{"id":9883,"date":"2011-01-31T07:45:27","date_gmt":"2011-01-31T07:45:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9883"},"modified":"2011-01-31T07:45:27","modified_gmt":"2011-01-31T07:45:27","slug":"die-vsa-se-draadsittery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9883","title":{"rendered":"Die VSA se draadsittery"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Jimmy Carter sal in die Amerikaanse geskiedenis onthou word as &#8220;die president wat Iran verloor het&#8221;. Tydens sy termyn het Iran van &#8216;n belangrike strategiese bondgenoot van die Verenigde State tot die mees revolusion\u00eare Islamitiese Republiek gevorder.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Barack Obama sal onthou word as die president wat nie minder nie as drie lande, naamlik Turkye, Libanon en Egipte verloor het en tydens wie se bewind Amerika se alliansies in die Midde-Ooste verkrummel het.<\/p>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In beide gevalle, het &#8216;n Verenigde State in finansi\u00eble krisis en na mislukte oorlo\u00eb, invloed w\u00eareldwyd onder &#8216;n linkse president verloor wie se goeie bedoelings in die buiteland gesien word as gewoon net uitdrukkings van swakheid. Die resultate word weerspie\u00ebl in die val of beleidsaanpassings van regimes wat afhanklik is van hul verhouding met Washington vir oorlewing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerika se algemene swakheid raak duidelik sy vriende. Maar in teenstelling met Carter, wat menseregte verkondig het, selfs wanneer dit bondgenote seergemaak het, gaan sit Obama op die draad en speel versigtig uit vrees vir ondermyning van stabiliteit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama het sy presidentskap afgeskop met reise na Turkye, Egipte en Saoedi-Arabi\u00eb, en in toesprake in Ankara en Ka\u00efro probeer om nuwe bande tussen die Verenigde State en die Moslemw\u00eareld te bewerkstellig. Sy boodskap aan Moslems was &#8220;Ek is een van julle,&#8221; en hy het dit ondersteun deur uit die Koran aan te haal. President Hosni Mubarak was egter nie saam met hom op die verhoog by Ka\u00efro Universiteit nie, en Obama het geen melding van sy le\u00ebr gemaak nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama glo blykbaar dat die grootste probleem van die Midde-Ooste die Israeliese besetting is, en sy beleid bly gefokus om konstruksie in die nedersettings te staak en die mislukte poging om vir vrede te onderhandel, te hernu. Di\u00e9 draadsittery het gelei daartoe om tans te &#8220;werk&#8221; om &#8216;n Israeli-Iraanse oorlog af te weer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die afwesigheid van menseregtekwessies van die Amerikaanse beleid vis-a-vis Arabiese lande is pynlik opsigtelik. In die afgelope paar maande het talle opiniestukke verskyn in die Westerse pers wat beweer dat die dae van Mubarak se regime getel is, en &#8216;n beroep is op Obama gedoen om uit te reik na die opposisie in Egipte.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VSA-administrasie staar &#8216;n dilemma in die gesig. &#8216;n Mens kan dink dat Obama homself met die betogers kan identifiseer. Maar &#8216;n supermoondheid is nie &#8216;n burgerregtebeweging nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die straatopstande in Tunisi\u00eb en Egipte het getoon dat die Verenigde State min kan doen om sy vriende te red van die toorn van hulle burgers. Nou sal Obama onder skoot kom omdat hy nie gou genoeg die Egiptiese opposisieleiers ondersteun het en ge\u00ebis het dat Mubarak se teenstanders vrygelaat word uit die gevangenis nie. Hy sal beskuldig word daarvan dat hy nie premier Benjamin Netanyahu hard genoeg gedruk het om die nedersettings te stop nie en dus indirek die stygende getye van woede in die Moslemw\u00eareld aangehelp het. Maar dit is &#8216;n geval van 20:20-visie agterna. Daar is geen waarborg dat die Egiptiese opstand of Tunisi\u00eb anders sou afgeloop het nie, selfs al het Israel op hulle kop gestaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou sal Obama probeer om weer op die draad te sit. Dalk is Mubarak se opvolgers nie klone van Iran se leiers wat &#8216;n radikale anti-Amerikaanse beleid wil sien nie. Miskien sal hulle Turkye se eerste minister, Erdogan navolg, wat magsblokke en supermoondhede ontduik sonder om sy land se lidmaatskap in NAVO en die verdedigingsbande met die Verenigde State in gevaar te stel. Erdogan het &#8216;n goeie ooreenkoms vir Turkye beding.&nbsp; Hy trek voordeel uit die politieke stabiliteit en ekonomiese groei sonder om in iemand se sak te wees. Dit kan werk vir Egipte ook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar vir Israel sal dit nie werk op die lang duur nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-001-gsu-na-gos-sluzhbu\">\u0444\u043e\u0440\u043c\u0430 1 \u0433\u0441\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeUMJCt1uVo\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jimmy Carter sal in die Amerikaanse geskiedenis onthou word as &#8220;die president wat Iran verloor het&#8221;. Tydens sy termyn het Iran van &#8216;n belangrike strategiese bondgenoot van die Verenigde State tot die mees revolusion\u00eare Islamitiese Republiek gevorder. Barack Obama sal onthou word as die president wat nie minder nie as drie lande, naamlik Turkye, Libanon &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9883\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die VSA se draadsittery&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9883","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9883","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9883"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9883\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9883"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9883"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9883"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}