{"id":9919,"date":"2011-02-06T09:31:34","date_gmt":"2011-02-06T09:31:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9919"},"modified":"2011-02-06T09:31:34","modified_gmt":"2011-02-06T09:31:34","slug":"kat-se-gedagtes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9919","title":{"rendered":"Kat se gedagtes"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Pumba is &#8216;n meester van &#8216;n hond se gedagtes. In die Herries se huishouding kan Pumba uitgestrek l\u00ea en tsjief-tjief en met die pote roei soos sy hase in droomland jaag, maar laat iemand in die geselskap die woorde &#8220;stap&#8221;, &#8220;loop&#8221; of enige naastenbye verwante woord in welke amptelike taal ook al gebruik, of Pumba vlieg regop en begin bokspring.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis Herrie se werk om soggens saam met Pumba na die keraats op die hoek te stap om te gaan koerant koop. In die Herries se woonbuurt is di\u00e9 stap legendaries \u2013 Herrie wat so geanker as moontlik stap, met &#8216;n bruin bondel spiere met tande aan die voorkant wat hap \u2013 hap groet \u2013 die keffende honde aan die anderkant van duiwelvurkheinings, drawwers wat te naby kom, onverskillige taxipassasiers wat vlak voor Pumba uit &#8216;n taxi begin stroom \u2013 en nog vinniger weer inklim.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar daar is baie ander dinge waaroor Pumba hond se gedagte kry, maak nie saak hoe &#8216;n mens dit verdoesel nie. Sien sy &#8216;n tas, is die lippe lank, want iemand, of die gesin, gaan &#8216;n paar dae weg. En Pumba ry nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hond se gedagtes kan gaan slaap as dit by kat se gedagtes kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die afgelope paar dae is die kat dikbek \u2013 letterlik. Dit lyk of die kat (al weer) in &#8216;n geveg was, en nou die geswelde bek oorhet.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na so drie dae wat die swelsel nie sak nie, is besluit om die kat eerste dinge die volgende oggend veearts toe te neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroeg-vroeg het die kat die huismense nog soos dikwels mal gehad met sy geskree vir kos. Die kat se kos word agter &#8216;n deurtjie gegee, want hy vreet net &#8216;n happie, dan loop hy, en as dit nie agter die deurtjie was nie, het Pumba of wyle Snoetie di\u00e9 oorsig kom regstel. En net daarna skree die kat vir kos&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ewewel, Herrie werk vroeg soggens, en die kat het seker so drie keer kos gekry voor dit tyd is om hom te vat. Die veearts, net om die draai, wag solank.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En daar is die kat skoonveld. Duidelik weer kat se gedagtes gekry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers laat die middag kry Herrie die kat, en toe is dit veearts se dinge. Maar die kat stem nie saam nie. Die kat moet agterbly vir &#8216;n narkose-ondersoek die volgende oggend en waarskynlike tandabses, en tand wat getrek moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terug by die huis ontsmet Herrie sy wonde wat die protesterende kat toegedien het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En die volgende oggend bel die veearts \u2013 die kat het dit nie gemaak nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agter die tuinhuisie grawe Herrie die graf, en Groot Herrie doen die laaste.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twaalf jaar lank was die kat deel van die Herries se huishouding. Twaalf jaar lank het die kat nooit regtig &#8216;n naam gekry nie, want dit was &#8216;n afsydige kat wat eerder op die klank van kosblokkies as &#8216;n naamroepery gereageer het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twaalf jaar lank het die kat gereeld muise en selfs besonder groot rotte aangedra, van nugter weet waar af.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Klein Herrie het swaar afskeid geneem van Snoetie \u2013 ter wille van sy ma want Snoetie was ook net ma se hond \u2013 die ander is gereeld gehap. Nou die kat. Dis nou klaar met die hartseer besluit hy, en in sy beperkte woordeskat druk hy dit uit: &#8220;Ons het nie meer geld vir &#8216;n kat nie. Ook nie vir &#8216;n hond nie.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pumba sal nog &#8216;n ruk vir Herrie saamsleep keraats toe, maar seker ook nie meer baie lank nie. Die een voorheup was al &#8216;n ruk gelede baie seer, maar op die oomblik is sy weer perdfris.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/pnevmoinstrument\/\">\u0441\u0442\u0435\u043f\u043b\u0435\u0440<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0438\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pumba is &#8216;n meester van &#8216;n hond se gedagtes. In die Herries se huishouding kan Pumba uitgestrek l\u00ea en tsjief-tjief en met die pote roei soos sy hase in droomland jaag, maar laat iemand in die geselskap die woorde &#8220;stap&#8221;, &#8220;loop&#8221; of enige naastenbye verwante woord in welke amptelike taal ook al gebruik, of Pumba &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9919\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kat se gedagtes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-9919","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9919","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9919"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9919\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9919"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9919"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9919"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}