{"id":9850,"date":"2011-01-25T11:19:26","date_gmt":"2011-01-25T11:19:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9850"},"modified":"2011-01-25T11:19:26","modified_gmt":"2011-01-25T11:19:26","slug":"uitnodiging-aan-praag-deelnemers-oor-die-volksverkiesing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9850","title":{"rendered":"Uitnodiging aan Praag-deelnemers oor die Volksverkiesing"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner het nie meer tyd of geleentheid om na alternatiewe te soek om op die Vryheidspad te vertrek nie. As ons eers na al die leunstoelplanmakers se planne en voorstelle moet luister, gaan ons huidige geslag al oorlede wees, voordat daar iets gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die juridiese agrumente waaronder die VVK begin is, en waaronder dit die Volksverkiesing&nbsp; aan die gang gesit het, is waterdig, en soos ek in my vorige artikel gestel het, \u2018n broodnodige beginpunt van \u2018n baie belangrike reis. As daar mense is wat nou ernstige kritiek daarteen het, sou die duidelike aangewese&nbsp;optrede vir daardie mense wees, om self van hulle leunstoele af op te staan, en hulle planne dan in werking te stel, sodat almal dit kan toets in die vorm van ondersteuning.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dan sal hulle vind dat, in die aard van die Afrikaner, daar duisende mense gaan wees wat dit kritiseer, afskiet en as onhaalbaar afmaak. Ten minste sal hulle dan kan s\u00ea; \u201cOns het die moed van ons oortuiging gehad om op te staan vir wat ons glo.\u201d My kennis van ons volk s\u00ea egter vir my dat geeneen van die leunstoel kritici of planmakers daardie moed aan die dag sal l\u00ea nie, en dit gemaklikersal vind om net \u201cWolf-wolf\u201d te skree, en dan aan te gaan met hulle daaglikse dingetjies, terwyl hulle uitkyk vir die volgende man, met moedige oortuigings, se plan om af te skiet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek rig dus hierdie ope uitnodiging aan almal. Stuur asseblief julle vrae en dinge wat kwel&nbsp; in verband met die Volksverkiesing na  <a href=\"mailto:herza1000@gmail.com\"> herza1000@gmail.com <\/a> . Ek het met Paul Kruger van die VVK ooreengekom dat hy saam met my die vrae sal deurwerk, en skriftelik daarop sal antwoord. Wees asseblief kort en op die man af, aangesien ons nie tyd sal h\u00ea om deur lang opstelle te werk nie. Dui ook asseblief die onderwerp aan as: \u201cNavraag: VVK\u201d. Aangesien ek en Dan binnekort na Amerika vertrek, &nbsp;onderneem ek om teen einde Februarie \/ begin Maart, Paul se antwoorde te publiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na aanleiding van sommige kommentaar wil ek dit ook duidelik stel, dat Praag nie agteroor sit en agter die Volksverkiesing gaan skuil om niks te doen nie. Ons gaan volstoom voort om die Afrikaner se saak te stel, en gaan ook voort met ons plan om \u2018n eie Afrikanergebied te bekom onder \u2018n Ontwikkelingsko\u00f6perasie.&nbsp; Ek en Dan Roodt besoek Amerika eersdaags, waar ons met invloedryke mense en politici gaan gesels oor die situasie van die Afrikaner en blankes in Suid Afrika, en spesifiek die volksmoorde wat aan die gang is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/\">promoted posts<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaner het nie meer tyd of geleentheid om na alternatiewe te soek om op die Vryheidspad te vertrek nie. As ons eers na al die leunstoelplanmakers se planne en voorstelle moet luister, gaan ons huidige geslag al oorlede wees, voordat daar iets gebeur. Die juridiese agrumente waaronder die VVK begin is, en waaronder dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[146],"tags":[],"class_list":["post-9850","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c153-hein-zaayman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9850","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9850"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9850\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9850"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9850"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9850"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}