{"id":9993,"date":"2011-02-17T05:52:45","date_gmt":"2011-02-17T05:52:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9993"},"modified":"2011-02-17T05:52:45","modified_gmt":"2011-02-17T05:52:45","slug":"hulle-stink-so-lekker-want-hulle-drink-so-lekker-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9993","title":{"rendered":"Hulle stink so lekker want hulle drink so lekker"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Sowat 70 tot 80 persent van alle Suid-Afrikaners dui aan dat hulle Christene is. Van die oorblywendes behoort aan godsdienste wat nie net matigheid met die gebruik van alkohol voorskryf nie, maar dit heeltemal verbied.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog meen die W\u00eareldgesondheidsorganisasie dat Suid-Afrika nou die vyfde plek ter w\u00eareld beklee as dit kom by die inspan van tiermelk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrika is een van die twee w\u00eareldstreke waar die gebruik styg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrikaners verorber elk jaarliks die ekwivalent van sowat tien liter skoon alkohol. As in gedagte gehou word dat sowat die helfte van die bevolking geen alkohol gebruik nie, en nog &#8216;n groot groep matig drink of geleentheidsdrinkers is, dan dui dit daarop dat sommige burgers hul alkohol behoorlik by die vat kafdraf. Alkoholgebruik verskil per provinsie, met die Wes-Kaap wat met die jongste beskikbare syfers die toon aangee, en die Noord-Kaap waar die grootste persentasie vroue te diep in die bottel loer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie &#8220;prestasie&#8221; kom teen &#8216;n prys. Enkele jare gelede is bereken dat alkohol-misbruik die land minstens R9 miljard per jaar kos. Dit word oor &#8216;n wye spektrum soos ongelukke, gestremdheid as gevolg van ongelukke, hospitalisering, fetale alkoholsindroom en vele meer gemeet.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bykans elke verslag wat oor die probleem handel, verwys ook daarop dat di\u00e9 probleem MIV-positiewe mense gou-gou na die graf help. Ook in lande waar MIV \u2013 Vigs nie so ;n groot probleem nie hou die gemiddelde lewensverwagting in &#8216;n mate van die per capita alkoholgebruik verband.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Talle wesies het hul ouers verloor weens die feit dat die bestuurder van &#8216;n ander motor aangeklam agter die stuurwiel was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Predikante en ander terapeute voer &#8216;n daaglikse stryd waar Oom Tas die derde party in huwelike geword het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alkohol is ook &#8216;n depressant \u2013 nogal misleidend omdat mense dit juis gebruik om vir &#8216;n kort tydjie beter te voel. Die probleem is dat daar elke keer dieper in die bottel gekyk moet word om die gevolglike depressie deur die kortstondige euforie te vervang.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die CDP se munisipale raadslid in Pretoria, Richard Botha, vertel hoe die Tshwane-munisipaliteit probeer het om wanbetalers se krag te ontkoppel. Kort voor lank is hulle deur &#8216;n groot beskonke, dreigende skare omring wat hulle gedwing het om die ontkoppelde huishoudings weer op te koppel. Op die oog af \u2013 geld om aan Bacchus te offer is daar skynbaar wel, maar nie om vir gebruikte krag te betaal nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kombineer die omvang van daggagebruik op straat met die tonne dagga wat die polisie gereeld vernietig, en ander dwelms soos Tik en Crack, gom en oor die toonbank medikasie wat misbruik word, en die prentjie is nie baie mooi nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika is die verkragting-hoofsetel in die w\u00eareld, en wat moordkoers betref, het Suid-Afrika volgens sommige aansprake ook di\u00e9 titel onlangs bygevoeg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit alles is &#8216;n swak advertensie vir &#8216;n land wat statisties een van die grootste persentasies selfverklaarde Christenbevolkings huisves. Die pastorale impak hiervan is so groot dat kerke en predikante baie tyd aan interne pastorale krisisse moet spandeer en die res van hul gemeentes ook nog regverdig moet bedien. Dit het tot gevolg het dat kerke nie altyd by hul profetiese roeping, veral die tot orde roep van die regering, uitkom nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0438\u0433\u0440\u0430 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0456\u0432\u0447\u0430\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/doctor2.ru\/object\/mezhdunarodnie-perevozki-top-cargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sowat 70 tot 80 persent van alle Suid-Afrikaners dui aan dat hulle Christene is. Van die oorblywendes behoort aan godsdienste wat nie net matigheid met die gebruik van alkohol voorskryf nie, maar dit heeltemal verbied. Tog meen die W\u00eareldgesondheidsorganisasie dat Suid-Afrika nou die vyfde plek ter w\u00eareld beklee as dit kom by die inspan van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9993","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9993","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9993"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9993\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9993"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9993"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9993"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}