praag.co.za

Category: Geskiedenis

PRAAG se geskiedenisblad word gereeld bygewerk met kort, insiggewende artikels oor die Afrikanergeskiedenis. Hier vind u die geskiedenis van die Groot Trek, die twee Vryheidsoorloë of eerste en tweede Anglo-Boereoorlog en vele meer. Dit is ideaal vir skoolkinders met take of enigeen wat meer van die Afrikaner se geskiedenis wil leer. Prof. Jaap Steyn van Kovsies het die meeste van die artikels geskryf en die blad word weekliks met nog verhale uit ons interessante geskiedenis bygewerk!

  • ‘Nieuw Holland in Zuid-Oost-Afrika’

    ‘Nieuw Holland in Zuid-Oost-Afrika’

    Piet Retief, wat in die sesde grensoorlog alles verloor het, wou nie dadelik aan die trek deelneem nie, en het eers met die luitenant-goewerneur, Andries Stockenström, onderhandel, maar vergeefs. Op 2 Februarie 1837 verskyn sy manifes in die Graham’s Town Journal, waarin hy sê dat die trekkers weens die landsbeleid geen vooruitsigte in die Kolonie het nie. Hulle wil die kolonie verlaat om in vrede en vryheid onder hul eie wette te gaan leef. Hulle wil niemand beroof of veronreg nie, maar behou hulle die reg voor om hulleself te verdedig.

    Retief het vroeg in 1837 vertrek. In Maart 1837 het sy trek die Oranjerivier oorgesteek by Buffelsvlei (tans Aliwal-Noord). ‘n Paar dagreise voor sy koms het Maritz hom tegemoetgery en meegedeel dat die trekkers wou hê dat hy hom as leier beskikbaar stel. Ondanks aanvanklike besware het hy hom dit laat welgeval en op 17 April 1837 is Retief tot goewerneur en Maritz tot magistraat gekies. Potgieter is nie tot enige amp gekies nie, maar sy mense was in die politieke raad verteenwoordig.

    Op 6 Junie 1837 is die ampsdraers formeel beëdig en het Retief sy taak as politieke en militêre leier aanvaar. Op dié dag is die helder klanke van die kerkklok om nege-uur die oggend oor die vlaktes gehoor.

    In hul beste klere is die mense uit hul tente en waens in die rigting van die tent van Retief. Daar het Retief, J. Scholtz wat as leser sou optree, en Erasmus Smit, wat deur Retief as leraar van die “reisende gemeente” bevestig is, buitentoe gekom. Retief het sy hoed afgehaal en die res het dit ook gedoen. Erasmus het knielend God se seën afgesmeek en daarna het Scholtz ‘n resolusie van nege artikels voorgelees wat deur die volk aangeneem is. Nadat die resolusies bespreek is, is oor die naam van die nuwe land gepraat.

    Smit se voorstel van die merkwaardige naam De Vrije Provincie van Nieuw Holland in Zuid-Oost-Afrika is aanvaar. Sommige trekkers het ook op ander maniere hul Nederlandse verlede laat probeer herleef en op hul waens die woorde Oranje Boven geskilder.

    Die trekkers het nou langsaam ooswaarts getrek. Verwoeste krale en hutte en die doodsbeendere van Mzilikazi se slagoffers het hulle aan dié gedugte vyand herinner. Tog was die lente van 1837 van die aangenaamste tye in die trek. Kos soos vis en heuning, koring, mielies, patats, pampoen en boontjies was volop. Wild was daar in oorvloed. Die veld was vol blomme en uitspannings het name gekry soos Roderozendal en Bloemendal.

    Onaangenamer was gerugte dat swart mense teen hulle opgestook word ondanks verdrae wat Retief met hulle gesluit het. Daar was onenigheid omdat Erasmus Smit die “reisende gemeente” se leraar was. ‘n Geskil tussen hom en Sarel Cilliers het die Retief-trek verdeel. Cilliers het geweier om ‘n eksamen voor die kerkraad af te lê voor hy diens kon hou. Die koms van die trek van Pieter Lafras Uys het meer verdeeldheid geskep. Die Uyse wou hulle nie onderwerp aan die nege artikels nie. ‘n Volksvergadering is op 13 September 1837 gehou waarop niks bereik is nie. Die stemming was bitter, en met die aanddiens is Psalm 109 gelees, een van die bekendste vloekpsalms.

    светодиодный ценалобановский харьков

  • Optrede teen die Matabele

    Optrede teen die Matabele

    Stryd by MosegaIntussen het ‘n nuwe trek die Oranje oorgetrek, dié van Gerrit Maritz uit Graaff-Reinet. Hy was ‘n wamaker en een van die rykste manne daar. Maritz het grond besit en as regsagent opgetree. Met sewe spoggerige waens, blou geverf en met ‘n mooier fatsoen as die gewone, het hy op trek gegaan. Hy het heelwat boeke by hom gehad: teologiese en regsboeke, onder meer van Hugo de Groot, Frans-Nederlandse en Nederlands-Engelse woordeboeke. Saam met Maritz se trek was drie van sy broers, sy suster Susanna en haar man Erasmus Smit, en ander verlangse familie, almal redelik welgesteld en mense van aansien.

    Die trek het Thaba Nchu op 19 November 1836 bereik, kort nadat Potgieter van Vegkop aangekom het. Maritz was net so ‘n indrukwekkende man, ongeveer ewe lank ook, as Potgieter. Dié twee en Sarel Cilliers was al drie sterk persoonlikhede en ware volksleiers.

    Hulle het op 2 Desember 1836 ‘n volksvergadering belê, en daar het die “algemene volkstem” ‘n “burgerraad” van sewe “regters” gekies wat wette moes maak en besluite van die vergadering uitvoer. Maritz is tot “president-regter” gekies en Potgieter tot laerkommandant. Hy het dadelik begin klaarmaak vir ‘n stryd teen die Matebele, wat hulle vee weggevoer en die gebied onveilig gemaak het.

     Op 2 Januarie 1837 is Potgieter met ‘n kommando weg, en die volgende dag Maritz — saam was hulle maar 107 burgers, 60 Barolongs en 40 Griekwas en Koranas onder Pieter Dawids. Vroeg die oggend van 17 Januarie is die Matebele in Mosega verras. Gou het hulle hul ou taktiek toegepas om twee vleuels uit te stoot wat die vyand moes omsingel. Maar hierop was die twee trekkerleiers bedag en het die twee vleuels telkens met swaar verliese teruggedryf. Die mislukking van hul taktiek het die Matebele gedemoraliseer en op die vlug laat slaan. Meer as 500 het gesneuwel.

    Maritz en Potgieter het meer as 7 000 beeste gebuit. Maar hulle was onversoenbare persoonlikhede, en wrywing het ontstaan tussen die selfversekerde dorpenaar en sakeman Maritz en die ervare veldkenner en militêre leier Potgieter. Die gevaar was kleiner en omdat daar soveel vee was, het die trekkers versprei, die Potgieter-mense in die Vetrivier-omgewing. Hulle het ‘n paar huisies op Potgieter se plaas Waaifontein gebou en dié eerste Boeredorp Winburg genoem.

    Hoewel Mzilikazi verslaan is, was hy nog ‘n bedreiging en het die trekkers voorlopig gebly waar hulle was. Hulle het wel bietjie meer uitgesprei. Die toekoms was nog maar duister. Om te slaag, moes die getalle van die trekkers toeneem, en moes daar ‘n Afrikaner opstaan met die nodige leiersgawes om hulle te verenig en na ‘n bepaalde bestemming te lei.

    Die man wat dit sou doen, was reeds op pad. Op 28 Maart 1837 het die trekkers die nuus ontvang dat Piet Retief “de grote Oranjerivier is doorgetrokken”. Piet Retief, op 12 November 1780 in die Wamakersvallei (Wellington), gebore, het in die Boland grootgeword en die skryfkuns goed bemeester. Hy het verskeie geldelike terugslae beleef deur swak oordeel en ongunstige omstandighede. In Maart 1834 moes hy boedel oorgee, maar het die respek van sy medeburgers behou.

    купить брюки теплые на мальчикалобановский александр игоревич

  • Die Slag van Vegkop

    Die Slag van Vegkop

    VegkopMzilikazi het in 1836 vir die trekkers ‘n groot bedreiging geraak. Hendrik Potgieter het einde Augustus van Tregardt af terugkeer en die verwoesting in die laers aanskou wat die Matebele op 23 Augustus aangeval het. Dit was by Liebenbergkoppie waar byna almal uitgemoor is en later die dag by Kopjeskraal, waar die trekkers hulle met welslae verdedig het. Albei hierdie plekke is geleë in die Vredefort-koepelgebied. (Volgens die nuutste navorsing was die aanvalle op 23 Augustus, en nie die 24ste nie, soos genoem in die stukkie Trekkers binne en trekkers buite die laer.)

    Potgieter het opdrag gegee dat die trekkers na die suide terugval. ‘n Groep het onder leiding van Potgieter en Sarel Cilliers in Oktober 1836 laer getrek by ‘n langwerpige rant tussen die Renoster- en Valsrivier, later bekend as Vegkop naby die huidige Heilbron. Volgens die meeste historici was Potgieter die aanvoerder tydens die slag, hoewel ook Cilliers ’n belangrike rol gespeel het. Daar is verskil van mening oor die datum van die slag, maar dis waarskynlik 19 Oktober 1836.

    Die laer was in twee kringe opgestel. In die buitenste kring was veertig waens met doringtakke tussen die wiele en die openings tussen die waens. In ‘n kleiner kring, bedek met beesvelle bo-op en aan die kante, was die skuiling van dié kinders en vroue wat nie geweers hoef te gehelp laai het nie. Tussen die twee kringe was daar plek vir die perde, en daar was ook ‘n opening waardeur die mans met perde kon uitjaag, en wat vinnig met twee waens toegemaak kon word. Die mans hét ook uitgejaag toe die mag van Mzilikazi in die middel van Oktober 1836 aanval.

    Sowat vyftig tree van die Matebele het die trekkers stilgehou en ‘n bruin man wat die Matebeles se taal kon praat, gestuur om te vra watter kwaad hulle dan gedoen het dat hulle nou aangeval word. Hulle het net dreigend gemompel; “Mzilikazi alleen die woord.” Terugdraai wou hulle nie. Toe die Matebele storm, het die trekkers skiet-skiet na die laer terug getrek. Verbouereerd kon ‘n paar nie weer die opening in die wamuur kry nie, en het weggejaag.

    Die wat veilig terug was, het saam met Sarel Cilliers, een van die geestelike leiers van die trek, gekniel en saam met die vroue en kinders die Allerhoogste se hulp afgesmeek. Teen dié tyd was die Matebele besig om beeste buite die laer dood te steek en die vleis rou te verslind. Daarna het hulle om die laer gewag en hul asgaaie op klippe geslyp.

    Ná ‘n tyd van byna ondraaglike spanning het die aanval met ‘n oorverdowende geskree begin. Die trekkers het die aanvallers tot so dertig treë van die laer laat naderkom en gelyktydig gevuur. Elkeen het twee of meer voorlaaiers gehad, en terwyl die man skiet, het sy vrou of kind kruit en lopers of koeëls in die loop van die ander geweer laat afgly; die jong Paul Kruger was een so ‘n kind. Party aanvallers het onder die waens probeer deurkruip, maar van die vroue het met byle gekap na dié wat ingekom het.

    Uiteindelik het die aanvallers teruggeval. Piet Botha en Potgieter se jongste broer, Nicolaas, het gesneuwel, en veertien is gewond, ook Sarel Cilliers. Hy het egter dadelik ‘n dankdiens gehou om die eer van die oorwinning aan God te gee. Rondom die laer was daar 430 lyke, en 1137 asgaaie is opgetel. Cilliers se watent is deur 72 steke stukkend geskeur. Die aanvallers het 5 000 beeste, 50 000 skape en honderd perde weggevoer. Van die vermoënde Potgieter is 5 000 skape, 100 trekosse en 300 ander beeste gesteel. Hulpeloos moes die trek wag tot kos en osse opgedaag het om hulle suide toe te neem.

    86 утопкарго

  • Stede, plekke van rewolusie

    Stede is plekke van rewolusie, want ‘n stedelike omgewing verbind organiseerders van die opposisie en sulke noue samewerking kan plaaslike wetstoepassers oorweldig.

    Groot stedelike bevolkings skep die skaal wat nodig is daarvoor. Die fisiese hindernisse wat in stede voorkom maak dit boonop moeilik vir militêre troepe om maklik te beweeg. Die megapolis Kaïro is maar die jongste voorbeeld.

    Die Nederlandse opstand wat gelei het tot Europa se eerste moderne republiek het in stedelike-Vlaandere in 1566 begin. Die Amerikaanse Rewolusie het sy wortels in die rumoerige skare van Boston gehad, met sy teeparty en sy “Boston bloedbad,” ‘n straatopstand waarin vyf koloniste dood is.

    Stedelike opstokers het regimes in Parys in 1789 (en 1830 en 1848), Wuchang in 1911, St Petersburg in 1917, Leipzig in 1989 en nou Tunis in 2011, laat kantel.

    Hierdie opstande is nie net per ongeluk stedelik nie; hulle sou teen lae digthede ondenkbaar gewees het. Stede maak opstokers, soos Sam Adams en John Hancock. Onluste vereis ‘n sekere soort stedelike opeenhoping; polisiegeweld moet oorweldig word deur ‘n see van mense.

    ‘n Betoger wat betrokke is by onregmatighede op sy eie, staan ‘n goeie kans om in hegtenis geneem te word. Met dieselfde aksie staan duisende egter amper geen kans om opgesluit te word nie.

    Omdat die koste van oproer (die waarskynlikheid van arrestasie) val met die aantal oproeriges, is onluste ‘n klassieke kantelpuntverskynsel wat hulself alleen kan volhou as hulle ‘n sekere skaal bereik. Kennelik het die oproeriges in Egipte dit goed begryp.

    Onluste kan hierdie skaal bereik deur middel van ‘n voorafbestaande skare, soos die honderde wat versamel is om te kyk hoe ‘n wit polisiebeampte die motor van ‘n Afro-Amerikaner aftrek, skut en die bestuurder in hegtenis neem vir dronkbestuur in die Watts gedeelte van Los Angeles in 1965.

    Met die krag van getalle, “het die skare motors gestenig, wit motoriste uit hul motors gesleep en en geslaan, en ‘n polisie-eenheid wat was in die gebied was, bedreig,” volgens die amptelike verslag van ‘n staatskommissie.

    Organiseerders kan ook die skaal skep wat nodig is vir ‘n suksesvolle oproer. Die dodelikste oproer in die Amerikaanse geskiedenis was tydens die naweek voor Maandag 14 Julie 1863, toe die georganiseerde skares opgeruk na New York om te protesteer teen verpligte weermagdiens.

    In die opstand van Berlyn 1919, het ‘n aanvanklike klein fracas dramaties uitgebrei toe politieke leiers, insluitend Karl Liebknecht en Rosa Luxemburg, hul bondgenote opgesweep het om op te tree om politieke munt daaruit te slaan.

    Die mees verwarrend onluste is dié wat ‘n geheimsinnige sein uitstuur wat mense interpreteer as teken dat hulle stad sal opstaan. Só ‘n sein verander dan in ‘n selfvervullende daad. Die vier polisiemanne wat aangekla was in die Rodney King-saak en daarna vrygespreek is, het in 1992 in Los Angeles oproer ontketen. ‘n Soortgelyke uitspraak het die 1980 Miami-oproer tot gevolg gehad.

    In Tunisië, was die brandpunt letterlik die self-opoffering van Mohamed Bouazizi in Sidi Bouzid wat himself aan die brand gesteek het. Die opstand was onbepland: mense in die strate het nie geweet dat ander mense daar sou wees nie. Soos die nuus van die opstand versprei, het meer en meer mense die strate ingevaar.

    En die ekonomiese belangrikheid van stede beteken dat demonstrasies die ekonomiese hart van ‘n land kan ontwrig. Stede kan noodlottig wees vir militêre dissipline vanweë die sosiale wisselwerking tussen soldate en burgers, soos die voedsel-deel tussen betogers en troepe.

    Geïsoleerde plase is stabiel, stede nie. Die konstante interaksie van menslike energie in digte trosse skep innovasies op elke gebied van die lewe, insluitend die politiek. Onstabiliteit is nie lekker nie, veral vir mense wat reeds vryheid, vrede en voorspoed geniet en dus baie het om te verloor.

    тамбов разъемы,Фильчаков прокурор отзывы

  • Trekkers binne en trekkers buite die laer

    Trekkers binne en trekkers buite die laer

    laerAndries Hendrik Potgieter (1792-1852), beter bekend onder sy tweede naam, en sy geselskap van sowat 200 uit die Tarka het teen die einde van 1835 met hul trek begin. Potgieter was ‘n indrukwekkende man: 1,8 meter lank, fors gebou, gespierd, ‘n knap perderuiter, skerpsinnig, rusteloos en met ‘n aggressiewe selfstandigheidsdrang. Lid van sy trek was sy vader van 70 jaar, wat sowat 106 jaar sou word en sy seun sou oorleef.

    Toe die trek in Februarie 1836 by die Grootrivier kom, het dit weens die swaar somerreëns kant en wal geloop. Met behulp van vlotte is die trekkers by Winterhoekdrif naby die huidige Bethulie deur die rivier, net onderkant die samevloeiing van die Oranje en Caledon. Dit was by dié geleentheid dat die vroue Gesang 20 vers 9 gesing het: “Komt! treên wij dan gemoedigd voort, / In vast vertrouwen op Zijn woord; / Hoe moeilijk ons de weg ook schijn’, /het eind zal zeker zalig zijn.”

    Noord van die Oranje het ‘n paar gesinne van Colesberg by hulle aangesluit, onder andere Sarel Arnoldus Cilliers, en ‘n paar gesinne Kruger. In die gesin van die 35-jarige Casper Kruger was sy elfjarige seun Paul, wat wêreldberoemd sou word as president van Transvaal. Die sterk godsdienstige Cilliers het godsdiensoefeninge en Sondae eredienste gelei.

    Spoedig het die trekkers die Vetrivier bereik. Potgieter het die gebied tussen die Vet en die Vaal by Makwana, kaptein van ‘n Barolongstammetjie, geruil vir 49 beeste en beskerming teen die gevreesde Mzilikazi, koning van die Matebele. Dié was ‘n aanvoerder van Shaka wat teen hom in opstand gekom, uitgewyk het na die Hoëveld en later die Sothosprekende stamme in Wes-Transvaal onderwerp het. Sy vestings was Kapain aan die Maricorivier en Mosega suid daarvan. In Mei 1836 is Potgieter na die Soutpansberg. Terwyl hy weg was, het sy volgelinge, wat almal weiding nodig gehad het vir hulle vee, hulle onbesorg versprei oor die grasvlaktes en selfs die Vaalrivier oorgesteek.

    Hoe nader die trekkers aan die Matebele gekom het, hoe meer vasbeslote was Mzilikazi om met hulle af te reken. Ongeveer 24 Augustus 1836 het die Matebele ‘n groep jagters uit die Kolonie oorval en almal vermoor, op ene Stephanus Erasmus na. Hy het weggekom en die familie Liebenberg, ook noord van die Vaal, gaan waarsku.

    Die groep was sonder laer, en toe Erasmus in die nag opdaag, het die Liebenbergs sy waarskuwing geïgnoreer. Erasmus, desperaat en tot trane beledig omdat hulle nie wou luister nie, het verder gejaag en die mense suid van die rivier gaan waarsku.

    Hy was voor dagbreek by die waens van Hermanus Steyn en Johannes Botha, wat dadelik hul waens in ‘n halfsirkel bymekaar getrek het, aan twee kante beskerm deur die kronkels van die Vaalrivier. Die perde en vee is in die ruim laer ingejaag.

    Die 17-jarige Dolf Bronkhorst het aangebied om nog ‘n keer na die Liebenbergs te gaan, maar is nooit weer gesien nie. Van die Liebenbergs is 53 vermoor; die Matebele het net ‘n paar vroue en kinders misgekyk. Die ander groep het hulle die heel dag verdedig. Een is gedood, maar ook honderde Matebele. Die waarde van ‘n laer is weer bewys.

    casino online gameФільчаков Олександр Васильович

  • Uit die dagboek van ‘n trekleier

    Uit die dagboek van ‘n trekleier

    Uit Louis Tregardt se dagboek leer ons sy geselskap ken soos geen ander trek nie. Soos Anna Böeseken toon, rus sy blik veral met trots en voldoening op sy naasoudste seun Petrus Frederik of Pieta, gebore 30 Oktober 1819.

    Behalwe Pieta op jag — daar was leeus, tiers, renosters, kwaggas, wildevarke, elande, wildebeeste, koedoes, volstruise, wildeganse en allerhande bokkies in oorvloed — sien ons Pieta aan die werk. Hy gaan dekgoed vir die skerm haal en trek dit oor met velle. Hy gaan haal mis en brand kalk, brei velle en sny rieme, maak jukskeie maar breek ongelukkig die skaaf. Dan sien ons hom besig met die maak van ‘n veldstoel, of hy kap hout en tentstokke.

    Dan weer sleep hy riet en palmiet aan en in Junie 1836 is ‘n skooltjie klaar, grotendeels deur Pieta se ywer. Daniël Pheffer kan dan onder geriefliker omstandighede skoolhou vir die 21 kinders onder sestien. Vir Pieta was daar, behalwe die jag, geen ontspanning nie, sodat hy partymaal moes sat word vir die werk. So teken sy pa op Saterdag 3 Junie 1837 aan: “De avond sprak ik met Pieta, gaf hij mij geen antwoord, maar een suure gezigt, waar ik boos om worden ben. Was ik met een jukscheij achter hem, kon hem niet krijgen.”

    Toe Potgieter en sy mense nie opdaag nie, het Tregardt besluit om alleen verder te gaan. Tot aan die voet van die Drakensberge vorder hulle sonder hindernis. By die berge het Jan Pretorius hom byna oortuig dat dit te swaar sou wees om ‘n weg te baan. Maar die vroue het in opstand gekom en op hul aandrang is die trek voortgesit.

    In kort skofte het spanne van 16, 18 of 20 osse die waens boontoe getrek. Bang dat die mans ekskuse gaan soek om nie verder te trek nie, het Martha Tregardt, Antjie Scheepers en Breggie Pretorius die enigste moontlike pad ondertoe aangewys. Die afgaan was baie moeiliker omdat dit steiler was, en aanhoudende reën en mis hulle vertraag het. Drie seuns het moedeloos geword en weggeloop na die gewese land — maar op 29 Desember 1837 was hulle terug. Tregardt wou hulle alles vergewe, maar Antjie Scheepers het haar Kobus met twee stroppe geslaan, en die ander moes toe hul seuns ook deurloop.

    Die epiese oortog het twee maande en tien dae geduur. Die agterwiele van die waens is uitgehaal, swaar houtblokke onder die asse vasgemaak, net vier osse voor elke wa gespan en hulle een vir een tot aan die voet van die berg gebring. Ná nog 2½ maande is die 52 lede, onder wie sewe bruin mense, op 14 April 1838 by Lourenco Marques (Maputo). Daar tref ‘n nuwe ramp die geselskap: malaria. Byna al die lede van die geselskap word siek, en die meeste volwassenes sterf.

    Ook die siekte van Tregardt se vrou Martha neem ‘n ernstige wending, en op 1 Mei moet hy ontroerd aanteken: “Mijn Liefste en Dierbaar pand wierd van mijn voor Eeuwig genomen.” Nog eenmaal skryf hy in sy dagboek: op 10 Augustus wanneer hy verjaar. Op 25 Oktober 1838 is hy oorlede. In Julie 1839 is 28 oorlewendes, ook Antjie Scheepers en Pieta, per skip na Port Natal.

    Die Tregardt-dagboek bevat waardevolle inligting oor die trek, swart stamme, plante- en dierelewe. Ook D.J. Opperman se sombere drama Voëlvry (1968) is daarop gebaseer. Daarin sê Tregardt deurmekaar, half ylend, voor sy dood: “Al ons sorg en moeite was vergeefs … vergeefs gewees / Of, o grote God, skep u party volke / dat U deur hulle heen U skepping kan verken, / dat hulle eerstelinge van U groei moet wees?”

    гидробак джилексФильчаков прокурор харькова

  • Tregardt en Van Rensburg

    Tregardt en Van Rensburg

    Louis TregardtDie eerste trekleier, Louis Tregardt, gebore 1783, was kleinseun van die Tregardt-stamvader, ‘n Sweedse immigrant. Louis Tregardt is in 1833 uit die Kolonie na Hintsa se gebied, maar toe dié in April 1835 ook in die grensoorlog betrokke raak, het Tregardt en sy mense padgegee en voor die end van 1835 oor die Oranje getrek. Hulle was nege gesinne, 49 mense, in nege waens.

    Byna gelyktydig is J.H.J. (Hans) van Rensburg met sy trek die rivier oor. Van Rensburg, gebore 1779, was ‘n neef van die trekleier Andries Hendrik Potgieter. Die trek het omstreeks Julie 1835 begin. Die twee trekke het voeling met mekaar gehou en vroeg in 1836 is hulle deur die Vaalrivier. Versigtig vir die magtige Matabeles in die weste, het hulle ‘n ent ooswaarts getrek en daarna weer noord.

    Die verhouding tussen die twee groepe was nooit juis hartlik nie, en Strydpoort was later in 1836 die toneel van ‘n woordestryd wat tot dié naam gelei het. Van Rensburg se mense het aanhoudend olifante gejag, en toe Tregardt hom waarsku om spaarsaam met sy ammunisie te werk, antwoord Van Rensburg driftig dat hy mans genoeg is om vir sy trek te sorg.

    Van Rensburg en sy mense is daarna alleen vooruit. Sy trek was toe 49 mense — die meeste van hulle familie en aangetroude familie. Party lede van sy geselskap het hulle die een of ander tyd by die Tregardt-trek aangesluit. Die Van Rensburgs is tot by die Soutpansberg, en daarna oos in die rigting van die see. Sekerheid oor hul lot is daar nie, maar in die winter van 1836 het ‘n impi hulle vermoedelik een nag aangeval. Hulle het dapper geveg tot teen dagbreek toe hul ammunisie opgeraak het. Daarna is die hele geselskap uitgemoor. Blykbaar is twee kleinkinders van Van Rensburg — ‘n seuntjie van vyf en ‘n dogtertjie van vier — deur ‘n Zoeloekryger gespaar, maar hulle het glo ‘n jaar later aan malaria beswyk.

    Terwyl die Van Rensburg-geselskap oos getrek het, is Tregardt en sy mense na die Soutpansberg. Die Tregardts het stadig noorde toe getrek, omdat hulle gewag het op die mense van Andries Hendrik Potgieter. Dié het in Junie 1836 opgedaag en die gebied noordoos van die berg verken. Voordat hulle terug is, het hulle, Tregardt en sy seun Carolus, ‘n vergeefse soektog na die Van Rensburg-trek onderneem, want daar was toe al gerugte dat hulle uitgemoor is. ‘n Groep van die Tregard-geselskap, onder wie van die gewese lede van die Van Rensburg-trek, het op hul eie nóg byna ses maande lank gesoek, ook vergeefs.

    Die Tregardt-geselskap sou wag totdat Potgieter sy mense oorkant die Vaal gaan haal het. Van September 1836 tot Mei 1837 het Tregardt en sy trek op ‘n paar plekke naby die Soutpansberg vertoef in die omgewing van die latere dorp Schoemansdal en die huidige Louis Trichardt. Van September 1836 af het Tregardt sy dagboek gereeld bygehou. Dit is later uitgegee — ‘n groot menslike dokument uit die Afrikanergeskiedenis, wat gelukkig vandag nog in boekvorm verkrygbaar is.

    Mens kan lees van rusies en skindery, maar ook onderlinge hulpverlening veral tydens siekte. Toe Tregardt se dogtertjie siek word, het twee ander vroue die hele nag vergeefs gehelp om haar met “kappeva” en “gloversouijt” te dokter.

    леґоДанильченко Юрий Брониславович

  • Skoolgaan op die trekpad

    Skoolgaan op die trekpad

    Die geestelike boeke van die Voortrekkers het preek-, gesange- en kategeseboeke ingesluit. Die trekkers het graag gesing, soms met viool- of akkordeonbegeleiding. Party het draagbare huisorreltjies of serafyne gehad. Reeds in die agtiende eeu was daar liedeboeke waarin geestelike en selfs wêreldlike liedjies opgeteken is. Eie berymings op bestaande liedere is gedoen en die melodieë aangepas om die bekende liederwysies te vorm. Een so ‘n lied was “Wijk, wêrelds gewemel/ Ik moet naar den Hemel,/ Verhindert mij niet”, met ‘n hele aantal verse.

    Daar was enkele onderwysers, maar meestal het predikante en hul vroue, of die ouers self, die kinders onderrig. Onder die onderwysers op trek was Erasmus Smit en sy vrou Susanna, eerw. Daniel Lindley en sy vrou Lucy, Daniël Pfeffer (by die Tregardt-trek), Jan Bantjes, en ‘n stuk of tien ander. Kinders het onderrig ontvang in skryf, lees en reken en veral die Bybel. Die kinders het die syfers leer neerskryf en dan eenvoudige optel-, aftrek-, vermenigvuldiging- en deelsommetjies gedoen. Hoofrekene is geoefen deur skape te tel wat nie een-een geloop het nie, maar in troppies. Daarin was kinders vroeg bedrewe.

    Dit was die gewoonte dat kinders Bybeltekste, psalm- en gesangverse en gediggies van buite moes leer. Hulle moes dit dikwels opsê terwyl die ouers daarna luister. Sang was ‘n belangrike deel van die opvoeding. Die kinders het nagesing en was gou nootvas. By huisgodsdiens moes hulle die liedere insit. Verder het hulle die notebalk geleer: ut re mi fa sol la si ut. ‘n

    Deel van die leerwerk is in versvorm aangebied soos die getal dae van die maande: “Dertig dagen heeft November,/ Juni, April en September; / Februari vier maal zeven,/ ‘t Schrikkeljaar nog een daarneven:/ Voorts de andere een-en-dertig geven.”

    Leerboeke was baie skaars; daaronder was dié wat reeds in die vorige eeu gebruik is, soos die ABC, AB-jab en Trap der Jeugd, asook kategeseboeke soos die Kortbegrip van Hellenbroek en die Heidelbergse Kategismus.

    Briewe is per geleentheid na die Kolonie of Port Natal gestuur. Volgens Erasmus Smit het briewe van sy seun in Uitenhage so ses maande geduur om hom te bereik, partykeer darem korter. As iemand koerante ontvang het, is hulle van laer tot laer aangestuur. Piet Retief het briewe en koerante uit die Kolonie ontvang, en vir sy trekgenote koerante uit Port Natal saamgebring.

    Smouse het soms ook koerante en pos saamgebring. Onder die trekkers self het Gerrit Maritz negosie uit die Kolonie saamgebring en onder trekkers verkoop. Jan Fick van Graaff-Reinet het ná die Slag van Bloedrivier opgedaag en by hom kon die vroue egte broodpanne koop.

    Die Ier John Montgomery was ‘n troue vriend van Piet Retief en ander trekkers. Willem Robinson was ‘n bekende smous wat later in Transvaal presidentskandidaat was. Die smous het gewoonlik op ‘n sentrale plek seile tussen die waens gespan, stoele vir kopers neergesit en sy ware uitgepak — kruideniersware, naaldwerkbenodighede, materiaal, seildoek, breekgoed en hardeware. (Dit alles volgens Op Trek (deur J. Celestine Pretorius, redakteur, André Malan, Alana Bailey, Sandra Saayman, H.S. (Tia) Hugo en J.F. (Joey) Wilmans)

    турецкая баня чтолобановский александр игоревич харьков

  • Godsdienstige lewe tydens die Groot Trek

    Godsdienstige lewe tydens die Groot Trek

    Eerw. Erasmus SmitOp enkele uitsonderinge na het die predikante van die NG Kerk die trek afgekeur omdat hulle bang was dat die trekkers sou verwilder, maar veral omdat die trek opstand teen die wettige owerheid was. So het die Sinode van 1837, waarvan die meerderheid Afrikaners was, in ‘n herderlike brief die deelname van soveel lidmate aan die trek veroordeel.

    Predikante wat met die meerderheid verskil het, was J.C.L. en H.A. Moorrees en veral G.W.A. van der Lingen, wat diep vir die trekkers gevoel het. Hy was ‘n deel van sy jeug aan die oosgrens, waar hy ‘n kennis van en begrip vir die grensboere se harde stryd opgedoen het.

    Kaapse predikante het selfs geweier om kinders van trekkers en voornemende trekkers te doop. Ene Kotie Botha is net voor die Trek in George gebore. Die dominees van George en Cradock het geweier om die kind te doop van ‘n “rebel” teen Haar Majesteit. Eindelik moes die ouers soos arm mense aantrek en die predikant om die bos lei om die kind te kon doop.

    J.L. Hatting, wat ook die Trek meegemaak het, het onthou dat dominees van grensdistrikte geweier het om verbytrekkendes se kinders te doop. Ouers moes dan die baba terugneem na hulle vorige woonplek in die Kolonie of deur ‘n ander kerkgenootskap laat doop.

    Die trekkers was baie ongelukkig oor die houding van die Kaapse kerk, en het hulle daarvoor beywer om ‘n eie predikant te bekom. Eerw. Erasmus Smit, wat met Gerrit Maritz se suster Susanna getroud was, het die Maritz-trek vergesel. Omdat hy nie volwaardig georden was nie, was hy nie vir al die trekkers aanvaarbaar nie. Hy het nogtans gereeld gepreek en die sakramente bedien. Hy het glo met so ‘n mooi sagte stem gepraat dat mense heeltemal vergeet het hoe lank die preek geduur het!

    ‘n Paar sendelinge het naderhand onder die trekkers gearbei, soos eerw. James Archbell van die Londense en eerw. Daniel Lindley van die Amerikaanse Sendinggenootskap. Trekkers soos Sarel Cilliers, Karel en Jan Landman en Stephanus Maritz het ook die godsdiens waargeneem. Soos Rhe Carstens in Voortrekkerlewe toon, het godsdiens in die Tregardt-trek ‘n kleiner rol gespeel as in latere trekke, en verneem mens nie van godsdienstige aktiwiteite nie.

    Elders is eredienste meestal in kerktente gehou, of waens is na aan mekaar getrek en ‘n seil bo-oor gespan, sodat die diens daaronder kon plaasvind. Sondae is drie dienste gehou, en soms ook op Woensdag- en Saterdagaande. Kollektes is gereeld gehou, maar die opbrengs was klein omdat die trekkers feitlik geen inkomste gehad het nie. Die lidmate in Hendrik Potgieter se laer het vrywillig tot eerwaarde Smit se onderhoud bygedra.

    Bidure het dikwels plaasgevind. Nagmaal is elke drie maande gevier, maar dikwels was daar geen wyn nie en is Nagmaal net in die gees gevier. Nadat aanvalle afgeslaan is, en ook ná oorwinnings, is dankdienste gehou; ‘n Franse natuurkundige, A. Delegorgue het na een kommando as ‘n “voorttrekkende bidstond” verwys.

    Huweliks- en doopregisters is aangelê. Voor hulle kon trou, moes jong mense katkiseer. Hulle moes ‘n deeglike kennis hê van die Bybelgeskiedenis, en die vrae en antwoorde van die Heidelbergse kategismus van buite ken. Die Bybel en ander geestelike boeke was by ander kosbaarhede in die wakis. (Dit alles volgens Op Trek (deur J. Celestine Pretorius, redakteur, André Malan, Alana Bailey, Sandra Saayman, H.S. (Tia) Hugo en J.F. (Joey) Wilmans)

    справка в бассейнлобановский александр дети

  • By die uitspanplek

    By die uitspanplek

    Die trekkers het volgens Op Trek (deur J. Celestine Pretorius, redakteur, André Malan, Alana Bailey, Sandra Saayman, H.S. (Tia) Hugo en J.F. (Joey) Wilmans) in groepies getrek en gekampeer omdat daar nie weiding vir almal se vee was nie. Sulke groepe het oor en weer gekuier, koffie gedrink en soms saamgeëet, soos op Nuwejaar.

    Wanneer gevaar dreig, het die geselskappe gekonsolideer. Die meeste trekkers wat in vyandelikhede dood is, se waens was in klein groepies uitgespan en nie in ‘n laer saamgetrek nie. Tog was daar hardkoppiges wat nie in groot laers wou saamtrek nie. Die klassieke vorm vir die walaer was die sirkel, met soms ‘n kleiner sirkel binnekant vir beskerming van die vroue en kinders.

    Omdat hulle goeie jagters was, was daar altyd vleis, maar dit moes gesout of gepekel word om te hou. Een resep vir pekel was 6 bottels water, 1½ pond sout, ½ pond bruin suiker, ½ ons salpeter, ½ ons potas wat saamgekook word, en dan nog speserye na smaak.

    Ander kos was moeiliker bekombaar. Middele soos meel, koffie, tee, suiker en rys is wel saamgeneem, maar rys en brood is later net vir siekes gegee. Soms is lank genoeg oorgestaan om landerye te begin, want behalwe die implemente het saad, stiggies en moere saamgereis. Ook is koring, mielies, soetriet, piesangs, patats, heuning en pampoene van swart mense geruil. By laasgenoemde het hulle sorghum leer eet.

    Sout was skaars en wanneer hulle by ‘n soutpan verby is, is ‘n groot voorraad opgelaai. Koffie en tee is algemeen gedrink; die koffiebone is by smouse gekoop. Vir vuurmaak is ‘n tonteldoos gebruik, want vuurhoutjies was daar nog nie. Ook is bietjie kruit op ‘n droë lappie gegooi en ‘n klip gebruik om ‘n vonk mee te slaan.

    Onontbeerlik vir die vroue was die wit kappies met gestyfde rande wat hulle teen die son, wind en weer moes beskerm. Dit was byna ‘n skande om deur die son verbrand te wees. Kappies maak was ‘n fyn kuns; vir die rande was sulke fyn stekies nodig dat die vroue buite in die son moes sit en werk. Die rokke was lank en het net bokant die grond gehang.

    Naalde was kosbaar. Soms is ure gesoek na ‘n naald wat geval het. As die punt afbreek, moes ‘n nuwe punt op ‘n klip geslyp word. Mooi borduurwerk is soms gedoen. Verder is kerse gemaak, seep gekook, velle gelooi, rieme gebrei, velskoene gemaak en swepe gevleg. Swepe, sambokke en rieme moes snags weggebêre word anders het hiëna’s nadergesluip en dit opgevreet!

    In groot laers was die omstandighede soms haglik. Weens diefstalgevaar moes die trekkers die vee partykeer in die laer injaag, wat die ongerief vererger het. By die laers en uitspanplekke was daar streng maatreëls vir sanitasie, verwydering van afval en die voorsiening van skoon water.

    Die meeste trekkers het hul eie “huisapteke” saamgeneem. Hulle het groot waarde geheg aan wit-, rooi- en bruindulsies wat hoofsaaklik uit ‘n alkoholoplossing van kaliumasetaat bestaan het. Ander middels was kasterolie vir ‘n ongestelde maag, wonderessens vir slegte spysvertering, Hoffmans- Haarlemmer- en versterkdruppels, soetolie en dergelike meer. Baie van die middels was net ‘n troos. As een middel nie help nie, is maar ‘n volgende ingegee. Die siektes wat die meeste voorgekom het, was masels en “koors”.

    свет в спальнетопкарго отзывы

  • Op die trekpad

    Op die trekpad

    Groot TrekDie trekkers was heeltemal afhanklik van die trekosse en het hulle goed opgepas. Snags is soms groot vure gemaak om wilde diere weg te hou. ‘n Span het gewoonlik uit twaalf tot sestien osse bestaan, en elke os het sy eie naam gehad. In Tregardt se trek was daar ‘n Ribbok, Somer, Friesland, Rooiland, Wiegeland, Robbert, Duiker, Joeman, Vryman, Liefhebber, Witbol, Fluit, Witsenberg, Tiegerberg, Blouberg, Regter en Roman. Elke os het ‘n vaste plek in die span gehad. Links van die wadrywer op die wakis was die hotkant en regs die haarkant. In ‘n span van 12 was daar dus ‘n hotvoor, haarvoor, hotnaasvoor en haarnaasvoor, hot-op-ses, haar-op-ses, die hot- en die haarnaasagter, en die hotagter en haaragter.

    Volgens Op Trek (deur J. Celestine Pretorius, redakteur, André Malan, Alana Bailey, Sandra Saayman, H.S. (Tia) Hugo en J.F. (Joey) Wilmans) was die snelheid van die ossewa gemiddeld ongeveer 5 km per uur. As die reis voorspoedig was, kon ‘n trekker tot 32 km per dag aflê. Die osse moes gewoonlik rus nadat hulle so drie uur lank getrek het. ‘n “Skof” is dan afgelê.

    Teen dagbreek het die sweep reeds vir die oggendskof geklap. Op ‘n baie warm dag is daar nie in die hitte getrek nie, en is die osse uitgespan. Teen laatmiddag is daar weer ‘n skof getrek. As die maan helder is, en daar nie te veel leeus was nie, is soms ‘n nagskof afgelê.

    Elke wadrywer het ‘n sweep gehad. Die bamboesstok was meer as vier meter lank en die sweep self minstens vyf. Voor aan die punt van die sweep was die voorslag (‘n dun wildsbokvelriempie) van minder as ‘n meter lank.

    Die trekpad het baie gevare en ontberings opgelewer: donderstorms, haelbuie, ysige winternagte, versengende hitte; roofdiere, slange en giftige insekte. Waens wat omval, byvoorbeeld teen ‘n steilte of in ‘n drif, of selfs wanneer die osse op loop sit daarmee, het groot skade veroorsaak. Die veld was soms so ruig dat die mans met byle ‘n pad vir die wa moes oopkap.

    Verskriklik was dit as sulke ruigtes of die laer aan die brand raak. Op 2 Junie 1839 het daar ‘n brand in die laer van Jacobus Potgieter uitgebreek en is die ganse laer in as gelê. Die trekkers het net die klere aan hul lyf oorgehou, sommige nie eers ‘n hoed nie. Die groot hoeveelheid kruit op die waens het veroorsaak dat die laer heeltemal uitgebrand het. Vier mans en ‘n paar kinders het omgekom.

    Twee van die grootste hindernisse op pad was die Oranjerivier en die Drakensberge. Party het die Oranje oorgesteek by Buffelsvlei naby die huidige Aliwal-Noord en ander trekke by Zanddrif. J.H. Hatting vertel dat hulle eers die waens met vlotte oorgeneem het, daarna die vrag en die kleinvee. Die beeste moes maar self deurswem. Uiteindelik is die vroue en kinders oorgeneem. Onder die sing van “Komt! treên wij dan gemoedigd voort” (Gesang 20 vers 9) het hulle die oorkant bereik.

    Voordat die waens in 1837 na Natal is, het die mans die Drakensberge goed verken. Wildspaadjies was soms ‘n aanduiding waar waens kon ry. Sterk rieme van buffelvel is aan die waens vasgemaak en die mans het met alle mag aan die bergkant van die waens gehang om te voorkom dat hulle afstort. Om te keer dat die waens op loop raak, is remskoene gebruik, en om die vaart verder te stuit, is soms takke aan die agterstel vasgemaak.

    пинетки носочкиtopcargo отзывы

  • Voorbereidings vir die Trek

    Voorbereidings vir die Trek

    Die meeste van die ongeveer 10 000 Afrikaners wat getrek het, was van die distrikte Graaff-Reinet, Uitenhage, Somerset en Cradock, enkeles uit Swellendam, Beaufort-Wes en Grahamstad, en ‘n paar gesinne uit Colesberg. Die meeste trekkers het uit vrees vir maatreëls van die Britse bewind in die geheim vertrek. Plase en huisraad is op vendusies verkoop, maar omdat soveel grond tegelyk op die mark gekom het, was die pryse belaglik laag. Spekulateurs het boere soms aangemoedig om te trek sodat hulle goeie grond goedkoop in die hande kon kry.

    Volgens Op Trek (deur J. Celestine Pretorius, redakteur, André Malan, Alana Bailey, Sandra Saayman, H.S. (Tia) Hugo en J.F. (Joey) Wilmans) was die ossewaens 3,6 tot 4,5 meter lank, en 80 tot 100 cm. breed. Omdat die waens hout-asse gehad het, was die gemiddelde vrag van 1600 tot 1800 kg.

    Die onderdele kon onafhanklik van mekaar beweeg, wat verhoed het dat die wa breek as dit oor ‘n groot rots of miershoop gery of in ‘n diep gat beland het. Die waens kon ook uitmekaar gehaal word om oor ‘n hoë berg of groot rivier te vervoer. Om die houtwerk te beskerm, is die waens geverf — buite gewoonlik donkergroen, binne dikwels blou.

    Kenmerkend van die wa was verder die kakebeenvorm, die wiele in kommetjievorm (omdat hulle sterker was as die gewone regaf wiel) en die kaptent van bamboesstokke of bondels latte waaroor ‘n seildoek geplaas is wat met byewas of olie behandel is om dit waterdig te maak. Wanneer deur digte bosse of doringbome getrek is, is wildsvelle oor die tentkap vasgemaak om skeure te voorkom. Die wakis op die buikplank was sit- én bêreplek.

    Weens die min plek is baie goed in die Kolonie agtergelaat. Gewoonlik is ‘n katel op die wa oorkruis met rieme gespan en voorrade en opvoubare meubels rondom gerangskik. Op die waens was verder klere, komberse en ander beddegoed, meel en onbederfbare kos soos biltong, beskuit en droë vrugte, daarby seep, kerse, leerware soos skoene en swepe, ekstra onderdele vir die waens, en lood en kruit om mee te skiet.

    Die meeste het met meer as 135 kg kruit die reis aangepak. Omdat die Britse regering die Trekkers nie wou toelaat om met skietgoed die land te verlaat nie, en Engelse patrollies die waens tot by die Oranje laat visenteer het, moes smokkelplanne bedink word. Waens het soms twee buikplanke gehad. Die boonste was 15 cm. bokant die onderste, en tussen die twee is lood en kruit weggesteek.

    Soms is die ammunisie, in bokvelsakke toegewerk, met ‘n betroubare persoon vooruit gestuur, wat dit langs die pad begrawe het. Een keer het ‘n vrou ‘n patrollie bemerk, hul sak kruit tot by die kampvuur gesleep, ‘n velkombers oorgegooi en bo-op gaan sit. So het sy die kruit gered, hoewel dit maklik kon ontplof.

    Saam met die waens was vrygestelde slawe, maar sommige het weggeloop. Die oud-slawe was dikwels saam met die wit mense slagoffers van aanvalle. Verder het die trekkers hul diere saamgeneem — nie net beeste, bokke en skape nie, maar ook honde, katte, hoenders en eende. Die Tregardts is soggens deur hanegekraai gewek. Hans de Lange het ‘n mak bobbejaan gehad wat volgens oorlewering selfs kon toulei! Die versorging van die diere was ‘n belangrike deel van die dagtaak. Verliese is soms gely weens allerlei siektes en veldbrande.

    onlineЛобановский Харьков

  • Swart migrasies in Suider-Afrika

    Swart migrasies in Suider-Afrika

    MzilikaziDie Groot Trek is makliker gemaak deur ‘n reeks massiewe volksverhuisings wat aan die gang gesit is deur die Zoeloeleier Shaka nadat hy omstreeks 1816 opperhoof geword het. Al sy swart bure moes swig vir sy gedissiplineerde krygers met hul steek-asgaaie. Diegene wat nie gedood of in die Zoeloeryk ingelyf is nie, het na die noorde, weste en suide uitgewyk. Dit het ingewikkelde volksbewegings meegebring. Toe een van Shaka se aanvoerders, Mzilikazi, oor die Drakensberge padgee om ‘n eie ryk te bou, het hy tot in die Kalahari migrasies aan die gang gesit.

    Een van die gevolge van die volksbewegings was die ontvolking van uitgestrekte dele van Suider-Afrika. Aan die een kant was daar meer onbewoonde grond vir die wit emigrante beskikbaar, maar aan die ander kant kon die nuwe Zoeloe- en Matebele-despote makliker weerstand bied teen hul koms. ‘n Tweede gevolg van die verhuisings was dat lede van verbrokkelde stamme die Kaapse grensdistrikte ingestroom en die lewe verder ontwrig het.

    Onder die talle stamme wat die meeste gely het onder die opkoms van die Zoeloeryk op die Hoëveld het die migrasie as die Difaqane bekend geraak. Dit was nie alleen ‘n massaverhuising nie, maar ook ‘n revolusie, sê C.F.J. Muller.

    In enkele jare is die binneland oor tienduisende vierkante kilometer onherkenbaar verander. ‘n Onberekenbare aantal stamme, klein en groot, is uitgemoor. Tienduisende vlugtelinge wat nie buitengewone skuilplekke kon uitsoek of buitengewone afstande, soos dié na die Kaapkolonie kon aflê nie, moes onder die blote hemel rondswerf. Verwilderde, desperate mense het soms uit nood, later uit voorkeur, begin om saam met roofdiere mense te jag. Van hulle het versot geraak op mensvleis.

    Maar veral die groter roofdiere soos leeus en luiperds het gefloreer deur die jag op relatief onbeskermde vlugtelinge. In Wes-Transvaal het verkenningsekspedisies swart mense aangetref wat in groot bome en op pale vaste skuilplekke opgerig het.

    Oor hoeveel mense dood is, is daar verskil van mening. Een historikus meen dat sowat 300 000 deur ander opgeëet is. Die historikus G.M. Theal skat die totale lewensverlies op nader aan twee as een miljoen. Die getalle in roofdiere en wild het toegeneem en vir wit en swart jagters het dit ‘n paradys geword. In ieder geval het die getalsterkte van die swartes afgeneem.

    C.F.J. Muller skryf in Die oorsprong van die Groot Trek: “Jagters, ontdekkingsreisigers, handelaars, trekboere en sendelinge se wawiele het soms krakend oor mensegeraamtes gerol. […] Blankes, Griekwas, Korannas, Basters en sterker Bantoegroepe wat na hierdie streke aangetrek is, is dikwels deur die gedemoraliseerde mensereste as beskermers verwelkom. […] Vreesbevange vlugtelinge het ‘n paar mans te perd met vuurwapens as potensiële beskermhere aangesien. Baie Nie-blankes was bereid om met trekboere en Voortrekkers om beskerming te onderhandel. Bloot om beskerming, met vleis en graan, sou baie bereid wees om tydelik in hul diens te tree. In hierdie jare van revolusie was baie swartmense soos klei in die hande van Blankes, Griekwas, Basters en Bantoeleiers wat sekuriteit belowe het.”

    play demo rouletteДанильченко Юрий Брониславович компромат

  • Tagtigjarige oorlog tussen Spanje en Nederland

    In die aanloop tot die sokker-wêreldbekereindstryd tussen Spanje en Nederland word gereeld verwys na die tagtigjarige oorlog tussen Nederland en Spanje.

    Nederland het in wese eers in 1648 as ‘n deel van die vrede van Münster formele onafhanklikheid gekry, slegs enkele jare voor Jan van Riebeeck na die Kaap sou vertrek.

    Maar hoe het dit gekom dat Nederland in die eerste plek ‘n Spaanse “kolonie” geword het?

    Op die hoogtepunt van Europese monargie het troonopvolging en huwelike dikwels tot vreemde situasies gelei. So is die Britse koningshuis, bekend as die Huis van Windsor, eintlik die Huis van Hanover, ‘n Duitse koningshuis. Dit is in 1917 verander toe die Britte en die Duitsers haaks geraak het.

    Die Spaans-Nederlandse oorlog kan teruggevoer word na die Huis van Habsburg. Hierdie koningshuis word sedert 1438 geassosieer met die keisers van die Heilige Romeinse Ryk. Hoewel dié huis oorspronklik uit Switserland stam, is dit later ten nouste met Oostenryk geassosieer.

    Nederland het, soos Hongarye en talle ander dele van Europa deel van hierdie ryk uitgemaak. Deur erfopvolging het Spanje ook deel van dié ryk geword, maar in die 16de eeu het die Huis van Habsburg (met sy swaartepunt in Spanje) in ‘n Spaanse Huis van Habsburg en ‘n Oostenrykse Huis van Habsburg verdeel geraak.

    Nederland het deel van die Spaanse Habsburg geword. Keiser Karel V van 1555 verskeie van die krone waaroor hy beskik het geabdikeer, en sy seun, Philip, is as opperheer van Nederland aangewys. Anders as sy pa, wat via Nederlandse adelliede soos die Prins van Oranje,  Philip de Montmorency, Hertog van Hoorn, en Lamoral, Hertog van Egmont oor die “Lae Lande” regeer het, het Philip Spaanse heersers aangewys, en ook ‘n Spaanse goewerneur-generaal aangewys om in sy permanente afwesigheid te regeer.

    Weens Philip se ander monargie-verpligtinge – hy het sy pa intussen as koning van Spanje opgevolg – was hy was in verskeie oorloë betrokke, en Nederlanders moes die rekening betaal. Die oorsaak van die bevrydingsoorlog is met ‘n slagspreuk, Geen belasting sonder verteenwoordiging, ingelei. Terselfdertyd het Protestantisme en ana-Baptisme na Nederland versprei, wat as ‘n bedreiging vir die Rooms-Katolieke Spaanse troon beskou is. In 1566 het die “Beeldenstorm” plaasgevind wat die Rooms-Katolieke troon in Spanje ontstel het.

    Die oorlog, wat van 1568–1648 geduur het, het formeel ontbrand toe die Hertoë van Egmont en Hoorn op die stadsplein van Brussel (deel van die Nederlande) opgehang is. Die Spanjaarde het ook Willem (die Swyger), prins van Oranje, se bloed gesoek, maar dié – eens ‘n vertroueling aan die hof van Karel V – het die Spaanse regeerstyl geken en ontvlug tot hy later deur ‘n spioen vermoor is.

    Met die Vrede van Münster het slegs die noordelike provinsies onafhanklik geword. Die suidelike Nederlande, België en Luxumburg, het onder Spaanse bewind gebly.

    Uit die tagtigerjare dateer ook die lied van Piet Hein wat die Spaanse Silwervloot in 1629 verower het. Die waarde van die silwer aan boord was glo in vandag se terme sowat een en ‘n half miljard euro’s werd. Die silwer was van Potosi met sy “berg van silwer” uit hedendaagse Bolivia afkomstig.

    справка в бассейнОлександр Фільчаков прокурор