{"id":9860,"date":"2011-01-27T06:44:51","date_gmt":"2011-01-27T06:44:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9860"},"modified":"2011-01-27T06:44:51","modified_gmt":"2011-01-27T06:44:51","slug":"93-wil-god-in-leuse-behou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9860","title":{"rendered":"93% wil God in leuse behou"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">AfriForum Jeug het gister &#8216;n meningspeiling in die vorm van &#8216;n blitsreferendum by die Universiteit van die Vrystaat (UV) geloods om studente se insae oor die besluit van die UV-bestuur om God se naam uit hul leuse te verwyder, in te samel.  Altesaam 93,2% van die respondente het aangedui dat hulle nie met hierdie besluit saamstem nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die opname is geloods in die lig van die feit dat die UV-bestuur hierdie besluit geneem het nadat hulle die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) by di\u00e9 instelling verlede jaar ontbind het en studente wat nie deur die studentegemeenskap verkies is nie in die plek van die VSR aangestel het.  Dit het tot gevolg gehad dat die besluit gedurende die vakansie deurgevoer is sonder enige konsultasie met studenteverteenwoordigers.  Hierdie opname is tot op hede die enigste poging om studente se mening hieroor in te win.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag wat aan studente gestel is, was:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Moet God se naam uit Kovsies se leuse weggelaat word?&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">AfriForum Jeug het beplan om &#8216;n omvattende referendum by di\u00e9 kampus te loods, maar nadat hulle deur die UV-bestuur verbied is om dit te doen, is besluit om dit in die vorm van &#8216;n wetenskaplike meningspeiling te doen.  Dit is gedoen deur studente op &#8216;n ewekansige grondslag te nader en hul meningte vra.  Die respondente is breedweg verteenwoordigend van die UV se demografie wat ras, geslag, fakulteite, koshuise en dagstudente betref. Altesaam 44% van die respondente is swart, en 56% is wit.  Uit die respondente is 47% dames en 53% is mans.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Spesiale maatre\u00ebls is getref om die geloofwaardigheid van die referendum te beskerm.  Dit sluit in dat stembusse deurgaans gese\u00ebl was om te verhoed dat daarmee gepeuter word en dat studente vir die referendum moes registreer om so te verseker dat slegs UV-studente daaraan deelneem en om te verhoed dat studente meer as een keer stem.  Verder is geen bemarking teen of ten gunste van die onderwerp tydens die referendum toegelaat nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">AfriForum Jeug se woordvoerder, Nikke Strydom, het ges\u00ea dat hierdie referendum uiters belangrik is omdat enige besluite wat die wese van &#8216;n universiteit raak, nie sonder studente se insette geneem kan word nie.  &#8220;Studente is die hartklop van &#8216;n universiteit.  Hierdie uitslag is &#8216;n klap in die gesig van die studente van UV en dit laat ernstige vrae ontstaan oor die agting wat die UV-bestuur vir sy studente het.  Ons eis dat die UV-bestuur hierdie besluit hersien.  Indien die UV die geloofwaardigheid van ons opname bevraagteken, versoek ons dat &#8216;n amptelike referendum deur die UV-bestuur aangekondig word.  &#8216;n Weiering om hieraan gehoor te gee, sal vir ons neerkom op &#8216;n bevestiging dat die UV-bestuur geen voornemens het om sy eie studente ernstig op te neem nie.&#8221;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/russian-bakes-build\/\">\u043f\u043e\u0441\u0442\u0440\u043e\u0438\u0442\u044c \u0431\u0430\u043d\u044e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>AfriForum Jeug het gister &#8216;n meningspeiling in die vorm van &#8216;n blitsreferendum by die Universiteit van die Vrystaat (UV) geloods om studente se insae oor die besluit van die UV-bestuur om God se naam uit hul leuse te verwyder, in te samel. Altesaam 93,2% van die respondente het aangedui dat hulle nie met hierdie besluit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9860\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;93% wil God in leuse behou&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-9860","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9860","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9860"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9860\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9860"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9860"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9860"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}