{"id":9949,"date":"2011-02-11T06:14:58","date_gmt":"2011-02-11T06:14:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9949"},"modified":"2011-02-11T06:14:58","modified_gmt":"2011-02-11T06:14:58","slug":"vf-plus-se-reaksie-op-staatsrede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9949","title":{"rendered":"VF Plus se reaksie op staatsrede"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus verwelkom president Zuma se aankondiging van &#8216;n fonds om te help met die skep van nuwe werkgeleenthede asook die belastingtoegewings vir nuwe beleggings. As die president egter in dieselfde toespraak aankondig dat nuwe strenger arbeidswetgewing ingestel gaan word, dan stuur hy botsende boodskappe aan die privaatsektor, die landbougemeenskap en moontlike beleggers.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beste aansporingsmiddels vir die skep van werk sou die verslapping van beperkende arbeidswetgewing, veral op klein en medium-grootte ondernemings gewees het. Hiertoe was hy nie bereid nie. Die gevolge gaan wees dat in plaas daarvan dat werkgewers op groot skaal nuwe werkers in diens neem, hulle juis meer versigtig gaan wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus verwelkom die R800 miljoen wat vir slagoffers van die vloede bewillig is. Dit is belangrik dat die fondse nou op &#8216;n regverdige basis tussen alle rampslagoffers verdeel word ten einde te verseker dat veral die plattelandse gebiede se ekonomie\u00eb volledig in belang van kommersi\u00eble landbouers, plaaswerkers, inwoners en sakemanne herstel. Omdat die skade tans op meer as R2 miljard bereken word, sal verdere hulp in die toekoms nodig wees ten einde te verseker dat die rampgebiede se infrastruktuur weer na normaal kan terugkeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">President Zuma het op korrekte wyse die probleme met dienslewering op munisipale vlak as &#8216;n probleem ge\u00efdentifiseer. Tog het hy geen spesifieke planne of voorstelle aangekondig wat dit gaan verbeter nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">play free slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/08\/183752.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VF Plus verwelkom president Zuma se aankondiging van &#8216;n fonds om te help met die skep van nuwe werkgeleenthede asook die belastingtoegewings vir nuwe beleggings. As die president egter in dieselfde toespraak aankondig dat nuwe strenger arbeidswetgewing ingestel gaan word, dan stuur hy botsende boodskappe aan die privaatsektor, die landbougemeenskap en moontlike beleggers. Die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9949\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VF Plus se reaksie op staatsrede&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-9949","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9949","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9949"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9949\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9949"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9949"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9949"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}