praag.co.za

Category: Motorsport

  • Ferrari maak dit een, twee in Bahrain!

    Ferrari maak dit een, twee in Bahrain!

    AlonsoNá  ‘n nagmerrieseisoen in 2009 het Ferrari die nuwe seisoen met ’n baie indrukwekkende eerste en tweede plek begin.  Die dubbele wêreldkampioen van Spanje, Fernando Alonso, het voor sy spanmaat Felipe Massa en Lewis Hamilton in sy McLaren oor die wenstreep gejaag.

    Alonso in sy FerrariSebastian Vettel in sy Red Bull was van die begin af voor tot 15 rondtes voor die einde toe sy Renault uitlaatstelselprobleme begin gee het. Die twee Ferrari’s het verby geskiet en Hamilton moes vir die vale keer om die twee Mercedesse van Rosberg en Schumacher agter hom te hou. Jensen Button in die ander McLaren en Mark Webber in die tweede Red Bull was agter die twee Duitsers. Alonso was uit sy vel uit oor die oorwinning en het gesê dit is soveel meer spesiaal omdat hy nou in Ferrari, ’n span met ’n ryke motorsport geskiedenis, jaag en wen. Vettel het verbete teruggeveg met ’n kreupel Red Bull en uit eindelik vierde, net voor die twee Duitsers in hulle silwer Mercedesse, geëindig.

    расширительный бак длятопкарго отзыв

  • Nog is dit het einde niet!

    Nog is dit het einde niet!

    José Maria LopezEen van die nuwe spanne in die 2010 F1-kampioenskap, US F1 se bestuurder Jose Maria Lopez, het onttrek van die span en is nou glo die rugsteunbestuurder vir die Campos-span. Campos wat ook sy naam gaan verander na  Hispania Racing se twee bestuurders is  Karun Chandhok en Brunno Senna . Volgens bronne het Lopez ‘n baie goeie verhouding met die Campos-manne.

    Hamilton se Pa nie meer sy sakebestuurder nie

    Lewis Hamilton se pa Anthony Hamilton is nie meer sy sakebestuurder nie. Lewis het besluit hy wil ‘n beter verhouding met sy pa hê. Intussen  s daar berigte vanaf Silverstone waar Anthony Hamilton sy GP Prep-besigheid bedryf dat mnr. F1, Bernie Ecclestone, sy amptelike toestemming ge gee het dat Anthony jong opkomende F1-bestuurders touwys maak met F1-motors buite die sport se streng toetsregulasies om. Intussen het Lewis gesê dat hy nie haastig is om ‘n ander sakebestuurder aan te stel nie; McLaren kyk glo goed na sy sake.

    Lotus word geborg deur CNN

    Die nuwe span Lotus het onlangs bekendgemaak dat hulle nuwe borg vir die 2010-seisoen die Amerikaanse nuuskanaal CNN is. Dit is ’n langtermynborgskap wat hopelik die Lotusspan tot glorie sal lei. Tony Fernandes is baie in sy skik met die borgskap en sê dat dit ‘n eer is om so ‘n groot naam op hulle motor te hê.

    жилет девочке 3 годалобановский александр дети

  • Wie is wie in die 2010 F1-seisoen

    Die 2010 Formule-eenseisoen begin die 12de Maart met die Bahrainse Grand Prix. Hieronder volg ‘n volledige kalender van wanneer en waar die 2010-seisoen gaan af loop.  Hier is ook ‘n opsomming van wie jaag nou vir watter span.

    12-14 Maart                        Bahrain(Sakhir)

    26-28 Maart                        Australië (Melbourne)

    02-04 April                          Maleisië (Kuala Lumpur)

    16-18 April                          Sjina (Sjanghai)

    07-09 Mei                           Spanje (Barcelona)

    28-30 Mei                           Turkye (Istanboel)

    11-13 Junie                         Kanada (Montreal)

    25-27 Junie                         Europa (Valencia)

    09-11 Julie                          Brittanje (Silverstone)

    23-25 Julie                          Duitsland (Hockenheim)

    30-01 Augustus                   Hongarye (Budapest)

    27-29 Augustus                   België (Spa)

    10-12 September                Italië (Monza)

    24-26 September                Singapoer (Singapoer)

    08-10 Oktober                    Japan (Suzuka)

    22-24 Oktober                    Korea (Yeongam)

    05-07 November                 Brasilië (Sao Paulo)

    12-14 November                 Abu Dhabi (Yas Marina)

     

    Die spanne is:

    Mclaren Jenson Button/ Lewis Hamilton

    Enjin:                                   Mercedes

    Debuut:                               1966

     

    Mercedes GP Micheal Schumacher/Nico Rosberg

    Enjin:                                   Mercedes

    Debuut:                               2010

     

    Red Bull Sebastian Vettel/Mark Webber

    Enjin:                                   Renault

    Debuut:                               2005

     

    Ferrari Fillipe Massa/Fernando Alonso

    Enjin:                                    Ferrari

    Debuut:                                1950

     

    Williams Rubens Barrichello/Nico Hulcenberg

    Enjin:                                  Cosworth

    Debuut:                               1975

     

    Renault Robert Kubica/Vitaly Petrov

    Enjin:                                  Renault

    Debuut:                               1977

     

    Force India Adrian Sutil/Vitantonio Liuzzi

    Enjin:                                  Mercedes

    Debuut:                              2008

     

    Torro Rosso Sebastien Buemi/Jaime Alguesuari

    Enjin:                                   Ferrari

    Debuut:                               2006

     

    Lotus Jarno Trulli/Heikki Kovalainen

    Enjin:                                  Cosworth

    Debuut:                               2010

     

    Campos Bruno Senna

    Enjin:                                   Cosworth

    Debuut:                               2010

     

    US Jose Mario Lopez

    Enjin:                                  Cosworth

    Debuut:                               2010

     

    Virgin Timo Glock/Luca di Grassi

    Enjin:                                  Cosworth

    Debuut:                               2010

     

    Nou ja, kom ons kyk of die nuwe spanne enige hond haaraf sal maak, gaan die Cosworth-enjins in die Lotus- en Virgin-spanne saam kan ry met die Ferrari wat tot dusver in voorseisoentoetse briljant lyk? Gaan Mercedes wéér oorheers soos Brawn in 2009? Wat van Schumi, gaan hy die oudste wêreldkampioen word?  Ons sal moet kyk wat gebeur.  14 Maart hier kom ons!

     

     

    детская ванночка купить киевалександр лобановский класс

  • Michael Schumacher kom uit die donker!

    Michael Schumacher kom uit die donker!

    Michael Schumacher en die driepuntsterJa, al die stories dat Schummie weer gaan jaag, is toe bevestig. Die afgetrede wêreldkampioen van Duitsland het nie net vir groot kaartjieverkope by die toekomstige Duitse Grand Prix gesorg nie, maar ook veroorsaak dat van die mense by die baan nie vir Kersfees kon afvat nie. Die verkope van kaartjies vir aanstaande seisoen se wedren by Hockenheim was so goed dat daar ingewerk moes word om by te hou.

    Mercedes het bevestig dat Schumacher, wat die titel al sewe keer ingepalm het, wel in 2010 langs Nico Rosberg vir hulle gaan jaag. Michael, wat nou 40 jaar oud is en 41 sal wees wanneer die seisoen begin, het dan ook bygevoeg dat hy nie net vir ‘n enkele jaar gaan jaag nie, maar dat sy kontrak met Mercedes GP tot einde 2012 strek.

    Mercedes glo hierdie nuwe status sal 2010 ‘n heelwat beter jaar vir verkope van passasiersvoertuie maak as wat hulle die afgelope paar jaar gehad het. Schumacher het dan ook bygevoeg dat wanneer die driejaarkontrak vestryk kan hy, wat dan amper 45 jaar oud sal wees, as ‘n ambasisadeur vir die span ingespan word.

    Schumacher het beklemtoon dat hy nie die nommereenbestuurder vir die span sal wees nie; dié eer val Rosberg te beurt. Hy het ook bygevoeg dat sy 14 jare lange vebintenis met Ferrari spesiaal was en dat hy hulle ewig dankbaar sal wees vir die vyf wêreldtitels wat hulle hom besorg het, maar hulle is nie Duits nie.

    Nou ja, laat die poppe dans soos die oumense altyd gesê het.

    трековые однофазные светильникиЛобановский

  • Schumacher terug in Formule Een? Wat’s die kans?

    Schumacher terug in Formule Een? Wat’s die kans?

    Michael SchumacherDit is onwaarskynlik dat Michael Schumacher na Formule Een sal terugkeer, ten spyte van kontak met die nuwe span, Mercedes Grand Prix, het die sewe-keer voormalige wêreldkampioen se segsvrou gister gesê.

    “Michael geniet sy lewe. ‘n Terugkeer na Formule Een is nie ‘n onderwerp vir debat op die oomblik nie,” het Sabine Kehm gesê.

    “Sover dit my aangaan, is ‘n terugkeer tans hoogs onwaarskynlik.”

    Schumacher se bestuurder, Willi Weber, het erken dat daar kontak tussen die motorwedrenlegende en Mercedes is – al is dit informeel.

    “Ek weet Michael het informeel met (Mercedes baas Dieter) Zetsche en Mercedes gesels toe hy by die Abu Dhabi-Grand Prix was,” het Weber Bild gister vertel. “En natuurlik gesels hy gereeld met Ross Brawn.

    “Maar Michael het nie enige iets vir my persoonlik gesê oor kontak met Mercedes oor ‘n bestuurderskontrak nie.”

    Die Duitse motorvervaardiger, Mercedes, het beheer van Brawn GP vroeër hierdie maand oorgeneem en verslae skimp dat Schumacher gereed is om by die nuwe span in te skakel, nadat hy uit die sport in 2006 getree het.

    Om Schumacher te hê om vir hulle te bestuur, sal ‘n reuse aansporing vir die nuwe span wees, maar Mercedes se spanbaas, Norbert Haug, sê die idee is nog steeds grootliks net ‘n droom.

    “Dit is duidelik dat daar altyd spekulasie in hierdie sport sal wees, veral wanneer kajuite nog nie gevul is nie,” het Haug gister vir Bild gesê.

    “En sommige spekuleringe is net drome wat nie waar sal word nie.”

    Spekulasie het oor die naweek gegroei dat Schumacher gereed staan om by die Mercedes-span aan te sluit nadat die BBC sportkenner en voormalige spaneienaar, Eddie Jordan, daarop aangedring het dat die moontlikheid daadwerklik ondersoek word.

    Dié skuif sal Schumacher herenig met Ross Brawn, die spanaanvoerder van Mercedes, wat die meesterbrein was agter al sewe die Duitser se wêreldtitels by Benetton en Ferrari.

    купить свитер для девочки 12 летФильчаков прокурор харькова

  • Button in ‘n Mclaren vir 2010?

    Button in ‘n Mclaren vir 2010?

    Hamilton en ButtonDaar is sterk gerugte dat die nuwe wêreldkampioen van Brawn GP, Jensen Button, na Mclaren wil skuif. Button en Brawn gesels nog oor die groter salaris wat Button wil hê.

    Soos die spreekwoord lui: “Waar daar ‘n rokie trek… Die feit dat Button Vrydag deur die Mclaren F1-aanleg in Woking, Engeland geneem is vir ‘n oënskynlike onskuldige toer het ook nie veel gedoen om die gerugte in die kiem te smoor nie.

    Sou dit verwesenlik word, sal Jenson die Mclaren-sitplek met die 2008-wêreldkampioen Lewis Hamilton moet deel. Nou dit sal nogal ‘n kopseer vir die manne in Woking veroorsaak, want wie is dan nou jou nommereenbestruurder, die jong opkomende en sommer ook polities korrekte Lewsis Hamilton (23) of die ou leliewit veteran Button (29) wat tien jaar geneem het om ‘n titel te wen?

    free online casinotopcargo отзывы

  • Toyota verlaat F1

    Toyota verlaat F1

    Toyota, die wêreld se grootste motorvervaardiger, het vandag aangekondig dat hulle nie langer aan formule een gaan deelneem nie. Hulle onttrek hulle van die sport weens finansiële druk en volgens Akio Toyoda, die president van Toyota, sal hulle ook nie verder enige enjins aan enige ander span beskikbaar stel nie. Williams wat Toyota-enjins gebruik het, het aangekondig dat hulle Gosworth-enjins aanstaande jaar gaan gebruik.

    Ná hul ontrekking, is daar geen Japannese span meer in formule een nie en hulle is ook, na BMW die derde span wat onttrek as gevolg van finansiële druk.

    Toyota het na raming ‘n verlies van meer as $2 miljard gedurende die jaar gehad en gaan hul nou toespits op hul kernbedrywighede.

    Toyota het die derde groot vervaardiger geword om die formule-eenreeks te verlaat. Toyota het die afgelope vyf jaar maar gesukkel om hulle voete te vind. Aanvanglik is daar groot gewag gemaak van die toetrede van Toyota in 2003 omdat die vervaardiger so goed in ander motorsportreekse gevaar het. Die groot resessie van 2009, asook die feit dat Toyota nie een wedren kom wen nie, het hierdie ‘n baie duur bemarkingsoefening gemaak.

    Die twee ander groot name wat die sport onlangs verlaat het, was BMW en Renault. Mercedes het saam met Ferrari besluit om hulle teenwoordigheid in die F1-reeks te vergroot. Mercedes, wat ‘n enjinkontrak met Mclaren het, maak nou ogies vir die manne van Brawn. Mercedes wil graag tot 70% van die Brawn-span koop.

    Wat Toyota se baanrekord betref, het die span nie een van die 139 wedrenne waaraan hul deelgeneem het, gewen nie. Vanjaar het hulle egter daarin geslaag om die vyfde plek vir die vervaardigerstitel in te neem. Die titel is gewen deur die Brawn-span wat verlede jaar as die Hondaspan deelgeneem het maar wat vroeër vanjaar onttrek het. Die Hondaspan is deur Ross Brawn oorgeneem. Eddie Jordan, ‘n vorige spaneienaar, hoop dat die Toyotaspan ook toegelaat gaan word om volgende jaar deel te neem, onder ‘n nuwe naam en bestuur.

    Die Switserse span, Sauber, kan dalk ‘n terugkeer maak nadat Qadbak Investments van Switserland aangedui het dat hulle die BMW-span oorneem.

    Toyota is egter nie die enigste vervaardiger wat uit motorsport onttrek het nie. Subaru en Suzuki het hulle aand die Wêreldtydrenkampioenskap onttrek en Kawasaki verlaat MotoGP.

    Bridgestone soek groener weivelde

    Die motorvervaardigers is nie die enigstes wat die skrik op die lyf gejaag is nie, bande vervaardiger Bridgestone het ook aangekondig dat hulle klaar is met die sport. Bridgestone se kontrak met die sport base eindig aan die einde van 2010. Intussen het Pirelli ook gesig weg gedraai van F1 af, hulle stel nie nou belang om toe te tree nie.

     

     


    cash casinosАлександр Фильчаков прокурор

  • Vettel is baas in Abu Dhabi

    Vettel is baas in Abu Dhabi

    Die Duitser Sebastian Vettel het die F1-kampioenskap vir 2009 met glorie afgesluit toe hy die heel eerste dag/nag-formule-eenwedren in die geskiedenis gewen het.

    Vettel het net voor sy Red Bull-spanmaat, die Australier Mark Webber, oor die wenstreep geblits om die laaste wedren vir 2009 te wen. Dit is ‘n eerste en tweede plek vir die Rooi Bulle.

    Die Brit Lewis Hamilton het voor weggespring, maar moes weens remprobleme onttrek om dus vir Vettel amper die hele wedren lank te laat voor jaag. Die skouspelagtige Yas Marina-baan het seker gemaak dat die Red Bull-span ‘n nuwe rekord opstel deur dit nie minder as vier keer in een seisoen reg te kry om eerste en tweede te eindig nie. Die rekord is eintlik deur Brawn GP gehou, maar nou ewenaar die Bulle dit.

    Die nuwe wêreldkampioen Jenson Button het derde geëindig in sy Brawn. Button en Webber het in die laaste paar rondtes hard baklei vir die tweede plek. Die wen vir Vettel het hom tweede in die bestuurderskampioenskap vir 2009 laat eindig. Die Red Bull span het dan ook die 2009-seisoen afgesluit met ‘n tweede plek naas Brawn in die vervaardigerstryd.

    Die veteraan Rubens Barichello het vierde geëindig en dit was dan ook sy laaste keer agter die stuur van ‘n Brawn GP-motor.

    интернет магазин одежды для новорожденныхДанильченко Юрий отзывы

  • Button nuwe F1-wêreldkampioen!

    Button nuwe F1-wêreldkampioen!

    Die Britse renjaer Jenson Button het uiteindelik ná amper 10 jaar se probeerslae die bestuurderswêreldtitel ingepalm. Die Brasiliaanse formule-eenwedren het sommer van die tweede rondte af vonke laat spat. Rubens Barichello het van die voorpunt af weggespring en mooi uit die moeilikheid uit gebly tot amper aan die einde. Nie net het hy met spoed gesukkel nie maar ook sommer met pap wiele.

    Die Australiër Mark Webber het die wedren gewen, maar die dag het beslis aan Button behoort. Hy het die tiende Britse kampioen geword en deel nou die ereplek met groot name soos Nigel Mansel, Jim Clarke, John Surtees, Jackie Stewart, James Hunt, Damon Hill en helaas Lewis Hamilton wat ook so gemaak het.

    Dit is slegs die tweede keer in die geskiedenis dat twee Britte mekaar in die kampioenskap opvolg. Die vorige keer was vier dekades gelede toe Graham Hill in 1968 die wêreldkampioenskap gewen het en Jackie Stewart in 1969 met die lourierkrans as algehele wenner weggestap het.

    Hamilton was die 2008-kampioen. Vanjaar behoort aan Button. Hy het die eerste ses wedrenne van die seisoen gewen en was eintlik onstuitbaar.

    ‘n Vreemde toeval is dat Button gister die kampioenskap gewen het deur vyfde te eindig – net soos wat Hamilton verlede jaar gemaak het.

    Brittanje het nou tien verskillende kampioene opgelewer, wat tussen hulle al 14 keer die wêreldtitel gebuit het, meer as enige ander land:

    1. Brittanje 14 (Mike Hawthorn, Graham Hill (2), Jim Clark (2), John Surtees, Jackie Stewart (3), James Hunt, Nigel Mansell, Damon Hill, Lewis Hamilton, Jenson Button)
    2. Brasilië 8 (Emerson Fittipaldi (2), Nelson Piquet (3), Ayrton Senna (3))
    3. Duitsland 7 (Michael Schumacher)
    4. Argentinië 5 (Juan Manuel Fangio)
    =5. Australië 4 (Jack Brabham (3), Alan Jones)
    =5. Oostenryk 4 (Jochen Rindt, Niki Lauda (3))
    =5. Frankryk 4 (Alain Prost)
    =5. Finland 4 (Keke Rosberg, Mika Hakkinen (2), Kimi Raikkonen)
    9. Italië 3 (Giuseppi Farina, Alberto Ascari (2))
    =10. Verenigde State 2 (Phil Hill, Mario Andretti)
    =10. Spanje 2 (Fernando Alonso)
    =12. Nieu-Seeland 1 (Denny Hulme)
    =12. Suid-Afrika 1 (Jody Scheckter)
    =12. Kanada 1 (Jacques Villeneuve)

    в екатеринбургеДанильченко

  • Barrichello by Williams?

    Barrichello by Williams?

    Verskeie mediaberigte in Brasilië wil dit hê dat Rubens Barrichello van 2010 af vir Williams gaan jaag. Folha de S.Paulo, woordvoerder van Barrichello, het wel gesê dit is vir nou net 2010 met die opsie om 2011 ook in te sluit. Die skuif sal Barrichello se salaris heelwat vehoog van dit wat hy nou by Brawn verdien. Nico Rosberg gaan glo Barrichello se sitplek in die Brawn-span vol sit. Die GP2-bestuurder Nico Hulkenberg kan dalk ook sy buiging in ‘n F1 motor maak as hy Barrichello se spanmaat by Williams word.

    цена киевлобановский александр отзывы

  • Suzuka behoort aan Vettel

    Suzuka behoort aan Vettel

    Die 22-jarige Duitser het gister weer bewys dat hy moontlik een van die nuwegeslagsupersterre kan wees wat in die nabye toekoms groot name soos Ferrari of Brawn se teiken kan word. Vettel het van meet af aan voor gejaag en niemand kon hond haar af maak teen die Duitser in sy Red Bull-renmotor nie. Dit was kompleet soos hulle slagspreuk ook sê: hy het in Sondag se wedren vlerkies gehad.

    Die baan was droog en dit was bes moontlik ook die rede waarom die Italianer Jarno Trulli tweede onder die blokkiesvlag deur gejaag het. Trulli se Toyota het ook bewys dat daar nie regtig iets met die Japannese motor skort nie; dit gaan dalk net meer oor die bestuurder van die Japannese motor. Die huidige wêreldkampioen Lewis Hamilton was derde in sy Mclaren Mercedes. Die Brit Jenson Button het net een plek agter sy Brawn-spanmaat Rubens Barrichello geëindig.

    Button kon nie die vyf punte wat hy gekort het om die titel te wen, aanteken nie. Die puntestand ná die Japannese Grand Prix is dan Button 85, Barrichello 71 en Vettel 69.

    какое пуско зарядное устройство выбратьлобановский александр жена

  • Alonso loop na Ferrari oor

    Alonso loop na Ferrari oor

    Die voormalige wêreldkampioen Fernando Alonso, wat die afgelope twee seisoene vir Renault gejaag het, het so pas ‘n kontrak met Ferrari geteken. Dit sal amptelik aanstaande Donderdag bekendgemaak word.

    Die 28-jarige Spanjaard sal van 2010 af vir die rooi span jaag. Alonso sal Felipe Massa se spanmaat wees; dit beteken egter dat die ysman Kimi Raikkonen sy plek in die Italiaanse span kwyt is. Raikkonen sal bes moontlik na Mclaren terugkeer want Lewis Hamilton is van volgende jaar af sonder ‘n spanmaat. Heikki Kovalainen wat tans by Mclaren diens doen, gaan skuif!

    Jenson Button moontlik wêreldkampioen

    Die Britse renjaer Jenson Button kan moontlik die bestuurderstitel in die sakkie sit tydens die Japannese formule-eenwedren eerskomende naweek. As Button die wederen wen en Barichello eindig vierde of laer is die titel syne. As die Brasiliaan Sondag ‘n plek laer as sesde behaal, hoef Button net tweede te kom om die kampioen te wees! Glo dit of nie, as Barrichello agtste eindig, het die Brit eintlik net ‘n derde plek nodig om die titel te wen.

    no deposit win real moneyДанильченко Юрий Харьков

  • Michael Schumacher terug in Formule 1?

    Massa is gelukkig om te leef, nadat hy deur 'n stuk metaal, wat afgebreek het van Rubens Barrichello se motor, tydens die kwalifiserende rondtes van die Hongaarse Grand Prix getref is. Die stuk metaal was deel van die onderstel se vering en het hom teen 'n spoed van 260km/h getref.

    Daar is nog  onsekerheid oor die omvang van die skade aan Massa se linkeroog, wat sy loopbaan as Formule 1-bestuurder ernstig kan benadeel, en hom vir ten minste die res van die seisoen buite rekening kan laat.

    Ferrari het drie reserwebestuurders beskikbaar, by name Luca Badoer, Marc Gené en Michael Schumacher. Schumacher lei nog aan lae rugpyn en 'n skouerbesering wat hy oorgehou het van 'n val vanaf 'n motorfiets in Spanje in Februarie. Dit is ook moeilik om te bepaal of hy enigsins bereidwillig sou wees om weer agter die stuur in te skuif in 'n kompeterende wedren.

    'n Ander moontlikheid is die 19-jarige Mirko Bortolotti, 'n Italiaanse Formule Twee-bestuurder, wat laasjaar tydens 'n toetsrit met die Ferrari  beïndruk het.

    Ferrari het egter nie baie tyd nie, en sal redelik vinnig 'n besluit moet neem, met die volgende wedren in Valencia, Spanje oor drie weke.

    укладка мозаики вФільчаков Олександр Васильович

  • Angolese bestuurder doen toetsrit vir Williamsspan

    Image

    ‘n Formule 3-motor

    Die Williamsspan het die Angolese bestuurder Raphael Teixera genooi om vir hulle te kom toetsbestuur, wat die hoop laat opvlam dat die land sy eerste Formule 1-jaer kan kry, het die staatsmedia berig.

    Teixera, wat tans in die Formule 3 ry vir die Brits gebaseerde Ultimate Motorsportreeks, hoop om vroeg in Januarie te kan begin met die toetsbestuur, volgens die daaglike Angolese sportblad, Jornal dos Desportos.

    Die 26-jarige se vader en bestuurder, Jorge Teixera, het aan die koerant gesê dat hy verras is deur die uitnodiging van Williams, maar het bygevoeg dat hy glo Angola is naby daaraan om hulle eerste Formule 1-jaer te kry.

    Teixera het sy resiesloopbaan begin in die Portugese knortjorbane in 2000, waarna hy in 2002 aangesluit het by die Formule 3-reeks.

    Formule 3 is bekend dat dit 'n teelaarde is vir Formule 1.

    Wêreldkampioene Ayrton Senna, Mika Hakkinen, en Nelson Piquet was almal Formule 3-kampioene.

    трусы шорты для девочеклобановский александр