie. Tog het veral die Afrikaanse grensboer die gevoel gekry dat hy ‘n vreemdeling in die geregshowe was.

    Die magistrate en regters wat van 1828 af aangestel is, was hoofsaaklik Engelssprekend. Omdat opleiding in Engeland ‘n vereiste was vir ‘n regter, was Afrikaners verplig om vir studie in die regte Engeland toe te gaan en nie meer na Nederland nie soos vroeër.

    шапочки для новорожденных мальчиков купитьДанильченко Юрий Брониславович компромат

  • Engels versterk deur immigrante en predikante

    Engels versterk deur immigrante en predikante

    Die 1820-setlaars kom in Algoabaai aan (skildery deur Thomas Baines)Somerset het besef dat sy grensbeleid kan slaag as daar baie blankes in die Suurveld in die Oos-Kaap kon bly. Sulke mense was daar: baie Britte het weens armoede en werkloosheid na ander lande geëmigreer. Sowat 90 000 wou Kaap toe gaan, maar sowat 5 000 het toestemming gekry om te kom.

    Toe die immigrante kom, was Somerset met verlof. Hy het sy waarnemende goewerneur, sir Rufane Dunkin, gevra om die Engelse, Skotte en Iere apart te plaas. Dunkin het die 350 Iere toe na Clanwilliam gestuur! Dié nedersetting het misluk, maar van die Iere het in dié geweste agtergebly en verafrikaans.

    Die meeste Skotse en Engelse setlaars het tussen April en Junie 1820 in Algoabaai geland. Afrikanerboere het gou hul nuwe landgenote met ossewaens na hul plase gebring — die Skotte na Baviaansrivier en die Engelse na die Suurveld. Baie setlaars het niks van boerdery geweet nie. ‘n Groep Londenaars, spottend die Cockney gardeners genoem, het slote van 60 centimeter gegrawe om wortelsaad te saai, uie onderstebo geplant, en mieliestronke pleks van pitte.

    Min Britte het na die Kaap gekom. Die bodemgesteldheid en klimaat het dit nie so geskik vir landbou gemaak nie. Die Kaap kon dus nie deur middel van immigrasie verengels word nie.

    Maar daar was ander metodes. Die owerheid het destyds predikante aangestel, en terwyl Somerset in 1820 met verlof in Engeland was, het dr. George Thom van Caledon hom gehelp om bekwame predikante en sendelinge vir die NG Kerk te vind. Britse studente in teologie is na Nederland gestuur om die taal te leer. Veral Skotse predikante het gekom.

    Met die verlof van Somerset het 24 afgevaardigdes van twaalf gemeentes die eerste NG Sinode op 2 November 1824 in die konsistorie van die Groote Kerk gehou. Volgens die reglement was die naam van 1824 tot 1842 Nederduitsch Hervormde Kerk in Zuid-Afrika. (Die Sinode van 1842 het dit verander na Nederduitsch-Gereformeerde Kerk.) Somerset en sy geesgenote het sterk gedink aan die moontlikheid om die NG Kerk en die Presbiteriaanse Kerk te verenig. Dit was gelukkig onmoontlik weens die kerkorde wat De Mist in 1804 uitgevaardig het, maar ook omdat die gevoel van die Afrikaners teen die Skotse predikante mettertyd al hoe sterker geword het.

    ‘n Paar Afrikaners het in die 1820erjare in Nederland vir predikant gaan studeer, maar hulle was nie genoeg nie, en op die Sinode van 1834 was 12 van die 22 predikante uit Skotland afkomstig en net agt was gebore Afrikaners. Teen 1836 was daar elf jong Afrikaners wat in Europa vir predikant geleer het terwyl drie met hul studie klaar was. Die baie Skotse predikante het kommer laat ontstaan of die jong Afrikaners ‘n werk in hul land kon kry.

    Die Ringe van Kaapstad en Swellendam het toe vertoë aan die Britse regering gerig en dié het in 1838 geantwoord dat gekwalifiseerde Afrikaners voorkeur sou geniet wanneer die owerheid predikante aanstel. Die Ring van Graaff-Reinet, met net Skotse predikante, wou die versoek nie steun nie onder meer omdat daar in die Oos-Kaap mense was wat Nederlands en Engels wou hê.

    Van 1843 af kon die NG gemeentes self leraars beroep. Soveel afgestudeerde Afrikaners uit Nederland het bygekom dat die kerk in daardie stadium nie meer deur die leraars verengels kon word nie. Party afstammelinge van die Skotse predikante het selfs verafrikaans soos van die Thoms, Murrays, Frasers en McGregors.

    освещение торгового залаФільчаков прокурор

  • Slagtersnek

    Slagtersnek

    Cradock is in 1814 opgevolg deur lord Charles Somerset (1767-1831). Sosiaal het hy op goeie voet met die Afrikaners verkeer, en hulle het dit ook waardeer dat hy volbloedperde, Devonbeeste en Southdownramme ingevoer het. Vroeg in sy bewind moes hy egter die Slagtersnek-opstand onderdruk.

    ‘n Klag deur ‘n Koikoi-werker Booi teen Frederik Cornelis Bezuidenhout van die plaas Baviaanskloof het dié opstand laat begin. Bezuidenhout is gedagvaar om op 5 Oktober 1815 in die hof op Graaff-Reinet te verskyn. Hy het nie opgedaag nie, omdat hy erg aan jig sou gely het. ‘n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik.

    Omdat vermoed is dat hy sou teenstand bied, is luit. H. Rousseau met veertien pandoers gestuur om hom te vang. Toe hy hulle sien kom, het hy ‘n Erasmus-seun en ‘n Koikoi-man, Hans, gedwing om saam met hom in ‘n spelonk te gaan skuil. Hy het op die soldate gevuur en is self deur een van hulle doodgeskiet.

    By sy begrafnis het sy broer Jan Bezuidenhout, en ‘n vriend besluit om Frederik se dood te wreek. Hendrik Prinsloo, seun van Marthinus Prinsloo wat ná ‘n opstand in 1798 onder leiding van Adriaan van Jaarsveld in die kasteel opgesluit is, was bereid om ‘n rebellie teen die amptenare te help organiseer.

    Toe hy in Oktober 1815 die hulp van die Xhosa-opperhoof Ngqika (Gaika) probeer kry, het hy die simpatie van die meeste grensboere verloor. Andries Stockenstrom, adjunklanddros van Cradock, het alleen en ongewapend by ‘n groep voornemende rebelle opgedaag en hulle oorreed om van hul plan af te sien.

    Die amptenare was goed ingelig en Prinsloo is gou gevang. Ongeveer 600 burgers het toe bymekaargekom en sy vrylating geëis. Landdros J.G. Cuyler van Uitenhage, ‘n gebore Amerikaner van Nederlandse afkoms wat saam met die Britte na die Kaap gekom het, het die opstandige burgers met ‘n kommando van wit en bruin mense genader en hulle op 17 November per brief gevra om vrywillig oor te gee.

    Dit was die einde van die opstand. Party het oorgegee, ander het gevlug. Almal is gevang, behalwe Bezuidenhout, wat liewer tot die dood wou veg. Sy vrou Martha Faber en 12-jarige seun Gert het die geweer help laai. Eers toe Bezuidenhout dodelik gewond is, is die verset gestaak.

    Die rebelle is van 16 Desember 1815 tot 22 Januarie 1816 op Uitenhage verhoor, en 39 is gevonnis. Ses is ter dood veroordeel. Somerset het die 60-jarige Willem Prinsloo begenadig, maar Hendrik Prinsloo, Cornelis Faber, Cornelius en Abraham Bothma en Theunis de Klerk is op 9 Maart 1816 op Slagtersnek opgehang.

    Cuyler was met 300 soldate teenwoordig. Die beul het net een tou saamgebring, en die toue vir die ander vier was vrot. Die gevolg was dat, toe die manne gehang word, dié vier toue gebreek het. Die vier het opgestaan, en hulle, hul vroue, familie en vriende het die landdros en heemrade om genade gesmeek. Dat die tou gebreek het, was vir hulle ‘n vingerwysing van God.

    Soos D.J. Opperman die verteller in Joernaal van Jorik laat sê: “En soos jy weet, my seun, die tou was vrot/ waaraan die vier opstandiges moes hang;/ party sê dis toeval, /maar ons sê dis God.”

    Cuyler het gesê dat hy hul gesigte nooit sou vergeet nie. Hy het egter geen mag gehad om die vonnis te versag nie en die ongelukkiges is weer opgehang.

    Helde was hierdie rebelle nie; hul eie volksgenote sou die meeste gely het onder ‘n roekelose opstand. Maar die onvergeetlike teregstelling het van hulle martelaars help maak. Langenhoven wat hulle verkeerdelik idealiseer (“Op Slagtersnek staan ‘n ereboog”), het ook geskryf: “Déur die spelonk, deur die bloed van ‘n dwaas, loop die pad van Suid-Afrika.”

    машинки для девочеклобановский обыск

  • Die swarte ommegang

    Die swarte ommegang

    Johannes van der KempGraaf Caledon, wat in Mei 1807 goewerneur geword het, het voor sy vertrek op 4 Julie 1811 rondgaande howe ingevoer. Die eerste rondgaande hof (Augustus 1811) het oor die beklaenswaardige Bethelsdorp net so ongunstig geoordeel as alle ander besoekers.

    Bethelsdorp se sendelinge was verantwoordelik vir ‘n volgende rondgang van die howe wat berug geword het. J. Read en J.T. van der Kemp (wat in Desember 1811 oorlede is) het beskuldigings by die Londense Sendinggenootskap gemaak dat Afrikaners moorde op Koikoi pleeg en hulle wreed behandel. Die nuwe goewerneur, lt.-genl. sir John Cradock, het dus gelas dat die rondgaande hof al die klagtes moes verhoor wat Read en Van der Kemp kon voorlê.

    Dié rondgaande hof was ‘n soort Waarheidskommissie soos dié van die 1990erjare, met die groot verskil dat regters (Lambert Strubberg en Pieter Laurens Cloete) die sake verhoor het, en die klaers gekruisvra kon word om vas te stel of hulle die waarheid praat. Die aanklaer was ‘n bekwame regsgeleerde Gerard Beelaerts van Blokland.

    Van Oktober 1812 tot Januarie 1813 het die hof die dorpe Graaff-Reinet, Uitenhage en George besoek en meer as vyftig sake teen wit mense verhoor. Die hof het elke saak deeglik ondersoek en die getuienis van meer as duisend mense aangehoor. Die naam van dié rondgaande hof het in die volksmond bekend geraak as “die swarte ommegang”. Dit het die verwydering tussen die boere en die sendelinge vergroot, en nog ongelukkiger, heelwat verwydering tussen Afrikaners en Koikoi veroorsaak.

    Hoewel vyftien wit mans en twee vroue van moord aangekla is, is geen enkele moord op Koikoi bewys nie. Die verhore het die mees fantastiese versinsels aan die lig gebring. ‘n Boervrou, mev. Martha Ferreira, is daarvan beskuldig dat sy met opset ‘n Koikoivrou, Rachel, in haar pondok lewend verbrand en ‘n seuntjie Hendrik in ‘n pot kokende water gesteek het sodat sy tone afgeval het.

    Dit het egter geblyk dat Rachel in haar pondok siek gelê het en deur mev. Ferreira daar van kos voorsien en opgepas is. Aangesien sy siek was, is sy toegelaat om ‘n kers en vuur by haar te hê. Op ‘n winderige nag het die hut aan die brand geraak en Rachel het in die vlamme omgekom. Ook die verhaal oor die seuntjie was onwaar. Hy het agter die kalwers in die veld verdwaal en was byna heeltemal verkluim toe hy gevind is. Mev. Ferreira het hom toe in ‘n pot lou water gesit om te herstel. Sy het dit uit jammerte gedoen.

    In die meeste gevalle, veral by ernstige beskuldigings, was die getuienis so onbevredigend dat die aangeklaagdes onmiddellik vrygespreek is. Enkele boetes vir te harde kastyding en ligter vergrype is opgelê.

    Die regters het verklaar dat as die sendelinge die sake eers vooraf ondersoek het, hulle nie die hof met al die leuens sou lastig geval het nie. Van Bethelsdorp sê hulle dat “luiheid en ledigheid en derhalwe morsigheid en smerigheid daar opgroei tot perfeksie.” Beelaerts van Blokland het verklaar dat die beskuldigdes hul mense goed behandel het. Afrikaners het die swarte ommegang as ‘n gruwelike onreg ervaar. Hul goeie naam is wel tydelik in ere herstel, maar hul belastering is gou hervat.

    лубрикатор для пневмоинструмента как пользоватьсялобановский супермаркет класс

  • Afrikaans kry ‘n uitdrukking

    Tot onlangs het Ghanese in hul herinneringe aan hul koloniale verlede hoofsaaklik gedink aan die talryke skermutselings teen die Britse koloniale mag.

    Die Ghanese bestaan immers uit ‘n aantal bekende stamme met ‘n trotse koninklike geskiedenis en tradisies.

    Hieronder tel die Ahanta-stamme wat meestal in ‘n soort konfederasie verskeie konings saamgevoeg het.

    Slegs vae volksverhaaltjies het na die koloniale tydperk voor die koms van die Britte verwys.

    Meer as 200 jaar voor die Britte Ghana beset het, en kort na Jan van Riebeeck ‘n verversingspos aan die Kaap gestig het, het die Nederlandse Wes-Indiese Maatskappy in 1656 ‘n ooreenkoms met die Ahanta gesluit. Die Nederlanders, wat egter al van 1642 in die gebied bedrywig was, het na die verdrag die Swede uit Butre geboender en hul hoofsetel hier gevestig.

    Hierdie verdrag het meer as 200 jaar ‘n betreklike rustige verloop gehad, wat grootliks toe te skryf was daaraan dat die Nederlanders die inheemse koningkryke min of meer intakt gelaat het, en die verdrag min of meer hanteer het soos dit bedoel was – die skepping van ‘n gebied waaroor Nederland slegs ‘n protektoraat uitgeoefen het.

    Die verdrag het bestaan tot die gebied in 1872 Britse besit geword, en die koloniale karakter behoorlik ingetree het.

    Die tydperk van die Nederlanders was nie net maanskyn en rose nie, blyk dit nou uit geskrifte van Westers-opgeleide Ghanese. Hul meer kritiese gryp na die pen oor die pre-Britse tydperk is veral deur een insident aangevuur – die ontdekking van die kop van ‘n Ahanta-koning in versterkwater by die Universiteit van Leiden. Die kop is in 2005 deur ‘n Nederlandse navorser ontdek, en teen die tyd toe die kop verlede jaar formeel aan die Ahanta-koningshuis en die Ghanese regering besorg is, het baie water in die see geloop. In Ghana self het tradisionaliste en verwesterde Ghanese verskillend oor die sakie gevoel, terwyl die teruggawe van die kop van ‘n Ahanta-koning aan lede van ander stamme ‘n boodskap tuisgebring het dat die Ahanta as belangriker as hul stamme beskou word. Veral die trotse Ashanti het die saak as ‘n klip in die maag beleef. Die Ashanti-ryk se geskiedenis is veel bekender as dié van die Ahanta.

    Intussen is die geskiedenis min of meer gerekonstrueer oor hoe die kop in Nederland beland het.‘n Aantal Nederlanders (die getalle wissel van twee na agt) is op bevel van koning Badu Bonsu II doodgemaak. Afhangende van of die geskiedenis uit ‘n Ghanese of Westerse hoek benader word (die Ahanta beweer die groepe was op ‘n gebruiklike uitstappie om jong manne as slawe en soldate vir die Nederlanders te vang) het die koning in gevolglike teenoptrede in die slag gebly. Volgens sommige bronne het hy gesneuwel, en volgens die ander en waarskynlik die mees geloofwaardige, is hy verhoor en opgehang. Sy kop is hierna afgesny, en na Nederland geneem.

    Suid-Afrika het moontlik ook ‘n spreekwoord uit hierdie vervloë geskiedenis opgedoen – dat daar dadels van iets kom.In 1818 sterf die destydse Nederlandse goewerneur, Herman Willem Daendels (met wisselvorm Daedels) in die Nederlanders se destydse Ghanese hoofsetel, St. George d’Elmina. Wikepedia beskryf sy sterfte as die onvervulling van sy Ghanese ambisies, wat baie groot planne ingesluit het.Die malaria wat daartoe gelei het dat van sy Ghanese ideale dadels gekom het, was egter nie al geleentheid waar sy drome nie in vervulling gegaan het nie. Ook van sy senior posisie as soldaat aan die kant van Napoleon se Bataafse besettingsmagte het nie veel gekom nie, en sy tydperk hierna as goewerneur-generaal in Batavia het ook min blywende prestasies opgelewer.Dit is juis sy heerskappy in Batavia waar die uitdrukking, dadels van kom, waarskynlik sy ontstaan het en in die Kaap neerslag gevind het.

    Naas Java was die kleiner eiland, Madura (Madoera), ‘n baie belangrike deel van die Nederlandse Oos-Indiese besittings. Madura weer, staan ook bekend as die eiland van “Komen en Gaan,” wat betreklik onlangs weer lewe ingeblaas is deur die verskyning van ‘n Nederlandse boek met dié naam, en wat oor die eiland handel.

    Die benaming kom egter uit ‘n veel ouer era, toe talle Indonesiese eilande, waaronder Madura, deel was van die ryk van Koeblai Kahn.

    Destyds moes senior amptenare wat na die eilandbesittings gestuur word en herroep word, van die beskikbaarheid van gewone handelskepe gebruik maak. So het dit nie net gebeur dat selfs die goewerneurs voortdurend “gekomen en gegaan” het nie, maar dat die kolonies selfs baie agteruitgegaan het in die langdurige afwesigheid van goewerneurs en hul administrasies. Madoera in die besonder is baie erg geraak deur hierdie “komen en gaan” van goewerneurs.

    Hoewel min bronne na die uitdrukking van “Daendels van Komen en Gaan” verwys, kom dit tog voor.

    Koppel hieraan Wikepedia se beskrywing na afloop van die Ghanese hoofstuk: “Eventually none of the plans came to fruition” dan is dit moontlik dat Daendels wel ‘n blywende indruk op Afrikaans gelaat het.

    In die Kaap het skynbaar juis ‘n persepsie bestaan dat Daendels nie besonder bekwaam was nie. Die laaste Nederlandse goewerneur aan die Kaap, Jan Willem Jansens, het vir Daendels as goewerneur-generaal van Batavia opgevolg, en tussen dié twee was sake nie baie gemoedelik nie. Daendels het probeer wal gooi dat Jansens hom opvolg, maar hiervan het dadels gekom. Toe was Jansens weer erg krities in sy verslae oor sy voorganger – blykbaar onnodig krities.

    Of die uitleg hierbo voldoende bewys dat ons “dadels van kom” met Deandels of sy wisselvorm Daedels verband hou, is ongelukkig moeilik om te bewys. Miskien moet die romantiek behou word soos wat Jan Rabie bewys het sy dorp, Onrus, se naam kom van ‘n eiland in die baai van Batavia, wat deel van die “Onrust Eilande” uitgemaak het, met ‘n melaatse kolonie op een daarvan. Onrus het ook eens ‘n kolonie vir melaatses gehuisves.

    Objektief is dit geen bewys nie, maar dit is so ‘n mooi storie, ‘n mens kan dit maar gerus glo.

     

    справка от физкультурыалександр лобановский супермаркет класс

  • NP-magspolitiek eers en daarna boedeloorgawe tussen 1966 tot 1993

    Die politieke geskiedenis van die periode 1966 tot 1993 kan getipeer word as NP-magspolitiek onder onderskeidelik B.J. Vorster en P.W. Botha en daarna kapitulasie of boedeloorgawe onder F.W. De Klerk.

    B.J. Vorster

    Balthazar Johannes Vorster (1915-1983) het as jongman hom sterk teen die Smuts-deelname aan die tweede wêreldoorlog uitgespreek. As gevolg hiervan is hy geïnterneer op Koffiefontein, waar hy en Hendrik van den Berg – die latere baas van die Buro vir Staatsveiligheid – groot vriende geword het.

    In 1953 word hy vir die Nasionale Party tot die parlement verkies. In 1961 word hy minister van justisie. In 1966 vervang hy die afgestorwe dr. H.F. Verwoerd as eerste minister. In 1968 skaf hy die laaste vier blanke setels af wat die Kleurlinge verteenwoordig het.

    Vorster keur goed dat swart diplomatieke verteenwoordigers in blanke gebiede bly en dat Maori’s in die nasionale span van Nieu-Seeland na RSA ingesluit word. Hy weier om diplomatieke erkenning aan die Rhodesië van Ian Smith te verleen. In 1974 deel Pik Botha, klaarblyklik in opdrag van Vorster, vir Ian Smith mee dat die RSA Rhodesië se “water en ligte” sal afsny as Smith nie tot ‘n politieke vergelyk met die swartes kom nie. Die Vorster-regering gee steun, in die geheim, aan biskop Abel Muzorewa en die voorspelling van die veiligheidsdienste, dat Muzorewa ‘n goeie kans staan om die Rhodesiese verkiesing te wen, was ‘n groteske mistasting. Mugabe wen die verkiesing. Die gemors wat ná die Mugabe-oorname in Zimbabwe ontstaan, moet dus by terugskouing op die debietrekening van die NP en gewete van Pik Botha gelaai word. Ian Smith noem sy hantering deur Pik Botha in sy “The Last Betrayal” verraad gepaardgaande met verreikende politieke kortsigtigheid. Reeds toe voorspel Smith dat SA in die voetspore van Rhodesië sal volg.

    Vorster se volgende blaps was om regse parlementariërs van die NP dusdanig te vervreem, dat dr. Albert Hertzog en menere Jaap Marais en Willie Marais die Herstigte Nasionale Party geskep het. Deur gebruikmaking van sy veiligheidspolisie het Vorster nie net die ANC vervolg nie, maar staatsmag teen sy eie mense gebruik. Om Vorster te opponeer was om staatsgevaarlik op te tree. Vorster sal onthou word vir sy veiligheidswetgewing wat eerder binne die kader van ‘n diktatuur as binne ‘n regstaat tuishoort.

    Tydens die regeertermyn van Vorster is die departement van inligting – as ‘n alternatief vir die linkse streepbroekbrigade van Pik Botha se buitelandsesakedepartement – uitgebou. Sien in hierdie verband die artikel op die Praagwebwerf, getiteld Die skandaal rondom die ‘inligtingskandaal. Vorster ontken in ‘n lekkasie deur persone in die “binnekring” na die media dat die Departement van Inligting “The Citizen”-koerant met staatsgeld gekoop het. Die leuen in sake die aankoop van The Citizen, wat deur Vorster ontken is, lei tot Vorster se “aftrede” in 1978. Die hand van Pik Botha het swaar op die vernietiging van Connie Mulder, Eschel Rhoodie en die departement van inligting geval. Die uitskakeling van Mulder en van die Rhoodies het meteens ook beteken dat die grondwetlike model van konsosiatiewe demokrasie van Arend Lijphardt, wat vir plurale gemeenskappe ontwerp is, van die tafel gevee is. Die val van Vorster het ‘n belangriker implikasie gehad: naamlik dat die buitelandse been van die departement van inligting onder die departement van buitelandse sake van Pik Botha tuisgebring is. Hierdie feit, meer as enige ander gebeurtenis, het veroorsaak dat Pik Botha, nou die alleenkanaal na die kabinet oor internasionale aangeleenthede was en tot die kapitulasie van die Nasionale Party gelei het.

    Pik Botha staan as kandidaat vir die presidentskap terug vir P.W. Botha en verseker so sy posisie as minister van buitelandse sake. In ‘n sekere sin was Pik Botha dus medeverantwoordelik vir die val van Vorster en verkiesing van P.W. Botha as staatspresident.

    P.W. Botha

    Pieter Willem Botha (1916 – 2009) was vir lank minister van verdediging en toe eerste minister van SA (1978-1984) en die eerste uitvoerende president vanaf 1984 tot 1989. Hy is deur sy vyande die “groot krokodil” gedoop.

    PW is ‘n Vrystater van geboorte. Reeds op 20-jarige leeftyd het PW sy studies by die Grey-universiteitskollege (die latere Universiteit van die Vrystaat) opgeskop en organiseerder vir die Nasionale Party geword. Hy was lid van die anti-Engelse Ossewabrandwag en ‘n voorstander van Christelike nasionalisme. PW verteenwoordig sedert 1948 die kiesafdeling George vir ‘n ononderbroke tydperk van veertig jaar. In 1958 bevorder dr. H.F. Verwoerd vir PW tot adjunkminister van binnelandse sake.

    In 1966 word hy minister van verdediging in die Vorster-kabinet. In hierdie hoedanigheid het hy die weermag van SA tot ‘n formidabele mag uitgebou. In PW se ampsperiode is die Staatsveiligheidsbestuurstelsel tot ‘n effektiewe konflikbemiddelende struktuur ontwikkel. Knelpunte in die administrasie van swartes is ontbloot en vinnig aangespreek In die sewentigerjare word die ontwikkeling van SA se kernvermoë ‘n werklikheid. Sewe atoombomme is toe ontwikkel. In Angola ondersteun hy die UNITA-beweging van dr Jonas Savimbi tot in die tagtigerjare.

    In 1983 word ‘n Driekamerparlement daargestel: die Parlement vir die Blankes, die Huis van Verteenwoordigers vir die Kleurlinge en ‘n Huis van Afgevaardigdes vir die Indiërs. Swartes moes hulle politieke ideale in die verskillende nasionale state uitleef. Die nuwe grondwet skaf die amp van eerste minister af. Die president word ‘n uitvoerende president. Die president en die kabinet neem beheer oor alle aangeleenthede wat van nasionale belang geag is. In 1984 word P.W. Botha tot president met uitvoerende magte verkies.

    Sy politieke ideaal vir SA is die daarstelling van ‘n federale staat wat selfbeskikkingsreg aan die etniese tuislande sou gee. Tydens PW se bewindsfase kry die TBVC-state hulle “onafhanklikheid”. Aan hierdie state is nooit internasionaal erkenning verleen nie. Die verbod op veelrassige huwelike en veelrassige partye word onder Botha opgehef. Die bepalinge van die groepsgebiedewet word verslap. Botha is die eerste NP-leier wat onderhandelinge met Nelson Mandela toegelaat het, maar weier enige onderhandelinge met die ANC self.

    In 1985 skep minister Pik Botha verwagtinge in die buiteland oor die P.W. Botha-Rubicontoespraak wat by die kongres van die Nasionale Party in Natal gehou sou word. Daar is verwag dat die President in Durban radikale politieke hervorminge in sake die swartes sou aankondig. In plaas daarvan is Botha uitdagend teenoor die internasionale druk op die uitskakeling van apartheid en verwerp hy die vrylating van Nelson Mandela. In 1986 plaas die Amerikaanse regering die Omvattende Anti-apartheidwet (“Comprehensive Anti-Apartheid Act”) op die wetboek. Oor die verwagtinge wat in die buiteland geskep is, het president Botha hom soos volg, aldus die joernalis Sike Bax, van Nederland uitgelaat:

    “Ik zou voor een congres in Durban spreken over politieke ontwikkelingen op lange termijn maar had helemaal geen ‘Rubicon- ideeën’. Deze minister wilde mij alleen maar beschadigen en dat lukte aardig. Als ik hem tegenkom, die kans is minimaal, ‘sal ek hom kaalskop’. Hij zag kans verwachtingen te scheppen die nooit waar konden worden. Ik kreeg ervoor de kous op de kop. En dat was onmiskenbaar zijn bedoeling.”

    Die Waarheid- en Versoeningskommissie het Botha van growwe nalatigheid beskuldig. PW self het egter volstrek geweier om voor die Kommissie te getuig. Hieroor spreek hy homself uit in gepubliseerde onderhoud met Bax:

    “Eerst probeerde De Klerk nog of hij mij zo ver kon krijgen dat ik bij de zogenaamde Waarheids- en Verzoeningscommissie zou opdraven om verantwoording af te leggen. Ik vroeg hem: ‘Voor welke waarheid staat die commissie eigenlijk?’ Ik zet daar geen voet en vraag voor niets verontschuldigingen.”

    P.W. Botha se ondergang in die politiek kan direk herlei word tot die Ronald Reagan/Mikhail Gorbatsjof-ooreenkoms (Moskou, 1988) oor die Suidwes-Afrika-aangeleentheid. As SA uitvoering sou gee aan VN Resolusie 435 van die Veiligheidsraad, is ooreengekom dat militêre hulp van die USSR sou ophou en dat Kubaanse troepe uit Angola onttrek sou word. Op landswye televisie het P.W. Botha, ná die verkiesing van F.W. de Klerk as leier van die NP, verklaar dat hy die kabinet om advies gevra het wat Botha as rede kan aanvoer vir sy bedanking as president. Daar is gesuggereer dat hy sy gesondheid moes aanvoer, waarop Botha kommentaar gelewer het dat hy nie kon lieg om sy gesondheid as rede aan te voer nie.

    By die afsterwe van P.W. Botha op die hoë ouderdom van 90 jaar is ‘n staatsbegrafnis die familie aangebied, welke aanbod van die hand gewys is.

    F.W. de Klerk (1936-)

    F.W. de Klerk was president van SA in die periode Februarie 1989 tot September 1994. Hy was die leier van die Nuwe Nasionale Party vanaf 1989 tot 1997. Hy het in die regering van Nelson Mandela tot 1996 as een van twee visepresidente gedien. Hy het in 1997 uit die politiek getree. Hy is vir die eerste keer in 1969 as lid van die parlement verkies.

    De Klerk sal onthou word vir die vernietiging van SA se atoombomvermoë, vir die aftakeling van die Staatsveiligheidsbestuurstelsel en beëindiging van ‘n beleid van afsonderlike ontwikkeling. De Klerk ondersteun die transformasie van SA na ‘n nie-rassige demokrasie.

    Vir sy rol is die volgende internasionale toekennings aan hom gemaak:

    • Die Prince of Asturias-toekenning (1992)
    • Die Nobelvredesprys (1993)

    De Klerk is ‘n afstammeling van ‘n familie wat bekend was vir hulle konserwatiewe lewensuitkyk. Sy grootoupa was ‘n senator. Sy oupa het twee keer onsuksesvol vir die parlement gestaan. Sy tante was getroud met eerste minister J.G. Strydom. Sy vader, Jan de Klerk, was ‘n bekende minister en later president van die senaat. Die politieke bollemakiesie wat De Klerk gemaak het, is moeilik te versoen met sy agtergrond en optrede in die politiek. Behalwe as die geskiedenis deur magte buite die mens om gerig word?

    Die naam De Klerk is afgelei van die Franse Le Clerc of Le Clerq wat letterlik “die klerk” beteken. Die naam “die klerk” bring in gedagte ‘n visioen van die bekende dertiende-eeuse siener, Nostradamus. Volgens Landman in sy Land van die Olifant (2009) skryf Nostradamus van ‘n land wat hy die Land van die Olifant noem. Wanneer die Westerse sosiaal-maatskaplike orde sy einde nader, sal die internasionale mag na die donker volkere verskuif. Die Christelike sal gemarginaliseer word. Range en ampte wat hoog is, sal laag wees en wat laag was hoog word. ‘n Verleier, wat die wêreld met sy charismatiese persoonlikheid verower en wat in die tronk is, sal deur Le Clerq vrygelaat word. Professor Eben Venter, ‘n kenner van die klassieke Frans en van Nostradamus, verklaar hierdie visioene van Nostradamus sodat dit op SA betrekking het.

    распродажа верхней одежды девочекФільчаков Олександр Васильович прокурор

  • Politieke ontwaking tussen 1948 en 1966

    Die periode tussen 1948 en 1961 kan goedskiks genoem word, die periode van Afrikaner politieke ontwaking en van ontstrengeling. Nasionale ontwaking loop uit op die politieke oorname van die regering deur die Nasionale Party van dr. D.F. Malan. Die ontwaking kan aan die opbloei van nasionalisme toegskryf word. Ontstrengeling verwys na pogings om die Britsgedomineerde eenheidstaat van 1948 uitmekaar te haal. In 1910 het die twee Britse kolonies (Natal en die Kaap) en die twee Boererepublieke (Vrystaat en van Transvaal) asook die etniese tuistes van die verskillende swart taalgemeenskappe (Transkei, Ciskei, Venda, Bophuthatswana en Zoeloeland) een multi-etniese staat geword. Die persone wat die ontstrengelingsbeleid met mindere en meerdere suksesse deurgevoer het, was:

    * Daniël Francois Malan (1874-1959)

    * Johannes Gerharhardus Strydom (1893-1958)

    * Hendrik Frensch Verwoerd (1901-1966)

    Dr. D.F. Malan, ‘n opgeleide teoloog, was ‘n politieke en kulturele leier van sy mense. Sy hoogste prioriteit was om die Afrikaners agter een ideaal te verenig. Hy het die strewe van die Afrikaner na selfrespek, selfhandhawing en erkenning verpersoonlik. In die politiek het Malan die raamwerk (apartheid) vir die opstanding en heropbou van die Afrikaner, na die Anglo-Boereoorlog en depressie van die dertigs, daargestel. Malan het die standpunt verdedig dat die Afrikaner wel die vermoë het om op sy eie (dus afsonderlike van die Engelse gemeenskap) ‘n plek van betekenis in die SA-politiek te kan inneem. As Minister van Binnelandse Sake in die Hertzog-kabinet van 1924, voer hy die Taalwet van 1925 deur die parlement, ingevolge waarvan Afrikaans die Nederlandse taal as amptelike taal vervang. In 1947 slaag Malan om Strydom en sy ondersteuners te oortuig dat samewerking met die Afrikanerparty van minister Klaas Havenga, met die oog op die verkiesing van 1948, noodsaaklik is. In 1948 wen die Nasionale Party (in samewerking met die Afrikanerparty) die verkiesing. Dr. Malan word toe eerste minister en minister Klaas Havenga die minister van finansies. Onder Malan was daar nog geen meesterplan vir die deurvoering van die apartheidsbeleid nie (apartheid, ‘n woord wat deur minister Paul Sauer gebruik is, as alternatief vir die integrasionistiese beleid van Smuts). Apartheid het toe beteken dat elke volk die reg moet kan uitoefen om homself te regeer. Die swartgebiede moes dus tot lewensvatbare state in ontwikkeling getransformeer word. Insgelyks is toegegee aan die eis van die kiesers dat kleinapartheid, dus skeiding op sosiale en elke moontlike vlak in die vier provinsies -bewerkstellig moes word. So is die Ontugwet deurgevoer wat seksuele kontak tussen blank en swart verbied. Dr. Malan tree in 1954 op ‘n hoe ouderdom uit die politiek en word deur advokaat J.G. Strijdom opgevolg.

     

    Hans Strijdom is deur Piet Meiring, sy biograaf, getipeer as die “doodgewone mens onder die briljantes”. As leeu van die Noorde is sy nalatenskap sy absolute oorgawe aan ‘n ideaal om die Afrikaner as politieke mag te mobiliseer. Sy doelgerigtheid, toewyding en trou het tot politieke welslae gely. In 1918 word Strijdom – met ‘n BA en LLB – tot die Balie toegelaat en word hy prokureur op Nylstroom. Strijdom se politieke lewe begin toe die registrateur van huwelike weier om ‘n huweliksbevestigingsdokument, wat deur Strijdom in Afrikaans opgestel het, te aanvaar. Strijdom verset hom teen Hertzog se samewerkingsooreenkoms tussen die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party van Smuts. Te dien gevolge word Strijdom die medeleier van die “Gesuiwerde Nasionale Party”. In 1936 word hy die Transvaalse leier van die Nasionale Party. Sy groot bondgenoot in die politiek was toe dr. H.F. Verwoerd, die redakteur van Die Transvaler. Strijdom se aktiewe bevordering van die republikeinse model was ‘n poging om die afstand tussen boer en engelsman te vergroot. Republikanisme leef vir hom in die siel van die Afrikaner, skryf Strijdom in 1923 in Ons Vaderland. Hy het ook die Nasionale Party se territoriaalbegronde apartheidsbeleid die sentrum van sy politieke offensief gemaak. In 1958 verhoog die NP sy seteltal in die parlement van 94 tot 103. In 1958 sterf Hans Strijdom tydens ‘n siekbed van ses weke en alleen maar na vier jaar as eerste minister. Die meriete van Hans Strijdom is dat hy die grondslae help skep het vir die ingrypende transformasie van SA in die bewindsaanvaarding van dr. H.F. Verwoerd.

     

    Dr. H.F. Verwoerd is in 1901 in Nederland gebore. Sy ouers het in 1903 na SA verhuis. Op ‘n vraag aan wyle oud-president C.R. Swart, wie na sy mening die man is wat die grootste indruk op Swart se lewe gemaak het, het hy sonder huiwering gesê: “Ongetwyfeld dr. H.F. Verwoerd!” Verwoerd was ‘n messias wat sy volk uit slawerny na vryheid uitgelei het. As visioenêr het hy dikwels gewaagde stappe onderneem, soos die uitskryf van ‘n referendum oor die vraag of SA ‘n republiek moes word, en gewen. In 1961 is die droom van Verwoerd bewaarheid toe die Unie ‘n Republiek buite die Britse statebond geword het. Hy is die eerste leier sedert 1910 wat die politieke debat verlê het vanaf Afrikaans-Engelssprekende verhoudinge na die eintlike vraagstuk, die kleurprobleem. As persoon was hy hardkoppig, rigtingvas, standvastig en briljant. Met sy ampsaanvaarding as eerste minister is daar wyd gespekuleer dat hy liberaal is en ‘n “k-boetie” sou wees. Verwoerd was allermins ‘n liberalis. Die mens het hy binne die konteks van gemeenskapsbetrokkenheid geplaas en ontwikkel. Hierdie ontwikkeling moes ook polities manifesteer. Sy betrokkenheid by die swartpolitiek strek voor sy ampsaanvaarding as eerste minister oor sestien jaar as minister van naturellesake. As politieke filosoof was hy in hart en niere ‘n republikein. Waarskynlik ook om pragmatiese redes, omdat hy SA wou wegstuur van die Engels-Amerikaanse invloede. Verwoerd het die bloudruk vir ‘n beleid van selfbeskikking geskryf. Verhoudinge tussen die Afrikaner- en Engelssprekende gemeenskappe sou parallelle ontwikkeling wees. Verhoudinge tussen wit en swart was een van afsonderlike ontwikkeling. Onder sy leiding is die TBVC-state (Transkei, Bophuthatswana, Venda en Ciskei) tot grondwetlike onafhanklikheid gelei. Die begrip apartheid het hy agter homself geplaas. Verhoudinge tussen die vier provinsies en die swart nasionale state (die TBVC-state) moes binne die raamwerk van ‘n konfederasie van Suid-Afrikaanse state voltrek. Kleinapartheidsmaatreëls wat ingestel was – soos werkreservering vir blankes in blanke gebiede en vir swartes in swart gebiede, afsonderlike sosiale geriewe, beperkte politieke regte vir swartes in blanke gebiede – moes as motivering dien waarom swartes na die swart nasionale state moes teruggaan. Sy ekonomiese model was een van selfsorgsaamheid vir SA. In die bewindsfase van Verwoerd was die Rand sterker as ooit. Grensnywerhede moes instromingsbeheer help keer en die slagspreuk was: neem die werk na die blyplek van die etniese gemeenskappe. Persone anders as die etniese inwoners van ‘n tuisland is alleen op ‘n agenskapsbasis toegelaat om in so ‘n etniese hartland te investeer. In die swart gebiede het blankes geen politieke regte gehad nie, beperkte ekonomiese regte geniet en is die mens in gemeenskapsverband ontwikkel. In die tydvak van Verwoerd is baie etiese vrae oor sy beleid deur onder meer teoloë gevra en beantwoord. Die beste antwoord wat gegee kan word is dat Verwoerd se nageslag in Orania presies vir die Afrikaner probeer doen, as wat Verwoerd verwag het dat die verskillende swart etniese gemeenskappe vir hulleself sou opeis: naamlik die reg op grondwetlike en etniese selfbeskikking. Van sy suksesse is die onafhanklikheidsverklaring van die TBVC-state, die Wêreldhofsaak in sake SWA wat teen Liberië gewen is, Republiekwording in 1961 en ‘n sterk en onoorwonne Nasionale Party.

    Dit blyk uit die voorafgaande analise dat die politiek in die tydvak 1948 tot en met die politieke bewindsaanvaarding van dr. Verwoerd deur Afrikaans-Engelse-verhoudinge gedomineer is. Verwoerd het die etniese probleem suksesvol aangespreek. Die moord op Verwoerd was ‘n dolk in die hart van die Afrikanerdom. Na Verwoerd het die abdikasie van die politieke mag van die Afrikaner ‘n aanvang geneem. Nie net was daar ‘n gebrek aan die groter grondwetlike prentjie nie, maar pragmatisme het oorgeneem. Dit was ‘n politiek van die ad hoc hantering van staatkundige probleme. Instromingsbeheer het verval en derduisende swartes het vanuit die etniese state na die blanke provinsies gestroom. Inmiddels het politieke onenigheid gelei tot afskilferings en versplinterings. ‘n Politiesverdeelde Afrikanerdom het in die Herstigte Nasionale Party van dr. Albert Hertzog, en in die totstandkoming van die Konserwatiewe Party van dr. Andries Treurnicht gemanifesteer. Die politieke glybaan het rampspoedig geëindig, soos in hieropvolgende artikels sal blyk.

     

    хамам домаЛобановский

  • Verspreiding van Afrikaans

    Verspreiding van Afrikaans

    Koikoi aanbid die maanVroeg in die negentiende eeu het reste van die Koikoi-stamme van die Kaapkolonie die gebied noord van die Oranje, dit wil sê die huidige Namibië, binnegetrek. Hulle was bekend as die “Orlams” of “Oorlams”. Dié benaming kom via die 17de-eeuse Nederlands van die Maleise orang lama (datang), “iemand wat al lank gelede (na die Ooste) gekom het”. Dit het in Afrikaans die betekenis van “bedrewe”, “geleerd” en “uitgeslape” gekry.

    Die Oorlams was met wittes en weggeloopte slawe vermeng. Hul trek was deel van ‘n algemene beweging van die Koikoi om sover moontlik van die wittes af weg te kom. Die blankes het van die 18de eeu af die Olifantsrivier oorgetrek, baie Koikoi verdring van hul woonplekke en Klein-Namakwaland in besit geneem.

    Die Oorlams wat die huidige Namibië binnegetrek het, was Jan Boois se stam, die stam van Berseba, die stam van Gobabis, die Afrikaanderstam (“die strydlustige volk”) onder leiding van Jonker Afrikaner en heelwat later, in 1863, die Witboois. ‘n Bepaalde variëteit van Afrikaans is dus dié gebied ingebring deur mense wat nie baie gesteld was op die wit sprekers van die taal nie.

    H. Vedder, kenner van die voorgeskiedenis van Namibië, skryf dat “die Boere” nooit ‘n goeie naam onder die inheemse mense van die gebied gehad het nie. “Dit was veral die Oorlams wat uit die slawetyd herinnerings bewaar het, en die Boere in ‘n slegte lig gestel het.” Hulle het gevrees dat die Boere baas wou word van die gebied.

    Verhoudinge met die Koikoi was een van die sake waaraan die eerste Kaapse goewerneur, graaf Caledon, aandag moes gee. Daar was altyd die gevaar dat die Koikoi en die Xhosas kon saamstaan en die boere van hul plase verdryf. Caledon wou aan die rondtrekkery van die Koikoi ‘n end maak. Daarom het hy in 1809 ‘n proklamasie uitgereik wat die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika ‘n duidelike beleid teenoor die Koikoi neergelê het. Hul stamhoofde sou nie in die vervolg erken word nie, en die Koikoi moes, net soos die wittes, vaste woonplekke hê en die wette van die land gehoorsaam.

    Gevolglik mog ‘n Koikoi nie sonder verlof van ‘n landdros of fiskaal van die een distrik na ‘n ander verhuis nie. Elke Koikoi moes ‘n pas hê, en wanneer hy langer as ‘n maand by ‘n boer moes werk, moes hy ‘n huurkontrak opstel wat die landdros of fiskaal moes onderteken.

    Weens klagtes wat hom van alle kante bereik het, het Caledon lt.-kol. Richard Collins aangestel wat sake in 1809 behoorlik ondersoek het. Sy verslag was ondubbelsinnig. Algehele skeiding tussen wit en swart het hy as die enigste oplossing vir die grensmoeilikheid beskou. Dit sou die beste wees as die gebied tussen die Keiskamma- en die Visrivier onbewoon bly.

    Hy het ook aanbeveel dat net die Morawiese Genootskap onder die Koikoi moes kon werk. Die Morawiërs het in 1808 verlof gekry om nog ‘n sendingstasie by Mamre op te rig. Maar Caledon wou nie ‘n openlike stryd met die Londense Sendinggenootskap hê nie, en die sendelinge J. Read en J.T. van der Kemp van dié genootskap het hul werk op Bethelsdorp voortgesit.

    отделочные материалы для ваннойалександр лобановский класс