{"id":9997,"date":"2011-02-17T08:05:19","date_gmt":"2011-02-17T08:05:19","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9997"},"modified":"2011-02-17T08:05:19","modified_gmt":"2011-02-17T08:05:19","slug":"roodt-vra-vir-referendum-na-zuma-uitspraak-oor-afrikanertuiste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9997","title":{"rendered":"Roodt vra vir referendum n\u00e1 Zuma-uitspraak oor &#8216;Afrikanertuiste&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Territoriale selfbeskikking vir Afrikaners is so deel van die  geskiedenis en politiek in Suid-Afrika soos biltong en beskuit of  koeksisters en rooibostee.&#8221; S\u00f3 s\u00ea dr. Dan Roodt van PRAAG in sy reaksie  op pres. Jacob Zuma se opspraakwekkende stelling dat &#8220;die Afrikaner &#8216;n  sielkundige tuiste waar hy veilig is&#8221; nodig het.<\/p>\n<p>Roodt, wat so pas terug is van die VSA waar hy plaasmoorde onder die  aandag van Amerikaanse senatore gebring het, asook die CPAC-konferensie  van 75 konserwatiewe organisasies in Washington D.C. bygewoon het, het  waardering vir die ANC-leier se begrip vir Afrikaner-eiesoortigheid en  behoefte aan selfbeskikking. &#8220;As iemand wat nog voor Zuma ANC-leier  geword het reeds met hom gesprek oor Afrikanerkwessies gevoer het, moet  ek egter s\u00ea dat die president hier sommige van sy vorige uitsprake  weerspreek. In September verlede jaar het hy byvoorbeeld ges\u00ea dat  &#8216;Orania oor interessante idees beskik&#8217; met die duidelike implikasie dat  territoriale selfbeskikking vir die Afrikaner nie uitgesluit kan word  nie. Ook tydens die banket in die presidentswoning te Pretoria met  Afrikanerleiers en -figure is die kwessie van &#8216;n eie grondgebied geopper  en het hy dit as &#8216;moeilik, maar nie onhaalbaar nie&#8217; beskryf.&#8221;<\/p>\n<p>Roodt het die gedagte dat daar &#8216;n verskeidenheid  Afrikaneridentiteite bestaan, soos di\u00e9 van Boer en Afrikaner, verwerp.  &#8220;Slegs &#8216;n baie klein sektariese groepie tref so &#8216;n onderskeid tussen  &#8216;Boer&#8217; en &#8216;Afrikaner&#8217;. Paul Kruger het homself as &#8216;n Afrikaner beskryf,  al was hy president van die grootste Boererepubliek. Feit is dat die  Afrikaner reeds vir meer as 200 jaar vryheid in &#8216;n eie republiek  nastreef. Dit is waaroor die Groot Trek en die twee vryheidsoorlo\u00eb  gegaan het, asook Republiekwording in 1961.&#8221;<\/p>\n<p>Net soos Suid-Soedan aandring op afstigting van Noord-Soedan en soos  wat Kosowo sy onafhanklikheid verklaar het, ondersteun die meerderheid  Afrikaners vandag selfbeskikking. Volgens Roodt, &#8220;is Suid-Afrika twee  keer so groot soos Frankryk, die grootste land in Wes-Europa en het die  platteland onlangs ontvolk. Groot dele van die land kan sonder veel  probleme as Afrikanergebied afgebaken word en Afrikaners kan finansieel  bydra tot die billike hervestiging van oorblywende vreemdes. Ons  ervaring oor die afgelope twintig jaar of so het getoon dat die Nuwe  Suid-Afrika in wese &#8216;n Afro-Saksiese en Engelstalige land is waarin  Afrikaners hoegenaamd nie tuisvoel nie. Boonop word ons welwillendheid  met die uiterste geweld, gruweldade en oproepe tot volksmoord op ons  deur figure soos Peter Mokaba en Julius Malema begroet.&#8221;<\/p>\n<p>Roodt het pres. Jacob Zuma uitgedaag om &#8216;n referendum toe te staan  waarin Afrikaners vir of teen selfbeskikking kan stem. &#8220;Indien  Suid-Afrika ernstig is oor demokrasie, m\u00f3\u00e9t Afrikaners se gevoel oor &#8216;n  eie grondgebied tydens &#8216;n referendum getoets word, soos in Suid-Soedan.  Grondhervorming maak reeds onderhandeling oor grond gebiedend  noodsaaklik. &#8216;n Eie grondgebied vir Afrikaners kan tesame met die  oorhandiging van plase aan swart boere onderhandel word. Grond kan so  uitgeruil word en daarmee waarskynlike konflik en verval soos in  Zimbabwe vermy word,&#8221; het dr. Roodt ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/uslugi-poligraf.com\/blog\/uslugi-poligrafa\">\u043a\u0430\u043a \u043f\u0440\u0430\u0432\u0438\u043b\u044c\u043d\u043e \u043f\u0440\u043e\u0445\u043e\u0434\u0438\u0442\u044c \u043f\u043e\u043b\u0438\u0433\u0440\u0430\u0444<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Territoriale selfbeskikking vir Afrikaners is so deel van die geskiedenis en politiek in Suid-Afrika soos biltong en beskuit of koeksisters en rooibostee.&#8221; S\u00f3 s\u00ea dr. Dan Roodt van PRAAG in sy reaksie op pres. Jacob Zuma se opspraakwekkende stelling dat &#8220;die Afrikaner &#8216;n sielkundige tuiste waar hy veilig is&#8221; nodig het. Roodt, wat so pas &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9997\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Roodt vra vir referendum n\u00e1 Zuma-uitspraak oor &#8216;Afrikanertuiste&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-9997","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9997","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9997"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9997\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9997"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9997"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9997"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}