{"id":9964,"date":"2011-02-14T07:10:20","date_gmt":"2011-02-14T07:10:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9964"},"modified":"2011-02-14T07:10:20","modified_gmt":"2011-02-14T07:10:20","slug":"bieliemielie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9964","title":{"rendered":"Bieliemielie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Met oorproduksie wonder Herrie soms of dit nie beter gaan wees as die telers weer sulke piepklein mielies kweek nie, soos die oer-oue moeiliekop was, en sekere ornamentele vari\u00ebteite nou nog is. En in die mooiste kleure.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kyk, met &#8216;n hele mieliekop wat omtrent soveel mieliemeel sal oplewer as een pit van &#8216;n bieliemielie kan die manne mos mielies na hartelus plant, sonder enige vrees vir &#8216;n oorskot.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie dink net springmielies gaan lol as dit so groot soos die soutkorrels daarop is. Herrie was nou die dag by &#8216;n landbouberaad waar die deelnemers flink vir die silwer randjie &#8216;n donker wolk geskets het. Seg die een spreker: As daar nou twee dinge is wat &#8216;n boer nie kan weerstaan nie, is dit nat grond en nuwe skuld.  En re\u00ebn dit so mooi.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar terug na die bieliemielie. Vanslewe was daar in Suid-Afrika ook sulke reuse piesangs. Di\u00e9 is uitgefaseer omdat dit moeilik verpak en vervoer is, en is met &#8216;n kleiner, smaaklike weergawe vervang.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">By geleentheid gaan &#8216;n Suid-Afrikaanse piesangboer op &#8216;n studiereis na die VSA, en daar is alles mos groter en beter. Toe die hoeveelste boer so oor sy groot piesangs spog, is die Suid-Afrikaner al goed moeg vir die storie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Kry julle ook sulke groot piesangs &#8216;n Suid-Afrika?&#8221; vra die Yank oplaas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nee,&#8221; s\u00ea die Suid-Afrikaner. &#8220;Sulke kleintjies gooi ons in die see om te keer vir oorproduksie.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie is so bly die boere kan nog &#8216;n fees deurwerk, met so baie plaasaanvalle ook in die Oos-Vrystaat. Wanneer Herrie aan plaasaanvalle dink, dink Herrie ook in terme van bielies. &#8216;n Bielie van &#8216;n boel wat die plaasaanvallers byt, &#8216;n bielie van &#8216;n geweer waarmee op hulle geskiet word, &#8216;n bielie van &#8216;n kramp wat hy moet kry wanneer hy net die gedagte kry om &#8216;n plaasaanval uit te voer, &#8216;n bielie van &#8216;n galg&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of &#8216;n spesiale item by die Bieliemielfees \u2013 teikengooi na plaasaanvallers. Enige gooiding deug \u2013 veerpyltjies, knopkieries, byle&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">O, Herrie is &#8216;n bietjie bieliebloeddorstig?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja, Herrie weet sy gedagtes is onfatsoenlik, en dit hoort nie. Maar Herrie het familie en vriende op plase. Kindertyd se buurseun Henkie en sy swaer is met masjiengewere afgemaai. Ander is aangeval.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En Groot Herrie se kop staan boerdery toe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen daai tyd, eintlik sommer nou dadelik, bid &#8216;n ouerhart dat plaasaanvalle iets van die verlede moet wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat daar weer &#8216;n tyd sal kan wees waar boere en hul gesinne aanddienste in die dorp kan bywoon, Oujaarsaand die buurman se hek met &#8216;n stewige stuk draad kan gaan vasdraai, buurmanne weer vir hul bure se kinders kan gaan Kersvader speel&#8230;sonder die gevaar om oorval te word of deur boosdoeners by die huis ingewag te word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Tyd wanneer die boer en sy vrou weer in die aand op opvoubedjies op die grasperk kan gaan l\u00ea en die sterreprag bewonder, kyk hoe satelliete dwars oor die hemelruim toer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En hom so die nabyheid van sy Skepper kan ervaar.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/aksessuary_dlya_balansirovochnykh_stendov\/\">\u0430\u043a\u0441\u0435\u0441\u0441\u0443\u0430\u0440\u044b \u0434\u043b\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met oorproduksie wonder Herrie soms of dit nie beter gaan wees as die telers weer sulke piepklein mielies kweek nie, soos die oer-oue moeiliekop was, en sekere ornamentele vari\u00ebteite nou nog is. En in die mooiste kleure. Kyk, met &#8216;n hele mieliekop wat omtrent soveel mieliemeel sal oplewer as een pit van &#8216;n bieliemielie kan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9964\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bieliemielie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-9964","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9964","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9964"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9964\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9964"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9964"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9964"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}