{"id":9929,"date":"2011-02-08T06:08:44","date_gmt":"2011-02-08T06:08:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9929"},"modified":"2011-02-08T06:08:44","modified_gmt":"2011-02-08T06:08:44","slug":"om-met-n-metafoor-te-toor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9929","title":{"rendered":"Om met &#8216;n metafoor te toor"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Toe sit pres. Jacob Zuma weer sy voet daarin.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos al telkemale skynbaar die geval was, het Zuma nie daarop gereken dat dit wat hy vir die ore van een juigende gehoor se ore bedoel het, in klank en druk tot die o\u00eb en ore  van ander sal kom nie. Hy het in die Oos-Kaap Zoeloe met &#8216;n groep Xhosas gepraat, maar kort voor lank weet die hele land: Zuma het &#8216;n stem vir die ANC met &#8216;n plekkie gereserveer in die hemel vergelyk. En behoede diegene wat teen die ANC stem. Vir hulle wag die man met die lang vurk en die groot vuur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Binne &#8216;n ommesientjie het &#8216;n groot groep kerke en &#8216;n groot aantal politieke partye al weer die president oor sy roekelose politiek-godsdienstige brousels aangespreek. In die media en ook op die internet gons dit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos verwag kan word, het die ANC self die president tot hulp gekom en s\u00ea dit was metafories bedoel. Om verskeie redes haal di\u00e9 argument gewoon nie die paal nie:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Die president het &#8216;n lang geskiedenis dat hy godsdiens gebruik om kiesers velle oor die o\u00eb te trek. Hy is al gestriem omdat hy ges\u00ea het die ANC sal tot die wederkoms regeer, hy het slae gekry oor hy aan &#8216;n groep ongeskooldes ges\u00ea het die voorvadergeeste sal hulle teister as hulle nie vir die ANC stem nie, en een van sy voorste ondersteuners, premier Ace Magashule van die Vrystaat moes ook al slae verduur nadat hy ges\u00ea het mense moet Zuma volg soos die mense Jesus volg. Dit is onmoontlik dat Zuma nie kon kennis neem daarvan dat sy en sy ondersteuners se opmerkings hewige aanstoot gee nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Selfs al word &#8216;n stem vir die ANC metafories met die hemel vergelyk, is dit &#8216;n besonder treurige beeld wat van die hemel voorgehou word. Soos een internetskrywer dit opgesom het \u2013 hy wil nie hemel toe gaan as dit &#8216;n plek vol slaggate en korrupsie is nie. Die minister wat vir plaaslike regering verantwoordelik is se eie munisipale rekening is aan die vooraand van die landswye munisipale verkiesing met honderde duisende in die rooi, omdat hy onverklaarbare rekenings kry waarvoor hy vrugteloos op antwoorde aandring. Die munisipaliteit wat sulke foutiewe rekenings uitstuur is nie enige munisipaliteit nie, dis die land se grootste stad en dit huisves die ANC se hoofkantoor. Dit is boonop onder ANC-beheer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Word bykans enige koerant oopgeslaan, wemel dit van ANC-goggas. Die vraestelle van die landswye asseseringstoetse word deur skoolhoofde as pateties beskryf, en is vol foute. Uit die Vrystaat word berig &#8216;n staatsamptenaar wat help met die ANC se eeufeesvieringe, kry &#8216;n stewige staatstoelae hiervoor. Intussen word nog dawerrend geswyg oor wie opgedok het vir ANC-ampsrears, wat nie regeringsposte beklee nie, se kostes om &#8216;n ANC-seminaar in Ethiopi\u00eb by te woon.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Die afgelope jaar is Suid-Afrika se media deur Freedom House van vry tot slegs gedeeltelik vry geherklassifiseer, en het die land op Verslaggewers sonder Grense se persvryheidsindeks teruggesak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Onder die land \u2013 die regering \u2013 se voorste vriende tel van die w\u00eareld se voorste muishondlande soos Kuba. Kort na Suid-Afrika met groot SABC-dekking hegter vriendskapsbande met die korrupte Tunisiese regering gesmee het, is di\u00e9 bewind deur &#8216;n popul\u00eare volksopstand omvergewerp.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;          Die ANC is in alliansie met die kommuniste.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Christen se woord is sy woord. Word aan die vooraand van die president se staatsrede na die ellelange lys van beloftes uit die vorige staatsrede gekyk wat nie gerealiseer het nie, is dit doodgewoon beledigend teenoor Christene om &#8216;n ANC-bewind, hoe metafories ook al, met die hemel te gaan vergelyk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pastoor Zuma moet hom liefs hou by sy lees. Wat dit ook al mag wees.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/22-potolochnye-svetil-niki\">\u043f\u043e\u0442\u043e\u043b\u043e\u0447\u043d\u044b\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/society\/2017\/10\/26\/190184.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toe sit pres. Jacob Zuma weer sy voet daarin. Soos al telkemale skynbaar die geval was, het Zuma nie daarop gereken dat dit wat hy vir die ore van een juigende gehoor se ore bedoel het, in klank en druk tot die o\u00eb en ore van ander sal kom nie. Hy het in die Oos-Kaap &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9929\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Om met &#8216;n metafoor te toor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9929","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9929","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9929"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9929\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9929"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9929"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9929"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}