praag.co.za

Category: Kos en wyn

  • Neute kan hartsiektes verminder

    Spaanse navorsers het bevind dat dit beter werk om neute in kos te sit as om die kos met olyfolie te besprinkel, soos wat baie in Mediterreense diëte gedoen word. Beide metodes help om hartrisiko's, bekend as metaboliese sindroom, te verminder in meer mense as wat 'n lae-vetdieet doen.

    "Wat baie verrassend is, is dat hulle substansiële metaboliese voordele gevind het in vermindering van kalorieë en gewigsverlies," het dr. JoAnn Manson, hoof van voorkomende medisyne by Harvard se Brigham en Vrouehospitaal gesê.

    In die studie, wat Maandag verskyn het in die Archives of Internal Medicine, is die mense wat die meeste verbeter het aangesê om ongeveer drie okkerneute, sewe of agt haselneute of sewe of agt heel amandels te eet. Hulle het nie gewig verloor nie, maar meer van hulle was suksesvol daarmee om maagvet te verloor en hulle cholesterol- en bloeddrukvlakke te verbeter.

    lots of slotsОлександр Васильович Фільчаков

  • Raak wyn polities onkorrek?

    In ‘n poging om drankvergrype onder Franse tieners te probeer hokslaan, het die regering verlede week voorgestel dat die ouderdom waarop tieners drank mag koop van 16 tot 18 verhoog word. Die regering wil ook alkoholverkope by vulstasies verbied en die “drink soveel jy kan”-op kroegaande by skole beëindig.

    Die Franse laat-maar-gaanhouding is oor die laaste 4 jaar getoets met ‘n 50%-verhoging van tieners onder 15-jarige ouderdom wat in die hospitaal beland het weens dronkenskap, het die ministerie van gesondheid berig.

    “Drankvergrype is nie net meer ‘n Angel-Saksiese probleem nie”, het Alain Rigaud, president van ANPAA, ‘n anti-alkoholgroep, gesê.

    Die wynnywerheid het gesê dat die beoogde maatreëls van die regering min gaan doen om die probleem op te los, en gaan ‘n industrie wat reeds swaar trek verder skade aandoen. Franse tieners beskou wyn as iets wat deur hulle ouers gedrink word, en as hulle wil dronk word, gebruik hulle eerder bier of hardehout.

    Terwyl bier- en hardehoutgebruik effe gestyg het in Frankryk in onlangse jare, het die inname van wyn gedaal tot ‘n gemiddeld van 56 liter per persoon per jaar, van ‘n hoogtepunt van 100 liter in 1960, volgens die nasionale statistiekburo. Vir totale wyninname, blyk dit dat Amerika Frankryk gaan verbysteek, volgens ‘n studie wat vir Vinexpo, ‘n wynskou in Bordeaux, gedoen is, hoewel Frankryk voor bly op ‘n perkapitavlak.

    Franse wynproduksie het gedaal, en ‘n verdere daling word verwag met die inkorting van subsidies van die EU. Om dinge vir wynmakers nog moeiliker te maak, is die president, Nicolas Sarkozy, ‘n geheelonthouer. 

    леґотопкарго отзыв

  • Wie hou die pot aan die roer?

    Êrens tussen gister en vandag het dinge egter verander.  Nadat sy aangesê is  om die klitser te kry en die sous te roer,  merk my dogter (reeds 8 maande op haar eie) verbaas op : “O, is dít wat mens met dit maak, ek kon nog nooit 'n rede kry om myne te gebruik nie!” Ek kon haar maar net stom aankyk!

    Nog erger, 'n bekende, 33 jaar oud, het baie beslis haar kastrolle by haar ma op die plaas gaan aflaai; dit staan net haar kaste vol, het sy onomwonde verklaar.

    'n Ander jong dame is bekommerd, sy sal  die samoesas wat sy vir 'n geselligheid wil voorsit nie kan braai nie, want sy het nie 'n elektriese diepbraaier nie! Vele mammas sal nou in 'n koor sê: “maar julle moes hulle geleer het!” Feit is ons het probeer, maar anders as by ons, was die belangstelling nie daar nie!

    Jamie Oliver, die befaamde “kaal kok”, vertel dat hy van kleins af in sy pa se restaurantkombuis in Claving, Essex geboer het en toe hy 11 jaar was, was hy al gemaklik met heelwat kombuistake. Op sestien was sy belangstelling in so 'n mate geprikkel, hy wou net 'n sjef word! Dít is spontane belangstelling!

    Met groot blydskap sien ek 'n kookboek van Jamie Oliver, op my seun Lourens se sewentiende verjaardagwenslysie. Sy meisie koop dit toe ook vir hom. ('n Baie slim skuif van enige meisie, want sê nou maar die kys hou!)  Tot ons bittere spyt was kosmaak egter net 'n fase in sy tienerlewe!

    Geskiedenis vertel dat die eerste professionele sjefs vir die weermagte, asook konings, gekook het. Die eerste ou wat wat as die vader van die professionele kombuis gesien word, was Auguste Escoffier. Hy het die weermagkombuis in 'n gestruktureerde organisasie verander. Vroue het egter nie in die prentjie gepas nie. Dit is nou volgens Ann Cooper, skryster van A Woman’s Place in the Kitchen: The Evolution of Women Chefs.

    Nou kom die groot vraag: Is die manne regtig beter met kosmaak as ons vroue? Daar is darem wel manne wat soos Jamie Oliver en sy eweknieë die maak van kos tot  kuns en vermaak veredel het. Daar is egter baie vroue wat met kos kan “toor.” Nie noodwendig dié wat kos vir 'n regiment kan maak nie, maar ook die miljoene vroue wat, sonder vertoon, elke dag 'n smaaklike bord kos voor 'n familie neersit. Van altyd af was die vrou in die kombuis, voor die stoof en lepel in die hand aan die roer. Tong in die kies wil ek sê: miskien hou manne maar net van die ophef wat gemaak word as hulle die dag agter die potte inskuif. Hy maak dan nie net kos nie; hy is 'n sjef!

    ресивер для компрессора этоданильченко юрій Харків