{"id":9878,"date":"2011-01-31T06:13:04","date_gmt":"2011-01-31T06:13:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9878"},"modified":"2011-01-31T06:13:04","modified_gmt":"2011-01-31T06:13:04","slug":"wiens-brood-men-eet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9878","title":{"rendered":"Wiens brood men eet"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Dit is algemeen dat mense verskillende hoede dra. Iemand is byvoorbeeld &#8216;n predikant, maar ook voorsitter van &#8216;n skoolkomitee. In elkeen van hierdie hoedanighede word van die bekle\u00ebr verwag om standpunt in te neem, verkieslik dieselfde standpunt want sy een posisie is dikwels te danke aan die ander posisie wat hy beklee. &#8216;n Christen, as Ligdraer vir Christus, doof immers nie sy lampie soos hy van die een lewensfeer waarin hy betrokke is na die ander beweeg nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ideaal gesproke moet &#8216;n persoon se eie standpunt ook nie van sy amptelike standpunt verskil nie. Soms is dit egter nie moontlik nie \u2013 iemand is om den brode in &#8216;n werksgeleentheid, en hierdeur word hy in staat gestel om sy gesin behoorlik te versorg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaatse Universiteit het pas die woord Deo \u2013 God \u2013 uit sy leuse weggelaat. Die redes het grootliks met transformasie te make. Die besluit is op die oog af stil-stil deurgevoer, maar dit het tot die ore van Rapport gekom wat &#8216;n voorbladstorie daarvan gemaak het. Sedertdien spat die vonke, veral as &#8216;n mens onderlinge gesprekke volg, en ook &#8216;n ogie werp op wat op die internet aangaan. Ongelukkig, omdat die kerkleiers wat hier die toon moet aangee grootliks afwesig is of gesnoer is, ontaard die debat dikwels tot &#8216;n erg verdwaalde oppervlakkigheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit die Rapport-berig het dit onder meer geblyk dat verskeie dosente nie gelukkig is met die besluit nie, waaronder die moderator van die NG Kerk, wat ook dosent by Kovsies se teologiese fakulteit is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die moderator, prof. Piet Strauss, was onlangs in die spervuur toe die &#8220;creation science&#8221;-evangeliese tydskrif, Juig, hom na die NG Kerk se amptelike standpunt oor evolusie gevra het, en hy toe sy eie mening gegee het. Die storm wat dit ontketen het, het die NG Kerk genoodsaak om sy amptelike standpunt hieroor her uit te reik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend is prof. Strauss die outeur van Volksblad se rubriek, Woord en Perspektief. Hy spreek die belangrike boodskap van versoening aan \u2013 en bou dit om die ere-doktorsgraad wat Kovsies aan emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu toegeken het. Strauss maak dit duidelik dat hy in sy noppies is, ook oor die boodskap van versoening wat Tutu gebring het. Hy verduidelik ook dat di\u00e9 toekenning deur die Fakulteit Teologie ge\u00efnisieer is. Hiermee slaan hy weliswaar die vermoede dat Kovsies se toekenning aan Tutu &#8216;n tipe weerligafleier was om ontevredenes oor die Deo-besluit te paai.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, nie &#8216;n woord word gerep oor die impak wat die besluit om met Deo weg te doen, op versoening gelaat het nie. Die bewoording van die NG Kerk M\u00f4relig in Bethlehem waarin ten sterkste beswaar gemaak word oor die Deo-besluit, onderstreep die ongelukkigheid daaroor, ook binne die kerkverband waarvan prof. Strauss die moderator is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die Kovsie-ringkoppe nie ander menings oor die aangeleentheid duld as die amptelike besluit nie, blyk veral uit die optrede van die studentedekaan, Rudi Buys, teenoor  Afriforum. Hy tree loshande buite perke op deur selfs te dreig om mense te laat toesluit as hulle \u2013 Afriforum, &#8216;n burgerregte-organisasie &#8211; met die media \u2013 &#8216;n privaat bedryf \u2013 oor die saak sou praat, aldus aansprake van Afriforum. Dosente maak in privaat gesprekke ook geen geheim daarvan dat hulle ongelukkig met die besluit is, en hoe daar op dissidente-menings jag gemaak word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kovsies is egter baie ver buite perke as hulle via die houvas op die NG Kerk se moderator, as werknemer, die NG Kerk verhinder om op die hoogste vlak &#8216;n rigtinggewende standpunt in te neem. Intussen sal dit kerkrade van die susterkerke loon om weer kennis te neem van hul eie outonomie en M\u00f4relig se voorbeeld te volg deur self standpunt in te neem \u2013 al verskil dit ook by gebrek aan leiding vanuit die moderamen, van di\u00e9 van M\u00f4relig.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/\">business promotion<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/04.09.2017\/kak_biznesu_vybrat_gruzoperevozchika_sovety_eksperta_po_kargo\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is algemeen dat mense verskillende hoede dra. Iemand is byvoorbeeld &#8216;n predikant, maar ook voorsitter van &#8216;n skoolkomitee. In elkeen van hierdie hoedanighede word van die bekle\u00ebr verwag om standpunt in te neem, verkieslik dieselfde standpunt want sy een posisie is dikwels te danke aan die ander posisie wat hy beklee. &#8216;n Christen, as &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9878\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wiens brood men eet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9878","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9878","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9878"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9878\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9878"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9878"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9878"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}