{"id":9952,"date":"2011-02-11T06:23:20","date_gmt":"2011-02-11T06:23:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9952"},"modified":"2011-02-11T06:23:20","modified_gmt":"2011-02-11T06:23:20","slug":"hoekom-n-staatsrede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9952","title":{"rendered":"Hoekom &#8216;n staatsrede?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Onlangs het die Christian Science Monitor &#8216;n lang artikel geplaas oor die opstel en doel van &#8216;n staatsrede. Die persoon wat die sluier gelig het, het vier jaar lank pres. Bill Clinton se staasrede geskryf.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die VSA staan die toespraak eers sedert 1941 as die &#8220;State of the Nation&#8221; bekend. Pres. Franklyn D. Rooseveld het geweet oorlog is die Amerikaners se voorland, en Pearl Harbour het &#8216;n jaar later gevolg. Rooseveld wou die Amerikaners trots en verenig vir die oorlog voorberei. In hierdie toespraak het hy vier basiese vryhede aan die w\u00eareld gewaarborg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedertdien is &#8216;n staatsrede wat die tradisie gevolg het, een wat staatsmanskap aan die dag l\u00ea, eerder as een wat kiesers in die aanloop van &#8216;n verkiesing met yslike donkie-ore toerus. So hoog word die waarde van &#8216;n staatsrede internasionaal aangeslaan dat dit deur onder meer diplomate, wat hul regerings verteenwoordig, bygewoon word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika, waar die &#8220;state of the nation&#8221; nou ook na &#8220;state of the province&#8221; en selfs &#8220;state of the city&#8221; uitgebrei is, is bykans al wat oorgebly het van die konvensie oor di\u00e9 soort redes, die seremonies wat daarmee saamgaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presies hoeveel eerbied word aan die buitelandse regerings betoon as hul verteenwoordigers na &#8216;n ellelange toespraak moet luister waarin 50 beloftes gemaak word wat sommer maar net so verbreek word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tipies is &#8216;n staatsrede strategies van aard, eerder as die inspan van verkiesingsfoefies. Trouens, die staatsrede is &#8216;n swak vertrekpunt vir goedkoop politieke praatjies omdat min toesprake so haarfyn deur Jan Publiek ontleed word soos juis die staatsrede. Teenstrydighede in die toespraak is dus &#8216;n ooglopende taboe, selfs vir &#8216;n politikus wat berug is daarvoor dat hy sy storie \u2013 en beloftes \u2013 by die spesifieke gehoor aanpas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat pres. Jacob Zuma weer sal moet bontstaan is duidelik uit koerante se hoofopskrifte: Staatsrede het botsende boodskappe, Zuma loop w\u00e9\u00e9r wye draaie, Wat Zuma ni\u00e9 ges\u00ea het nie, Zuma sit weer op die draad, R70 miljoen vir Zuma-hulle se wonings, Zuma se teologie het net een ewige heerser, Mangaung (waar vullissakke al weer dae lank op sypaadjies l\u00ea en gis) moet voor Woensdag R187 (aan Eskom) betaal, Nuwe bepalings kan boere verhinder om werk te skep, Senior aanklaer van Welkom in sy bed met byl oorval (terwyl Zuma groot gewag gemaak het daarvan dat sekere misdaadkategorie\u00eb daal, en uiteraard verswyg het dat handelsmisdaad, wat korrupsie insluit, met dubbelsyfers toeneem), Aanval laat man se hart ingee.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Opskrifte wat op positiewe aspekte van die toespraak dui is byna so skaars soos die spreekwoordelike hoendertande.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik kan die vraag gevra word: As die president met sy vorige staatsrede 50 beloftes gemaak het wat vlak voor &#8216;n verkiesing kluitjies blyk te wees, wat is die kanse dat die kiesers nou weer velle oor die o\u00eb getrek sal word waar die meting eers na die verkiesing gedoen gaan word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is tragies dat die internasionale konvensie wat oor &#8216;n paar eeue met staatsredes ontwikkel het, nou in &#8216;n paar jaar skynbaar tot die pleeg van verkiesingsfoefies gereduseer word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het die skuld vir die gespartel, voorspelbaar, op apartheid geplaas. Sy sommetjies dat dit 16 jaar is sedert apartheid afgeskaf is, klop egter nie. Die laaste apartheidswet is 20 jaar gelede van die wetbboek geskrap, en van toe af het Suid-Afrika amptelik nie meer uit verskillende rasse bestaan nie. In elk geval nie tot die ANC ras weer tot allesoorheersende norm verhef het, gerugsteun deur drakoniese wetgewing wat pogings tot werkskepping saboteer, nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die media het met &#8216;n opskrif dit reeds aangedui: Dit was &#8216;n staatsrede vol botsende boodskappe.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">live gfree<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangs het die Christian Science Monitor &#8216;n lang artikel geplaas oor die opstel en doel van &#8216;n staatsrede. Die persoon wat die sluier gelig het, het vier jaar lank pres. Bill Clinton se staasrede geskryf. In die VSA staan die toespraak eers sedert 1941 as die &#8220;State of the Nation&#8221; bekend. Pres. Franklyn D. Rooseveld &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9952\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Hoekom &#8216;n staatsrede?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9952","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9952","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9952"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9952\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9952"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9952"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9952"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}