{"id":9907,"date":"2011-02-03T06:55:33","date_gmt":"2011-02-03T06:55:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9907"},"modified":"2011-02-03T06:55:33","modified_gmt":"2011-02-03T06:55:33","slug":"stof-oor-deo-in-kovsieleuse-gaan-nie-le","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907","title":{"rendered":"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Indien die Universiteit van die Vrystaat gemeen het die besluit om van Deo (God) in sy leuse ontslae te raak gaan sonder slag of stoot aanvaar word, het hy dit mis. Pas het die FAK ook gevra dat oor die stap herbesin word, en daarop gewys dat die o\u00ebnskynlike klein verandering die wese van die universiteit raak. Die FAK is oortuig die stap is nie behoorlik deurdink nie en dat nie behoorlik daaroor gekonsulteer is nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volledige verklaring van die FAK:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oproep tot Herbesinning<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Leuse van die Universiteit van die Vrystaat<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) doen hiermee &#8216;n beroep op die raad van die Universiteit van die Vrystaat om weer eens te besin oor sy besluit om die leuse van die Universiteit vanaf In Deo Sapientiae Lux na In Veritate Sapientiae Lux te verander.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FAK is daarvan oortuig dat die gevolge van sodanige verandering wesenliker is as wat deur die Universiteit van die Vrystaat te kenne gegee word. Volgens die FAK gaan dit hier nie bloot oor die verwydering van &#8216;n sogenaamde le\u00eb woord (God) sonder dat die wese van die UV daardeur geraak word nie. Die o\u00ebnskynlike klein verandering raak die wese van die UV.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FAK is ook daarvan oortuig dat die gevolge van die verandering nie behoorlik deurdink en ook nie voldoende binne die konteks van &#8216;n oop gesprek ter sprake gebring is nie. Daarom word daar ook hieronder &#8216;n oproep tot herbesinning gedoen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter motivering van sy oproep wil die FAK hiermee enkele wesenlike vrae aan di\u00e9 ou en gewaardeerde akademiese instelling rig. Dit is vrae wat na die wete van die FAK nog nie in enige betekenisvolle openbare gesprek geopper is nie. As burgerlike instelling wat &#8216;n ho\u00eb premie op die kwaliteit van die openbare gesprek plaas, is die FAK daarvan oortuig dat daar eers &#8216;n oop gesprek oor so &#8216;n belangrike saak gevoer moet word alvorens enige finale besluite daaroor geneem kan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. Die universiteitswese vandag<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ter wille daarvan om so &#8216;n gesprek te voer, word hieronder eers op &#8216;n bondige wyse na die universit\u00eare konteks verwys van waaruit die vrae aan die raad van die Universiteit van die Vrystaat gerig word. Ons verwys na die feit dat daar vandag botsende opvattinge oor die universiteitswese bestaan. Die FAK is daarvan oortuig dat die kwessie van die leuse nie behoorlik hanteer kan word indien hierdie konteks nie by voorbaat deeglik onder o\u00eb gekry word nie. Alhoewel di\u00e9 konteks na ons mening &#8216;n belangrike rol in die agtergrond van die raad se besluit gespeel het, is dit nie op &#8216;n grondige wyse in die openbare lewe ter sprake gebring nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die universiteitswese word vandag deur ten minste twee uiteenlopende definisies oor die aard van die universiteit gekenmerk. Die twee definisies hou verband met die verskil tussen di\u00e9 universiteite wat hulself as universele instellings beskou (die sogenaamde globale universiteit vir alles en almal), teenoor daardie universiteite wat hulself situeer binne en rig op partikuliere tradisies (die sogenaamde gemeenskapsuniversiteite).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel hierdie twee soorte universiteite mekaar nie noodwendig uitsluit nie (en die twee definisies dikwels op een kampus aanwesig kan wees), was die Universiteit van die Vrystaat in die verlede &#8216;n tipiese gemeenskapsuniversiteit. Die besluit van die raad om die leuse te verander, staan in die teken van &#8216;n verandering met betrekking tot laasgenoemde definisie. Sonder dat dit so aan die publiek verduidelik is, het die UV met di\u00e9 stap besluit om homself voortaan nie meer as &#8216;n gemeenskapsuniversiteit nie, maar as &#8216;n tipiese globale universiteit te verstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alvorens enkele pertinente vrae aan die raad van die UV gestel word, moet eers kortliks by enkele eienskappe van elkeen van bogenoemde universiteite stil gestaan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.1. Die globale universiteit<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eerstens, universiteite wat globale universiteite is, stel hulleself idee-gewys as neutraal voor. Voorkeure ten gunste van hierdie of daardie godsdienstige oortuiging, kultuur- of taalgemeenskap is daarvolgens nie iets wat op die kampusse van universiteite tuishoort nie. Dit is eerder dinge wat in die private w\u00eareld van die individuele student gekultiveer moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die streng onderskeid wat hierdie universiteite tussen die &#8216;neutrale universiteit&#8217; en &#8216;oortuiging&#8217; huldig kan egter nie gehandhaaf word nie. In der waarheid word alle universiteite (ook die globale universiteit) deur &#8216;n duidelike visie op die werklikheid gekenmerk. Dit blyk veral uit die tweede punt.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tweedens, die globale universiteit gaan uit van die ideologiese voorkeur wat hy aan die sogenaamde vryswewende, ongebonde of post-tradisionele individu heg. Hiervolgens is dinge soos godsdienstige tradisies, kulture en taalgemeenskappe oorblyfsels uit die verlede wat vanwe\u00eb hulle arga\u00efese en selfs gewelddadig aard agterwe\u00eb gelaat moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laasgenoemde negatiewe oordeel is &#8216;n grondmotief in die verandering van die leuse van die Universiteit van die Vrystaat. Alhoewel dit nie in uitdruklike terme verwoord word nie, word in die semantiese spel met die ou leuse die indruk gelaat asof &#8220;God&#8221; eintlik met die arga\u00efese gebruike en gewoontes van die pre-individualistiese verlede saamval. En dat dit daarom ook in naam van &#8216;n nuwe era van &#8216;ontwikkeling&#8217;, &#8216;progressiwiteit&#8217; en &#8216;universele toeganklikheid&#8217; agterwe\u00eb gelaat moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Derdens, die globale universiteit is \u2013 vanwe\u00eb die verlies aan &#8216;n substantiewe opvatting oor die oogmerke van die universiteit \u2013 daartoe geneig om die aard en wese van die universiteit hoofsaaklik aan die maatstawwe van die besigheidsw\u00eareld te meet. Die beroep wat hulle daarom ook dikwels op begrippe soos &#8216;voortreflikheid&#8217;, &#8216;transformasie&#8217; en &#8216;universele toeganklikheid&#8217; doen, is meestal kodes vanuit die bemarkingsw\u00eareld (vergelyk die belangrikheid wat die UV aan branding in sy motivering heg) waaragter ekonomiese motiewe skuiling soek. In die agtergrond van hierdie begrippe l\u00ea gewoonlik dinge soos die kwessies van vraag en aanbod (die vraag van die studente, alias &#8216;kli\u00ebnte&#8217;, en die aanbod, alias &#8216;produsente&#8217;). Die aansprake van tradisies moet voor die gewig van hierdie ekonomiese kragte wyk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.2. Die gemeenskapsuniversiteit<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eerstens, die gemeenskapsuniversiteit word gekenmerk deur di\u00e9 benadering in gevolge waarvan universiteite hulself rig op wat deur &#8216;n veelheid van partikuliere godsdienstige, kulturele en taal-gemeenskappe as die &#8216;hoogste goed&#8217; (God, die ware, die goeie, die skone, ensovoorts) beskou word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ingevolge hierdie uitgangspunt verstaan die gemeenskapsuniversiteite hulself nie as &#8216;neutrale&#8217; instellings nie, maar as instellings wat deur die voorkeur vir &#8216;n spesifieke opvatting van die &#8216;hoogste goed&#8217; beskou word. Hulle navorsing en dosering speel altyd in die lig hiervan af.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tweedens, &#8216;n gemeenskapsuniversiteit ontken nie die belangrikheid van die individu nie. Inteendeel, &#8216;n ho\u00eb premie word aan die denkende, skeppende en ondernemende individu geheg. Gemeenskaplike tradisies word egter as die moontlikheidsvoorwaarde vir die skeppende individu ervaar. Dit blyk onder meer uit die ho\u00eb profiel wat sodanige universiteite met betrekking tot dinge soos navorsing en dosering handhaaf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Derdens, die gemeenskapsuniversiteit ontken nie die noodsaak van goeie ekonomiese bestuur aan universiteite nie. Maar anders as die globale universiteit is die ekonomiese slegs een te midde van ander maatstawwe aan die hand waarvan die sukses van &#8216;n universiteit gemeet word. Die &#8216;goeie lewe&#8217; soos moontlik gemaak deur die strewe na die hoogste goed is vir sodanige universiteite &#8216;n belangriker maatstaf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FAK sluit by die idee van die gemeenskapsuniversiteit aan. Daarom staan hy ook die onverdraagsame gedagte teen wat die afgelope jare in die universit\u00eare w\u00eareld as norm uitgeroep is, naamlik dat universiteite in Suid-Afrika hulleself nie op partikuliere gemeenskappe mag rig nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanuit sy verbintenis tot die gemeenskapsuniversiteit rig die FAK enkele wesenlike vrae aan die raad van die Universiteit van die Vrystaat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2. Vrae aan die Universiteit van die Vrystaat<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.1. Die Universiteit van die Vrystaat was in die verlede &#8216;n tipiese gemeenskapsuniversiteit. Met die besluit om die leuse te verander, neem die Universiteit van die Vrystaat belangrike stappe in die herdefini\u00ebring van homself as &#8216;n globale universiteit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit blyk uiteraard uit die feit dat die Universiteit homself voortaan nie meer op God as die hoogste goed vanuit die tradisie rig nie, maar dat hyself eerder as neutraal ten opsigte daarvan wil ervaar. As die UV hoegenaamd nog &#8216;n plek vir die idee van die hoogste goed bied, moet dit by monde van sy woordvoerders tot die w\u00eareld van die private individu afgewentel word. In die private w\u00eareld is studente vry om hulself daartoe te verbind, maar die UV as instelling is voortaan nie meer tot die hoogste goed in die tradisionele sin van die woord verbind nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie feit spreek duidelik uit die openbare uitlatings van prof. Jonathan Jansen, die rektor van die UV. In sy verduideliking van die leuse-besluit in Rapport van 16 Januarie 2011 voer Jansen aan dat dinge soos diepste (godsdienstige) oortuiginge nie op die universiteit tuishoort nie en dat dit liefs in die private w\u00eareld van die gelowige individu gekultiveer moet word. &#8220;Christus&#8221; hoort volgens Jansen tot die w\u00eareld van die private moraliteit (die w\u00eareld van innerlike gesindheid, goeie bedoelinge, ensovoorts), maar Hy mag nie as rigtinggewend vir &#8216;n openbare instelling soos die Universiteit van die Vrystaat verstaan word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Prof. Jansen se standpunt steun o\u00ebnskynlik op &#8216;n strakke onderskeid tussen &#8216;universiteit&#8217; en &#8216;oortuiging&#8217;. &#8216;O\u00ebnskynlik&#8217;, omdat Jansen self nie hierdie onderskeid enduit handhaaf nie. In dieselfde artikel verbind hy homself daarom ook tot oortuiginge soos inklusiwiteit, sosiale relevansie, ensovoorts! Die gevolg is dat Jansen maatstawwe op andere van toepassing maak wat hy nie op homself van toepassing maak nie. In naam van volledige inklusiwiteit hou hy vir homself die reg voor om nie erkenning te gee aan diegene wat &#8216;n ander opvatting van die universiteit as hy huldig nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FAK verneem graag van die raad of die Universiteit van die Vrystaat homself inderdaad voortaan \u2013 en in radikale spanning met sy ganse geskiedenis \u2013 tot die neutrale opvatting van die universiteitswese verbind.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tegelyk wil die FAK van die raad weet of hy homself deeglik verantwoord het oor die probleem van institusionele skynheiligheid waarna in die voorafgaande paragraaf verwys is en wat verband hou met die feit dat die UV homself nou vir alle praktiese doeleindes in die posisie bevind waar hy in naam van openheid en toeganklikheid juis teen diegene diskrimineer wat die gemeenskapsopvatting van die UV wil kontinueer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.2. In noue aansluiting by bogenoemde spreek die FAK sy kommer uit oor die feit dat sy besluit om God uit die leuse te verwyder &#8216;n ernstige implikasie het vir di\u00e9 tradisies wat binne die ruimte van die Universiteit nog altyd &#8216;n hoogste premie op di\u00e9 naam geplaas het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word die diepste oortuiginge van hierdie tradisies nou institusioneel die swye opgel\u00ea? En verteenwoordig dit nie ten diepste &#8216;n growwe vorm van institusionele diskriminasie nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.3. Die FAK spreek ook sy kommer uit oor die feit dat die Universiteit van die Vrystaat homself klaarblyklik sonder enige diepgaande motivering tot die idee van die sogenaamde vryswewende individu verbind het, dit wil s\u00ea tot di\u00e9 mens wat hom- of haarself van alle moontlike partikuliere gemeenskappe losgemaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FAK is daarvan oortuig dat die Universiteit slegs &#8216;n sinvolle universit\u00eare ruimte kan wees indien hy homself tot die veelheid van partikuliere tradisies, kulture en gemeenskappe binne die ruimte van die Universiteit self verbind. Om homself tot iets soos &#8216;n abstrakte en lewelose idee van mens-wees te verbind, beteken om \u2013 in weerwil van die beroep wat prof.  Jansen telkens op die noodsaak van relevansie maak \u2013 die voorwaardes vir sy eie gebrek aan sin vir die spesifieke historiese konteks neer te l\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.4. Die FAK wil in hierdie verband die woord &#8220;veelheid&#8221; soos wat dit hierbo gebruik is, beklemtoon. Die FAK aanvaar dat die Universiteit van die Vrystaat nie slegs een gemeenskap nie, maar eerder &#8216;n veelheid van gemeenskappe dien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders as wat die UV egter voorgee, is die veelheid van gemeenskappe nie &#8216;n argument teen die handhawing van die UV as &#8216;n gemeenskapsuniversiteit nie. Inteendeel, die erkenning van die veelheid kan juis beteken dat die UV as gemeenskapsuniversiteit tot sy reg kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarby is die FAK daarvan oortuig dat die stelling deur die Universiteit dat God verwyder moet word om die veelheid ter wille te wees, teen die grein van die veelheid van tradisionele gemeenskappe wat aan die UV studeer gaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.5. In aansluiting hierby wil die FAK weet op grond van watter gesag die Universiteit van die Vrystaat so &#8216;n belangrike besluit kon geneem het. Die ou leuse van die UV bestaan nie maar net van gister nie, maar is reeds vanaf sy eerste oomblikke &#8216;n rigtingwyser. Juis daarom het dit ook &#8216;n gesag wat respek en bewondering afdwing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die FAK aanvaar dat dinge waaraan &#8216;n tradisionele gesag geheg word kan verander, aanvaar die FAK tegelyk dat die onus van verantwoording by diegene rus wat die verandering wil aanbring. Solank as wat daar nie behoorlike argumente ten gunste van so &#8216;n verandering aangevoer word nie, moet die gesag van die tradisie as redelik beskou word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter vir die FAK duidelik dat die Universiteit van die Vrystaat, buiten &#8216;n beroep op goeie bemarking en politiek korrekte verwysings na &#8216;openheid&#8217; en &#8216;universele toeganklikheid&#8217;, tot dusver in gebreke gebly het om op &#8216;n grondige wyse argumente ten gunste van sodanige verandering aan te voer. Daarom aanvaar die FAK ook dat die gesag van die tradisie steeds gehandhaaf moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FAK doen op grond van die vrae wat hierbo geopper is &#8216;n beroep op die raad van die Universiteit van die Vrystaat om opnuut oor sy besluit te besin. Die FAK is daarvan oortuig dat die gesprek rondom die leuse heropen moet word. Slegs &#8216;n oop en demokratiese proses kan uiteindelik tot &#8216;n verantwoorde besluit oor so &#8216;n wesenlike kwessie lei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Prof Danie Goosen<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">FAK<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/game-of-thrones\/\">the game of thrones video<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Indien die Universiteit van die Vrystaat gemeen het die besluit om van Deo (God) in sy leuse ontslae te raak gaan sonder slag of stoot aanvaar word, het hy dit mis. Pas het die FAK ook gevra dat oor die stap herbesin word, en daarop gewys dat die o\u00ebnskynlike klein verandering die wese van die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_hide_featured_image":false,"_jetpack_featured_image_duplicate_dismissed":0,"_jetpack_feature_clip_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_post_was_ever_published":false},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-9907","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.9 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea - praag.co.za<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea - praag.co.za\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Indien die Universiteit van die Vrystaat gemeen het die besluit om van Deo (God) in sy leuse ontslae te raak gaan sonder slag of stoot aanvaar word, het hy dit mis. Pas het die FAK ook gevra dat oor die stap herbesin word, en daarop gewys dat die o\u00ebnskynlike klein verandering die wese van die &hellip; Continue reading &quot;Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea&quot;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"praag.co.za\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-02-03T06:55:33+00:00\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Dan Roodt\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@pro_afrikaans\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@pro_afrikaans\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Dan Roodt\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=9907#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=9907\"},\"author\":{\"name\":\"Dan Roodt\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077\"},\"headline\":\"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea\",\"datePublished\":\"2011-02-03T06:55:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=9907\"},\"wordCount\":2238,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\"},\"articleSection\":[\"Afrikaanse nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=9907#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=9907\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=9907\",\"name\":\"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea - praag.co.za\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2011-02-03T06:55:33+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=9907#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=9907\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=9907#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\",\"name\":\"praag.co.za\",\"description\":\"aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\"},\"alternateName\":\"praag\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\",\"name\":\"praag.co.za\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/praag-embleemnuut240.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/praag-embleemnuut240.jpg\",\"width\":240,\"height\":240,\"caption\":\"praag.co.za\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/AfrikaanseAksiegroep\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/pro_afrikaans\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077\",\"name\":\"Dan Roodt\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Dan Roodt\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?author=1\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea - praag.co.za","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea - praag.co.za","og_description":"Indien die Universiteit van die Vrystaat gemeen het die besluit om van Deo (God) in sy leuse ontslae te raak gaan sonder slag of stoot aanvaar word, het hy dit mis. Pas het die FAK ook gevra dat oor die stap herbesin word, en daarop gewys dat die o\u00ebnskynlike klein verandering die wese van die &hellip; Continue reading \"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea\"","og_url":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907","og_site_name":"praag.co.za","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/","article_published_time":"2011-02-03T06:55:33+00:00","author":"Dan Roodt","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@pro_afrikaans","twitter_site":"@pro_afrikaans","twitter_misc":{"Written by":"Dan Roodt","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907"},"author":{"name":"Dan Roodt","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/person\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077"},"headline":"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea","datePublished":"2011-02-03T06:55:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907"},"wordCount":2238,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization"},"articleSection":["Afrikaanse nuus"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/praag.co.za\/?p=9907#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907","url":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907","name":"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea - praag.co.za","isPartOf":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#website"},"datePublished":"2011-02-03T06:55:33+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/praag.co.za\/?p=9907"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9907#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/praag.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Stof oor Deo in Kovsieleuse gaan nie l\u00ea"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#website","url":"https:\/\/praag.co.za\/","name":"praag.co.za","description":"aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000","publisher":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization"},"alternateName":"praag","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/praag.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization","name":"praag.co.za","url":"https:\/\/praag.co.za\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/praag-embleemnuut240.jpg","contentUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/praag-embleemnuut240.jpg","width":240,"height":240,"caption":"praag.co.za"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/","https:\/\/x.com\/pro_afrikaans"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/person\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077","name":"Dan Roodt","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g","caption":"Dan Roodt"},"url":"https:\/\/praag.co.za\/?author=1"}]}},"jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9907","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9907"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9907\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9907"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9907"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9907"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}